85 Spraakklankdistorsie by Neuromotoriese Spraakafwykings: 'n Vergelyking tussen Serebellere Disartrie en Verbale Apraksie Isna Erasmus Anita van der Merwe Emily Groenewald Departement Spraakheelkunde en Oudiologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING Spraakklankdistorsie word algemeen in die literatuur beskryf as 'n kenmerk van neuromotoriese spraakafwykings soos serebellere disartrie en verbale apraksie. Die doel van die studie is 'n vergelykende ondersoek na die temporale en ruimtelike aspekte van spraakklankdistorsie by twee persone met verworwe serebellere disartrie en een persoon met verworwe verbale apraksie. Die spraakparameters stemaanvangstyd van die [d], afsluitingsduur van die [d], konsonantduur van die [s] en [I], formante van die [I]en die omvang van akoestiese energie van die [s], is spektrografies ondersoek in 'n aantal uitinge met verskillende klankstrukture. Die resultate dui daarop dat ruimtelike en temporale distorsie van artikulatoriese bewegings voorkom by die proefpersone met serebellere disartrie sowel as by die proefpersoon met verbale apraksie. Daar is egter verskille opgemerk in die aard en graad van die spraakklankdistorsie by die onderskeie afwykings. Die teoretiese implikasies van hierdie verskille word bespreek met verwysing na 'n model van normale spraakproduksie. ABSTRACT Speech sound distortion is considered to be a salient feature of neuromotor speech disorders such as cerebellar dysarthria and apraxia of speech. The aim of this study was to compare the temporal and spatial aspects of speech of two persons with acquired cerebellar dysarthria and of one person with acquired apraxia of speech. Voice onset time of[d], duration of articulatory closure of[d], duration of [s] and [I], formants of [I] and the range of acoustic energy of Is] were analysed spectrographically in a number of utterances with various sound structures. The results indicated that spatial and temporal distortion of articulatory movements occurred in all three subjects. However, differences in the nature and degree of speech sound distortion in the two different disorders were observed. The theoretical implications of these differences are discussed with reference to a model of normal speech production. Spraakklankdistorsie word algemeen in die literatuur beskryf as 'n kenmerk van neuromotoriese spraak- afwykings soos serebellere disartrie en verbale apraksie (Brown, Darley & Aronson,. 1970; Kent, Netsell & Abbs, 1979; Itoh & Sasanuma, 1984; Hardcastle 1987; Odell, McNeil, Rosenbek & Hunter, 1990; Odell, McNeil, Rosenbek & Hunter, 1991). Serebellere disartrie en verbale apraksie is egter die resultaat van die aantasting van verskillende neurale dele, wat betrokke is by verskillende stadiums of fases van die spraakproduksie- proses. Verbale apraksie word tradisioneel gesien as 'n afwyking in spraakprogrammering terwyl disartrie getipeer word as 'n afwyking in die uitvoering van spraakbewegings. Daar is egter aanduidings in die literatuur dat serebellere disartrie en verbale apraksie sekere ooreenstemmings toon in die aard van waargenome spraakklankdistorsies soos byvoorbeeld verlenging van woordsegmente, lettergreepspraak en temporale diskoor- dinasie van spraakstrukt'ure wat by albei afwykings voorkom (Kent etal., 1979; Kent & Rosenbek, 1982). Die rede hiervoor is onbekend. Vorige akoestiese studies aangaande verbale apraksie en serebellere disartrie het slegs enkele aspekte soos vokaalformante en segmentele duur ondersoek en die vraag ontstaan presies watter temporale en ruimtelike aspekte van distorsie by die twee afwykings ooreenkom en verskil. 'n Omvattende, objek- tiewe akoestiese analise van verskillende fasette van spraakklankproduksie sal distorsie by hierdie afwykings verder toelig. Die presiese aard van spraakklankdistorsie kan aanduidings gee van die aard van die twee tipes neuromotoriese afwykings en ook lig werp op die bydrae van die kortikaal-motoriese dele en die serebellum tot die beheer van spraakbewegings. Navorsing oor die spesifieke spraakkenmerke van serebellere disartrie en verbale apraksie word hoofsaaklik gekenmerk deur twee eksperimentele ondersoekmetodes. Hierdie metodes behels subjektiewe metodes soos bree fonetiese perseptuele transkripsies en objektiewe metodes soos akoestiese analises, elektropalatografiese studies en fibroskopiese studies. Vroee subjektiewe ondersoeke Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 86 Isna Erasmus, Anita van der Merwe & Emily Groenewald aangaande serebellere disartrie is hoofsaaklik gerig op simptoombeskrywings. Op grond van subjektiewe perseptuele studies word die kenmerkende simptome van serebellere disartrie in drie verbandhoudende hoofsimp- toomgroepe verdeel, nl. simptome gekenmerk deur artikulatoriese onakkuraatheid bv. "onpresiese konso- nante" en vokaaldistorsies, simptome gekenmerk deur prosodiese oormaat bv. oormatige en gelyke klem, verlengde foneme en stadige spraakspoed en simptome gekenmerk deur fonatories-prosodiese onvermoe bv. mono- tone spraak, monoluidheid en heesheid (Darley, Aronson & Brown, 1969b; Brown et al.,1970). Grunwell en Huskins (1979) beklemtoon dat hierdie simptome van serebellere disartrie deurlopend teenwoordig is en kumulatief van aard is. Hulle beskryf die kumulatiewe aantasting van spraakverstaanbaarheid as 'n tekort aan intonasie en normale ritme met sogenaamde "scanning speech", verlengde konsonante, periodieke foutiewe stemgewing en nasaliteit as resultaat. Hierdie perseptuele simptoom- beskrywings slaag egter nie altyd daarin om tussen verskillende tipes disartrie te onderskei nie (Zyski & Weisiger, 1987) en die aard van die afwyking kom ook nie duidelik na vore nie. Enkele ondersoeke met objektiewe analisemetodes soos akoestiese en kineradiografiese studies wat die aard van spraaksimptome by serebellere disartrie beter toelig, is uitgevoer. Opsommend beskou, is die volgende waarne- mings deur Kent en Netsell (1975) en Kent et al. (1979) gemaak : verlengde artikulatoriese beweging van die tong, geringe vokaaldistorsie weens swak anterior-posterior aanpassing van tongposisie, konstante onakkurate artikulasie van dorsale afsluitingsklanke, verlengde segmentduur, gelyke en oormatige klem, afwykende fundamentele frekwensiewaardes en variasie in funda- mentele frekwensiewaardes. Vanuit hierdie resultate blyk dit dat spraakklankdistorsie 'n kernsimptoom is van serebellere disartrie. Studies oor die spraakkenmerke van persone met verbale apraksie is kontroversieel van aard, deels as gevolg van die kwessie van die ontledingsmetode. Aanvanklike studies aangaande verbale apraksie het hoofsaaklik gebruik gemaak van subjektiewe, perseptuele analise- prosedures soos distinktiewe eienskapsanalises en gemerktheidsanalises (Klich, Ireland & Weidner, 1979). Op grond van hierdie resultate is die kernsimptoom van apraksie dan beskryf as vervangings. Nuwe navorsing deur middel van meer objektiewe studiemetodes soos akoestiese ontledings, getroue fonetiese transkripsies, en elektro- palatografiese waarnemings dui egter daarop dat alhoewel ware klankvervangings ook deel vorm van die simptoom- kompleks van verbale apraksie, baie van die "vervangings" wat in vroee studies gei'dentifiseer is, in werklikheid spraakklankdistorsies was (Itoh & Sasanuma, 1984; Kent & Rosenbek, 1983; Hardcastle, Morgan Barry & Clark, 1985; Van der Merwe, Uys, Loots & Grimbeek, 1988; Odell et al., 1990; Odell et al., 1991). Tans word dit algemeen aanvaar dat spraakklankdistorsie 'n kernsimptoom van verbale apraksie is. Akoestiese studies van verbale apraksie en studies wat van direkte waarnemingsmetodes van die artikulators gebruik maak, verskaf direkte en meer presiese inligting aangaande afwykende motoriek. Uit hierdie studies kan 'n goeie aanduiding verkry word van spraakklank- distorsies by verbale apraksie en die motoriese prosesse daarby betrokke. Kent en Rosenbek (1983) gee 'n simptoombeskrywing van 'n verbaal-apraktiese spreker op grond van foute gei'dentifiseer tydens akoestiese analises, nl. stadige spraakspoed met verlenging van klankoorgange, vermindering in intensiteitsvariasies oor sillabes heen, stadige en onakkurate beweging na ruimtelike teikens vir konsonant- en vokaalproduksie, probleme met tydsberekening en koordinasie van stemgewing met die beweging van ander artikulators, periodieke foute met segmentseleksie of opeenvolging eri inisieringsprobleme. Ander akoestiese ondersoeke van verbale apraksie bevestig die resultate van Kent en Rosenbek (1983) en vind byvoorbeeld ook afwykings in interartikulator-sinchronisasie en verlengde segmentele duur (Sands, Freeman & Harris, 1978; Hardcastle, 1987; Itoh, Sasanuma, Tatsumi, Murakami, Fukusaki & Suzuki, 1982; Collins, Rosenbek & Wertz, 1983; Kent & McNeil, 1987; Van der Merwe, Uys, Loots, Grimbeek & Jansen, 1989). Uit die voorafgaande literatuuroorsig is dit duidelik dat spraakklankdistorsie as kernsimptoom by sowel serebel- lere disartrie as by verbale apraksie gei'dentifiseer is, maar dat die aard van die spraakklankdistorsies nog nie genoegsaam uitgelig is nie. Vergelykende studies tussen verbale apraksie en serebellere disartrie kan meer lig werp op die motoriese aard van moontlike ooreenkomste en verskille in die spraakklankdistorsies. Daar bestaan egter weinig sulke studies. In 'n resente perseptuele verge- lykende ondersoek tussen serebellere disartrie, verbale apraksie en konduksie-afasie deur middel van objektiewe, getroue fonetiese transkripsies is kortliks gevind dat die persone met verbale apraksie en serebellere disartrie as 'n groep meer ooreenkomste toon met mekaar as met konduksie-afasie (Odell et al., 1991). Die verbale apraksie groep het egter minder distorsies vertoon as die serebellere disartrie groep, nl. 64% teenoor 81%, asook meer sillabeklemfoute en verlengings van intersegment klankoorgange. Geen aanduiding word egter verskaf van die bewegingsaspekte betrokke by die waargenome foute nie. Kent en Rosenbek (1982) vind in 'n vergelykende akoestiese ondersoek dat sprekers met verbale apraksie sowel as sprekers met serebellere disartrie prosodiese afwykings soos artikulatoriese verlengings en sillabe- segregrasie toon en verduidelik dit as die resultaatl van kompensasie vir die neuromotoriese aantasting. Gillmer en Van der Merwe (1983) vind dat sowel sprekers 'met serebellere disartrie as sprekers met verbale apraksie afwykende stemaanvangstydwaardes (SAT) vertoon en dat SAT-waardes meer gevarieer het vir die sprekers met serebellere disartrie. Weens 'n tekort aan objektiewe vergelykende studies en die feit dat bestaande studies slegs enkele spraakparameters ondersoek het, is daar tans steeds 'n tekort aan omvattende inligting betreffende die aard en omvang van spraakklankdistorsie by die onderskeie afwykings asook verklarings vir moontlike ooreenkomste. Spraaksimptome soos spraakklankdistorsie wat na spesifieke neurale aantasting voorkom, kan gedeeltelik verklaar word aan die hand van kennis oor/die funksie van die betrokke aangetaste neurale deel. Verbale apraksie en serebellere disartrie verteenwoordig letsels in verskillende dele en op verskillende vlakke van die brein. Serebellere disartrie word met aantasting van die serebellum in verband gebring (Kent & Netsell, 1975; Kent et al., 1979, Grunwell & Huskins, 1979). Ten spyte van uitgebreide navorsing oor die funksies van die serebellum The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Spraakklankdistorsie by Neuromotoriese Spraakafwykings 87 is daar egter steeds weinig bekend oor die rol daarvan in spraakmotoriek (Gentil, 1990). Posturale en neuro- motoriese simptome geassosieer met serebellere letsels, nl. asinergie, disdiadokokinese van spraakbewegings, intensietremor gedurende beweging en hipotonus van spiere lei tot die ruimtelike en temporale distorsie van spraakbewegings tydens die uitvoerstadium van die spraakproduksieproses (Darley, Aronson & Brown, 1969a). Daar is egter aanduidings in die literatuur dat die serebellum ook betrokke is by hoevlak motoriese programmering van liggaamsbeweging deur middel van 'n oop serebro-serebellere kringbaansisteem (Allen & Tsukahara, 1974; Brooks, 1986). Vanuit so 'n teorie kan daar geredeneer word dat alhoewel die serebellum en die motoriese korteks nie dieselfde funksies in die motoriese beheer van spraak vervul nie, aantasting van albei areas moontlik kan lei tot probleme met die voorbereiding van 'n "motoriese program" vir spraakproduksie (Kent & Rosenbek, 1982). Tradisioneel word die spraakproduksieproses beskryf as bestaande uit hoofsaaklik drie vlakke, nl. linguistiese enkodering, artikulatoriese programmering en laastens die uitvoer van bewegings (Itoh & Sasanuma, 1984). In die lig van die neurofisiologiese onderskeid wat gemaak word tussen motoriese beplanning en programmering, verskaf hierdie tradisionele model nie genoegsame verklarings en interpretasiemoontlikhede vir navorsing aangaande neuromotoriese spraakafwykings nie. Van der Merwe (1994) postuleer dat daar vier hoofvlakke van spraakproduksie bestaan, nl. linguisties-simboliese beplanning, motoriese beplanning, motoriese program- mering en uitvoer van beweging. Van der Merwe (1994) maak dus, in teenstelling met die huidige tendens in literatuur van neuromotoriese spraakafwykings om "beplanning" en "programmering" as dieselfde begrip te hanteer, 'n duidelike onderskeid tussen hierdie terme. Sy postuleer verder dat dit wel moontlik is dat die serebellum sekere progammeringsfunksies vervul in spraak soos die programmering van ruimtelik-temporale beweging- spesifikasies (byvoorbeeld spoed en tonus) voordat wcrklike bewegings plaasviiid, maar dat hierdie program- meringsfunksies verskil van' die beplanningsfunksies van die assosiasie-areas tydenjs spraakproduksie. Brooks (1986) se uiteensetting van die motoriese hierargie bevestig so 'n teorie. Op grond van die model van Van der Merwe (1994) is dit dus moontlik dat spraakklankdistorsie by serebellere disartrie die) resultaat kan wees van die aantasting van beide die uitvoer- en programmerings- vlakke van die spraakproduksieproses. Alhoewel daar nog nie uitsluitsel bestaan oor die funksies van kortikale en subkortikale motoriese dele geassosieer met verbale apraksie nie, postuleer Van der Merwe (1994) dat kortikale dele soos die area van Broca, die kortikaal-motoriese assosiasie-areas en ook die poste- riorparietale areas betrokke is by die motoriese beplanning van spraakproduksie. Verbale apraksie reflekteer dan moontlik probleme met die beplanningsfase van spraak- produksie (Van der Merwe, 1994). In die geval van subkortikale skade, van veral sekere dele van die basale ganglia wat ook tot apraktiese simptome lei (Kertesz, 1984), is dit egter moontlik dat daar ook afwykings in die programmering van spraakbewegings is. Volgens die model van Van der Merwe (1994) kan spraakklankdistorsies by verbale apraksie dus die resultaat wees van probleme met die beplanning van ruimtelik-temporale spesifikasies van struktuurbewegings binne die grense van ekwivalensie asook met die programmering van bewegings. Op grond van die model van Van der Merwe (1994) bestaan daar dus teoreties 'n moontlikheid dat sekere ruimtelike en temporale aspekte van die kernsimptoom spraakklankdistorsie soos wat dit voorkom by serebellere disartrie en verbale apraksie, moontlik kan oorvleuel op die vlak van motoriese programmering. 'n Tekort aan uitgebreide, objektiewe, vergelykende navorsing van die spraakkenmerke van persone met serebellere disartrie en verbale apraksie, beperk egter die begrip van afwykende spraakproduksieprosesse betrokke by hierdie twee neuromotoriese spraakafwykings. 'n Uitgebreide akoes- tiese ondersoek na beide die ruimtelike en temporale aspekte van spraakklankdistorsie by serebellere disartrie en verbale apraksie, binne 'n omvattende teoretiese model, kan dus meer lig werp op die aard van hierdie neuro- motoriese spraakafwykings. METODE Doelstellings Die doel van die studie is die akoestiese ontleding van sekere spraakparameters in die spraak van persone met serebellere disartrie en verbale apraksie om so vergelyk- ende data in te samel aangaande die voorkoms en aard van akoesties identifiseerbare spraakklankdistorsie by die onderskeie groepe. Om die akoestiese identifikasie van die aard van spraakklankdistorsie moontlik te maak, word die volgende betroubare en akoesties identifiseerbare spraakparameters van normale sprekers, sprekers met serebellere disartrie en sprekers met verbale apraksie telkens ondersoek en vergelyk: - Die spraakparameter stemaanvangstyd (SAT) soos gemeet tydens die produksie van 'n stemhebbende eksplosiewe klank, aangesien stemaanvangstyd 'n aanduiding verskaf van die sinchronisasie van glottale sluiting en supraglottale artikulasie (Tyler & Waterson, 1991). - Die spraakparameter afsluitingsduur soos gemeet tydens die produksie van 'n stemhebbende eksplosiewe klank, aangesien afsluitingsduur temporale aspekte van spraakproduksie, soos die spoed van artikulatoriese beweging'en ruimtelike aspekte soos die omvang en akkuraatheid van artikulasiebewegings reflekteer. - Die spraakparameter konsonantduur soos gemeet tydens die produksie van 'n frikatiewe klank en 'n kontinuante klank, aangesien konsonantduur tempo- rale aspekte van spraakproduksie soos die spoed van artikulatoriese bewegings reflekteer. - Die spraakparameters formantfrekwensiewaardes van die eerste, tweede en derde formante van 'n kontinuante klank, aangesien formantwaardes ruimtelike aspekte van spraakproduksie soos die omvang en akkuraatheid van artikulatoriese bewegings reflekteer. - Die spraakparameter aard van die energiespektrum soos gemeet tydens die produksie van 'n frikatiewe klank, aangesien frekwensie-omvang en plek van gekon- sentreerde energie ruimtelike aspekte van spraak- Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 88 Isna Erasmus, Anita van der Merwe & Emily Groenewald produksie soos die omvang en akkuraatheid van artiku- lasiebewegings reflekteer. Proefpersone Kriteria vir die seleksie van proefpersone en kontrolepersone Die volgende algemene kriteria is gestel: - Die persone se taalbegrip, ouditiewe begripsvermoens en visuele vermoens moet van so 'n aard wees dat die persoon die instruksies verstaan en die materiaal kan lees. - Die proefpersone moet nie 'n binourale gehoorverlies van groter as 12% he nie aangesien 'n groot gehoor- verlies 'n invloed op spraak kan he. Proefpersone met serebellere disartrie: - Die proefpersone moet deur 'n neuroloog gediagnoseer wees as breinbeseerd met serebellere skade. Die neuromotoriese aantasting moet so suiwer as moontlik tot die serebellum beperk wees. - Die proefpersone moet disartriese spraak vertoon. - Die sprekers moet gepaardgaande kenmerkende liggaamlike neuromotoriese simptome toon ter bevestiging van serebellere skade bv. ataksie, dismetrie, disdiadokokinese, intensietremor en hipotonie. Proefpersone met verbale apraksie: - Die proefpersone moet deur 'n neuroloog gediagnoseer wees as breinbeseerd met 'n fokale letsel wat nie 'n serebellere lokalisasie het nie. - Die proefpersone moet verkieslik 'n suiwer verworwe verbale apraksie vertoon en indien 'n gepaardgaande afasie voorkom mag dit slegs minimaal wees. - Die proefpersone moet voldoen aan kriteria soos gestel deur Kent en Rosenbek (1983) nl: * onvlot spraakproduksie met probeer-en-tref arti- kulasiebe wegings. * onkonstante foutproduksie by herhaalde produksie van dieselfde woord. * disprosodie. * probleme met inisiering van uitinge. - Die graad van apraksie moet die herhaling van uitinge moontlik maak. Geen gepaardgaande disartrie- simptome mag voorkom nie. Kontrolepersone: - Die kontrolepersone moet normaalsprekende volwas- senes wees wat geen spraakafwykings of geskiedenis van spraak- of neurologiese afwykings het nie. - Die kontrolepersone moet: van dieselfde geslag as die proefpersone wees; binne die ouderdomsgrens van die proefpersone val; moet dieselfde spreektaal as die proefpersone he. Geselekteerde proefpersone en kontrolepersone Proefpersone met serebellere disartrie: - Twee sprekers met verworwe serebellere disartrie wat voldoen aan die vasgestelde vereistes is gevind. - Proefpersoon 1 (Pp 1) is 'n manlike spreker wat na 'n motorongeluk in 1979 algemene geringe breinskade en ernstige serebellere skade opgedoen het. Hy toon tans neuromotoriese liggaamlike simptome soos ataksie, dismetrie, hipotonie, disdiadokokinese en intensie- tremor. - Proefpersoon 2 (Pp 2) is 'n manlike spreker wat ongeveer in 1989 ligte tekens begin toon het van balansprobleme. Die oorsaak van die aantasting is in Maart 1992 gediagnoseer as serebellere degenerasie weens veelvuldige sklerose. Veelvuldige sklerose neem meestal oorsprong in die serebellum (Bannister, 1973). Alhoewel veelvuldige sklerose geleidelik 'n gemengde neurologiese toestand tot gevolg kan he, toon Pp 2 slegs kenmerkende liggaamlike neurologiese simptome van 'n serebellere aard. - Proefpersoon 2 se algemene graad van aantasting blyk groter te wees as die van Pp 1, aangesien Pp 2 'n erger graad van liggaamlike simptome vertoon as Pp 2 en ook meer disartries voorkom. Proefpersoon met verbale apraksie: - Een persoon met verworwe verbale apraksie wat voldoen aan die vasgestelde vereistes is gevind. Die spreker met verbale apraksie is 'n manlike spreker, proefpersoon 3 (Pp 3), wat 'n gepaardgaande minimale Broca Afasie vertoon (AQ=64) volgens die Western Aphasia Battery (Kertesz, 1982). - Proefpersoon 3 het verworwe breinskade opgedoen as die resultaat van twee serebro-vaskulere insidente onderskeidelik in 1984 en 1989. Infarksies het voorgekom in die anterior been van die linker interne kapsula en in die regter oksipitale gebied. Die spreker toon 'n regsydige hemiplegie maar daar is geen aanduiding van 'n waarneembare boonste motorneuron gesig- of tongparese nie. - Proefpersoon 3 toon verbale apraksie in 'n erge graad maar is in staat tot nabootsing van woorde. Tydens spraak kom duidelike soekbewegings en worstelgedrag voor, asook pogings tot selfkorreksie, onkonstante distorsies en vervangings, en onkonstante prodiiksies met die herhaling van uitinge. ; ι I ι I Materiaal | ι Die materiaal is so gekies dat dit die omvattende ruimtelike en temporale ondersoek van spraakklank-, distorsie in 'n verskeidenheid van kontekste moontlik maak, om sodoende 'n meer verteenwoordigende beeld te verkry van spraakproduksie by die onderskeie diagnos- tiese groepe. Die materiaal is saamgestel deur die kontinuante klank [1], die stemhebbende eksplosiewe klank [d] en die frikatiewe klank [s] te varieer in die inisiele en mediale klankposisies van onsineenhede en woorde,binne sinsverband met 'n KVKV- en KVKVK-struktuur onder- skeidelik. Die klanke is gekies omdat dit verskillende wyses van artikulasie verteenwoordig en akoesties maklik identifiseerbaar is. Die vokaal [a:] is telkens met die klanke in die onsineenhede gekombineer en is soos die ander klanke in die woorde en sinne lukraak gekies. Twee verskillende klankstrukture is gekies om so spraak- The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Spraakklankdistorsie by Neuromotoriese Spraakafwykings 89 klankdistorsie in materiaal van verskillende uitinglengte te ondersoek. Die materiaal bestaan uit 12 onsineenhede en 10 woorde binne sinsverband. Die onsineenhede is telkens 5 keer herhaal en die sinne drie keer. In totaal het elke persoon dus 90 uitinge geproduseer. Tabel 1 gee 'n volledige uiteensetting van die wyse van die samestelling van die teikenmateriaal en die gemete spraakparameters binne elke uiting. Tabel 1. Samestelling van die teikenmateriaal en die gemete spraakparameters binne elke uiting 1 . 1 Klank [d] Konteks Klank- kombi- nasie Klank- posisie Para- meters Mate- riaal Onsin- woorde KVKV inisieel SAT data Onsin- woorde KVKV mediaal AD sada Onsin- woorde KVKVK inisieel SAT dadaf Onsin- woorde KVKVK mediaal AD sadaf Sinne KVKVK inisieel SAT dames Sinne KVKVK mediaal AD dadel 1.2 Klank [s] Konteks Klank- kombi- nasie Klank- posisie 1 Parameters Mate- riaal / / Onsin- woorde inisieel KD FO Piek sasa / / Onsin- woorde KVKV mediajal KD FO Piek dasa / / Onsin- woorde inisieel KD FO Piek sasaf / / Onsin- woorde KVKVK media'al 1 KD FO Piek dasaf Sinne inisieel KD FO Piek sabel Sinne ivVJvVK - / - - - 1.3 Klank [I] Konteks Klank- kombi- nasie Klank- posisie Parameters Mate- riaal Onsin- woorde KVKV insieel KD F1-F3 lala Onsin- woorde KVKV mediaal KD F1-F3 dala Onsin- woorde KVKVK inisieel KD F1-F3 lalaf Onsin- woorde KVKVK mediaal KD F1-F3 dalaf Sinne KVKVK inisieel KD F1-F3 laken Sinne KVKVK - - - - Apparaat Opname-apparaat - 'n Nakamichi 550 "Versatile stereo casette system". - 'n Bever Dynamic Μ 201 N(C) mikrofoon. - BASF C h r o m e Maxima 60 m i n u t e m a g n e e t - bandkasette. Analise-apparaat - 'n Nakamitchi 550 kassetspeler is gebruik om die spraaksein soos opgeneem op BASF Chrome Maxima magneetbandkassette na die Kay DSP Sonagraph te stuur. - Die spraaksein kan met behulp van die JBL Pro III luidsprekers gemonitor word. - Die spraaksein word geanaliseer deur 'n digitale seinprosesseerder van Kay Elemetrics Corp. nl. Sonagraph Model 5500 en vertoon op 'n NEC Multisync II vertoonskerm. Drie verskillende toepaslike opstellings is vir die onderskeie analises gebruik. - 'n Weergawe van die beeld wat op die skerm verskyn kan met behulp van 'n termiese drukker, Kay DSP drukker model 5510 verkry word. Prosedure vir spraakseinopname - Die spraakopnames is in die klankdigte opname- lokaal van die Taallaboratorium van die Universiteit van Pretoria gedoen. - Die mikrofoon is op 'n afstand van 10 cm voor die persoon se mond geposisioneer om ekspirasiegeraas op die opname tot die minimum te beperk. - Die materiaal is vooraf aan die persone gegee om deur te lees sodat hulle bekend kon raak daarmee. Die volgorde van die materiaal is konstant gehou vir al die sprekers. - Die proefpersone is gevra om elke woord vyf keer direk na mekaar te herhaal en elke sin drie keer. - Vir die verbaal-apraktiese spreker is die opname effens gewysig deurdat die proefpersoon die geleent- heid gegee is om die uiting 'n paar keer te oefen (Kent & Rosenbek, 1983). Daar is deurentyd 'n opname gemaak totdat vyf produksies van elke uiting verkry is. Analise van data Analise van die spraakparameter stemaanvangs- tyd (SAT) - Vir die meting van SAT is 'n analise-opstelling met 'n gekombineerde vertoning bestaande uit 'n golfvorm met 'n amplitudeverloop en 'n grondtoonverloop sowel as 'n spektrogram gebruik. By die bepaling van SAT- waardes is die twee vertonings voortdurend vergelyk om sodoende die betroubaarheid van metings te verhoog. - 'n Positiewe stemaanvangstyd word gedefinieer as die tyd wat verloop vanaf die aanvang van die vrylating van ploffing tot by die aanvang van die eerste Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 90 Isna Erasmus, Anita van der Merwe & Emily Groenewald vertikale striasie op die spektrogram wat glottale pulsering verteenwoordig (Lisker en Abramson, 1964). SAT-waardes le op 'n kontinuum en kan positiewe en negatiewe waardes aanneem. In die geval van 'n negatiewe SAT-waarde gaan glottale pulserings die ploffing vooraf en word die meting gedoen vanaf die aanvang van glottale pulserings tot by die ploffingsgedeelte. Analise van die spraakparameter afsluitingsduur Afsluitingsduur is gedefinieer as die periode in millisekondes wat verloop vanaf die einde van die voorafgaande vokaal tot voor die aanvang van die ploffing van die eksplosief. Wanneer daar nie aanduidings van 'n volledige afsluiting waarneembaar was op die golfvorm nie, is die spektrogram gebruik ter vergelyking om so betroubaarheid van metings te verhoog. Analise van die spraakparameter-konsonantduur Vir die meting van konsonantduur is analise-opstellings gekies wat gelyktydig 'n spektrogram, 'n gekombineerde golfvorm en 'n gemiddelde amplitudespektrum van 'n spesifieke gedeelte van 'n uiting vertoon. Die frekwensie- omvang van die analise-opstellings het verskil nl. 0-4 kHz vir die [1] en 0-16 kHz vir die [s]. Konsonantduur is gedefinieer as die periode in millisekondes (msek) wat 'n konsonant spektrografies waarneembaar is. Analise van die eerste, tweede en derde formant- frekwensiewaardes van die [I] - Vir die meting van die formantfrekwensiewaardes is dieselfde frekwensie-omvang gekies as wat gebruik is vir die analise van konsonantduur van die [1] (nl. 0-4 kHz). - Die tydkursors op die spektrogram is so geplaas dat dit 'n verteenwoordigende stabiele deel van die [1] afbaken en 'n gemiddelde amplitudespektrum daarvan verkry. Met behulp van frekwensiekursors is die formantfrekwensiewaarde vanaf die gemid- delde spektrum bepaal deur die tweede energiepiek as F l , die derde piek as F2 en die vierde piek as F3 te noteer. Die gemiddelde amplitude-spektrum en spektrogram is deurentyd vergelyk. Analise van die omvang van energie en piek van gekonsentreerde energie van die [s] - Vir die meting van die omvang van akoestiese energie en piek van gekonsentreerde energie van die [s] is dieselfde opstelling gebruik as by konsonantduur (d.w.s. 0-16 kHz). - Met behulp van tydkursors is 'n verteenwoordigende deel van die [s] op die spektrogram afgebaken en frekwensiekursors geplaas op die onderste en boonste grense. - Die piek van gekonsentreerde energie is bepaal deur die energiepiek met die hoogste waarde op die amplitudespektrum te identifiseer. Waar twee ewe sterk pieke waargeneem is, is die waarde van die tweede piek van energie genoteer. Verwerking van data Verwerking van SAT-metings Vir die berekening van hierdie SAT-foutwaarde is SAT- waardes van -180 millisekondes tot +15 millisekondes (msek) aanvaar as die normale perke (Zlatin, 1974). Die gemiddelde SAT-foutwaarde vir elke groep uitinge van elke persoon is bereken deur die hoeveelheid millisekondes bokant 15 of onder 180 oor die drie herhalings bymekaar te tel en deur drie te deel (Van der Merwe et al., 1989). Hierna is 'n gemiddelde SAT-foutwaarde vir elke persoon bereken. 'n Gemiddelde SAT-foutwaarde vir die onderskeie diagnostiese groepe is vervolgens bereken uit die gemiddelde foutwaardes van die betrokke proef- en konrolepersone. Verwerkings van afsluitingsduurmetings van die [d] en konsonantduurmetings van die [I] en [s] Die resultate van afsluitingsduurmetings van die [d] en konsonantduurmetings vir die [1] en die [s] is telkens op dieselfde wyse verwerk. Eerstens is 'n gemiddelde duurwaarde vir die eerste drie herhalings van elke onsineenheid en elke woord van elke persoon bereken. Uit die gemiddeldes van elke persoon is tweedens 'n gemiddelde duurwaarde vir elke onsineenheid en elke woord vir die betrokke diagnostiese groepe bereken. Uit die gemiddelde duurwaardes van die verskillende onsineenhede is derdens 'n totale gemiddelde duurwaarde vir onsineenhede bereken vir elke diagnostiese groep en vierdens op dieselfde wyse 'n totale gemiddelde duur- waarde vir woorde vir elke diagnostiese groep. Laastens is 'n gemiddelde duurwaarde bereken vir elke diagnostiese groep, uit die som van die onderskeie gemiddelde waardes vir onsineenhede en woorde tesame. Verwerkings van die resultate van formant- frekwensiewaardes van die [I] Die gemete formantfrekwensiewaardes van die eerste drie formante van die [1] is telkens op dieselfde wyse verwerk. Eerstens is daar vir elke persoon gemiddelde formantfrekwensiewaardes vir formante een, twee en drie bepaal uit die som van die onderskeie gemete formant- frekwensiewaardes vir onsineenhede,en woorde tesame. Tweedens is gemiddelde formantfrekwensiewaardes vir elke formant van elke diagnostiese groep bepaal uit die som van die betrokke gemiddelde formantfrekwen- siewaardes van die persone. Derdens is forma'ntratio's bepaal vir elke persoon en elke diagnostiese groep vir formant twee teenoor formant een (F2:F1) en vir formant drie teenoor formant een (F3:F1) volgens die metode van Dalston (in Baken en Daniloff, 1991). Verwerking van die resultate van omvang van akoestiese energie en die piek van gekonsentreerde energie van die [s] / / Vir die bepaling van die omvang van akoestiese energie is die gemiddelde mininmm en maksimum frekwensie- waardes van elke persoon en elke diagnostiese groep bereken. Die gemiddelde minimum en maksimum frekwensiewaardes van elke persoon is bereken uit die The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Spraakklankdistorsie by Neuromotoriese Spraakafwykings 91 som van die gemete onderskeie minimum en maksimum frekwensiewaardes van onsineenhede en woorde tesame. Uit hierdie persoongemiddeldes is vervolgens gemiddelde minimum en maksimum frekwensiewaardes vir die onderskeie diagnostiese groepe bepaal. Persoon- en diagnostiese groepgemiddeldes is verder op dieselfde wyse bereken vir die piek van gekonsentreerde energie van die [s], RESULTATE EN BESPREKING Resultate en bespreking van stemaanvangstyd- metings Die resultate van hierdie spraakparameter dui op verskille in die aard van die waargenome spraak- klankdistorsie by die onderskeie afwykings. Figuur 1 illustreer die gemiddelde SAT-foutwaardes van die verskillende diagnostiese groepe. Die verbaal-apraktiese spreker toon die grootste foutwaarde (nl.14.8) van die verskillende groepe. Gemiddelde SAT-foutwaarde 14 12 Normaal CZH 3fb*m9 OturU· • • v«fbat* Apimksw S.O. Diagnostiese groepe V.A. Figuur 1. Gemiddelde SAT-foutwaardes van die ' onderskeie diagnostiese groepe. / I / ι Ontleding van die SAT-data toon dat die serebellere disartriesprekers se SAT-resultate konstant afwykend negatiewe SAT-waardes toon by Pp 2 terwyl Pp 1 se waardes rondom die normale perke sentreer. Teoreties beskou impliseer 'n negatiewe SAT-waarde dat fonasie 'n aanvang neem voordat die lugvrylating vir afsluitings- klankproduksie plaasvind (Lisker & Abramson, 1964). Produksie van die [d] vereis hoofsaaklik integrasie van produksiekomponente soos stemgewing, velere en alveolere sluiting om die opbou van lugdruk moontlik te maak en verder verbreking van die alveolere afsluiting met gevolglike ploffingsproduksie. By nadere ondersoek blyk dit egter dat die gemete negatiewe SAT-waardes en waarneembare stemvoorloop by Pp 2 die resultaat is van η perseptueel hoorbare nasalering van die aanvangsklank asook swak afsluitings- en ploffingsproduksie w;at meting bemoeilik het (sien resultate aangaande afsluitings- duurmetings vir verdere toeligting). Stemgewing by Pp 2 is dus wel akkuraat in tyd, maar blyk skynbaar afwykend negatief te wees weens genasaleerde aanvangsdistorsie van die [d], omdat duidelike afsluitingsproduksie nie plaasgevind het nie. Dit blyk dus asof die aanvang van die ploffingsgedeelte vertraag is, moontlik weens swak velere sluiting as gevolg van'hipotonie of onwillekeurige bewegings. Daar is dus sprake van swak interartikulator- sinchronisasie weens stadige velere sluiting en nie weens stadige inisiering van stemgewing nie. Die resultate dui dus moontlik op intakte beplanning van die artikulatoriese bewegings maar op probleme met die uitvoer van die beplande bewegings. Die feit dat Pp 1 nie soortgelyke afwykende SAT- resultate vertoon as Pp 2 nie, is moontlik 'n aanduiding dat die SAT-afwykings by die serebellere disartriesprekers direk verband hou met die erns van die aantasting. Kent et al. (1979) vind ooreenstemmende resultate deurdat SAT- waardes van klanke soos die [t], [p] en [k]-klanke verleng word namate die graad van aantasting toeneem. Die verbaal-apraktiese spreker in die huidige studie toon in teenstelling met die serebellere disartriesprekers 'n hoe SAT-foutwaarde en ook slegs SAT-waardes van 'n positiewe aard. Die positiewe SAT-waarde dui daarop dat glottale pulserings (d.w.s. fonasie) 'n aanvang neem nadat die ploffing van die afsluiting vir die [d] geproduseer is. Die vertraging in stemgewing by Pp 3 reflekteer moontlik probleme met die temporale interartikulator-sinchroni- sasie van tongbeweging en glottale sluiting wat 'n spektrografies waarneembare distorsie van die [d] as byna 'n [t] tot gevolg het. Aangesien die SAT-waardes van die spreker in hierdie studie nooit die gegewe positiewe SAT- waarde van +40 msek (Zlatin, 1974) vir stemlose klanke bereik het nie ('n gemiddelde SAT-waarde van 26.6 msek kom voor), kan die afleiding gemaak word dat die spreker nie die [d] fonologies vervang het met 'n [t] nie en dat 'n spraakklankdistorsie eerder teenwoordig is. Soortgelyke afleidings is deur Van der Merwe et al. (1989) gemaak. Die SAT-resultate van die verbaal-apraktiese spreker in die huidige studie stem ooreen met bevindinge van Free- man, Sands en Harris (1978) naamlik dat sprekers met verbale apraksie geen stemvoorlope vir stemhebbende afsluitingsklanke het nie. Navorsing toon oor die algemeen dat stemhebbende klanke meer stemloos gemaak word deur verbaal-apraktiese sprekers as omgekeerd (Wertz, LaPointe en Rosenbek, 1984). Kent en Rosenbek (1983) vind in teenstelling met huidige bevindinge SAT-foute van 'n groot negatiewe aard by sommige van hul proefpersone en wys daarop dat probleme met koordinasie en tyds- berekening akoesties verskillend manifesteer by verskil- lende verbaal-apraktiese sprekers. Daar kan gespekuleer word dat verbaal-apraktiese sprekers moontlik ideosin- kratiese aantasting van sinchronisasie van fonasie en artikulasie vertoon en dat SAT-foute, alhoewel dit voorkom by verbaal-apraktiese sprekers, onvoorspelbaar is in terme van die aard van die SAT-foute (Freeman et al., 1978; Van der Merwe et al., 1989). Daar moet egter in gedagte gehou word dat slegs data van een verbaal-apraktiese spreker in die huidige studie beskikbaar is, wat dus spekulasies hieromtrent aansienlik beperk. Resultate van afsluitingsduurmetings Figuur 2 toon dat die serebellere disartriesprekers se gemiddelde afsluitingsduurwaarde (nl. 0.09 sek) gering korter is as die van die normale sprekers (nl. 0.1 sek) terwyl die verbaal-apraktiese spreker die langste afsluitingsduurwaarde vertoon (nl. 0.49 sek). Dis insiggewend dat die produksie van 'n swak alveolere afsluiting vir die [d], waarneembaar is by beide serebellere disartriesprekers. Spektrografiese ontleding toon dat feitlik geen onderbreking in glottale pulserings met Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 92 Isna Erasmus, Anita van der Merwe & Emily Groenewald 0.Θ 0.7 0.Θ" 0.5 - 0.4 - 0.3 0.2 0.1 Afsluitingsduur (sek.) Q«m. in onelneenhede I / J Gem. In woord· ΓΠ QxnKkMcl· duui Η Normaal S.D. V A Diagnostiese groepe Figuur 2. Gemiddelde afsluitingsduurwaardes van die [d] van die onderskeie diagnostiese groepe, soos bereken vir onsineenhede, woorde en vir woorde en onsineenhede tesame. aanduidings van 'n ploffing waarneembaar is op die golfvorm nie, terwyl die spektrogram ook 'n mate van aaneenlopendheid in die formante vertoon. Die aaneen- lopende teenwoordigheid van glottale pulserings en energie op die spektrogram bemoeilik dus die bepaling van die afsluitingsgedeelte van die [d] in die woord en het tot gevolg dat verkorte tot normale afsluitingsduur gemeet word by die serebellere disartriesprekers. Hierdie tendens dra dus by tot die gemete negatiewe SAT-waardes by veral Pp 2. Proefpersoon 2 se SAT-waardes was gevolglik in twee van die totaal van nege uitinge nie meetbaar nie, weens die feit dat 'n duidelike ploffing vir die [d] nie teenwoordig was nie. Die resultate en afleidings van die huidige studie aangaande swak afsluitingsklank- produksie by die serebellere disartriesprekers word ondersteun deur die resultate van vorige studies. Kent en Netsell (1975) vind konstante afsluitingsklankdistorsie van die [t]-, [d]- en [g]-klanke deur serebellere disartrie- sprekers deurdat die afsluitingsgedeelte van die klank of weggelaat word, (waarskynlik waarneembaar as 'n vokaalagtige distorsie), of met 'n frikatiewe kwaliteit geproduseer word. Hulle rapporteer ook 'n afwesigheid van 'n prominente ploffing van die [g]-klank en skryf dit toe aan 'n onvermoe van die tong om kontak te maak met die alveolere rif weens onvoldoende spierkrag of onwille- keurige bewegings. Hierdie resultate dui moontlik op probleme op 'n uitvoervlak van spraakproduksie. Dis egter ook moontlik dat die voorafgaande resultate uitvalle op 'n programmeringsvlak van spraakproduksie kan reflekteer, waartydens daar sprake is van "spier-spesifieke" programmering van omvang en rigting van spraak- bewegings (Van der Merwe, 1994). In teenstelling met die serebellere disartriespreker in die studie (Pp 2) toon die verbaal-apraktiese spreker (Pp 3) spektrografies beskou 'n duidelike afsluitings- of ploffingsgedeelte maar stemgewing en ploffing word "afsonderlik" geproduseer. Fonasie neem dus 'n aanvang nadat die afsluiting opgehef is. Hierdie resultate dui daarop dat daar nie probleme voorkom met die kwaliteit van afsluitingsproduksie by die verbaal-apraktiese spreker nie. Verlengde afsluitingsduurwaardes by verbaal- apraktiese sprekers word ook deur ander navorsers gerapporteer (Kent & Rosenbek, 1983; Hardcastle et al., 1985). Verlenging van afsluitingsduur by die verbaal- apraktiese spreker kan moontlik verklaar word as 'n kompensatoriese reaksie om sodoende meer tyd toe te laat vir die motoriese beplanning van die daaropvolgende bewegingskomponente van die uiting (Kent & Rosenbek, 1982; 1983). Hierdie verklaring word moontlik ondersteun deur die waarneming in die huidige studie dat die verbaal- apraktiese spreker langer afsluitingsduurwaardes vir KVKVK-eenhede as vir KVKV-eenhede vertoon. Navor- sing aangaande die invloed van verskillende kontekste op die spraak van verbaal-apraktiese sprekers dui daarop dat die KVKVK-eenheid vir 'n verbaal-apraktiese spreker moeiliker is om te beplan as die KVKV-eenheid (Van der Merwe etal., 1988; 1989). Langer afsluitingsduurwaardes sou dan moontlik meer tyd toelaat vir die spreker om die uiting te beplan. Resultate en bespreking van konsonantduur- metings van die [1] en die [s] Figure 3 en 4 illustreer die resultate van konsonant- duurmetings. Die serebellere disartriesprekers en die verbaal-apraktiese spreker toon volgens die resultate ongeveer dieselfde mate van temporale distorsie by die [l]-klank, deurdat die mate van verlengde kontinuantduur min of meer gelyk is (sien Figuur 3). Vir die [s]-klank toon die verbaal-apraktiese spreker egter 'n groter mate van temporale distorsie as die serebellere disartriesprekers. Die serebellere disartriesprekers toon volgens die Konsonantduur (sek.) Gem. in onelneenhede I / J Gem. In woord· [Π Gemiddelde duur 0.08 0.08 Μ Μ Μ 01 01 01 01 Υ// Υ// Υ// Υ// Υ// S.D. Diagnostiese groepe Figuur 3. Gemiddelde konsonantduurwaardes van die [1] van die onderskeie diagnostiese groepe. Konsonantduur (sek.) Η Gem. in onsmeenhede I / J Gem. in woord· I I I Gemiddelde duur yS.D. · Diagnostiese groepe Figuur 4. Gemiddelde frikatiewe duurwaardes vir die [s] van die'onderskeie diagnostiese groepe. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Spraakklankdistorsie by Neuromotoriese Spraak resultate verlengde konsonantduur vir beide die [1] en die [s]-klanke. Verlengde segmentele duur by sprekers met serebellere disartrie is ook deur ander navorsers bevind (Kent & Netsell, 1975; Kent et al., 1979; Kent & Rosenbek, 1982). Die huidige resultate stem ooreen met die van Kent et al., (1979) wat verlengde konsonantduur ooreenkomstig die graad van aantasting vind by serebellere disartrie- sprekers. Temporale distorsie in die vorm van verlengde konsonantduur by die serebellere disartriesprekers kan eerstens verklaar word as die direkte gevolg van neuromotoriese simptome soos hipotonie, ataksie en onwillekeurige bewegings wat 'n afname in die spoed van bewegings kan veroorsaak (Grunwell & Huskins, 1979) en dus moontlik probleme op 'n uitvoervlak van spraak- produksie reflekteer. Tweedens kan verlengde duur beskou word as die resultaat van kompensasie vir die onderliggende simptome, om sodoende meer tyd toe te laat vir die evaluasie van terugvoer aangaande die posisies en bewegings van die artikulators (Kent & Rosenbek, 1982). Kent et al., (1979) noem in aansluiting by so 'n beskouing dat wanneer sprekers met serebellere disartrie genoeg tyd tot hulle beskikking het, hulle toepaslike artikulatoriese posisies kan bereik. In die huidige studie vertoon Pp 1 duurwaardes langer as die normale vir die [1] maar by die frikatiewe [s]-klank kom distorsie voor in die vorm van duurwaardes korter as die normale. Kent et al., (1979) rapporteer ook duurwaardes kleiner as die normale vir die [s]-klank vir persone met minder ernstige serebellere disartrie maar verskaf geen ander verklaring daarvoor as die graad van aantasting nie. Daar kan gespekuleer word dat Pp 1 moontlik as gevolg van 'n unieke kompensasiewyse spraak vinniger as die normale produseer of dat vinniger as normale [s]-produksie 'n unieke spraakkenmerk van die persoon was voordat die verworwe spraakafwyking ingetree het. Formele metings van spraakspoed en uitinglengte is egter nie beskikbaar ter verdere uitbreiding van die spekulasies rondom spraakspoed nie. Metings van die akoestiese omvang van energie van die [s] het egter meer lig gewerp op die artikulasie-eienskappe van die [s] (sien verdere bespreking). J Die verbaal-apraktiese spreker toon ook soos die serebellere disartriesprekersjtemporale distorsie van die [s] maar verskille in die aard en graad daarvan is opgemerk. 'n Groter mate van temporale spraak- klankdistorsie kom voor by die [s] van die verbaal- apraktiese spreker deurdat duurwaardes groter is as die waardes van die serebellere disartriesprekers en die normale waardes (sien Figuur 4). Hierdie resultaat stem ooreen met algemene bevindinge dat verbaal-apraktiese sprekers verlengings van woordsegmente toon (Kent & Rosenbek, 1983; Kent & McNeil, 1987; Van der Merwe et al., 1989). Navorsers soos Kent en McNeil (1987) voer aan dat verlengde segmentele en intersegmentele duur by verbaal-apraktiese sprekers die direkte resultaat kan wees van foutiewe fonetiesmotoriese kodering van die uiting. Ander outeurs beskou weer verlengde segmentele duur teoreties as 'n kompensatoriese metode (Kent & Rosenbek, 1982; Van der Merwe et al., 1989). 'n Interessante spektrografiese waarneming by duurmetings van die verbaal-apraktiese spreker is die konstante voorkoms van intersillabe-pouserings, selfs waar normale duurwaardes bereik is. In teenstelling hiermee het intersillabe-pouserings nooit by die serebel- lere disartriesprekers voorgekom nie en is aaneenlopende i n g s 93 produksies sonder duidelike afslui tings eerder opgemerk. Kent en McNeil (1987) vind in ooreenstemming met hierdie resultate intersegmentduur langer as die normale by verbaal-apraktiese sprekers. Hierdie bevindinge vind dus tot 'n mate aansluiting by die teorie dat intersillabe- pouserings as 'n kompensatoriese metode gebruik word. 'n Verdere interessante waarneming wat by die duurmetings van die [s] sowel as die [l]-klank van die verbaal-apraktiese spreker waarneembaar is en nie by die sprekers met serebellere disartrie voorkom nie, is dat die verbaal-apraktiese spreker gering groter duurwaardes vir KVKVK-eenhede vertoon as vir KVKV-eenhede. Van der Merwe et al., (1989) vind ooreenstemmende groter duurwaardes vir KVKVK-eenhede as vir KVKV-eenhede by verbaal-apraktiese sprekers. Kontekste wat moontlik hoer eise aan die spreker stel in terme van motoriese beplanning het dus moontlik verlengde duur tot gevolg (Van der Merwe et al., 1989). Die afleiding kan dus gemaak word dat die verbaal-apraktiese spreker in die huidige studie ook moontlik probleme vertoon met die beplanning van spraak. Resultate en bespreking van die meting van die omvang van akoestiese energie van die [s]-klank Figuur 5 illustreer die bevindinge van die meting van die omvang van akoestiese energie van die [s]-klank. 1 2 3 4 6 8 7 8 9 1 0 11 12 Frakwenaie ( k H z ) Figuur 5. Gemiddelde minimum en maksimum frekwensie-waardes en piek van gekonsentreerde energie vir die [s] van die verskillende diag- nostiese groepe. Die moontlikheid dat unieke [s]-produksie by Ppl voorkom, word verder ondersteun deur resultate van die meting van die omvang van akoestiese energie by die [s] van Ppl. Die serebellere disartriesprekers as groep vertoon ruimtelike distorsie van die [s] deurdat die omvang van die [s] skuif na 'n effens kleiner waarde met die minimum waarde meer afwykend as die maksimum waarde (sien Figuur 5). 'n Verlaging in die minimum frekwensiewaardes van die [s] kan moontlik dui op 'n verminderde konstriksie vir [s]-produksie. Proefpersoon 1 toon 'n gering groter omvang van akoestiese energie as Pp 2 wat daarop kan dui dat 'n groter mate van [s]-distorsie voorkom by Pp 1 ten spyte van normale en korter as normale duurwaardes. Proefpersoon 1 toon dus 'n groter mate van ruimtelike spraakklankdistorsie vir die [s]-klank as Pp 2, terwyl Pp 2 weer 'n groter mate van temporale spraakklankdistorsie vir die [s] vertoon. Die omvang en akkuraatheid van Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 40, 1993 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 94 artikulatoriese bewegings is dus moontlik by die S t n n : r r i e r P r e k e r S ^ ^ ^ — e n k o L i d graad van neuromotoriese simptome Daar ^ die voorkoms van spraakklankdistorsie * sen*el,ere disartriesprekers, d e ^ d i e n ^ ng van akoestiese energie heelwat wyer is as die o m Z g van X normale en serebellere disartriesprekers (sien ^ u r 5 ) η Afname in die algemene intensiteit van die ui C k o m ook voor, wat spektrografies waarneembaar s at ^ akoestiese energie kan die gevolg wees van 'n Z ^ ^ mg ν k o n s t r i k s i e t y d J apraktiese spreker vertoon dus moontlik probleme met die fyn posisionering van die a r t i l r n l ^ p r o m e , m e m e t gekanaliseerde lugstroom te verseke^ Kent ^ (1983) postuleer L p r o ^ Z t T ^ Z S u , ? waar min,f«n 4. , teorie van motoriese kontrole waar ruimtelik-temporale skemata "or abstract