2000 Acta Structilia Vol 7 No 1 P Potgieter1 'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning Opsomming Onduidelikheid is besig om te eskaleer ten opsigte van algemene begrippe soos 'beplanning' of 'beplanners', gestel teenoor die werksaamhede binne die beroep van stads- en streekbeplanning self en die betrokke beplanners. Praktisyns en akademici in die professie praat dikwels van 'beplanning' of 'beplanners' wanneer hulle verwys no stads­ en streekbeplanning of wanneer hulle die betrokke beplanners sou wou aandui. Hierdie veralgemenings is veral opmerklik in die Engelse spreektaal waar die begrippe 'planning' of 'planner' opduik binne professionele verband. In hierdie artikel word die reikwydte van die term 'beplanning' ('planning') oorweeg asook die rol van die stads- en streekbeplanner binne die beplanningsproses. Dit is duidelik dot die professie nie sol baatvind by 'n naamverandering nie, vanwee die besondere aard van die beroep. Sleutelwoorde: Begrippe, beplanning, beplanners. 'PLANNING' VERSUS TOWN AND REGIONAL PLANNING A misunderstanding regarding the difference between 'planning' or 'planners' in terms of urban/town and regional planning is becoming increasingly obvious. Practitioners and academics in the profession regularly use the terms 'planning' or 'planners' with reference to the profession and professionals themselves. This generalisation is particularly noticeable in English where the terms 'planning' and 'planner' are applied in the work environment. This article focuses on the term 'planning' and the role of the urban and/or town and regional planner in the 'planning' process. The term 'planner' covers a wide range of activities and using this term in a non-specific manner causes misunderstanding and misapplication, and may jeopardise the distinctive nature of the profession. A name-change will only complicate matters further and may adversely affect the profession it serves. Keywords: Terms, planning, planners. Mr. Piel Potgieter, BA (LO), HOD, MSS (UOVS) LSAISS, is a lecturer at the Department of Town and Regional Planning at the University of the Free Slate, Bloemfontein, South Africa. Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning 1. lnleiding Die vraag bestaan of door 'n beduidende verskil bestaan tussen 'beplanning' of 'beplanners' aan die een kant en 'stads- en streekbeplanning of -beplanners' aan die ander kant. Praktisyns en akademici in die professie praat dikwels van 'beplanning' of 'beplanners' wanneer hulle in werklikheid stads- en streekbeplanning of -beplanners in gedagte het. Hierdie veralgemening is veral opmerklik in die Engelse spreektaal waar die woorde, 'planning' of 'planner' dikwels binne die professie opduik. Die teoretiese ooreenkomste en verskille tussen 'beplanning' en 'stads- en streekbeplanning' behoort geen onduidelikhede op te lewer nie, veral nie ten opsigte van die onderskeie betekenisse nie. In die teorie bestaan verskeie definisies oor 'beplanning' en 'stads- en streekbeplanning'. Die terme het te make met 'n rasionele proses waarby die rede betrokke is om idees te vorm en dit don te orden om sodoende tot 'n gevolgtrekking te kom waarby die enkeling, 'n instansie of groep, die gemeenskap en ook die omgewing kan boat. Die beplanningsproses is 'n rasionele proses en planne word bedink om die mens en sy omgewing te rig; dit is 'n wetenskaplike benadering. 'n Duidelike onderskeid kan getref word tussen die terme wanneer die definisies onder oenskou geneem word. 'Beplanning' dui op 'n bree algemene begrip; die mens maak omgewingsbestuurs­ planne, ekonomiese bestuursplanne, vakansieplanne, doen gesinsbeplanning, ensovoorts. Hierdie lys is feitlik eindeloos. Bogenoemde lys van 'planne' mag verregaande klink, dog elkeen moet aan een kriterium voldoen, naamlik die van 'beplanning'. Vir elke plan is 'n idee nodig; is kennis van die feite nodig; is 'n weldeurdagte beredeneringsproses teenwoordig; en word alternatiewe bestudeer, alvorens 'n besluit oor 'n plan van aksie geneem word. 'Stads- en streekbeplanning' is 'n baie spesifieke onderafdeling van wetenskapsbeoefening, naamlik die beplanning van 'n stad of 'n streek. Die reikwydte van die term 'beplanning' ('planning'), die rol van die stads- en streekbeplanner in die beplanningsproses en/of die professie van 'stads- en streekbeplanning' self, loot die vraag ontstaan of 'n naamsverandering nie oorweeg moet word nie. 2. Begripsverklarings Stuart Hampshire ( 1959: 11) skryf: 2000 Acta Structilia Vol 7 No 1 Men may think with a view to knowledge, or they may think with a view to action. They may ask themselves 'Is this statement true or is it not?' and also 'Shall I do this or shall I not?' Both kinds of questions can be formulated in words, and there would be nothing properly called though unless such questions could be formulated in words. Patsy Healey ( 1997: xii) se in hoar boek oor deelnemende beplanning: This book is about why urban regions are important to social, economic and environmental policy and how political communities may organise to improve the quality of their places. Hierdie aangehaalde gedeeltes hou twee belangrike begrippe in, naamlik: teorie en beplanning. 2.1 Teorie Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), omskryf die term 'teorie' soos volg: Grondreels van 'n wetenskap om waargenome feite of verskynsels te verklaar; voorstellings in 'n mens se gedagte, sander om rekening te hou met die werklikheid (HAT, 1985: 1141). Die Engelse verklaring van die begrip word deur die Concise Oxford Dictionary (COD) s6 verduidelik: A supposition or system of ideas explaining something, esp. one based on general principles independent of the particular things to be examined (COD, 1990: 1266). In die begrip 'teorie' soek ons dus no verklarings wat sol help om toekomstige onverwagte gebeurlikhede die hoof te bied en ons sodoende in stoat te stel om die werklikheid te trotseer. In dieselfde trant kan die begrip 'beplanning' bestudeer word. 2.2 Beplanning Die akademie huldig 'n groot verskeidenheid van uitgangspunte ten opsigte van die beg rip. Steyn (1989: 67) haal 35 definisies aan wat deur verskillende skrywers aangebied is oor die afgelope aantal jare. Die HAT omskryf die begrip 'beplanning' s6: "'n Plan uitwerk; iets bedink" (HAT, 1985: 80). In bree terme kom al die bekende definisies dus daarop neer dot 'beplanning' enige Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning handeling, voorstelling of aksie kan behels waarmee die mens sy toekoms probeer rig. Hampshire (19 59: 11) se verder: [ ... ] for there is no sence in 'could' and 'could not' as they are used here, unless we have first given the rules or principles that would exclude certain methods of differentiation as impossible. 'Beplanning' is dus 'n proses waarbinne spesifieke reels en beginsels geld voordat 'n antwoord, 'n gevolgtrekking of 'n plan tot stand kan kom. Net soos in enige teoretiese studie, is hier ook verskeie metodes oor hoe om 'n plan van aksie ten uitvoer te bring. Banfield (Faludi, 1973: 141-142) verwys no die Rasionele Model, wat uit vier stadia bestaan en wat besluitneming voorafgaan. Hierdie 'besluit' le die beplanningsproses ten grondslag waarbinne die toekoms gerig word. Dit is 'n rigtinggewende en rasionele proses wat duidelik deur die filosofie van beplanning aangespreek word. Die stadia is: • 'n Analise van die situasie • 'n Oorweging van die moontlike uitkomste • Die ontwerp van sekere metodes van aksie • 'n Vergelykende evaluasie van die moontlike gevolge. 2.2.1 Die filosofie van beplanning In die Oxford Companion to Philosophy (OCP) word filosofie op 'n eenvoudige wyse as "thinking about thinking" gedefinieer, naamlik: [ ... ] generally second-order character of the subject, as reflective thought about particular kinds of thinking - formation of beliefs, claims of knowledge - about the world or large parts of it (1995: 666). Hieruit vloei die gedagte dot filosofiese denke neerkom op rasionele, kritiese denke, wat min of meer sistematies van aard is ten opsigte van die algemene toestande in die wereld (metafisika of die bestaansteorie) . Door kan ook onderskei word tussen denke aangaande die regverdiging van geloof (epistemologie of die teorie van 'kennis') en gedragspatrone (etiek of die teorie van 'waarde') (OCP, 1995: 666). Filosofiese denke handel met ander woorde oor die dinge wat veronderstel is om te 'wees'. Die filosofie van wetenskap word onderverdeel in twee bree velde, naamlik die epistemologie van die wetenskap en die metafisika van die wetenskap. Eersgenoemde handel oor die regverdiging en objektiwiteit van wetenskaplike kennis, terwyl 2000 Acta Structilia Vol 7 No 1 laasgenoemde die raaiselatighede van die werklikheid, wat deur wetenskap ontbloot is, op filosofiese wyse belig (OCP, 1995: 809). Die OCP (1995:448) se: "Science systematically corrects the errors of common sense" en verwys s6 no die epistemologie (1995: 241): Like 'epistemological', an adjective derived from 'episteme', a Greek word for knowledge. Anything thus described has some relation to knowledge (or at least to the justification for belief), or to the general theory of these (epistemology). A proposition is epistic if and only if it has some implication for what, in some circumstances, is rationally worthy of belief. Kennis (epistomologie) is dus wetenskap. Wetenskap is 'n rasionele proses en die rede is die oorsprong van idees. Die OCP onderskei tussen fisiese (1995: 389), rasionele ( 1995: 390), en aangebore idees (1995: 409). Nieteenstaande die teoretiese verskille en die verskillende benaderings wat deur verskillende filosowe en interpreteerders van die filosofie voorgestel en gepropageer is, dien al hierdie benaderings een sentrale doel, naamlik die ordening, vereniging en die rig van die mens se ondervindings ten einde praktiese uitkomste te verseker; met ander woorde beplanning. 2.2.2 Die teorie van beplanning In die beplanningsteorie onderskei Mcconnel (Steyn, 1989: 74) drie vlakke van die teorie: Teorie IN; Teorie VAN; Teorie VIR. Hy word hierin deur Steyn ( 1989: 22) ondersteun. Die gedagte word soos volg voorgestel: Teorie IN: praktyk = Teorie VAN: teoriee = Teorie VIR: idees = Toepassing van reels hetsy regulasies en die uitvoer van opdragte Norme, teoriee en wette bogenoemde waaraan onderhewig is Die ideele of agtergrond van waardes wat bepalend is vir die tot standkoming van die teorie. Met ander woorde, dit wat veronderstel is om te gebeur. Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning W anneer gesoek word no 'n gepaste definisie vir stads- en streekbeplanning, is dit belangrik om bogenoemde terminologie te omskryf. Die verskil tussen hierdie drie begrippe word s6 verduidelik deur Vermeulen (Potgieter, 1992: 19): Teorie IN = infrastruktuur = die 'wat' van beplanning Teorie VAN = superstruktuur = die 'hoe' van beplanning Teorie VIR = ideostruktuur = die 'waarom' van beplanning. Dit is duidelik dot, alhoewel hierdie drie teoriee verskillend en selfstandig is, dit interverweef is, want vir enige aksie wat plaasvind, is rede gereed asook 'n metode van hoe dit gedoen behoort te word. 2.3 Stads- en streekbeplanning 'n Derde dimensie, naamlik stads en streekbeplanning kan aan Hampshire (1959: 11) en Healey (1997: xii) se beskrywings toegedig word, aangesien denke rasioneel ingespan word om gemeenskappe se fisiese omstandighede te verbeter. Soos in die voorafgaande aangedui (2.2.1 ), is die beoefening van stads- en streekbeplanning 'n rasionele proses omdat die vorming van idees en die beraming van planne 'n groot gedeelte van die beplanningsproses uitmaak. In die HAT word 'stadsbeplanning' soos volg omskryf: [ ... ] georganiseerde rangskikking van strate, parke, ens. In 'n (nuwe) stad met die oog op algemene gerief, aangename voorkoms, reeling van verkeer, ens. (1985: 1060). 'Streek' (HAT 1985:1095), daarenteen, word gedefinieer as: 'Gebied, landstreek, omtrek, omgewing' en 'streekbeplanning' as: "Ontwerping van 'n ontwikkelingskema vir 'n bepaalde streek of bepaalde streke [ ... ]. Ten opsigte van die bestudering van stads- en streekbeplanning skryf Richert en Lapping (APA Journal, 1998: 125) die volgende met betrekking tot Ebenezer Howard se uitgangspunte: "How shall we resolve the ambiguities that have attached to him in the century since his book arguably launched the modern era of city and regional planning." Hulle dui verder aan: [ ... ] at the end of the nineteenth century and early in the twentieth century, the countryside was emptying into ever more concentrated, congested and unhealthy cities. The main concern was the well-being and housing of an impoverished urban working class (APA Journal, 1998: 125). 2000 Acta Structilia Vol 7 No 1 In hierdie twee gedeeltes word die destydse oogmerke met stads- en streekbeplanning saamgevat, in die sin dot door vir longer as 'n eeu gepoog is om die welsyn van mense binne en buite stedelike gebiede te bevorder. Door is verskeie ander teoriee, moor dit is nie hier ter sake nie. Stads- en streekbeplanning behels dus veel meer as praktykgerigte optrede aangesien die stads- en streekbeplanner die mens in sy totaliteit bestudeer en sodoende poog om 'n hormonieuse samelewing door te stel. 3. 'Stads- en streekbeplanning' gestel teenoor 'beplanning' Die stads- en streekbeplanningsprofessie word deur die Wet op Stads- en Streekbeplanners van 1984 (Wet 19 van 1984), soos gewysig, beheer, en word in terme van hierdie Wet deur 'n statutere road gereguleer en geadministreer. Die professie is tans besig om die kommentaor te evalueer van sy onderskeie lede ten opsigte van die nuwe Konseptwetsontwerp. In gevolge hierdie nuwe Wet op Stads- en Streekbeplanners, bestaan door geen woordomskrywing wat die terme 'beplanning', 'stadsbeplanning', 'streekbeplanning' 6f 'stads- en streekbeplanning' verduidelik nie. In teenstelling met die bestaande Wet word door in Artikel l van die Konsepwetsontwerp met betrekking tot die beplanningsprofessie (die Draft Planning Professional Bill), duidelik aangetoon wat 'beplanning' behoort te wees. Die voorgestelde Konsepwetsontwerp definieer 'beplanning' s6: '[P]lanning' means the dicipline which manages and regulates land use in the built environment by co-ordinating and integrating social, economic and physical factors in order to further human development and environmental sustainability {Draft Planning Professions Bi/1,2000: 4). Uit hierdie voorgestelde definisie van 'beplanning' is dit duidelik dot die omskrywing volgens bestaande definisies (HAT), teoriee en die praktyk geheel en al op dft wat tans as 'stads- en streekbeplanning' bekend staan, van toepassing is. Die vraag is nou: Vir wie word die nuwe Wet geskryf? 4. Wie en wat is die 'beplanner'? Na 'n vereenvoudigde blik op kennis, wetenskap en beplanning in die algemeen, word hier gefokus op verwysings no 'n 'beplanner' en meer spesifiek die stads- en streekbeplanner met betrekking tot die bestaande en die konsepwetsontwerp. In die bestaande Wet (Wet 19 van 1984) word 'n stads- en streekbeplanner beskryf as sou Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning dit 'n persoon wees wat kragtens Artikel 20 van die Wet geregistreer is. In die nuwe voorgestelde Konsepwetsontwerp word die term 'beplanning' gedefinieer, maar'n 'beplanner' word glad nie beskryf nie. Die begrip 'professional' word wel soos volg aangedui: "' [P] rofessional' means a person registered as a Professional in terms of Section 14" (Draft Planning Professions Bill 2000:4). Beide die bestaande en voorgestelde Wette is vaag in hulle definisie van die persoon waarna verwys word en die enigste beskrywing is dot hulle in terme van een of ander artikel geregistreer moet wees. Net soos in die geval van die bestaande Wet (Artikel 20), verduidelik Artikel 14 van die Konsepwetsontwerp nie wat die took van die 'professional' (of die sogenaamde stads­ en streekbeplanner) veronderstel is om te behels nie. Beide dokumente is dit egter eens dot so 'n persoon 'n voorgeskrewe, erkende eksamen moet slaag. In terme van die nuwe voorgestelde Wet (Artikel 9) m6et die Raad toesien dot eenvormige norme en riglyne deur die hele stads- en streekbeplanningsprofessie gevolg word. Na gelang van die opleiding wat die stads- en streekbeplanner tans aan tersiere inrigtings ontvang, verrig hulle die took dienooreenkomstig die vereenvoudigde aanduiding in Artikel 1 (definisies) en in terme van die betrokke beskrywing van die term, 'beplanning'. Hoewel registrasie 'n vereiste is (Artikel 20), kan enige persoon (privaat, professionele argitek, prokureur landmeter, ens.) feitlik enige stads- en/of streekbeplanningsaansoek hanteer en hulle dus op die terrein van die sogenaamde 'ware' stads- en of streekbeplanner begeef. In 'n studie wat in 1992 onder Vrystaatse stads- en streekbeplanners onderneem is, het respondente aangedui dot te veel nie-stads- en streekbeplanners op hulle gebied oortree (Potgieter, 1996). 5. Wat behels die beplanningsprofessie? Die voorafgaande dui aan dot die lys van professies wat op professionele beplanningstatus aanspraak sou kon maak, lank is. Vir elkeen van hierdie 'planne' is 'n kundige nodig. Net so lank as wat die lys van beplanningsorganisasies is, so lank is die lys van persone wat in die beplanning van hierdie organisasies betrokke is, bv. 'n omgewingskundige, 'n ekonoom, 'n reisagent en andere, wat op professionele beplannerstatus aanspraak sou kon maak. As die benaming in die Konsepwetsontwerp 2000 Acto Structilio Vol 7 No l bestudeer word, moet elkeen van hierdie persone of professies in die bogenoemde lys, oon die nuwe Wet onderhewig gemook word. lndien dit nie gebeur nie, is die voorgestelde definisie vir die term 'beplonningsprofessie' diskriminerend van oord en sluit dit enige onder persoon uit, hetsy die President se ekonomiese roodgewer, sy beplonner, die beplonningskommissie, die omgewingsbeplonner, die reisogent, die sosioloog, die geogroof en die gesinsbeplonner; enigeen dus wat horn besig hou met die teorie van beplonning, soos voorheen (2.2. l) aangedui. lndien die Wetsontwerp wel goedgekeur word, kon die gevoor bestoon dot so 'n wetsontwerp horn die reg kon toe-eien om beheer oor elkeen van die bogenoemde beplonners uit te oefen. As gevolg van hierdie feit is die voorgestelde wetsontwerp soos dit tons door uitsien, onprokties en kon beheer slegs oor geregistreerde lede uitgeoefen word. Nerens word door in die nuwe voorgestelde wetsontwerp eenvormige norme en riglyne, (Artikel 9 (1)) en registrosie- en opleidingsvereistes (Artikel 10 (2) en (4)) gestel wot van toepossing is op orgitekte, geogrowe, sosioloe, ens. wie die werk van stods- en streekbeplonners doen nie. In die nuwe voorgestelde Wet word wel melding gemook van werkreservering (Artikel 17). lndien hierdie klousule saom met Artikel 9 gelees word, word nie net die professionele (geregistreerde) stods- en streekbeplonner beskerm nie, moor kon dit die professie se status verhoog en sol nie-gekwalifiseerdes hulself versigtiger op die terrein van stods- en/of streekbeplonning begeef. Die kwessie wot nou oongerook word is die vroog of hierdie persone hulself beplonners kon noem. Het dit net betrekking op die geregistreerde lede van die Rood, 6f word net persone betrek wot geregistreer is en stods- en/of streekbeplonningswerk doen? En is door oon die nuwe voorgestelde Wet die nodige 'tonde' gegee om die professie (prokties en sy reputosie) te beskerm en die vervolging van oortreder te verseker? Hierdie ospek word nie in die nuwe voorgestelde Wet oongespreek nie. Dit dui op 'n leemte soos dit tons lees. lngevolge die bestoonde Wet word persone wat as stods- en streekbeplonners proktiseer by die Suid Afrikoonse Rood vir Stods- en Streekbeplonners geregistreer. lndien die voorgestelde konsepwetsontwerp, soos dit tons die beplonningsprofessie omskryf, aonvoor word, kom dit doorop neer dot die huidige Rood ook moontlik vervong sou kon word met een wot 'Die Suid Afrikoonse Rood vir Beplonners' sol heet en nie noodwendig stods- en streekbeplonning as enkele groep verteenwoordig nie. Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning 6. Gevolgtrekking Die volgende gevolgtrekkings kan gemaak word: • Dot in terme van die teorie, die begrippe 'beplanning' en 'stads- en streekbeplanning' onafskeidbaar verweefd is • Dot die praktyk getoon het dot 'n persoon wat homself 'n 'beplanner' wil noem, nie noodwendig 'n bestaande kursus in stads-en streekbeplanning aan enige van die Suid-Afrikaanse tersiere inrigtings hoef te volg nie • Dot geen registrasie vir of lidmaatskap van 'n professionele of statutere liggaam nodig is om die took van 'n stads- en streekbeplanner te verrig nie • Dot die nuwe voorgestelde Wet geen formele norme en standaarde stel wat as riglyn kan dien en waaraan stads- en streekbeplanning moet voldoen nie • Dot die registrasievereistes vir voornemende stads- en streekbeplanners nie in die voorgestelde Wetsontwerp (Artikel 14) doeltreffend aangespreek word nie en dot dit die deur oop loot vir onopgeleides om die beroep van stads- en streekbeplanningsprofessie te betree • Dot ander professionele beroepe, waarby beplanningsaspekte betrokke is, nie deur die voorgestelde Wet op die Beplanningsprofessie beheer kan word nie • Dot die naam van die voorgestelde Wet te 'wyd' ge·interpreteer kan word om werklik doeltreffend te wees • Dot die voorgestelde Wet nie die huidige dilemma waarin die stads- en streekbeplanningsprofessie verkeer, daadwerklik aanspreek nie • Dot die professie nie 'n naamverandering kan oorweeg nie aangesien die reikwydte van die term 'beplanning' nie akademies, teoreties en prakties deur die voorgestelde konsepwetsontwerp verantwoord kan word nie. 7. Slot Stads- en streekbeplanning is 'n beroepsgerigte professie wat reeds vir longer as 'n eeu beoefen word. Dit sol 'n fout wees om by wyse van 'n naamverandering die professie te veralgemeen tot net nog 'n beroep sonder 'n identiteit en waarvoor geen etiese, teoretiese of praktiese regverdiging bestaan nie. Ten einde die professie se voortbestaan te verseker, moet eerder gepoog word om die beroep op 'n professionele wyse te bemark en te beskerm. Dit sol nie net verseker dot die individu, wat van 'n stads- en streekbeplanner gebruik maak, die beste diens ontvang nie, moor dot stads- en streekbeplanners ook die geleentheid kry 2000 Acta Structilia Vol 7 No l om binne die bepalings en vereistes van bestaande wetgewing, regverdig te kompeteer vir werk waarvoor hulle eintlik die beste gekwalifiseer is. Die Raad sol sodoende ook beter beheer kan uitoefen oor die professie en die aktiwiteite wat doarmee gepoard goon en op hierdie wyse die oogmerke wot sy totstandbrenging ten grondslog le, ten beste kon dien. Bibliografie Concise Oxford Dictionary 1990. Oxford: Clarendon Press. Draft Planning Professions Bill Feb 2000. Department of Land Affairs. Republic of South Africa. FALUDI, A. 1973. A Reader in planning theory. Oxford: Pergamon Press. HEALEY, P. 1997. Collaborative planning: shaping places in fragmented societies. London: Macmillan Press. HAMPSHIRE, S. 1959. Thought and action. London: Chatto & Windus. HONDERICH, T. 1995. Oxford companion to Philosophy. New York: Oxford University Press. POTGIETER, P.J. 1992. 'n Studie na die rol/invloed van etiek vir beplanners by besluitneming rakende Stads- en Grondgebruikbeplanning: 'n moontlike riglyn vir deelnemers by die OVS-Dorperaad. Bloemfontein. UOVS: Ongepubliseerde MSS-skripsie. 1996. Etiek vir beplanners: Sestien jaar na Howe en Kaufman. Junie 1996. TSAISS. RICHERT, E. & LAPPING, M. 1998. Ebenezer Howard and the Garden City. APA Journal. Spring 1998. STEYN, J.J. 1989. Publieke deelname as 'n kulturele determinant in beplanning binne die denkkader van die urbanistiekkonsep. UOVS: Ongepubliseerde Ph D­ verhandeling. Bloemfontein. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) 1995. Johannesburg: Perskor-boekdrukkery. Potgieter/'Beplanning' versus stads- en streekbeplanning Wet op Stads- en Streekbeplanners Wet 19 van 1984. Republiek van Suid-Afrika.