Requests for copies should beaddressed to:TGroenewald,Technikon SA, Private Bag X6, Florida,1710 ’N VERGELYKENDE STUDIE NA DIE VLAK EN OORSAKE VAN WERKSTRES BY ’N GROEP GELETTERDE EN ONGELETTERDE SWART WERKNEMERS EBBEN VAN ZYL COEN BESTER Departement Bedryfsielkunde Universiteit van die Oranje-Vrystaat ABSTRACT A comparable study into workstress amongst a group of literate and illiterate black employees. Despite the fact that the South African black employee experience a broad spectrum of stressors, there is limited research which describes their actual levels and typical causes of stress. It was decided then to identify and to compare South African literate and illiterate black employees’ level and causes of stress. This information could help psychologists/employers to maintain a distinctive approach in communicating and handling problems with the distinguish groups. In order to identify blackemployees’ level and causes of stress the Experience of Work and Life Circumstances questionnaire was applied on an occasional sample of 60 persons. Results showed that illiterate blackemployees’ levels of stress were signi¢cantly higher than the literate group. Furthermore, the illiterate group scored signi¢cantly higher scores than the literate group on the following causes of stress: causes outside the work situation, task characteristics, physical working conditions and job equipment, social matters as well as remunera- tion and fringe bene¢ts. In the light of the abovementioned results a few recommendations were made. OPSOMMING Nieteenstaande die feit dat die Suid- Afrikaanse swart werknemer aan’n bree« spektrum van stressors blootgestel word, bestaan daar relatief min navorsing wat hul werklike vlak en tipiese oorsake van stres uitwys. Derhalwe is besluit om geletterde en ongeletterde swart werknemers se vlakke en oorsake van stres te identi¢seer en te ver- gelyk. Met die inligting sal dit veral sielkundiges en werkgewers in staat stel om’n e¡ektiewe benadering ten op- sigte van die kommunikasie en hantering van probleme met die onderskeie groepe te kan handhaaf. Die Ervaring van werk -en lewensomstandighede vraelys is op ’n geleentheidsteekproef van 60 persone afgeneem. Resultate toon dat ongeletterde swart werknemers se vlakke van stres beduidend hoe« r as die van die geletterde groep is. Verder het die ongeletterde groep beduidend hoe« r tellings op die volgende oorsake van stres behaal: oorsake van stres binne die werk, taakeienskappe, ¢siese werkomstandighede, sosiale aspekte sowel as vergoeding en byvoor- dele. In die lig hiervan is enkele aanbevelings gemaak. SYNOPSIS According to literature and previous research ¢ndings the South African black employee experiences a broad spectrum of stress.There is limited research which describes the black employees’actual levels and typical causes of stress. Due to the fact that that educational level can contribute to the e¡ective managing of stress and consequent lower levels of stress, it was decided to identify and compare South African literate and illiterate black employees’ levels and causes of stress.This information could help psychologists/employers to maintain a distinctive approach in communi- cating and handling problems with the distinguished groups. The approach regarding stress that has been adopted for purposes of this study is the stimulus-response approach. According to this assumption job stress is the individual’s response to attributes of the work environ- ment which are perceived as been threatening by the individual. The Experience of Work and Life Circumstances questionnaire was ap- plied on an occasional sampleof 60 subjectsofa transport company inorder to identify black employees’levelsand causesofstress.This questionnaire is speci¢callydevelopedandstandardisedfortheSouthAfricancontextwitha reliabilty coe⁄cient that varies between 0,62 and 0,92.The construct vali- dity is also fairly high. It measures the individuals general level of stress as well as causes of stress inside and outside the work environment. Causes of stress within the work situation include organisational functioning, task characteristics, physical working conditions and job equipment, career is- sues, social matters as well asremuneration and fringe bene¢ts. The subjects were divided in tworespectivegroups, namelya group of 30 literate and 30 illiterate subjects of a transport company. Subjects were requested to provide information regarding their sex, period of service, age, quali¢cations and mother tongue. Results showed that illiterate black employees’levels of work stress were signi¢cant higher than the literate group. Furthermore, the illiterate group scored signi¢cantly higher scores than the literate group on the following causes of stress: causes outside the work situation, task charac- teristics, physical work conditions and job equipment, social matters as well asremuneration and fringe bene¢ts. Useful recommendations regarding steps that organisations can take to empower their illiterate and literatelabour force to manage job stress mo- re e¡ectively, have been made. Navorsing dui daarop dat Suid-Afrikaners hoe« vlakke van stres ervaar. SowysVan Zyl, (1996, p.1) en Motshabi in Pienaar (1998) daarop dat stresverwante toestande in SuidAfrika by die werk sowel as tuis aan die toeneem is en dat dit aanleiding gee tot die hoe« stresvlakke onder Suid-Afrikaners. Sullivan (1995, p. 1) meld dat stres blykbaar die endemiese siekte van die nuwe mil- lenium is en dat dit veral die geval in Suid-Afrika is waar die e¡ek van die we“ reldresessie deur ’n onstabiele en snel verande- rende sosiale en politieke klimaat vererger word. Die impakvan stres word dus op alle vlakke van die samelewing van die indi- vidu tot op nasionale vlak ervaar. SWART WERKNEMERS EN STRES Dit blyk dat swart werknemers by die groep Suid-Afrikaners wat aan hoe« stres ly, ingesluit kan word. Navorsing (Davies, 1986, pp.14^30; Moerdyk,1983, pp.18^47; Outlaw,1993, Smal- legan,1989, pp.4 ^ 8;Van Zyl,1991, pp. 72^6;) toon dat laervlak (ongeletterde) swart werknemers aan ’n bree« spektrum stres- sors in die werksituasie blootgestel is (byvoorbeeld onvol- doende opleidingsgeleenthede, swak kommunikasie, moeilike/ongemaklike liggaamlike eise, min deelname aan besluitneming en min sekuriteit). Pienaar (1998) wys daarop dat stereotipering van en vooroordeel teenoor die laervlak- werknemer asook die min gesag wat hy het,’n rol in sy erva- ring van stres mag speel. Voorts wysVan Zyl (1991, pp. 92^96 en 1996) asook Moerdyk (1983) daarop dat stressors binne die sosio-psigologiese en bree« sosiale konteks van die laervlakwerknemer, naamlik onvol- Journal of Industrial Psychology, 2001, 27(3),19-23 Tydskrif vir Bedryfsielkunde, 2001, 27(3),19-23 19 doende geriewe (byvoorbeeld watertoevoer en elektrisiteit), onvoldoende behuising, ¢nansie« le probleme, veranderinge (byvoorbeeld tegnologiese veranderinge), gesinskrisisse (by- voorbeeld siekte of dood) en vervoerprobleme ook tot hoe« stresvlakke aanleiding gee. Davies (1986), Cooper en Sutherland (1990), Prins (1995, p. 32), Van Zyl (1994, p. 22) en Pienaar (1998, p. 3) is ook van mening dat geletterde swart hoe« rvlakwerknemers ’n verskeidenheid van probleme ervaar. Probleme in die werksituasie sluit in oor- laai met werk, druk van tyd, ’n gebrek aan toepaslike be- stuurservaring en ander historiese faktore. Ngwezi (1988; p. 90) meld dat senior swart werknemers se persoonlike huislike lewe dikwels geraak word deur die ekstra tyd wat aan hulle werk gewy word, ¢siese dreigemente in die township waar hulle woon en te min ontspanningsgeriewe (byvoorbeeld muurbalbane en gholfbane). Reese (in Van Zyl, 1991, pp. 75- 76) is van mening dat swart seniorvlakwerknemers ook pro- bleme het met die aanpassing by ’nWesterse werkkultuur waar hulle nie in staat is om outonoom te funksioneer en/of om ver- hoogde verantwoordehikheid te aanvaar nie. Reese (1981) stel dit soos volg: ‘‘the cultural inheritance of some South African blacks is such that they display a⁄liation needs rather than achievement needs. They are used to doing things by group consensus and now individualistically’’ en ‘‘studies con¢rm the fact that some high level black workers have problems to function autonomously and to handle increased responsibility. The weak achievement needs of those blacks have been iden- ti¢ed as the main cause of the problem’’. Pienaar (1998) is van meningdat sommige ambisieuse swartes geneig is omoor min toepaslike besigheids- en bestuursverwante ervaring beskik. In hierdie opsig het hulle’n nadeel teenoor hulle blanke ewek- niee« wat dikwels deur hulle huislike omgewing blootstelling aan praktiese besigheid- en bestuursbeginsels het (Pienaar, 1998, p. 3). Ondanks die feit dat die Suid-Afrikaanse swart werknemer ’n bree« spektrum stressors ervaar, is min navorsing beskikbaar wat hulle werklike stresvlak kan beskryf. Olivier (1989) toon aan dat werknemers van verskillende kultuurgroepe die vol- gende persentasies hoe« stres ervaar: blankes: 38,1 %; kleur- linge: 34,7 % en swartes: 35%. Dit is egter nie duidelik op watter vlak hierdie mense was nie en of meetinstrumente ge- standaardiseer en resultate vir beduidendheid getoets is nie. Moerdyk (1983) wys op die behoefte om die vlak en oorsake van stres onder hoe« r- en laervlak- swart werknemers op te klaar en te vergelyk ten einde meer doeltre¡ende hanterings- trategiee« voor te stel en te implementeer. Gerdes (1992, p. 42) stel dit soos volg: ‘‘The identi¢cation of a risk group neces- sitates provision of training and handling of health problems in a preventive way.’’ Sy voer aan dat gesondheidbestuur- strategiee« proaktief en voorkomend moet wees, want wanneer werknemers hoe« stres ervaar en om hulpvra, is hul gesondheid en produktiwiteitsvlakke waarskynlik reeds negatief be|«n- vloed (Gerdes,1992, pp.42-43). Proaktiewe stappe kan gedoen word as meer inligting oor tipiese vlakke en oorsake van stres onder hoe« r- en laervlakwerknemers beskikbaar is. Ter ondersteuning en ter aanvulling van bogenoemde studies is daar besluit om geletterde en ongeletterde swart werk- nemers se vlakke en oorsake van stres te identi¢seer en te ver- gelyk. Hierdie inligting kan sielkundiges/werknemers help om ’n e¡ektiewe benadering ten opsigte van kommunikasie en die hantering van probleme met hulle te handhaaf BENADERING TOT STRES Uit navorsing is dit duidelik dat verskeie benaderings van stres al gebruik is om voorspellers van stres te bepaal (Auerbach en Gramling,1998; Cartwright en Cooper,1997;Cooper en Suther- land, 1990; Gatto, 1991; Lazarus, 1999; Lazarus, 1994; Outlaw 1993; Patel,1991; Smith,1993; Spielberger en Reheiser,1994). Ooreenkomstig bogenoemde navorsing kan werkstres beskou word as ’n individu se reaksie op eienskappe van die (werk) omgewing wat deur die individu as bedreigend beskou word (stimulus-responsbenadering). Dit dui op’n swak passing tus- sen die individu se vermoe« en eise vanuit die omgewing soos deur die individu gee« valueer. Virdoeleindesvan die studie word daardus op die persoonsever- moe« om by syomgewing aan te pas gefokus, waarvolgens die in- dividu negatief sal reageer op eise vanuit sy (werk)omgewing indien die eise as bedreigend gee« valueer word. Die benadering is gekies hoofsaaklik omdat dit eenvoudig en werk-baar is en in re- sente navorsing (Barnett en Brennan,1995; Bartlett,1998; Lazarus 1991,1994; Pienaar,1998; Sullivan,1995;Van Zyl enVan derWalt, 1994 enVan Zyl,1996) gebruik word. METODOLOGIE Formulering van hipotese Die volgende teoretiese hipoteses (Hl) is geformuleer: Hipotese 1: Swart geletterde en ongeletterde werknemers er- vaar statisties beduidende verskillende vlakke van stres. Hipotese 2: Swart geletterde en ongeletterde werknemers er- vaar statisties beduidende verskillende tellings op oorsake van stres. Hierteenoor kan die volgende nulhipoteses (HO) geformuleer word. Nulhipotese 1: Die stresvlakke van geletterde en ongeletterde swart werknemers verskil statisties nie beduidend van mekaar nie. Nulhipotese 2: Die oorsake van stres by geletterde en onge- letterde swart werknemers verskil statisties nie beduidend van mekaar nie. In die studie is ’n nulhipotese aanvaar as die waarskynlikheid meer as 95 % was dat die verskille die gevolg van toevallige faktore was. Navorsingsontwerp Die opnamemetode van navorsing is gebruik aangesien’n self- evaluasievraelys (die Ervaring van Werk- en Lewensomstan- dighedeVraelys) in groepverband afgeneem is. Ondersoekgroep ’n Geleentheidsteekproef van 30 geletterde asook 30 onge- letterde swart werknemers by ’n groot vervoermaatskappy is gebruik (by ongeletterde werknemers word bedoel persone wat oor geen formele kwali¢kasies beskik nie en ook nie kan lees of skryf nie). Die meeste van die respondente is han- de-arbeiders, drywers en bodes. Omdat ’n geleentheidsteek- proefgebruik is, kan die resultate nie veralgemeen word tot alle geletterde en ongeletterde werknemers nie.Werknemers wat vrywillig wou deelneem, is oor ’n tydperk van twee dae getoets nadat die doel van die toetssessie verduidelik is en hulle gevra is om vraelyste anoniem in groepkonteks in te vul. Ongeletterde werknemers het Sotho-sprekende instruk- teurs ontvang. Die Sotho-sprekende instrukteurs het die laervlak werknemers ook gehelp om op elke vraag te re- spondeer. Vrae is vertaal en op konkrete wyse beskryf/ver- duidelik sodat hulle dit kon verstaan (verwys na Van Zyl en Van derWalt,1994 waar bevind is dat laervlak swartes stres op ’n konkrete manier verstaan).Voorts is bykomende tyd met laervlakwerknemers bestee om moontlike misverstande op te los. Persone is versoek (en toestemming is van hulle werk- gewer verkry) om hulle geslag, dienstydperk, ouderdom, kwali¢kasie en huistaal te vermeld. Besonderhede van die groepe word in tabel 1aangegee. Die meting van stres Die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede Vraelys (WLV) is ’n gestandaardiseerde B-vlak selfbeoordelingvraelys wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) ontwikkel is om die vlakke en oorsake van stres by werknemers van verskillende kultuurgroepe te bepaal (Van Zyl & Van der Walt, 1991). Die WLV is konstruktueel geldig aangesien die ver- wagte verband met toepaslike persoonlikheidstoetse getoon VAN ZYL, BESTER20 TABLE 1 BIOGRAFIESE INLIGTING VAN DIE ONDERSOEKGROEPE GELETTERDE GROEP ONGELETTERDE GROEP N = 30 N % N % GESLAG 25 83,3% 30 100,0 Manlik 5 16,7 0 0 Vroulik TOTAAL 30 100,0 30 100,0 DIENSTYDPERK < 2 jaar 7 23,3 0 0 2 ^ 5 jaar 7 23,3 0 0 6 ^ 10 jaar 2 6,7 11 36,7 >10 jaar 13 43,4 19 63,3 Geen respons 1 3,3 0 0 TOTAAL 30 100,0 30 100,0 OUDERDOM < 20 0 0 0 0 20 ^ 29 14 46,7 1 3,3 30 ^ 39 11 36,7 11 36,7 40 ^ 49 4 13,3 15 50,0 50 ^ 59 0 0 3 10,0 > 60 1 3,3 0 0 TOTAAL 30 100,0 30 100,0 HUISTAAL Afrikaans 6 20,0 1 3,3 Engels 1 3,3 0 0 Sotho 22 73,4 26 86,7 Venda 1 3,3 3 10,0 TOTAAL 30 100,0 30 100,0 KWALIFIKASIES Geen kwali¢kasie ^ 0 30 100 St.10 19 63,3 Hoe« r as St. 6 11 36,7 TOTAAL 30 100,0 30 100,0 TABLE 2 STRESVLAK : GROEPE GROEP X S n F P Ongeletterde 96,97 22,60 30 3,21 0,00** groep Geletterde groep 74,67 20,17 30 * p � 0,05 = beduidend ** p � 0,01 = hoogs beduidend TABLE 3 OORSAKE VAN STRES : GROEPE ONGELETTERDE GELETTERDE OORSAKE VAN STRES GROEP GROEP (N=30) (N=30) VERANDERLIKES X S X S F P Oorsake binne werk: 17,87 4,78 18,80 6,45 1,16 0,52 ^ Organisasie funksionering 37,90 5,91 46,70 9,10 3,0 0,00** ^ Taakeienskappe 17,90 5,60 22,30 6,55 4,10 0,00** ^ Fisieke werksomstandighede en werkstoerusting 19,27 5,60 22,30 6,55 4,10 0,00** ^ Loopbaan aangeleenthede 21,17 4,58 23,97 4,64 1,11 0,02** ^ Sosiale aangeleenthede 19,40 6,91 23,90 9,94 1,18 0,04* ^ Vergoeding, byvoordele en personeelbeleid 46,03 8,86 36,50 8,58 3,37 0,00** ^ Oorsake buite die werk * p � 0,05 = beduidend ** p � 0,01 = hoogs beduidend TABLE 4 *OORSAKE VAN STRES (GEDETAILLEERDE INLIGTING) N=60 ONGELETTERDE GELETTERDE OORSAKE VAN STRES GROEP GROEP (N=30) (N=30) VERANDERLIKES X S X S F P 1. Oorsake buite die werk: ^ Gesinsprobleme 2,76 1,12 3,13 1,16 1,16 0.06 ^ Finansie« le verpligtinge 2,50 1,28 3,30 1,26 2,44 0,01** ^ Lewensfase (bv. middeljare) 1,96 0,99 2,90 1,37 3,01 0,00** ^ Algemene ekonomiese toestand in die land 3,20 1,03 3,36 1,24 4,10 0,00** ^ Veranderende tegnologie 2,20 1,29 3,06 1,23 2,66 0,01** ^ Geriewe tuis 1,73 0,86 2,43 1,27 2,48 0,01** ^ Sosiale situasies 1,76 1,13 2,50 1,28 2,35 0,02** ^ Status 1,60 1,24 2,30 0,98 2,41 0,01** ^ Gesondheid 1,53 0,93 2,76 1,43 3,95 0,00** ^ Agtergrond 1,66 0,88 2,63 1,29 3,37 0,00** ^ Uitwerking van werk op huislike lewe 2,73 1,33 2,86 1,30 0,39 0,09 ^ Vervoergeriewe 1,93 1,04 2,56 1,00 2,39 0,02* ^ Godsdienstige lewe 2,66 0,99 2,36 1,06 -1,13 0,26 ^ Politieke siening 2,43 1,43 3,40 1,61 2,46 0,01** ^ Beskikbaarheid van akkommodasie 3,76 1,54 2,83 1,41 2,44 0,01** ^ Beskikbaarheid van ontspanningsgeriewe 2.1 Taak eienskappe Werk betyds gedoen kry 3,77 1,23 3,86 1,22 0,52 0,60 ^ Voldoende kennis/inligting 3,86 1,16 3,20 1,27 -2,12 0,03* ^ Het volle verantwoordelikheid 4,26 1,01 3,60 1,38 -2,13 0,03* ^ Pas nuwe idees toe 3,63 1,06 2,56 1,27 -0,35 0,00** ^ Funksioneer outonoom 3,76 1,16 2,36 1.35 -4,30 0,00** ^ Ontvang nie teenstrydige instruksies 3,26 1,28 2,80 1,44 -1.32 0,19 ^ Het nie onnodige tyddruk 3,46 1,54 2,96 1,54 -1,24 0,22 ^ Het genoeg werk 4,00 1,05 3,23 1,38 -2,42 0,01** ^ Verrig wye verskeidenheid take 3,36 1,15 2,93 1,36 -1,33 0,19 ^ Aard van taak skep kon£ik 2,46 1,33 3,40 1,32 -2,72 0,00** ^ Aard van taak vereis moeilike ¢siese eise 2,76 1,67 2,23 1,27 -1,39 0,17 ^ Aard van taak stel ander se lewens in gevaar 3,10 1,80 2,70 1,60 -0,91 0,36 ^ Aard van taak het ’n negatiewe uitwerking op respondente se lewensgehalte 3,53 1,61 3,16 1,39 -9,4 0,35 ^ -Aard van taak vereis voortdurende intense konsentrasie 3,20 1,44 2,83 1,48 -0,97 0,33 * p � 0,05 = beduidend ** p � 0,01 = hoogs beduidend word. Betroubaarheidskoe⁄sie« nte soos deur die Kuder Richard- son-formule 8 en met toets-hertoets gemeet is, varieer tussen 0,62 en 0,92 (Van Zyl & Van derWalt,1991). Die vraelys is gebaseer op’n spesi¢eke benadering ten opsigte van stres wat aansluit by die teoretiese benadering (stimulus- responsbenadering) wat in die studie gebruik is.Volgens hier- die benadering is die fokus op die swak passing tussen die in- dividu se vermoe« en eise vanuit die omgewing. Ten opsigte van stresvlak asook oorsake van stres buite die werksituasie dui ’n hoe telling op hoe« stres, in teenstelling met oorsake van stres in die werksituasie waar ’n lae telling op hoe« stres dui. Dataontleding Geletterde en ongeletterde werknemers se stresvlakke en oor- sake van stres sal deur middel van ’n reeks eenrigting varian- sieontleding (anova) vergelyk word om te toets of groep ge- middeldes beduidend verskil. RESULTATE Vlakke van stres: verskille tussen groepe Die stresvlakke vir geletterde en ongeletterde groepe word in tabel 2 aangegee. Volgens die variansieontleding (sien tabel 2), was die verskille in gemiddelde stresvlakke tussen die twee groepe hoogs be- duidend (p = 0,00). Ter wille van volledigheid word beson- derhede (gemiddelde en standaardafwykings) ook in tabel 2 aangegee. Tabel 2 toon dat ongeletterde swart werknemers ’n beduidend hoe« r vlak van stres as die geletterde groep ervaar. Die eerste teoretiese hipotese, naamlik dat swart geletterde en ongeletterde werknemers beduidend verskillende stresvlakke ervaar, word dus aanvaar. Oorsake van stres: verskille tussen groepe Die oorsake van stres vir die geletterde en ongeletterde groepe word in tabel 3 aangedui. Meer gedetailleerde inligting word gegee oor oorsake van stres wat beduidend verskillende tel- lings tussen die groepe opgelewer het (sien tabel 4). 21VLAK EN OORSAKE VAN WERKSTRES ONGELETTERDE GELETTERDE OORSAKE VAN STRES GROEP GROEP (N=30) (N=30) VERANDERLIKES �XX S �XX S F P 2.2 Fisiese werksomstandig- hede en werkstoerusting ^ Beskikbaarheid van werks- toerusting 3,70 1,34 2,83 1,41 -2,43 0,01** ^ Werkstoerusting in goeie werkende toestand 4,23 1,07 3,20 1,40 -3,21 0,00** ^ Toereikende ¢siese werksomstandighede 3,80 0,21 2,60 1,35 -3,61 0,00** 2.3 Sosiale aangeleentehde ^ Geniet hoe« status 4,40 0,93 3,83 1,17 -2,13 0,03* ^ Handhaaf positiewe verhouding met toesig- houers 3,60 1,24 3,36 1,54 -.0,64 0,52 ^ Handhaaf positiewe verhouding met kollegas 4,20 0,96 3,66 1,24 -1,86 0,00** ^ Sosiale eise is billik 3,76 1,08 3,20 1,24 -1,66 0,10 2.4 Vergoeding, byvoordele en personeelbeleid ^ Voldoende vergoeding (salaris) 2,36 1,21 1,70 1,14 -2,18 0,03* ^ Voldoende byvoordele 3,36 1,42 2,66 1,84 -2,07 0,4* ^ Regverdige personeelbeleid 3,36 1,24 2,73 1,25 -1,96 0,06* * p � 0,05 = beduidend **p � 0,01 = hoogs beduidend Volgens die resultate verskil die volgende oorsake van stres hoogs beduidend tussen die twee groepe: oorsake buite die werksituasie asook oorsake binne die werksituasie, naamlik taakeienskappe en ¢siese werktoestande asook werktoerus- ting. Sosiale aangeleenthede, vergoeding en byvoordele ver- skil ook beduidend tussen die twee groepe. Geen beduidende verskille is ten opsigte van die volgende oorsake in die werk- situasie gevind nie: funksionering van die organisasie en loop- baangeleenthede (sien tabel 3). Wat oorsake buite die werksituasie betref, het die laervlak groep beduidend hoe« r tellings (met ander woorde hoe« r stres) ten opsigte van die volgende faktore behaal: geldelike ver- pligtinge, lewensfase, veranderende tegnologie, geriewe tuis, sosiale situasie, status, gesondheid, agtergrond, e¡ek van werk op huislike lewe, godsdienstige lewe en beskikbaarheid van akkommodasie, (die geletterde groep het egter ’n beduidend hoe« r telling ten opsigte van die beskikbaarheid van ontspan- ningsgeriewe behaal.). Geen beduidende verskil tussen alge- mene ekonomiese situasie, gesinsprobleme, politieke siening en vervoergeriewe is gevind nie (sien tabel 4). Ten opsigte van oorsake binne die werksituasie het die onge- letterde groep beduidend hoe« r strestellings as die geletterde groep ten opsigte van taakeienskappe behaal, naamlik nie ge- noeg kennis/inligtingom die werk gedoen te kry nie, nie volle verantwoordelikheid om die werk gedoen te kry nie, nie in staat om nuwe idees toe te pas nie, kan nie outonoom funksio- neer nie en nie genoeg werk om besig te bly nie. In teenstel- ling hiermee het die geletterde groep beduidend hoe« r strestellings ten opsigte van die volgende behaal: die aard van take veroorsaak kon£ik met ander mense. Voorts het die ongeletterde groep beduidend hoe« r strestellings ten opsigte van ¢siese werksomstandighede en werktoeruting behaal as die geletterde groep.Verskille ten opsigte van die vol- gende faktore (as deel van ¢siese werksomstandighede en werktoerusting) is ge|«denti¢seer: beskikbaarheid van werk- toerusting (byvoorbeeld skryfbehoeftes, gereedskap, elek- triese en laboratoriumtoerusting) asook of dit in n behoorlike werkende toestand is en om toegelaat te word om in toe- reikende ¢siese werkstoestande (byvoorbeeld beligting, tem- peratuur en kantoorruimte) te funksioneer. Wat sosiale aangeleenthede betref, het die ongeletterde groep beduidend hoe« r strestellings as die geletterde groep ten opsigte van die volgende verkry: geniet nie ’n hoe« status nie, nie in staat om positiewe verhoudings met kollegas te handhaaf nie. Laastens, wat aspekte soos toereikende vergoeding (salaris) en byvoordele (byvoorbeeld behuisingsubsidie) betref, het die ongeletterde groep ook beduidend hoe« r stresvlakke as die ge- letterde groep behaal. Die tweede teoretiese hipotese, naamlik dat swart geletterde en ongeletterde werknemers beduidend verskillende tellings vir oorsake van stres behaal, word dus ook aanvaar. AANBEVELINGS EN GEVOLGTREKKLNGS Vlakke van stres Dit blyk dat die ongeletterde swart werknemers beduidend hoe« r stresvlakke as die geletterde werknemers ervaar. Spesiale aandag moet dus aan ondersteuning vir ongeletterde swart werknemers gegee word om moeilike eise van die om- gewing te hanteer. Opleiding oor wat stres is en hoe om lewensvaardighede te gebruik om moeilike eise te hanteer, moet dus beklemtoon word. Voorts moet ’n groter poging aangewendword om laervlakwerknemers tot gepaste geletter- heidsvlakke op te lei. French (1990, p. 4) is van mening dat ge- letterde werknemers meer selfvertroue het omdat hulle meer toegang tot geleenthede het (byvoorbeeld bevordering) en hul opinies tel meer wat hulle dus ’n magsbasis gee. Hulle glo dus dat hulle hulle omstandighede kan be|«nvloed (interne lo- kus van beheer) wat bydra tot die hantering van moeilike eise en stressors. Darkenwald en Merrian (1982, p. 51) voer aan dat die basiese doel van geletterheidsopleiding is om mense te help om op ¢siese, psigologiese en sosiale wyse te oorleef ten einde hulle in staat te stel om by moeilike omstandighede aan te pas en meer betekenis aan hulle bestaan te gee. Deur geletterd te word, kan werknemers dus hulle lewensgehalte verbeter en moeilike eise doeltre¡end hanteer wat’n positiewe uitwerking op produktiwiteit behoort te he“ (Darkenwald & Merrian, 1982, p 51; French, 1990, p 5). en op hulle vermoe« om stres te hanteer. Oorsake van stres Gegrond op die resultate blykdit dat ongeletterde werknemers geneig is om in’n groter mate as die geletterde groep,probleme te ondervind met oorsake van stres, binne sowel as buite die organisasie. Hoe« strestellings ten opsigte van oorsake buite die werk- situasie vir die ongeletterde groep kan moontlik toegeskryf word aan die huidige ekonomiese en politieke situasie waar werknemers onder andere afgedank word en baie verande- ringe plaasvind. Ngwezi (1988) is van mening dat ’n swak ekonomiese situasie veral deur ongeletterde mense gevoel word vanwee« hulle beperkte bronne/opsies om maniere te vind om hul situasie te verbeter. Ander redes kan moontlik aangevoer word, maar moet deur middel van verdere na- vorsing bepaal word.Werknemers moet dus in ag neem dat ongeletterde werknemers baie stressors buite die werkom- gewing ervaar en kan hulle probeer ondersteun deur middel van byvoorbeeld behuising en mediese steun, ontwik- kelingskursusse en ander opvoedkundige steun, regs- en huweliksadvies, vervoer en geldelike steun, ontspanningsge- riewe, ens. Geletterde werknemers kan buite die werksituasie gesteun word deur ontspanningsgeriewe te skep (byvoor- beeld vir muurbal en gholf). Wat oorsake van stres binne die organisasie betref, het die on- geletterde groep hoogs beduidende laer tellings (hoe« r stres) as die geletterde groep ten opsigte van taakeienskappe, ¢siese werksomstandighede en werktoerusting behaal. Beduidende verskille in tellings is ook ten opsigte van sosiale aangeleent- hede, vergoeding en byvoordele gevind. Bogenoemde resultate kan dui op’n behoefte onder laervlak- werknemers om die geleentheid te he“ om hulle vaardighede binne toereikende ¢siese werksomstandighede te verbeter sodat taakeise meer e¡ektief binne hierdie konteks gehanteer VAN ZYL, BESTER22 kan word. Werkgewers moet seker maak dat veral laervlak- werknemers die geleentheid kry om nuwe idees toe te pas, oor voldoende inligting beskik en volle verantwoordelik- heid het om hulle werk te doen, outonoom kan funksioneer en genoeg werk het om hulle besig te hou.Voorts kan aspekte soos voldoende vergoeding en byvoordele en die gevoel by laervlakwerknemers dat hulle ’n positiewe status in die onderneming het ook die gevolg wees van die doeltre¡ende hantering van taakeise. Deur stressors in die werksituasie te verminder (soos hierbo beskryf) sal veral laervlakwerkne- mers beter geleenthede en motivering he“ om teen optimale prestasievlakke te werk, vinniger leer en ontwikkel, minder stres ervaar en meer produktief wees waardeur beide werk- nemer en werkgewer sal baat. Geletterde werknemers kan binne die werksituasie ondersteun word deur hulle in kon- £ikhantering en kommunikasievaardighede op te lei. Ten slotte, in die lig van die hoe« stresvlakke by Suid-A¢kaners (soos reeds bespreek) behoort groter klem gele“ te word op die voorkoming van hoe« stresvlakke by werknemers (veral by ongeletterde werknemers) in ondernemingverband. Werkge- wers/sielkundiges kan ’n belangrike rol hierin speel deur op die resultate van hierdie studie te fokus. VERWYSINGS Auerbach, S.M. & Gramling, S.E. (1998). Stress management; Psychological foundations. New Jersey: Prentice Hall Barnett, R.C. & Brennan, R.T. (1995). The relationship be- tween job experiences and psychological distress: a struc- tural equation approach. Journal of Organizational Behavior, 16(3), 259 276 Bartlett, D. (1998). Stress: perspectives and processes. Buckingham: Open University Press Cartwright, S.C. & Cooper, C.L. (1997). Managing workplace stress. London: Sage Cooper, C.L. & Sutherland, V.J. (1990). Understanding Stress. London: Chapmann & Hall. Cox,T. (1978). Stress. London: Macmillan. Davies, B. (1986).The environment in£uences on black mana- ger performance. Black advancement,4, 3-7. Darkenwald, G.G. & Merrian, S.B. (1982). Adult education: foun- dations of practise. NewYork: Harper & Row. French, E. (1990). Literacyand the private sector in SouthAfri- ca: lessons from the eighties.1PM Journal, 8(10), 4-10. Gatto, R.P. (1991). Controlling stress in the workplace. Pittsburgh: GTA Gerdes, L.C. (1992). Impressions and questions about psycho- logy and psychologists. South African Journal of Psychology, 22(2), 3 9-43. Keenan. A. & Newton,T.J. (1984). Frustration in organizations; Relationships to role stress, climate and psychological strain. Journal of Occupational Psychology, 57(1), 57-65. Lazarus, R.S. (1991). Psychological stress in the workplace. In P.L. Parrewe (Ed)., Handbook on Job Stress. Madeara: Select Press. Lazarus, R.S. (1994). Psychological stress in the workplace. In P.L. Parrewe & R. Crandall (Eds.) Occupational stress: A handbook. NewYork:Taylor & Francis Lazarus, R.S. (1999). Stress and emotion. NewYork: Springer. Ludik, I.J.G. (1988). Stress and the nurse. Ongepubliseerde M.Com.- verhandeling, Universiteit van Pretoria, Pretoria. Moerdyk, A.P. (1983). Black advancement and stress: A literature re- view and conceptual synthesis. Johannesburg: Nasionale In- stituut vir Personeelnavorsing. Ngwezi, A.A. (1989). Stresslevelsand copingstylesamongst teachers. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, Pretoria. Olivier, C. (1989). Kursus: objektiewe evaluering. Pretoria: Uni- versiteit van Pretoria. Outlaw, F.H. (1993). Stress and coping: the in£uence of racism in the cognitive appraisal processing of Americans. Issuesin mental Health.14(4), 399-404. Patel, C. (1991).Thecompleteguidetostressmanagement. NewYork: Plenum. Pienaar, J.W. (1998).Verskille in werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke en swart middelvlakbestuurspersoneel in ’n Suid-Afrikaanse diensorganisasie. Ongepubliseerde M.Soc.Sc.-verhandeling, Universiteit van die OranjeVrystaat, Bloemfontein. Prins, H. (1995). Die e¡ek van regstellendeaksie op’ngroepadministra- tiewe werknemers soos dit blyk uit hy ervaring van stres. Ongepu- bliseerde B .P.L.verhandeling, Universiteit van die Oranje- Vrystaat, Bloemfontein. Reese, K. (1981). Black managers in white businesses. Business South Africa,16(8), 22-25 Smallegan, M. (1989). Level of depressive symptoms and life stresses for culturally diverse older adults.The Gerontologist, 29(1), 45-51. Smith, J.C. (1993). Understanding stress and coping. New York: MacMillan. Sullivan, CA. (1995). A salutogenic study of stress. Ongepubli- seerde M.A.-verhandeling, Randse Afrikaanse Univer- siteit, Johannesburg. Van Graan, F. (1981). Workstress: An psychological investigation. Ongepubliseerde doktorale proefskrif, Potchefstroomse Universiteit, Potchefstroom. Van Zyl, E.S. (1991).The Development of a measuring instrument of workstress among high level employees. Ongepubliseerde dok- torale verhandeling, Universiteit van Pretoria, Pretoria. Van Zyl, E.S. (1996). The experience of stress amongst higher level black employees. Acta Academica, 2 8(2), 3 9-43. Van Zyl, E.S. & Van der Walt, H.S. (1994). Die ontwikkeling van ’n meetinstrument van werkstres. South AfricanJournal for Industrial Psychology, 20(4), 22-28. Watts, J.C. (1985). Black managers and their work colleagues in selected industrial organizations in Natal. Ongepubliseerde doktorale verhandeling, Universiteit van Natal, Durban. 23VLAK EN OORSAKE VAN WERKSTRES