Microsoft Word - 1977 3-1 Opleiding van bedryfsielkundiges aan die Universiteit van die OranjeVrystaat.doc DIE OPLEIDING VAN BEDRYFSIELKUNDIGES AAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE ORANJE-VRYSTAAT H.P. LANGENHOVEN DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE UNIVERSITEIT VAN DIE ORANJE-VRYSTAAT Inleiding Die Departement Bedryfsielkunde is in 1968 as 'n volwaardige departement in die Fakulteit van Ekonomiese en Administratiewe Wetenskappe aan die Vrystaatse Universiteit ingestel. Voorheen is die vak vir etlike jare deur die Departement Sielkunde aangebied. Bedryfsielkunde kan vir die B.Com., B.Admin., B.Soc.Sc. en B.P.L. (Baccalaureus in Personeelleiding) graadrigtings geneem word. Die opleidingspersoneel bestaan tans uit 'n Professor, 2 Senior Lektore en 2 Lektore. Daar is ook 'n Senior Lektor/Navorser en Senior Vakkundige Beampte in die Afdeling Personeelnavorsing, wat onder leiding van die hoof van die departement funksioneer. Verder beskik die departement oor die dienste van twee dames wat albei halfdag werk, naamlik 'n Akademiese Assistent en 'n Tikster. Studentetalle Die studentetalle het oor die tien jaar van die departement se bestaan soos volg toegeneem: 1968 1977 Eerstejaars 40 120 Tweedejaars 37 66 Derdejaars 13 46 Honneursgraad 4 12 Magistergraad 1 12 Doktorsgraad 1 5 TOTAAL 96 261 Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1977 3.1 Opleiding van Bedryfsielkundiges (H.P. Langenhoven) 2 Oor dieselfde tydperk is die volgende getalle nagraadse kwalifikasies in Bedryfsielkunde verwerf: Honneursgraad 48 Magistergraad 10 Doktorsgraad 5 Benadering tot die vak Die Bedryfsielkunde word gesien as 'n toegepaste gedragswetenskap. Dit is gemoeid met 'n studie en toepassing van die begrippe, beginsels en tegnieke van die Sielkunde op die mensprobleme van die bedryf. As gedragswetenskap maak dit 'n studie van menslike gedrag, met die oog daarop om dit beter te verstaan, te voorspel en te beïnvloed. As toegepaste weten- skap probeer dit die gaping oorbrug tussen die wetenskap en die bedryf; dit soek in die wetenskap oplossings vir bedryfsprobleme, en in die bedryf toepassingsmoontlikhede vir die wetenskap. In elke organisasie is die mens 'n uiters belangrike faktor as werker, bestuurder of verbruiker. Om organisasies beter te verstaan en hul effektiwiteit te verhoog, kan daar met vrug by die mens begin word. Dis sy optrede in wisselwerking met ander hulpbronne wat resultate bepaal. Ingrypende veranderings is besig om in te tree waarby die mens nie altyd in staat of gewillig is om aan te pas nie. Die natuurwetenskappe het ons gehelp om ons fisiese omgewing redelik goed te verstaan; die wetenskap moet ons ook help om die mens beter te verstaan. In die Bedryfsielkunde spits ons ons toe op 'n beter begrip van en meer effektiewe benadering tot die mens in die bedryfsituasie. Kursusinhoud Om menslike gedrag te probeer verstaan, moet aandag aan verskeie aangeleenthede gegee word, insluitende: − die fisiologiese grondslae van gedrag; − vermoëns, verstandelik en fisies, aangebore en aangeleer; − behoeftes wat dryfvere aan die gang sit om oogmerke te bereik; − sielkundige prosesse soos persepsie, die leerproses en motivering; − individuele verskille en die meting en verandering daarvan; Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1977 3.1 Opleiding van Bedryfsielkundiges (H.P. Langenhoven) 3 − die persoonlikheid as totaal-sisteem wat tipiese gedragsneigings bepaal; − die mens as sosiale wese, interpersoonlike verhoudinge, groepgedrag en leierskap; − die mens in verhouding met sy fisiese omgewing. Hierdie grondslae van gedrag word in die aanbieding, sover as moontlik in verband gebring met die toepassing daarvan in die praktyk. Die leerplanne is soos volg ingedeel: Eerste jaar - 1ste Semester: Inleiding tot die Algemene Sielkunde 2de Semester: Inleiding tot die Bedryfsielkunde Tweede jaar - 1ste Semester: Personeelsielkunde insluitende Personeelvoorsiening Opleiding en ontwikkeling 2de Semester: Verbruikersielkunde insluitende Advertensies Verkoopsielkunde Verbruikersgedrag Derde jaar - 1ste Semester: Sosiale Bedryfsielkunde insluitende Organisatoriese Sielkunde Groepgedrag en leierskap 2de Semester: Die Personeelbestuursfunksie insluitende Aard en Ontwikkeling Vergoeding en Personeelnavorsing Honneurs: Navorsingsmetodiek Personeelbestuur of Verbruikersielkunde Arbeidsverhoudinge of Openbare skakeling Organisatoriese gedrag ‘n Skripsie oor ‘n toepaslike onderwerp Aanvullend tot die teoretiese werk van vier periodes per week, moet Bedryfsielkunde studente ook praktiese werk van twee periodes per week doen. Vakkombinasies Vir die B.Com.-graad kan Bedryfsielkunde saam met Bedryfsekonomie, Ekonomie, Rekeningkunde, Handelsreg en Statistiek geneem word. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1977 3.1 Opleiding van Bedryfsielkundiges (H.P. Langenhoven) 4 In die B.Admin.-rigting kan Bedryfsielkunde saam met Staatsadministrasie, Staatsleer, Ekonomie en verskeie ander keusevakke tot in die derde jaar geneem word. Nagraadse opleiding in Bedryfsielkunde vir B.Admin.-studente word beperk tot dié wat voor 1977 ingeskryf het. Vir die B.Soc.Sc.-graad kan Bedryfsielkunde saam met Bedryfsosiologie, Bedryfsekonomie en sekere ander keusevakke geneem word. Die B.P.L.-graad (Baccalaureus in Personeelleiding) is in 1975 ingestel om aan studente die geleentheid te bied vir professionele opleiding as personeelkundiges. Die rasionaal daarvan is om met die regte kombinasie van voorgraadse vakke en spesiale praktiese werk in Bedryfsielkunde die grondslae te lê vir nagraadse spesialisasie in personeelbestuur. Die leergange is saamgestel om al die belangrikste kennisterreine in te sluit: − Bedryfsielkunde as toegepaste gedragswetenskap om studente te help om menslike gedrag in die bedryf beter te verstaan; − Bedryfsekonomie of Toegepaste Volkekunde of Staatsadministrasie of Bedryf- sosiologie, met hulle ondersteunende vakke, om die terrein van toepassing beter te verstaan; − Handelsreg of Staats- en Administratiefreg en Wettereg om die toepaslike wetgewing beter te verstaan; − Statistiek om gegewens beter te kan verwerk en vakkundige verslae op te stel en te verstaan. Spesiale praktiese werk word van die tweede jaar af aan B.P.L.-studente gegee om hulle te help om al hierdie kennis in verband met mekaar te bring en oordeelkundig in die praktyk toe te pas. Daar word ook gepoog om die vermoë te versterk om skeppend te dink en probleme op die personeelterrein op te los. Dit word gedoen deur middel van verskillende ma- niere van blootstelling aan die bedryfsituasie; en aktivering tot denke oor personeelprobleme. Navorsing Navorsing in die Afdeling Personeelnavorsing van die departement word veral gerig op kommunikasie met, en dienste aan die bedryf, in verband met verskeie aspekte van personeel- bestuur. Onder ons omstandighede en met die fasiliteite tot ons beskikking, is die vraelys- metode feitlik die enigste praktiese wyse om inligting te bekom. Op die manier kry ons die Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1977 3.1 Opleiding van Bedryfsielkundiges (H.P. Langenhoven) 5 bedryf se hulp met die insameling van gegewens en stel ons medewerkers ons in staat om 'n diens aan hulle te lewer. In ruil vir hulle samewerking word 'n verslag wat opgestel word om so bruikbaar as moontlik te wees, gratis aan alle deelnemende ondernemings gestuur, en ook aan ander beskikbaar gestel teen 'n nominale bydrae tot ons personeelnavorsingsfonds. Sekert 1969 is 25 sodanige verslae gepubliseer, 23 waarvan ook in die tweede taal, d.w.s. 48 verslae altesaam. Beroepsgeleenthede Daar kan op verskillende terreine met vrug gebruik gemaak word van die kennis en insigte wat die gedragswetenskappe reeds ontbloot het, en van die metodes en dienste van bedryfsielkundiges. In alle bestuurswerk waar oogmerke deur en met mense bereik moet word, kan opleiding in Bedryfsielkunde help om menslike gedrag beter te verstaan, te voorspel en in die verlangde rigting te lei. Elke bestuurder kan nie 'n gedragswetenskaplike wees nie, maar elke bietjie opleiding in hierdie rigting maak hom minder afhanklik van deskundige hulp, en stel hom beter in staat om hulle advies te evalueer en te benut. Ander soorte werk wat in verhouding met mense gedoen word, sluit in onder- handelinge, konsultasie, verskillende soorte ontwerp, instruksie, oorreding, reklame, verkope, inligtinghantering, en dienste van allerlei aard. Alle personeelbestuursfunksies sal ook nooit in alle ondernemings slegs deur personeelspesialiste gedoen word nie. Selfs beperkte oplei- ding in die Bedryfsielkunde kan vir hierdie mense van waarde wees. Aan spesialistewerk vir Bedryfsielkundiges wat deskundiges op hulle gebied wil word, is daar ook geen skaarste nie. Geleenthede vir hierdie mense is veral te vinde in die personeel- departemente van groot organisasies, in navorsingsinrigtings en in advertensie- en konsulterende agentskappe. Hulle hou hulle veral besig met navorsing, beplanning, programontwikkeling, konsultasie en die evaluering en verbetering van organisatoriese prosesse. Hierdie mense kan volle professionele status verkry deur registrasie as Sielkundiges in die kategorie Bedryfsielkunde, kragtens Wet Nr. 56 van 1974. Hulle moet minstens ‘n Magis- ter-graad in die Bedryfsielkunde hê, en minstens twaalf maande praktiese ondervinding in sielkundige prosedures onder toesig van 'n geregistreerde Sielkundige opgedoen het. Die titel Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1977 3.1 Opleiding van Bedryfsielkundiges (H.P. Langenhoven) 6 van Sielkundige en sekere soorte werk soos om as Sielkundige te praktiseer en sekere toetse toe te pas, word kragtens Wet vir sodanig gekwalifiseerde Sielkundiges gereserveer. Hoewel opleiding in Bedryfsielkunde dus nie net waarde het vir persone wat enduit met die vak wil voortgaan nie, is die weg oop vir volle professionele status met al die voordele wat dit bied. _________________