Requests for copies should beaddressed to:TGroenewald,Technikon SA, Private Bag X6, Florida,1710 DIE EVALUERING VAN ’N ONTWIKKELINGSPROGRAM GERIG OP WERKNEMERS SE LOKUS VAN BEHEER DA ELS LH LINDE Vakgroep: Bedryf- en Personeelsielkunde, PU vir CHO,Vanderbijlpark S ROTHMANN Program in Bedryf- en Personeelsielkunde, PU vir CHO, Potchefstroom ABSTRACT Human resource development should provide for the development of an internal locus of control and autonomous behaviour, as well as for the overcoming of external control.The aim of this research was to determine the e¡ect of a development programme aimed at the locus of control of employees in a ¢nancial institution. A two-group design with a pre-, post- and post-post-measurement was used to evaluate the programme. Twenty-eight employees were allocated randomly to either an experimental or a control group. The development programme contributed to a signi¢cant increase in the internal locus of control and autonomous behaviour of the experimental group (compared with the control group) immediately following the development programme and three months after the completion thereof. OPSOMMING Menslikehulpbron-ontwikkeling behoort voorsiening te maak vir die aanleer van ’n interne lokus van beheer en outonome optrede asook die a£eer van eksterne beheer. Die doelstelling van hierdie navorsing was om die uit- werking te bepaal van ’n ontwikkelingsprogram wat op werknemers in ’n ¢nansie« le instelling se lokus van beheer gerig was.’nTweegroepntwerp met’nvoor-, na- en na-nameting is gebruikom die e¡ek van die¤ program te evalueer. Agt en twintig werknemers is ewekansig aan ’n eksperimentele en kontrolegroep toegewys. Die ontwikkelings- program het daartoe bygedra dat die eksperimentele groep (vergeleke met die kontrolegroep) se interne lokus van beheer en outonome optrede direk na a£oop van die ontwikkelingsprogram en drie maande na die voltooiing daar- van beduidend toegeneem het. SYNOPSIS The dynamic environment in which organisations ¢nd themselves re- quires that employees should have an internal locus of control and auto- nomy in order to maintain realistic expectations from the work environment, cope with stress, experience job satisfaction and perform in their jobs.The construct of locus of control was developed by Rotter (1966) and is described as the extent to which individuals feel that they playa causativerole inevents intheirlives. Individuals withaninternal locus of control attribute positive and/or negative events to their own ac- tions. An external locus of control means that positive and/or negative events are regarded as unrelated to own behaviour and therefore beyond personal control. Previousresearch (e.g. Day & Matthes,1992; Shechtman, Gilat, Fos& Flasher,1996) showed that training could in£uencean individual’s locus of control.The objective of thisresearch was to determine the impact of a development programme on the locus of control of employees within a ¢nancial institution. The literature (e.g. Cilliers & Wissing,1993; Rothmann & Sieberhagen, 1997)indicatedthatmethodsdirectedatfacilitatingself-actualisationarein- strumental in stimulating an internal locus of control and autonomy.The development of self-insight (through individual counselling or a growth group) often leads to the identi¢cation of a gap in skills.Various forms of skills training are related to the stimulation of an internal locus of control (James, Charlton, Leo & Indoe,1991). If skills in problem solving, conflict management, communication and assertive behaviour are learned, the in- dividual experiences more autonomyand internal control in situations. Atwo-groupdesign(thepre-andpost-testcontrolgroupdesign)wasusedto evaluate the development programme (Huysamen,1993). A post-post-test was used to assess the lasting e¡ect of the programme.The development programme was compiled based on techniques, methods and personality theories from the behaviouristic, humanistic and psycho-analytical para- digms.The training programme comprised the following components: * Individual counselling sessions.The purpose of the individual coun- selling sessions was to create a climate of trust and openness and to o¡er participants the opportunity to think about their self-de- velopment. * Growth group.Two days of the development programme were presen- ted in the form of a growth group experience, and more speci¢cally an encounter group (Rogers,1974). * Skills development.The skills development component of the pro- gramme was presented over two days and focused on assertiveness, interpersonal skills, con£ict management and problem solving. The sample was drawn randomly from a ¢nancial institution and inclu- ded 28 individuals. These individuals were randomly assigned to the experimental group (n = 14) and the control group (n = 14).The Locus of Control Inventory (Schepers, 1995) and an interview were used to determine the e¡ect of the development programme. With regard to the comparison of the pre- and post-tests, the results sho- wedthatthedevelopmentprogrammecontributedtoasigni¢cantincrease in the internal locus of control and autonomy of the experimental group (compared with the control group). At the post-post-test (compared with the pre-test) the experimental group (compared with the control group) still showed a signi¢cant increase in an internal locus of control and au- tonomy.The development programme had no statistical signi¢cant im- pact on the external locus of control of the experimental group (compared with the control group).This could be attributed to the e¡ect of the work environment on participants. Die dinamiese omgewing waarbinne organisasies in Suid-Afri- ka funksioneer, vereis dat werknemers ’n interne lokus van be- heer en outonomie sal openbaar ten einde realistiese verwagtinge van die werksomgewing te koester (Moerdyk, 1986), stres te hanteer (Edwards,1992), werkstevredenheid te er- vaar (Rothmann & Agathagelou, 2000; Spector,1986) en te pres- teer (Adams, Adams, Rice & Insterve, 1985). Lokus van beheer verwys na die mate waarin individue glo dat hulle gebeure in hul lewens kan beheer (interne lokus van beheer) of glo dat an- der invloedryke persone in die omgewingen die noodlot gebeu- re beheer (eksterne lokus van beheer) (Rotter,1966). Daar is al aangetoon dat persone met ’n interne lokus van be- heer meer suksesvol is in persoonlike verhoudinge as diegene met ’n eksterne lokus (Mayer & Sutton, 1996).Volgens Spec- tor (1982) is persone met ’n interne lokus van beheer op hul- self aangewys vir beheer, terwyl persone met ’n eksterne Journal of Industrial Psychology, 2001, 27(3), 24-29 Tydskrif vir Bedryfsielkunde, 2001, 27(3), 24-29 24 lokus van beheer afhanklik is van faktore buite hulself soos toesighouers of organisasiebeleid en -ree« ls vir beheer. Moer- dyk (1986) wys daarop dat daar ’n duidelike korrelasie bestaan tussen’n eksterne lokus van beheer aan die een kant, en passi- witeit, stadige besluitneming en onrealistiese verwagtinge van die werksomgewing aan die ander kant. Volgens De Brabander en Hellemans (1996) ervaar individue met ’n eksterne lokus van beheer gevoelens van magteloosheid en vervreemding van die self en vermy hulle uitdagings. Hier- die individue ervaar meer geestes- en ¢sieke siektes vanwee« hul relatief hoe« spanningsvlakke (Edwards,1992). Passiewe en afhanklike gedrag is ook aansienlik laer as wanneer ’n persoon se lokus van beheer intern eerder as ekstern gesetel is (Van den Berg, 1988).Werknemers wat oor ’n interne lokus van beheer beskik, behoort meer verantwoordelikheid vir hulle werksge- drag te aanvaar, wat aanleiding kan gee tot beter werkspresta- sie (Adams et al.,1985). Bogenoemde bevindings beklemtoon die noodsaaklikheid van die ontwikkeling van’n interne lokus van beheer en outo- nomie ter bevordering van individuele motivering en organi- sasie-e¡ektiwiteit. Hierdeur word die werknemers ontwikkel tot die aanvaarding van eie verantwoordelikhede en die a£eer van ’n neiging om die oorsaak van probleme buite hulself te soek. Day en Matthes (1992), Shechtman et al. (1996) en Olivier en Rothmann (1999) se navorsingbevestigdat’n individu se lokus van beheer wel deur middel van opleiding be|«nvloed kan word. Die afwesigheidvan’n na-nameting in Olivier en Roth- mann (1999) se navorsing bring egter mee dat die permanensie van veranderinge ten opsigte van lokus van beheer in hul na- vorsing nie bepaal kon word nie. Die doelstelling van hierdie navorsing was om die uitwerking van ’n ontwikkelingsprogram op die lokus van beheer van werknemers binne’n ¢nansie« le instelling te bepaal. Lokus van beheer Die konstruk lokus van beheer het vanuit die sosiale leerteorie (Rotter,1966) en attribusieteorie (Heider,1958) ontwikkel. Die sosiale leerteorie gaan van die standpunt uit dat versterking van gedrag tot’nverhoging vanverwagting lei en dat bepaalde gedragof ’n spesi¢eke gebeurtenis in die toekoms deur daardie versterking gevolg sal word (Rotter, Chance & Phares, 1972). Die potensiaal vir gedrag om plaas te vind, hou verband met die verwagting dat die gedrag tot ’n besondere versterking sal lei, en dat die individu aan die besondere versterking waarde heg (Coetzer & Schepers,1997). Wat die ontwikkeling van ’n interne lokus van beheer betref, het Meichenbaum en Goodman (1971) bevind dat die toe- voeging van eksplisiete sel¢nstruksie by modelleringsteg- nieke ’n beduidende gedragsverandering en beter prestasie meebring omdat die individue ’n gevoel van interne beheer ontwikkel. Hazareesing en Bielawski (1991) het bevind dat daar ’n beduidende verband bestaan tussen kognitiewe self- instruksie gekombineer met didaktiese vaardigheidspleiding en die ontwikkeling van’n interne lokus van beheer. Volgens Heider (1958) is die attribusieteorie gemoeid met die wyse waarop die individu inligting vanuit sy/haar omgewing benut om oorsaaklike verduidelikings vir gebeurtenisse te bied. Hierdie teorie maak dit moontlik om tydens opleidings- geleenthede op die individu se metode van inligtingver- werking te fokus ten einde sy/haar attribute en gevoel van beheer te be|«nvloed.Tydens berading kan die individu bewus gemaak word van sy/haar eie attribute (bv. selfkonsep) en die uitwerking wat dit op sy/haar interne of eksterne lokus van beheer het. In hierdie opsig behoort opleiding op kognitiewe sel¢nsig en verbetering van die selfkonsep te fokus. Die analitiese teorie (Jung, 1971) fokus op die opponerende subsisteme (houdings en funksies) binne die mens. ’n Balans tussen hierdie polariteite en die oorgang van uiterlik gerigte aanpassing tot innerlik gerigte aanpassing kan tot ’n gevoel van beheer oor die self en die eksterne omgewing lei (Meyer, Moore & Viljoen,1988). Die teorie van Jung (1971) bring indi- viduasie met die ervaring van interne beheer in verband. Indi- viduasie behels nie slegs die aanvanklike ontwikkeling van die dominante houding (ekstroversie of introversie) en funksies (gewaarwording, intu|« sie, oordeel of persepsie) van’n individu nie, maar behels ook die bewuswording van die niedominante houding (ekstroversie of introversie) en funksies (gewaar- wording, intu|« sie, oordeel of persepsie) wat tot beter aan- passing en verhoudings lei (Day & Matthes, 1992). Bloot- stelling aan’n groeigroep vergemaklik individuasie omdat in- dividue daardeur aangemoedig word om hulle nie-dominante houding en funksies te ervaar deur die voortdurende terug- voer van ander. Die bewuswording van blinde kolle in die psi- ge lei tot selfbewustheid en’n gevoel van interne beheer (Day & Matthes,1992; Diamond & Shapiro,1973). Die persoongesentreerde teorie van Rogers (1980) bied ’n struktuur vir individuele en groepsberading gerig op die sti- mulering van’n interne lokus van beheer. Hiervolgens beweeg die individuweg van die idee om te leef volgens die standaarde van ander tot die siening van hom-/haarself as ’n selfgerigte persoon met standaarde en waardes wat uit eie ervaringe ge- formuleer is (Rogers, 1970, 1973). Rothmann, Sieberhagen en Cilliers (1998) het bevind dat individue as gevolg van die toe- passing van die metodiek van die¤ teorie in ’n opleidingspro- gram meer selfverantwoordelikheid aanvaar het. Aansluitend hierby het Cilliers enWissing (1993) bevind dat ’n ontwikkel- ingsrogram in sensitiewe relasievorming bygedra het tot die ontwikkeling van’n interne lokus van beheer. Verskeie vorme van vaardigheidspleiding word met die stimu- lering van ’n interne lokus van beheer in verband gebring. Nurco et al. (1995) het bevind dat opleiding in e¡ektiewe probleemoplossing, kommunikasie, selfhandhawing en stres- hantering daartoe bygedra het dat respondente groter interne beheer ontwikkel het.Volgens Johnson en Johnson (1991) het blootstelling aan ’n program wat gefokus het op selfpersepsie (in ontmoetingsgroepe), die aanleer van selfhandhawing, beroepsaardighede en onafhanklikheid en die bou van gesins- verhoudinge ’n beduidende verbetering in die rigting van ’n interne lokus van beheer teweeggebring. Shechtman et al. (1996) het bevind dat’n opleidingsprogramwat op probleemo- plossings- en kon£ikanteringsvaardighede asook groepsbera- ding gefokus het, bygedra tot die ontwikkeling van’n interne lokus van beheer. Die aanleer van e¡ektiewe kon£ikanterings- vaardighede in samehang met sosiale ondersteuning is deur Zhang (1994) met ’n interne lokus van beheer en ’n beter self- konsep in verband gebring. Stirling en Reid (1992) het ’n opleidingsprogram ontwikkel wat op deelnemende beheer gefokus het ten einde’n groter in- terne beheer by die deelnemers te stimuleer. Die inhoud van hierdie opleidingsprogramwas op die aanleer van vaardighede soos sensitiwiteit, doelwitstelling, kommunikasie, pro- bleemoplossing, die insameling van inligting en die inter- pretasie van gedrag gerig. Die resultate het getoon dat opleiding in hierdie genoemde vaardighede tot interne beheer gelei het. Die ontwikkeling van sel¢nsig lei dikwels tot die identi¢se- ring van gebrekkige eie vaardighede. Indien vaardighede ten opsigte van probleemoplossing, kon£ikhantering, kommuni- kasie en selfhandhawing aangeleer word, ervaar die individu outonomie en interne beheer in situasies. Dit is dus sinvol om vaardigheidsopleiding met individuele en/of groepsberading te integreer. Individuele berading, gevolg deur intensiewe groeigroepervaring met gepaardgaande vaardigheidsoplei- ding en aktiewe deelname van die deelnemers, sal waarskynlik tot interne beheer lei (Jorgensen & Rothmann, 1998). Laasge- noemde bevinding word bevestig deur Olivier en Rothmann (1999) se bevinding dat ’n selfontwikkelingsrogram daartoe bygedra het dat deelnemers meer selfvertroue en groter self- aanvaarding, outonomie en ’n interne lokus van beheer ont- wikkel het. 25ELS, LINDE, ROTHMANN TABEL 1 DIE INHOUD VAN DIE ONTWIKKELINGSPROGRAM DAG AANTAL URE AKTIWITEIT 1 8 ure Groeigroep 2 8 ure Groeigroep 3 60 minute Terugvoer oor die verloop van die groeigroep 3 15 minute Groepsbespreking oor die inhoud van die handleiding 3 20 minute Videovertoning: Eksterne lokus van beheer 3 40 minute Groepsbespreking: Eksterne lokus van beheer 3 30 minute Videovertoning: Interne lokus van beheer 3 40 minute Groepsbespreking: Interne lokus van beheer 3 50 minute Groepsbespreking: Organisasiefaktore wat lokus van beheer be|«nvloed 3 120 minute Myers Briggs Type Indicator Terugvoer 4 120 minute Integrasie van persoonlikheidstipes en lokus van beheer 4 40 minute Kommunikasie en rolspel 4 45 minute Hantering van kon£ik en rolspel 4 60 minute Groeigroep oordrag van leer METODE Navorsingsontwerp ’nTweegroepontwerp met ’n voor-, na- en na-nameting is ge- bruik. Dit is die voormeting-nameting-kontrolegroepont- werp (Huysamen, 1993). Die doel met hierdie ontwerp was om te bepaal wat die e¡ek van die onafhanklike veranderlike (die ontwikkelingsprogram) op die afhanklike veranderlike (lokus van beheer van die groep) is. Alhoewel ’n Solomon- viergroepontwerp meer gepas sou gewees het (omdat ’n twee- groepontwerp nie die e¡ek van die toets-hertoets skei van die e¡ek van die ingreep nie) (Spector, 1981), was dit prakties on- moontlik om eersgenoemde in hierdie ondersoek te gebruik. Ondersoekgroep Die ondersoekgroep (n = 28) is ewekansig uit boedel- beredderaars en trustbeamptes van ’n ¢nansie« le instelling ge- trek. Twee takke (N = 128) van die ¢nansie« le instelling is betrek om aan die ontwikkelingsprogram deel te neem. Al die lede in die ondersoekgroep is op dieselfde posvlak en doen gelykwaardige werk. Die eksperimentele groep het drie swart en 11 wit mense (sewe vroue en sewe mans) ingesluit, terwyl die kontrolegroep uit vier swart mense en 10 wit mense (ses vroue en agt mans) bestaan het. Ontwikkelingsprogram Die program is aan deelnemers voorgehou as ’n selfontwikke- lingsprogram. In geen stadium is ge|«mpliseer dat die ontwik- kelingsprogram op hul lokus van beheer gerig was nie. Die ontwikkelingsprogram het uit die volgende komponente be- staan: * Individuele gesprekke. Die doel van die individuele ge- sprekke (wat ongeveer 30 minute elk geduur het) was om’n klimaat van vertroue en openheid te skep. Altesaam sewe uur is aan hierdie gesprekke bestee. * Groeigroep. Die eerste twee dae van die ontwikkelings- program is in die vorm van ’n groeigroep aangebied. Die doel hiervan was om aan deelnemers se intra- en interper- soonlike bewustheid deur middel van ervaringsleer in die hier-en-nou aan te wakker. In hierdie navorsing is ’n ont- moetingsgroep (Rogers, 1970) gebruik. Die groeigroep- ervaring het 16 uur geduur, waarvan een uur aan aanvangsessies, 12 uur aan groepsessies en drie uur aan tee- en etenstye bestee is. Laasgenoemde word gemeld omdat be- tekenisolle interaksie tussen deelnemers tydens tee- en eten- stye voorgekom het. * Terugvoer en vaardigheidsopleiding. Met die aanvang van die derde dag is die verloop van die groeigroep met deel- nemers bespreek. Hierna is die konstruk lokus van beheer en persoonlikheidstipes aan deelnemers voorgehou (kykTabel1). Die konstruk lokus van beheer, die faktore wat ’n eksterne of interne lokus van beheer kan aanhelp en die deelnemers se rol hierin is bespreek. Deelnemers het terugvoergekryoor hul in- dividuele persoonlikheidstipe volgens die Myers BriggsType Indicator (MBTI) (Myers, McCaully, Quenck & Hammer, 1998). Vervolgens is aandag geskenk aan die ontwikkeling van interpersoonlike vaardighede en kon£ikhanterings- aardighede. Die vaardigheidsopleiding het15,25 uur geduur. Meetinstrumente Die Lokus van Beheer-vraelys (LVB) (Schepers, 1995) is gebruik om die uitwerking van die ontwikkelingsprogram op deel- nemers se lokus van beheer te bepaal. Die drie skale se betrou- baarheid is hoe« r as 0,80. Betekenisvolle korrelasies met verskeie meetinstrumente bevestig die konstrukgeldigheid van die vraelys. Schepers (1995) bevind dat die LVB met ’n saamgestel- de kriterium van werksukses korreleer (r = 0,62) (Both-ma & Schepers,1997). In die tweede fase van die empiriese ondersoek is ’n kwa- litatiewe data-insamelingsetode, naamlik persoonlike onder- houde, gebaseer op die fenomenologiese metode, vir die meting van deelnemers se ervaring van die uitwerking van die ontwikkelingsprogram gebruik (Jones, Moore & Snyders, 1988). Die onderhoude was niedirektief, en is gevoer aan die hand van die sentrale vraag: ‘‘Wat was die e¡ek van die ont- wikkelingsprogram op u?’’ Die vraag is telkens gevra en is kortliks aan elke deelnemer verduidelik. Die gesprek het plaasgevind in’n goed geventileerde lokaal met voldoende be- ligting. Die lokaal was toegerus met gemakstoele en ’n band- opnemer wat (met die deelnemer se toestemming) aangeskakel is sodra die gesprek begin het. Bandopnames is gebruik om seker te maak dat geen inligting verlore gaan nie (Omery, 1983). Elke deelnemer is op sy/haar gemak gestel so- dra hy/sy vir die onderhoud aangemeld het. Niedirektiewe ge- sprekvoeringstegnieke soos aandaggewende lyftaal, re£eksie, opheldering, minimale aanmoediging en stiltes is gebruik om die deelnemer te help om sy/haar ervaring mee te deel (Meulenberg-Buskens,1989). Die betroubaarheid van die inhoudsontleding is bevorder deur die kodering wat deur die navorser en twee onafhanklike siel- kundiges gedoen is. ’n Literatuurkontrole is uitgevoer deur soortgelyke navorsing te ondersoek om gemeenskaplikhede en uniekhede van die huidige navorsing uit te lig (Krefting,1991). Psigoloe« (met agtergrond ten opsigte van navorsingsetodiek) is gevra om die navorsingsplan en toepassing daarvan na te gaan. Die navorser het gepoog om geldigheid te bevorder deur vol- doende tyd met elke deelnemer te bestee sodat rapport gevestig kon word en laasgenoemde aan sy teenwoordigheid gewoond kon raak. Sosiaal gewenste response is verminder deur van ge- sprekvoeringstegnieke gebruik te maak. Herfrasering en her- haling van vrae is gebruik om te help om geloofwaardige inligting te verkry (Krefting,1991). Data-ontleding Die statistiese ontledings is met behulp van die Statistica-pro- gram (Statsoft Inc.,1995) gedoen. Die Mann-Whitney U-toets is gebruik om die beduidendheid van verskille tussen die ver- anderinge in die eksperimentele en kontrolegroep te bepaal. Die interpretasie van die resultate van die¤ van die t-toets vir onafhanklike groepe, behalwe dat die U-toets op grond van die som van rangordes eerder as rekenkundige gemiddeldes bepaal word. Die statistiese beslissingskriterium is op die vlak van � = 0,05 gestel. Indien die resultate statisties beduidend was, is die praktiese betekenisvolheid daarvan ook bereken. Vir verskille tussen gemiddeldes is praktiese betekenisvolheid op d = 0,50 (medium e¡ek, Cohen,1988) gestel. Die praktiese betekenisvolheid (d) ten opsigte van die verge- lyking van die eksperimentele en kontrolegroep word weer- gegee deur die volgende simbole (Steyn,1999): d= (X̂E ^ X̂K)/SMaks waar X̂E = die rekenkundige gemiddelde van die verskil tussen die voor-, na- en na-nametings van die eksperimentele groep, X̂E = die rekenkundige gemiddelde van die verskil tussen die voor-, na- en na-nametings van die kontrolegroep, en SMaks = die maksimum standaardafwyking tussen die ek- sperimentele en kontrolegroep. Die bandopnames van die onderhoud is woordeliks deur die WERKNEMERS SE LOKUS VAN BEHEER26 TABEL 2 VERSKILLE TUSSEN DIE VOOR EN NAMETINGS VAN DIE EKSPERIMENTELE (EG) EN KONTROLEGROEP (KG) TEN OPSIGTE VAN DIE LVB Item EG KG p d X̂ - s- X̂ - s- verskil verskil verskil verskil Voor- en nameting Eksterne Beheer -1,21 2,48 -0,07 1,94 0,15 - Interne Beheer 1,78 2,00 -0,71 2,39 0,01* 0,89++ Outonomie 1,21 1,47 -0,28 1,85 0,03* 0,72+ Na- en na-nameting Eksterne Beheer -0,29 3,00 -0,21 1,31 0,60 - Interne Beheer -0,71 1,85 -0,50 1,87 0,67 - Outonomie 0,00 1,35 0,07 1,14 0,70 - Voor- en na-nameting Eksterne Beheer -0,29 2,99 -0,35 2,16 0,88 - Interne Beheer 1,07 2,78 -1,14 3,13 0,04* 0,71+ Outonomie 1,21 1,25 -0,21 1,62 0,02* 0,87++ * Verskil is statisties beduidend: p � 0,05. + Verskil is prakties betekenisvol: d � 0,50 (medium e¡ek). ++ Verskil is prakties betekenisvol: d � 0,80 (groot e¡ek). TABEL 3 DIE KWALITATIEWE RESULTATE VAN DIE ONTWIKKELINGSPROGRAM Dimensie Aantal Rangorde 1. Intrapersoonlike groei * Selfhandhawing 5 6 * Selfbewustheid 7 1,5 * Insig in die self 6 3,5 2. Interpersoonlike e¡ektiwiteit * Bewustheid van interpersoonlike verskille 5 6 * Interpersoonlike begrip 6 3,5 * Interpersoonlike bewustheid 7 1,5 * Respek vir ander 5 6 navorser getranskribeer, sodat inligting wat ingesamel is, ont- leed kon word. Inhoudsontleding (Giorgi,1985) is gebruik om die navorsingsdata op ’n sistematiese, objektiewe en kwanti- tatiewe wyse te ontleed en te vertolk (Kerlinger,1986). Eerstens is die universumvan die inhoud wat ontleed moes word, gede- ¢nieer. Tweedens is eenhede van ontleding, naamlik woorde en temas, bepaal. Derdens is oorbodige data uitgeskakel en die betekenis van die oorblywende eenhede bepaal. Vierdens is konkrete taal wat deur deelnemers gebruik is na wetenskaplike taal en konsepte oorgeskakel. Die presiese woorde van die deel- nemers is ter stawing gebruik.’n Integrasie en sintese is gedoen op grond van die insigte wat verkry is. RESULTATE InTabel 2 word die verskille tussen die eksperimentele en kon- trolegroep met betrekking tot die LVB gerapporteer. Dit blyk uit Tabel 2 dat daar ’n statisties beduidende verskil ten opsigte van twee van die skale van die LVB (Interne beheer en Outonomie) betre¡ende die voor- en na-meting en die voor- en na-na-meting is. Hierdie verskille ten opsigte van Interne be- heer en Outonomie van die eksperimentele groep teenoor die kontrolegroep is prakties betekenisvol. Dit blyk dus dat die eks- perimentele groep (vergeleke met die kontrolegroep) na a£oop van die ontwikkelingsprogram (vergeleke met die voormeting) ’n statisties beduidend hoe« r en prakties betekenisvolle groei in interne lokus van beheer (groot e¡ek) en outonomie (medium e¡ek) getoon het. Drie maande na a£oop van die ontwikke- lingsprogram was daar steeds statisties beduidende en prakties betekenisvolle verskille tussenverandering in die eksperimentele en kontrolegroep se tellings op hierdie skale. Hierdie verskille kan aan die ontwikkelingsprogram en moontlik aan die toets- hertoetse¡ek toegeskryf word. Deelnemers in die eksperi- mentele groep (vergeleke met die kontrolegroep) het egter geen statisties beduidende verskille ten opsigte van die verandering in Eksterne beheer getoon nie. InTabel 3 word die kwalitatiewe e¡ek van die ontwikkelings- program weergegee. Die volgende a£eidings kan op grond van Tabel 3 gemaak word: * Tema 1: Selfbewustheid (Rangorde 1,5). Hierdie tema dui daarop dat die deelnemers in die eksperimentele groep na a£oop van die ontwikkelingsprogram meer bewus ge- word het van hul eie gedrag. Dit beteken dat dit wat eers on- bewuste gedrag was, herken is en in die bewussyn opgeneem is. Hierdie tema stem ooreen met die bevindinge van Hazareesing en Bielawski (1991) en Cilliers (1995). Die volgende stellings is deur deelnemers gemaak: ‘‘Ek dink mens leer iets van jouself. . .’’, ‘‘I realised my own abilities and weaknesses instead of reaching out to others.’’; ‘‘I know that I also need to be aware of my own mistakes . . .’’. * Tema 2: Interpersoonlike bewustheid (Rangorde 1,5). Hierdie tema is net so belangrik as selfbewustheid en behels die feit dat deelnemers aan die program meer bewus geword het van ander individue se gedrag. Hierdie tema word be- vestig deur die bevindinge van Armstrong, Cox, Short en Allmon (1991) en Nurco et al. (1995). Die volgendeverwoor- dings bevestig hierdie tema: ‘‘. . . she ¢lled it in and she is more of a introverted feeler.’’; ‘‘So she is not the expressive type. . .’’; ‘‘Even if a person is di¡erent from you it doesn’t mean that you need to change the world.’’ * Tema: 3: Insig in die self (Rangorde 3,5). Deelnemers meld dat hulle ’n verbetering en verdieping verkry het in die kennis wat hul aangaande hulself het. Insig in die self word beskou as die vermoe« om eie gedrag en die diepere be- tekenis daarvan te verstaan soos dit manifesteer. Hierdie te- maword ondersteun deur die bevindinge van Cilliers (1995) dat ’n bewustheid van eie gedrag ook aanleiding gee tot per- soonlikheidsintegrasie. Hierdie tema blyk uit die volgende woorde: ‘‘Ek hou nie daarvan om dinge so in chaos te los nie . . . Ek haat dit.’’; ‘‘Ek weet ek het foute en ek wil daar- aan werk, soos byvoorbeeld om stil te wees.’’; ‘‘Soos ek wat nou ’n introvert is, sal aanvaar dat ek as ’n introvert baie stil is, maar ander wat baie praat ’n ekstrovert is.’’en ‘‘Mens kan ook se“ dat ek verstaan hoe ek is.’’ * Tema 4: Interpersoonlike begrip (Rangorde 3,5). Inter- persoonlike begrip dui daarop dat die individue hulle in die verwysingsraamwerk van ander kan verplaas, ten einde meer begrip vir hulle te he“ . Hierdeur word die eie persoonlike ver- wysingsraamwerk ondergeskik gestel ten einde die¤ van ander te begryp. Die tema is verwant aan die gedragsdimensie wat Rogers (1975) as empatie omskryf. Anderopmerkingswatge- maak is, is soos volg: ‘‘I came here and I saw and understood some people di¡erent’’; ‘‘. . . en rassediskriminasie en ek glo dat mens na albei kante moet kyk.’’ * Tema 5: Selfhandhawing (Rangorde 6). Dit kom voor of die aanleer van selfhandhawende gedrag outonome op- trede en interne lokus van beheer by deelnemers ontwikkel het. Die¤ siening word deur die navorsing van Nurco et al. (1995) en Johnson en Johnson (1991) ondersteun. Van die deelnemers het byvoorbeeld gese“ dat hulle praat wanneer dit nodig is. ’n Ander het gese“ dat sy die vrymoedigheid het om werksprobleme met haar meerderes te bespreek. Deelnemers het onder andere die volgende stellings ge- maak: ‘‘. . . maar ek glo dat dinge en die mense wat daar was, op so’n stadium gekom het dat hulle presies vertel het dat dit is hoe hulle voel.’’; ‘‘Ek het die bul by die horings ge- pak en vir hom gaan se“ ’’; ‘‘dit is hoekom ek so baie terug praat, om my saak ook te kan stel’’. * Tema 6: Bewustheid van interpersoonlike verskille (Rangorde 6). Die¤ tema dui daarop dat die deelnemer be- wus is daarvan dat ander van hulle verskil. ’n Bewustheid van interpersoonlike verskille sluit die verskille ten opsigte van persoonlikheid en ras in. Een deelnemer rapporteer dat sy opnuut bewus geraak het daarvan dat daar ’n verskeiden- heid tipes van mense is en dat sy die ‘‘ander kant’’ van hulle ervaar het.’n Ander sluit hierby aan deur te rapporteer dat rasseverskil en rassediskriminasie vanuit albei perspektiewe 27ELS, LINDE, ROTHMANN beskou moet word. Frases wat hierdie tema bevestig, is soos volg: ‘‘Die eerste keer wat die Swarte gepraat het oor ons wat stil is, was dit vir my erg.’’; ‘‘ . . . van . . . se kant het dit gevoel of hy absoluut op die blankes afpen en ek het ge- voel . . . gee ons net ook’n kans.’’; ‘‘ . . . niemand is nood- wendig verkeerd nie, hulle het ander opinies en dink anders.’’ * Tema 7: Respek vir ander (Rangorde 6). Respek vir an- der verwys na die erkenning, waardering en agting vir die waarde van ander persone en hul reg as vrye individue. Hierdie tema blykduidelik uit opmerkings soos:‘‘Ek sal eer- der iemand anders’n kans gee om te praat en luister wat hul- le se“ .’’;‘‘Elkeen het syeie reg. Elkeen het’n storie om te vertel; ‘‘mens moet net luister.’’ BESPREKING Dit blyk uit die resultate dat die deelnemers in die eksperi- mentele groep wel gunstig op die ontwikkelingsprogram ge- reageer het. Deelnemers het direk na a£oop van die program’n verhoging ten opsigte van interne lokus van beheer en outo- nomie getoon, terwyl sodanige veranderinge nie in die kon- trolegroep gevind is nie. Die gunstige reaksie met betrekking tot interne lokus van beheer dra daartoe by dat deelnemers sukses aan hul eie gedrag en relatief permanente per-soonlik- eidsienskappe toeskryf.Verder is hulle meer geneig om in hul eie vermoe« ns te glo en met selfvertroue te handel. Laasge- noemde bevindings stem ooreen met die¤ van Olivier en Roth- mann (1999). Geen verandering in interne beheer en outonomie het tussen die nameting en die na-nameting plaasgevind nie. Daar was egter in hierdie tydperk ook geen betekenisvolle toename in die eksperimentele groep (vergeleke met die kontrolegroep) se eksterne lokus van beheer nie. Hieruit blyk dit dat die ont- wikkelingsprogram nie bygedra het om’n eksterne lokus van beheer af te leer nie. As gevolg van niedeelnemende strukture en praktyke wat deelnemers in die organisasieomgewing inhi- beer, kan hul waargenome onvermoe« om hul omgewing te beheer, gehandhaaf word (Spector, 1986). Die belangrike in- vloed wat die werksomgewing op lokus van beheer uitoefen, word bevestig deur Van Staden, Schepers en Rieger (2000) se bevindings dat interne beheer sterk met transformasionele leierskap en eksterne beheer met transaksionele leierskap kor- releer. Die kwalitatiewe evaluering het deurgaans op beter intraper- soonlike groei betre¡ende selfewustheid, insig in eie gedrag (en die beheer van die self), selfaanvaarding en spontane|« teit gedui. Die aanleer van vaardighede het tot meer selfvertroue en selfhandhawende gedrag gelei en die ontwikkeling van die self is as ’n langtermynproses beskou. Verbetering van inter- persoonlike e¡ektiwiteit dui op beter interpersoonlike be- wustheid en begrip, bewustheid van interpersoonlike ver- skille en die bewuswording van interpersoonlike sensitiwiteit. Met betrekking tot interpersoonlike vaardigheid is daar ’n toename in luister- en kon£ikanteringsvaardigheid gerappor- teer. Dit gee aanleiding tot e¡ektiewe interpersoonlike ver- houdings en die konstruktiewe hantering van kon£ik en probleemsituasies. Die kwalitatiewe ontleding toon dus aan dat die deelnemers se coping-strategiee« drie maande na a£oop van die program meer konstruktief was. Daar was veral twee leemtes in hierdie navorsing. Eerstens het die aard van die ontwikkelingsprogram, wat ’n groeigroep in- gesluit het, beperkings op die grootte van die ondersoekgroep geplaas, wat die veralgemeenbaarheid van die resultate beperk. Tweedens is ’n tweegroepontwerp gebruik, wat meebring dat die e¡ek van voormeting nie uitgeskakel kon word nie. Die resultate van hierdie navorsing impliseer dat organisasies intra- en interpersoonlike ontwikkeling as ’n langtermyn- proses moet benader en verdere ontwikkelingsingrepe hier- voor moet implementeer. Ontwikkelingsprogramme be- hoort op die intrapersoonlike groei en vaardigheidsopleiding van werknemers te fokus ten einde outonomie en ’n interne lokus van beheer by hulle te bevorder.Toekomstige navorsing moet ook fokus op veranderlikes in organisasies wat fasili- terend en beperkend op werknemers se interne lokus van be- heer en outonomie inwerk. In hierdie verband behoort veral die invloed van transaksionele leierskap op werknemers se lo- kus van beheer ondersoek te word.Ten slotte is meer navorsing ook nodig oor die uitwerking wat voortgesette ondersteu- ningsgroepe op werknemers se lokus van beheer uitoefen. VERWYSINGS Adams, J.B., Adams, J., Rice, R.W. & Insterve, D. (1985). E¡ec- tiveness and group role on attributions of group per- formance. Journal of Applied Psychology,15, 387-389. Armstrong, H.E., Cox, G.B., Short, B.A. & Allmon, D.J. (1991). Acomparative evaluation of two day treatment pro- grams. Psychosocial RehabilitationJournal,14(4), 53-67. Bothma, A.C. & Schepers, J.M. (1997). The role of locus of control and achievement motivation in the work perfor- mance of black managers. Journal of Industrial Psychology, 23(3), 44-52. Cilliers,F.V.N. & Wissing, M.P. (1993). Sensitiewe relasievorming as bestuursdimensie die evaluering van ’n ontwikkelings- program.Tydskrif vir Bedryfsielkunde,19(1), 5-10. Cilliers, F.V.N. (1995). Fasiliteerderopleiding. Tydskrif vir Be- dryfsielkunde, 21(3), 7-11. Coetzer, E.L & Schepers, J.M. (1997). Die verband tussen lokus van beheer en die werksrestasie van swart bemarkers in die lewensversekeringsbedryf. Tydskrif vir Bedry¢elkunde, 23(1), 34-41. Cohen, J. (1988). Statistical power analysis for the behavioral sciences (Revised ed.). Orlando, CA: Academic Press. Day, B. & Matthes,W. (1992). A Jungian stage theory of indivi- dual development in personal growth groups.The Journal for Specialists in GroupWork,7,168-182. De Brabander, B. & Hellemans, J. (1996). Locus of control sen- sation seeking and stress. Psychological Reports,79,1307-1312. Diamand, M.J. & Shapiro, J.L. (1973). Changes in locus of con- trol as a function of encounter group experiences. Journal of Abnormal Psychology,82, 514-518. Edwards, J.R. (1992). A cybernetic theory of stress, coping and well-being in organizations. Academy of Management Re- view,17, 238-274. Giorgi, A. (1985). Sketch of a psychological phenomenological method. In A. Giorgi (Ed.), Phenomenology and psychological research. Pittsburgh, PA: Duquesne University Press. Hazareesing, N.A. & Bielawski, L.L. (1991).The e¡ects of cog- nitive self-instruction on student teachers’ perceptions of control.TeacherandTeacher Education,7, 383-393. Heider, F. (1958). Psychology of interpersonal relations. NewYork: Wiley. Huysamen, G.K. (1993). Metodologie virdie sosialeengedragsweten- skappe. Halfweghuis: Southern Boekuitgewers. James, J., Charlton,T., Leo, E. & Indoe, D. (1991). Using peer counsellors to improve secondary pupils’spelling and rea- ding performance. Maladjustment & Therapeutic Education, 9(1), 33-40. Johnson, C.L. & Johnson, J.A. (1991). Using short-term group counselling with visually impaired adolescents. Journal of Visual Impairment and Blindness,85,166-170. Jones, M.O., Moore, M.D. & Snyders, P.C. (1988). Inside organi- sations. Newbury Park, CA: Sage. Jorgensen, L.I. & Rothmann, S. (1998). Die evaluering van ’n opleidingsprogram t.o.v. interpersoonlike vaardighede. Tydskrif vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe,1, 377-389. Jung, C.G. (1971). Psychological types: The portable Jung. New York:Viking. Kerlinger, F.N. (1986). Foundations of behavioral research (3rd ed). ForthWorth,TX: Harcount Brace & Company. Krefting, L. (1991). Rigor in qualitative research: The asses- sment of trustworthiness.TheAmericanJournal of Occupatio- nalTherapy,45, 214-222. Mayer, F.S. & Sutton, K. (1996). Personality: An integrative ap- proach. Upper Saddle River, NJ: Prentice-Hall. WERKNEMERS SE LOKUS VAN BEHEER28 Meichenbaum, D.H. & Goodman, J. (1971).Training impulsive children to talk to themselves. Journal of Abnormal Psycholo- gy,77,115-126. Meulenberg-Buskens, M. (1989). Manual for the FreeAttitude In- terview technique. Pretoria: HSRC. Meyer, W.F., Moore, C. & Viljoen, H.G. (1988). Persoonlik- heidsteoriee«:Van Freud tot Frankl. Johannesburg: Lexicon Uit- gewers. Moerdyk, A.P. (1986). Planning and implementing a black ad- vancement programme. In R. Smollan, (Ed.), Black ad- zvancement in the South African economy. (pp. 155-177). Houndmills, Basingstake: Macmillan. Myers, I.B., McCaully, M.H., Quenck, N.L. & Hammer, A.L. (1998). MBTI manual: A guide to the development and use of the Myers-BriggsType Indicator (3rd ed.). Palo Alto, CA: Consul- ting Psychologists Press. Nurco, D.N., Primm, B.J., Lerner, M., Stephenson, P., Brown, L.S. & Ajuluchukwu, D.C. (1995). Changes in locus of con- trol attitudes about drug misuse in a self-help group in a methadone maintenance clinic. The International Journal of theAddictions, 30(6), 87- 92. Olivier, M. & Rothmann, S. (1999). The development of an internal locus of control in employees in the manufac- turing sector. South AfricanJournal of Economic and Manage- ment Sciences, 2, 476-491. Omery, A. (1983). Phenomenology: A method for nursing re- search. Advances in Nursing Science, 5(2), 49-63. Rogers, C.R. (1970). Carl Rogers on encounter groups. NewYork: Haper and Row. Rogers, C.R. (1973.) Client-centered therapy. London: Constable. Rogers, C.R. (1980). A way of being. Boston, MA: Houghton- Mi¥in. Rothmann, S. & Agathagelou, A.M. (2000). Die verband tus- sen lokus van beheer en werkstevredenheid by senior po- lisiepersoneel.Tydskrif vir Bedryfsielkunde, 26(2). Rothmann, S. & Sieberhagen, G. (1997). Die samestelling en evaluering van ’n groepfasiliteringskursus. Tydskrif vir Be- dryfsielkunde, 23(3), 9-14. Rothmann, S., Sieberhagen, G. & Cilliers, F.V.N. (1998). Die kwalitatiewe e¡ek van ’n groepfasiliteringskursus.Tydskrif vir Bedryfsielkunde, 24(3), 7-13. Rotter, J.B. (1966). Generalized expectancies for internal versus external control of reinforcements. Psychological Mono- graphs: General and Applied,80,1-27. Rotter, J.B., Chance, J.E. & Phares, E.J. (1972). Applications of social learning theory of personality. NewYork: Holt, Rinehart & Winston. Schepers, J.M. (1995). Die lokus van beheer-vraelys: Konstruksie en evaluering van’n nuwe meetinstrument. Johannesburg: RAU. Shechtman, Z., Gilat, E., Fos, L. & Flasher, A. (1996). Brief group therapy with low-achieving elementary school children. Journal of Counselling Psychology,43, 376- 382. Spector, P.E. (1981). Research designs. London: Sage. Spector, P.E. (1982). Behaviour in organizations as a function of employees’ locus of control. Psychological Bulletin, 91, 482-497. Spector, P.E. (1986). Perceived control by employees: A meta- analysis of studies concerning autonomy and participation at work. Human Relations, 39,1005-1016. StatSoft, Inc. (1995). STATISTICA forWindows [Computer pro- gram manual].Tulsa, OK: Statsoft, Inc. Steyn, H.S. (1999). Praktiesebetekenisvolheid:Diegebruikvane¡ek- groottes. Wetenskaplike bydraes Reeks B: Natuurweten- skappe Nr.117. Potchefstroom: PU vir CHO. Stirling, G. & Reid,W. (1992).The application of participatory control to facilitate patient well-being: An experimental studyof nursing impact on geriatric patients. CanadianJour- nal of Behavioural Science, 24, 204-219. Van den Berg, G.C. (1988). Perseptuele verskille tussen werk- nemers en bestuur ten opsigte van swart vooruitgang in die werksituasie. South African Journal of Labour Relations, 12(3), 24-44. Van Staden, J.F., Schepers, J.M. & Rieger, H.S. (2000). Lokus van beheer en transformasionele leierskap. Tydskrif vir Be- dryfsielkunde, 26(3), 8-14. Zhang, Q. (1994). An intervention model of constructive con- £ict resolution and cooperative learning. Journal of Social Is- sues, 50,99-116. 29ELS, LINDE, ROTHMANN