FileList Convert a pdf file! Koedoe 19: 181-184 (1976) LEWENSLOOP VAN 'N ROOIHARTBEES- BEVOLKING ALCELAPHUS BUSELAPHUS CAAMA IN DIE BONTEBOK NASIONALE PARK P T VAN DER WALT Ajdeling N atuurbewaring Privaatsak X404 Skukuw 1350 G DE GRAAFF Nasionale Parkeraad Posbus 787 Pretoria 0001 LJ VAN ZYL Bontebok Nasionale Park Posbus 149 Swellendam 6740 Abstract - The life history of a re-introduced red hartebeest Alcelaphus buselaphus caama population in the Bontebok National Park, near Swellendam, is discussed and illustrated. Inleiding Die rooihartbees Alcelaphus buselaphus caama kan beskou word as een van suidelike Afrika se mees aanpasbare boksoorte. Historiese versprei- dingsrekords, soos weergegee deur du Plessis (1969), dui daarop dat die bok vroeer voorgekom het oor die hele Kaapprovinsie, Oranje-Vrystaat, Suidwes-Afrika, Botswana en die westelike dele van Natal en Transvaal. Wyd uiteenlopende plantegroei en klimaatstreke kom in hierdie dele voor wat wissel vanaf 'n droe sanderige woestyn tot sub-humiede gras- veld en boomryke gebiede. Suid van die Oranjerivier word daar vandag slegs enkele geisoleerde populasies aangetref in bewaarde gebiede. Tot onlangs was die Bonte- bok Nasionale Park (BNP), digby Swellendam, een van hierdie gebiede. Hierdie verslag dien as 'n dokumentering van die lewensloop van 'n rooihartbeestrop vanaf hul hervestiging in die BN P (April 1960) tot die verwydering daarvan uit die BNP (1975.05.28). Die redes vir die inbring van diersoorte in nasionale parke asook 'n beskrywing van die geskiedkundige agtergrond van die BNP, word in besonderhede deur Bateman (1961), Penzhorn (1971) en van Rensburg (1975). 181 Resultate en Bespreking 'n Bykans volledige beeld van die bevolkingsamestelling van die rooi- hartbeesindieBNPoordiejare 1961-1975,wordinFig.l uitgebeeld. ...J < ? geslagsverhouding by benadering • Yr~ktes 16 ~manlik 14 • vroulik O kalwers 12 19 !z 8 < < 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 JARE Fig. I. Lewenshistogram van die rooihartbeesbevolking in die Bontebok Nasionale Park vanaf 1961-1975. Gelyktydig met die hervestiging van bontebokke Damaliscus dorcas dorcas in die bestaande BN P gedurende April 1960, het die rooihartbees sy beslag in die Park gekry toe ses kalwers vanuit die Kalahari-gemsbok Nasionale Park losgelaat is. Die aanvangs-geslagverhouding was 20'0':1<:(. . Vanuit Fig. 1 is dit duidelik dat 'n algemene vermeerdering onder die vroulike diere oor die jare ingetree het. Dit het egter nie volgens 'n spesifieke patroon geskied nie wat daarop dui dat die hartbeestrop deurentyd heelwat steurnisse ondervind het wat inderdaad die geval was. Die jaarlikse tropontleidings in Fig. 1 toon tot 'n groot mate aan dat die frekwensie en intensiteit van vrektes op sy hoogste is wanneer daar 'n geslagsverhouding van 1: 1 heers . Dominansiegevegte onder die bulle kom dan dikwels voor wat lei tot vrektes veral onder die jonger diere. Feitlik al die vrektes wat aangetoon word, kan hieraan toegeskryf word. Die trop het vanaf 1962-1975 'n gemiddelde kalfpersentasie van 40% gehandhaaf. Dit stem min of meer ooreen met van die ander boksoorte wat in die BNP aangetref word, soos die eland Taurotragus oryx (41%) en die bontebok (54%). Ten spyte hiervan kon die rooihartbees nie in dieselfde mater as die eland, bontebok en springbok Antidorcas marsupialis oor ' n periode van 15 jaar in 'n lewensvatbare populasie in die BNP ontwikkel nie. 182 Faktore wat moontlik hiertoe aanleiding kon gee is 'n beperkte lewensruimte (oppervlakte van BNP is 2786 hal, 'n te klein aantal van die diere wat aanvanklik hervestig is, en die heersende toestand van die plantegroei in die Park. Die huidige oorwegende onsmaaklike struik- gemeenskap in die BNP, het volgens getuienis (Barrow 1801; Lichten- stein 1811) vroeer bestaan as 'n Grasveld. Die retererende graskom- ponent in die BNP as gevolg van boerderyaktiwiteite in die verlede, kan moontlik tot gevolg gehad het dat die BNP tans meer as 'n marginale verspreidingsgebied beskou kan word vir die rooihartbees. Dit volg daaruit dat die dier primer 'n grasbenutter is. Die vroeere seisoenale benutting deur rooihartbeeste van bepaalde gebiede in die Ruensveld en omgewing waarin die BNP gelee is, het enige voedingstekorte wat mag ontstaan uitgeskakel. In die BNP was die diere beperk tot slegs 'n baie klein gedeelte van hul vroeere verspreidingsgebied. Dit tesame met die reeds genoemde nie-wenslike plantontwikkelingstendense in die Park, het waarskynlik aanleiding gegee tot 'n proteientekort by die diere wat weer sekondere simptome soos 'n lae reproduksie en 'n afname in massa tot gevolg gehad het. Hierdie diere was in grootte en massa heel- wat kleiner as die rooihartbeeste in die Kalahari-gemsbok Nasionale Park, wat nog na willekeur rondbeweeg. Al die bogenoemde beweegredes het gedurende Maart 1975 daartoe gelei dat die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke besluit het om die rooihartbeestrop (40', 49, 2 kalwers) uit die BNP te verwyder. As gevolg van beperkte natuurlike hulpbronne in die BNP, sal prioriteit voortaan verleen word aan die bewaring van bepaalde diersoorte, soos die bontebok, vaalribbok Pelea capreolus en verskeie kleinere antiloop- soorte soos veral die Kaapse grysbok Raphicerus melanotis. Optimum bestaanstoestande sal sover moontlik vir hulle geskep word, veral met behulp van beproefde veldbestuurspraktyke. VERWYSINGS BARROW, J. 1801 . An account of travels into the interior of Southern Africa in the years 1797 and 1798. 1. London: T. Cadell Jun. 8 W. Davies. BATEMAN, J. A. 1961. The mammals occurring in the Bredasdorp and Swellendam districts, C. P., since European settlement. Koedoe 4: 78-100. DU PLESSIS, S. F. 1969. The past and present geographical distribu- tion of the Perissodactyla and Artiodactyla in southern Africa. M.Sc. Thesis, Univ. of Pretoria. LICHTENSTEIN, H. 1811. Reisen in Sudlichen Afrika in der Jahren 1803, 1804, 1805 und 1806. I. Berlin: C. G. Liideritz. PENZHORN, B. L. 1971. A summary of the re-introduction of ungu- lates into South African national parks (to 31 December 1970). Koedoe 14: 145-159. VAN RENSBURG. A. P. J. 1975. Die geskiedenis van die Nasionale Bontebokpark, Swellendam. Koedoe 18: 165-190. 183 Page 1 Page 2 Page 3