31 Die Aard en Voorkoms van Middeloorpatologiee in Laerskole vir Normaalhorende Blanke Kinders Carin Cilliers, Β Log (Pretoria)* Deon Ρ Rossouw, MB Ch Β Μ Med (ORL) (Pretoria) Santie Meyer, Μ Log (Pretoria)* Marina Hurter, Β Log (Pretoria)* *Departement Spraakheelkunde, Spraakwetenskap en Oudiologie, Universiteit van Pretoria Departement Oor-, Neus- en Keelheelkunde, Universiteit van Pretoria OPSOMMING Die doel van hierdie studie is om vas te stel wat die aard en voorkoms van middeloorprobleme by graad 1 en 2 blanke kinders is. Siftingsoudiometrie is op 50 leerlinge (100 ore), in 'n hoe, en 50 leerlinge (100 ore) in 'n lae sosio-ekonomiese omgewing uitgevoer. Alle leerlinge wat 'n eerste oudiometriese siftingsprosedure gefaal het, is aan 'n tweede siftingsprosedure onderwerp. Uit die resultate blyk dit dat 19,5% uitgeval het op die oudiologiese siftingstoetse. 'n Otologiese ondersoek het 8,5% van hierdie kinders geidentifiseer as kinders met middeloorprobleme. Daar was nie statisties beduidende verskille tussen die verskillende sosio-ekonomiese groepe nie. ABSTRACT The aim of the study was to determine the prevalence of middle ear dysfunction amongst grade 1 and 2 white children. Identification audiometry was performed on 50 children (100 ears) in a high, and 50 children (100 ears) in a low socio-economic area. All children failing the identification audiometric procedure were re-evaluated. The results indicated that 19,5% also failed the second audiometric screening. Of these children 8,5Ψο were identified as children with middle ear problems. There were no statistically signifi- cant differences between the two socio-economic groups. Voor die ouderdom van ti'en jaar het ongeveer 75% van alle /'kinders een of meer aanvjalle van akute otitis media onder- vind (M611er, 1985). Juis aangesien daar so 'n hoe voorkoms van otitis media is, is vroee identifisering, soos by enige gehoorpatologie, van groot belang. Die rede hiervoor is dat dit gevolge kan he wat deur vroee intervensie voorkom kan word. Met ander woorde, kinders wat herhaalde aanvalle van chroniese otitis media in die vroee lewensjare gehad het, kan later as gevolg hiervan sekondere probleme toon. Dit sluit onder andere in: vertraagde taalontwikkeling en versteurde taalvaardighede, ouditiewe perseptuele pro- bleme, swak intellektuele vermoens, swak akademiese pres- tasie en gedrags- en emosionele probleme (Hugo, 1984; Feldman en Wilber, 1977; Northern en Downs, 1984). Die rede vir die negatiewe sekondere gevolge van otitis media is dat kinders 'n wisselende graad van ouditiewe deprivasie ondervind, as gevolg van die fluktuerende aard van die toestand. Sekere hoerisikogroepe is al geidentifiseer, byvoorbeeld die gesplete-lip-en-verhemeltepopulasie (McWilliams, Morris en Shelton, 1984). Daar is byvoorbeeld ook uitgevind dat die voorkoms van otitis media opvallend hoer in die laer sosio-ekonomiese groepe as in die hoer sosio- ekonomiese groepe is (Klein,yl978). Dit kan waarskynlik aan verskeie faktore toegeskryf word, byvoorbeeld oorbevolk- ing, swak sanitere toestande, ontoereikende mediese Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 35, 1988 dienste, wanvoeding, sosio-kulturele ongelykheid, lae moti- vering en swak algemene gesondheid (Lewis, 1976; Klein, 1978). Alhoewel daar reeds baie navorsing gedoen is ten opsigte van kindergehoorverliese in Eerste Wereldlande, byvoor- beeld Swede, Engeland en die Verenigde State van Amerika, bestaan daar 'n groot leemte ten opsigte van inligting oor Derde Wereldlande (Wilson, 1985). Suid-Afrika, met die kenmerkende Eerste en Derde Wereldomstandighede, ver- toon ook 'n gebrek aan inligting ten opsigte van die prevalensie van oor- en gehoorpatologie. Geen studies in hierdie verband is al op die Suid-Afrikaanse Kaukasiese groepe (waaronder die blankes gereken word) gedoen nie. Hierdie studie is dus 'n poging om ten dele hierdie leemte te vul en vas te stel wat die voorkoms van middeloorpatologie onder Suid-Afrikaanse graad 1 en 2 blanke kinders is en ook om vas te stel of sosio-ekonomiese verskille wel 'n merkbare invloed uitoefen op die voorkoms van middeloorpatologiee. EKSPERIMENT Proefpersone Blanke kinders woonagtig in Pretoria is geselekteer. Die © SASHA 1988 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 32 Carin Cilliers, Deon Rossouw, Santie Meyer en Marina Hurter kinders is in graad 1 en graad 2. Een groep besoek 'n skool wat in 'n lae sosio-ekonomiese gebied gelee is. Die ander groep besoek 'n skool in 'n hoe sosio-ekonomiese area (Van Bergen, 1982). Die kinders is deur middel van 'n gestratifi- seerde ewekansige steekproef uit die 2 skole geselekteer. Tabel 1: Voorstelling van proefpersone OUDERDOM SKOOL 1* SKOOL 2** TOTAAL 6 Jaar 16 9 25 7 Jaar 34 35 69 8 Jaar 0 6 6 TOTAAL 50 50 * Skool 1: Hoer sosio-ekonomiese status ** Skool 2: Laer sosio-ekonomiese status Apparaat Die otoskopiese ondersoek is deur middel van 'n Welch Allyn otoskoop en immittansiemetings deur middel van 'n Grason Stadler model GSI 28 Auto Tymp (geyk volgens 150-1975 standaarde) uitgevoer. Die suiwertoondrempels is met behulp van Madsen Electronics OB40 (geyk volgens SABS 082 standaarde) bepaal en die agtergrondgeraas is met behulp van 'n Bruel en Kjaer 2204 klankpeilmeter gemeet. Prosedure Die eksperimentele metode is 'n tweegroepontwerp wat 'n tussengroep ontwerpmetode is (Smit, 1983). Al die proefpersone is in April en Mei getoets aangesien klimaatverandering die resultate kan bei'nvloed wanneer boonste lugweginfeksies in die wintermaande die voorkoms van die middeloorpatologie verhoog (Voogt, Halama & van der Merwe, 1986). Klankpeilmetings is van 'n stil vertrek gemaak om te bepaal of dit geskik vir suiwertoonsiftingsdoeleindes is (Barrett, 1985). In beide skole was die agtergrondgeraas in die vertrek binne die voorgestelde perke en dus geskik vir siftings- oudiometrie. 'n Inisiele gehoorsifting is uitgevoer om kinders sonder mid- deloordisfunksie uit te skakel. Hiervoor is al die proefper- sone aan 'n otoskopiese ondersoek en siftingsimmittaiisie- meting onderwerp. Slegs proefpersone wat nie die inisiele siftingstoets geslaag het nie, is aan opvolgtoetsing onder- werp. Die opvolgtoetsing het bestaan uit 'n oor-, neus- en keel- ondersoek, uitgevoer deur 'n oor-, neus- en keelarts, siftings- immittansiemetings en 'n suiwertoonsiftingsondersoek. Data-ontleding Die ondersoek van die timpaniese membraan is na aanleiding van die oor-, neus- en keelarts se bevindings as volg geklassifiseer: I — Normaal, II — Geskend (fibroties, atrofies, skleroties), III — Kliniese otitis media (cholestiatoma, timpaniese- membraan-perforasie, middeloor-effusie, atelektatiese otitis media, akute otitis media). Siftingsimmittansiemetings se slaag/faalkriteria is soos volg (ASHA in Barrett, 1985): Klas I — slaag Middeloordruk tussen + 100 en - 200 daPa en 'n teenwoordige akoestiese refleks. Klas II — risiko Abnormale middeloordruk en teenwoordi- ge akoestiese refleks of middeloordruk tus- sen + 100 en - 200 daPa en afwesige akoes- tiese refleks. Hertoets na drie tot vyf weke. Klas III — faal Middeloordruk abnormaal en afwesige akoestiese refleks. Die kriteria vir normale en afwykende timpanogramme is volgens Jerger (1970) ter aanvulling van bogenoemde krite- ria gebruik. Suiwertoonsiftingskriteria is as volg (ASHA in Barrett 1985): Volgens die standaarde moet proefpersone drempels he van: 20 dB GP by 500 Hz, 1000 Hz en 2000 Hz en 20 dB of 25 dB by 4000 Hz. Om te bepaal of die verskille tussen die twee groepe proef- persone statistics beduidend is, is daar varrdie volgende for- mule gebruik gemaak: PI - P2 s/p]i-pj~ s/ϊ/ΟΟ+Τ/Ϊ00 Waardes is op die^To peil van betekenis bereken. RESULTATE Tabel 2: Die ore wat die inisiele en opvolgimmitansie- metings slaag/faal FAAL INISIELE FAAL OPVOLG- SIFTING SIFTING SKOOL 1: 29/100 20/100 | Ν = 100 (29 %) (20 %) SKOOL 2: 24/100 19/100 ; Ν = 100 (24 %) (19 %) ] TOTAAL: 53/200 39/200 1 Ν = 200 (26,5 %) (19,5) ! In tabel 2 word 'n vergelyking getref tussen die aantal pre wat die eerste sifting gefaal het en die wat die tweede sifting gefaal het. Uit tabel 2 blyk dit dat 19,5% ore die tweede sif- ting gefaal het waar daar aanvanklik 26,5% ore gefaal het. Daar het dus meer leerlinge gefaal tydens die eerste toetsing as tydens die tweede toetsing. Hierdie verskynsel kan ver- klaar word as sou die middeloortoestande, wat in die eerste toetsing opgemerk is, ten tye van die tweede toetsing in sommige gevalle alreeds spontaan opgeklaar het^fPrescod, 1978). Hierdeur word oorverwysing dus verminder. Brooks (1976) waarsku ook daarteen dat te veel waarde aan 'n enkele abnormale timpanometriese uitslag geheg word en beklemtoon ook die groot mate van spontane herstel wat voorkom. Uit die resultate blyk dit verder dat die leerlinge in skool 1 The South African Journal of Communication Disorders, Vol 35, 1988 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Aard en Voorkoms van Middeloorpatalogiee in Laerskole vir Normaalhorende Blanke Kinders 33 in 'n geringe mate swakker gevaar het as die leerlinge in skool 2 op beide siftingstoetse. Hierdie verskille is egter nie statisties betekenisvol nie (z = 0,8 < 2,52 maar > - 2,57; ζ = 1,66 < 2,57 maar > - 2,57). Hierdie tendens is moeilik verklaarbaar aangesien daar ver- wag is dat leerlinge vanuit die hoer sosio-ekonomiese groep minder middeloorprobleme sou vertoon as leerlinge vanuit die laer sosio-ekonomiese groep. Redes hiervoor kan wees dat daar miskien nie so 'n groot verskil in sosio-ekonomiese status onder blankes in Pretoria is nie (Badenhorst, 1987). Verder beskik albei skole oor sowel skoolmediese dienste as oudiologiese dienste. Ten spyte van die relatief lae sosio-ekonomiese gebied waarin die proefpersone van skool 2 woonagtig is, is dit so dat heel- wat van die inwoners by ,groot industriee werksaam is wat goeie mediese fasiliteite bied. 'n Laaste faktor wat die resul- tate kon be'invloed, is die ouderdomme van die kinders. Leerlinge in skool 1 was effens jonger as die in skool 2. Aangesien jonger kinders 'n groter voorkoms van middel- oorpatologie vertoon, kon dit duidelik die rede wees hoekom die resultate van die twee skole nie beduidend van mekaar verskil nie. Ten einde te bepaal of die proefpersone wat met die siftings- toetse uitgeval het, wel oor die patologiese middeloor- funksie beskik, is die resultate van die otologiese onder- soeke in verband gebring met die van die opvolgimmittan- siemetings. Resultate kan soos volg getabelleer word: Tabel 3: Die otologiese diagnose van die ore wat met die opvolgimmittansiemetings uitval OPVOLG- SIFTING OTOLOGIESE DIAGNOSE FAAL PATOLO- GIES NORMAAL Skool 1 ,N = 29 / 20/29 (69%) 11/29 (37,9%) 9/29 (31%) Skool 2 Ν = 24 19/24 (79,1%) 6/24 (25%) 13/24 (54,2%) Totaal: (Opvolgsifting) Ν = 53 ! 39/53 (73,6%) ί 17/53 (32,1%) 22/53 (41,5%) Totaal: (Uit totale populasie) Ν = 200 I 39/100 (19,5%) 17/200 (8,5%) 22/200 (11%) In tabel 3 word die ore wat met die tweede sifting faal, se otologiese diagnose uiteengesit. Uit tabel 3 blyk dit dat 'n totaal van 39 uit 53 ore met die tweede sifting uitval (73,6%). Van die 53 ore is slegs 17 as patologies geklassifiseer (32,1%). Daar kan dus gese word dat 'n totaal van 17 ore, vanuit die aanvanklik getoetste populasie (8,5%), beide die opvolgtoet- sing en otologiese diagnose gefaal het. Wanneer hierdie per- sentasie vergelyk word met ander populasies van 'n gemid- delde sosio-ekonomiese status, is dit duidelik dat hier 'n hoe voorkoms van middeloorprobleme is. Die volgende voor- komssyfers van otitis media is hier tersaaklik: 2% (Ame- rika), 4,1% (Rusland) en 1% (Denemarke) (Hinchcliffe in Northern en Downs, 1984). Wanneer dit egter vergelyk word met die voorkoms onder hoerisikogroepe, byvoor- beeld Indo-Chinese vlugtelingkinders (68,8%), is die voor- koms laag (Corth en Harris, 1984). Dit wil dus voorkom asof die voorkoms van middeloorprobleme by die groep graad 1 en 2 leerlinge van Pretoria, hoer is as in ander gemiddelde sosio-ekonomiese status populasies, maar laer is as die insi- densie in hoerisikogroepe. Wanneer die voorkomssyfers van middeloorprobleme by skool 1 (11%) en by skool 2 (6%) bestudeer word, blyk dit dat die resultate van skool 2 effens beter is. Op die 1% peil van betekenis is hierdie verskil egter nie statisties be- duidend nie. Die moontlike redes vir die bevinding is reeds genoem. Tabel 4 : Die otologiese diagnose van die ore wat met die opvoleimmittansiemeting slaag. OPVOLG- SIFTING OTOLOGIESE DIAGNOSE SLAAG PATOLO- GIES NORMAAL Skool 1 Ν = 29 9/29 (31%) 1/29 (3,4%) 8/29 (27,6%) Skool 2 Ν = 24 5/24 (20,8%) 1/24 (4,2%) 4/24 (16,7%) Totaal: (Opvolgsifting) Ν = 53 14/53 (26,4%) 2/53 (3,8%) 12/53 (22,6%) Totaal: (Uit totale populasie) Ν = 200 14/200 (7%) 2/200 (1%) 12/200 (6%) In tabel 4 word die ore wat die tweede sifting slaag, se otologiese diagnose uiteengesit. Uit tabel 4 blyk dit dat 'n totaal van 14 uit 53 ore, die tweede sifting slaag (26,4%). Uit die 14 ore, is slegs 2 as patologies geklassifiseer tydens die otologiese ondersoek (14,3%), terwyl 12 ore (85,7%), nor- maal was. Twee van die ore wat wel afwykend was volgens die otologiese diagnose is as normaal geklassifiseer tydens die opvolgsifting. Die een oor het 'n herstelde perforasie gehad en die ander oor was atelektaties. Dit gebeur met ander woorde relatief selde dat 'n persoon nie op oudiologie- se siftingstoetse uitval nie, maar dan wel as patologies ge- klassifiseer word (1%). Tabel 5: Otologiese ondersoek TIMPANIESE MEMBRAAN TOTAAL Normaal 181/200 Ν = 200 (90,5%) Geskend 8/200 Ν = 200 (4%) Kliniese otitis media 11/200 Ν = 200 (5,5%) In tabel 5 word die resultate van die otologiese ondersoek uiteengesit. Uit tabel 5 blyk dit dat vanuit 'n aanvanklik getoetste populasie van 200 ore, 4% 'η geskende timpaniese membraan en 5,5% kliniese otitis media het. Sou hierdie persentasies vergelyk word met resultate van soortgelyke Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 35, 1988 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 34 Carin Cilliers, Deon Rossouw, Santie Meyer en Marina Hurter studies, wil dit voorkom asof die prevalensie van middeloor- probleme hier relatief laag is. Hier kan die studie van John- son (1970) as voorbeeld genoem word. In die betrokke stu- die is 3000 Indiaanse kinders betrek. 'n Voorkomssyfer van 7% gevalle met chroniese otitis media en 8% gevalle met te- kens van vorige middeloorpatologie is gevind. In teenstel- ling hiermee toets Fiellau-Nikolajsen (1979) Kaukasiese kinders en vind 'n baie lae voorkoms van 0,8% defekte van die timpaniese membraan. Dit wil dus voorkom asof die proefpersone in hierdie studie, in vergelyking met 'n hoe- risikogroep kinders, nie 'n abnormale hoe voorkoms van middeloorprobleme toon nie. Tabel 6: Sensitiwiteit en spesiwiteit: Siftingsimmittan- sieresultate en otoskopiese ondersoek SIFTINGS- TOETS PATOLOGIES NORMAAL TOTAAL Positief Negatief Totaal 17 (a) 2 (c) 19 (a + c) 22 (b) 12 (d) 34 (b + d) 39 14 53 (a + b + c + d) Sensitiwiteit: a/(a + c) 89,5% ' Spesiwiteit: d/(b + d) (Frankenburg in Northern en Downs, 1984) 35,3% In tabel 6 word die sensitiwiteit en spesiwiteit van die immit- tansiesiftingstoets bereken. Dit is dus duidelik dat hoewel die sensitiwiteit hoog is (89,5%), is die spesiwiteit te laag (35,3%): Die vraag ontstaan nou of die spesiwiteit van die immittansie- siftingstoets nie sal verbeter indien die akoestiese refleks nie as siftingskriterium gebruik is nie. Die rede hiervoor is omdat so 'n groot persentasie kinders ten spyte van 'n tipe A-tim- panogram, 'n afwesige akoestiese refleks toon en dus die sif- tingstoetsing faal. In so 'n geval kan die resultate soos volg ge- tabelleer word: ' Tabel 7: Sensitiwiteit en spesiwiteit: Timpanogramme en otoskopiese ondersoek SIFTINGS- TOETS PATOLOGIES NORMAAL TOTAAL Positief Negatief Totaal 14 (a) 2 (c) 16 (a + c) 16 (b) 12 (d) 28 (d + b) 30 14 44 (a + b + c + d) Sensitiwiteit: a/(a + c) 87,5% Spesiwiteit: d/(b + d) (Frankenburg in Northern en Downs, 1984) 42,9% In tabel 7 word die sensitiwiteit en spesiwiteit van die im- mittansiesiftingstoets bereken waar reflekse nie as maatstaf gebruik word nie. Die afleiding kan dus gemaak word dat die spesiwiteit van die immittansiesiftingstoets wel van 35,3 •ria 42,9 verbeter het, maar dat dit steeds baie laag is. Dit is nogtans bemoedigend dat kinders wat middeloorprobleme toon selde nie deur middel van immittansiesiftingstoetse ge- identifiseer kan word nie. GEVOLGTREKKINGS In teenstelling met die algemene opvatting dat daar 'n hoer voorkoms van middeloorprobleme in 'n laer sosio-ekono- miese gebied as in 'n hoer sosio-ekonomiese gebied sal wees (Klein, 1978) het die studie dit as onwaar bewys. Feitlik ewe veel leerlinge uit beide die hoe en lae sosio-ekonomiese omgewing faal die eerste, sowel as die tweede siftingsprose- dure. Redes hiervoor kan onder andere klein verskille in sosio-ekonomiese status onder blankes, goeie mediese en oudiologiese dienste ook in die laer sosio-ekonomiese gebied en die effens jonger ouderdomme van leerlinge in skool 2 wees. Ten opsigte van die voorkoms van middeloordisfunksie (oudiometries bepaal) faal 'n totaal van 19,5% die eerste, sowel as die tweede oudiologiese sifting. Word dit vergelyk met resultate van soortgelyke studies, wil dit voorkom asof die prevalensie van middeloordisfunksie by die 2 groepe kinders nie kommerwekkend hoog is nie. Redes hiervoor kan die gereelde skoolmediese, sowel as oudiologiese dienste waaroor hierdie skole beskik, wees, 'n Totaal van 17 ore (8,5%), vanuit die aanvanklik getoetste populasie, faal beide die opvolgtoetsing en die otologiese diagnose. Verder was daar geen statisties beduidende verskille tussen die twee groepe persone nie. Ten opsigte van die aard van die middeloorpatologie het 4% 'n geskende timpaniese membraan en het 5,5% kliniese otitis media. In vergelyking met ander studies wil dit voor- kom asof hierdie proefpersone in vergelyking met hoerisiko- groepe nie 'n hoe voorkoms van middeloorprobleme ver- toon nie (Johnson, 1970): Dit blyk egter dat die voorkoms wel hoer is as ander Kaukasiese populasies (Fiellau-Nikolaj- sen, 1^79). Ten opsigte van 'n vergelyking tussen die mediese en oudio- logiese resultate, blyk dit dat die sensitiwiteit van die immit- tansiemetings goed is, maar die spesiwiteit baie laag is (35,3%). Indien akoestiese reflekse nie as siftingskriterium gebruik word nie, verbeter die spesiwiteit na 42,9%. Hierdie studie verskaf belangrike inligting aangesien dit die eeitste keer is wat so 'n studie onder Kaukasiers in Suid- Afrika uitgevoer is. Die voorkomsfrekwensie van 9,5% vir middeloordisfunksie soos in die studie verkry is, sal waar- skynlik wissel in ander populasies, geografiese areas, ouder- domsgroepe, ensovoorts, maar 'n prevalensiesyfer vir 'n groep graad 1 en 2 blanke kinders is nou beskikbaar. ! VERWYSINGS I Badenhorst, M.S. Persoonlike onderhoud. Departement Stads- en Streekbeplanning, Universiteit van Pretoria, 1987. Barrett, K.A. Hearing and immittance screening of school-age children. In Katz, J. (red.) Handbook of Clinical Audiology. Baltimore: Williams & Wilkins, 1985. Brooks, C.N. School screening for middle ear effusions. The Annals of Otology, Rhinology and Laryngology, Suppl. 25(2), 223—2238 1976. Corth, S.B. & R.W. Harris. Incidence of middle ear disease in Indo- Chinese refugee schoolchildren. Audiology, 23, 27—37 1984. Feldman, A.S. & L.A. Wilber. Acoustic Impedance and-Admittance. Baltimore: Williams & Wilkens, 1977. Fiellau-Nikolajsen, M. Tympanometry ι prediction of the magni- tude of hearing loss in _preschool-children with secretory otitis media. Scandinavian Audiology, Supplementum 17 6 8 - 7 2 , 1979. . / Hugo, R. Normatiewe evaluasie van otitis media as sekondere patologie. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde 5 8 3 - 8 8 , 1984. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 35, 1988 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Aard en Voorkoms van Middeloorpatalogiee in Laerskole vir Normaalhorende Blanke Kinders 35 Jerger, J. Clinical experience with impedance audiometry. Archives of Otolaryngology, 92, pp. 3 1 1 - 3 2 4 , 1970. Johnson, R.L. A abbreviated impedance bridge technique for school screening. In Feldman, A.S. & L.A. Wilber (reds.) Acoustic Impedance and Admittance. Baltimore: Williams and Wilkens, 1970. Klein, J.O. Epidemiology of otitis media. In Harford, E.R., F.H. Bess, C.D. Bluestone, J.O. Klein (reds.): Impedance Screening of Middle Ear Disease in Children. New York: Grune & Strat- ton, 1978. Lewis, N. Otitis media and linguistic incompetence. Archives of Otolaryngology, 192, 3 8 7 - 3 9 0 , 1976. McWilliams, B.J., H.L. Morris & R.L. Shelton. Cleft Palate Speech. St. Louis: The CV Mosby Company, 1984. Miller, P. Incidence and time course of otitis media in children. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 35, 1988 Audiology in Practice, 1(3), 1, 1985. Northern J.L. & M.P. Downs. Hearing in Children. Baltimore: The Williams & Wilkens Company, 1984. Prescod, S.V. Audiological Handbook of Hearing Disorders. New York: Litten Education Publishing Inc., 1978. Smit, G.J. Navorsingsmetodes in die Gedragswetenskappe. Pretoria: HAUM opvoedkundige uitgewers, 1983. Van Berge, M.M. Die Sosio-ekonomiese Status van Woongebiede in Pretoria. Ongepubliseerde skripsie, Universiteit van Preto- ria, 1982. Voogt, G.R., Halama, A.R. & Van der Merwe, C.A. Immittance screening in black preschool children attending day-care centres. Audiology, 25, 158—164, 1986. Wilson, J. Deafness in developing countries. Archives of Otolaryngo- logy, 3(1), pp. 2 - 9 , 1985. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) NEW - A M O M E N T OF TRUTH FROM AMTRONIX ΟΤΙ CO Ν 152 CANAL HEARING A I D Available in Standard (Modular) and custom made. The 152 comes standard with three audiological controls as shown in fig. A: A-GRAM control = low frequency ad- justment (green arrow and dots). dB HL control = output/gain adjustment (red arrow and dots). Feedback control (FC) = high frequency adjustment (orange arrow and dots). Volume control button (with o n / o f f Fig. Β shows minimum & maximum of function) Red dot: Right version. controls. Blue dot: Left version. Battery compartment (below lid). Sound outlet. Vent opening (In Custom version). State of the Art Technology for the year 1990 available from Amtronix in 1988. The almost impossible made possible, thanks to Oticon! 1. 2. 3. 4. COMPUTERIZED INSERTION GAIN OPTIMIZER Features: * The sure way to the right results. * Read in Personal Patient and Audiogram Data. * Measure open ear and occluded ear gain. Compare insertion gain curves and select hearing aid. * Programme alternate test procedures; if needed. * Get it right first time. THE IGO 1000 SYSTEM OFFERS YOU A compact, easy-to-use diagnostic and treatment package. * Complete test capability. High resolution, full colour monitor and printouts. * High speed and extreme test accuracy. * ' Efficient, easy-access storage of patient data. A modern, ergonomic design for maximum user comfort. DIAGNOSTIC A U D I O M E T R Y The friendly Midimate 602 Diagnostic Audiometer for Audiologists demanding capability, simplicity and efficiency. Features: * Brief automatic check at start-up. * Fast menu-driven setup of your own test. * ; \ p r e p r ° g r a ; ™ a b l e t e s t s e t u P s f o r instant one-key retrieval of your favourite setups saves you time and trou- ble in the daily routine. ^ Simple and logical multilingual menu-driven display dialogue makes the Midimate 602 easy to learn and easy to use. ' Transflective blacklighted display is easily readable under any lighting conditions while supertwist technology enlarges the viewing angle. / Few operator controls all logically located on front panel for optimal operation convenience and accuracy. A M T R O N I X (PTY) LTD., P.O. BOX 630, Bedfordview 2008 Phone (011) 6221743 Telex 4-50033 Amtron Fax 6221306 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)