FileList Convert a pdf file! Supplement to Koedoe. 1977: 68-78. DIE ERKENNING V AN DIE NOODSAAKLIKHEID VAN NATUURBEWARING TEN OPSIGTE VAN BASIESE GRONDGEBRUIKSBEPLANNING IN DIE REPUBLIEK V AN SUID-AFRIKA J J LA GRANGE Direkteur van Omgewingsaangeleenthede Dept. van 8eplanning en die Omgewing Privaatsak x213 Pretoria 0001 Abstract - The concept of a natural resource is explained and nature conservation as a form of land use is discussed in some de- tail. Special reference is made to the National Physical De- velopment of Planning and the Environment on the role played by nature conservation in basic usage of the soil as planned by the state in the Republic of South Africa. Indien onder die begrip Natuurbewaring verstaan word dat dit die bewaring en gebruik van natuurlike hulpbronne is, dan moet duidelik- heid verkry word oor wat natuurlike hulpbronne presies is. Daar bestaan talle definisies, en ek wil slegs na twee verwys. Chapman (1969) definieer natuurlike hulpbronne, by wyse van opsomming, soos volg: "In the human ecosystem, man assigns utility to various elements of his environment and thus confers upon them the role of resources. Resour- ces then are neither wholly of the physical world nor wholly of the world of man but are the result of the interaction between the two. The environmental elements that man calls upon to serve as resources, and the nature and size of the requirements he places upon them, depend on his numbers, his needs and desires, on his values and skills." Isard, Chogwill, Kissen, Seyforth en Tatlock (1972) definieer natuurlike hulpbronne as " ... those natural conditions and raw materials which man uses to meet his needs and improve his net welfare." In die algemeen moet die mens dan nog een of ander aksie uitvoer om hierdie natuurlike toestande en grondstowwe te verander na werklike goedere en dienste. Andersom gestel, sal iets in die natuur 'n hulpbron word sodra die mens dit benodig en dit kan benut. Hieruit kan afgelei word dat die tipe en benutting van natuurlike hulpbronne 'n funksie is van die mens se vermoe om dit te ontwikkel. Gevolglik sal daar alternatiewe beleidsrigtings vir sodanige ontwikkeling 68 wees aangesien sekeres verkieslik bo ander sal wees. Van die faktore wat hier bepalende roIle kan speel is byvoorbeeld omgewingsfaktore. Benut- ting van natuurlike hulpbronne is 'n vorm van ontwikkeling en die invloede van ontwikkeling veral op die ekologie moet reeds in die beplanningstadium in ag geneem word. Dit is dan uit 'n beplanningsoogpunt dat die natuurlike hulpbronne, soos wat hulle onder die begrip van natuurbewaring verstaan word, in hierdie referaat beskou sal word. Soos hierbo aangetoon, kan feitlik enigiets teoreties as 'n natuurlike hulpbron beskou word. In 'n poging om egter prakties te wees, word vir die doel van hierdie bespreking op die klassifikasie van Isard et al. (1972) gelet. Hiervolgens word natuur- like hulpbronne volgens hul hernubaarheid geklassifiseer ten einde die moontlike invloede van die mens se aktiwiteite op die natuurlike omgewing te verstaan. Hierdie klassifikasie van hernubaarheid (hernu- baarheid kan ook beskou word as potensiaal van vervanging), sluit drie tipes natuurlike hulpbronne in: (i) nie-hernubare hulpbronne - by. fossielbrandstof en mineraalafset- tings, of hulpbronne wat so stadig hernu word dat die hernuwing buite rekening gelaat kan word; (ii) vloeihulpbronne - by. sonlig, wind en getye, en water in die hidrologiese siklus. Hierdie hulpbronne word voortdurend in die natuur voorsien; en (iii) natuurlike hernubare hulpbronne - aIle lewende organismes wat in staat is om te groei en te reproduseer word hierby ingesluit. Hierdie hulpbronne se graad van hernuwing hang af van die fisiese omgewing en die omvang van die voortbrengende voorraad. Die afleiding word dus gemaak dat die natuurlike hernubare hulp- bronne die mees sensitiewe vir veranderinge in die omgewing is en dus die meeste deur fisiese beplanning en ontwikkeling, geraak sal word. Huidige grondgebruik Ridkor (1972) dui aan dat die grondgebruik in sommige lande in 1967 soos volg was: Verenigde State van Amerika Frankryk W es- Dui tsland Verenigde Koninkryk Europa as geheel Suid-Afrika 1 ha per 0,22 persone; 1 ha per 0,81 persone; 1 ha per 2,15 persone; 1 ha per 2,02 persone; 1 ha per 0,82 persone; 1 ha per 0,18 persone of 5,7 ha per persoon. Die posisie in die VSA dui op 'n verdere verdeling van die 4,45 ha per persoon (3,64 ha indien Alaska en Hawaii uitgesluit word) soos volg: 69 0,81 ha vir gewasverbouing; 0,20 ha vir konstruksiewerke soos huise, besighede, paale en open bare installasies; 1,21 ha vir weiding, bosbou en ontspanning; 0,16 ha vir parke, monumente, damme en wildernisgebiede; 0,70 ha vir ontspanningsterreine (bv. staatsbosse); die res van die 4,45 ha per persoon is moeilik om te klassifiseer aangesien dit meerdoelig kan wees . Ongelukkig is direkte vergelykbare statistiek vir die Republiek van Suid-Afrika (RSA) nie beskikbaar nie maar die volgende gegewens vir 1970 is insiggewend (T abel I): TABEL 1 Grondgebruik in die RSA (1970) % van totale oppervlakte Grondgebruik oppervlakte lands- per persoon (ha) oppervlakte (ha) (I ) Bewerk t e Landbougrond 18119000 (a) Jaa rgewasse 12 171 000 (b) Permanente gewasse 862000 14,83 0,85 (c) Aangeplan te wei ding 932000 (d) Ander 4 154000 (2) l\'atuurlike weiding 83 260000 68,19 3,88 (3) Nasionale Parke 2 938 201 2,40 0,14 (4) Ander Natuurreservate 296034 0,25 0,01 (5) Bosbougebiede 1 558,960 1,28 0,07 (6) Beboude G ebiede (Dorpe) 3 237368 ± 2,60 0,15 (7) Ander 12692637 10,39 0,59 Totaal 122 104200 100,00 5,69 (Gegewens volgens Handelinge van Simposium vir Omgewingsbewaring, 1973.) Direkte vergelykbare gegewens vir ander lande is nie beskikbaar nie, maar statistiek vir die VSA in 1969 toon byvoorbeeld dat landbou in die VSA 56,7% van die landsoppervlakte beslaan het teenoor 83,02% in die Republiek van Suid-Afrika. Die probleem As gevolg van beskawingsdruk is ons besig om al hoe vinniger hoer eise aan ons natuurlike hulpbronne of ons omgewing, te stel of om dit selfs te 70 "gebruik". Ons het al hoe meer van ons oop ruimtes nodig vir stadsbou vir groeiende stedelike bevolkings, waarin voorsiening gemaak moet word vir bewoning, werk en ontspanning. Hiervoor het ons klip, sand en beton nodig en daarom 'n gedeelte van ons bodem. Om van ons woonplek tot by ons werkplek of ontspanningsplek te kom, het ons meer ruimte nodig vir paaie, spoorwee en vliegvelde. Al hoe meer natuurlike gebiede word gebruik om voedsel te produseer. Meer bykomende werkgeleenthede word verlang en daarvoor word tot 'n groot mate meer grondstowwe benodig - dus meer grond vir mynbou. Waar mynbou vroeer grootliks onder die grond plaasgevind het, word oopgroefmynbou in 'n toenemende mate toegepas en hierdeur word nog meer bogrond gebruik. Hiervoor word die infrastruktuur van krag, water, en vervoer verhoog en gevolglik vermindering van bruikbare grondoppervlakte. Grond word ook afgestaan vir die doeleindes van ontspanning soos byvoorbeeld om ons damterreine en daar is versoeke vir meer. In bogenoemde gebruike ontstaan daar op sekere plekke so 'n mate van gekonsentreerde afval dat die natuurlike omgewing dit nie kan absorbeer nie. Besoedeling eis gevolglik 'n verdere gedeelte van ons omgewing. Dit is dus duidelik dat die verskillende aansprake op gedeeltes van ons bod em vinnig vermeerder. Daarenteen vermeerder die bodem nie. Ten einde die toedeling van ons beperkte bod em aan die onderskeie behoeftes te maak, is dit nodig om met in ag neming van sekere f~ktore, prioriteite te bepaal en daaruit sekere riglyne vir optrede, neer te Ie - dit word vir die doel van hierdie bespreking grondgebruiksbeplanning genoem. Dit moet in ag geneem word dat daar vroeer genoeg ruimte was vir die behoeftes van elke instansie op sy eie, maar vandag qIoet daar na die aangeleentheid op 'n gekoordineerde grondslag gekyk word. Indien ons verstandig te werk gaan dan sal daar genoeg ruimte vir aIle gebruike wees . Beleid Vir die doel van hierdie bespreking kan die volgende as regeringsbeleid aangehaal word uit African Wildlife (1976): "Die land se hulpbronne is die erfenis van sy mense. Party van ons hulpbronne is beperk en die Regering beskerm hulle teen wanbenutting. Dit is trouens die Regering se plig om te verseker dat sodanige hulpbronne oordeelkundig tot voordeel van die land as 'n geheel gebruik word. Dit is die Regeringsbe- leid om gebiede van besondere natuurskoon of unieke natuurverskynsels of gebiede waar ongewone plant- of diersoorte voorkom, teen wanbenut- ting en omgewingsbesoedeling te beskerm en te verseker dat sodanige gebiede tot voordeel en genot van ons land se mense gebruik word. Die algemene beskouing in Suid-Afrika is om nie teen die mens nie, maar vir die mens te bewaar." Van besondere belang is die beleid ten opsigte van landbougrond (Dept. van Beplanning en die Omgewing 1975a). By geleentheid van die 71 Habitatraad se Konferensie oor Kusgebiede op 3 April 1975, te Durban, het Sy Edele J J Loots, die toenmalige Minister van Beplanning en die Omgewing in sy openingsrede onder andere na die bewaring van landbougrond verwys: "Sonder om daarvan 'n lang storie te maak noem ek vir u dat ek en my Departement, asook die Minister van Landbou en sy hoofamptenare, al meer ernstig bekommerd begin raak het oor die tempo waarteen goeie landbougrond deur ontwikkeling soos dorpstig- ting, mynbou, padbou" en ' n groot aantal ander doeleindes in beslag geneem word. Suid-Afrika het maar altesaam 15% bewerkbare grond, en ons hoe-potensiaal gronde beloop slegs 3,3% van die totaal. Hierdie 3,3% lewer 40% van ons landbouproduksie. My Departement is van plan om in samewerking met die Departe- ment van Landbou, deur middel van die opstel van gids- en streekplanne, hierdie waardevolle en hoe-produserende landbougronde, sover enigsins moontlik , te beskerm en vir landbou te behou. Om ons daarin te help het ons nou 'n besluit van die Kabinet gekry wat: o bevestig dat die behoud van goeie landbougrond 'n saak van na- sionale belang is; odie Departement van Landbou-tegniese Dienste versoek om as 'n saak van voorkeur die goeie gehalte landbougrond te identifiseer; o aan die Departement van Beplanning en die Omgewing opdrag gee, in samewerking met aIle ander ins tansies betrokke by die opstel van gidsplanne en streekplanne, om in aIle beplanning die hoogste prioriteit te verleen aan die behoud van hoe-potensiaallandbougrond vir voedselproduksie." Daar is nog ander voorbeelde van beleid oor bewaring maar by die twee aanhalings kan volstaan word. Wat gedoen word Grondgebruiksbeplanning is 'n konsep wat aktiwiteite van onder andere die volgende staatsdepartemente en ander liggame insluit: Waterwese, Landbou, Bosbou, Vervoer, Verdediging, Mynwese, Bantoe- administrasie en -ontwikkeling, die Nasionale Parkeraad, Elektrisiteits- voorsieningskommissie (EVKOM), die provinsiale administrasies, plaaslike besture, die Meergebiede-ontwikkelingsraad, die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede, en die SA Natuurstigting. Hierdie liggame pleeg dikwels oorleg met die Departement van Beplanning en die Omgewing. Daar is geen wetlike verpligting daarvoor nie. Al hoe meer van die betrokke liggame pak egter hul beplanning op 'n gekoordi- neerde grondslag in medewerking met andere aan. Die volgende gevalle word as voorbeelde genoem van beplanning waar veral ook na natuur- bewaring omgesien word: 72 (i) Departement van Beplanning en die Omgewing Die Nasionale Fisiese Ontwikkelingsplan (NFO), (Dept van Beplanning en die Omgewing, 1975b) Hierdie plan maak oorhoofs voorsiening vir die doeltreffende benutting van die land se beskikbare hulpbronne met inagneming van die bodem- gesteldheid en die bevolkingsverspreiding. Bestaande belange en aansprake op die gebruiksmoontlikhede van beskikbare oppervlaktes word in ag geneem. In die plan word getrag om 'n fisiese raamwerk te skep waarbinne die onderskeie bedrywighede van landbou-, bosbou-, mynbou-, behuisings-, onderwys-, gesondheids-, vervoer-, ontspanning- en ander maatskaplike dienste onderneem kan word. Die NFO bepaal dus riglyne vir optimale aanwending van landsoppervlakte vir effektiewe beplanning deur die onderskeie ins tansies, soos byvoorbeeld natuurbe- wanng. Die Beplanningsadviesraad van die Eerste Minister In opdrag moet die Adviesraad die Eerste Minister adviseer oor waar die mense van ons land teen die jaar 2000 moet woon"werk en ontspan. In sy ad vies aan die Eerste Minister, en die Kabinet, word aandag geskenk aan grondgebruiksbeplanning en natuurbewaring. 'n Groot gedeelte van die Adviesraad se werk word deur Hulpkomitees gedoen. Enkele voorbeelde is: Hulpkomitee vir die Beskikking van Staatsgrond vir Ontspanning en Ander Doeleindes, en by Damterreine (Dept. Vim Beplanning en die Omgewing 1975c) Hierdie komi tee bedien die Ministers van Landbou en Waterwese van advies. Die behoeftes van natuurbewaring ontvang hier die nodige aandag. Hulpkomitee vir die Kusgebied (Dept. van m~planning en die Omgewing 197 5a) Planne word opgestel m.b.t. grondgebruike wat veral aandag vestig op bewaringswaardige gebiede soos riviermonde, strandmere en vleie. Hulpkomitee vir Nasionale Berggebiede (la Grange 1976) Die opdrag aan hierdie komi tee is: (a) om ondersoek in te stel na die bewaring van berggebiede op 'n nasionale grondslag; en (b) om aanbevelings aan die onderskeie ins tansies te maak oor hoe die onderskeie berggebiede op ' n gekoordineerde grondslag benut en bewaar kan word. 73 'n Vroeere verslag oor die grondgebruik in die Drakensbergopvangge- bied in Natal is reeds in 1972 gepubliseer. Ondersoeke oor die bewaring van die Magaliesberg en die Kaapse Skiereiland is tans aan die gang. Hulpkomitee vir Buitelugontspanning (Dept. van Beplanning en die Omgewing 1976a) Aangesien buitelugontspanning en natuurbewaring verband met me- kaar hou, word daar na natuurbewaring in die werksaamhede van hierdie komi tee omgesien. Raad vir die Omgewing (RO) Hierdie Raad is deur die Minister van Beplanning en die Omgewing ingestel en is 'n adviserende en koordinerende liggaam. Die RO wat 'n geskikte forum bied vir die bespreking van natuurbewaring teen die bree agtergrond van grondgebruiksbeplanning, het die volgende ins tansies as lede: Departemente van Beplanning en die Omgewing, Landbou- tegniese Dienste, Bantoe-administrasie en -Ontwikkeling, Gemeen- skapsbou, Bosbou, Gesondheid, Nyw~rheidswese, Arbeid, Mynwese, Nasionale Opvoeding, Vervoer, Waterwese, die vier Provinsiale Admin- istrasies, Administrasie van Suidwes-Afrika, Raad op Atoomkrag, Buro vir Standaarde, Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad, Elektrisi- teitsvoorsieningskommissie, Nasionale Parkeraad, Habitatraad, Geor- ganiseerde Nywerheid, en die Verenigde Munisipale Bestuur. Die Minister van Beplanning en die Omgewing, is voorsitter van die Kabinetskomitee vir die Omgewing waarvan die Ministers van Vervoer, Gesondheid, Landbou, Ekonomiese Sake en Waterwese lede is. Nasionale Komitee vir Natuurbewaring (NAKOR) In NAKOR is die volgende instansies wat met natuurbewaring gemoeid is verteenwoordig: die Departement van Natuurbewaring van die Pro- vinsiale Administrasies en die Administrasie van Suidwes-Afrika, die Nasionale Parkeraad, die Nasionale Botaniese Tuine, die Departemente Bosbou, Waterwese, Landboukrediet en -Grondbesit, Bantoe- administrasie en -Ontwikkeling, Verdediging, Beplanning en die Om- gewing, Vervoer, Landbou-tegniese Dienste, Mynwese, asook die WNNR. Die komitee skakel ten nouste met die Raad vir die Omgewing. Een van die belangrikste huidige take is om 'n nasionale natuurbewa- ringsplan op te stel waarna dan gepoog sal word om hierdie behoeftes in die NFO in te werk. Navorsing Navorsing het 'n belangrike bydrae te make in verband met grondge- bruiksbeplanning. Die RO het die nouste skakeling met die Nasionale Program vir Omgewingsnavorsing. Hierdie program word op advies van die Komitee vir Omgewingswetenskappe, deur die WNNR vir die Departement van Beplanning en die Omgewing asook die Staatsinstan- sies, administreer. Die werk van hierdie Program is van toegepaste aard en hou direkte verband met grondgebruik. BeheermaatreEHs Bo en behalwe die feit dat die Departement die Voorsitters asook die Sekretariaat verskaf vir die Beplanningsadviesraad van die Eerste Minister en die Raad vir die Omgewing, speel dit 'n verdere belangrike rol ten opsigte van grondgebruiksbeplanning deur middel van sekere beheermaatreels. Die belangrikste beheermaatreels wat die Departe- ment op sy eie ten opsigte van grondgebruik het word vervat in die Wet op Omgewingsbeplanning, 1967. Artikel4(1) van die Wet kan soos volg opgesom word: die Minister kan na raadpleging met die Minister van Landbou en die Administrateur van die betrokke provinsie by kennis- gewing in die Staatskoerant grond, wat in daardie kennisgewing vermeld word, vir sekere doeleindes voorbehou. Van die doeleindes wat vir hierdie bespreking ter sake is, is natuurgebiede. In die wet word die begrip 'natuurgebied' soos volg beskryf: '''n gebied wat gebruik sou kan word in belang van en tot voordeel en vir die genot van die publiek in die algemeen en vir die voortplanting, beskerming of behoud van wilde dierelewe, wilde plantegroei of voorwerpe van geologiese, etnologiese, geskiedkundige of ander wetenskaplike belang". Die voorwerpe wat in hierdie beskrywing van natuurgebiede genoem word, kan vir praktiese doeleindes biologies en nie-biologies ingedeel word. Oor die biologiese gedeelte, dit wil se ". . . voortplanting, beskerming of behoud van wilde dierelewe, wilde plantegroei ... " word die Departement ook deur die RO en NAKOR van advies bedien. Vir die tweede gedeelte naamlik " ... voorwerpe van geologiese, etnologiese, geskiedkundige of ander wetenskaplike belang", het die RO 'n werkgroep ingestel waarin die betrokke ins tansies verteenwoordig is. Dit word beklemtoon dat die nouste samewerking met die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede bestaan. Gevolglik kan die Departement in oorlegpleging met die Minister van Landbou en die betrokke Administrateur, in sekere gevalle 'n gebied as 'n natuurgebied voorbehou. In wese beteken dit dat die eienaar van sodanige gebied met sy bestaande gebruik van die gebied kan voortgaan maar indien hy die gebruik sal wil verander, dan kan dit net vir 'n natuurgebied wees. Hierdie saak kan sy direkte toepassing in bergge- biede vind. Die Departement kan ook langs 'n ander weg beheer uitoefen oor grondgebruik, en vir die doel van hierdie konferensie dus ook oor grondgebruik in berggebiede. Die hele RSA, uitgesonderd grond wat in 'n regsgebied van 'n plaaslike owerheid voorkom waar 'n beplanning- 75 skema bestaan, ofwat in Bantoegebied gelee is, is in terme van Artikel5 van bogenoemde Wet, op 5 Oktober 1973 as 'n beheerde gebied verklaar vir die doeleindes van die verandering in gebruik van grond. Voor hierdie datum was daar reeds 'n aantal beheerde gebiede waar dieselfde beheer gegeld het. Dit beteken dat as grond vir 'n ander doel gebruik wil word as die doel waarvoor dit gebruik was op die datum van beheerd- verklaring (dit beteken verskillende datums afhangende van die datum van beheerdverklaring van die gebied) dan moet die applikant vir sodanige verandering toestemming van die Departement verkry. Voor- beelde is sake-ondernemings soos winkels, restaurante, padkafees, vul- stasies en slaghuise. Beheer in sulke gebiede word kragtens Artikel 6(1)(c) van die Wet uitgeoefen . Die Departement kon ook op 'n derde manier beheer oor verandering van grondgebruik uitoefen. Ingevolge 'n wysiging van bogenoemde Wet (ArtikeI6B( I)), kan die Departement nou ook beheer uitoefen oor groewe onder andere van klip, klei, sand, gruis en grond vir byvoorbeeld steenmakerye, gruis vir konstruksiewerk (ander dan paaie en spoorwee) en bogronds vir grasperke. Ingevolge Artikel6B(2) kan die Departement nou ook na raadpleging met die Departement van Mynwese, beheer uitoefen oor mineraalver- werkingsaanlegte soos byvoorbeeld steenkoolwassery, sandwassery, smelterye van byvoorbeeld grond, koper, yster en chroom. Die bepalings van Artikel 6B(1) en (2) is geldig op enige plek in die Republiek van Suid-Afrika. Die Departement het geen beheer oor die verandering van grondge- bruik vir mynbou as sodanig nie. Onder Artikel 6(2) (d) van die Wet op Omgewingsbeplanning, 1967, oefen die Departement egter wel beheer uit oor die verandering van grondgebruik vir behuising en sake- ondernemings by myne. Gidsplanne Gidsplanne kan vir beide stedelike en omstedelike gebiede opgestel word. Die prosedure vir die opstel van 'n gidsplan deur 'n gidsplankom- itee, en die goedkeuring daarvan al dan nie, deur die Minister van Beplanning en die Omgewing, word uiteengesit in die Wet op Omge- wingsbeplanning, 1967. Wysigings tot 'n goedgekeurde gidsplan, of die terugtrekking daarvan, kan net bewerkstellig word deur die hele prose- dure soos vir die opstel van die gidsplan te herhaal. Enige belangstel- lende persoon kan voorstelle vir insluiting in 'n gidsplan maak. Kortliks saamgevat word in so 'n gidsplan die toekomstige ontwikkelingsbehoef- tes en grondgebruik in die gidsplangebied aangedui. Ander planne wat reeds voltooi is of byna voltooi is, maar nie volgens die voorskrifte van die Wet opgestel is nie en dus nie statutere dokumente is nie, word genoem "Riglyne vir T oekomstige Ontwikke- ling." 76 (ii) Ander instansies Enkele voorbeelde van wat ander ins tansies doen betreffende natuurbe- waring in hul grondgebruiksbeplanning is : Departement van Waterwese deur middel van sy Drakensbergprojek-Omgewingskomitee (Dept. van Beplanning en die Omgewing 1974):- Hierdie Komitee het aan die Departement van Waterwese en EVKOM advies gelewer oor stappe om die onge- wenste effekte van die tweede fase van die Tugela-Vaal Staatswa- terprojek en die Drakensbergpompopgaar-ontwikkeling soos in die Witpapier WPR-'74 beskryf, te voorkom of te verminder. Die Departement van Waterwese het verder 'n Komitee vir Ondersoek van die Ekologie van die Umfolozirivier ingestel (Dept. van Be- planning en die Omgewing 1975a) in verband met die keuse van ' n beoogde damterrein in die U mfolozirivier. Die D epartement van Mynwese:- 'n Werkskomitee ingestel om hom te advis ee r oor gebiede vir mynbou aan die Zoeloelandse Kus asook die nodige voorsorgmaatreels vir behoud of die herstel van die natuurlik e omgewing tydens mynbou-aktiwiteite . Voorts het die Departement van Mynwese 'n komitee ingestel om hom te ad vi seer in verband met oopgroefmynbou (Dept. van Beplanning en die Omgewing 1976b) en veral oor die inslag wat sodanige mynbou op landbou- grond sal he. Siot-opmerkings Ons bodem is nie groot genoeg vir ongekoordineerde gebruiksaansprake nie . Instansies wat met gesag daartoe belas is, moet met die toedeling van die bodem die volgende faktore by besluitnemings in oorweging neem : ekologiese, kultuur-historiese, estetiese, politi eke, tegniese, eko- nomiese, sosiale, en die wetlike. Die bepaling van watter gewig aan elke faktor toegeken moet word, is debatteerbaar. VERWYSINGS ANON , 1976. Ons stem saam! Hoe Iyk dit met sames melting? Afr. Wildlife 30( I) : 41-43. CHAPMAN , J D 1969. Interactions between M a n and hi s Resources. In : Resources and Man. DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING , 1974. OmgewinglEn vironment RSA Oktober. DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING, 197 5a . Omgewingl Environm ent RSA M ei. DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING , 1975b. Nasionale Fisiese Ontwikkelingsplan. DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING , 1975c. OmgewinglEnvironment RSA Juli e. DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING , 1976a. Omgewingl Environment RSA Junie. 77 DEPT. VAN BEPLANNING EN DIE OMGEWING, 1976b. Omgewing/Environment RSA April. ISARD, W C , L CHOGWILL,] KISS IN , R H SEYFORTH and R TATLOCK, 1972. Ecologic-Economic Ana(ysis for R egional Development LA GRANGE,]] 1976 . Bergamgewings van Suid-Afrika: die ra1 van die Departement va n Beplanning en die amgewing. Kanferensie van die Habitatraad. RIDGOR, R C 1972. Resource and environmental consequences of population growth in the United States. 78 Page 1 Page 2 Page 3 Page 4 Page 5 Page 6 Page 7 Page 8 Page 9 Page 10 Page 11