26 DIE ARGITEK, SY AANSTELLLNGSVOORWAARDES EN EVALUERING VA.N SY MAGTE JJPVERSTER Dit word redelik algemeen aanvaar dat die argitek by aanstelling omvattende magte ontvang om te doen wat hy nodig vind om 'n projek te voltooi. Hier kom die aanname ter sprake dat sekere geiinpliseerde magte in die argitek setel bloat as gevolg van die feit dat hy normaalweg as hoofagent van die bouheer optree. Hierdie oorsig het ten doe[ om die magte te beskou en aan die hand van drie bekende hofsake te evalueer. Sekere omstandighede wat aanwesig was by die hofsake wat beskou word, sal uit die aard van die saak nie altyd geld nie en elke argitek\klient-ooreenkoms moet op eie meriete beoordeel word. Die hofsake le egter belangrike beginsels neer wat deur alle boukonsultante ter harte geneem kan word. Die hofsake spreek die volgende drie gebiede aan, waar verwarring kan voorkom ten opsigte van die argitek se magte: 1. Argitek se mag om 'n bourckenaar aan te stel. 2. Die argitek se mag om 'n kosteperk te oorskry. 3. Die argitek se mag om noodsaaklike opdragte, ten opsigte van ekstras, uit te reik. Wat bier ter sprake kom, is die magte en verpligtinge wat die argitek van die klient ontvang ln terme van hulle ooreenkoms en nie in terme van die boukontrak nie. 1. Die argitek se magte om 'n bourekenaar aan te stel. In "Ayris v Cooke 1928 CPD 380" het die bourekenaar, Ayris, geappeleer teen 'n Landdroshofuitspraak ten gunste van die bouheer, Cooke, waar 'n eis ten opsigte van professionele dienste gelewer, van die hand gewys is. In die hofsaak het dit aan die lig gekom dat die respondent nie die appellant direk aangestel het nie en ook dat hy nie sy argitek met die magte beklee het om 'n bourekenaar aan te stel nie. Die respondent het egter wetende bygestaan en kennis gedra van die feit dat die argitek 'n bourekenaar aangestel bet. Hy het verder twee afskrifte van die hoeveelheidslys in ontvangs geneem waarop die appellant se naam en beskrywing as bourekenaar verskyn. Die respondent bet ook die argitek toegelaat om tenders deur rniddel van hierdie dokurnente in te win. Die argitek het ook die bourekenaar (appellant) aangestel om verrninderde boeveelhede \