41 Stemprobleme by Enkele Groepe Professionele Stemgebruikers: Implikasies vir Voorkoming Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Crous Departement Kommunikasiepatologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING Primere voorkoming van kommunikasieafwykings word toenemend 'n belangrike beroepsfunksie van die spraak-taalterapeut. Funksionele stemhiperfunksie wat dikwels voorkom by professionele stemgebruikers kan voorkom word. In hierdie artikel word gesamentlik verslag gedoen oor drie onafhanklike ondersoeke na stemprobleme by drie groepe professionele stemgebruikers. Daar het 183 persone in onderwysprofessies, 50predikante en 20 sangers aan die studie deelgeneem en die inligting is versamel met vraelyste. Die resultate toon aan dat stemprobleme en simptome van stemprobleme by aldrie groepe voorkom, dat hulle weinig kennis oor die onderwerp het, hulselfblootstel aan risikofaktore en nie hul stemme konserveer nie. Riglyne vir voorkomingsonderrig word verskaf. ABSTRACT The primary prevention of communication problems is a growing part of the professional responsibility of the speech- language therapist. Functional voice hyperfunction, which often occurs in professional users of voice, can be prevented. In this article three separate studies on voice problems of people in three different professions are reported. The subjects included 183 educators, 50 ministers and 20 singers. The data were obtained using questionnaires. The results indicate that voice problems and symptoms of voice problems occur in all three groups, that these speakers have little knowledge of the subject, that they expose themselves to high risk factors, and that they do not conserve their voices. Guidelines for instruction in prevention are provided. SLEUTELWOORDE: stemprobleme, professionele stemgebruikers, stemhiperfunksie, voorkoming. Histories gesproke is die primere beroepsfunksie van die spraak-taalterapeut die habilitasie of rehabilitasie van kommunikasie-afwykings. 'njBelangrike klemverskuiwing het egter die afgelope paar jaar voorgekom in die beroepbeskrywing. Die kons'epte van primere, sekondere en tersiere voorkoming is bekendgestel met gevolglike uitbouing van die beroep. Tersiere voorkoming verwys na wat tradisioneel beskou is as habilitasie of rehabilitasie van 'n reeds bestaande kommunikasieafwyking. Sekondere voorkoming verwys na die vroee identifikasie van 'n probleem met die doel om die effek daarvan te verhoed of te beperk. Primere voorkoming daarenteen verwys na die voorkoming van 'n probleem wat nog nie ontstaan het nie (Gerber, 1990; Marge, 1991). Die behandeling van 'n reeds bestaande probleem is arbeidintensief en duur en in 'n gemeenskap soos in Suid-Afrika met beperkte fondse en mannekrag spreek dit vanself dat voorkoming meer voordelig sal wees. Nie alle kommunikasie-afwykings kan primer voorkom word nie, maar die stemprobleme van professionele stemgebruikers, wat 'n groot persentasie van stem- probleme uitmaak (Brodnitz, 1988), kart wel voorkom word. Hierdie persone wat bestaan uit politici, dosente, onderwysers, predikante en enige-ander persone wat hul stemme professioneel gebruik, beoefen dikwels foutiewe stemgewoontes en kom soms op' 'n punt waar hulle nie verder die beroep kan beoefen nie of lang periodes siekverlof moet neem as gevolg van die • stemprobleem. Verlies van hierdie hoogopgeleide persone is 'n onnodige ekonomiese verlies vir 'n land. Vir die persoon self hou die verswakking of verlies van die stem nie alleen ernstige implikasies vir die beoefening van sy beroep in nie, maar ook sosiale en emosioneel-persoonlike implikasies. Funksionele stemhiperfunksie kom nie alleen by professionele stemgebruikers voor nie. Enige volwassene of kind kan sy stem misbruik en dan 'n stemprobleem ontwikkel. Ook in hierdie gevalle sal voorkoming meer effektief wees as genesing (Child & Johnson, 1991). Primere voorkoming vereis begrip van die onder- liggende etiologie van 'n toestand (Gerber, 1990). Funk- sionele stemhiperfunksie, maar ook bydraende organiese en emosionele faktore gee aanleiding tot die stemprobleme van professionele stemgebruikers (Van der Merwe, 1982). "Tesame hiermee is daar ook die eis van stemgebruik vir baie ure per dag. Die foutiewe stemgewoontes wat kan voorkom by hierdie persone word deur Boone (Boone, 1983; Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 4, 199 • Re pr od uc ed b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 42 Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Crous Boone & McFarlane, 1988) beskryf as funksionele stem- hiperfunksie en verdeel in hiperfunksie in fonasie, respira- sie en resonansie. Die foutiewe gebruik word ook soms verdeel in stemwangebruik en stemmisbruik (Child & Johnson, 1991). Eersgenoemde verwys na die foute in fonasie, respirasie en resonansie terwyl laasgenoemde verwys na gewoontes soos gil, hoes en keelskoonmaak. In essensie is beide egter vorms van stemhiperfunksie waar oormatige spierspanning gebruik word. Psigogene faktore kan bydra tot hiperfunksionele gedrag (Aronson, 1985), maar spanning en angs kan ook as gevolg van die stemuitputting ontstaan en aanleiding gee tot 'n bose kringloop (Brodnitz, 1988). Omgewingsfaktore soos stof en gasse lei ook dikwels tot irritasie van die stemstrukture (Child & Johnson, 1991) terwyl lawaai veroorsaak dat die persoon onnodig hard moet praat. Professionele stemgebruikers stel hulself dikwels bloot aan hierdie en ander risikofaktore wat voorkombaar is. Voorbeelde van professionele stemgebruikers wat hulle stemme vir lang periodes per keer moet gebruik, wat dikwels in ongunstige omgewingsomstandighede moet optree en wat spannings- volle situasies moet hanteer, is predikante, persone in onderwysprofessies en sangers. Hierdie groepe ontvang wel tot 'n mate onderrig in stemgebruik, maar dit is ook persone uit hierdie groepe wat dikwels na spraak- taalterapeute verwys word as gevolg van stemprobleme wat hulle ondervind. Dit wil dus voorkom asof hierdie groepe teikenpopulasies is vir voorkomende optrede deur die spraak-taalterapeut. Ten einde te bepaal of stemprobleme by hierdie groepe professionele stemgebruikers in Suid-Afrika voorkom en of hulle kennis het omtrent die voorkoming van stemprobleme, is drie onafhanklike studies uitgevoer by persone in onderwysprofessies, by predikante en by sangers. In hierdie artikel word gesamentlik verslag gedoen oor die inligting wat bekom is en riglyne word gegee vir voorkomende optrede deur die spraak-taalterapeut. METODE DOELSTELLINGS Die doel van die drie studies was om te bepaal: - of stemprobleme en simptome wat dui op stemprobleme voorkom by enige van die professionele stemgebruikers wat by die studie betrek is en - of hierdie persone kennis dra omtrent stemprobleme, hulself blootstel aan risikofaktore en of hul enige voorkomende stappe neem. NAVORSINGSMETODE As metode van data-insameling is selfbeoordelings- vraelyste gebruik. Drie verskillende vraelyste is opgestel ten einde relevante data vir elke groep te bekom. PROEFPERSONE Die enigste kriterium vir seleksie van proefpersone is dat hul steeds hul beroep aktief beoefen. Ouderdom verwante invloed op die stem word sodoende sover as moontlik beperk. Afrikaanssprekende persone is betrek β aangesien die vraelyste slegs in Afrikaans opgestel is. Die proefpersone is almal werksaam in die stedelike gebiede van Gauteng. Drie verskillende groepe stemgebruikers is in die drie studies gebruik: Studie 1 (Crous, 1991): Persone uit verskillende onderwysprofessies, naamlik 61 hoerskoolonderwysers, 57 laerskoolonderwysers, 42 tegnikondOsente «.en 23 universiteitdosente het deelgeneem aan die studie. Die responspersentasies was onderskeidelik: 96%, 100%, 93% en 46%. Studie 2 (Van Tonder, 1995): Predikante uit die drie sogenaamde Afrikaanse susterkerke is geselekteer aangesien die preekstyl baie ooreenkom. Vyftig persone het deelgeneem aan die studie. Die responspersentasie was ongeveer 90%. Studie 3 (Pretorius, 1994): Sangers wat hoofsaaklik in Afrikaans sing, populere liedere sing en nie noodwendig formele sarigonderrig gehad het nie, is genader om aan die studie deel te neem. Die sangstyl van die sangers is sodoende gekontroleer ten einde heterogeniteit te beperk. Twintig sangers tussen die ouderdornme van 20 en 55 jaar is betrek. MATERIAAL Drie vraelyste met relevante vrae vir elke spesifieke groep is opgestel. Die vrae is in verskillende afdelings verdeel ten einde die verlangde inligting te bekom soos aangedui in die doelstellings. Die vrae het dus gehandel oor die voorkoms van stemprobleme by die respondente, die blootstelling aan risikofaktore wat uniek is by elke groep, die hoeveelheid stemgebruik, voorkomende optredes en hul kennis omtrent stemgewing is ook indirek nage- gaan. By elke vraag is alternatiewe antwoorde verskaf en die respondent moes aandui of die antwoord op hom van toepassing is deur Ja of Nee te antwoord. Byvoorbeeld, die aard van stemprobleme wat reeds ervaar is, is gelys en die respondent moes dan 'n keuse maak tussen die alternatiewe antwoorde. Die vraelyste aan die drie groepe is nie identies nie. Die omstandighede van elke groep verskil en nie alle vrae is relevant vir elke groep nie. Verder is die data bekom uit drie studies wat oor 'n aantal jare uitgevoer is en insig in die belang van sekere aspekte (soos blootstelling aan risikofaktore) is eers mettertyd besef op grond van die vorige studies. Die vraelyste is in samewerking met statistici ontwikkel ten einde effektiewe kodering te verseker tydens die analise van die data en ook om te verseker dat 'die vraelyste voldoen aan die algemene vereistes gestel aan vraelyste. Die vraelyste bestaan uit kort ondubbelsinnige vrae waarop die persoon slegs Ja of Nee moes antwoord. Die voltooing moes nie langer as 15 minute in beslag neem nie en dit is ook anoniem ingevul. Die drie vraelyste gaan nie volledig weergegee word nie aangesien dit te omvattend sal wees en aangesien die vrae blyk uit die tabelle waarop die resultate aangeteken is. Die volledige vraelyste is wel beskikbaar in die genoemde drie studies. Die vrae en beoordeling van die vrae berus op erkende feite aangaande stem en stemafwykings soos in die literatuur aangegee. ANALISE VAN DIE DATA Die frekwensie van voorkoms van elke alternatiewe antwoord in die drie verskillende vraelyste, is bepaal. Die The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stemprobleme by Enkele Groepe Professionele Stemgebruikers: Implikasies vir Voorkoming data van die verskillende afdelings van die vraelyste en die vrae wat daaronder resorteer word in afsonderlike frekwensietabelle weergegee. Die data van die drie erskillende studies is onafhanklik verwerk en word a f s o n d e r l i k aangebied. Hierdie frekwensietabelle word subjektief beskryf en bespreek. BESKRYWING VAN RESULTATE Die resultate van elke onderskeie studie word afsonderlik beskryf: STUDIE 1: VRAELYSTE AAN PERSONE IN ONDERWYSPROFESSIES Die resultate van die ondersoek na die stemgebruik van persone in verskillende onderwysprofessies word weergegee in Tabelle 1 tot 3. 43 In Tabel 1 is die resultate van onderwysers en dosente geskei aangesien die aantal ure van onderrig oor die algemeen verskil en dus 'n invloed sal he op die voorkoms van probleme. In tabelle 2 en 3 was hierdie onderskeid nie nodig nie. Die syfers in Tabel 1 dui aan dat groot getalle van die |persone in onderwysprofessies wel reeds stemprobleme ondervind het. Heesheid sonder rede en dus waarskynlik as gevolg van stemmisbruik, het by 23% van onderwysers en 23% van dosente voorgekom. Ernstiger probleme soos verlies van stem het by tussen 51% en 7% van respondente gepresenteer. Die duur van hierdie probleme was oor die algemeen nie lank nie, maar daar was wel 9 persone by wie dit vir weke of maande voortgeduur het. Die grootste persentasie persone ondervind nie ten tyde van die ondersoek probleme nie, maar daar is tog baie persone (7%, 8%, 19% en 6%) wat wel probleme ondervind. Simptome wat kan dui op probleme kom in hoe persentasies voor by die twee groepe. TABEL 1: Stemprobleme en simptome van stemprobleme by die persone in onderwysprofessies Vraag Moontlike Aantal Aantal Vraag antwoord Onderwysers Dosente (N=118) (N=65) Probleme Heesheid met verkoue 88 (75%) 45 (69%) ondervind Heesheid sonder rede 27 (23%) 15 (23%) Verlies van stem 23 (19%) 15 (23%) Geringe stemverlies 51 (43%) 33 (51%) Ernstige stemverlies 7 (6%) 7 (11%) Duur van Kortstondig 59 (50%) 33 (51%) probleem Dae 51 (43%) 23 (35%) Weke 4 (3%) 3 (5%) Maande 0 (0%) 2 (3%) Tans 'n probleem Ja 8 (7%) 5 (8%) Nee 83 (70%) 54 (83%) ; Soms 22 (19%) 4 ( 6 % ) Kenmerke van Asemrig 8 (7%) 2 ( 3 % ) stem gereeld Hees 28 (24%) 20 (31%) ofvoortdurend Stemverlies 4 (3%) 3 ( 5 % ) Hoes 10 (8%) , 5 ( 8 % ) Pyn 11 (9%) 8 (12%) I Keelskoonmaak 43 (36%) 21 (32%) 1 1 Te hard 4 (3%) 6 (9%) Te sag 15 (13%) 6 (9%) Word gou moeg 20 (17%) 14 (22%) Monotoon 1 (1%) 1 (2%) Luisteraar- Ja 2 (2%) 5 (8%) klagtes Te sag 0 (0%) 3 ( 5 % ) Te vinnige spraak 0 (0%) 2 ( 3 % ) Stem het Ja 14 (12%) 5 (8%) verander Harder 9 (8%) 2 (3%) sedert aanvang Meer hees 4 (3%) 0 ( 0 % ) van beroep Verswak 4 (3%) 2 ( 3 % ) Pyn as praat 5 (4%) 1 (2%) Krapperig 3 (3%) 3 (5%) Gouer moeg 2 (2%) 3 (5%) Toonhoogte verander 4 (3%) 3 ( 5 % ) 1 Stemverlies 0 (0%) - 1 (2%) Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 44 Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Crou Gereelde keelskoonmaak wat gewoonlik 'n teken is van stemongemak (Boone & McFarlane, 1988), kom by 36% en 32% van die groepe voor. Daar is by 12% en 8% van die persone 'n bewussyn dat hulle stemme verander het sedert die aanvang van hul beroepe. Brodnitz (1988) noem dat 'n spreker gewoonlik die laaste persoon is wat daarvanbewus TABEL 2: Kennis van stemprobleme by die persone in onderwysprofessies word dat sy stem verander en in die lig hiervan is die genoemde persentasies wel veelseggend. Die gegeweris in Tabel 2 wat handel oor die kennis van stemprobleme toon aan dat die meeste van die moontlike veroorsakende faktore genoem word, maar dit is oor die algemeen slegs klein getalle van die respondente wat daarvan bewus is. Die persentasies van 19% en 12% wat daarvan bewus is dat oormatige gebruik en 'n harde stem probleme kan veroorsaak, is besonder laag en dui op swak kennis van die oorsake van stemprobleme. Die feit dat slegs 31% voorheen ingelig is aangaande goeie stemgebruik, bevestig hierdie afleiding. Soveel as 81% is bewus daarvan dat stemprobleme wel kan ontstaan, maar Vraag Moontlike antwoord Aantal (N= =183) Redes vir die Oormatige gebruik 35 (19%) ontstaan van Te hard praat 22 (12%) stemprobleme soos Foutiewe stem- aangegee deur gebruik 9 (5%) respondente Rook 8 (4%) (Oop vraag) Spanning van stembande 3 (2%) Praat sonder luidspreker 3 (2%) Praat as verkoue'het 14 (7%) Skree 9 (5%) Mediese redes 7 (4%) Langdurige gebruik 13 (7%) Allergiee/Sinusitis 2 ( 1%) Omgewingsfaktore 3 (2%) Emosioneel 2 ( 1%) Sportafrigting 8 (4%) Werkomstandighede 2 (1%) Blameer vir Foutiewe ontstaan van 'n stemgewoontes · 54 (30%) stemprobleem Beroepseise 100 (55%) Omgewing 23 (13%) Rook/Besoedeling 52 (28%) Mediese redes 24 (13%) Spanning 37 (20%) Voorheen ingelig Goeie stemgebruik 57 (31%) omtrent die Risikofaktore vir volgende ontstaan van 'n stemprobleem 14 (7%) Hoe werksituasie aangepas kan word 12 (7%) Hoe om 'n stemprobleem te hanteer 15 (8%) Instansies waar hulp verkry kan word 6 (3%) Was voorheen Nooit daaraan bewus van gedink nie 30 (16%) moontlikheid van Was bewus stemprobleme daarvan Ervaar angs oor moontlike ontstaan 148 (81%) van 'n probleem 9 (5%) Die vraelys het Ja 108 (59%) bewussyn geskep Nee 71 (39%) van stemprobleme TABEL 3: Optrede en houding teenoor stempro- bleme by die persone in onderwysprofessies Vraag Moontlike Aantal antwoord (N= 183) Neem stappe om Ja 115 (63%) stem op te pas Nee 28 (15%) Tipe stappe Stemrus tydens geneem volgens siekte 2 ( 1%) respondente Waak teen (Oop vraag) ooreising 3 (2%) Nie te hard praat nie 15 (8%) Laer "stemtoon" 19 (10%) Praat minder 0 (0%) Beperk allergiee 7 (4%) Voorkom siekte 2 ( 1%) Elimineer irritasie 7 (4%) Rook nie 1 ( 1%) Kry mediese hulp 1 (1%) Reaksie op 'n Skuldig voel 7 (4%) moontlike Dit aanvaar 6 (3%) stemprobleem Wegsteek 2 (1%) Ignoreer 4 (2%) Werk bedank 4 (2%) Staak rook 12 ( 7%) Stilbly 3 (2%) Hulp soek \ 122 (67%) Stemeienskappe verander 20 (11%) Ontsteld wees 56 (31%) Optrede indien 'n Na huisdokter stemprobleem gaan 123 (67%) sou ontstaan Na spraak- terapeut gaan 38 (21%) Na ONK-arts gaan 42 (23%) Verlof neem 5 (3%) Stemgebruik beperk 23 (13%) Werk volhou / ongeag probleem 27 (15%) Bewus dat Ja 26 (14%) spraakterapeut Nee 138 (75%) met stempro- bleme werk The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) tmprobleme by Enkele Groepe Professionele Stemgebruikers: Implikasies vir Voorkoming 45 . w i l voorkom asof kennis van en insig in die probleem k is Die vraelys het by 59% 'n bewussyn geskep van mprobleme en was dus waardevol in hierdie opsig. Die b e w u s s y n van 'n probleem moet egter aangevul word met ^ UitTabel 3 blyk dit dat'slegs 63% van die respondente . stappe neem om hul stemme te konserveer. Die tipe - f p e wat aangegee is in 'n oop vraag dui ook op beperkte Snsig in veroorsakende faktore. Relevante stappe word wel 1 noem, deur klein persentasies van die persone, maar daar is'belangriker voorkomende maatreels waarvan hierdie persone bewus behoort te wees. Die meeste van die persone sal wel hulp soek as hul probleme ondervind, m a a r 'n onaanvaarbare persentasie (15%) sal hul werk volhou. Slegs 'n baie klein persentasie (14%) was bewus daarvan dat die spraakterapeut van hulp kan wees by die bantering van stemprobleme. STUDIE 2: VRAELYSTE AAN PREDIKANTE Die resultate van die ondersoek na stemprobleme by 'n groep predikante word saamgevat in Tabelle 4 tot 7. Uit Tabel 4 blyk dit dat 54% van die respondente wel reeds stemprobleme ervaar het. In die meeste gevalle (46%) was die probleme kortstondig, maar daar is 4 persone wat langdurige probleme het. Die meeste van die predikante het probleme ondervind as gevolg van laringitis, maar daar is 20 (11 + 9) wat heesheid ervaar het sonder laringitis of verkoue. Die oorsaak van laasgenoemde is waarskynlik stemmisbruik. Ander aanduidings van stemmisbruik kom ook voor. Stemuitputting en pyn in die keelarea kom by 56% voor en 38% se dat hulle gereeld moet keelskoonmaak. Die volgende twee vrae oor die ervaring van sekere simptome tydens en na afloop van 'n optrede dui op 'n baie hoe voorkoms van stemmisbruik by hierdie groep. Geringe stemuitputting, forseer van stem, heesheid en ander simptome kom by die meeste persone voor. Slegs 7 (14%) het aangedui dat hul wel pyn ervaar (wat ook kan dui op uitputting), maar geen hoorbare stemverandering het nie. Die inligting in Tabel 5 toon aan dat die predikante ook blootgestel word aan ander risikofaktore as bloot baie stemgebruik. Agtergrondslawaai (by 72%), rook en gasse (by 34%) en swak akoestiek met onvoldoende luidsprekerstelsels (by 74% en 70%) kom voor waar hulle optree. Verder stel hulle hulself ook bloot deur lang stukke voor te lees (50%) en doelbewus hul stemeienskappe te TABEL 4: Stemprobleme en simptome van stemprobleme by predikante Vraag Moontlike antwoord Aantal N=50 Stemprobleme ervaar Het al stemprobleme ervaar Kortstondige probleme Langdurige probleme Beide kortstondige en langdurige probleme 27 (54%) 23 (46%) 2 ( 4 % ) 2 ( 4 % ) Simptome ervaar 1 I ! 1 Kortstondige stemheesheid tydens verkoue of laringitis Kortstondige stemheesheid sonder verkoue of laringitis Stemheesheid vir 'n paar ure tydens verkoue of laringitis Stemheesheid vir 'n paar ure sonder verkoue of laringitis Stemheesheid vir 'n dag of langer tydens verkoue of laringitis Stemheesheid vir 'n dag of langer sonder verkoue of laringitis Stemverlies tydens verkoue of laringitis Stemverlies sonder verkoue of laringitis Stemuitputting Pyn in keelarea Gewoonte om gereeld keel skoon te maak Ander stemprobleme Organies Dui waarskynlik op stemmisbruik 43 (86%) 15 (30%) 36 (72%) 11 (22%) 35 (70%) 9 (18%) 6 (12%) 2 ( 4 % ) 28 (56%) 28 (56%) 19 (38%) 5 (10%) 3 ( 6 % ) 2 ( 4 % ) Negatiewe kommentaar Negatiewe kommentaar aangaande stemkwaliteit 2 ( 4 % ) Ervaar tydens optrede Geringe stemuitputting Voel asof ek my stem forseer Heesheid tree in Behoefte om gereeld keel skoon te maak Pyn in keel, maar geen verandering in stemkwaliteit 19 (38%) 10 (20%) 11 (22%) 14 (28%) 7 (14%) Ervaar na optrede Geringe stemuitputting Heesheid Behoefte om gereeld keel skoon te maak Pyn in keel, maar geen verandering in stemkwaliteit 27 (54%) 12 (24%) 15 (30%) 7 (14%) Stem verander sedert aanvang van beroep 1 Geringe veranderinge Groot veranderinge 9 (18%) 1 ( 2 % ) Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 46 Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Cro verander, soos die verhoging van luidheid (52%). Wat kennis omtrent stemprobleme betref (sien Tabel 6), blyk dit dat die predikante beperkte kennis het. Dit blyk onder meer uit 'n beskrywing van wat 'n stemprobleem is en wat subjektief deur die ondersoeker beoordeel is op grond van erkende literatuur. In antwoord op die vraag of daar enige gevolge is indien stem misbruik word, dui 88% aan dat daar geen gevolge is nie en 12% is onseker. Die helfte van die groep besef wel dat fisiese veranderinge kan voorkom, maar hulle verstaan dus nie wat die implikasies sal wees nie. Hul kennis oor die meganisme van luidheidverhoging is ook beperk. Slegs 40% gee die korrekte antwoord, naamlik dat dit nie moontlik is om luidheid te verhoog deur verhoogde nekspierspanning nie (Boone & McFarlane, 1988). Net 30 (60%) van die respondente besef dat emosionele faktore 'n TABEL 5 Die blootstelling aan risikofaktore by pre- dikante Vraag Moontlike antwoord Aantal (N= =50) Omstandighede Agtergrondslawaai waar optree teenwoordig Rook en gasse 36 (72%) teenwoordig 17 (34%) Swak akoestiek 37 . (74%) Luidsprekerstelsel afwesig of onvoldoende 35 (70%) Doen die volgende Lees lang stukke hardop voor 25 (50%) Gebruik doelbewus 'n ander stem 3 (6%) Gebruik 'n preekstem wat hoer of laer in toonhoogte ' i s as my normale praatstem 2 (4%) Gebruik 'n preekstem wat harder in luidheid is as my normale praatstem 26 (52%) Rookgewoontes Rook 10 of minder sigarette per dag 2 (4%) Rook meer as 10 sigarette per dag 5 (10%) Rook glad nie 43 (86%) Stemgebruik in As ek op reis is in 'n voertuig voertuig gesels ek die heeltyd met die passasiers 6 (12%) As ek op reis is in 'n voertuig gesels ek soms met die passasiers 43 (8%) As ek op reis is in 'n voertuig gesels ek glad nie 1 (2%) invloed het op stem (Aronson, 1985). Riglyne oor g 0 e i e stemgebruik is wel ontvang (76%), maar slegs 12 (24%) het dit van 'n spraakterapeut ontvang. Die moontlikheid bestaan dat dit nie werklik 'n spraakterapeut was nje aangesien die kennis van die publiek oor die algemeen nie baie goed is in hierdie verband nie. In Tabel 7 word die optrede en houding teenoor stemprobleme saamgevat. Die grootste persentasie (98%) besef wel dat stemprobleme kan voorkom by predikante en soveel as 34% is altyd bekommerd oor die moontlikheid en 62% is nou en dan bekommerd. Hierdie hoe persentasies dui aan dat hulle onseker is oor die wyse waarop 'n probleem voorkom kan word. Die stappe wat hulle neem is by klein persentasies van die groep wel relevant TABEL 6: Kennis van stemprobleme by predikante Vraag Moontlike antwoord Aantal Vraag (N=50) Eie beskrywing Geen kennis 6 (12%) van stemprobleem Beperkte kennis 28 (56%) Goeie kennis 8 (16%) Geen antwoord 8 (16%) Kennis van Tydelike stempro- gevolge van stem- bleme kom voor: 41 (82%) misbruik Ja 1 (2%) Nee 8 (16%) Onseker Fisiese veranderinge aan stembande kom voor: Ja 25 (50%) Nee 24 (48%) Onseker 1 (2%) Daar is geen gevolge nie: Ja 0 (0%) Nee 44 (88%) Onseker 6 (12%) Verhoogde luid- i Ja, dit is moontlik heid verkry deur Slegs in sommige 14 (28%) spanning in gevalle 7 (14%) nekspiere Glad nie j 20 (40%) Weet nie 1 9 (18%) Het emosionele Ja, beslis 30 (60%) faktore 'n Nee, glad nie 11 (22%) invloed? Onseker 9 (18%) Riglyne oor Geen riglyne 12 (24%) stemgebruik Beperkte riglyne 31 (62%) tydens opleiding Volledige riglyne 7 (14%) Riglyne ontvang Spraakonderwyser 11 (22%) van Spraakterapeut 12 (24%) Dosent in Spraak- leer en Drama 8 (16%) Dosent by Teologie Departement 5 (10%) Sangonderwyser 2 (4%) Onseker 2 (4%) The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) mprobleme by Enkele Groepe Professionele Stemgebruikers: Implikasies vir Voorkoming 47 TABEL rj. optrede en houding teenoor stemprobleme "J Vraag Moontlike antwoord Aantal (N=50) Pas stemrus toe Wend pogings aan om doelbewuste stemrus toe te pas 6 (12%) Stemprobleme by predikante Ja, dit is. moontlik Onseker Nee, dit kom selde voor 49 (98%) 1 (2%) 0 (0%) Bekommerd oor stem Ek is altyd be- kommerd daaroor Ek is nou en dan bekommerd daaroor Ek is glad nie bekommerd daaroor nie 17 (34%) 31 (62%) 2 (4%) Stappe tot konservering Neem stappe om stem op te pas 31 (62%) Tipe stappe geneem Medikasie Gereelde stemrus Beperkte luidheid Beperkte hoeveel- heid stemgebruik 20 (40%) 10 (20%) 19 (38%) 17 (34%) Reaksie op moontlike stemprobleem Ophou werk vir 'n tydperk en gaan hulp soek Ophou werk vir 'n kort tydperk Aanhou werk, maar gaan hulp soek Aanhou werk, sonder, om hulp te soek j 13 (26%) 3 (6%) 43 (86%) 0 (0%) Vorige hulp ontvang Huisdokter Homeppaat Oor- N;eus- en Keelarts Kollegas Spraakterapeut Elokusie-onder- wyser Geen hulp gesoek nie 36 (72%) 3 (6%) 10 (20%) 3 (6%) 3 (6%) 2 (4%) 12 (24%) Wie in toekoms raadpleeg Huisdokter Homeopaat Oor-, Neus- en Keelarts Kollegas Spraakterapeut Elokusie-onder- wyser 40 (80%) 2 (4%) 31 (62%) 2 (4%) 23 (46%) 3 (6%) Spraakterapeut kan help Ja Nee Onseker 46 (92%) 1 (2%) 3 (6%) (byvoorbeeld 10 pas gereelde stemrus toe), maar 'n groot groep (20) is van mening dat medikasie van waarde sal wees. In reaksie op 'n moontlike stemprobleem dui al die predikante aan dat hulle hulp sal gaan soek en selfs sal ophou werk vir 'n periode. Die grootste persentasie (72% en 80%) het in die verlede en sal weer in die toekoms na hul huisdokter gaan vir hulp. Dit wil ook voorkom asof groter persentasies (20% teenoor 62% en 6% teenoor 46%) die hulp van 'n Oor-, Neus-, en Keelarts en Spraakterapeut sal inroep vir moontlike toekomstige probleme. Groter bewussyn is moontlik geskep met die vraelys of die persone het uit ervaring geleer dat hierdie twee professies in samewerking die beste bystand kan bied. STUDIE 3: VRAELYSTE AAN SANGERS Die resultate van die ondersoek na stemprobleme by 'n groep sangers word weergegee in Tabelle 8 tot 12. In Tabel 8 word die voorkoms en simptome van stemprobleme by hierdie groep saamgevat. Kortstondige probleme na 'n vertoning kom by 5 (25%) van die groep TABEL 8: Stemprobleme en simptome van stempro- bleme by sangers Vraag Voorkoms van stemprobleme Agteruitgang van stem Probleme tydens optredes Moontlike antwoord Geen stemprobleem ervaar Kortstondig, na vertoning Probleme na. verkoue/laringitis 1/meer episodes vir weke/maande Geen verandering sedert aanvang Geringe verande- ringe in stem Groot veranderinge in stem Geringe uitputting • herstel gou Forseer stem Heesheid tree in Keelskoonmaak Ligte pyn, geen veranderinge Asemrigheid Geeneen van bogenoemde Probleme na afloop van optrede Geringe uitputting • herstel gou Heesheid ook in spraakstem Ligte pyn, geen veranderinge Keelskoonmaak Geeneen van die bogenoemde Aantal (N=20) (25%) (25%) 10 (50%) 4 (20%) 13 (65%) 5 (25%) 2 (10%) 10 2 13 5 2 2 (50%) (10%) (65%) (25%) (10%) (10%) (20%) 14 (70%) 12 (60%) 2 (10%) 3 (15%) 2 (10%) Die Suid -Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Crou 48 voor en soveel as 4 (20%) het een of meer episodes van probleme ervaar wat vir weke of maande voortgeduur het. Daar was ook agteruitgang in stemkwaliteit by 7 (35%) van die groep. Slegs 4 (20%) sangers het geen stemprobleme tydens optredes nie terwyl slegs 2 geen stemprobleme het na afloop van optredes nie. Dit is dus duidelik dat stemuitputting weens stemmisbruik by die meeste van die sangers voorkom. Die inligting in Tabel 9 toon aan dat die sangers hulself wel blootstel aan risikofaktore. Slegs 3 (15%) berei voor vir optredes. Die luidheid van begeleiding word net deur 7 (35%) sangers beperk en 14 van die groep gebruik nie gereeld monitor-luidsprekers wat terugvoer van die stem verbeter nie. Die gevolg sal dus wees dat hulle stemluidheid uitermate moet verhoog ten einde voldoende terugvoer te kry. Daar is selfs 2 sangers wat nie altyd klankversterking gebruik nie en 8 (40%) gesels baie in vervoermiddels waar lawaai ook stemterugvoer beperk. Addisionele omgewingsfaktore soos geraas en rook word slegs deur 11 (55%) van die sangers beperk. Die enigste positiewe saak is dat geen een van die sangers meer as 10 sigarette per dag rook nie. Die meeste (18) rook gladnie. Wat kennis omtrent stem en stemprobleme betref, is daar persone wat weinig kennis het. Vyf (25%) het geen sangopleiding ontvang nie en daar is ook 5 wat van mening is dat die stemomvang met meer as een register verhoog kan word. Dit is nie die geval nie aangesien die bou van die stembande die register en toonhoogte van die stem bepaal (Colton & Casper, 1990). 'n Verdere aanduiding van swak kennis van stemgewing blyk uit die feit dat 5 (20%) nie besef dat verhoogde nekspierspanning nie nodig is vir verhoogde luidheid nie (Colton & Casper, 1990; Stemple,1984). Soveel as 13 het geen of weinig riglyne oor stemkonservering ontvang tydens opleiding. Die meeste sangers is wel bewus van waiter gewoontes potensieel skadelik is vir die stem, maar dit is verrassend dat almal nie skadelike gewoontes kan identifiseer nie. ByvoOrbeeld, slegs 7 besef dat dit skadelik is om sonder versterking te sing en slegs 12 (60%) besef dat keelskoonmaak potensieel skadelik is (Boone & McFarlane, 1988). TABEL 10: Kennis van stemprobleme by sangers TABEL 9: Die blootstelling aan risikofaktore by sangers Vraag Moontlike antwoord Aantal (N=20) Voorbereiding Oefen toonlere en vir optrede doen ander voor- bereidende oefeninge 3 (15%) Oefen slegs paar toonlere 9 (45%) Geen voorbereiding 8 (40%) Luidheid van Beperk luidheid 7 (35%) begeleiding Beperk luidheid in 'n mate 10 (50%) Beperk luidheid glad nie 2 (10%) Monitor- Gebruik altyd luidspreker monitor-luidspreker 5 (25%) Gebruik soms monitor-luidspreker 11 (55%) Gebruik nie monitor- luidsprieker 3 (15%) Klank- Gebruik altyd versterking versterking 18 (90%) Buite met en binne sonder versterking 1 (5%) Geen klankver- sterking 1 (5%) Toestande tydens Geen geraas en rook 11 (55%) optrede tydens optredes Min geraas en rook 8 (40%) Gedurige geraas en rook 1 ( 5%) Rook Rook gladnie 18 (90%) Rook minder as 10 sigarette per dag 2 (10%) Rook meer as 10 sigarette per dag · 0 (0%) Stemgebruik in Gesels die minimum 12 (60%) vervoermiddel Gesels voortdurend 8 (40%) Vraag Moontlike antwoord Aantal (N=20) Sangopleiding Green sangopleiding Individuele sangopleiding Kooropleiding 5 (25%) 11 (55%) 4 (20%) Opleiding in voorkoming Volledige riglyne ontvang Beperkte riglyne ontvang Geen riglyne oor stemkonservering 7 (35%) 11 (55%) 2 (10%) Meganisme vir luidheid-verhoging Nekspanning nie nodig vir luidheid Nekspanning somtyds nodig Nekspanning nodig vir luidheid 14 (70%) ί (5%) 4 (20%) Potensieel skadelik vir stem Keelskoonmaak skadelik vir stem Hard sing sonder versterking Sing buite natuurlike omvang Geen opwarming van die stem 12 (60%) 7 (35%) 13 (65%) 16 (80%) Stemomvang- vergroting Stemomvang binne perke vergroot Verhoog met 1 register deur oefen Verhoog met meer as 1 register 15 (75%) 1 (5%) 5 (25%) The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) me by Enkele Groepe Professionele Stemgebruikers: Implikasies vir Voorkoming 49 TABEL 11· Stemkonservering deur sangers Vraag Moontlike antwoord Aantal (N=20) Stappe in stem- konservering Pas stemrus toe Gebruik medikasie Neem geen stappe om stem op te pas nie 16 (80%) 9 (45%) 3 (15%) Stemrus tydens pouses Totale stemrus tydens pouses Gesels wel, maar min Gee nie aandag aan stemrus nie 1 (5%) 9 (45%) 6 (30%) Duur van optredes Minder as 1 uur Tussen 1 en 2 ure Langer as 2 ure 6 (30%) 13 (65%) 1 (5%) Frekwensie van optredes Tree 1 of 2 kere per week op Tree 3 of 4 kere per week op Tree meer as 4 keer per week op 12 (60%) 7 (35%) 1 (5%) Opeenvolging van optredes Tree nooit op opeen- volgende dae op nie Slegs sekere weke op opeenvolgende dae Dikwels op opeen- volgende dae 2 (10%) 13 (65%) 4 (20%) Duur van sangoefening Geen formele sangoefening Ongeveer 20 minute per dag Ongereelde oefening Langer'as 1 uur per dag | 8 (40%) I (5%) II (55%) 0 (0%) Rusperiodes tydens optredes Altyd rjusperiodes Soms rjusperiodes Geen rusperiodes nie 3 (15%) 9 (45%) 8 (40%) Ander beroep Geen addisionele beroep | Beoefen addisionele beroep 8 (40%) 12 (60%) Gebruik in ander beroep Gebruik stem nooit te veel Gebruik stem met tye Gebruik stem baie in ander beroep 1 (5%) 3 (15%) 8 (40%) Hoeveelheid spraakstem gebruik Beperk stemgebruik Gee nie aandag aan hoeveelheid nie 9 (45%) 11 (55%) Luidheid van spraakstem Beperk altyd stemluidheid Beperk luidheid as stem uitgeput is Gee geen aandag aan luidheid nie 1 (5%) 10 (50%) 10 (50%) Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Op grond van die voorafgaande inligting is dit te wagte dat baie min van die sangers wel hul stemme konserveer (sien Tabel 11). Nege (45%) van die proefpersone reken dat medikasie kan bydra tot stemkonservering. Slegs 1 pas totale stemrus toe tydens pouses en 8 (40%) tree drie of meer kere per week op. Soveel as 17 (85%) tree soms op agtereenvolgende dae op wat weinig geleentheid vir die stembande bied om te herstel na uitputting. Slegs, 3 (15%) neem altyd rusperiodes tydens optredes. Sangoefening word deur al die sangers afgeskeep en 12 beoefen addisionele beroepe waar 8 hulle stemme baie gebruik in die uitoefening van die beroep. Ook die spraakstem word nie gekonserveer nie. Elf (55%) gee geen aandag aan die hoeveelheid gebruik nie en 10 gee geen aandag aan die luidheid van die spraakstem nie. Die optrede en houding teenoor stemprobleme by sangers word in Tabel 12 weergegee. Veertien (70%) sal wel ophou sing indien hulle probleme ondervind en 19 sal TABEL 12: Optrede en houding teenoor stempro- bleme by sangers Vraag Moontlike antwoord Aantal (N=20) Reaksie op stemprobleem Verwelkom nuwe stemkwaliteit Ophou sing en gaan hulp soek Ophou sing vir 'n kort tydperk Aanhou sing en gaan hulp soek 1 (5%) 9 (45%) 5 (25%) 5 (25%) Wie raadpleeg Huisdokter Homeopaat Oor- Neus- en - Keelarts Kollegas of agente Sangonderwyser Spraakterapeut 8 (40%) 11 (55%) 1 (5%) 5 (25%) 5 (25%) Bewussyn van probleem Stemprobleme kan by sangers voorkom Onseker Nie bewus van stemprobleme nie 20 (100%) Bekommernis oor stem Altyd bekommerd oor stemprobleme Nou en dan bekommerd Glad nie bekommerd nie 6 (30%) 8 (40%) 6 (30%) Kennis van gevolge Gevolge: ligte pyn en stemuitputting Fisiese veranderinge in die stembande Onseker oor gevolge van stemprobleme 4 (20%) 12 (60%) 6 (30%) Invloed van spraakstem Spraakstemprobleem bei'nvloed sangstem Bei'nvloed moontlik die sangstem 13 (65%) 7 (35%) Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 50 Anita van der Merwe, Marita van Tonder, Estelle Pretorius en Helga Crous mediese hulp verkry. Al die sangers is bewus daarvan dat stemprobleme by sangers kan voorkom, maar 14 (70%) bekommer hulle nie baie oor die moontlikheid nie. Ses (30%) is onseker oor die gevolge van stemprobleme en slegs 12 (60%) besef dat fisiese veranderinge kan intree in die stembande indien die stem misbruik word.,Slegs 13 (65%) besef dat 'n probleem met die spraakstem beslis ook die sangstem sal bei'nvloed (Colton & Casper, 1990). BESPREKING VAN RESULTATE Dieselfde tendense is waargeneem by die drie groepe. Stemprobleme' en simptome van stemprobleme kom in wisselende grade voor by al drie die groepe professionele stemgebruikers wat betrek is by die studie. Kennis oor stemgewing en stemprobleme is beperk en die persone stel hulself bloot aan allerlei risikofaktore sonder om aandag te gee aan stemkonservering. Hulle is wel bewus van die moontlikheid van 'n stemprobleem en sommige is selfs angstig dat hulle so 'n probleem sal ontwikkel, maar beskik nie oor die nodige kennis om stemgebruik te monitor nie. Hoewel hierdie studies slegs onderneem is by enkele professionele groepe, is dit wel moontlik dat dieselfde resultate verkry sal word by ander professionele en taalgroepe. Die enigste ander studie (sover bekend) oor stemmisbruik by professionele sprekers in Suid-Afrika is die van Reynolds (1994) wat die bewussyn van stemmisbruik by finalejaar studentonderwysers van twee Universiteite in Kwa-Zulu Natal ondersoek het. Meer as die helfte van die 209 studente wat deelgeneem het aan die studie het aangedui dat hul bewus is van stemuit- putting en stemprobleme en soveel as, 19 het tydens hul eerste blootstelling aan die praktyk hul stemme verloor. Die resultate van hierdie studie bevestig dus die bevindinge van die huidige studie, naamlik dat stem- probleme wel voorkom by professionele stemgebruikers. Stemprobleme kan voorkom word deur riglyne vir optimale stemgebruik in te sluit by die kurrikula vir opleiding van persone wat hul stemme professioneel gaan gebruik, deur publieke opleiding deur middel van die openbare media en deur inligting aan professionele persone deur die spraak-taalterapeut. Dit is nie alleen professionele sprekers wat by voorkomingsaksies baat sal vind nie, maar ook die bree publiek wat ander groepe stemgebruikers ook insluit (Heidel & Torgerson, 1993; Nilson & Schneiderman, 1983; Aaron & Madison, 1991). Die essensie van voorkoming van stemmisbruik en 'n gevolglike stemprobleem-, is volgens Johnson (1991) die self-monitering van gedrag. Die persoon moet dus opgelei word om self sy stem te konserveer. Ten einde 'n persoon daartoe in staat te stel is daar egter sekere sake wat aangespreek moet word in 'n opleidingsprogram en sekere vereistes waaraan dit moet voldoen: - Die relevansie van die onderwerp vir die gehoor moet gemotiveer word. Die persoon moet dus die nood- saaklikheid van stemkonservering insien en verstaan dat voorkoming 'n eie verantwoordelikheid is. Navor- singsresultate omtrent stemprobleme by soortgelyke groepe kan kortliks genoem word asook enkele gevallestudies. - Basiese feite oor stemgewing moet kernagtig, maar wetenskaplik oorgedra word ten einde insig en begrip te vestig vir normale en abnormale stem. - Die verskillende oorsake van stemprobleme, naamlik primer-organiese, psigogene en funksionele oorsake met en sonder sekondere organiese gevolge kan net genoem word. Die noodsaaklikheid van 'n ondersoek deur 'n Oor-, Neus- en Keelarts indien enige stemprobleem voorkom, moet te alle tye beklemtoon word. - Die persoon moet die aard van stemhiperfunksie ver- staan. Die vorms van stemmisbruik in fonasie, respi- rasie en resonansie moet verduidelik word sodat die persoon verstaan wat swak stemgewoontes behels en dus instaat sal wees tot identifisering daarvan in eie stemgebruik. - Die persoon moet die oorsake van stemhiperfunksie verstaan ten einde risikofaktore te kan identifiseer en uitskakel. Die rol van oorsake soos foutiewe stem- gewoontes en oormatige gebruik, omgewings- en fisiese faktore soos lawaai, gasse en allergiee en emosionele faktore moet verduidelik word. - Die simptome of "waarskuwingstekens" van stem- misbruik moet genoem word: stemuitputting met onge- mak of selfs pyn wanneer stem geproduseer word; heesheid en selfs stemverlies vir 'n periode nadat stem gebruik is; die behoefte om gedurig keel skoon te maak wanneer die stem gebruik word; 'n beter stem soggens en na naweke en swakker stem later in die dag en later in die week. - Die risikofaktore vir die spesifieke groep kan uitgelig word. In die geval van dosente of onderwysers is daar onder andere swak luidsprekerstelsels, swak akoestiek, praat in die teenwoordigheid van studentelawaai en die uitdrogende effek van bordkryt. - Die stappe vir voorkoming wat geneem kan word behoort ook prakties uitgelig te word teen die agter- grond van die inligting wat verskaf is. Die stappe kan die volgende behels: beheer, verander of vermy omge- wingsfaktore wat aanleiding gee tot stemmisbruik; gee aandag aan emosionele faktore wat spanning veroor- saak en soek hulp indien die probleem ernstig word; verminder die hoeveelheid stemgebruik deur onder andere rusperiodes; beheer fisiese faktore soos rook, sooibrand en die oormatige inname van stowwe soos kafeien en koladranke (Aronson, 1985; Child & Johnson, 1991); skakel stemmisbruik en wangebruik uit. - Dra belangrike algemene reels vir optrede'indien 'n probleem reeds voorkom, oor: die spesifieke faktore wat aanleiding gee tot 'n stemprobleem, moet by elke persoon individueel gei'dentifiseer word en dan sistematies uitgeskakel word; daar moet opgetree word voordat die probleem sover gevorder het dat 'n stemband-operasie nodig is; soek hulp by 'n Oor-, Neus- en Keelarts en dan ook by 'n spraak-taalpatoloog indien 'n stemprobleem wel ontwikkel. Hierdie is algemene riglyne vir voorkomingsonderrig vir stemprobleme. Enkele meer spesifieke programme vir spesifieke groepe is in die literatuur beskikbaar (Aaron & Madison, 1991; Kaufman & Johnson, 1991; Nilson & Schneiderman, 1983). GEVOLGTREKKING Die resultate van hierdie ondersoek toon aan dat die groepe wat ondersoek is, almal hoerisikogroepe is vir die ontwikkeling van stemprobleme. Binne die konteks van 'n land met beperkte hulpbronne, is dit dus belangrik dat die plaaslike spraak-taalterapeut voorkomingsonderrig vir The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) S t e m p r o b l e m e b y E n k e l e G r o e p e Professionele S t e m g e b r u i k e r s : I m p l i k a s i e s v i r V o o r k o m i n g 51 stemprobleme sal inisieer as deel van die beroepsfunksies w a t vervul moet word. VERWYSINGS Aaron, V.L. & Madison, C.L. (1991). A vocal hygiene program for high-school cheerleaders. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 22, 287-290. A r o n s o n , A.E. (1985). Clinical voice disorders. New York: Thieme. Boone, D.R· (1983). The voice and voice therapy (3rd ed.). New Jersey:-Prentice-Hall. Boone, D.R. & McFarlane, S.C. (1988). The voice and voice therapy (4th ed.). New Jersey: Prentice-Hall. Brodnitz, F.S. (1988). Keep your voice healthy (2nd ed.). Boston: College-Hill. Child, D.R. & J o h n s o n , T.S. (1991). Preventable and nonpreventable causes of voice disorders. Seminars in Speech and Language: Prevention of voice disorders, 12, 1-13. Colton, R.H. & Casper, J.K. (1990). Understanding voice disorders. Baltimore: Williams & Wilkins. Crous, H. (1991). 'n Ondersoek na stemprobleme by die professionele stemgebruiker in sekere onderwysprofessies. Ongepubliseerde B.Log-verhandeling, Universiteit van Pretoria. Gerber, S.E. (1990). Prevention: The etiology of communicative disorders in children. New Jersey: Prentice Hall. Heidel, S.E. & Torgerson, J.K. (1993). Vocal problems among aerobics instructors and aerobic participants. Journal of Communication Disorders, 26, 179-191. Johnson, T.S. (1991). Principles and practices of prevention as applied to voice disorders. Seminars in Speech and Language: Prevention of voice disorders, 12, 14-22. Kaufman, T.J. & Johnson, T.S. (1991). An exemplary preventative voice program for educators. Seminars in Speech and Language: Prevention of voice disorders, 12, 40-48. Marge, M. (1991). Introduction to the prevention and epidemiology of voice disorders. Seminars in Speech and Language: Prevention of voice disorders, 12, 49-72. Nilson, H. & Schneiderman, C.R. (1983). Classroom program for the prevention of vocal abuse and hoarseness in elementary school children. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 14, 121-127. Pretorius, E. (1994). Stemkonservering by 'n groep professionele sangers. Ongepubliseerde B.Log-verhandeling, Universiteit van Pretoria. Reynolds, M.A. (1994). An investigation into self-awareness of vocal abuse with special reference to final year student-teachers. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Natal. Stemple, J.C. (1984). Clinical voice pathology: Theory and management. Columbus: Charles E. Merrill. Van der Merwe, A. (1982). A hierarchical analysis of voice pathology: A guide to diagnosis and treatment. The South African Journal of Communication Disorders, 29, 16-22. Van Tonder, M. (1995). Stemgebruik by 'n groep predikante. Ongepubliseerde B.Kommunikasiepatologie-verhandeling, Universiteit van Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 52 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 42, 1995 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)