Acta Structilia December 1995 DIE KONTRAS TUSSEN BEBOUDE OMGEWING EN LEWENS­ EN WeRELDS-BESKOUINGS J. J. STEyN 1 1 Departement Stads-en Streekbeplanning, Universiteit van die UOVS, Posbus 339, Bloemfontein 9300, Suid Afrika. 21 Sinopsis In Argitektuur het kontras vir 'n groot deel van die eeu 'n belangrike rol gespeel by die ontwerp van geboue (Brolin, 1980: 45). Selfs die SA Instituut van Argitekte het in 1991 'n kongres gehou oor kontraste, maar wat is kontras? Volgens die Groot Woordeboekvan Van Dale beteken kontras (1) "in bet oogvullende tegenstelling", en (2) "twee verskillende naturen". Die eerste klink am per soos wat ons in argitektuur ervaar, naamlik die fisies waarneernbare verskille in die beboude ornge\\ing en rneer spesifiek waar die geboue in werklike teenstelling met rnekaar verkeer. Die verskil in "natuur" verwys na die rnenslike aard, gewoonlik die eie persoonlikheid, rnaar die rnenslike natuur is rneer as net die ingebore, dit behels ook die kultuurwaardes van 'n volk. Hierdie waardes is dit wat sin gee aan die bestaan van die individu. ARGITEKTUUR EN DIE BEBOUDE OMGEWING Ons vind albei hierdie betekenisse in argitektuur, maar wat het hul met mekaar te doen? Miskien is dit nodig om eers te gaan kyk wat behoort argitektuur te wees. In die Woordeboek van die Afiikaanse Taal word argitektuur as volg beskryf: 1. Kuns of wetenskap van die bou, insluitende die ontwerp, optrek en versiering van geboue, soos huise, kerke, brue, ens.; boukunde: (burgerlike en militere argitektuur). 2. Bou as kunsvak, met stilistiese en antler eienskappe; boukuns: (gewyde en profane argitektuur. Argitektuur van die natuur- en kultuurvolke, van die Oudheid, die Ooste, die Gotiek). 3. Voorkoms , verdeling, inrigting van 'n gebou, bv. met die oog op doelmatigheid, aansluiting by die omgewing, ens.: (Die argitektuur van 'n kerk, fabrieksgebou). 4. Grondstruktuur, grondplan van die opbou van 'n geestesproduk, soos 'n kunswerk, afgesien van die boukuns, of van 'n wetenskap: (Die argitektuur van 'n roman wat betref die saamvoeg of teenoor mekaar stel van grotere eenhede, soos episodes of teenstellinge ). " Wat ons hieruit kan leer, is dat argitektuur 'n kuns, of 'n wetenskap, of albei kan wees. Hierdie waameming verskil nie veel van wat tydens studies in die laat sestigerjare oor argitektuur geleer is nie. In die tyd was die groot meesters van die modeme beweging of die internasionale styl nog by die Vrystaatse Universiteit die mense wat nagevolg moes word. " Form follows function, " was die enigste riglyn vir ontwerp, alhoewel eie skeppingsvermoe toelaatbaar was, maar niemand kon verklaar waarom nie. Dus was