3 9 Die Invloed van Otitis Media op die Sentrale Ouditiewe Vermoens van Kinders met Sensoriese Integrasieprobleme Lidia Olivier, B.Log (Pretoria) Brenda Louw, D.Phil (Pretoria) Rene Hugo, D.Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie Universiteit van Pretoria OPSOMMJNG Otitis media word in die resente literatuur in verband gebring met spraak- en taalprobleme, gedragsprobleme en leerprobleme. Beperkte navorsing is egter tot op hede uitgevoer om die invloed wat otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens uitoefen, te bepaal. Die doel met hierdie studie is om te bepaal of otitis media wel 'n invloed op die sentrale ouditiewe vermoens van kinders met sensoriese integrasieprobleme uitoefen. Dertien persone wat gediagnoseer is as kinders met sensoriese integrasieprobleme, is as proefpersone geselekteer. Hulle is in twee groepe ingedeel, naamlik agt proefpersone met 'n geskiedenis van otitis media (Groep A) en vyf proefpersone sonder 'n geskiedenis van otitis media (Groep B). 'n Toetsbattery is saamgestel vir die evaluering van die sentrale ouditiewe vermoens en is op die proefpersone uitgevoer. In die geval van groep A was die resultate afwykend in elke subtoets in die sentrale toetsbattery wat op 'n moontlike breinstambetrokkendheid dui. Groep Β het normale resultate in bykans al die toetse verkry. Die resultate dui daar op dat ehroniese otitis media wel 'n invloed op die sen - trale ouditiewe vermoens van die proefpersone het en wel in terme van onvoldoende breinstamfunksionering. Implikasies vir navorsing en behandeling is bespreek. ABSTRACT In recent literature otitis media is linked to speech and language problems, behavioural problems and learning disabilities. Until recently limited research has been done in order to determine the influence of otitis media on the central auditory abilities. The aim of this study was to determine whether otitis media has an influence on the central auditory abilities of children with sensory integration problems. Thirteen per- sons diagnosed as children with sensory integration problems were selected as subjects. Theg were divided into two groups, namelg eight sub- jects with a history of otitis media (group A ) and five subjects without a history of otitis media (group B). A test battery was compiled for evaluation of the central auditory abilities and was used on the subjects. In terms of group A deviating results were obtained on every subtest of the central auditory test batiery which indicated a possible brainstem involvement. Group Β obtained normal results in more or less all the Ίtests. The results therefore suggest that chronic otitis media has an influence on the central auditory abilities, i.e. in terms of insufficient brainstem functioning. Implications for research and treatment were discussed. Otitis media is tans 'n populere navorsingsonderwerp, hoof- saaklik as gevolg van die jomvattende invloed wat dit op die kind kan uitoefen (Gottlieb, Zinkus & Thompson, 1979). Dwarsdeur die literatuur word otitis media in verband met spraak- en taalprobleme, gedragsprobleme en leerprobleme gebring (Gottlieb et al. 1979). Alhoewel otitis media ook in verband gebring word met die sentrale ouditiewe vermoens, is daar tot op hede nog beperkte navorsing in hierdie verband uitgevoer. In die lig daarvan dat die sentrale ouditiewe ver- moens 'n belangrike rol in sensoriese integrasie speel, en deur 'n verband tussen otitis media en sentrale ouditiewe pro- sessering te bepaal, kan nuwe inligting, oor veral die invloed van otitis media, maar ook die rol van die oudioloog by die kind met sensoriese integrasieprobleme, beskikbaar gestel word. Otitis media is 'n kindersiekte met 'n baie hoe voorkoms, veral by kinders van sesjaar en jonger (McShane & Mitchell, 1979). Teenstrydighede ten opsigte van die invloed van otitis media op kinders kom egter I in die literatuur voor en navor- singsbevindinge kan hoofsaaklik in twee groepe verdeel word Die Suid-Afrikaanse Tdskrif vir Kommunikasieafins, Vol. 37 1990 (Paradise, 1983). Die eerste groep navorsers toon aan dat kin- ders wat wel 'n geskiedenis van otitis media het, maar van wie die gehoo'r normaal was tydens toetsing, geen of slegs 'n ge- ringe agterstand toon in terme van sintaksis, taalbegrip, lees- vermoe en woordeskat (Owrid, 1970). Die tweede groep na- vorsers het bevind dat otitis media wel 'n negatiewe invloed op taalontwikkeling, veral in terme van taalinhoud en -vorm het (Blager, 1982; Sak & Rubin, 1982). Volgens Paradise (1983) kan hierdie geskilpunt in die litera- tuur verklaar word uit leemtes in die navorsing. Diagnose van otitis media in vroeere lewensjare is ten eerste nie baie be- troubaar nie. Tydens toetsing vertoon sommige proefpersone otitis media en kan daar dus nie akkurate inligting met betrek- king tot hulle ontwikkeling bekom word nie. Slegs beperkte steekproewe is gewoonlik gebruik en die betroubaarheid van die studies word in baie gevalle betwyfel (Paradise, 1983). As daar egter in gedagte gehou word dat otitis media soms gepaard gaan met 'n geringe konduktiewe gehoorverlies, is dit 'n logiese afleiding dat dit wel 'n invloed op die normale όπι- ο SAVSG 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 4 0 Lidia Olivier, Brenda Louw, Rene Hugo wikkelingsverloop van die kind moet uitoefen. Die negatiewe sekondere gevolge van otitis media kan verklaar word op grond van die wisselende graad van ouditiewe deprivasie wat ondervind word. Studies het aangetoon dat die eerste vyf lewensjare veral belangrik is vir breinmaturasie (Webster, 1983). Die eerste vier lewensjare is ook die kritieke periode van taalaanleer (Rubin, 1984). Dit is in hierdie tyd, maar ver- al gedurende die eerste twee lewensjare dat otitis media by kinders voorkom (Northern & Downs, 1984). Gehoor is noodsaaklik vir die ontwikkeling van die ouditiewe bane in die perifere en sentrale ouditiewe sisteem. 'n Fluktue- rende konduktiewe verlies as gevolg van otitis media kan 'n negatiewe invloed op die ontwikkeling van die ouditiewe funksie, sowel as op kognitiewe en kommunikasievaardighede uitoefen (Hornsby, 1984). Die ontwikkeling van ouditiewe prosessering word ook nadelig bei'nvloed deur otitis media, aangesien die ouditiewe boodskappe nie die sentrale senu- weestelsel akkuraat bereik nie (Zinkus, 1982). Afwykings in sentrale prosessering, versteuring in ouditiefvisuele integrasie, leesprobleme en ouditiewe persepsieprobleme word dus in verband gebring met die herhaaldelike.voorkoms van otitis media, (Gottlieb, 1979; Zinkus, 1982). Webster (1983) is ook eens dat 'n chroniese konduktiewe gehoorverlies in die vroee lewensjare tot 'n permanente sentrale ouditiewe afwyking kan lei. Otitis media kan dus 'n invloed op die sentrale oudi- tiewe vermoens van kinders uitoefen. Die ouditiewe sisteem, en in die besonder die sentrale oudi- tiewe sisteem, is veral in die geval van kinders met sensoriese integrasieprobleme van belang as 'n sensoriese modaliteit vir die persepsie van ouditiewe invoer. Normaalweg word die sensoriese inligting, afkomstig van die ouditiewe sisteem, met die sensoriese invoer van ander sensoriese modaliteite, naam- lik die vestibulere sisteem, taktiele sisteem, propriosepsie en die visuele sisteem gei'ntegreer sodat daar toepaslik daarop ge- reageer kan word. Die interpretasie en integrasie, asook toe- paslike reaksie op sensoriese stimuli, staan bekend as senso- riese integrasie. Die proses word deur die sentrale senuwee- stelsel teweeggebring deurdat 'n massa sensoriese inligting gefiltreer, georganiseer en gei'ntegreer word, sodat dit gebruik kan word in die ontwikkeling en uitvoering van die brein se funksies (Ayres, 1973). 'n Wanfunksie ten opsigte van sen- soriese integrasie beteken dat die vloei van sensoriese inligting deur middel van die sensoriese modaliteite nie voldoende ge- prosesseer en georganiseer word nie. Sodoende kan die indi- vidu nie presiese inligting oor homself en sy wereld beleef nie (Ayres, 1973). Dit strem die individu in die ontwikkeling van hoer breinfunksies en -kan, onder andere, tot die volgende simptome lei: hiperaktiwiteit; afleibaarheid; gedragsproble- me; spierwankoordiriasie; taal- en spraakprobleme, asook leerprobleme. Navorsing toon egter dat sensoriese integrasieprobleme tot leerprobleme kan lei en in baie gevalle nou verwant is aan leer- probleme (Ayres, 1973). Baie van die simptome van kinders met sensoriese integrasieprobleme stem ooreen met die simp- tome van leergestremde kinders, bv. ouditiewe pro- sesseringsprobleme, asook verskeie uitvalle ten opsigte van taalfunksies (Ayres, 1973). In die geval van kinders met leer- probleme word hierdie probleme veral in verband gebring met die simptome en gevolge van otitis media. Zinkus (1982) dui ook aan dat kinders met leerprobleme 'n hoer voorkoms van otitis media (25 - 36%) as normale kinders (13 - 17%) toon, veral as hulle probleme verwant is aan ouditiewe vaardighede. Aangesien otitis media wel 'n invloed op kinders met leer- probleme het, en wel veral in terme van hulle sentrale oudi- tiewe vermoens, kan daarverwag word dat otitis media ook 'n invloed kan he op die sentrale ouditiewe vermoens van kin- ders met sensoriese integrasieprobleme. Die bepaling van die verband tussen otitis media en die sen- trale ouditiewe vermoens kan nuwe lig op die etiologie en simptomatologie van sensoriese intregrasieprobleme asook op die implikasies van otitis media werp. Insluiting van die oudioloog in die span wat die kind met sensoriese integrasie- probleme hanteer, kan tot voorkoming van die nadelige in- vloed van otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens, en gevolglik die algehele funksionering van die kind, lei. METODE Doel Die doel van die studie is om die invloed van otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens van kinders met sensoriese inte- grasieprobleme te bepaal deur: — die sentrale ouditiewe vermoens van twee groepe kinders- met sensoriese integrasieprobleme, naamlik die met en die sonder 'n geskiedenis van otitis media te peil — intergroepsooreenkomste en -verskille tussen die twee eksperimentele groepe te bepaal. — intragroepsooreenkomste en -verskille tussen die proef- persone in elke eksperimentele groep te bepaal. Navorsingsontwerp 'n Beskrywende navorsingsplan is gebruik aangesien dit intra - en intergroepsvergelyking, waarvolgens die gestelde navor- singsvrae beantwoord kan word, moontlik maak (Steyn et al. 1984). ι Protfpersoonseleksie \ i Die proefpersone het dertien kinders met sensoriese inte- grasieprobleme ingesluit. Die dertien proefpersone is met behulp van 'n vraelys geselekteer uit die totale aantal Afiji- kaanssprekende kinders met sensoriese integrasieprobleme wat terapie ontvang by 'n privaat arbeids- en spraak- terapiekliniek. Agt kinders met 'n geskiedenis van otitis media (Groep A) en vyf sonder 'n geskiedenis daarvan (Groep B) is op 'n eenvoudige ewekansige wyse geselekteer. Die proefpersone moes oor normale perifere gehoor beskik en tussen die ouderdomme 6 en 10,5 jaar wees. Tabel 1 verskaf 'n opsommende weergawe van die kenmerke van die proefpersone. ' / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Invloed van Otitis Media op Sentrale Ouditiewe Vermoens van Kinders met Sensoriese Integrasieprobleme Tabel 1: Algemene beeld van proefpersone w a t in hierdie ondersoek ingesluit is 41 * Normale timpanogram - dit wil se normale "compliance" en middeloordruk. + Geen sluiting verkry. Het reeds 22 maal buisies in beide ore gekry. Eksperimentele groep Proefpersoon Geslag Ouderdom Gemiddelde gehoordrempel Timpanogram Groep A L R Kinders met sensoriese 1 V 8j Omnde 0 dB 0 dB Normale tipe A* integrasieprobleme met 2 Μ 7j 5mnde 13,3 dB 10 dB Normale tipe A 'n geskiedenis van 3 Μ 9j 9mnde 5 dB 3,3 dB Normale tipe A otitis media 4 Μ 6j 4mnde 6,6 dB 6,6 dB Normale tipe A 5 Μ 6j 4mnde 10 dB 11,6 dB Geen sluiting"1" 6 V 6j 1 Omnde 0 dB 0 dB Normale tipe A 7 Μ 7j 2mnde 3,3 dB 3,3 dB Normale tipe A 8 V 7j l m n d 0 dB 0 dB Normale tipe A Groep Β Kinders met sensoriese 9 Μ 9j 6mnde 0 dB 3,3 dB Normale tipe A integrasieprobleme 10 V 7j 5mnde 8,3 dB ' 3,3 dB Normale tipe A sonder 'n geskiedenis 11 Μ 6j 6mnde 0 dB 0 dB Normale tipe A van otitis media 12 V 8j l l m n d e 0 dB 0 dB Normale tipe A 13 Μ lOj 6mnde 8,3 dB 8,3 dB Normale tipe A PROSEDURE Data-insameliny 'n Volledige gehoorevaluasie is op elke proefpersoon uitgevoer. Vir hierdie doel is 'n GSI-10 oudiometer en 33 Middle Ear Analizer gebruik asook Telephonies TDH-50 oorfone met MX41/AR kussings. Die oudiometer is op 1989-01-10 gekali- Tabel 2: Sentrale Ouditiewe Sisteem Toetsbattery breer en voldoen aan die vereistes van SABS 0154-1979. Die eksperimentele toetsbattery was daarop gemik om die sentrale ouditiewe sisteem te evalueer en word in Tabel 2 verskaf. Toets Motivering vir insluiting by toetsbattery A Perifere gehoorevaluasie: 1 Suiwertoontoetsing 2 Spraakontvangsdrempel 3' Spraakdiskriminasie ill stilte 4 Timpanometrie Β Toetse vir Sentrale ouditiewe prosessering 5 Akoestiese refleksdrempelbepaling 6 Sintetiese sinsidentifikasie (SSI) SSI-PI SSI-IKB (ipsilaterale kompeterende boodskap 7 Maskeringsvlakverskiltoets (MW-toets) - met suiwertone as stimulus - met spondeewoorde as stimulus 8 Simultaneous Binaural Median-Plane Localization Test (SBMPL-Test) I 1 Normale perifere gehoor is 'n voorvereiste vir die uit- voering van sentrale ouditiewe toetse (Musiek, 1985). 2 Word as basis gebruik waarvolgens die intensiteit vir aan- bieding van ander toetsstimuli bepaal is. 3 Deur middel van die bepaling van spraakdiskriminasie in stilte by 4-5 intensiteite is die FG-PI-funksies (Fonetiesge- balanseerde woordelysprestasie-intensiteitsfunksie) be- paal, om dit te kan vergelyk met die SSl-PI-funksie (Sinte- tiese sinsidentifikasieprestasie-intensiteitsfunksie) om tot differensiaaldiagnose by te dra. 4 'n Objektiewe meting van middeloorfunksie om die moont- likheid van middeloor-betrokkenheid uit te skakel. 5 Vergelyking van ipsilaterale en kontralaterale reflekse ver- skaf waardevolle inligting vir moontlike identifikasie van breinstamletsels (Hall, 1985). 6 SSI-PI versus FG-PI verskaf inligting vir 'n differen- siaaldiagnose tussen kogleare - retro-kogleare - en sentrale ouditiewe senuweestelselletsels (Jerger & Hayes, 1977 in Rintelman, 1985). Differensieer verder tussen sentrale letsels (breinstam ver- sus temporale lobletsels). 7 Verskaf inligting oor laer breinstamfunksionering (Noff- singer et al. 1985). 8 Verskaf inligting oor algemene breinstamfunksionering. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommuniksieawykins, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 4 2 Lidia Olivier, Brenda Louw, Rene Hugo DAT A-ANALISE Response van die proefpersone is deurentyd op toetsvorms aangeteken. Die data is daarna in terme van die volgende kriteria beoordeel: Akoestiese reflekse Die akoestiese reflekse is beoordeel in terme van: normaal, verhoog, afwesig en verlaag. Indien die akoestiese refleks (ipsi- lateraal en kontralateraal) tussen 80-100 dBSP voorgekom het, is dit as normaal beskou (Fria et al. 1985 en Metz, 1946 in Northern et al. 1985). Enige refleks wat hoer as lOOdB intree, is as 'n verhoogde refleks beskou en enige refleks laer as 60dB as 'n verlaagde refleks. Sintetiese-sinsidentifikasietoets Die SSI-PI-funksie versus die FG-PI-funksie is beoordeel in die lig van Jerger & Hayes se kriteria (Rintelman, 1985). Die resultate van die SSI-IKB en SSI-KKB is volgens die kriteria van Jerger & Jerger (1975) soos aangedui deur Musiek en Pinheiro (1975) beoordeel. Figuur 1: Staafkaart van Akoestiese Reflekse In figuur 1 word die ipsilaterale en kontralaterale refleks- resultate uiteengesit. Dit blyk duidelik uit die voorstelling dat Groep A en Β normale ipsilateral^ reflekse vertoon het. Maskeringsvlakverskiltoets Die resultate van die Maskeringsvlakverskiltoets is in terme van afwykend en normaal beoordeel. Die normale maske- ringsvlakverskilwaarde by 500Hz, dit wil se, die verskil in drempelwaardes met aanbieding van die toetsstimuli in (0/0)- en uit (0/180)-fase is 10-15dB (Noffsinger et al. 1985). 'n Ver- mindering in die maskeringsvlakverskilwaarde, dit wil se, minder as lOdB word as afwykende resultate beskou. Simultaneous Binaural Median-Plane Localization Test Twee beoordelings is gemaak, naamlik normaal of afwykend. Die vermoe om die klank waar te neem met .'n interourale intensiteitsverskil van O-lOdB is beskou as normale resultate. Onvermoe om die klank sentraal waar te neem of sentrale waarneming van die klank met groot interourale-intensiteits- verskille, dit wil se, groter as 10-15dB is as afwykende resul- tate beskou (Jerger, 1960). Resultate Resultate word bespreek in dieselfde volgorde as wat die toets- battery uitgevoer is. Akoestiese reflekse In terme van die kontralaterale reflekse Het groep A normale, verhoogde en afwesige kontralaterale reflekse vertoon. In geval van groep Β het normale-kontralaterale reflekspatro- ne voorgekom. / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 AKOESTIESE REFLEKSE Ipsilaterale & Kontralaterale reflekse NORMAAL VERHOOQ ι VERLAAQ AFWESIQ I pel - met o.m I pel - sonder o.m Kontra - met o.m Kontra - sonder o.m 100% 100% 37.5% 100% 0% 0% 25% 0% 0% 0% 0% 0% 0% 0% 37.5% 0% Η Ipsi - met o.m ϋ § 1 Ipsi - sonder o.m ted Kontra - met o.m ^ M Kontra - sonder o.m Figuur 1 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Invloed van Otitis Media op Sentrale Ouditiewe Vermoens van Kinders met Sensoriese Integrasieprobleme 4 3 Sintetiese sinsidentifikasietoets (SSI) In hierdie geval is twee metings gemaak, naamlik: - 'n vergelyking tussen die FG-PI-funksie en die SSI-PI- funksie — vergelyking van SSI resultate in die teenwoordigheid van 'n ipsilaterale kompeterende boodskap asook 'n kontrala- terale kompeterende boodskap. FG-PI versus -PI Die gemiddelde van die resultate word aangetoon in figure 2a en 2b. 10 I S 2 0 30 Intensiteit in dB -FG-PI-funksie - SSI-PI-funksie Figuur 2(a): SSI-PI-fi»nksie versus FG-PI-funksie: Groep A , dB 70 i 15 20 25 Intensiteit in dB -FG-PI-funksie -SSI-PI-funksie Figuur 2(b): SSI-PI-funksie versus FG-PI-funksie: Groep Β Figuur 2(a) toon dat die proefpersone in groep A se resultate op die FG-PI-funksie binne normale perke was. Die spraakdis- kriminasievermoens van die proefpersone het telkens 100% gebly met 'n verhoging in intensiteit nadat die persentasie maksimum korrekte spraakdiskriminasie bereik is. Die SSI-PI- funksie is heelwat swakker en verloop onder die FG-PI-funk- sie. Dit vertoon ook telkens 'n sogenaamde "roll-over" (Jerger en Hayes, 1977 in Tintelman, 1985). Groep Β vertoon afwykende resultate (figuur 2(b)) van die SSI- PI-funksie in die sin dat die SSI-PI-funksie onder die FG-PI- funksie verloop en telkens 'n sogenaamde "roll-over" vertoon (Jerger & Hayes, 1977 in Rintelman, 1985). Hierdie resultate is egter in 'n mindere mate afwykend in vergelyking met groep A se resultate. In geval van groep Β was die FG-PI-funksie ook binne normale perke. / / / - 2 0 - 1 0 S/R verhouding - Sonder o.m. - Met o.m. Figuur 3(a): Resultate van SSI-IKB (links) 80% 20% - 2 0 - 1 0 S/R verhouding - Sonder o.m. - M e t o.m. Figuur 3(b): Resultate van SSI-IKB (regs) Uit hierdie figure is dit duidelik dat beide groep A en Β afwyk- ende resultate vertoon het. Groep A se resultate is egter in 'n meerdere mate afwykend in vergelyking met die van groep B. Maskeringsvlakverskiltoets Figuur 4 is 'n voorstelling van die resultate wat in die Mas- keringvlakverskiltoets vir suiwertone en spraak verkry is. RESULTATE - MASKERINGSVLAKVERSKILTOETS Verskil In drempelwaardes 20 1 6 Suiwer tone Spondee-woorde Proefpersone 1 Spondee-woorde SSI-PI versus SSI-KKB Die resultate van die SSI-IKB word deur die volgende figure voorgestel. Figuur 4: Resultate van die Maskeringsvlakverskiltoets Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafivykinfls, Vol. 37, lij^,^. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 4 4 Lidia Olivier, Brenda Louw, Rene Hugo Dit blyk dat daar in terme van beide die suiwertoon- en spraak- stimuli afwykende resultate by al die proefpersone in groep A verkry is. Hulle resultate is afwykend aangesien die verskil in responsdrempels wat verkry is by die aanleiding van die toets- stimuli en die kompeterende boodskap in fase (0°/0°) en uit fase (0°/180°) lOdB en minder was. Normale response is by groep Β verkry, dit wil se die verskil in responsdrempels met die aanbieding van die suiwertoon- en spraakstimuli en die kompeterende boodskap in en uit fase was lOdB en meer. Simultaneous Binaural Median-Plane Localization Test Figuur 5 is 'n voorstelling van die resultate wat verkry is. SBMPL-RESULTATE Figuur 5: Resultate van die SBMPL-toets Uit hierdie voorstelling blyk dit dat die proefpersone van groep A se resultate in 'n groot mate van die van groep Β verskil. Groep A het meestal 'n onvermoe getoon om die klank sentraal waar te neem of dit is wel sentraal waargeneem met groot interourale intensiteitsverskille. Groep Β se resultate was heeltemal normaal. BESPREKING VAN RESULTATE Dit wil voorkom asof die eksperimentele vraag of herhaalde- like otitis media in die vroee lewensjare 'n invloed op die sen- trale ouditiewe vermoerjf van persone met sensoriese integra- sieprobleme uitoefen, deur die verkree resultate beantwoord is. Uit die resultate blyk dit duidelik dat daar in die geval van groep A, die proefpersone met 'n geskiedenis van otitis media, oor die algemeen swakker resultate in die sentrale ouditiewe toetsbattery gelewer het in vergelyking met groep Β wat bes- taan het uit proefpersone sonder 'n geskiedenis van otitis media. In terme van die akoestiese refleksmeting dui verskeie outeurs (Northern et al. 1985; Griessen & Rasmussen 1970 in Hall, 1985) aan dat afwesige of verhoogde kontralaterale reflekse met gepaardgaande normale ipsilaterale reflekse 'n aanduid- ing van breinstampatologie is. Dit blyk dus dat die proefpersone in Groep A se resultate 'n aanduiding van moontlike breinstampatologie kan wees. Vol- gens Northern et al. (1985) kan dit verklaar word op grond van die teenwoordigheid van 'n letsel of wanfunksionering in die area waar die breinstambane kruis. Die ongekruisde bane bly intakt en het dus normale ipsilaterale reflekse tot gevolg. In die geval van die proefpersone in groep Β (proefpersone sonder 'n geskiedenis van otitis media) was die resultate deurgaans normaal. Die resultate van die akoestiese refleksmeting word deur die SSI-toetsbattery geverifieer. Die resultate van die FG-PI-funk- sie versus die SSI-PI-funksie dui daarop dat die FG-PI-funksie se resultate in geval van die proefpersone in beide groep A en Β binne normale perke geval het. Die SSI-PI-funksie het in die geval van die proefpersone in groep A, asook in die van groep B, onder die FG-PI-funksie verloop en 'n sogenaamde "roll-over" vertoon. Die proefpersone in groep A se prestasie in die SSI-PI- funksie was egter heel wat swakker as die van die proefpersone in groep B. Jerger & Hayes (1977) in Rintelman (1985) het bevind dat, indien die SSI-PI-funksie onder die FG-PI-funksie verloop, dit 'n aanduiding van 'n sentrale afwyking in die kontralaterale oor is. In hierdie studie was die resultate afwykend in beide ore van al die proefpersone in groepe A en B. Die teenwoor- digheid van 'n sentrale betrokkenheid by die vergelyking van die SSI-PI-funksie en die FG-PI-funksie dui egter nie die spesi- fieke area van wanfunksionering aan nie. In die geval van die SSI-IKB versus SSI-KKB dui die resultate daarop dat die SSI-KKB in die geval van al die proefpersone binne normale perke was. Met betrekking tot die ipsilaterale kompeterende boodskap (SSI-IKB) het al die proefpersone afwykende resultate vertoon. Net soos in die geval van die FG- PI-funksie versus die SSI-PI-funksie was die resultate van die proefpersone in groep A in 'n meerdere mate afwykend in vergelyking met die van die proefpersone in groep B: Jerger (1981) het aangetoon dat in die geval van kinders met onvol- doende breinstamfunksionering die prestasie in die SSI-KKB binne normale perke val, terwyl die SSI-IKB afwykende resul- tate vertoon. In die verband verklaar Jerger & Jerger (1974): "For brainstem patients, the SSI procedure shows poor perfor- mance of ICM and relatively good performance for CCM. The ICM deficits are observed on the contralateral ear and CCM perfor- mance is within normal limits on both ears." (1974, p. 342). i Wat interessant is, is dat die proefpersone in groep Β met be- trekking tot die SSI-toetsbattery swakker gepresteer het. Toetsresultate met betrekking tot die res van die sentrale toetsbattery was binne normale perke. Die swakker prestasie in die SSI-toetsbattery kan in die lig van die volgende verklaar word: Kinders met normale gehoor leer taal aan eerstens deur die ouditiewe sisteem. Lees is 'n sekondere taalvaardigheid wat afhanklik is van visueel-ouditiewe integrasie in die brein- stam, soos gevind in studies van Birch & Belmont, Kahn !&, Birch & Bartholomeus en Doehring in 1976 (Musiek & Pin- heiro, 1985). Kinders met sensoriese integrasieprobleme on- dervind probleme met visuele-ouditiewe integrasie. Volgens Ayres (1983) speel die breinstam 'n sentrale rol in normale sensoriese integrasie. Die breinstam organiseer alle sensoriese informasie deur middel van inhibisie, fasilitasie en sintese om sodoende 'n volledige interpretasie van alle sensoriese stimuli te maak. Dit help die brein om op een tipe sensoriese invoer te fokus, terwyl die res gei'nhibeer word. In die geval van die SSI-toetsbattery was nie net al die proefpersone se ver- moe om die visuele stimuli met die ouditiewe stimuli te inte- greer, aangetas nie, maar ook die vermoe om die pf imere stimuli te kan isoleer deur middel van inhibering van moontlike waar- neming van die kompeterende boodskap. Laasgenoemde twee aspekte is volgens Ayres (1983) kenmerkend van kinders met The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Invloed van Otitis Media op Sentrale Ouditiewe Vermoens van Kinders met Sensoriese Integrasieprobleme 4 5 sensoriese integrasieprobleme en dit kan dus 'n bydraende faktor wees tot die swakker prestasie in die SSI-toetsbattery in hierdie studie. Laastens wat die SSI-.toetse betref, moet daarop gewys word dat die proefpersone in groep A se prestasie in die SSI-toets- battery swakker was as die van die proefpersone in groep B. Dit kan waarskynlik die gevolg wees van die herhaalde otitis media in die vroee lewensjare wat moontlik 'n invloed op breinstamfunksionering gehad het. Die maskeringvlakverskiltoets bevestig ook die bevindinge tot dusver. Die proefpersone in groep A se resultate was afwy- kend in geval van beide die suiwertoon- en spraakstimuli in die sin dat die responsdrempels wat verkry is by die aanbied- ing van die toetsstimuli en kompeterende boodskap in fase (0°/ 0°) en uit fase (0°/180°), lOdB en minder was. Normale response deur die proefpersone in groep Β is verkry, dit wil se die verskil in responsdrempels met die aanbieding van die suiwertoon- en spraakstimuli en die kompeterende boodskap in en uit fase was lOdB en meer. Volgens verskeie outeurs soos Sweetow & Reddel (in Willeford, 1985) hou die Maskerings- vlakverskiltoets belowende resultate in indien 'n breinstamaf- wyking vermoed word tydens die toetsing van leergestremde kinders. Die Maskeringsvlakverskiltoets se resultate in hierdie studie bevestig ook die moontlikheid van 'n breinstamletsel of onvoldoende breinstamfunksionering. Aangesien daar geen ander veranderlikes as otitis media was nie, kan daar 'n korre- lasie tussen die voorkoms van otitis media en die afwykende resultate op die Maskeringsvlakverskiltoets bepaal word. Bogenoemde resultate word verder bevestig deur die SBMPL- toetsresultate wat ook op 'n algemene breinstamdisfunksie dui. Die proefpersone in groep A was nie in staat om die klank sentraal waar te neem nie; of die klank is sentraal waargeneem met groot interourale-intensiteitsverskille (meer as lOdB). Stephens (1976) het gevind dat persone met 'n breinstamletsel afwykende resultate in die SBMPL-toets toon. In die lig van die verkree resultate in die sentrale toetsbattery blyk dit duidelik dat daar 'njmoontlike breinstamletsel of wan- ..funksionering in die geval van die proefpersone in groep A voorkom. Aangesien die proefpersone in groep Β se resultate op die sentrale ouditiewe toetsbattery (met uitsluiting van die SSI-toetsbattery) binne normale perke was, ontstaan die vraag waarom die proefpersone in groep A dan beduidend swakker presteer het op die toetsbattery. Aangesien otitis media die enigste veranderlike is wat die twee eksperimentele groepe onderskei, noodsaak dit 'n diepgaande ondersoek na die moont- like rol wat otitis media in die sentrale ouditiewe gehoorver- moens kan speel, veral met betrekking tot breinstamfunksio- nering. Verskeie menings oor die rol van otitis media in die sentrale ouditiewe vermoens van leergestremde kinders, word in die literatuur voorgehou. Gottlieb et al. (1979) toon 'n duidelike verband aan tussen otitis media en die sentrale ouditiewe ver- moens, asook die visuele integrasievermoens van leergestrem- de kinders. Volgens Zinkus (1982) toon verskeie leergestrem- de kinders sentrale ouditiewe probleme in bv reeksgeheue; diskriminasie en sluiting. Dit is die gevolg van onvoldoende prosessering van ouditiewe invoer, alhoewel die kind se kog- nitiewe funksie intakt is. Identifikasie, diskriminasie en orga- nisasie wat die basis van die ouditiewe leerproses vorm, kan dus in die geval van hierdie kinders afwykend wees. Johnson (1981) meen dat leergestremde kinders met sentrale ouditiewe prosesseringsprobleme ook hoerisiko-gevalle is vir otitis media. Die fluktuerende gehoorverlies wat tydens periodes van otitis media voorkom, het dus moontlik 'n beplande in- vloed op die sentrale ouditiewe vermoens van die leerge- stremde kind (Zinkus, 1982). Die fluktuerende gehoorverlies lei tot onvoldoende ouditiewe invoer tydens die vroee lewens- jare. Aangesien die vroee lewensjare die kritieke tyd is vir spraak- en taalontwikkeling, asook vir maturasie van, onder andere, die ouditiewe sisteem, is dit logies om tot die gevolg- trekking te kom dat otitis media wel 'n invloed op die maturasie van die ouditiewe sisteem het. Dit kan lei tot latere onvoldoen- de ouditiewe prosessering wat die grondslag van sentrale ouditiewe probleme vorm. Die moontlike invloed wat otitis media in die sentrale ouditiewe vermoens kan speel, word ver- der toegelig deur diere-eksperimente. Studies deur Webster en Webster (1977, in Zinkus, 1982) toon dat 'n konduktiewe gehoorverlies tydens kritieke periodes van breinmaturasie tot morfologiese veranderinge in sekere neurone van die oudi- tiewe nuklei kan lei. Volgens Webster (1983) is die ouditiewe sisteem afhanklik van omgewingsinvoer en kan daar dus dui- delik strukturele veranderinge plaasvind as gevolg van 'n chro- niese konduktiewe gehoorverlies in die vroee lewensjare. In 'n studie met muise is ook aangetoon dat 'n herhaaldelike kon- duktiewe gehoorverlies tydens kritieke postnatale periodes tot anatomiese en fisiologiese veranderinge in die breinstam lei. Volgens Katz & Wilde (1985) het verskeie navorsers ook tot soortgelyke gevolgtrekkings oor die invloed van otitis media op die sentrale ouditiewe sisteem gekom (Holm & Kunze, 1969; Northern & Downs, 1978; Rubin & Rapin, 1980). Dit blyk dus duidelik uit die literatuur dat die herhaaldelike konduktiewe gehoorverlies wat tydens chroniese otitis media voorkom, 'n invloed op die maturasie van veral die breinstam en uitein- delik op die sentrale ouditiewe gehoorvermoens het. Katz & Wilde (1985) is dit ook eens dat die sogenaamde ouditiewe deprivasie-effek die mees logiese verklaring is vir die uitein- delike langtermyninvloed wat otitis media op die sentrale ouditiewe vermoens het. Sensoriese deprivasie speel uit- eindelik 'n bydraende rol in terme van afwykende vermoens in die organisering en strukturering van inligting (Ayres, 1983). Voldoende stimuli is beskikbaar, maar onvoldoende pro- sessering vind plaas, aangesien die struktuur wat noodsaaklik is vir optimale prosessering nie voldoende ontwikkel het nie as gevolg van sensoriese deprivasie tydens kritieke stadia van ontwikkeling. Indien hierdie studie se resultate in verband met bogenoemde verklaring gebring word, kan die gevolgtrek- king gemaak word dat die proefpersone in groep A se swakker prestasie in die sentrale toetsbattery moontlik te wyte is aan vroee ouditiewe deprivasie waf veroorsaak is deur otitis media. Die sensoriese deprivasie kon gelei hettotonvoldoende maturasie van veral die breinstam soos gemanifesteer in die verkree resultate van die studie. Die resultate van hierdie studie het dus nie net op die korrela- sie van otitis media en die sentrale ouditiewe probleme van die proefpersone in groep Agedui nie, maar veral op die korrel; sie tussen otitis media en die breinstamfunksionering van die proefpersone in groep A. Volgens Zinkus (1982) kan chroniese otitis media egter nie gesien word as die enigste oorsaak van alle sentrale ouditiewe probleme nie. Die etiologie van sen- trale probleme kan dikwels nie gedefinieer word nie. Katz & Wilde (1985) toon aan dat alhoewel tumors en ander sentrale letsels in kinders kan voorkom, sentrale ouditiewe toetse by kinders meestal uitgevoer word in die lig van moont- like ouditiewe prosesserings- of leerprobleme. Die doel met Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafun/kint/s, Vul. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 4 6 L i d i a O l i v i e r , B r e n d a L o u w , R e n e H u g o s e n t r a l e t o e t s i n g b y k i n d e r s is d u s n i e o m die l o k u s v a n ' n letsel te b e p a a l n i e , m a a r e e r d e r o m die f u n k s i o n e r i n g e n m a t u r a s i e v a n die v e r s k i l l e n d e d e l e v a n die s e n t r a l e o u d i t i e w e s i s t e e m te e v a l u e e r . I n die lig v a n h i e r d i e s t u d i e b e v e s t i g die v e r k r e e r e s u l t a t e l a a s g e n o e m d e stelling d e u r d a t d a a r a a n g e t o o n is dat h e r h a a l d e l i k e o t i t i s m e d i a w e l 'n i n v l o e d h e t o p die s e n t r a l e o u d i t i e w e v e r m o e n s v a n p r o e f p e r s o n e m e t s e n s o r i e s e i n t e g r a - s i e p r o b l e m e e n w e l i n t e r m e v a n o n v o l d o e n d e b r e i n s t a m - f u n k s i o n e r i n g . G E V O L G T R E K K I N G S E N A A N B E V E L I N G S A l h o e w e l die s t e e k p r o e f v a n h i e r d i e s t u d i e b e p e r k w a s , d u i die r e s u l t a t e d a a r o p d a t c h r o n i e s e otitis m e d i a w e l ' n i n v l o e d h e t op die s e n t r a l e o u d i t i e w e v e r m o e n s v a n k i n d e r s m e t sen- soriese i n t e g r a s i e p r o b l e m e . D i e r e s u l t a t e w a t m e t die s e n t r a l e t o e t s b a t t e r y b y die p r o e f p e r s o n e m e t 'n g e s k i e d e n i s v a n otitis m e d i a v e r k r y is, d u i o p a f w y k e n d e r e s u l t a t e m e t b e t r e k k i n g tot die s e n t r a l e o u d i t i e w e v e r m o e n s , e n w e l i n t e r m e v a n onvol- d o e n d e b r e i n s t a m f u n k s i o n e r i n g . In die geval v a n die proefper- s o n e s o n d e r g e s k i e d e n i s v a n otitis m e d i a , is n o r m a l e r e s u l t a t e i n al die t o e t s e v e r k r y , b e h a l w e i n geval v a n die SSI-toetsbat- t e r y w a a r g e r i n g e a f w y k e n d e r e s u l t a t e d e u r die p r o e f p e r s o n e v e r t o o n is. L a a s g e n o e m d e r e s u l t a t e k a n egter v e r k l a a r w o r d i n die lig v a n die v i s u e e l - o u d i t i e w e i n t e g r a s i e p r o b l e m e w a t k i n - d e r s m e t s e n s o r i e s e i n t e g r a s i e p r o b l e m e o n d e r v i n d . I n t e r m e v a n i n t r a g r o e p k o r r e l a s i e s h e t d i e s e n t r a l e t o e t s b a t t e r y se re- s u l t a t e n i e g e d u i o p 'n b e d u i d e n d e verskil t u s s e n p r e s t a s i e v a n m a n l i k e e n v r o u l i k e p r o e f p e r s o n e in die t o e t s b a t t e r y n i e . ' n G r o t e r s t e e k p r o e f k a n m o o n t l i k geslagsverskille a a n die lig b r i n g . V a n u i t 'n k l i n i e s e o o g p u n t b l y k die r e s u l t a t e v a n h i e r d i e s t u d i e v e r a l v a n b e l a n g te w e e s . D a a r w o r d n i e n e t i n l i g t i n g o o r die i n v l o e d v a n otitis m e d i a o p die s e n t r a l e o u d i t i e w e v e r m o e n s v a n k i n d e r s m e t s e n s o r i e s e i n t e g r a s i e p r o b l e m e b e s k i k b a a r gestel n i e , m a a r o o k i n l i g t i n g o o r die rol v a n die o u d i o l o o g b y die k i n d m e t s e n s o r i e s e i n t e g r a s i e p r o b l e m e . I n s l u i t i n g v a n die o u d i o l o o g i n die m u l t i d i s s i p l i n e r e s p a n w a t die k i n d m e t sen- s o r i e s e i n t e g r a s i e p r o b l e m e h a n t e e r , k a n d e u r v r o e e i d e n - tifikasie e n suksesvolle i n t e r v e n s i e tot die v o o r k o m i n g v a n die n a d e l i g e i n v l o e d v a n otitis m e d i a lei. V E R W Y S I N G S Ayres, A.J. Sensory integration and the child. Los Angeles: Western Psy- chological Services, 1973. Ayres, A.J. Sensory integration and learning disorders. Los Angeles: Western Psychological Services, 1983. Blager, F.B. "The effect of otitis media on speech and language deve- lopment". Seminars in Speech, Language and Hearing, 3, 313- 320, 1982. Gottlieb, M.E., Zinkus, P.W. & Thompson, M.A. "Chronic middle-ear disease and auditory perceptual deficits". Clinical Pediatrics, 18(12), 725-732, 1979. Hall, J.W. The acoustic reflex in central auditory dysfunction. In Pinheiro, M.L. & Musiek, F.E. (ed.): Assessment of Central Audi- tory Dysfunction foundations and clinical correlates. Baltimore: Williams and Wilkens, 1985. Hornsby, B. Overcoming dyslexia. Kenwyn. Juta and Co., Ltd., 1984. Jerger, J.F. "Observations on auditory behaviour in lesion of central auditory pathways." Archives of Otolaryngology, 77, 797-806, 1960. Jerger, J.F. & Jerger, S. "Auditory findings in brain-stem disorders." Archives of Otolarynyology, 99, 342L349, 1974. Jerger, J.F. & Jerger S. Auditory disorders - a manual for clinical evalua- tion. Boston. Little Brown Inc., 1981. Jerger, S. Evaluation of central auditory function in children. In Keith, R.W. (ed.): Central Auditory and Language Disorders in Children. Houston: College Hill Press, 1981. Johnson, D.J. Considerations in the assessment of central auditory dis- orders in learning disabled children. In Keith, R.W. (ed.): Cen- tral Auditory and Language Disorders in Children. Houston: College Hill Press, 1981. ' Katz,J. & Wilde, L. Auditory perceptual disorders in children. InKatz, . J. (ed.): Clinical Handbook of Audioloyy. Baltimore: Williams & Wilkins, 1985. McShane, D. & Mitchell, J. "Middle ear disease, hearing loss and educational problems of American Indian children." Journal of American Indian Education, 7-11, 1979. Musiek, E.M. & Pinheiro, M.L. Dichotic Speech Tests in the detection of central auditory dysfunction. In Pinheiro, M.L. & Musiek, F.E. (eds.): Assessment of Central Auditory Dysfunction - Foun- dations and Clinical Correlates. Baltimore; Williams & Wil- kens, 1975. Noffsinger, D., Martinez, C.D. & Schaefer, A.B. Puretone techniques in evaluation of central auditory function. In Katz, J. (ed.): Handbook of Clinical Audiology. Baltimore, Williams & Wil- kens, 1985. Northern, J.L. & Downs, M.P. Hearing in Children. Baltimore: Wil- liams & Wilkens, 1984. Northern, J.L. Gabbard, S.A. & Kinder, D.L. The acoustic reflex. In Katz, J. (ed.): Handbook of Clinical Audiology. Baltimore: Wil- liams & Wilkens, 1985. Owrid, H.L. "Hearing impairment and verbal attainment in primary school children." Education Research, 12, 209-214, 1970. Paradise, J.L. "Long term effects of short term hearing loss - Menace or Myth?" Pediatrics, 71, 647-648, 1983. | Rintelman, W.F. Monaural Speech Tests in the Detection of Central 1 Auditory Disorders. In Pinheiro, M.L. & Musiek, F.E. (ed.):! Assessment of Central Dysfunction - Foundations and Clinical Cor- i relates. Baltimore: Williams & Wilkens, 1985. j Rubin, R.J. "The effects of recurrent middle ear effusion in pre-school | years on language and learning." Audiology in Practice, 1 (Sup- ι plement 3), 5-7, 1984. I Sak, R.J. & Ruben, R.J. "Effects of recurrent middle ear effusion in pre- school years on language and learing ."Journal of Developmental I and Behavioural Pediatrics, 3, 7-77, 1982. ί Stephens, S.D.G. & Thornton, A.R.D. "Subjective and Electrophysio- logic tests in Brainstem lesions". Archives of Otolarynyology, 102, 608-612, 1976. Webster, D.B. Effects of peripheral hearing losses on the audiotry brainstem. In Lasky, E.Z. &Katz, J. (ed.): Central Auditory Pro- cessing Disorders - of Speech, Language and Learning. Baltimore:' University Park Press, 1983. Willeford, J. A. Sentence tests of central auditory dysfunction. In Katz, J. (ed.): Handbook of Clinical Audioloyy. Baltimore: Williams & Wilkens, 1985. / Zinkus, P.W. "Psychoeducational and sequelae of chronic otitis media." Seminars in Speech, Language and Heariny, 3, 305- 312, 1982. ' / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)