10 Die Invloed van Sekere Kontekstuele Faktore op die Ouditief Waarneembare Foute by Verbale Apraksie A. van der Merwe, D.Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit von Pretoria. I.C. Uys, D. Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria. J.M. Loots, DSc (Fisiologie) (Pretoria) Departement Menslike Bewegingskunde, Universiteit van Pretoria. R.J. Grimbeek, BSc (Hons.) (Pretoria) Departement Statistiek Universiteit van Pretoria. OPSOMMING Die rol van kontekstuele faktore by verbale apraksie is belangrik omdat dit implikasies inhou vir die interpretasie van simptome, die aard van die afwyking en vir verdere navorsing. Die invloed van die kontekstuele faktore, klankstruktuur en artikulasie-eienskappe op die ouditief waarneembare simptome van vier persone met verworwe verbale apraksie en een persoon met verbale.ontwikkelingsaprak- sie is nagegaan. Die effek van sistematiese variasie in die klankstruktuur en artikulasie-eienskappe van onsineenhede op die tipe en aan- tal foute in die spraak van die verbaal apraktiese sprekers is bepaal. Daar is bevind dat afwykings in temporale vloei, klankdistorsie en afwykings in prosodie in hierdie volgorde die hoogste frekwensie van voorkoms vertoon ongeag die klankstruktuur of artikulasie- eienskappe van die uiting. Daar is wel 'n toename in klankvervangings, weglatings en byvoegings namate die moeilikheidsgraad van 'n uiting toeneem. Dit wil voorkom asof die simptome van verbale apraksie op grond van konteks-sensitiwiteit verdeel kan word in kern- simptome en geassosieerde simptome. ABSTRACT The role of contextual factors in verbal apraxia is important as it has implications for the interpretation of behaviour, the nature of the disorder as well as for further research. The influence of the contextual factors, sound structure and articulatory features on the auditori- ly perceived symptoms of four patients with acquired verbal apraxia and one patient with developmental verbal apraxia, was in- vestigated. The effect of systematic variation in the sound structure and articulatory features of nonsense units on the type and number of mistakes in the speech of the apraxic speakers, was determined. Findings indicate that abnormalities in temporal flow, sound distortion and abnormalities in prosody exhibited in this order the highest frequency of occurrence, independent of the sound structure or ar- ticulatory features of the utterance. There is, however, an escalation of sound substitutions, ofnissions and additions with increasing complexity of the utterance. The symptoms of apraxia have been classified in core symptoms and associated symptoms based on their context sensitivity. Verbale apraksie is vir meer as 120 jaar reeds 'n omstrede onderwerp. Oor die kenmerkende eienskappe, die onderlig- gende aard van die afwyking en ook die naam van die af- wyking het sterk meningsverskil ontstaan (Rosenbek, Kent & La Pointe, 1984). Broca het in 1861 die afwyking as "aphemia" benoem en sedertdien is talle ander name daar- aan.gegee (Johns & La Pointe, 1976; Darley, Aronson & Brown, 1975). Groot verwarring het ontstaan en die term verbale apraksie is gebruik om verskillende tipes gedrag by verskillende tipes pasiente te beskryf (Buckingham, 1981). Dit is opvallend dat weinig van die vroee navorsers die af- wyking wat hul bestudeer het, gedefinieer het. Darley (1967) was die eerste resente navorser wat verbale apraksie gedefinieer en as 'n afwyking in spraakprogrammering beskryf het. Darley het sodoende rigting gegee aan 'n groep navorsers wat vandag steeds hierdie afwyking bestudeer. 'n Groot mate van eenstemmigheid is die afgelope paar jaar bereik. Verbale apraksie word tans algemeen as 'n afwyking in spraakprogrammering beskryf en dit word onderskei van Broca-afasie, fonemiese parafasie en disartrie wat ook af- wykings in spraakproduksie weens breinskade is (Mohr, Pessin, Finkelstein, Funkenstein, Duncan & Davis', 1978;' Buckingham, 1981; Itoh & Sasanuma, 1984; MacKenzie, 1982). Die kenmerkende eienskappe van suiwer verbale apraksie word deur Kent & Rosenbek (1983) beskryf as on- vlot spraakproduksie met probeer-en-tref-artikulasiebewe- gings, pogings tot selfkorreksie, onkonstantheid in die foute by herhaalde produksie van dieselfde woord en disprosodie. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 © SASHA 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Invloed van Sekere Kontekstuele Faktore op die Ouditief Waarneembare Foute by Verbale Apraksie 11 Ten spyte van die eenstemmigheid wat bereik is, bestaan daar nog talle onbeantwoorde vrae oor verbale apraksie. Rosenbek et al. (1984) verwys na "questions in search of answers" en noem onder meer die volgende: Is die huidige definisie voldoende? Is dit 'n afwyking op die fonologiese vlak of slegs versteurde artikulasie? Is dit 'n dipe disartrie? Wat is willekeurige beweging? Wat is foutonkonstantheid? Daar is 'n groeiende bewustheid dat navorsing oor verbale apraksie gerig moet word deur 'n volledige teoretiese model (Itoh & Sasanuma, 1984; Rosenbek et al. 1984; Kelso & Tuller, 1981; Marquardt & Sussman, 1984). Slegs enkele teo- retiese modelle is reeds toegepas op liggaams- en verbale apraksie (Roy, 1978; Russell & Whitaker, 1979; Itoh & Sasanuma, 1984; Kelso & Tuller, 1981; Van der Merwe, 1986). 'n Model met groot moontlikhede vir verdere toepas- sing op verbale apraksie is waarskynlik die koalisiemodel (Kelso & Tuller, 1981; Kelso, Tuller & Harris, 1983; Tuller, Fitch & Turvey, 1982). Die koalisiemodel is 'n teoretiese model wat gebaseer is op die idee dat gedrag ontstaan uit die funksionele koalisie van strukture ("coordinative struc- tures"). Tydelike koalisie of samewerking tussen neurale strukture en ook anatomiese strukture soos die spiere, ont- staan afhangende van die beweging wat uitgevoer moet word. Die beweging of gedrag wat uitgevoer word, word in hierdie teorie omskryf as die konteks waarbinne funksione- ring plaasvind. Hierdie teorie verklaar volgens die aan- hangers daarvan die wyse waarop die individu die vryhede van die stelsel hanteer. Kelso & Tuller (1981) noem dit 'n "theory of context and constraints rather than a theory of commands". Die konteks-sensitiwiteit van gedrag is dus die belangrikste eienskap van die koalisiemodel en afwykings in gedrag word beskou as die gevolg van 'n afwyking of onvermoe tot 'n koalisie van sekere strukture. Kelso en Tuller (1981) pas die koalisiemodel toe op apraksie. Die toepassing op liggaamsapraksie is meer volledig as die op^verbale apraksie. Die toepassing sentreer hoofsaaklik om die invloed van konteks, wat benut behoort te word in die ' I verklaring van apraksie. Geen verduideliking van konteks in spraakproduksie word egter verskaf nie. Slegs die beken- de voorbeeld van 'n diskrepansie tussen proposisionele en outomatiese spraakproduksie word genoem. Ten einde die koalisiemodel op verbale apraksie toe te pas, is dit dus nodig om kontekstuele faktore by spraakproduksie te identifiseer. I Die huidige studie is uitgevoer binne die raamwerk van 'n omvattende spraakproduksiemodel wat spraakproduksie hierargies voorstel, maar ook die konsep van die konteks- sensitiwiteit van spraak inkorporeer (Van der Merwe, 1986). Die koalisiemodel word gewoonlik direk in teenstelling met die hierargiese model van kontrole gestel (Kelso & Tuller, 1981). Die konsep van konteks-sensitiwiteit'kan egter wel bevredigend met die hierargiese model versoen word. Sekere neurale dele verrig waarskynlik "hoer" funksies as ander dele, maar tree in 'n funksionele koalisie wat kan verander na gelang van die konteks waarin gedrag plaas- vind. Enkele kontekstuele faktore in spraakproduksie is hipoteties ge'identifiseer in hierdie model (Van der Merwe, 1986) en sluit die volgende in: willekeurigheid van inisiering, klank- struktuur, motoriese kompleksiteit, lengte van die uiting, bekendheid en spoed van produksie. Twee van die belangrikste van hierdie kontekstuele faktore, wat ook sistematies gevarieer kan word, is klankstruktuur en artikulasie-eienskappe. Die identifikasie van hierdie twee eienskappe van spraak as kontekstuele faktore kan teoreties gemotiveer word. Daar is aanduidings in die litera- tuur dat sekere spraakklanke en kombinasies van klanke in woorde, groter vaardigheid vereis en moeiliker is om te be- meester as ander (Calvert, 1980; Oiler & MacNeilage, 1983). Die feit dat sekere spraakklanke vroeer aangeleer word deur die kind en dat die eerste uitings wat geproduseer word, be- staan uit 'n konsonant (K) en 'n vokaal (V) dus KV of 'n redup- likasie daarvan (KVKV) (Ingram, 1976), kan daarop dui dat die eerste klanke wat aangeleer word en die KVKV-struktuur makliker is om te produseer as ander klanke en strukture. Dit is egter moeilik om die moeilikheidsgraad van 'n uiting toe te skryf aan 'n spesifieke faktor. 'n Sekere kombinasie van klan- ke kan op 'n fonologiese enkoderingsvlak moeiliker wees, dit kan hoer eise stel aan die geheue van die persoon en dit kan motories moeiliker wees om te produseer. Daar is faktore wat motoriese kompleksiteit kan verhoog sonder dat die klank- struktuur verander. Hierdie faktore sluit koartikulasiemoont- likhede en groter variasie in artikulasie-eienskappe soos die opeenvolgende strekking en ronding van die lippe in. Daar is weinig gegewens oor motoriese kompleksiteit in die literatuur en bogenoemde voorbeelde is slegs hipoteties. Die totale konsep van konteks-sensitiwiteit soos hier uiteen- gesit, is nuut, hipoteties en onontwikkeld. Die moontlikheid bestaan egter wel dat sekere uitings vanwee hul besondere klankstruktuur en artikulasie-eienskappe verskillende eise stel aan 'n spreker en dus as verskille in konteks gereken kan word. Daar is aanduidings in die literatuur dat variasie in sekere van hierdie faktore 'n effek het op verbale aprak- siesimptome (Kent & Rosenbek, 1983; Collins, Rosenbek & Wertz, 1983; Wertz, La Pointe & Rosenbek, 1984), maar in geen vorige ondersoek is faktore soos klankstruktuur, arti- kulasie-eienskappe en koartikulasiemoontlikhede sistema- ties gevarieer nie. Indien variasie in hierdie faktore 'n effek het op die waarge- nome simptome van verbale apraksie, hou die feit belangri- ke implikasies in vir die interpretasie van simptome, die aard van die afwyking en vir verdere navorsing. Dit sal ook deels 'n verklaring bied vir die bekende veranderlikheid van verbale apraksie (Wertz, La Pointe & Rosenbek, 1984; Kent & Rosenbek, 1983; Collins, Rosenbek & Wertz, 1983). Dit is moontlik dat sekere aspekte van veranderlikheid deur kon- tekstuele invloede veroorsaak word. Die invloed van sistematiese variasie in die kontekstuele faktore, klankstruktuur en artikulasie-eienskappe, op die spraakproduksie van die verbaal apraktiese spreker word dus in hierdie ondersoek nagegaan. Daar sal bepaal word of daar enige verband bestaan tussen die eienskappe van 'n uiting en die ouditief waarneembare foute. Hierdie onder- soek is deel van 'n groter ondersoek waarin ook akoestiese analises uitgevoer is ten einde die invloed van kontekstuele faktore te bepaal (Van der Merwe, 1986). METODE: Doel: Die hoofdoel van die ondersoek is om te bepaal of sekere kontekstuele faktore in spraakproduksie, naamlik die klank- struktuur (foneemstruktuur) en die artikulasie-eienskappe Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 12 A. van der Merwe, I.C. Uys, J.M. Loots, R.J. Grimbeek (motoriese kompleksiteit) van 'n uiting 'n effek het op die frekwensie en tipe ouditief waarneembare simptome of foute in die spraak van persone met verbale apraksie. Proefpersone: -* Die proefpersone het bestaan uit vier persone met ver- worwe verbale apraksie en een persoon met 'n verbale ont- wikkelingsapraksie. Die kriterium is gestel dat 'n suiwer verbale apraksie vertoon moet word. Vir die vier persone met verworwe verbale apraksie is die kriteria van Kent en Rosenbek (1983) gestel. Hierdie per- sone het onvlot spraakproduksie met probeer-en-tref-artiku- lasiebewegings, pogings tot selfkorreksie, onkonstantheid in die foute by herhaalde produksie van dieselfde woord en disprosodie vertoon. Ten einde 'n gepaardgaande afasie te beperk moes die proef- persone in staat wees om: — verbaal te kommunikeer met geen uitgesproke agram- matisme nie; — sinne te kan formuleer met 'n stel gegewe woorde; — 'n stel gegewe sinne te kan lees; en — normale taalbegrip te vertoon soos bepaal met 'n bekende afasietoets. Die teenwoordigheid van 'n gepaardgaande disartrie is ook uitgeskakel. Die proefpersone moes: — geen waarneembare boonste motorneurongesig- of -tongparese vertoon nie; — geen ander neuromotoriese simptome in die liggaam vertoon as 'n hemiparese van die arm en been nie; en — geen disartriesimptome soos vegetatiewe probleme of 'n konstante distorsie vertoon nie. Die lokalisasie van die letsel is nie gekontroleer in hierdie ondersoek nie omdat daar sterk aanduidings in die literatuur is dat daar nie 'n direkte verband tussen die lokalisasie van die letsel en die simptome van verbale apraksie bestaan nie (Marquardt & Sussman, 1984). Die jongste beskikbare proefpersone is geselekteer. Drie van die proefpersone is egter ouer as 65 jaar. Ten einde die moontlike effek van ouderdom na te gaan, is daar ook afge- paarde kontrolepersone by die studie ingesluit. Die resultate van die kontrolepersone word egter nie vir hierdie aspek van die studie gebruik nie omdat geen van die ouditief waar- neembare foute by die kontrolepersone voorkom nie. Daar kan dus aanvaar word dat die ouderdom van die proefperso- ne nie 'n effek gehad het op die resultate nie. Die vyfde proefpersoon is op die ouderdom van vier as 'n geval met verbale ontwikkelingsapraksie gediagnoseer op grond van die voorkoms van die volgende simptome: — 'n Diskrepansie tussen ekspressiewe vermoe en resep- tiewe taalvermoe wat nie meer as ses maande agter sy chronologiese ouderdom is nie. — 'n On vermoe om willekeurig spraakbewegings uit te voer met gevolglike nie-verbaliteit. — Kommunikasie het deur middel van gebare geskied. Ten tye van die ondersoek het hy reeds ses jaar lank verbale apraksieterapie (Van der Merwe, 1976; 1985) ontvang en ge- bruik vyf- tot seswoordsinne. Gegewens omtrent die proefpersone word aangegee in Tabel 1. Luisteraars: Twee luisteraars is geselekteer om deel te neem aan die ouditiewe analise. Die een het opgetree as hoofluisteraar tesame met die ondersoeker en die ander as kontroleur-luis- teraar. Die hoofluisteraar is 'n spraakterapeut met 'n mees- tersgraad en met 'n paar jaar ondervinding in sprekerher- kenning vir forensiese doeleindes. Die kontroleur-luisteraar is 'n fonetikus verbonde aan 'n universiteit. Beide is dus hoogs gesofistikeerde luisteraars. Materiaal: Ten einde die invloed van variasie in die klankstruktuur en artikulasie-eienskappe van 'n uiting op die ouditief waarneembare simptome na te gaan, is eenhede ontwikkel waarvan die klankstruktuur en artikulasie-eienskappe vol- kome gekontroleerd is. Onsineenhede is saamgestel omdat die eienskappe van betekenisvolle woorde nie volkome kon- troleerbaar en dus vergelykbaar is nie. Die eenhede is in Afrikaans en Engels saamgestel en op so 'n wyse dat presies dieselfde klankstruktuur en artikulasie-eienskappe daarin voorkom (kyk tabelle 2 en 3). Die samestelling van die mate- riaal word omvattend bespreek in Van der Merwe (1986) en slegs die belangrikste kriteria word hier genoem. Wat die klankstruktuur van die eenhede betref, is vyf struk- tuurgroepe geselekteer. Die klankstruktuurgroepe (S) sluit dupliserings van die KV-sillabe (wat vroeg voorkom in kin- derspraak, moontlik die eenheid van spraakproduksie is en moontlik maklik is om te produseer) met meer en minder variasie in die aantal klanke wat gebruik word, (SI en S2) en ook klankstruktuurgroepe wat die KVK- en KV-sillabes en uitbreidings daarvan (S3, 4 en 5) bevat, in. Baie ander struk- ture kan gebruik word, maar daar is hiermee volstaan vanwee die groot hoeveelheid data wat dit reeds verskaf. Die vyf klankstruktuurgroepe wat ingesluit is, is die vol- gende: 1 Struktuurgroep 1: ΚΙ VI K1 V2 Struktuurgroep 2: ΚΙ VI K2 V2 Struktuurgroep 3: ΚΙ VI K2 V2 K3 Struktuurgroep 4: ΚΙ VI K2 Struktuurgroep 5: ΚΙ VI K2 V2 K3 V3 K4 en ΚΙ VI K2 V2 K3 V2 K4 Die syfers wat hier aangegee word, verwys na die getal ver- skillende konsonante of vokale wat in 'n spesifieke eenheid voorkom. Die eenhede bevat bekende foneme en voldoen aan die fonotaktiese reels van Afrikaans en Engels. Hierdie proses van produksie is dus verwant aan spraakproduksie van betekenisvolle woorde. Die artikulasie-eienskappe van die foneme in die eenhede is The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) A. van der Merwe, I.C. Uys, J.M. Loots, R.J. Grimbeek 13 Tabel 1: Gegewens omtrent die proefpersone Kriteria Proefpersone Kriteria 1 2 3 4 5 Oorsake SVI* SVI SVI SVI Verbale ontwikke- lingsapraksie Tydperk sedert aanvang van toestand 6 maande + 6 maande + 1 jaar + 1 jaar + Geboorte Ouderdom 30 jaar 70 jaar 66 jaar 70 jaar 10 jaar Geslag Vroulik Vroulik Vroulik Manlik Manlik Spreektaal Engels Engels Engels Afrikaans Afrikaans Gepaardgaande afasie Geen Minimaal Minimaal Minimaal Geen Behandeling Verbale-aprak- sie-terapie Verbale-aprak- sie-terapie Verbale-aprak- sie-terapie Verbale-aprak- sie-terapie Verbale-aprak- sie-terapie Taalbegrip Normaal Gering ingekort Normaal Normaal Normaal volgens chronologiese ouderdom op Reynell-skaal Ander probleme Geen Geen Geen Matige hoe frekwensie gehoorverlies Gering verstandelik vertraag (I.K. 81 + ) Lokalisasie van die letsel Links fronto- temporaal Onbekend Onbekend Links parietaal perifeer en strek tot by posterior been van kapsula interna Onbekend * SVI Serebrovaskulere insident gekontroleer met betrekking tot die plek en wyse van artiku- lasie. Die eise wat die produksie van die eenhede aan die spreker stel ten opsigte van adaptasie by die klankomgewing en koartikulasiemoontlikhede (Borden & Harris, 1984) is in aanmerking geneem by die keuse van klanke wat in die eenhede voorkom. Die moontlikheid bestaan dat eenhede wat oor verskillende artikulasie-eienskappe beskik, verskil in motoriese kompleksiteit en dus as verskille in konteks gereken kan word. j ι Vier artikulasie-eienskapgr0epe (A) is onderskei (kyk tabelle 2 en 3). Al die uitings in A1 en A2 begin met Ibl wat 'n mate van adaptasie by die klankomgewing toelaat, maar antisipe- rende koartikulasie verhoed (Borden & Harris, 1984). Die Ibl staan by Al voor 'n vokaal wat min lipbeweging vereis en by A2 voor 'n vokaal wat lipronding vereis. Die tweede vokaal is by Al en A2 afwisselend gestrek en gerond. Die tweede konsonant by Al en A2 is die Itl wat antisiperende koartikulasie toelaat (Borden en Harris, 1984) vir die tweede vokaal. By S3, S4 en S5 is die lil die derde konsonant en hier- die konsonant vereis spesifieke aanpassing in lipbeweging. Wat die artikulasie-eienskappe van A3 en A4 betref, is die- selfde tipe kontrole toegepas. Al die uitings in A3 en A4 begin met Idl wat die lippe en in 'n mate die mandibula vry- laat vir antisiperende koartikulasie (Borden & Harris, 1984). Die antisiperende koartikulasie-moontlikhede in hierdie twee groepe is dus hoer as by Al en A2. Die eerste en tweede vokale is soos by Al en A2 gekontroleer met betrek- king tot gerondheid en strekking. Die tweede konsonant Ikl laat ook soos Itl 'n mate van antisiperende koartikulasie van die lippe toe. Die lil word ook om dieselfde redes as by A1 en A2, by A3 en A4 gebruik. Die feit dat die eienskappe van die eenhede sistematies gevarieer is, maak dit moontlik om die invloed van hierdie eienskappe op spraakfoute goed gekontroleerd na te gaan. Die proefpersone het elke eenheid vier keer geproduseer. 'n Totaal van 160 uitings per persoon is dus versamel. Herhaal- de uitings van dieselfde eenheid is verkry ten einde te kon- troleer vir die veranderlikheid van verbale apraksie. Die spraakopnames is in 'n taallaboratorium gedoen en sluit die volgende apparaat in: — 'n Nakamichi 550-bandopnemer; — 'n Beyer dynamic M201-mikrofoon. Die apparate wat gebruik is vir die ouditiewe analise was ook van die taallaboratorium van die Universiteit van Pre- toria en het bestaan uit: — Die Tandberg TCR 5600 kassetspeler; — Die Tandberg Learning Laboratory met 'n IS 9-luid- spreker. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34,1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 14 A. van der Merwe, I.C. Uys, J.M. Loots, R.J. Grimbeek Tabel 2: Eenhede waarvan die klankstruktuur en artikulasie-eienskappe gekontroleer is (Afrikaans) Klankstruk= tuurgroepe (S) Artikulasie-eienskapgroepe (A) Klankstruk= tuurgroepe (S) 1 2 3 4 ] 1.1 babe 1.2 bobs 1.3 dadE 1.4 dode 1.5 babu 1.6 bobu 1.7 dadu 1.8 dodu 2 2.1 b a t s 2.2 botE 2.3 daks 2.4 doks 2.5 batu 2.6 botu 2.7 daku 2.8 doku 3 3.1 b a t s f 3.2 b o t s f 3.3 d a k e f 3.4 d o k s f 3.5 b a t u f 3.6 b o t u f 3.7 dakuf 3.8 dokuf 4 4.1 b a t 4.2 b o t 4.3 dak 4.4 dok 4.5 b e t 4.6 but 4.7 dek 4.8 du:k 5 5 . ] b a t e f u p 5.2 b o t e f u p 5.3 dakefup 5.4 doksfup 5 . 5 b a t u f u p 5.6 botufup 5.7 dakufup 5.8 dokufup Tabel 3: Eenhede waarvan die klankstruktuur en artikulasie-eienskappe gekontroleer is (Engels) Klankstruk= tuurgroepe (S) Artikulasie-eienskapgroepe (A) Klankstruk= tuurgroepe (S) 1 2 3 4 1 1.1 ba : b a i 1.2 bob® L . 3 d Q : d a e 1.4 dcd® 1.5 b a : b u 1.6 t D b u 1.7 da:du 1.8 dcdu 2 2.1 ba:iffi 2.2 bD"i® 2.3 da:ka? 2.4 duka; 2.5 batu 2.6 b o i u 2.7 d a : k u 2.8 dcku 3 3.1 ba lisef 3.2 boiarf 3.3da:ka>f 3.4 dDkaif h h 3.5 b a : t u f 3.6 b c t u f 3 . 7 d a : k u f 3.8dDkuf 4 4.1 b a : t h 4 . 2 b o i 4 . 3 d a : k 4.4 dck h h 4.5 bffit 4.6 but 4.7 dsek 4.8 du:k 5 5 . 1 b a : i a ; f u p 5 . 2 bDtha?fup 5 . 3 da:k£efup 5.4 dDkffifup 5.5 b a : i u f u p 5 . 6 bDtilifup 5 . 7 d a : k u f u p 5 . 8 dnkufup The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Invloed van Sekere Kontekstuele Faktore op die Ouditief Waarneembare Foute by Verbale Apraksie 15 Prosedure: — Die materiaal is in geskrewe vorm (elke eenheid af- sonderlik op 'n kaartjie in groot drukskrif) voorgehou en die ondersoeker het die uiting twee tot drie keer herhaal sodat die spreker 'n duidelike beeld van die eenheid kon verkry. Sodoende is probleme as gevolg van 'n onvermoe om die eenheid te onthou, sover as moontlik uitgeskakel. — Die prosedure van Kent en Rosenbek (1983) is gevolg, naamlik om aan die proefpersoon die geleentheid te gee om die eenheid 'n paar keer te oefen met die hulp van die ondersoeker. Sonder die oefengeleentheid sou die proefpersone soms nie in staat gewees het om die eenheid te produseer nie. Sodra die proefpersoon dit eenkeer "korrek" geproduseer het, is hy/sy gestop, die instruksie is herhaal en die opname het plaasge- vind. Die proefpersoon het die uiting dan vier keer herhaal sonder enige verdere hulp. Die prosedure het dus meegebring dat die uitings selfge'inisieerd was. — Geen instruksies omtrent spraakspoed is aan die proefpersone gegee nie. Sodoende is nie ingemeng met spontane aanpassings in spoed nie. Die normale sprekers is wel aangese om net 'n normale spraak- spoed te handhaaf. — Die volgorde waarin die eenhede aangebied is, was dieselfde by alle persone. Dit is gekontroleer ten einde te verhoed dat eenhede met soortgelyke eienskappe na mekaar geproduseer word en adaptasie intree. DATA-ANALISE: In die eerste stadium van die analise is 'n lys saamgestel van alle spraakfoute wat voorgekom het by die vyf proefperso- ne. Foutkategoriee is dus bepaal. Die twee luisteraars en die ondersoeker het deelgeneem'hieraan. In die tweede stadium het,die hoofluisteraar en ondersoeker gesamentlik na die spraakopnames geluister en Idie foute in elke uiting aangete- ken. Daar is gemiddeld tienjkeer na elke uiting geluister en vyftien tot twintig uur is aan die analise van elke spreker se opnames bestee. Die kontroleur-luisteraar het op 'n later stadium steekproewe gedoen en ook na alle uitings geluister waar ooreenstemming nie bereik is nie. Die beoordelings van die kontroleur-luisteraar het honderd persent met be- oordelings van die twee luisteraars ooreengekom. Sy beslis- sings in probleemgevalle is aanvaar. Sewe tipes foute het voorgekom by die verbaal apraktiese sprekers. Elk van hieidie foutkategoriee (A-G) het bestaan uit 'n aantal subkategoriee wat volledig aangegee word in die bylae. Die foutkategoriee is die volgende: A. Vervangings B. Verandering van die struktuur van die eenheid C. Klankdistorsie D. Afwykings in temporale vloei E. Afwykings in vlotheid F. Spraakfoute gevolg deur selfkorreksie G. Afwykings in prosodie Daar is gepoog om die groeperings beskrywend te maak en om nie oorsaaklike aanduidings te gee nie. Dit is onmoontlik om in hierdie stadium oorsake te identifiseer. Die gebruik van oorsaaklike terme sal interpretasie van die data waar- skynlik ook be'invloed en objektiwiteit benadeel. Enkele probleme het wel voorgekom in die groepering van foute. Veranderinge in die plek van lettergreepafbreking en afbreking binne 'n geslote lettergreep is as veranderinge in die struktuur van die eenheid geklassifiseer. Die enigste ander moontlike klassifikasie is by die probleme in tem- porale vloei. Dit was egter nie bloot 'n probleem in hierdie opsig nie, omdat onsensitiwiteit vir lettergreepgrense ge- openbaar is. Afwykings in temporale vloei is onderskei as 'n groep omdat al die foute in hierdie kategorie verband Lou met die spoed van bewegings. Dit is weer onderskei van afwykings in vlotheid omdat die foute wat in hierdie groep beskryf word, aandui dat die spreker probleme ondervind om die volgende uiting of deel daarvan te inisieer. Die vasstekings en wor- stelgedrag is ouditief duidelik identifiseerbaar. Versteurings in die stemhebbendheid van klanke is as klankdistorie geklassifiseer omdat dit ouditief so waarge- neem word. Dit is waarskynlik die gevolg van temporale wansinchronisasie maar klassifikasie by 'n groep wat dui op temporale versteurings sal impliseer dat die luisteraar 'n oorsaak aan die verskynsel koppel. Dit is soms as vervang- ings geklassifiseer wanneer die luisteraars oortuig was dat dit nie bloot die stemaanvangstyd is wat versteur is nie. Selfs in hierdie gevalle kan die oorsaak ook temporale wan- sinchronisasie wees. Dataverwerking: Die somtotaal van elke verskillende tipe fout oor vier herha- lings van 'n spesifieke eenheid is bepaal vir elke proefper- soon. Hierdie data is gebruik om te bepaal wat die frekwen- sie en tipe foute is wat voorkom by die verskillende klank- struktuurgroepe en artikulasie-eienskapgroepe vir elke proefpersoon. Die totale van die proefpersone is egter ook saamgevoeg (dus die resultate van 20 produksies van elke eenheid en in elke klankstruktuurgroep en artikulasie-eien- skapgroep is daar 8 eenhede wat 'n totaal van 160 uitings per klankstruktuurgroep en artikulasie-eienskapgroep lewer) ten einde te bepaal wat die frekwensie en tipe fout is wat voorkom by die verskillende klankstruktuurgroepe en artikulasie-eienskapgroepe. Verder is die verdelingsvrye variansie-analiseprosedure van Friedman in 'n horisontale en vertikale rigting toegepas op die data (tabelle 5 en 9) ten einde die betekenisvolheid van verskille in frekwensie en tipe foute te bepaal. Die foutkate- goriee is ook in dalende volgorde van foutvoorkoms gerang- skik by al die klankstruktuurgroepe, artikulasie-eienskap- groepe en proefpersone. Verder is 'n ooreenstemmingsanali- seprosedure toegepas om die assosiasiesterkte tussen ver- skillende foutkategoriee en klankstruktuurgroepe en tussen foutkategoriee en eenhede vas te stel. RESULTATE: Die frekwensie van foute by die verskillende klankstruktuur- groepe: Die gegewens in tabel 4 toon aan dat die grootste getal foute Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 16 A. van der Merwe, I.C. Uys, J.M. Loots, R.J. Grimbeek by klankstrukture 3 en 5 (S3 en S5) voorgekom het. Klank- strukture 1 en 2 vorm 'n tweede groep wat minder foute ver- oorsaak en die minste foute kom voor by S4. Dit wil dus voorkom asof die getal foute die moeilikheidsgraad van 'n uiting reflekteer. Die totaalwaardes in tabel 4 dui dus daarop dat die langste strukture die meeste foute veroorsaak. Dit is in 'n sekere sin vanselfsprekend, maar 'n interessante verskynsel is dat daar nie 'n proporsionele toename in getal foute is nie. Klank- struktuur 3 is slegs een klank langer as S2, maar vertoon baie meer foute. Daar is dus ook ander faktore as bloot die lengte van 'n uiting wat 'n effek het op moeilikheidsgraad. 'n Moontlike faktor is die ritme van 'n uiting en ook die spe- sifieke struktuur wat moontlik moeiliker is om te beplan. By sekere foutkategoriee soos byvoorbeeld distorsie en afwyk- ings in temporale vloei, vertoon S3 meer foute as S5. Die spreker was geneig om die KVKV-gedeelte van S3 as 'n eenheid te produseer en die finale konsonant as 'n ge'isoleerde klank wat moontlik afsonderlik beplan word. Die besondere struktuur van S3 het dus waarskynlik die moeilikheidsgraad daarvan verhoog. Ten einde te bepaal of die klankstruktuur van 'n uiting 'n ef- fek het op die frekwensie van foute binne elke foutkategorie is 'n tweerigting-variansie-analise uitgevoer op die data wat aangegee word in tabel 4. Die P-waardes toon aan dat geen betekenisvolle verskille voorkom tussen die getal foute by die verskillende klankstrukture nie. Die numeriese waardes in tabel 4 toon egter aan dat daar wel verskille is tussen die getal fcrnte by die verskillende klankstrukture binne elke foutkategorie. Klankstruktuur 5 lei byvoorbeeld tot 126 ver- vangings terwyl S4 net tot 4 lei. Hierdie gegewens word ook weerspieel deur die analise waarin die tipe foute wat by die verskillende klankstrukture voorkom, nagegaan word. Die tipe foute by die verskillende klankstruktuurgroepe: Die aantal foute in elke foutkategorie by die verskillende klankstruktuurgroepe word ook vervat in tabel 4. Die tipe foute wat by elke klankstruktuurgroep voorkom, kan deur verwerking van hierdie data bepaal word. Die foutkategoriee wat die hoogste voorkoms vertoon, is af- wykings in temporale vloei (35,6%) en dan distorsie (30,7%). Al die ander foutkategoriee vertoon 'n veel kleiner voor- komspersentasie. Afwykings in prosodie en veranderinge van struktuur neem die derde plek in beide met 'n persenta- sie van 9,6%. Klankvervangings neem die vierde plek in (8,5%) en daarna volg afwykings in vlotheid (4,7%). Foute gevolg deur selfkorreksie (1,3%) het die heel minste voorge- kom (kyk tabel 4). Ten einde te bepaal of daar betekenisvolle verskille is tussen die voorkoms van die verskillende foutkategoriee by elke klankstruktuurgroep is 'n tweerigting-variansie-analise uit- gevoer op die data in tabel 4. Die P-waarde van die globale analise toon aan dat daar 'n betekenisvolle verskil (op die 5% peil van betekenis) is tussen die frekwensie van voorkoms van die verskillende foutkategoriee. Die verskil- lende tipe foute kom dus nie in dieselfde mate by hierdie groep verbaal apraktiese sprekers voor nie. Betekenisvolle verskille tussen die frekwensie van voorkoms is ook by SI, S4 en S5 verkry. Die verskille wat verkry is, is tussen die foutkategoriee met die hoogste en laagste voorkoms. In die geval van byvoorbeeld SI verskil die voorkoms van foutka- tegoriee C en D betekenisvol van Β en F. Die verskille by S2 en S3 is nie so groot dat dit statisties betekenisvol is nie, maar dieselfde verskille kom voor by hierdie klankstruk- tuurgroepe. Tabel 4: Die frekwensie (en persentasie) van voorkoms van die foutkategoriee by die verskillende klankstruktuur- groepe Klank- struk- Foutkategoriee | Klank- struk- A Β C D Ε F G 1 tuur- groepe Vervangings Verandering van struktuur Distorsie Afwykings in tempo- rale vloei Afwykings in vlotheid Selfkorrek- sie Afwykings in prosodie j , Totale aantal foute SI 25 (4,8%) 12 (2,3%) 205 (39,1%) 213 (40,6%) 12 (2,3%) 4 (0,8%) 53 (10,1%) 524 ι (100%); S2 22 (4,7%) 28 (6,0%) 128 (27,3%) 206 (43,9%) 23 (4,9%) 5 (1,1%) 57 (12,1%) 469 (100%) S3 37 (6,1%) 92 (15,2%) 169 (28,0%) 223 (36,9%) 27 (4,5%) 8 (1,3%) 48 (8,0%) 604 (100%) . S4 4 (1,5%) 17 (6,5%) 110 (42,2%) 64 (24,5%) 19 (7,3%) 1 (0,4%) 46 (17,6%) 261 ^ /(100%)' S5 126 (19,4%) 92 (14,2%) 157 (24,2%) 186 (28,6%) 37 (5,7%) 14 (2,2%) 38 (5,7%) 650 (100%) Totaal 214 (8,5%) 241 (9,6%) 769 (30,7%) 892 (35,6%) 118 (4,7%) 32 (1,3%) . 242 (9,6%) 2508 (100%) The South African Journal of Communication Disorders, Vol 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Invloed van Sekere Kontekstuele Faktore op die Ouditief Waarneembare Foute by Verbale Apraksie 17 Die feit dat alle foutkategoriee nie dieselfde frekwensie van voorkoms vertoon nie, laat die moontlikheid dat sekere fout- kategoriee 'n hoer voorkoms by sekere klankstruktuurgroe- pe het. Om te bepaal of die klankstruktuur van 'n uiting 'n effek het op die tipe foute wat voorkom, is die data verder verwerk. 'n Rangskikking van die verskillende foutkate- goriee in dalende volgorde van foutvoorkoms by die verskil- lende klankstruktuurgroepe is gedoen en word weergegee in tabel 5. meer fonologies gebaseerde probleme gereken word. Hier- die foute neem by die ander strukture slegs die vyfde of sesde plek in. Klankvervangings is dus op grond van hierdie resultate nie die mees kenmerkende simptoom van verbale apraksie nie. Dit is interessant dat afwykings in vlotheid of inisiering wat as kenmerkend van verbale apraksie beskryf word (Kent en Rosenbek, 1983) slegs by S4 die derde plek in- neem en by die ander strukture die vyfde of sesde plek. Die lae voorkoms van afwykings in vlotheid in hierdie studie Tabel 5: Rangskikking van foutkategoriee in dalende volgorde van foutvoorkoms by die verskillende klankstruk- tuurgroepe Klankstruk- tuurgroepe Rangskikking van foutkategoriee SI D (40,6%) C (39,1%) G (10,1%) A (4,8%) Β (2,3%) Ε (2,3%) F (0,8%) S2 D (43,9%) C (27,3%) G (12,1%) Β (6,0%) Ε (4,9%) Α (4,7%) F (1,1%) S3 D (36,9%) C (28,0%) Β (15,2%) G (8,0%) A (6,1%) Ε (4,5%) F (1,3%) S4 C (42,2%) D (24,5%) G (17,6%) Ε (7,3%) Β (6,5%) Α (1,5%) F (0,4%) S5 D (28,6%) C (24,2%) A (19,4%) Β (14,2%) Ε (5,7%) G (5,7%) F (2,2%) Die rangskikking van foutkategoriee (tabel 5) toon aan dat die klankstruktuur van 'n uiting slegs deels 'n invloed het op die tipe foute wat voorkom. Afwykings in temporale vloei toon die hoogste voorkoms by al die klankstrukture behalwe by S4 waar distorsie die hoogste frekwensie vertoon. Distor- sie neem die tweede plek in by al die strukture behalwe by S4. By S4 neem afwykings in temporale vloei die tweede plek in. Hierdie studie bevestig dus die mees resente mening van navorsers (Itoh en Sasanuma, 1984; Wertz et al. 1984; Kent en Rosenbek, 1983) dat distorsie tesame met afwykings in temporale beheer die mees kenmerkende simptome van verbale apraksie is. Die derde plek by SI, S2 en S4 word in- geneem deur afwykings in prosodie, maar by S3 en S5 wat die meeste probleme tot gevolg gehad het en die langste een- hede is, word die derde plek ingeneem deur vervangings en veranderinge van struktuur. Laasgenoemde kan moontlik as kan moontlik die gevolg wees van die besondere omstandig- hede waaronder spraak geproduseer is. 'n Voorbeeld van produksie is verskaf voordat die persoon dieselfde uiting moes herhaal. Selfinisiering was dus in 'n mate beperk. Die resultate van die ooreenstemmingsanalise wat uitgevoer is op die ouditief waarneembare foute wat by die verskillen- de klankstrukture voorkom, word grafies voorgestel in figure 1 en 2. Die afleidings wat op grond van die frekwen- sie-analise gemaak is, word deur die ooreenstemmingsanali- se bevestig. Laasgenoemde werp egter ook 'n ander lig op die data. Die sterkte van assosiasie of ooreenstemming tussen foute A tot G en die verskillende klankstrukture (kyk figuur 1) en die verskillende eenhede (kyk figuur 2) word af- gelei van die afstand tussen die twee punte op die grafiese voorstelling. S3 S5 A S4 S2 D SI Figuur 1: Resultate van die ooreenstemmingsanalise om die sterkte van assosiasie tussen die klankstrukture (S1-S5) en foutkategoriee (A-G) te illustreer Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykgs, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 18 A. van der Merwe, I.C. Uys, J.M. Loots, R.J. Grimbeek 3.8 4.3 4.4 4.1 4 · 5 3.5 4.2 C 4.7 3.3 4.8 5.8 Β 3.2 1-2 3.6 Ε 2.4 5.7 3.4 3.1 2.2 2.6 G 1-8 1.3 2.1 2.3 D 4.6 1.7 1.1 2.5 1.5 2.7 1.6 1.4 5.4 3.7 2.8 F 5.2 5 3 * 5.1 5.6 A 5.5 Figuur 2: Resultate van die ooreenstemmingsanalise om die sterkte van assosiasie tussen die eenhede (1.1-5.8) die foutkategoriee (A-G) te illustreer Enkele belangrike assosiasies kan afgelei word uit figuur 1. Foutkategoriee A en Β assosieer die sterkste met S5 en S3. Meer klankvervangings en byvoegings en weglatings van klanke wat die klankstruktuur verander, kom dus voor by die langste eenhede. Afwykings in inisiering (E) en foute gevolg deur selfkorrek- sie (F) assosieer ook die sterkste met S3 en S5. Dit is werklik insiggewend dat S3 en S5 by alle analises 'n groep vorm. Dit is waarskynlik onder meer 'n aanduiding dat die data wat verkry is, betroubaar is. Foutkategoriee C (distorsie) en D (afwykings in temporale vloei) assosieer die sterkste met S2 en SI. Dit is belangrik om daarop te let dat C en D sterker met SI, S2 en S3 asso- sieer as wat A en Β met S3 en S5 assosieer. Dit impliseer waarskynlik dat distorsie en afwykings in temporale vloei meer kenmerkende probleme van verbale apraksie is en dat indien klankvervangings en struktuurveranderinge by ver- bale apraksie voorkom, dit meer waarskynlik by langer een- hede sal wees. Dieselfde afleidings word ook gemaak op grond van figuur 2. Dit is baie duidelik in hierdie visuele voorstelling (kyk figuur 2) dat foutkategoriee A en Β en ook in 'n mate Ε en F nie nabv aan die verskillende eenhede ge- plaas is nie. Dit toon aan dat dit nie algemene tipe probleme is'riie want dit assosieer slegs sterk met enkele van die een- hede. Hierdie eenhede is almal in klankstruktuurgroep 5. Foutkategorie Β vertoon 'n minder duidelike assosiasie met 'n besondere klankstruktuurgroep, maar dit is veral S3 en S5 eenhede wat die sterkste daarmee assosieer. Die enigste uit- sondering is eenheid 4.8 wat baie sterk met Β assosieer. Dit impliseer waarskynlik dat die simptome van verbale aprak- sie nie volkome voorspelbaar is nie. Foutkategoriee C, D en G is naby aan die meeste eenhede gelee en assosieer dus sterk met die meeste (kyk figuur 2). Dit bevestig die afleiding wat reeds gemaak is dat distorsie, afwykings in temporale vloei en afwykings in prosodie die mees kenmerkende probleme is. 'n Interessante verskynsel wat ook gefllustreer word in figuur 2 is dat distorsie (C) die swakste assosieer met S5. Die lengte van die struktuur het dus nie meegebring dat die hoeveelheid distorsie toeneem nie. Die getal vervangings (A) het egter wel toegeneem. ι Opsommend kom die resultate daarop neer dat die mees kenmerkende simptome van verbale apraksie (soos dit deur hierdie studie aangetoon is) afwykings in temporale vloei, distorsie en afwykings in prosodie is. Hierdie simptome ver- toon die hoogste voorkoms ongeag die klankstruktuur van die uiting. Die frekwensie van voorkoms van ander simp- tome wat as minder kenmerkend gereken kan word, soos klankvervangings, byvoeging en weglating van klanke wat die klankstruktuur verander, word egter wel be'fnvloed deur die klankstruktuur van die uiting. Hierdie foute word die sterkste geassosieer met S5. Dit assosieer ook sterk met S3, maar S3 en S5 assosieer sterker met klankdistorsie en af- wykings in temporale vloei. Laasgenoemde twee probleme is dus die prominentste afwykings ook by S3 en S5. Die frekwensie en tipe foute by die verskillende artikulasie- • eienskapgroepe: Die frekwensie van voorkoms van die verskillende ouditief waarneembare foute by die agt artikulasie-eienskapgroepe is bereken en word weergegee in tabel 6. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Invloed van Sekere Kontekstuele Faktore op die Ouditief Waarneembare Foute by Verbale Apraksie 19 Tabel 6: Die frekwensie (en persentasie) van voorkoms van die verskillende artikulasie-eienskapgroepe Artikulasie- _ eienskap- groepe A Vervangings Β Verandering van struktuur C Distorsie D Afwykings in tempo- rale vloei Ε F Afwykings Selfkorrek- in vlotheid sie G Afwykings in prosodie Totale aantal foute A l 41 ( 12,3%) 32 (9,6%) 90 (27,1%) 120 (36,2%) 10 (3,0%) 4 (1,2%) 35 (10,6%) 332 (100%) A2 32 (9,5%) 48 (14,2%) 124 (36,7%) 89 (26,3%) 14 (4,1%) 6 (1,8%) 25 (7,4%) 338 (100%) A3 20 (7,1%) 13 (4,6%) 92 (32,6%) 108 (38,3%) 18 (6,4%) 2 (0,7%) 29 (10,3%) 282 (100%) A4 24 (7,8%) 22 (7,1%) 102 (33,1%) 111 (36,0%) 22 (7,2%) 5 (1,6%) 22 (7,2%) 308 (100%) A5 30 (9,4%) 21 (6,6%) 85 (26,6%) 127 (39,9%) 11 (3,4%) 0 (0%) 45 (14,1%) 319 (100%) A6 30 (9,6%) 28 (9,0%) 88 (28,2%) 116 (37,2%) 10 (3,2%) 10 (3,2%) 30 (9,6%) 312 (100%) A7 20 (7,1%) 22 (7,8%) 78 (27,8%) 115 (41,0%) 14 (5%) 3 (1,0%) 29 (10,3%) 281 (100%) A8 17 (5,1%) 55 (16,4%) 110 (32,7%) 106 (31,5%) 19 (5,7%) 2 (0,6%) 27 (8,0%) 336 (100%) Totaal 214 (8,5%) 241 (9,6%) 769 (30,7%) 892 (35,6%) 118 (4,7%) 32 (1,3%) 242 (9,6%) 2508 (100%) Dit blyk uit die totale aantal foute by elke artikulasie-eien- skapgroep dat die verskillende groepe tot ongeveer dieselfde getal foute aanleiding gegee het. Die variasiewydte strek vanaf 281 tot 338 foute terwyl dit by die klankstruktuur- groepe vanaf 261 tot 650 (kyk table 4) strek. Die verskillende artikulasie-eienskapgroepe stel dus ongeveer dieselfde eise aan die verbaal apraktiese sprekers. Die artikulasie-eien- skappe wat vervat is in die materiaal het dus nie 'n effek op die frekwensie van die ouditief waarneembare foute nie. 'n Tweerigtingvariansie-analise wat uitgevoer is om boge- noemde afleiding te staaf, nisvolle verskille bestaan toon ook aan dat daar nie beteke- tussen die frekwensie van foute by die verskillende artikulasie-eienskapgroepe binne elke foutkategorie nie. j Tabel 7: Rangskikking van foutkategoriee in dalende volgorde van foutvoorkoms by die verskillende artikulasie- eienskapgroepe Die afleiding kan egter nie gemaak word dat artikulasie- eienskappe geen effek het nie. Eenhede met dieselfde klank- struktuur maar verskillende artikulasie-eienskappe byvoor- beeld /b"Dth ®fup/ en /b-Dthufup/ het nie tot dieselfde hoe- veelheid en tipe foute gelei nie. Eersgenoemde eenheid wat meer variasie in artikulasiebewegings vereis en meer koarti- kulasie-moontlikhede bied, het tot 'n groter getal foute gelei. Om 'n beeld te verkry van die tipe foute wat meer voorkom by spesifieke artikulasie-eienskapgroepe, is die foutkatego- riee in dalende volgorde van foutvoorkoms gerangskik (kyk tabel 7). Die rangskikking van foutkategoriee toon aan dat of distorsie of afwykings in temporale vloei die eerste en tweede plekke inneem. Vervangings, verandering van Artikulasie- eienskapgroepe Rangskikking van foutkategoriee A l D (36,2%) C (27,1%) A (12,3%) G (10,6%) Β (9,6%) Ε (3,0%) F (1,2%) A2 C (36,7%) D (26,3%) Β (14,2%) A (9,5%) G (7,4%) Ε (4,1%) F (1,8%) A3 D (38,3%) C (36,6%) G (10,3%) A (7,1%) G (6,4%) Β (4,6%) F (0,7%) A4 D (36,0%) C (33,1%) A (7,8%) Ε (7,2%) = G (7,2%) Β (7,1%) F (1,6%) A5 D (39,9%) C (26,6%) G (14,1%) A (9,4%) Ε (6,6%) Ε (3,4%) F (0%) A6 D (37,2%) C (28,2%) G (9,6%) = A (9,6%) Β (9,0%) Ε (3,2%) = F (3,2%) A7 D (41,0%) C (27,8%) G (10,3%) Β (7,8%) A (7,1%) Ε (5,0%) F (1,0%) A8 C (32,7%) D (31,5%) Β (16,4%) G (8,0%) Ε (5,7%) Α (5,1%) F (0,6%) rw„ Afrlhnnnco TuJ