6 9 Kurrikulumontwikkeling vir Spraak-Taalterapi Oudiologie: Basis en Beginsels S.R. Hugo, D. Phil (Pretoria) I.C. Uys, D. Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING tuur nie langer voldoen aan die multikulturele, 'H ^lor^sonta^e beroepstruk natiewe opleidmgsmoontlikhede soos diploma-oplddingv^Mn^^serti^cmtn^n nodig omte besin oor die instelling van alter gerigte magisteropleiding. In samehang hierJe het berlp.Z^ en beroeps- gemeenskapsdiens en konsultasie η veel groter rol in ΐίΙΖτΖΖι behoon ^ ^ — - ABSTRACT ekenaargeletterdheid, bestuursfunksies te speel as wat tans die geval is. ^ ΐ ϊ β ί o f c u r u l u m d e v d o p m e n t f o r « the multicultural, multilingual RSA context. It is therefore necessaru to inv^tiM^ah f0''01^^0'1'1^structure ^ n o l°n0er adequate in needs. These may include diploma trainingfor techniaans certifirafe nrn alternative educational options to accommodate current directed masters courses. It is also aPParentthattk^ofessiOnctifan^ wor^lers and professionally the point where aspects such as computer literacy, mMi^em^fiuKti^^mmmimh αηί^ audiologist have extended to curriculum thin is the case at present. ^ementfunawns, community work and consultation should play a greater role in the INLEIDING >' ! ZlXZI^' l f a t l v e i n ™akms thin«s ^ tolim^T t 0 m h e c a u s e o f o u r o w n b e n m n e 3 l e a Hierdie stalling is verteenwo'ordigend van die algemene gees wat tans m d l e beroep van Spraakheelkunde en Oudiolog e koTtek V S e g t e r , ° ° k t 6 k e n e n d V a " t W e e belangrike kontekse, te wete die universiteitswese in die a l g e m e e n en die Suider-Afrikaanse samelewing in die besonder Teen hierd raamwerk is dit seker nie vreemd dat die behoefte van kurriku lumontwikkehng vir die opleiding van spraak-taalterapeute en oudioloe so sterk na vore gekom het nie. ? Die fundamentele vraag wat beantwoord moet word is· wat is die spesifieke beroeps- en opleidingsveranderinge watTn 'n ' opleidingskurrikulum vervat moet word? KURR1KULERINGSVERANDERINGE· INTER- NASIONALE GESIGSPUNTE ' kridesep11^ Γ ^ 1 9 8 ° " 1 9 9 ° d e k a d e W O r d ^ e n m e r k deur kritiese evaluas,e van sowel die beroep as die bestaande oplei- da"aiMrdS W a t C ' e U r i T I ' d d e ' V 3 n o m n ' b u s o p n a m e s data o o r die stand van spraakterapie en oudiologie a s beroep ingesamel het. Die opleiding is dan geevalueer in terme varuHe Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 37, 1990 beroepseise. Sodoende is verskeie voorgraadse en nagraadse kursusse, asook voortgesette onderrig geweeg in terme van relevansie van 'n ontwikkelende en veranderende beroep Hyman, 1986; Shewan, 1988; Terrizzi, 1988). Uit die Britse literatuur blyk dit ook dat oplossings vir diensleweringspro- S e v i n d k a n w o r d deur die behoefte aan diens en die voorsiening van diens vas te stel (Enderby & Davies, 1989). Relevante demografiese gegewens in verband met die stand van die beroep dui op klemverskuiwings wat leemtes met be- trekking tot beroeps- en bestuursfiinksies laat. Dit is veral die internasionale menseregteverdrae en die standpunte van die Gesondheidsorganisasie wat nuwe insigte gebring en orientasieveranderinge laat plaasvind het. Opsommenderwys kan die volgende riglyne vir verandering aangestip word: 5 Vir ongeveer twee dekades word die behoefte aan spraak- terapie en oudiologie as 'n enkel-professie bepleit (Feld- man 1981). Alhoewel daar geleidelike verandering in die opleidingsprogramme te bespeur is, is die algemene ten- dens vir die VSA steeds om eerder as oudioloog of spraak- terapeut te kwalifiseer, te registreer en te werk. Demogra- fiese bevindings dui egter aan dat die gevallebelading in die praktyk deskundigheid op beide gebiede vereis en noop die aanvaarding van stellings soos: «True specialization grows 0 SAVSG 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 70 S.R. Hugo & I.C. Uys out of generalist training" (Feldman, 1981: 942). * Daar is vir baie jare reeds 'n behoefte om 'n beroepskorps daar te stel wat Spraakterapie en Oudiologie tot 'n onaf- hanklike beroep kan lei. Alhoewel die oorgrote meer- derheid spraakterapeute en oudioloe steeds by instansies soos skole en hospitale diens lewer, is daar tans 'n omska- keling na privaat praktyk te bespeur (Shewan, 1988). Hier- die oorskuiwing word deur ASHA ondersteun maar hulle beklemtoon ook die feit dat opleiding hierby aangepas moet word. * Verwant aan die bogemelde punt, is 'n behoefte dat spraak- terapeute en oudioloe onmiddellik na opleiding (met toe- trede tot die beroepslewe) oor al die nodige beroeps- en bestuursvaardighede sal beskik om onafhanklik en toere- kenbaar in die privaat praktyk op te tree. Opleidingspro- gramme moet dus voorsiening maak dat studente daardie kritiese korpus van kennis en vaardighede bekom voor toe- trede tot die beroep (Feldman, 1981; Lingwall, 1988). * Juis as gevolg van die veranderende werksomstandighede het dit nodig geword om spraakterapeute en oudioloe vak- inhoudelik meer omvangryk voor te berei op hulle beroeps- funksies (Flower, 1984). In die basiese opleiding moet aandag geskenk word aan die kwantiteit en kwaliteit van die teoretiese en kliniese opleiding, die verhouding tussen fundamentele geesteswetenskaplike en natuurwetenskap- like inhoude; die verhouding tussen basiese en toegepaste wetenskappe; die verhouding tussen akademiesteoretiese en kliniese opleiding (Terrizzi, 1988). * Feldman (1981) identifiseer die behoefte aan voortgesette onderrig en veral kliniese magistergrade en doktorsgrade. Opleidingsinstansies moet ook voortgesette onderrig aan oudstudente, wat nie noodwendig graad-kwalifikasies is nie, as 'n verpligting beskou omdat die vakgebied so vinnig ontwikkel (Hyman, 1986; Shewan, 1988). * Een van die grootste behoeftes wat deur verskeie onder- soeke gei'dentifiseer is, is die onkunde oor bestuursfunksies wat tans by spraakterapeute en oudioloe bestaan (Foxman, 1988; Gelatt, 1988; Griffin, 1988; Holley, 1988). Die aan- beveling word gemaak dat veral die bemarking van dienste aandag moet geniet, omdat dit al hoe meer deel word van die eise wat aan lewensvatbare beroepe gestel word. * Verskeie behoeftes het ontstaan as gevolg van politieke druk in samehang met tegnologiese ontwikkeling. Die be- langrikste hiervan is: - Die behoefte aan rekenaargeletterdheid. Die rekenaar word al hoe meer onontbeerlik in die beoefening van spraakterapie en oudiologie. Gedurende 1984 het ongeveer 27% spraak-taalterapeute en oudio- loe rekenaars gebruik; en 'n opname in 1988 dui op 'n styging na amper 58%. Dit is interessant dat die reke- . n a a r i n 1986 hoofsaaklik vir bestuursfunksies (adminis- trasie, rekordhouding en woordverwerking) aange- wend is, terwyl die 1988-opname aantoon dat reke- naars tans hoofsaaklik vir diagnostiese en behan- delingsdoeleindes gebruik word. Opleiding in rekenaar- gebruik word derhalwe al hoe meer 'n noodsaaklikheid (Hyman, 1986; Shewan, 1988). - Die betrokkenheid by minderheidsgroepe. Reeds in 1985 het ASHA die standpunt ingeneem dat hulp verleen behoort te word aan persone in uiteen- lopende sosiale, kulturele, ekonomiese en linguistiese populasies. Alhoewel opleiding van terapeute uit min- derheidsgroepe vanaf 1987 spesiale aandag geniet, is daar huidiglik in die VS A slegs 3% geregistreerde spraak- taalterapeute en oudioloe uit hierdie bevolkingsgroepe. Opnames toon egter dat terapeute al hoe meer betrokke raak by die hantering van minderheidsgroepe (Cole en Massey, 1985; Hyman, 1986; Shewan, 1988). - Die betrokkenheid by spesiale groepe as gevolg van die ontwikkeling van die wetenskap. As gevolg van die identifikasie van kommunikasieaf- wykings by spesifieke groepe soos taalleergestremdes, Vigslyers, verskeie neuropatologiee en selfs bejaardes (met die toename in hierdie populasie), brei die spraak- terapeut en oudioloog se werksomvang skielik uit. Op- leidingsinstansies moet derhalwe voorsiening maak vir die voortgesette onderrig van persone wat in die verlede gekwalifiseer het ten einde hulle vaardighede na die nuwe toepassingsvelde uit te brei. KURRIKULERINGSVERANDERINGE: NASIONALE VERTREKPUNTE Dit is opmerklik dat die plaaslike literatuur 'n byna identiese weerspieeling van oorsese veranderinge aandui. Dit is egter te verstane omdat die VSA-model vir baie dekades al aangepas en toegepas is in die RSA. Juis hierdie basis behoort in 'n evalua- sie van bestaande opleiding bevraagteken te word. Soos Dela- ney en Malan (1984:75) dit stel: "This foreign model has been modified to provide our South African model. This is not to sag that a foreign model modified on the basis of limited information is necessarily inadequate, but rather that it is important that we be aware that this is the situation." 'n Eiesoortige probleemsituasie dra by tot die noodsaaklikheid van 'n RSA-opleidingsmodel. Ten eerste is dit die kenmerke van die ontwikkelende land wat eiesoortige aanpassings vir dienslewering en opleiding noodsaak. Penn (1986) bevraag- teken die relevansie van opleiding in hierdie omstandighede, I omdat daar tans 'n "ongesonde status en beeld van die beroep 1 as oorwegend 'n luukse bestaan" (Uys, 1987). In samehang ' hiermee bepleit Aron (1984(a) en 198 7) veranderinge in oplei- ding en dienslewering om aan hierdie behoeftes van, onder andere, minderbevoorregting, armoede, onkunde en selfs on- geletterdheid te voldoen, deur alternatiewe opleiding binne die raamwerk van gemeenskapsgebaseerde benaderings aan te bied. Sy staan ook die opleiding van primere sorgpersone voor. j Fourie (1984) ondersteun hierdie siening dat aanpassing by j die eise van 'n Derde Wereldland die opleiding en aanstelling van semigekwalifiseerde persone onder toesig noodsaak. Daarenteen meen Morgan, Geraghty, Dawber, Motshei, Drew, Motshei en Segal (1984) dat 'n gemeenskapsorientasie nie aan 'n afs. nderlike kursus, of 'n afsonderlike groep werkers met anc er funksies toegese behoort te word nies maar dat 'n gemeenskapsorientasie geinkorporeer behoort te word in die opleiding van spraakterapeute en oudioloe. Die implikasies van hierdie voorstelle is eerstens dat die tradi- sionele benadering tot opleiding (die identifikasie van patolo- gie in die individu en die rehabilitasie van die idividu) en dienslewering (die uitvoering van die praktyk binne die raam- werk van institusionele strukture, bv. hospitale, skole, ens.) ontoepaslik is. Voorbereiding van die spraakterapeut en y The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Kurrikulumontwikkeling vir Spraak-Taalterapie en Oudiologie: Basis en Begin se Is 71 oudioloog om by toetrede tot die praktyk onafhanklik toe- rekenbare diens te lewer, plaas 'n hoe premie op opleiding - veral met betrekking tot omvattende primere, sekondere en tersiere voorkoming en konsultasie (Uys, 1985). Die tweede implikasie is dat spraakterapeute en oudioloe 'n navorsingsinset sal moet lewer en dus 'n sterker akademiese opleiding in wetenskapmetodologie sal moet ontvang om hulle voor te berei op sinvolle navorsing (Uys, 1986; 1987). 'n Kompliserende faktor wat die eise van 'n onwikkelende land verder verhoog is die geografiese kenmerke van die RSA. Die uitgestrektheid van plattelandse gebiede en die groot be- volkingsamevloeiing ver van sentrale gebiede is vroeg al as 'n besondere kenmerk van dienslewering gei'dentifiseer. Reeds in 1966 onderstreep Pienaar die behoefte aan "properly con- ducted surveys at regular intervals over large areas" en "clinics, mobile and otherwise established in ... country districts" (in Morgan et al. 1984: 111). In opleiding stel dit die eis dat klem gele moet word op gemeenskapsdiens, konsultasie, en veel eer- der generalisasie as spesialisasie. Noodwendig hang geografiese kenmerke nou saam met die beskikbaarheid van dienste. In 1984 was daar na beraming reeds 'n tekort aan 4,494 spraakterapeute en oudioloe in die RSA (Fourie, 1984). In 1986 het die tekort gestyg tot oor die 5 000 en volgens projeksie (met inagneming van die bevolk- ingsgroei) sal daar in 2000 'n tekort aan minstens 10 000 wees (Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrika, 1987(a), (b), (c)). Dit het verder aan die lig gekom dat bykans alle dienste uitsluitlik gerig is op die identifikasie, diagnose en behandel- ing van bevoorregte, stedelike blankes, dat dienste aan die ontwikkelende plattelandse bevolkingsgroepe totaal ontoe- reikend is en dat voorkomingsdienste feitlik nerens beskik- baar is nie (Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrika, 1987(c); Aron, 1984(a)). Verskeie aanbevelings is reeds gemaak om hierdie probleem te oorkom, naamlik: I - Die verhoging van studentetalle uit alle bevolkingsgroepe /by bestaande opleidingsinstansies (Uys, 1984). - Die instelling van opleidingskursusse by ander (addisio- nele) universiteite, met veral die oog op opleiding van per- sone uit Asier-, Kleurling- en Swart-bevolkingsgroepe. Daar is tans ongeveer 4 Kleurling-, 25 Asier- en 4 Swart- spraakterapeute en oudioloe geregistreer (Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrlika,-1987(c)). Met inagneming van die bevolkingstoename van hierdie drie groepe, is die opleiding van spraakterapeute en oudioloe uit hierdie groepe noodsaaklik (Penn, 1986; Crossley, 1987). - Die aanpassing van opleidingskursusse met die oog daarop om terapeute in staat te stel om groter pasientgetalle te han- teer deur alternatiewe spraakterapeutiese en oudiologiese benadering (Morgan et al. 1984; Hugo & Louw, 1987), konsultasie (Uys, 1985) en die gebruik van ondersteunings- dienste (Enderby & Davies, 1989). Die multikulturele, veeltalige bevolkings van die RSA skep 'n behoefte in terme van die omvang en kwaliteit van die be- staande dienste. Die opleiding en kwalifikasies van spraak- terapteute en oudioloe kan, met spesiale verwysing na hulle rol in 'n meertalige, multikulWele gemeenskap, gekritiseer word. Die opleiding voldoen huidiglik beslis nie aan al die eise wat deur hierdie samelewing gestel word nie (Uys, 1984). Die habilitasie en rehabilitasie van kommunikasieafwykings is anders as ander terapiee in die opsig dat kommunikasie beide die middel en die doel in behandeling is. Die spraakterapeuten oudioloog moet nie slegs oor 'n diepgaande kennis van die taal van die pasient beskik nie, maar ook 'n goeie begrip van die sosiokulturele eienskappe van die betrokke bevolkingsgroep he (Aron, 1984 (b); Crossley, 1984). Verskeie voorstelle word voorgehou ter oplossing van hier- die probleem: - Om basiese konsepte van Swart- en Indiertale in te sluit in die opleiding van spraakterapeute en oudioloe. - Om inligting in verband met sosiokulturele verskille in te sluit in die opleiding van spraakterapeute en oudioloe (Crossley, 1984; Segal & Drew, 1984). - Om in spanverband navorsing te doen oor hierdie verskille en verskynsels, sodat norme vir kommunikasiegedrag op alle vlakke vasgestel, en diagnostiese en behandelings- materiaal ontwikkel kan word (Aron, 1987; Webb, 1984). - Om van spraakterapie- en oudiologie-assistente, of tolke gebruik te maak in dienslewering (Uys, 1984). - Om spraakterapeute en oudioloe vanuit hierdie groepe op te lei (Penn, 1986). Hierdie behoefte aan verandering, om opleiding en diens- lewering aan te pas by die RSA-konteks, is ook reeds deur die outeurs gei'dentifiseer in 'n navorsingsprojek. Dit blyk uit vraelyste wat aan 'n verteenwoordigende populasie van spraak-taal-gehoorterapeute gestuur is, asook uit onderhoude wat met die persone gevoer is, dat 73% aanpassing van die opleiding by RSA-omstandighede voorstaan, terwyl 62% voor- standers is van verandering in opleiding om voorsiening te maak vir klemverskuiwing met betrekking tot die beroeps- funksies (Hugo & Uys, 1988). Die voorafgaande inligting skets op 'n gekondenseerde wyse enkele van die vraagstukke rondom opleiding en meer spesi- fiek die probleem van kurrikulering vir spraakterapie en oudiologie. Indien dit die probleem is - wat is die oplossings? TENTATIEWE OPLOSSINGS VIR KURRIKULUMS Kurrikulumontwikkeling is die "doelgerigte en sistematiese opbou van die kurrikulum en die voortdurende evaluering, herevaluering en vernuwing daarvan" (Kachelhoffer, 1987: 14). Indien die inligting in die voorafgaande paragrawe as vertrekpunt gebruik word, is dit duidelik dat die bestaande opleiding van spraak-taalterapeute en oudioloe in die RSA redelik indringend verander moet word. Hierdie verande- ringe sal natuurlik ook in samehang met die eiesoortige karak- ter van die inrigting waar die opleiding aangebied word, moet ontwikkel. Daar is egter twee belangrike fundamentele aspek- te wat as basies tot enige kurrikulumontwikkeling gesien kan word. Die beroepstruktuur en opleiding Ten eerste is dit vir die internasionale aanvaarding van be- roepsbeoefenaars belangrik dat die aard en kwaliteit van opleiding sodanig sal wees dat professionele erkenning maklik Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafivgkings, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 7 2 S.R. Hugo & I.C. Uys plaasvind en uitruiling van studente 'n praktiese moontlikheid sal wees. Derhalwe is 'n vierjarige beroepsgerigte bac- calaureusgraad met hoofvakke Spraak-Taalpatologie en Oudio- logie 'n minimum vereiste vir registrasie as spraakterapeut en oudioloog. Dit kan dan gevolg word met 'n magister- en dok- torsgraad vir bykomende kwalifikasie en spesialisasie. 'n Ander vorm van professionele graadopleiding vir regis- trasiedoeleindes moet egter oorweeg word. Dit is die moontlik- heid van 'n twee- of driejarige, beroepsgerigte magistergraad in Spraak-Taalpatologie of Oudiologie, met as voorvereiste enige algemene baccalaureusgraad. Hierdie opleiding sou 'n verintensifisering van die basiese opleiding beteken met ge- volglike registrasie as of spraakterapeut of oudioloog. Die voordeel van sodanige opleiding is dat dit volwasse en gemoti- veerde studente sal lok wat waarskynlik uit 'n spesifieke be- roepsopset (bv. skole vir gehoorgestremdes of serebraalge- stremdes), 'n spesifieke belangstelling in die kommunikasie- gestremde ontwikkel het. Kurrikulering en beroepsfiinksies Wanneer die jaarboeke van opleidingsinstansies bestudeer word, is dit duidelik dat opleiding by universiteite tans groot- liks 'n afwykinggerigte (bv. hakkel, breinbesering, ens.) bena- dering volg. Dit beteken dat hoofsaaklik twee van die beroeps- funksies, diagnose en terapie, uitvoerig onderrig word, dik- wels ten koste van die meeste ander beroepsfunksies. Die resultaat hiervan is 'n onewewigtige kurrikulum wat nie met die huidige beroepseise tred hou nie. Ten einde 'n kurrikulum te ontwikkel wat 'n funksionele holistiese basis het, is dit nodig om alle beroepsfunksies te lys en te definieer. Hierdie funksies word in Tabel 1 uiteen- gesit. Tabel 1: Beroepsfunksies van spraak-taalterapeute oudioloe Ten tweede is dit so dat omstandighede in die RSA dui op die ondervoorsiening van dienste in die algemeen, maar spesifiek ook met betrekking tot diens aan ander kultuurgroepe, ander taalgroepe, die geriatriese en die plattelandse bevolking. Dit is derhalwe duidelik dat die verhoging van basiese graadopleid- ing alleen nie die antwoord op hierdie probleem sal wees nie. Die oplossing hiervoor is die instelling van ander vorms van diens wat dienooreenkomstig ander tipes van opleiding be- nodig. Dit word visueel voorgestel in Figuur 1, en bestaan in essensie uit die volgende: - graadopleiding aangebied deur universiteite vir die kwali- fikasie van terapeute wat kan optree as probleemoplossers, toesighouers, konsultante en spesialiste. - diploma-opleiding aangebied deur technikons vir die kwa- lifikasie van terapeutiese assistente en spraak- en gehoor- gemeenskapswerkers wat gemoeid sal wees met die aan- bieding van roetine/tegniese aspekte van kommunikasie- patologie. - sertifikaatprogramme aangebied deur diensleweringsor- ganisasies vir die kwalifikasie van gemeenskapsrehabili- tasiewerkers. Sentrale Klinieke . Spesialis Spraakterapeute en Oudioloe ' (Nagraadse spesialisasie)\ Opleiding: Universiteit Gedesentraliseerde Klinieke Spraakterapeute en/of Oudioloe (Baccalaureusgraad, en MA in Spraak-Taal- patologie of Oudiologie) Opleiding: Universiteit Gemeenskappe> Semi-gekwalifiseerdes Spraak- en gehoorgemeenskapswerkers (Gediplomeerdes) Opleiding: Technikon Gemeenskapsrehabilitasiewerkers (Sertifikaatprogramme) Opleiding: Diensleweringsorganisasies BEROEPSFUNKSIE OMSKRYWING 1 Sifting Aktiwiteite wat uitgevoer word ten einde uit 'n grootpopulasie te differen- sieer tussen persone wat normale kom- munikasie het en diegene wat volledi- ger bestudeer moet word om vas te stel of hulle 'n spesifieke afwyking het. 2 Voorkoming Aktiwiteite wat uitgevoer word ten einde die aanvang, ontwikkeling en komplikasie van 'n kommunikasieaf- wyking te elimineer en/of te inhibeer. 3 Gemeenskapswerk Aktiwiteite wat daarop gerig is om 'n diens aan en deur die gemeenskap te lewer ten einde kommunikasieaf- wykings te voorkom, te diagnoseer en te behandel. 4 Terapie 5 Evaluasie Figuur 1: Opleidingsmodel vir die beroepstruktuur Aktiwiteite wat poog om kom- munikasiegedrag te modifieer. Hier kan drie tipes aktiwiteite onderskei word: gerig op verwerking van elemente van normale kommunikasie * gerig op verwerwing van kompen- satoriese prosedures in gevalle van onherstelbare afwykings * gerig op verandering van weerstand teen kommunikasieverbetering. Aktiwiteite wat ten doel het om 'n kommunikasie-afwyking te beskiyf of om beslissings aangaande hulpverlen ing te maak. Die doel hiervan is: * om aanwesigheid en graad van af- wyking te bepaal * om die afwyking te beskryf * om die stappe ter oplossing aan te dui * om verwysingsraamwerk vir inter- vensiegevolge te steL(prognose) * om aan ander professies die impli- kasies van die afwyking aan te toon. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Kurrikulumontwikkeling vir Spraak-Taalterapie en Oudiologie: Basis en Beginsels Tabel 1 Vervolg 73 6 Beraad 7 Bestuur 8 Konsultasie 9 Navorsing 10 Onderrig Dienste gebied aan die kommunikasie- afwykende en/of sy familie (en belang- rike omgewingsindividue) gerig op die oplossing of vermindering van pro- bleme wat met die kommunikasieaf- wyking verband hou of daaruit spruit. Hierdie dienste vul terapie aan ten op- sigte van: * beraad aan die kommunikasieaf- wykende om ander vorms van pro- fessionele hulp te soek en te aanvaar * beraad aan familielede ten einde terapie te steun en hulle kommuni- katiewe rol aan te dui. Aktiwiteite wat uitgevoer word om menslike finansiele, fisiese en inlig- tingshulpbronne te benut ten einde die onderneming (ondernemings wat met die kommunikasieafwykende gemoeid is) se doel witte aan te wend. Dit sluit in bestuurfunksies soos beplanning, or- ganisasie, koordinering en beheer. Aktiwiteite wat daarop gerig is om aan ander professionele persone 'n diens te lewer ten bate van die kommunika- sieafwykende. Aktiwiteite wat daarop gerig is om tot grondige en akkurate kennis en insig van normale en afwykende menslike kommunikasie te kom. Die opleiding en opvoeding van per- sone in normale en afwykende mens- like kommunikasie in terme van ken- nis, vaardighede en gesindhede wat daarme.e verband hou. In^fabel 1 is gepoog om alle beroepsfunksies, ongeag die spesi- fieke arbeidsterrein, en toepaslik op so wel spraakterapeute as oudioloe, uit te spel. Uiteindelik sal dit noodwendig van die spesifieke werkgewer en werksomstandighede afhang watter funksie/s die meeste beklemtojon word, maar vir kurrikulum- ontwikkeling is dit nodig om alle fasette in die sillabus te be trek. ! i Beroepstruktuur en beroepsfunksies Aangesien die voorgestelde beroepstruktuur, sowel as die ge- differensieerde opleiding van verskeie faktore afhanklik is, kan daar tans slegs pro-aktiewe voorstelle gemaak word oor die versoening tussen opleiding, struktuur en funksies. die funksies (bv. sifting, behandeling, voorkoming ens.) be- nodig. Die eerste kwalifikasie in Spraak-Taalterapie en Oudio- logie sal daarenteen weer 'n algemeen gemiddelde kennis en vaardigheid met betrekking tot alle funksies as voorvereiste stel. Namate'styging in die hierargie plaasvind, kan 'n stygende tendens in indiepte-kennis met betrekking tot bestuur, kon- sultasie, onderrig ens. 'n voorvereiste wees, terwyl spesiali- sasie deur navorsing, 'n getande profiel aan opleidingsomvang kan verskaf. KURRIKULUM QUO VADIS? Alles is al vantevore bedink. Die noodsaak is weer daaraan te dink. Dit is 'n algemeen geldige stelling. Die voorafgaande bespreking lig enkele belangrike tendense uit waarvoor toegelaat moet word in kurrikulumontwikke- ling. Kurrikulumontwikkeling is egter nie 'n horisontale groei nie maar vind veelvlakkig plaas. Op die makrovlak sal daad- werklik gekyk moet word na die verskillende vlakke van op- leiding (insluitend technikons en diensleweringsinstansies) sodat mindere en andersoortige kwalifikasies as voorvereiste vir omvattender en meer koste-effektiewe dienslewering daar- gestel kan word. Mesovlakverandering betrek die spesifieke departemente en sluit in kursuskurrikulering. Hier is dit essensieel dat die onderskeie departemente kursusse ontwikkel wat eerstens aan die universele behoeftes van die beroep voldoen, maar tweedens toelaat vir die spesifieke karakter van die bepaalde universiteit en die geografiese gemeenskap wat die univer- siteit bedien. Daar moet veral ook aandag gegee word aan die rol wat nagraadse onderrig, ondersteuningsprogramme en voortgesette onderrig binne die bree kursuskurrikulum speel. Wat die mikrovlak betref, moet volledig besin word oor silla- bustemas, en lesingeenhede, maar sinvolle beplanning hier sal van waarde wees indien dit in samehang met onderrigdi- daktiek en personeelorganisasie gedoen word. Die uiteindelike sukses van kurrikulumontwikkeling is in die laaste instansie in die hande van diegene wat die onderrig moet aanbied. Dit beteken dat hoe eise aan dosente en ander opleiers gestel sal word. Van hulle sal kwaliteite vereis word soos aanpasbaarheid, deeglike vakkennis, hoe intelligensie, entoesiasme, bereidwilligheid om te leer en te groei, en selfs enkele nie-vakverwante vaardighede en gesindhede. Hierdie vereiste eienskappe is in elk geval kenmerkend van toegewyde en professionele spraakterapeute en oudioloe. Daar is derhalwe geen twyfel nie dat die beroepslui met gemak sal kan voldoen aan die uitdagings wat kurrikulumontwikkel- ing stel. Alhoewel dit met die eerste oogopslag mag voorkom asof alle kurrikulums slegs swaarder gelaai word met vakinhoud, is dit glad nie die geval nie. Grondliggend aan die opleiding is andersoortige opleidingsorientasies en opleidingsmetodieke. Klemverskuiwing met betrekking tot die gewig van insette oor die funksies sal die verskillende struktuurvlakke onderskei. Dit word aanvaar dat al die funksies in 'n meerdere of mindere mate op elke beroepsvlak ter sprake moet kom. Basiese riglyne kan egter voorgestel word. Basisvlakwerkers sal waarskynlik beperkte kennis en vaardigheid met betrekking tot sekere van VERWYSINGS Aron, M.L. Introduction. In M.L. Aron en L. Ie Roux (Reds) Proceedings of the Conference on Community Work in Speech and Hearing Therapy. SAVSG, 1-5, 1984(a). Aron, M.L. Community work in Speech Therapy. In S.M. Beukes (Red.) Simposiumreferate: Die Rol van die Spraakterapeut in 'n Meertalige Samelewing. Universiteit van Pretoria, 10-16, 1984(b). Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafins, Vol. 37 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 7 4 S.R. Hugo & I.C. Uys Aron, M.L. Community-based rehabilitation for communication dis- orders. In W. Smit en S. Meyer (Reds.) Nasionale Konferensie- Verrigtinge. SAVSG (ongenommer), 1987. Cole, P.R.J want to shape my own future. How about you? ASHA, 28(a), 41-42, 1986. Cole, L. en Massey, A. Minority student enrolment in higher education institutions with communicative disorders programs. ASHA, 27(6), 33-37, 1985. Crossley, S. Language remediation in an Indian community. In S.M. Beukes (Red.) Simposiumreferate: Die Rol van die Spraakterapeut in 'n Meertalige Samelewing. Universiteit van Pretoria, 38-61, 1984. Crossley, S. How to train clinicians to work with culturally different clients. Communiphon, 280, 2-11, Nov./Des. 1987. Delaney, C. en Malan, K. Community speech and hearing therapy: some questions before answers. In M.L. Aron en L. Ie Roux (Reds.) Proceedings of the Conference on Communitg work in Speech and Hearing Therapg. SAVSG, 73-84, 1984. Enderby, P. en Davies, P. Communication disorders: Planning a ser- vice to meet the needs. British Journal of Disorders of Com- munication, 24, 301-331, 1989. Feldman, A.S. The challenge of autonomy. ASHA, 23(12), 941- 945, 1981. Flower, R.M. Deliverg of Speech-Language Pathology and Audiology Ser- vices. Baltimore: Williams en Wilkens, 1984. Fourie, H.P. Maatskaplike behoeftebepaling. In S.M. Beukes (Red.) Simpodum-Refer ate: die Rol van die Spraakterapeut in 'n Meer- talige Samelewing. Universiteit van Pretoria, 2-9, 1984. Foxman, C.A. Speak with sense. ASHA, 30(9), 46-47, 1988. Gelatt, P.J. The business of grantseeking. ASHA, 30(9), 43-45, 1988. Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrika: Hoofverslag 1, Pre- toria: Departement van Gesondheid en Bevolkingsontwikkel- ing, 1987(a). Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrika: Gehoorgestremdheid 8, Pretoria: Departement van Gesondheid en Bevolkingsont- wikkeling, 1987(b). Gestremdheid in die Republiek van Suid-Afrika: Spraakgestremdheid 10, Pretoria: Departement van Gesondheid en Bevolkingsont- wikkeling, 1987(c). Griffin, K.M. Quality sells, ASHA, 30(9), 48-51, 1988. Holley, S.C. President's page ASHA, 30(9), 37-38, 1988. Hugo, S.R. en Louw, B. Ouergesentreerde interaksieterapie. In W. Smit en S. Meyer (Reds.) Nasionale Konferensie-Verrigtinge, SAVSG, (ongenommer), 1987. Hugo, S.R. en Uys, I.C. Kurrikulering van spraakheelkunde en oudio- logie. In Referategelewer tgdens die Oudiologiekontires. SAVSG, 190-201, 1988. Hyman, C.S. The 1985-omnibus survey. Implications for strategic planning. ASHA, 28(4), 19-22, 1986. Kachelhoffer, P.M. Kurrikulumontwikkeling: riglyne aan kurriku- lumkomitees. UP-Dosent, (1), 14-20, 1987. Lingwall, J.B. Report: Evaluation of the requirements for the cer- tificates of clinical competence in speech-language pathology and audiology. ASHA, 30(9), 75-78, 1988. Morgan, R., Geraghty, S., Dawber, Α., Motshei, F., Drew, M., Motshei, M. en Segal, D. An alternative approach to speech therapy. In M.L. Aron en L. Ie Roux (Reds.) Proceedings of the Conference on Community Work in Speech and Hearing Therapg. SAVSG, 1 ΙΟ- Ι 20, 1984. Penn; C. Guest Editorial. Communiphon, 274:2, 1986. Segal, DF. en Drew, M. Argument for a community oriented approach to language therapy. In S.M. Beukes (Red.) Simposiumreferate: Die Rol van die Spraakterapeut in 'n Meertalige Samelewing. Universiteit van Pretoria, 88-92, 1984. Shewan, C.M. 1988-Omnibussurvey: Adaptation and progress in times of change. ASHA, 30(8), 27-32, 1988. Terrizzi, A.M. Status report on undergraduate education in com- munication sciences and disorders. ASHA, 30(5), 31-33, 1988. Uys, I.C. Spraak- en gehoorheelkunde in 'n meertalige samelewing. In S.M. Beukes (Red.) Simposiumreferate: Die Rol van die Spraak- terapeut in 'n Meertalige Samewelinq: Universiteit van Pretoria, 88-93, 1984. Uys, I.C. 'n Medekonsultasiemodel vir spraak- en gehoorterapie in die RSA. In I.S. Hay en I.C. Uys Taalverskeidenheid en Taalpatologie. Pretoria: Universiteit van Pretoria, 1985. Uys, I.C. Gas Redaksioneel. Communiphon. 280, 1-2, 1986. Uys, I.C. Navorsing: 'n diens aan en deur die klinikus. In W. Smit en S. Meyer (Reds.) Nasionale Konferensie-Verrigtinge. SAVSG, (on- genommer), 1987. Webb, V.N. Sosiolinguistiek en die spraakterapie. In S.M. Beukes (Red.) Simposiumreferate: Die rol van die Spraakterapeut in 'n Meertalige Samelewing. Universiteit van Pretoria, 23-27, 1984. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 37, 1990 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) INFORMATION FOR CONTRIBUTORS The South African Journal of Communication Disorders publishes reports and papers concerned with research, or critically evaluative theoretical, or therapeutic issues dealing with disorders of speech, voice, hearing or language, or on aspects of the processes underlying these. The South African Journal of Communication Disorders will not accept material which has been published elsewhere or that is currently under review by other publications. All contributions are reviewed by at least two consultants who are not provided with author identification. Form of Manuscript. Authors should submit four neatly typewritten manuscripts in triple spacing with wide margins which should not exceed much more than 25 pages. Each page should be numbered. The first page of two copies should contain the title of the article, name of author/s, highest degree and address or institutional affiliation. The first page of the remaining two copies should contain only the title of the article. The second page of all copies should contain only an abstract (100 words) which should be provided in both English and Afrikaans. Afri- kaans abstracts will be provided for overseas contributors. All para- graphs should start at the left margin and not be indented. Major headings, where applicable, should be in the order of METHOD, RESULTS, DISCUSSION, CONCLUSION, ACKNOWLEDGEMENTS and REFERENCES. Tables and Figures should be prepared on separate sheets (one per table/ figure). Figures, graphs and line drawings must be originals, in blackink on good quality white paper. Lettering appearing on these should be uniform and professionally done, bearing in mind that such lettering should be legible after a 50% reduction in printing. On no account should lettering be typewritten on the illustration. Any explanation or legend should not be included in the illustration but should appear below it. The titles of tables and figures should be concise but explana- tory. The title of tables appears above, and of figures below. Tables and figures should be numbered in order of appearance (with Arabic nume- rals). The amount of tabular and illustrative material allowed will be at the discretion of the Editor (usually not more than 6). References. References should be cited in the text by surname of the author and date, e.g. Van Riper (1971). Where there are more than two authors, et al. after the first author will suffice. The names of all authors should appear in the Reference List. References should be listed alpha- betically in triple-spacing at the end of the article. For acceptable abbre- viations of names of journals, consult the fourth issue (October) of DSH ABSTRACTS or The World List of Scientific Periodicals. The number of references used should not exceed much more than 20. Note the following examples: Locke, J.L. Clinical Psychology: The Explanation and Treatment of Speech Sound Disorders./ Speech Hear. Disord., 48, 339-341, 1983. Penrod, J.P. Speech Discrimination Testing. In J. Katz (Ed.) Handbook of Clinical Audiology, 3rd ed., Baltimore: Williams & Wilkins, 1985. Van Riper, C. The Nature of Stutteriny. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice-Hall, 1971. Proofs: Galley proofs will be sent to the author wherever possible. Cor- rections other than typographical errors will be charged to the author. Reprints. 10 reprints without covers will be provided free of charge. All manuscripts and correspondence should be addressed to: The Editor, South African Journal of Communication Disorders, South African Speech and Hearing Association. P.O. Box 31782, Braamfontein 2017, South Africa. INLIGTING VIR BYDRAERS Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafivykinys publiseer ver- slae en artikels oor navorsing, of krities evaluerende artikels oor die teoretiese of terapeutiese aspekte van spraak-, stem-, gehoor- of taalaf- wykings, of oor aspekte van die prosesse onderliggend aan hierdie afwykings. > Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafivykings sal nie mate- riaal aanvaar wat reeds elders gepubliseer is, of wat tans deur ander publikasies oorweeg word nie. Alle bydraes word deur minstens twee konsultante nagegaan wat nie ingelig is oor die identiteit van die skrywer nie. Formaat van die Manuskrip. Skrywers moet vier netjies getikte manus- kripte in 3-spasiering en met bree kantlyn indien, en dit moet nie veel langer as 25 bladsye wees nie. Elke bladsy moet genommer wees. Op die eerste bladsy van 2 afskrifte moet die titel van die artikel, die naam van die skrywer/s, die hoogste graad behaal en die adres of naam van hulle betrokke instansie verskyn. Op die eerste bladsy van die oor- blywende twee afskrifte moet slegs die titel van die artikel verskyn. Die tweede bladsy van alle afskrifte moet slegs 'n opsomming (100 woorde) in beide Engels en Afrikaans bevat. Afrikaanse opsommings sal vir buite- landse bydraers voorsien word. Alle paragrawe moet teenaan die lin- kerkantlyn begin word en moet nie ingekeep word nie. Hoofopskrifte moet, waar dit van toepassing is, in die volgende volgorde wees: METODE, RESULTATE, BESPREKING, GEVOLG TREK- KING, ERKENNINGS en VERWYSINGS. Tabelle en Figure moet op afsonderlike bladsye verskyn (een bladsy per tabel/illustrasie). Figure, grafieke en lyntekeninge moet oorspronklike weergawes wees en moet in swart ink op wit papier van 'n hoe gehalte gedoen word. Letterwerk wat hierop verskyn moet eenvormig wees, professioneel gedoen word en daar moet in gedagte gehou word dat dit leesbaar moet wees na 'n 50%-verkleining in drukwerk. Letterwerk by die illustrasie moet onder geen omstandighede getik word nie. Verklarings of om- skrywings moet nie in die illustrasie nie, maar daaronder verskyn. Die byskrifte van tabelle moet bo-aan verskyn en die van figure onderaan. Tabelle en figure moet in die volgorde waarin hulle verskyn, genommer word (met Arabiese syfers). Die hoeveelheid materiaal in die vorm van tabelle en illustrasies wat toegelaat word, word deur die redakteur bepaal (gewoonlik nie meer as 6 nie). Venvysinys. Verwysings in die teks moet voorsien word van die skrywer se van en die datum, bv. Van Riper (1971). Waar daar meer as twee skrywers is, sal et al. na die eerste skrywer voldoende wees. Die name van alle skrywers moet in die Verwysingslys verskyn. Verwysings moet alfabeties in 3-spasiering aan die einde van die artikel gerangskik word. Vir die aanvaarde afkortings van tydskrifte se titels, raadpleeg die vierde uitgawe (Oktober) van DSH ABSTRACTS of The World List of Scientific Periodicals. Die getal verwysings wat gebruik is, moet nie veel meer as 20 wees nie. Let op die volgende voorbeelde: Locke, J.L. Clinical Phonology: The Explanation and Treatment of Speech Sound Disorders./ Speech Hear. Disord., 48, 339-341, 1983. Penrod, J.P. Speech Discrimination Testing. InJ. Katz (Ed.) Handbook of Clinical Audioloyy, 3e ed., Baltimore: Williams & Wilkins, 1985. Van Riper, C. The Nature of Stuttering. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice Hall, 1971. Proewe: Galeiproewe sal waar moontlik aan skrywers gestuur word. Die onkoste van veranderings, behalwe tipografiese foute, sal deur die skrywer self gedra moet word. Herdrukke. 10 herdrukke sonder omslae sal gratis verskaf word. Alle manuskripte en korrespondensie moet gerig word aan: Die Redakteur, Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafivykinys. Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Posbus 31782, Braamfontein 2017", Suid-Afrika. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)