57 Frank Berry & Basie Verster ’n Model vir die meting van die bou- rekenaar se kommunikasievolwassenheid Peer reviewed Abstrak Die doel van hierdie artikel is om die identifisering en meting van die determinante van ‘n kommunikasievolwassenheidsmodel wat die bourekenaar se kommunikasievermoë meet, te beskryf. Die ondersoek is gedoen onder praktiserende bourekenaars, argitekte, ingenieurs, kliënte en aannemers, gekies uit al 9 provinsies van Suid-Afrika. Die vraelys is in 2010 uitgestuur en is ook in dieselfde jaar terug ontvang. Die vraelys is per e-pos gesirkuleer met die doel om die belangrikheid van die determinante van die voorgestelde model volgens die die standaard gestel deur bourekenaars te meet. Sienings is ook in gewin ten opsigte van die bourekenaarstandaard van volwassenheid volgens die gekose determinante wat die kommunikasievolwassenheidsmodel van die bourekenaar in die konstruksiebedryf vorm. Die navorsingsresultate het die volgende determinante aangewys as belangrik om die kommunikasievolwassenheidsmodel te vorm: mondelinge kommunikasie, skriftelike kommunikasie, kontraktuele kommunikasie, inligtingstegnologiese kommunikasie, leierskapkommunikasie en kommunikasie deur instrumente. Die siening van die respondente betreffende die bourekenaarstandaard van die determinante wat die kommunikasievolwassenheidsmodel van die bourekenaar vorm, toon dat die determinante wat die kommunikasievolwassenheidsmodel van die bourekenaar bepaal positief ervaar is en die determinant ‘Kontraktuele kommunikasie’ het die hoogste waarderingsuitslag behaal. Die determinant ‘Mondelinge kommunikasie’ is relatief tot die ander determinante uitgesonder as ’n gebied wat verdere ontwikkeling benodig. Sleutelwoorde: Kommunikasievolwassenheidsmodel, kommunikasievermoë, bour ekenaar, Suid-Afrika Abstract The aim of this article is to describe the identification and measurement of the determinants important for a communication maturity model leading to the development of a communication maturity model to measure the communication capabilities of the quantity surveyor. Dr Frank Herman Berry Senior lektor Departement Bourekenkunde en Konstruksiebestuur Universiteit van die Vrystaat Posbus 339 Bloemfontein. Tel: 051 4012198 E-pos: [Besoek 7 Maart 2007].