FileList Convert a pdf file! Koedoe 19: 185-188(1976) LEWENSLOOP VAN 'N ELANDBEVOLKING TAUROTRAGUS ORYX IN DIE BONTEBOK NASIONALE PARK G DE GRAAFF N asionale P arkeraad Posbus 787 Pretoria 0001 P T VAN DER WALT Ajdeling Natuurbewaring Privaatsak X404 Skukuw 1J50 L J VAN ZYL Bontebok Nasionale Park Posbus 149 Swellendam 6740 Abstract - A description of the life history of an eland popula- tion Taurotragus oryx in the Bontebok National Park, near Swellendam is given. The reasons which led to the eventual removal of the population from the Park are discussed. lnleiding Vanuit historiese gegewens (du Plessis 1969) is dit duidelik dat die eland Taurotragus oryx in die meeste dele van die suidelike Kaapprovinsie voorgekom het. Daar is egter geen aanduidings hoe volop die diere was nie en teen die einde van die agtiende eeu was die spesies reeds skaars in die suid- Kaap. Hierdie proses van getalle-afname het later daartoe gelei dat elande hier beperk was tot beskermde gebiede. Een so 'n gebied was die Bontebok Nasionale Park (BNP), naby Swellendam, waar elande gedurende 1960 hervestig is vanuit die Kalahari-gemsbok Nasionale Park (KGNP) (Penzhorn 1971) om die wildbevolking van die BNP ver- teenwoordigend te laat wees van wat daar vroeer in die geweste voor- gekom het. Die verblyf van die diere in die BNP is op 1975.05.25 kortge- knip as gevolg van redes wat in hierdie verslag omlyn word. 185 Ta u cl I Lt'wt'!) ~tabd van die Elande in die Bontebok .'Jasiuoale Park ,\f wdikediat' Ji rouilkt'dlrr( Aldj .lllar r l J('I/' ll/I('I A/11<11f1i r"{il"" he('n I \'olwas\t' b tl l breck 1l1t't1g lwell I n)h,'a ~,l' koci vr e k 3 b Ui('s gt-' bOH: Augustu s en Oktober "" :-1 1 IH - 2) 16 37 ..... 196 7 1 volw;tsse bul vrek 00 01 4 blfie's g-ebon:' 61 -1 If) 57 1968 3 kalfi t'S )l;t'bon' 22 33 1969 l ouhu[v r ek (fi 9 .07_201 4 ka ltit'~ g ebolt' Julie en Augustus 8': -1 i " I I vnsuip in ill Hret'd t'ri vierl 1(- 1) " SO 1970 3 kalfics geboH' 121- 1\ 16 , Oil koci vrek 2S 1971 2 kalfics gebore " 2(- 1J 12 1(-1) [(-I ) 2S 16 , Ind, 1 yt'rSe vrek 1971 t-.-1ci!i kaltil'~ gd)()rt , I bul \'t'!-k(l ()P De s(,Tllbcr 3 kalfi es \Te k 1 bul \Tek. oucienJolll Dc St' lIl ber 19 71 12(- 3) 5(ยท 3 ) 1:2(-J) 23 41 1 bul geskict vi,- post mort e lll b a ic o uoi erMei 1972 I koc i " rek. o uderdo m 19 73 Pn pll las ie sanl('std li n g 13 29 40 in r"\' o\'cmb cr 1973 1974 I bul en :2 koeie vcrkoop 1 bul c n I koci g(' ski('t vir p. Hl 101-2) 13(-.)) 25 23 2 volwasst' ko eic v rc k 1975 Popuiasic saOle~teJling op 197.'>.05.25 toe al die dand e uit P a rk vCI-wyder i$ ._---~ .---------- Resultate en Bespreking Met die totstandkoming van die nuwe BNP te Swellendam in 1960 (van Rensburg 1975), het die gebied 1 435 ha beslaan en is vier elande (twee jong bulle en twee jong verse) daar hervestig. In 1962 is die eerste kalfles gebore (Tabel 1). In 1963 is die getalle verder versterk deur die inbring van vyf versies, ook vanuit die KGNP. In 1964 is die BNP vergroot tot 2786 ha en met die verloop van jare het die trop aange- groei tot 'n maksimum van 29 individue. Die wel-en-wee van die elande in die BNP word in Tabel 1 weergegee waarin die populasie-struktuur vanaf 1960-1975 verstrek word tesame met gegewens oor reproduksie en mortaliteit. Die elande het deurgaans 'n lae kalfpersentasie van 41% gehandhaaf terwyl hul algemene bouvorm ook veel te wense oorgelaat het. Dit spruit skynbaar vanuit 'n voedingstekort wat aanleiding gee tot sekondere simptome soos 'n lae reproduksie en afname in massa. Hierdie tekort vererger hoe ouer die dier word want dit was deurentyd opvallend dat die .iong elande se kondisie goed is. Dit dui daarop dat die probleem gesentreer het rondom 'n proteientekort wat veroorsaak word deur 'n verlaagde voedselinname hoe ouer die dier word. Dit is bekend (Louw, Steenkamp en Steenkamp 1968) dat die rupro- teieninhoud van smaaklike bossies en struike oor die algemeen hoog is. In die BNP is die plantegroeisamestelling egter van so 'n aard dat daar weinig smaaklike struike en bossies voorkom (de Graaff, van der Wal' en van Zyl 1976) maar heelwat smaaklike grasse. Dit bring mee Jat die clande tog noodwendigerwys gaan peusel aan hierdie bossies tep. einde te pro beer voldoen aan sy proteienbehoeftes. Hierdie genoemde bossies en struike besit deurgaans 'n hoe eterek- strak (Louw et al. 1968). Dit, tesame met die teenwoordigheid va~: - n hoc persentasie harde grasse, lei tot 'n relatief vinnige slytasie van die elande sc tande. Die geslyte gebit van die dier gee weer aanleiding tot 'n ver- laagde inname van smaaklike grasse wat redelik volop in die BNP voor- kom. Aangesien 'n grasblaar primer uit ruvesel bestaan, gee hierdie ver- laagde inname aanleiding tot 'n verlaagde energie omdat ruvesel die belangrikste bron van energie vir enige herkouer uitmaak. Om 'n aanduiding te gee van die rol wat siektes en/of parasiete in die elandpopulasie gespeel het, is die volgende bevindings van 'n veeartseny- kundige ondersoek op 'n ou bul gedurende 1972 van waarde: (i) Die dier was baie maer, moontlik as gevolg van 'n voedingstekort. Geen vetreserwes behalwe om die hart nie. (ii) Behalwe vir 'n paar volwasse Paramphistome (peervormige slakke) was die dier vry van inwendige parasiete. (iii) Eiertellings ten opsigte van wurms in die mis was negatief. (iv) Uitwendige parasiete het hoofsaaklik uit die volgende bosluise be- staan: Rhipicephalus evertsi evertsi Hyalomma turanicum (v) Die bloedwaardes was soos volg: 187 n mg/l 00 Illi g/lOO ml PO, Mg Ca Na K Total e plasma Hb" % Prote'ien HIe' ,~ 1,3 2, 2 10,0 326 20,3 7,4 11,0 32 Die waardes Ie redelik goed behalwe in die fosfate en Ca, asook die Hb-waarde wat moontlik 'n bietjie laag is. ':' Haemoglobin ':' ':' Haemokrit (vi ) Die lewer het die volgende waardes getoon: d.p.m. droee basis Cli Fe Mg K 107 345 618 696 Die waardes blyk normaal te wees. (vii) Die rumen, sowel as die abomasum, het lang stukke veselrige plantegroei bevat wat te wyte is aan die afgeslyte gebit van die dier. Di e velerlei reeds genoemde gebreke wat die elandbevolking in die BNP oor die jare geopenbaar het en ten spyte van voorkomende maat- reels, 500S die verskatEng van mineraallekke, om hul voerinname te stimuleer, het die Raad van Kuratore vir Nasionale Parke gedurende M2art 1975 tot die oortuiging gebring dat die bestaande habitattoestan- de ill die BNP nie bevordelik is vir die welvaart van die eland nie. In hierdie verband het oorwegings ook gegeld soos uitgestippel is in van der Walt, de Graaflen van Zyl (976). VERWYSINGS DE GRAAFF, G., P. T. VAN DER WALT en L. J. VAN ZYL, 1976 . Populasie-samestelling van die bontebok Damaliscus dorcas dorcas in die Bontebok Nasionale Park, gedurendeJanuarie 1974. Koedoe 19: DU PLESSIS, S. F. 1969. The past and present geographical distribution of the Perissodactyla and Artiodactyla in southern Africa. M .Sc. Thesis, Univ. of Pretoria. LOUW , G. N., C. W. P. STEENKAMP en E. L. STEENKAMP. 1968. Chemiese sames telling van die vernaamste plantspesies in die Noorsveld. regn. Med. No. 77 Pretoria: Staatsdrukker. PENZHORN, B. L. 1971. A summary of the re-introduction of ungu- lates into South African National parks (to 31 December 1970) . Koedoe 14: 145-159. VAN DER WALT, P. T., G. DE GRAAFF en L. J. VAN ZYL. 1976. Lewensloop van 'n rooihartbeesbevolking Alcelaphus buselaphus caama in die Bontebok Nasionale Park. Koedoe 19: 181-184. VAN RENSBURG, A. P. J. 1975. Die geskiedenis van die Nasionale Bontebokpark, Swellendam. Koedoe 18: 165-190. 188 Page 1 Page 2 Page 3 Page 4