(Microsoft Word - 1980 6-2 Tydori\353ntasie - Literatuurondersoek.doc) WAT IS TYDORIËNTASIE? - 'N KRITIESE LITERATUURONDERSOEK J.C.D. AUGUSTYN DEPARTEMENT BEDRYFSIELKUNDE RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT ABSTRACT Research on the experience of and time orientation in particular is critically analysed against the time orientation dimension of the 4 dimensional theory of human behaviour (Raubenheimer, 1978). Deficiencies in research (especially at a conceptual level) are identified and the conclusion is drawn that the 4 dimensional theory is the only suitable frame of reference for studying time orientation as a construct of human behaviour. In sy raamwerk vir die ontwikkeling van 'n 4-dimensionele teorie van menslike gedrag identifiseer Raubenheimer (1978) tydoriëntasie as 'n primêre eerste-orde klassifikasie- dimensie. Hy wys voorts daarop dat die wetenskap1ike bestudering en meting van tydoriëntasie as 'n dimensie of eienskap 'n besondere deurbraak kan lewer in die soeke na 'n beter begrip en verklaring van menslike gedrag. Raubenheimer (1978) suggereer verder dat daar na alle waarskyn1ikheid sekere oorwegende (tans onomlynde) tydoriëntasiestyle bestaan waarvolgens individue geklassifiseer kan word. Tydoriëntasie is volgens hom 'n basiese, hoogs abstrakte konsep van menslike gedrag en moet as eerste stap in die rigting van empiriese verifiëring daarvan, op 'n logies- rasionele vlak omskryf word en daarna aan verdere fases in die valideringsproses onderwerp word. Die vraag sou gevra kan word of tydbelewenis as gedragskonstruk nie reeds in so 'n mate deur vorige navorsing omlyn is dat dit net verder uitgebou kan word om tydoriëntasie bevredigend te definieer nie. 'n Logiese eerste stap in die poging tot omlyning van die konstruk tydoriëntasie is derhalwe om die beskikbare literatuur ten opsigte van tyd en tydbelewenis krities te ontleed met die tydoriëntasiedimensie van die 4-dimensionele teorie (Raubenheimer, 1978) as agtergrond. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 2 Hierdie oorsig het nie 'n volledige literatuurstudie ten doel nie, maar poog om hoof tendense in die beskikbare literatuur te ondersoek ten einde vas te stel of daar enige bestaande rig1yne is vir die konseptuele omlyning van die tydoriëntasiedimensie van die 4-dimensionele teorie van menslike gedrag. Vanaf ongeveer die helfte van die vorige eeu het sielkundiges in 'n toenemende mate begin belangstel in die mens se ondervinding van tyd. Sedertdien het verskeie samevattings van die literatuur verskyn waaronder Nichols (1890), Dunlap (1911; 1912; 1914; 1916), Swindle (1920), Weber (1933), Gilliland, Hofe1d en Eckstrand (1946), Wallace en Rabin (1960) en Hoornaert (1973) waarskynlik die belangrikste is. Uit hierdie literatuursamevattings is dit duidelik dat die tydnavorsing van die afgelope anderhalf eeu breedweg in drie kategorieë of tydvakke groepeer kan word, naamlik die suiwer eksperimentele bestudering van tyd gedurende die jare 1850-1900, die bestudering van tyd gedurende die eerste he1fte van die twintigste eeu en die bestudering van tydperspektief vanaf ongeveer 1950. DIE EKSPERIMENTELE BESTUDERING VAN TYD (1850 - 1900) Die be1angrikste navorsing en navorsingsbevindings gedurende hierdie periode word breedvoerig deur Nichols (1890) saamgevat. Kenmerkend van hierdie periode is dat dit die ontstaan van die eksperimentele sielkunde ingelui het en dat die bestudering van tyd noodwendig ook op die agenda van die eksperimentele 1aboratorium geplaas is. Die klem in die eksperimentele werk het hoofsaaklik geva1 op pogings om 'n sielkundige eenheid vir tydwaarneming te vind - 'n eenheid wat Zermak en Wundt 'n Zeitsinn en James 'n waarnemingsoomblik (specious present) genoem het (Nichols, 1890). Ondanks vo1gehoue pogings deur onder andere Wundt, Zermak, Kollert, Mehner en Münsterberg kon die skynbaar filosofies goedberedeneerde ideaal van 'n sielkundige eenheid van tyd egter nooit eksperimentee1 bevestig word nie en is dit vandag duidelik dat die suiwer eksperimentele bestudering van tyd weinig bygedra het tot 'n beter begrip van die betekenis van sielkundige tyd in die algemeen. Die werklike betekenis van sielkundige tyd was nog steeds 'n onbekende soos aan die begin van die huidige eeu soos Mellone (1907) tereg opmerk: "The psychology of time is very obscure and little light can be thrown on many of the details" (p. 353). Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 3 Die enigste positiewe bydrae van die groot verskeidenheid eksperimentele werk op die gebied van tyd is waarskynlik daarin geleë dat tyd en tydpersepsie ongemerk 'n integrale deel van die sielkunde aan die begin van die twintigste eeu geword het. Die begrip tyd het dus onom1yn gebly en geen riglyne vir die omlyning van die konstruk tydoriëntasie soos deur Raubenheimer (1978) gesuggereer, het gedurende hierdie periode na vore gekom nie. DIE BESTUDERING VAN TYD GEDURENDE DIE EERSTE HELFTE VAN DIE TWINTIGSTE EEU Volgens Fraisse (1963) kan die beskikbare literatuur in hierdie periode breedweg opgedeel word in drie kategorieë naamlik die mens se kondisionering tot tyd, sy persepsie van tyd en kontrole wat oor tyd uitgeoefen kan word. Ten opsigte van die kondisionering tot tyd kan verskeie voorbeelde aangehaal word wat daarop dui dat mense en diere in staat is om aan te pas by die periodieke veranderings waaraan hulle onderworpe is en daardeur wel gekondisioneer word tot tyd. Kramer (1952) en Macleod en Roff (1938) vind positiewe bewyse vir 'n interne of biologiese tydmeganisme. Marquis (1949) bevestig hierdie bevinding deurdat hy definitiewe kondisionering tot tyd by maaltydsiklusse aandui. Die grootste aantal studies is egter op diere uitgevoer (vergelyk Gamble en Keeble, 1905; Hunt en Schlosberg, 1939) en slegs teoretiese parallelle kan getrek word tussen die dier en die mens se kondisionering tot tyd. Veral wanneer gespekuleer word oor die moontlike invloed tydkondisionering op die gedrag van die mens in alledaagse situasies is slegs vae inferensies moontlik. Die persepsie van tyd is in 'n groot verskeidenheid studies ondersoek. Tydpersepsie by diere is ondersoek deur onder andere Hunter (1913), Yarbrough (1917), Cowan (1923) en Honzik (1931) terwyl die skatting van tydverloop deur onder andere Myers (1916), Swift en McGeoch (1925), Triplett (1931), Smythe en Goldstone (1957), Roelofs en Zeeman (1951) en Rabin (1957) ondersoek is. Dié studies was egter hoofsaaklik op kort tydintervalle toegespits en het besondere uiteenlopende resultate gelewer. Pogings om die bestaan van enige vorm van ‘n fisiologiese tydsintuig te lokaliseer het egter weinig empiriese ondersteuning gekry. Hoewel Ross en Katchmar (1951) die chron en Gregg (1951) die temp vir hierdie doe1 Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 4 ontwikke1 het, het hierdie eenhede egter nooit tot a1gemeen aanvaarde tydeenhede ontwikke1 nie en geen verdere navorsing het daaruit voortgevloei nie. Die bestudering van tydskatting is vera1 gekontamineer deur metodologiese probleme as gevolg van verskillende metodes van tydskatting. Swift en McGeoch (1925) gebruik verbale skattings van tydintervalle, Rabin (1957) 1aat 'n tydinterva1 produseer, Younge en Sumner (1954) 1aat 'n standaard tydinterva1 reproduseer terwy1 Turchioe (1948) proef- persone gevra het om twee standaard tydintervalle te vergelyk. Hoewe1 duide1ik verski1- 1ende metodes gebruik is en uiteenlopende resu1tate verkry is, is die moont1ike moderende invloed van die metode van skatting nooit ondersoek nie. Die belowendste resu1tate gedurende hierdie periode is verkry deur 'n bestudering van die mens se vermoë tot kontrole oor tyd. Een van die be1angrikste verskille tussen die mens en die dier is die mens se skynbare vermoë om kontrole oor tyd uit te oefen deur dit te manipu1eer tot sy eie voordee1. Die belangrikste bevindings wat na vore gekom het is die vo1gende: − Daar is ongetwyfeld 'n ontwikke1ingsproses aanwesig (wat dus 'n groeiproses imp1iseer) vanaf geen of weinig kontro1e oor tyd tot 'n normale volwasse beheer oor tyd en veranderingsprosesse (Yates, 1938; Wallace en Rabin, 1960; Piaget, 1955). − Norma1e beheer oor tyd is 'n re1atiewe begrip en aansienlike verskille kom tussen kultuurgroepe voor (Cohen, 1954; Masler, 1973; Nzimande, 1951; Hallowell, 1967). Hieruit kan afgelei word dat die groei van tydervaring nie noodwendig suiwer geneties bepaal word nie, maar in 'n groot mate modereer word deur sosia1e inv1oede. − Versteurings kan in die mens se kontrole oor tyd voorkom, vera1 by sekere vorme van geestesversteurdheid (Minkowski, 1926; Federn, 1952; Bromberg, 1941). Hoewe1 die eerste vyftig jaar van die twintigste eeu 'n besondere vrugbare tyd was vir die bestudering van tyd is geen besondere deurbrake gedurende hierdie tyd gemaak nie en word ook hier weinig riglyne vir die konseptuele om1yning van die konstruk tydoriëntasie gevind. Verskeie redes kan waarskynlik vir hierdie toedrag van sake aangevoer word. − Daar is vir etlike jare nog steeds vasgehou aan die vroeë eksperimentele benadering wat tydsin as dee1 van die fisiologiese sisteem van die 1iggaam wou identifiseer. − Die vermoë om tyd te skat, te reproduseer of te produseer is 'n skattingsproses wat veral gebaseer is op ondervinding en bewustheid van omstandighede. Sodanige skatting word Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 5 beinvloed deur spesiale toestande soos angs, spanning, verdowingsmiddels en ander invloede en bring sonder twyfe1 groot verskille in tydskatting na vore. Hoewe1 1aasgenoemde verskynse1 verskeie kere eksperimentee1 bewys is het navorsers halsstarrig voortgegaan met ontoereikende eksperimentele ontwerpe in hulle bestudering van tydskatting, ongeag die feit dat hulle dikwels daarvan bewus was dat resu1tate tot groot uiteenlopendheid gedoem was. − Tydstudies is in die algemeen gekenmerk deur ‘n ondersoek na mikroveranderlikes van tyd binne die beperkte omvang van die kusnmatige laboratoriumsituasie en weinig voorsiening is gemaak vir die rol van die persoonlikheid, geheue, verwagtings en aspirasies van proefpersone. DIE BESTUDERING VAN TYDPERSPEKTIEF (1950 - ) Wallace (1956) het met sy ondersoek na die toekomstydpersepktief van skisofrene die weg gebaan vir 'n klemverskuiwing in tydnavorsing. Na 1950 het bykans al die navorsers oor tyd hulle aandag begin toespits op die bestudering van tydperspektief. Hierdie navorsing het 'n groot gebied gedek waarvan die volgende voorbeelde is: skisofrenie en tydperspektief (Wallace, 1956; Dilling en Rabin, 1967; Zwisster, 1966), angstoestande en tydperspektief (Krauss, 1967; Albers, 1965), alkoholisme en tydperspektief (Roos en Albers, 1965; Smart 1968), doodsangs en tydperspektief (Dickstein en Blatt, 1966; Bonaparte, 1940; Bascue, 1972), jeugmisdaad en tydperspektief (Barndt en Johnson, 1955; Ricks, Umbarger en Mack, 1964), sosiale klas en tydperspektief (Le Shan, 1952; Green en Roberts, 1961) en mo- tiveringsvlak, prestasie en tydperspektief (Knapp en Garbutt, 1958; Teahan, 1958). Hoewel die bestudering van tydperspektief besondere prominensie gedurende die afgelope 20 jaar gekry het, is die navorsingsbevindings weer eens uiters teleurstellend vir die omlyning van 'n konstruk soos tydoriëntasie. Redes vir hierdie toedrag van sake kan as volg saamgevat word: − Oormatige klem is geplaas op die bestudering van die rol van tydperspektief in die psigopatologie en elke studiegebied (skisofrenie, alkoholisme, angs en ander afwykende gedrag) is benader met die vooraf postulaat dat die toekomsperspektief van die normale individu konstant of vir alle individue dieselfde is. Deur hierdie uitgangspunt aan te neem het navorsers weinig aandag gegee aan die rol van toekomsperspektief by die verklaring van normale gedrag in die alledaagse lewe. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 6 − Die indruk word verder verkry dat navorsers besig is om die begrip tydperspektief drasties te fragmenteer na klein geïsoleerde eenhede wat geen verband met mekaar hou nie en 'n losse karakter aan die begrip tydperspektief gee. − Belowende gedagtes ten opsigte van die rol van tydpersepsie in beroepsgedrag, wat deur navorsers in vroeë fases geopper is, is nooit opgevolg in latere navorsing nie. Bromberg (1938) en Pistor (1939) verwys in hulle bespreking van die tydkonsep by kinders na die ontwikkeling van die begrippe hede, verlede en toekoms en trek op spesifieke ontwikkelingstadiums parallelle tussen die kind se tydpersepsie en die tydpersepsie by primitiewe kultuurgroepe. Deur dit eksplisiet te stel dat tydoriëntasie nie geneties oorerfbaar is nie, maar ontwikkel as 'n funksie van die sosiale omgewing, is hierdie skrywers van mening dat selfs 'n "gebrekkige" tydoriëntasie bevredigende gedrag in 'n sekere kultuurgroep of selfs in 'n sekere beroepsgroep na vore kan bring. Terminologiese verskille tussen skrywers maak dit bykans onmoontlik om enige vergelyk tussen navorsingsresultate te trek. Terme soos tydsin (Bonaparte, 1940), tyd- oriëntasie (Eissler, 1952), tydperspektief (Fink, 1957) toekomstydperspektief (Wallace, 1956), tydondervinding (Cohen, 1954) en tydpersepsie (Abbe, 1936) word uitruilbaar gebruik, soms selfs in dieselfde navorsingsprojek, sonder behoorlike konseptuele en operasionele definiëring van die term. Dit is verder verbasend om te vind dat voordat 'n begrip soos tydperspektief (vergelyk Fink, 1957) behoorlik konseptueel gedefinieer word daar reeds 'n bespreking plaasvind van die begrip toekomstydperspektief wat 'n onderafdeling van tydperspektief is (vergelyk Wallace, 1956). Hoewel skrywers soos Wallace (1956) en Wallace en Rabin (1960) eksplisiet gewaarsku het teen die ongedefineerdheid van sekere begrippe wat in tydnavorsing gebruik word, figureer hierdie uitruiling van terme nog steeds in die meeste navorsingspro- jekte. Samevattend wil dit voorkom asof daar na bykans 'n eeu van navorsing ten opsigte van tyd slegs die volgende breë riglyne na vore gekom het: − Daar is 'n geleidelike ontwikkeling van die tydkonsep soos wat die individu van kind na volwassene groei (vergelyk Springer, 1952) − Die skatting of evaluering van fisiese tyd verskaf geen leidrade vir 'n beter begrip van die mens se tydpersepsie en het nie meriete vir verdere navorsing nie. − Daar bestaan sonder twyfel 'n verband tussen die mens se tydervaring en sekere persoonlikheidstrekke (vergelyk Knapp en Greene, 1959; Calabresi en Cohen 1968). Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 7 − 'n Distorsie van die mens se tydervaring kom voor by sekere vorms van psigopatologie soos byvoorbeeld skisofrenie (Rabin, 1957), en alkoholisme (Roos en Albers, 1965) en ander spesiale toestande soos angs (Krauss, 1967) en verdowingsmiddels (Long, 1975). − Die betekenis van tyd kan verskil tussen kultuurgroepe (Cohen, 1954; Masler, 1973). Die grootste enkele probleem verbonde aan tydnavorsing is die bykans algehele gebrek aan teoriebou. Die behoefte aan teoriebou binne hierdie veld is nie nuut nie - Cohen (1954) en Wallace en Rabin (1960) het reeds twee dekades gelede op hierdie gebrek gewys. In die literatuur kon egter slegs drie pogings tot teoriebou opgespoor word. Origens word gevind dat die steeds onomlynde begrip tydoriëntasie besig is om te fragmenteer. Die eerste pogings tot teoriebou is 'n teoretiese bespreking van tyd deur Hugenholtz (1939) wat eers later finale beslag gekry het in 'n verdere teoretiese beskouing van menslike gedrag in verhouding tot tyd (Hugenholtz, 1959). Verdere verdienstelike pogings was 'n ondersoek na die verband tussen persoonlikheid en subjektiewe tydondervinding deur Wessman (1973) en 'n ontleding van die dimensies van tydondervinding deur Yonge (1974). Hugenholtz se teorie oor tyd Een van die uitstaande kenmerke van Hugenholtz se werk is dat hy weggebreek het van die gebruik om tydgedrag en tydondervinding te beskryf in terme van die tyddimensies verlede, hede en toekoms. In die plek hiervan klassifiseer hy tyd in vier kategorieë en gee 'n bespreking van elkeen. Fisiese tyd word as die eerste tydvlak geïdentifiseer. Hiervolgens word gedrag sodanig deur fisiese tyd beïnvloed dat gebeurtenisse uitgespel word in terme van die horlosie of die kalender en selfs die verlede, hede en toekoms is 'n abstrakte sisteem van horlosietyd en kalendertyd. Hugenholtz (1959) sien hierdie tipe tyd as dít wat orde bring in die menslike bestaan en wat konkreet waargeneem word deur die mens. Wanneer die mens bewus raak van tyd het ons te doen met dierlike tyd. Dierlike tyd bestaan uit die dier (of mens) se reaksie op 'n tydsmoment en dit is derhalwe 'n tyd van oomblikke of kort bewussynsprosesse en word gekenmerk deur die ewige, tydlose, statiese en soms oorweldigende karaktertrek van hierdie tyd sonder 'n tydhorison. Tydbelewenis op die "dierlike" vlak is in 'n groot mate omgewingsgebonde en die mens pas aan by hierdie natuurlike tydomlyning wat vir hom geskep is. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 8 Vitale tyd is daardie tyd wat orde en struktuur teweegbring deur die organisme en die omgewing aan mekaar te verbind en sodoende die vaste verloop van die menslike lewe definieer. Die hede, verlede en toekoms is ineengeskakel en beïnvloed mekaar onderling. Hugenholtz bring hier 'n verdere dimensie by, naamlik tydperspektief of tydhorison en sien vitale tyd as 'n tydbelewenis wat deur die mens aangepas is by 'n vooropgestelde tydprogram waarin dinge moet gebeur. Menslike tyd ontstaan wanneer die mens bewus raak van sekere kragte wat deur tydverloop op hom uitgeoefen word en dat hy besef dat hy kan reageer op hierdie kragte en soms self beheer daaroor kan uitoefen. Begrippe soos selfrealisasie, 'n breë tydhorison en skeppendheid figureer sterk binne hierdie tydoriëntasiestyl. Hugenholtz (1959, p. 51) som hierdie vier vorme van tyd soos volg op: "de fysieke tijd maakt de mens tot tijdelijk-objek onder tijdelijke objecten, de vitale tijd verdicht de mens tot organische tijdelijkheid van eigen bestaan als plant, de animale tijd in- dividueert dit bestaan tot een subjectieve binnenwereld als dier en de humane tijd verper- soonlijkt de principe tot creatieve self-realisatie". In sy bespreking van die vier tydvorme het Hugenholtz op 'n teoreties-filosofiese wyse gepoog om tydsbelewenis en persoonlikheid in verband met mekaar te bring hoewel die persoonlikheidstrekke, wat geassosieer word met die onderskeie tydvorme, nie eksplisiet uitgespel word nie. Hugenholtz volstaan slegs met die iewat vae stelling dat tydbelewenis en persoonlikheid mekaar wel onderling beïnvloed. Wessman se werk oor die subjektiewe ondervinding van tyd Volgens Wessman (1973) varieer die ondervinding van tyd asook die wyse waarop dit benut word tussen individue. Hierdie verskille kan egter gemeet word en betekenisvol geskoppel word aan persoonlikheidstrekke. Ten einde sy siening te rugsteun stel Wessman ‘n vraelys op met 201 items rakende tydbelewenis en laat dit voltooi deur 110 studente aan die Universiteit van Harvard. Die matriks van 201 interkorrelasies word onderwerp aan ‘n faktoranalise en vier basiese faktore word op hierdie wyse onttrek. ‘n Tweede vraelys, bestaande uit 80 items wat verteenwoordigend is van die 10 mees positief gelaaide en 10 mees negatief gelaaide items op elkeen van die vier basiese faktore, word opgestel en die Ricks- Epley Temporal Experience Questionnaire (TEQ) genoem. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 9 Oor ‘n drie-jaar tydperk het 365 proefpersone hierdie vraelys, asook standaard persoonlikheidsvraelyste soos die 16 PF, die M M P I, die Rorschach en die TAT voltooi. Die persoonlikheidsdtellings en tellings op die TEQ is interkorreleer. Die resultaat van die ontledeing word in Figuur 1 skematies uiteengesit. Die studie van Wessman toon aan dat daar duidelike individuele verskille bestaan in die ondervinding en benutting van tyd en dui verder aan dat daar ‘n definitiewe verwantskap bestaan tussen tydondervinding en persoonlikheid. Wessman stel voor dat hierdie navorsing opgevolg word in werklike situasies omdat dit sy oortuiging is dat tydbelewenis ‘n integrale deel is van die komplekse proses wat menslike aktiwiteit reguleer: “The awareness of time appears intimately related to the development and organization of man’s most distinctive cognitive and symbolic functions. Human aims and activities exist and find meanding within the context of time” (Wessman, 1973, p. 113). EIENSKAP VAN FAKTOR PERSOONLIKHEIDSTREKKE BY: FAKTOR FAKTOR BENAMING POSITIEF NEGATIEF POSITIEWE FAKTOR NEGATIEWE FAKTOR I Onmiddellike tyddruk Beheer oor en aanpassing by tyd Gebrek aan kontrole oor tyd Verbeeldingryk, selfversekerd en ontspanne Skuldgevoel, gespanne en, “Praxernia” (Word reguleer deur eksterne faktore) II Langtermyn persoonlike rigting Kontinue tyddoelwit Gebrek aan kontinuïteit en gebrek aan tyddoelwit Hoë selfwaarde en optimisme Gebrek aan selfwaarde, depressie en identiteit III Tydbenutting Doeltreffende skedulering Oneffektiewe tydgebruik Entoesiasme, sterk super-ego, ernstig en konsensieus Terughoudend, lae super-ego, geïnhibeerd en skaam IV Persoonlike bestendigheid Bestendig en betroubaar Onbestendig en veranderbaar Hoë egosterke, emosioneel stabiel en volwasse Lae egosterkte, emosioneel, onstabiel en ongedissiplineerd Figuur 1. Die verband tussen die subjektiewe ondervinding van tyd en persoonlikheidstrekke volgens die studie van Wessman (1973). Yonge se dimensies van tydondervinding In ‘n poging om die dimensies van tydondervinding te bepaal het Yonge (1974) ‘n vergelyking tussen vier meetinstrumente van tydpersepsie getref. Die meetinstrumente is die Personal Orientation Iventory (POI) wat ontwikkel is deur Shostrom (1966), die Experiential World Inventory (EWI) van Roos (Roos en Albers, 1965) en die Inventory of Temporal Experiences (ITE) ontwikkel deur Yonge (1973). Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 10 Die POI is ‘n geforseerde-keuse instrument wat ‘n onderskeid maak tussen tydbevoegdheid (lewe basies in hede, maar die verlede en toekoms is sinvol aan hierdie hede gekoppel) en tydonbevoegdheid (oormatige klem op verlede of toekoms of diskontinuiteit tussen verlede, hede en toekoms). Die EWI is ‘n vraelys wat die houding teenoor die verlede, hede en toekoms meet, terwyl die ITE die mate van menslike tyd (waarskynlikhede, keuses, skeppendheid), dierlike tyd (ewigdurend, staties, oorweldigend), vitale tyd (vloeiend, dinamies), en fisiese tyd (gebonde aan horlosie of kalender) meet. Hierdie vraelyste is aan 76 persone vir voltooiing gegee en tellings is geïnterkorreleer en daarna aan faktoranalise onderwerp. Drie betekenisvolle faktore is deur hierdie ontleding geïsoleer. Faktor 1 is Abnormale tyd genoem en dierlike tyd en tydonbevoegdheid het hoë positiewe beladings op hierdie faktor getoon, terwyl tydbevoegdheid en vitale tyd sterk negatiewe beladings getoon het. Faktor II is Skeppende tyd genoem en menslike tyd en tydbevoegdheid het hoë positiewe beladings op hierdie faktor getoon. Faktor III is Objektiewe, Abstrakte tyd genoem en fisiese tyd en tydonbevoegdheid het hoë positiewe beladings op hierdie faktor gehad. In sy poging om die gemeenskaplike dimensies by die vier vraelyste betreffende tydbelewenis vas te stel, het Yonge (1974) daarin geslaag om drie faktore te isoleer wat 'n gemeenskaplike variansie met ten minste twee van die ander vraelyste deel en hierdeur 'n belangrike bydrae maak tot die konsolidasie van meetinstrumente van tyd. Die waarde van Yonge se werk is nie daarin geleë dat hy die begrip tydbelewenis enigsins verder of beter omskryf het nie - dit is wel geleë in die feit dat hy gepoog het om gemeenskaplike faktore, wat deur die groot verskeidenheid meetinstrumente gemeet word, te isoleer en sodoende die basiese boustene van die mens se tydbelewenis te probeer omlyn. SAMEVATTING Uit hierdie oorsig is dit duidelik dat weinig riglyne vir die konseptuele omlyning van die konstruk tydoriëntasie in die literatuur bestaan. Hoewel die begrip tydoriëntasie saam met ander begrippe soos tydsin, tydondervinding en tydperspektief (om maar enkeles te noem) dikwels in die literatuur figureer is weinig (indien enige) poging aangewend om hierdie begrippe (konstrukte) konseptueel te omlyn. Daar kan tot die gevolgtrekking gekom word dat enkele bemoedigende pogings tot konsolidasie en teoriebou wel gedurende die afgelope dekade aangewend is, maar daar is nog Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 11 steeds onteenseglik 'n behoefte aan 'n meer geartikuleerde teorie ten opsigte van die rol van tydbelewenis in menslike gedrag. Die enigste werklike bestaande raamwerk waarbinne tydoriëntasie as konstruk "gehuisves" kan word is die 4-dimensionele teorie van Raubenheimer (1978) en die moontlikheid bestaan nou om tydoriëntasie volgens laasgenoemde riglyne konseptueel te omlyn. 'n Teorie van tydoriëntasie sal bo en behalwe die konsoliderende invloed op reeds bestaande navorsing oor tydoriëntasie ook 'n wesenlike bydrae lewer tot die verdere uitbouing van die 4-dimensionele teorie van menslike gedrag. OPSOMMING Navorsing ten opsigte van tydbelewenis in die algemeen en tydoriëntasie in die besonder word krities ontleed met as agtergrond die tydoriëntasiedimensie van die 4-dimensionele teorie van Raubenheimer (1978). Swakhede in navorsing (verval op konseptuele vlak) word aangetoon en die gevolgtrekking word gemaak dat die 4- dimensionele teorie die enigste beskikbare raamwerk verskaf waarbinne tydoriëntasie as konstruk sinvol omlyn kan word. VERWYSINGS Abbe, M. The spatial effect upon the perception of time. Japanese Journal of Experimental Psychology, 1936, 3, 1-52. Albers, R.J. Anxiety and time perspectives. Dissertation Abstracts, 1965, 26, 8, 4848. Barndt, R.J. & Johnson, E.M. Time orientation in delinquents. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1955, 51, 343-345. Bascue, L.D. A study of the relationship of time orientation and time attitudes to death anxiety in elderly people. Dissertation Abstracts, 1972, 34, 2, 886B. Bonaparte, M. Time and the unconscious. International Journal of Psychoanalysis, 1940, 21, 427-468. Bromberg, W. The meaning of time for children. American Journal of Orthopsychiatry, 1938, 8, 142-147. Bromberg, W. Marihuana intoxication. American Journal of Psychiatry, 1941, 91, 303-305. Calabresi, R. & Cohen, J. Personality and time attitudes. Journal of Abnormal Psychology, 1968, 73, 431-439. Cohen, J. The experience of time. Acta Psychologica, 1954, 10, 207-219. Cowan, E.A. An experimental testing of the ability of the cat to make delayed response and to maintain a given response toward a varying stimulus. Journal of Comparative Psychology, 1923, 1-9, Dickstein, L.S. & Blatt, S.J. Death concern, futurity and anticipation. Journal of Consulting Psychology, 1966, 30, 11-17. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 12 Dilling, C.A. & Rabin, A.C. Temporal experience in depressive states and schizophrenia. Journal of Consulting Psychology, 1967, 31, 604-608. Dunlap, K. Rhythm and Time. Psychological Bulletin, 1911, 8, 239-242. Psychological Bulletin, 1912, 9, 197-199. Psychological Bulletin, 1914, 11, 169-171. Psychological Bulletin, 1961, 13, 206-208. Eissler, K.R. Time experience and the mechanism of isolation. Psychoanalytic Review, 1952, 39, 1-22. ' El-Meligi, A.M. & Osmond, H. Experiential World Inventory. New York: Mens Sana, 1970. Federn, P. Ego Psychology and the Psychoses. New York: Basic Books, 1952. Fink, H.H. The relationship of time perspective to age, institutionalization and activity. Journal of Gerontology, 1957, 12, 414-417. Fraisse, P. The Psychology of Time. New York: Harper & Row, 1963. Gamble, F.W. & Keeble, F. The bionomics of convoluta roscoffensis. Quarterly Journal of Microscopic Science, 1905, 67, 363-364. Gilliland, A.R., Hofeld, J.B. & Eckstrand, G. Studies in time perception. Psychological Bulletin, 1946, 43, 162-176. Green, J.E. & Roberts, A.H. Time orientation and social class: a correction. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1961,62, 141. Gregg, L.W. Fractionation of temporal intervals. Journal of Experimental Psychology, 1951, 42, 307-312. Hallowell, A.I. Culture and Experience. New York: Schocken Books, 1967. Honzik, C.H. Delayed reactions in rats. Journal of Comparative Psychology, 1931, 15, 307- 318. Hoornaert, J. Time perspective: theoretical and methodological considerations. Psychological Belgica, 1973, 13, 265-294. Hugenholtz, P. Over tijd en tijdsvormen. Nederlands Tijdschrift voor de Psychologie, 1939, 6, 144-161. Hugenholtz, P. Tijd en Creativiteit. Amsterdam: Noord - Hollandsche Uitgewers Maatschap- pij, 1959. Hunt, J. & Schlosberg, H. General activity in the male white rat. Journal of Comparative Psychology, 1939, 28, 23-28. Hunter, W.S. The delayed reaction in animals and children. Behavior Monographs, 1913, 2, 10-12. Knapp, R.H. & Garbutt, J.T. Time imagery and the achievement motive. Journal of Personality, 1958, 26, 426-434. Knapp, R. & Greene, H. Time judgement, aesthetic preference and need for achievement. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1959, 58, 140-142. Kramer, G. Experiments on bird orientation. Ibis, 1952, 94, 265-285. Krauss, H. Anxiety and temporal perspective. Journal of Clinical Psychology, 1967, 23, 454- 455. Le Shan, L.L. Time orientation and social class. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1952, 47, 589-592. Long, R.T. Time orientation and attitude in relation to marihuana usage. Dissertation Abstracts, 1975, 35, 10, 5121-B. MaCleod, R.B. & Roff, M.F. An experiment in temporal disorientation. Acta Psychologica, 1938, 1, 381-423. Marquis, D.P. Learning in the neonate. Journal of Experimental Psychology, 1949, 29, 263- 282. Masler, E.G. The subjective perception of two aspects of time: duration and timelessness. International Journal of Psychoanalyses, 1973, 54, 425-429. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 13 Mellone, S.H. Elements of Psychology. Edinburgh: William Blackwood, 1907. Minkowski, E. Bergson's conceptions as applied to psychopathology. Journal of Nervous Mental Disorder, 1926, 63, 553-568. Myers, G.C. Incidental perception. Journal of Experimental Psychology, 1961, 1, 339-350. Nichols, H. The psychology of time. American Journal of Psychology, 1890, 3, 453-502. Nzimande, A. A comparative study of the concept and use of time in groups of African and European children. Ongepubliseerde magister verhandeling, Universiteit van Suid- Afrika, 1951. Piaget, J. The development of time concepts in the child. In Hoch, P.H. & Zubin J. (Red.), Psychopathology of childhood. New York: Grune & Stratton, 1955. Pistor, F. Measuring time concepts of children. Journal of Educational Research, 1939, 33, 293-300. Raubenheimer, I.v.W. Raamwerk vir die ontwikkeling van 'n 4-dimensionele teorie van menslike gedrag. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde, 1978, 4.5, 33-71. Rabin, A.I. Time estimation of schizophrenics and non-psychotics. Journal of Clinical Psychology, 1957, 13; 88-90. Ricks, D., Umbarger, C. & Mack, R. A measure of increased temporal perspective in successful treated adolescent delinquents. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1964, 69, 685-689. Roelofs, C.O. & Zeeman, W.P. Influential sequences of optical stimuli on the estimation of duration of a given interval of time. Acta Psychologica, 1951, 8, 89-128. Roos, P. & Albers, R. Performance of alcoholics and normals on a measure of temporal orientation. Journal of Clinical Psychology, 1965, 21, 34-36. Ross, S. & Katchmar, L. The construction of a magnitude function for short time intervals. American Journal of Psychology, 1951, 64, 397-407. Shostrom, E.L. Personal Orientation Inventory. San Diego: Educational and Industrial Test Service, 1966. Smart, R.G. Future time perspective in alcoholics and social drinkers. Journal of Abnormal Psychology, 1968, 73, 81-83. Smythe, E.J. & Goldstone, S. The time sense: a normative, genetic study of the development of time perception. Perceptual and Motor Skills, 1957, 7, 49-59. Springer, D. Development in young children of an understanding of time and the clock. Journal of Genetic Psychology, 1952, 80, 83-96. Swift, E.J. & McGeoch, J.A. An experimental study of the perception of filled and empty time. Journal of Experimental Psychology, 1925, 8, 240-249. Swindle, P.F. Time perception and rhythm. Psychological Bulletin, 1920, 17, 244-250. Teahan, J.E. Future time perspective, optimism and academic achievement. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1958, 57, 379-380. Triplett, D. The relation between physical pattern and reproduction of short time intervals. Psychometric Monographs, 1931, 41, (87) 202-265. Turchioe, R.M. The relation of adjacent inhibitory stimuli to the central tendency effect. Journal of Genetic Psychology, 1948, 39, 3-14. Wallace, M. Future time perspective in schizophrenia. Journal of Abnormal and Social Psychology, 1956, 52, 240-245. Wallace, M. & Rabin A.I. Temporal experience. Psychological Bulletin, 1960, 57, 213-235. Weber, A.O. Estimation of time. Psychological Bulletin, 1933, 30, 233-252. Wessman, A.E. Personality and the subjective experience of time. Journal of Personality Assessment, 1973, 37, 103-114. Yarbrough, J. W. The delayed reaction with sound and light in cats. Journal of Animal Behavior, 1917, 7, 87-110. Perspektiewe in die Bedryfsielkunde 1980 6.2 Tydoriëntasie – Literatuurondersoek (J.C.D. Augustyn) 14 Yates, S. Some aspects of time difficulties and their relation to music. International Journal of Psycho-Analysis, 1938, 16, 341-354. Yonge, G.D. Time experiences as measures of personality. Measurement and Evaluation in Guidance, 1973, 5, (4), 475-482. Yonge, G.D. Dimensions of time experience. Social Behavior and Personality, 1974, 2, 119- 124. Young, S. & Sumner, F.C. Personal equation, frame of reference, and other observations in remote reproduction of filled and unfilled time intervals. Journal of Genetic Psychology, 1954, 57, 333-337. Zwisster, M. The relationship of future time perspective to schizophrenic �ehaviour, anxiety, and institutionalization. Dissertation Abstracts, 1966, 27, 8-B, 2882. __________________