FileList Convert a pdf file! Koedoe 19: 189-191 (1976) LEWENSLOOP VAN 'N KAAPSE BUFFELBEVOLKING SYNCERUS CAFFER IN DIE BONTEBOK NASIONALE PARK P. T. VAN DER WALT AJdeling Natuurbewaring Privaatsak X404 Skukuw lJSO L. J. VAN ZYL Bontebok Nasionale Park Posbus 149 Swellendam 6740 G DE GRAAFF Nasionale Parkeraad Posbus 787 Pretoria 0001 Abstract - The course of an experiment to re-introduce the Cape buffalo Syncerus caifer in the Bontebok National Park, near Swellendam, is described and illustrated. Inleiding Die historiese verspreiding van die Kaapse buffel Syncerus caifer in suidelike Afrika soos weergegee deur du Plessis (1969), dui daarop dat die dier voorkeur gee aan grasveldgebiede waarbinne bosse en borne volop voorkom. Klimaatstoestande tree skynbaar nie beperkend op in die buffel se verspreiding nie aangesien hy dwarsoor die kontinent vanaf die dorre westelike klimaatsones tot by die subtropiese oostelike kus- stroke voorgekom het. Langs die suidoos Kaapse kusgebied word daar vandag slegs 'n bete- kenisvolle buffelpopulasie, ongeveer 250, aangetref in die Addo-olifant Nasionale Park (AONP) naby Port Elizabeth. In 'n poging om die voortbestaan van die buffel in hierdie dele verder te stabiliseer (Lieben- berg 1963) het die Nasionale Parkeraad gedurende 1963 ses buffels her- vestig in die Bontebok Nasionale Park (BNP), naby Swellendam, vanuit die AONP. Vele faktore het egter daartoe gelei dat die populasie oor 'n 12 jaar periode nie juis kon toeneem in getalle nie. 189 jaar periode nie juis kon toeneem in getalle nie. Hierdie verslag skets kortliks die lewensgang van die buffelbevolking in die BNP tot met die verwydering daarvan uit die BNP gedurende September 1974. ReJuitate en Bespreking Die verloop van 'n eksperiment om 'n diersoort met 'n temperamen- tele geaardheid te hervestig in 'n bewaringsgebied van slegs 2786 ha in omvang en wat gelee is midde in 'n intensief bewerkte graanstreek, word saamgevat in Fig. I . ...J ;! z oC[ oC[ • vrektes 18 ~ manlik 16 II vroulik 14 o kalwers +3 Getal i ngevoer vanuit Addo. 12 10 a 6 .. 2 63 64 65 66 67 68 71 72 JARE Fig. I. Lewenshistogram van die bufTelbevolking in die Bontebok Nasionale Park vanaf 1963-1974. Daar was beide 'n bewarings- en 'n bestuursmotief agter die plasing van die bufTeis in die BNP. Liebenberg (1963) meld dat die diere se vreetgewoontes hopelik sou bydra om die vermeerdering van onsmaak- like grasse, so os die verskillende Pentaschistis spp., stop te sit. Sodoende is gehoop om die gebruik van brand uit te skakel. Du Plessis (J 969) meld dat die BNP op een na die mees suidelike gebied is waar builds voorgekom het - soos blyk vanuit bekende verspreidingsrekords. Reeds kort na die plasing van ses jong buffels in die BNP in 1963, het 'n mate van onrustigheid onder die diere na yore getree. Dit dwing Liebenberg (1963) om aan te beveel dat die tropgrootte aangevul moet word na 10 jong diere - 30'0'en 799, om sodoende 'n "rustige teel- trop" te verseker. Slegs een bul en twee koeie is daarop toegevoeg. Gedurende 1965 is die bevolking aangevul met 'n verdere vyf individue. 190 Eers vroeg in 1966 het die eerste nakomelinge hulle verskyning ge- maak, met 'n eenmalige 100% kalfpersentasie. Sedertdien het 'n relatief lae kalfpersentasie oor die jare voorgekom, naamlik 19%. Dit was skyn- baar nie te wyte aan 'n proteientekort in die diere se dieet nie aangesien hul fisiese kondisie deurgaans daarop gedui het dat omgewingsfaktore soos die heersende klimaat en plantegroei bevorderlik is vir die trop se welsyn. Die geslagsverhoudings was ook altyd taamlik gunstig (Fig. 1), alhoewel dit lyk of die effense getalle-oorwig van die bulle steurings in die paringsaktiwiteite kon teweeggebring het. Die groot aantal vrektes wat daar oor die jare onder die buffels voor- gekom het, kan grotendeels gewyt word aan moontlike gebrek aan lebensraum vir die trop waartydens van die kalwers deur die ouer diere gedood is. Verder het opportunitiese verliese voorgekom tydens hul sporadiese uitbreke uit die BNP sedert 1967. Die kwaai daling in hul getalle gedurende 1971 is tydens een van die laasgenoemde uitbreke aangeteken, aangesien daar tydens die proses van terugplasing van die diere in die Park heelwat verliese voorgekom het. Sedert 1967 het die buffels feitlik jaarliks daarin geslaag om buite die BNP te kom. Dit het hulle vermag om bloot deur die omheining te breek in hul haas om by die aanloklike naburige koringlande te kom. Hulle het verder tydens die tye wat die Breerivier in vloed was, oor die versperring geswem wat deel van die BNP se grens vorm in die suid- westelike hoek. Die eksperiment om die Kaapse buffel te laat bly voortbestaan in die suid-Kaap is dus teen groot koste voortgesit vir 12 jaar. Op 1974.06.28 besluit die Nasionale Parkeraad dat hierdie bewaringspoging vrugteloos was omdat die sukses daarvan onderhewig was aan eksterne faktore soos veral parkgrootte, standaard van omheining en omringende boere- deryaktiwiteite . Die aard van die buffel was dus beperkend op sy voort- bestaan alhier. VERWYSING DU PLESSIS, S. F. 1969. The past and present geographical distribu- tion of the Perissodoctyla and Artiodactyla in southern Africa. M.Sc. Thesis, Univ. of Pretoria. LIEBENBERG, L. C. C. 1963. A memorandum on the place of the buffalo in the Bontebok Park. Unpublished. National Parks Board Meeting, June. 191 Page 1 Page 2 Page 3