HA STRYDOM 1 ,_,fWWj Grondslae en oogmerke van die publiekregtelike regulering van stedelike verblyf Opsomming In hierdie bydrae word eerstens 'n oorsig gegee van die historiese omstandighede wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van die mo­ derne stoat. gevolg deur 'n verduideliking van twee belangrike voorfases in die totstandkoming van die regstaat. Die publiekregtelike aard van die stoat en die doelstellings wat die stoat kan nastreef word toegelig en ook in verband gebring met die funksie van die stoat om verblyfreelings in moderne komplekse samelewings te reguleer in ooreenstemming met die publiekregtelike roeping van die stoat om 'n regverdige belange- afweging te bewerkstellig. Hierdie problematiek word ten slotte binne die konteks van die nuwe grondwetlike bedeling in Suid-Afrika aangespreek. Sleutelwoorde: Regstaat, publiekregtelike regulering, grondwet, Suid-Afrika. FOUNDATION AND AIMS OF THE PUBLIC LAW REGULATION OF URBAN RESIDENCE Abstract This contribution starts with an overview of the historical circumstances that led to the establishment of the modern state. followed by an expla­ nation of two initial phases in the development of the constitutional state. The public law nature of the state and the aims the state is entitled to pursue are explained in relation to the function of the state to regu­ late residence in modern complex societies in accordance with the public law calling of the state to bring about a just balance of interests. These issues are finally addressed within the context of South Africa's new constitutional dispensation. Keywords: Constitutional state, public law regulation, constitution, South Africa. B luris LLB LLM {UOFS) LLD {UN/SA). Professor. Faculty of Law. University of the Orange Free State, Bloemfontein, South Africa. 25 Strydom / Publiekregtelike regulering van stedelike verblyf lnleiding M oderne samelewings is komplekse samelewings wat ge­ kenmerk word deur 'n toenemende differensiasie in mens­ like ondernemingsvorme en behoeftes. Hierdie verloop van die mensdom se verhaal goon gepaard met 'n ver­ digting van staatlike maatreels wat oenskynlik geen faset van die menslike bestaan vry van regulatiewe voorskrifte loot nie. Die bekende Duitse filosoof, Jurgen Habermas, het tereg no hierdie verskynsel as die juridifisering van ons lewenswereld verwys. 1 In 'n kritiese toon word oak dikwels no die moderne samelewing as 'n geadministreerde samelewing en no die moderne stoat as 'n administratiewe bewakingstaat verwys. Dot menslike verblyf in ons verstedelikte samelewing nie aan die greep van die stoat se regulatiewe funksie kan ontkom nie, volg byna as 'n noodwendigheid in die lig van die toenemende mo­ dernisering, uitbreiding van ekonomiese aktiwiteit en bevolkings­ groei wat in alle samelewings in 'n mindere of meerdere mate aan die orde van die dog is. In die ontwikkelende wereld waar moderne en voor-moderne gemeenskappe, formele en infor­ mele nedersettings en hulle onderskeie ekonomiese bedrywe op harmonieuse wyse van 'n gekoordineerde saambestaan verse­ ker moet word, oorstyg die probleme dikwels die antwoorde. Voorbeelde van mislukte staatlike ingrepe is wyd bekend en ge­ valle van staatlike kapitulasie in die aangesig van alternatiewe, self-regulerende insiatiewe is nie vreemd nie en in sekere gevalle waarskynlik oak nie ongewens nie. 2 Hierdie verskynsels behoef 'n eiesoortige ondersoek en val buite die raamwerk van hierdie bydrae wat, indien die versoek van die redaksie korrek verstaan is, die oorsprong en aard van ver­ blyfregulering deur die stoat aan die orde moet stel. Hierdie pro­ blematiek staan uiteraard nie los van die algemene juridiese plig wat op die stoat rus om die publieke regsorde in stand te hou op die basis van die stoat se geroepenheid om die verskeidenheid van regsbelange te integreer nie, dit wil se te versoen, in ooreen­ stemming met die eis van geregtigheid wat 'n billike afweging van belange veronderstel. Wat in hierdie verband aan die orde 2 J Habermas. Theorie des Kommunikativen Handelns. Bd 1 (1981: 524). "Der Ausdruck 'Verrechtlichung' bezieht sich ganz allgemein auf die in modernen Gesellschaften zu beobachtende Tendenz der Vermehrung des geschrie­ benen Rechls. Dabei konnen wir die Ausdehnung des Rechts, also die rechtfiche Normierung neuer, bisher informe/1 geregelter sozialer Sachverhalte, von der Verdichtung des Rechts, der spezialistischen Auflosung von globalen Rechtstatbestanden in weiteren Einzeltatbestande unterscheiden". Vgl bv die werk van H de Soto: The Other Path: The Invisible Revolution in the Third World (1989). 26 1998 Acta Structilia Vol 5 No 1 & 2 kom, is niks minder as die onderskeidende kenmerk van die reg­ stoat self nie, en daarom is dit ook gepas om die bespreking wat volg daarmee in te lei. Die opkoms van die moderne regstaat Die gunstige omstandighede vir die opkoms van die moderne stoat het beslag gekry met die aftakeling van die middeleeuse wereldbeskouing teen ongeveer die vyftiende eeu en die aan­ breek van die nuwe tyd bekend as die Verligting. In hierdie pro­ ses van grondliggende verandering op alle lewensterreine sou feudale heerskappyverbande gaandeweg plek maak vir 'n an­ der heerskappyvorm gekenmerk deur 'n sentralisering van ge­ sag, groeiende burokrasie en 'n owerheid wat die eksklusiewe bevoegdheid verkry het om wette vir die inwoners van 'n afge­ bakende territorium te maak. Hierdie ontwikkeling het beslag gegee aan die formele kenmerke van die moderne stoat wat voortaan as res publica, 'n publieke soak, sou bekend staan en wat van die feudale samelewing se heerskappyvorme daarin onderskei is dat die territorium en alles wat daarop aangetref is, nie meer tot die privaatvermoe van die heerser, wat dit na wille­ keur kon vervreem, gereken is nie. Die nuwe owerheidsinstelling het nou die taak gehad om in almal se belong te regeer en om die stoat vir daardie doel in stand te hou en te beskerm. 1 Hierdie ontwikkeling is verder aangehelp deur die adel se verlies aan betekenis, die resepsie van die Romeinse reg en die groei­ ende belong daarvan teenoor die kanonieke reg van die Rooms Katolieke Kerk en die stoat se toenemende betrokken­ heid by die lewens van sy burgers weens die vooruitgang op tegniese en ekonomiese gebied. 'n Ontbrekende besef van eni­ ge substantiewe juridiese begrensing op die gesag van die owerheid onder invloed van die staatsoewereiniteitsleer van ver­ al Machiavelli en Bodin sou egter daartoe lei dat die eerste fase van hierdie ontwikkeling die weg gebaan het vir 'n opvatting wat alle lewensterreine vir die stoat sou opeis. Hierdeur is die idee van 'n skeiding tussen staatlike en nie-staatlike lewensfere ondergrawe en die algemene of publieke belong eenvoudig met staatsbelang gelykgestel. 2 Eers in die agtiende eeu sou met 'n kragtige poging onder in­ vloed van die humanistiese regstaatsidee vorendag gekom word om 'n einde te probeer maak aan die staatsabsolutistiese tradisie. lnstrumenteel in hierdie poging was die werk van die Sien JPA Mekkes Proeve Eener Critische Beschouwing van de Ontwikkeling der Humanistische Rechtsstaatstheorieen {1946) I 08 ev. 2 Ibid 110 ev. 27 Strydom / Publiekregtelike regulering van stedelike verblyf Engelse regsgeleerde John Locke en sy geesgenoot, die Franse filosoof Jean Jacques Rossouw, wat met die gedagte van 'n so­ siale kontrak vorendag gekom het om die aangebore en onver­ vreembare regte van die mens, wat in hierdie tyd aan promi­ nensie begin wen het, teen staatlike vergrype te verskans. 1 Hier­ volgens word die reg gesien as 'n doel van die stoat en die reg verskraal tot dit wat as waarborge vir die individuele regte van die mens in aanmerking kon kom. In die verloop van hierdie wending het individuele regte 'n verabsoluteerde gedaante aangeneem en kenmerkend van die klassiek-liberale regstaats­ idee geword. Die staatsmag het bloat 'n individualistiese doel gehad met die gevolg dot van 'n ware regsgemeenskap waarin oak die publieke (algemene) belong (in onderskeiding van staatsbelang) tot sy reg moes kom, nie sprake kon wees nie. 2 'n Belangrike faset van Locke se opvattings was die mate waar­ in hy die grondslag van die mens se subjektiewe regte in eien­ dom gesien het. Elke mens, volgens Locke, het 'n reg op besker­ ming van sy eiendom as bran van voeding en lafenis en daarom word die sosiale kontrak tussen individue aangegaan deur mid­ del waarvan die staatsowerheid die opdrag verkry om elke per­ soon se eiendom te beskerm. In hierdie konstruksie le die be­ gronding vir 'n staatsvrye sfeer wat aan die kragte van die vrye mark oorgelaat moet word volgens die voorstanders van die klassiek-liberale kapitalisme. lntussen het die eksploiteerpotensi­ aal van hierdie praktyk en die ekonomiese onreg wat dit in die hand kan werk, juis weer die vraag loot ontstaan no die rol van die stoat oak in die privaatregtelike kant van die mens se be­ staan in die staatlike samelewing. Die juridiese integrering van regsbelange Wat in bovermelde opvattings en vele ander nie voldoende ver­ reken word nie, is dot onderskei moet word tussen die aard van die stoat en staatsdoeleindes. 3 Deur die stoat te probeer ver­ klaar met verwysing no die doeleindes wat die stoat van tyd tot tyd en ooreenkomstig wisselende omstandighede nastreef, ver­ kry die stoat self 'n wisselende aard met die gevolg dot door geen interne, dit wil se aan die stoat se eie-aard georienteerde, begrensing op die gesag van die stoat gestel kan word nie. Elke Sien hieroor H Sabine en TL Thorson. A History of Political Theory. 4 de uitg (1973) 483 ev; 529 ev; Mekkes op cit 229. 2 Vgl HJ van Eikema Hommes. Hoofdlijnen van de Geschiedenis der Rechtsfilosofie (1972) 111 ev. 3 Vgl HJ van Eikema Hommes. De Wijsgerige Gronds/agen van de Rechts­ sociofogie (1986) 156 ev. 28 1998 Acta Structilia Vol 5 No 1 & 2 wisselende, tydsbepaalde oogmerk is tegelyk die hoogste reg van die stoat. Ten einde hierdie aspek verder toe te lig, moet die toenemende differensiering en individualisering wat die kultuur-historiese ver­ loop van die menslike samelewing ondergaan, nie los gesien word van sy teenpool nie, naamlik 'n toenemende integrasie van regsbelange wat gerig is op die skepping van eenheid met behoud van die veelheid. Sander hierdie teenpool sou die pro­ ses van individualisering en differensiering die gevaor inhou dot 'n belangehormonie uitgelewer word aan die eksesse van eie-belang - 'n toestand wat die ekonomies en polities magtige groeperinge in die samelewing 'n vrypas sou bied ten koste van riskante groeperinge se regte en belange. Die onderskeidende kenmerk van die stoat is dot dit 'n integre­ rende publieke regsorde is wat alle - ook nie-staatlike - belange en lewensvorme tot 'n eksterne, publiekregtelike eenheid saam­ bind. Die oogmerk is om hormonie in belange en behoeftes te verseker en om te verhoed dot geen lewensvorm of instelling belange op 'n eksessiewe wyse bevorder en handhaaf nie. So kan die stoat in algemene belong standaordvoorskrifte verorden ten opsigte van bouregulasies, sanitasie, elektrisiteits- en water­ voorsiening, woonbuurt- en industriele ontwikkeling, moor sou juis sy kompetensie oorskry indien dit sou poog om aan eienaors van wooneenhede voor te skryf hoe die interne orgitektoniese versie­ ring en estetiese inrigting van sulke eenhede moet lyk. lnsgelyks sou inwoners tereg beswaar kon aanteken indien 'n eienaar sy eiendom op so 'n wyse aanwend dot dit die algemene higiene wat in stedelike gebiede gehandhaaf moet word ondermyn, of indien strukture 'n gevaor vir medebewoners sou inhou. Omdat die staatsowerheid die publieke regsorde oor die ganse staatsterritorium en ten opsigte van alle aktiwiteite moet hand­ haaf, maak dit gevolglik nie sin om soos die klassiek-liberale teo­ rie aan te voer dot, byvoorbeeld, die ekonomiese aktiwiteite van die mens aan staatlike regulering onttrokke is of behoort te wees nie, moor aan selfregulering oorgelaat moet word. Verder bring die publieke integreringsfunksie van die staatsowerheid mee dot die keuse van staatsdoeleindes en die wyse waarop dit gerealiseer word, steeds onderworpe bly aan die idee van 'n harmonieuse publieke regsgemeenskap van owerheid en staatsburgers. Dit geld vir die primere staatsdoeleindes - die in­ rigting van n wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en die beskerming van menseregte in die politieke, ekonomiese en private lewe - sowel as vir die sekondere staatsdoeleindes - gesondheidsorg, huisvesting, opvoeding, ondersteuning van kul- 29 Strydom / Publiekregtelike regulering van stedelike verblyf turele aangeleenthede - wat deur praktiese politiek en tydsbe­ paalde behoeftes bepaal word. 1 Dit spreek vanself dot die toenemende differensiering en indivi­ dualisering van die samelewing, aangehelp deur ekonomiese bedrywighede, wetenskaplike ontdekkings en tegnologiese uit­ vindings, verandering kan bring in die wyse waarop die staats­ owerheid staatsdoeleindes identifiseer en by wyse van ower­ heidsregulering implementeer. Gevolglik is hierdie 'n aan­ geleentheid van voortdurende evaluering en in die slotopmer­ king word weer hierop gewys. Die impak van die Suid-Afrikaanse grondwet Die nuwe konstitusionele bedeling wat deur die Interim Grond­ wet (1993) 2 ingelei is en deur die Finale Grondwet (1996) 3 be­ kragtig is, het die volgende kenmerke: 0 Die vorige stelsel van parlementere soewereiniteit is vervang met die oppergesag van die Grondwet. Dit bring mee dot alle staatlike voorskrifte en beleid, sowel as besluite van amptenare, aan die grondwetlike voorskrifte moet voldoen. In plaas van die parlement is die Grondwet (dws die reg) nou soewerein. Vandam die verwysing no die huidige Suid-Afrikaanse Republiek as 'n konstitusionele regstaat4• 0 Die toetsingsreg van die howe is ingrypend verander. Onder die stelsel van parlementere soewereiniteit was die howe slegs by magte om no te goon of die wetgewer die formele prosedurele voorskrifte vir die aanname van wetgewende maatreels nagekom het. Die inhoud van sulke maatreels, dws of dit billik of onbillik was, kon nie deur die howe getoets word nie. Tans het die howe jurisdiksie om no te goon of die inhoud van staatlike voorskrifte voldoen aan die waardes en begin­ sels vervat in die Grondwets en die belangrikste verwysings­ punt in die verband is Hoofstuk 2 van die Grondwet wat die menseregtevoorskrifte vervat. <:> Die Grondwet gee uitdrukking aan die belange-afwegings­ funksie van die regstaat. Dit bring mee dot geen reg absoluut is nie en gevolglik deur staatlike voorskrifte ingeperk kan word. Staatlike inperking is egter nie arbitrer nie en moet die toets van artikel 36 kan deurstaan. Hiervolgens is die vraag of Ibid 157. 2 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 200 van 1993. 3 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996. 4 Vgl bv arts 1 en 2 van die 1996 Grondwet. 5 Sien bv His 8 van die 1996 Grondwet. 30 1998 Acta Structilia Vol 5 No 1 & 2 die beperking op regte redelik en regverdigbaar is in 'n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardig­ heid, gelykheid en vryheid. Faktore wat by die beantwoor­ ding van die vraag in ag geneem kan word, sluit in die aard van die reg wat beperk word, die belangrikheid van die be­ perking se oogmerk, die aard en omvang van die beperking, die verband tussen die beperking en die nagestreefde doel en of dieselfde doel op 'n minder beperkende wyse verwe­ senlik kan word. Die belong van artikel 36 is dot dit 'n konstitutionele plig op die stoat plaas om enige beperkende voorskrif aan die hand van die vermelde kriteria te regverdig. Dit gee dus aan die howe 'n definitiewe maatstaf aan die hand waarvan beperkende staatli­ ke voorskrifte getoets kan word. Slaag die voorskrif nie die toets van artikel 36 nie, is die hof bevoeg om die voorskrif ongeldig te verklaar. Die Grondwet kom oak op 'n ander wyse tot die hulp van 'n on­ tevrede burger. So verleen artikel 32 'n reg op inligting wat deur die stoat of 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefe­ ning of beskerming van enige reg benodig word. Verbandhou­ dend hiermee is die reg in artikel 33 op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is en indien 'n persoon nadelig deur administratiewe optrede geraak word, het so 'n persoon die reg op die verskaffing van skriftelike redes vir die ad­ ministratiewe optrede. Die doel van hierdie voorskrifte is om deursigtigheid in besluitneming deur die staatsadministrasie te verseker en om 'n konstitusionele meganisme in die !ewe te roep wat die ontevrede staatsburger die geleentheid bied om die regmatigheid van staatlike voorskrifte en besluite te toets. Op die wyse kan vasgestel word of staatsamptenare hulle nie dalk deur irrelevante en diskriminerende oorwegings loot lei het in die neem van besluite nie. Voor die nuwe grondwetlike bedeling was die gemeenregtelike posisie dot 'n persoon slegs 'n hof om hulp kon nader, indien aangetoon kon word dot die litigant 'n persoonlike of finansiele belong in die soak gehad het. Hierdie posisie is radikaal deur die Grondwet 1 verander deurdat oak persone met geen eie belong in 'n soak 'n hof kan nader om uitspraak te gee oar 'n beweerde skending of dreigende skending van regte nie. Dit sol byvoor­ beeld moontlik wees waar 'n persoon namens iemand optree wat nie in stoat is om dit self te doen nie, of namens of in belong van 'n groep of klas persone of in die openbare belong. Sien art 38 van die 1996 Grondwet. 31 Strydom / Publiekregtelike regulering van stedelike verblyf Omdat sake van verblyf en ontwikkeling grootliks binne die juris­ diksiegebied van plaaslike owerhede val, is dit wenslik om te let op die grondwetlike riglyne waaraan die oogmerke van plaasli­ ke owerhede moet voldoen. lngevolge artikel 152 van die Grondwet moet 'n plaaslike owerheid, met inagneming van sy fi­ nansiele en administratiewe vermoe, die volgende oogmerke nastreef: 0 die voorsiening van demokratiese en verantwoordingspligti­ ge regering vir plaaslike gemeenskappe; 0 die verskaffing van dienste op 'n volhoubare wyse; 0 die bevordering van maatskaplike en ekonomiese ontwikke­ ling; 0 die bevordering van 'n veilige en gesonde omgewing; 0 die aanmoediging van die deelname deur plaaslike ge- meenskappe aan plaaslike regeringsaangeleenthede. Enkele aangeleenthede voortspruitend uit hierdie voorskrifte moet verder toegelig word. Die bevordering van 'n veilige en gesonde omgewing moet saamgelees word met artikel 24 van die Handves van Regte in Hoofstuk 2 van die Grondwet. Hiervol­ gens het elkeen die reg op 'n omgewing wat nie skadelik vir 'n persoon se gesondheid of welsyn is nie en op die beskerming van die omgewing, ter wille van huidige en toekomstige geslag­ te. deur redelike wetgewende en ander maatreels wat besoe­ deling en ekologiese agteruitgang voorkom. bewaring bevorder en ekologies volhoubare ontwikkeling en aanwending van na­ tuurlike hulpbronne verseker. 1 Die grondwetlik voorgeskrewe oogmerk om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder. moet saamgelees word met artikel 153 van die Grondwet wat sekere ontwikkelingspligte aan plaaslike owerhede ople. Hiervolgens is 'n plaaslike ower­ heid verplig om sy administrasie en sy begrotings- en beplan­ ningsprosesse so te struktureer en te bestuur dot voorrang ver­ leen word aan die basiese behoeftes van die gemeenskap en dot die maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling van die ge­ meenskap bevorder word. Gevolglik is 'n plaaslike owerheid ook verplig om aan nasionale en provinsiale ontwikkelingsprogram­ me deel te neem. Die bepalings in artikel 152 waarna verwys is, staan in die konsti­ tusionele reg as staatsdoelstellings bekend en is as objektiewe 32 Vgl ook C Loots "The Effect of the Constitution on Environmental Manage­ ment" in The South African Journal of Environmental Law and Policy 2(1997) 223. 1998 Acta Structilia Vol 5 No 1 & 2 regsnorme bindend op die owerheidsinstelling wat jurisdiksie kragtens die Grondwet daaroor verkry het. 1 In beginsel is dit ge­ volglik vir 'n hof moontlik om die owerheid te gelas om ooreen­ komstig die doelstellings op te tree of wetgewing of beleidsbe­ sluite wat in stryd daarmee is, nietig te verklaar. Aangesien staatsdoelstellings dikwels onspesifiek en wyd geformuleer word, is die juridiese kontrole daaroor 'n praktiese probleem en is dit moeilik (maar nie onmoontlik nie) vir 'n hof om vas te stel of die betrokke owerheidsinstansie uitvoering daaraan gegee het, al dan nie. Om probleme van hierdie aard die hoof te bied, kan die nie-nakoming van 'n staatsdoeleinde gekoppel word aan die skending of potensiele skending van 'n fundamentele reg wat deur die Grondwet gewaarborg word. 'n Voorbeeld hiervan wat as analogie gebruik kan word, is die geval van die groep huiseienaars in Duitsland wat in 1981 by die Duitse Grondwethof beswaar aangeteken het teen lawaai wat deur 'n nabygelee lughawe veroorsaak is en aangevoer het dat hulle reg op mens­ waardigheid en beskerming van liggaamlike integriteit ook 'n plig op die stoat plaas om huiseienaars teen die nadelige gevol­ ge van die lughawe se lawaai te beskerm. Hulle het ook beweer dat die maatreels wat tot op daardie stadium bestaan het, on­ toereikend was. Die hof het hulle gelyk gegee en beslis dat die wetgewer longs konstitusionele wee verplig kan word om maat­ reels te tref of te verbeter, ten einde die beskerming te verskaf wat nodig is vir die handhawing van subjektiewe regte. lndien dus aangetoon kan word dat die nie-nakoming van 'n staats­ doeleinde 'n fundamentele reg skend, kan longs hierdie weg druk op die owerheid geplaas word om uitvoering aan die grondwetlik voorgeskrewe staatsdoeleindes te gee. Slotopmerking Staatlike regulering van verblyf, stadsbeplanning en ontwikkeling van gemeenskaplike areas waarin die burger leef en werk, staan tans in die teken van 'n nuwe radikale politiek, naamlik die ekologiese beweging. Hierdie sogenaamde "groen" politiek het die afgelope dekade ook in Suid-Afrika aan prominensie gewen en alle tekens dui daarop dat dit toenemend 'n publieke tema en 'n integrale deel van die veelkantigheid van staatsbeleid en beplanning gaan word. Die nuwe grondwetlike bedeling en Vgl hieroor Ede Wet. The Constitutional Enforceability of Economic and Social Rights (1996) 30-32; 72-77; 85 ev. 33 Strydom / Publiekregtelike regulering van stedelike verblyf daaropvolgende konsepbeleidsdokument 1 van die owerheid oor omgewing, verskaf reeds die buitelyne hiervoor. Die implementering van 'n ekologies-vriendelike beleid as staats­ doelstelling in Suid-Afrika het vele hindernisse. Die meeste Suid-Afrikaanse stedelike ontwikkelings is estetiese en ekologiese katastrofes en eerder uitbeeldings van 'n allesoorheersende eko­ nomies-gedrewe besitskultuur, as wat dit dien as voorbeelde van 'n denkwyse wat ruimte loot vir 'n harmonieuse integrering van natuurlike omgewing en mensgemaakte lewenswereld. Voeg hierby die groeiende sosiale pobleme wat op die hakke van verstedeliking volg, asook die uitdaging om die ekonomiese ongelykhede uit te skakel binne die eise van volhoubare ontwik­ keling en die prentjie word aansienlik donkerder vir 'n perspektief wat 'n regmatige plek vir omgewingsvraagstukke wil beding. Orn van laasgenoemde weg te skram, is egter om ligsinnig-on­ verskillig oor ons eie toekoms en ons verantwoordelikheid teen­ oor latere generasies, te staan. Groen politiek het dikwels 'n radikale beeld omdat dit vra no 'n fundamentele rigtingverandering in politiek en moraal. Die reha­ bilitasie van die verlore harmonieuse verhouding tussen mens en natuur vra immers dot ons huidige lewenstyle grondig hersien en die wysheid daarvan bevraagteken moet word. Voorstanders van 'n toekomstige ekologiese samelewing pleit gevolglik vir 'n herstel in die balans en integriteit van die biosfeer as 'n doel in sigself. In so 'n samelewing sol diversiteit tussen menslike groepe­ rings en in die natuur bevorder word, wat veronderstel dot mag gedesentraliseer word no plaaslike selfregerende gemeenskap­ pe, gebaseer op sogenaamde klein tegnologiee wat bedryf word in ooreenstemming met 'n holistiese etiek. Of 'n mens hier­ die meer radikale of 'n ander weergawe van groen politiek aan­ vaar of verwerp, die vol�ende samevatting van die Britse sosio­ loog, Anthony Giddens kan beswaarlik in die wind geslaan word: "Ecological politics is a politics of loss - the loss of nature and the loss of tradition - but also a politics of recovery. We cant return to nature or to tradition, but, individually and as a collective humanity, we can seek to remoralize our lives in the context of a positive acceptance of manu­ factured uncertainty. Put in this way, it isn't difficult to see why the ecological crisis is so basic to the forms of political renewal discusssed in this book. It is a material expression of the limits of modernity; repairing the damaged environ- Sien "White Paper on Environmental Management Policy for South Africa" in Staatskoerant no 18164 van 28 Julie 1997. 2 A Giddens Beyond Left and Right: The Future of Radical Politics (1996) 227. 34 1998 Acta Structilia Vol 5 No 1 & 2 ment can no more be understood as an end in itself than can the redress of poverty." Bibliography DE SOTO, H. 1989. The other path: The invisible revolution in the Third World. DE WET, E. 1995. Die konstitusionele afwingbaarheid van sosiale en ekonomiese menseregte. Ongepubliseerde LL D-proefskrif. UOVS. DE WET, E. 1996. The constitutional enforceability of economic and social rights. GIDDENS, A. 1996. Beyond left and right. Polity Press. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. 200 van 1993. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. l 08 van 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Artikels 1 en 2 van 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Artikel 38 van 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Hoofstuk 8 van 1996. HABERMAS, J. 1981. Theorie des kommunikativen handelns. Bd l. HOMMES VAN EIKEMA. H.J. 1972. Hoofdlijnen van de geschiedenis der rechtsfilosofie. HOMMES VAN EIKEMA. H.J. 1975. Hoofdlijnen der rechtssociologie en de materiele indelingen van publiek- en privaatrecht. Tjeenk Willink. HOMMES VAN EIKEMA. H.J. 1986. De wijsgerige grondslagen van de rechtssociologie. LOOTS, C. 1997. The effect of the constitution on environmental man­ agement. The South African Journal of Environmental Law and Pol­icy, 2, p. 223. MEKKES, J.P.A. 1946. Proeve eener critische beschouwing van de ontwikkeling der humanistische rechtsstaatheorieen. Libertas. RAUTENBACH, I. & MALHERBE, E.F.J. 1996. Staatsreg. Butterworths. SABINE, H .. THORSON, T.L. 1973. A history of political theory. 4de uitgawe. VON DER HEYDTE, F.A. 1952. Die Gburtstunde des souveranen Staates. Josef Habbel. White Paper on Environmental Management Policy for South Africa, Staatskoerant no 18164, 28 Julie 1997. 35