FileList Convert a pdf file! Koedoe 19: 67-74 (1976) POPULASIESAMESTELLING VAN DIE BONTEBOK DAMALISCUS DORCAS DORCAS IN DIE BONTEBOK NASIONALE PARK GEDURENDE JANUARIE 1974. G. DE GRAAFF Posb11.\ 787, Pretoria 0001 P. T. VAN DER WALT Privaatsak X404, Skukuw JJ 50 L.J. VAN ZYL Posb11.\ 149, Swellendam 6740 Samevalling - Populasiegegewens van die bontebok DamaLiscus dorcaJ dorcas in die Bontebok Nasionale Park word verskaf. Die spesie se sosiale struktuur sentreer basies rondom ver- skeie teeltroppe en 'n ramtrop. Voortplantingsgegewens vanaf 1960--1973 word bespreek. Abstract - Population data for the bontebok DamaLiscus dorcas dorcas in the Bontebok National Park are presented . The so- cial structure of the species centres around several breeding herds and a ram herd. Information pertaining to reproduc- tion for the period 1960--1973 is discussed. InLeiding Die bontebok DamaLiscus dorcas dorcas is een van die seldsaamste soogdierspesies in Afrika en waarskynlik die seldsaamste in suider- Afrika. Verder is dit een van die opvallendste en kleurvolste bokke wat ongetwyfeld bygedra het tot die afname in getalle wat sedert die jaar 1800 plaasgevind het. Gepaardgaande hiermee, hey sy natuurlike ver- spreidingsgebied ook gekrimp. Vollediger gegewens oor hierdie ge- beure kan nageslaan word in Bigalke (1955), Barnard en van del' Walt (1961) van der Merwe (1968), de Graaff (1972), David (1973) en van Rensburg (1975). Bespreking van die taksonomie en beskrywings van die anatomie en uiterlike voorkoms van die bontebok is te vinde in Ansell (1968), Harper (1945) en David (1973). Die bontebok se voortbestaan is tans egter grootliks verseker, onder andere, in die bestaande Bontebok Nasionale Park. Dit volg ondermeer 67 dat daar sedert 1960 (toe die Park tot stand gekom hetl 'n groter insig verkry is in die behoeftes van die populasie in die Park ten einde die spesies lewenskragtig te hou. Met verloop van jare is die aandag toege- spits op die sosiale struktuur van die populasie en die gepaardgaande voortplantingspotensiaal. Fisiografie en Klimaat van die Bontebok Nasionale Park Die Bontebok Nasionale Park is ongeveer 7 km suid van Swellendam gelee (20°30' 0; 34°03'S) en is ongeveer 2 786 ha groot. Die kortste af- stand na die suidwaarts-gelee Indiese oseaan is ongeveer 50 km, terwyl die oos-wes Langebergreeks ongeveer 9 km noord van die Park gelee is. Die hoogte bo seespieel wissel tussen 61 m en 200 meter. Die stand- houdende Breerivier vorm die suidwestelike grens van die Park. Vol- gens Theron ( 1967) bestaan sowat 90% van die parkoppervlakte uit allu- viale en gruisterrasse terwyl dagsome van gesteentes van die Serie Witte- berg slegs langs die Breerivier voorkom. Die Park is gelee in die winterreenvalstreek van die Republiek van Suid-Afrika en toon normaalweg 'n piekreenval periode in die lente. Vema' 1961-1973 word 'n gemiddelde jaarlikse reenval van 526mm aan- gctckcn. Die temperatuur-uiterstes wissel tussen 2°C tot 42°c. Die heersende winde is suidoos in die somer en noordw(;c in die winter. Plantegroei Die algemene plantegroeigeaardheid in die oostelike, suidelike en noordelike gedeeltes van die park is ' n oorwegende onsmaaklike, on- benutbare struikgemeenskap met 'n onbeduidende graskomponent. Teen die hange van enkele valleie wat voorkom, is Elytropappus rhinocerotis en Cliflortia ruscifolia dominant terwyl die ander gruisterrasse gcdomineer word deur Leucadendron salignum, Pelargonium ovale, Berkheya armata en Serruria fucifolia. Grasse wat hier verspreid voorkom is Themeda triandra, Cymbopogon marginatus en Eragrostis capensis (Grobler en Marais 1967). I n die suidwestelike asook 'n klein gedeelte van die oostelike flank van die Park, word 'n oorwegende grasstand aangetref in 'n sanderige laag- land wat swak dreineer. Kenmerkende grasse alhier is Merxmuellera stricta, Stipagroslis z.eyheri en Eragroslis curvula. Die Park besit 'n merkwaardige rykdom aan plantsoorte. Tot op datum, is daar 460 spesies gedentifiseer waarvan 61 geofiete is. Verder behoort 52 tot die familie Graminae en 21 tot die familie Cyperaceae. Min gegewens is beskikbaar oor die weidingsvoorkeure van die bonte- bok. Wat wel bekend is, is dat die dier 'n strawwe benutter is van die kort-tot medium-hoogte grassoorte soos Cynodon dactylon, Themeda triandra, Digitaria eriantha en die Eragrostis-soorte. Van die 52 bekende grasse in die Park, kan II as smaaklik vir die bontebok beskou word, 18 halfsmaaklik en 23 as onsmaaklik. Slegs ongeveer 5% van die struike in die Park word deur die bontebok benut. 68 M ateriaal en M etode Gegewens gebruik in hierdie artikel is verkry uit diverse literatuurver- wysings, uit inligting ter insae in leers van die Nasionale Parkeraad, uit persoonlike waarnemings van die plaaslike natuurbewaarder (L.J. van Zyl) en is grotendeels opgestel ten tye van 'n besoek aan die Park gedurende 1974.01.06-14. Resultate en Bespreking A. Struktuur Aangesien die bontebok primer 'n kuddedier is vind tropvorming plaas en behels dit ook 'n bepaalde sosiale struktuur. Teeltroppe Dit is gevestigde eenhede wat lewensbelangrik is vir die bontebok in die Park. Dit bestaan gewoonlik uit 'n aantal ooie en lammers (ge- woonlik jonger as 12 maande) wat in 'n afgebakende gebied loop, tesame met 'n territoriale ram wat die ooie en lammers deurgaans pro- beer bymekaar hou enlander ramme uit sy afgebakende gebied hou. Die ooie en lammers is egter nie streng gebiedsgebonde nie. Ramtrop Die ramtrop funksioneer basies as 'n enkele eenheid in die Park. Die trap beweeg op 'n losse basis oor die hele Park en is nie gebiedsgebonde nie. Konfrontasies tussen volwasse ramme van hierdie trop en 'n teel- tropram wat sy gebied wil verdedig, kom dikwels voor. Daar is geen rangorde of dominasie-hierargie in die ramtrop nie. Uitgewerkte ramme kom daarin voor asook jong ramme wat vandaar uitbreek om eventueel suksesvol territoriaal te word. Aanvulling vind gewoonlik plaas vanuit die teeltroppe deurdat jaaroue lammers geleidelik die teel- trappe verlaat, veral wanneer die teelooie weer begin lam. Alleenloper- ramme breek ook van die ramtrop weg en kom verspreid oor die Park voor. Dit is moontlik dat van hulle besig is met die afbakening van terri- toria. 'n Skematiese voorstelling van die bontebokpopulasie in die Park gedurende Januarie 1974 word in Fig. 1 weergegee asook die populasie- samestelling in Tabel 1. B. Voortplanting Die bontebok is 'n seisoenale teler. Die paartyd strek vanaf Januarie tot begin April en die draagtyd wissel van 230 tot 254 dae. David (1973) meld dat die ooie gedurende die tweede jaar in oestrus kom, d.w.s. ongeveer op 27 maande ouderdom. Die jaarlikse verloop van geboorte gedurende 1964-1972 word weer- 69 o 1 INPIWIOV I RAMME ~ OCYE .20 0 LAMMERS m OVEII. A5 I JAAI{ /5 ~VJ(IIG.B.4ItS T'.Lr"o,.."e ~ ~ ON~RII"IfIC~'" ~flt.AIIIf"'I(O~E ~ ~L()SLDI'fI;1( 1t,AIIIIMIi ~ TE~LTIf.OPfI>E Fig. I. Individuele tropsamestelling van die bontebok populasie in die Bonte- bok Nasionale Park (1974.01.12). Tabell Populasiesamestelling van die bontebok in die Bontebok Nasionale Park (1974.01.12) Lammers Lammers Lammers Ramme Ooie (onder (ouer as (ouer as 1 jaar) 1 jaar) 2 jaar) Territoriale ramme met ooie en lammers 18 53 37 6 Territoriale ramme met ooie sonder lammers 9 16 Alleenloperramme 13 Ramtrop 104 28 76 Totaal 144 69 37 34 76 70 gegee in Tabel 2 waaruit dit blyk dat die jaarlikse geboorteperiode 'n redelike konstante aanvangstyd het aan die begin van September, waar- na die geboortetempo progressief toeneem en gewoonlik eers na twee maande (November/Desember) 'n toppunt bereik. Hierdie toppunt word dan geredelikerwys gehandhaaf vir ongeveer 3 tot 4 maande. Die gemiddelde jaarlikse getalaanwas sedert 1960 is ongeveer 54 per- sent. Die jaarlikse getaltoename in bontebokramme, -ooie en -lammers (asook die vrektes) vanaf 1960-1973 word weergegee in Fig. 2, terwyl die moontlike verwantskap tussen geslagsverhouding (9 :0') en lampersen- tasie weerspieel word in Fig. 3. / 1'\ 1-- "'" _ r~arES I d II'HL I#( 9 VAOVt/1( V l LAIIIMM$ / ....- '" 1/ / V /' 1\ / V V 1/ 1- f~~ 1/ I~ /' V :- '" / 1"'- 1-2 - 60 61 6. '5 " 61 " " lJ ! " :rARIE~ Fig. 2. Lewenshistogram van die bontebok in die Bontebok Nasionale Park 1960-1973. 9 :d' L~M % / : 1.,0 100 1: I, q ,. /:/, B '0 / : ',7 >. 1: 1, 6 60 1 : 1,5 <0 /:'," '0 I 1,3 30 I : '}1 '0 f : ~ I 10 I : /JO 0 I I " I I I I ;ll: , , , , " , - -"- \ , , , ';..-- ..... ~ : GESLAGSV£~HO(/DING , , , I " I )( , '", , 60 61 62 I., bit 6S 6' 67 6' H 70 71 72 73 Fig. 3. Geslagsverhouding (9 :0') en lampersentasie van die Bontebokke in die Bontebok Nasionale Park 1960-1973 . 71 ....., I'..:) 1964/ 65 27 Aug. M idde! Sept. 5 Eind Sept. 9 Middcl Okt. 19 Eind Okl. 29 Eind Nov. 29':' M iddcl Des. 30 Eind Des. 31 ,', = 2 vrektes 196 5/66 8 Sept. Eind Sept. 12 Eind Okt. 25 Eind Nov. 25':' Eind Des. 26 EindJan. 23 ':' = 4 vrektes 1966/ 67 Eind Aug. Eind Sept. Eind Okt. Eind Nov. Eind Des. EindJan. Tabcl2 J aarlikse veTloop van bontebok-gebooTtes 1964-1972 1967/68 1968/69 1969/70 1970/71 1971/72 Eind Aug. :J 15 Aug. 1 1 Sept. 1 10 Aug . 1 19 Aug. 3 13 Eind Sept. ? 22 Aug. 2 Middel Sept. 2 Eind Sept. 11 :' Eind Okt. 38 Eind Sept. 25 Eind Sept. 4 Middel Okt. 17 ? Eind Nov. 40 Eind Okt. 44 Mid.Okt. 24 Eind Okt. 20 27 Eind Des. ? Find Nov. 46 Eind Okt. 30 Middel Nov. 33 30 9Jan. 45 Eind Des. 49 Eind Feb. 31 Eind Nov. 33':' 20 Feb. 47 EindJan. 51 Middel Feb . 35 Eind Feb. 53 Eind Feb. 37 Mid. Mrt. 39 Ceen Mid. April 41 waarneIllings ':' = 5 vrektes Tabel3 Lewenstabel van die bontebokkudde in die Bontebok Nasionale Park 196{}--1973 Totaal Geslags- Lam- Jaar 9 Aanwas Vrektes in ver- persen- Park houding tasie 0 9 9:0 1960 39 22 11 2 2 68 1 : 1,8 50% 1961 43 25 17 4 80 1 : 1,7 68% 1962 50 30 21 6 3 92 1 : 1,6 70% 1963 59 33 32 5 4 121 1 : 1,5 82% +6':' 1964 74 47 31 9 145 1 : 1,4 58% +3':' +6':' 1965 83 62 35 12 10 158 1 : 1,3 56% 1966 91 67 30 3 5 180 1 : 1,3 44% 1967 103 77 47 13 6 208 1 : 1,3 61% 1968 120 88 55 4 4 255 1 : 1,3 62,5% 1969 151 104 53 9 5 294 1 : 1,45 51% 1970 172 122 36 45 22 263 1 : 1,40 29% 1971 145 118 39 12 10 280 I : 1,2 33% 1972 153 105 55 13 15 285 1 : 1,5 52% ( ?) (?) (?) 1973 164 84 34 5 6 263 1 : 2,0 41% -4':":' -4':":' Geskenk deur mnr. Bowker ::::;: Geskenk aan Belgie Vit be ide figure blyk dit duidelik dat daar 'n oonnaat manlike diere tot stand begin kom het wat miskien 'n nadelige uitwerking het op die teel- troppe: die territoriale ram moet sy gebied en ooie beskerm teen be- soekers - energie wat hy andersins aan die ooie kon bestee (om daardeur , n hoer ooi-besetting te verkry) word nou aan gebiedsbeskerming gewy en wat indirek 'n rol kan speel in verlaagde lammeroeste. 73 Vanaf 1960-1963 het die lampersentasie van die populasie toegeneem tot 'n rekord 83 persent. Daarna het 'n afname gevolg en die dalende tendens is op 'n oneweredige wyse voortgesit - blykbaar onafhanklik van die geslagsverhoudingstendense. Dit kan daarop dui dat daar 'n pro- teientekort in die dieet van die ooie teenwoordig is deels as gevolg van die lae grasbedekking. 'n Verdere moontlike oorsaak is die teeltroppe sonder lammers (33% van die totale aantal diere) wat voorkom. Die 9 ramme·wat die 16 ooie van hierdie troppe beheer is waarskynlik onvrug- baar. Ten slotte kan die aandag gevestig word op 'n vooriopige lewenstabel van die bontebokpopulasie in die Park (Tabel 3), gebaseer op gegewens ingewin tussen 1960 en 1973. Op hierdie stadium is daar nog te min feitlike gegewens oor die populasie (bv. geen groeireekse is beskikbaar vir ouderdomsbepalings nie) en daarom is die lewenstabel 'n voor- lopige poging. Dit gee egter 'n aanduiding van die aanwas, mortaliteit, volwasse geslagsverhouding, lampersentasie en die groot totaal van die bontebokke wat per jaar in die Park teenwoordig was vanaf 1960 tot 1973. Wat op hierdie stadium dus nog ontbreek is gegewens insake oor- lewingskurwes, ouderdomspiramides en die rol van omgewings- weerstand versus die reproduktiewe potensiaal van die populasie. VERWYSINGS ANSELL, W. F. H.1971. Order Artiodactyla. In MEESTER,]. en H. W. SETZER (reds.) The Mammals oj Africa - an Identification Manual. Washington D.C.: Smithsonian Institution Press. BARNARD, P.]. en K. VAN DER WALT. 1961. Translocation of the bontebok from Bredasdorp to Swellendam. Koedoe 4: 105-109. BIGALKE, R. 1955. The bontebok with special reference to its history and preservation. Fauna Flora Pretoria 6 :95-115. DAVID,]. H. M. 1973. The behaviour of the bontebok Damaliscus dorcas riorcaJ (Pallas 1766) with special reference to territorial behaviour. Z. Tierpsychol. 33:38-107. DE GRAAFF, G. 1972. Die bontebok-trots van die Suid-westelike Dis- trikte. Custos 1(4):3,5,19,41. GROBLER, P.]. en]. MARAIS 1967. Die plantegroei van die Nasionale Bontebokpark, Swellendam. Koedoe 10: 132-146. HARPER, F. 1945. Extinct and vanishing mammals oj the world. Am. Comm. Int. Wildlife Protn. Special Pub!. No. 12 :850 pp. THERON,]. M. 1967. Geologie van die Bontebokpark, Distrik Swellen- dam. Koedoe 10: 147-148. VAN DER MERWE, N.]. 1968. Die bontebok. Koedoe 11 :161-168. VAN RENSBURG, A. P.]. 1975. Die geskiedenis van die Nasionale Bon- tebokpark, Swellendam. Koedoe 18: 165-190. 74 Page 1 Page 2 Page 3 Page 4 Page 5 Page 6 Page 7 Page 8