23 'η Ondersoek na die Ekspressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoerisikokinders Helene J.E. Smit, B.Log (Pretoria) Brenda Louw, D.Phil (Pretoria) Isabel C. Uys, D.Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria. OPSOMMING . Die ekspressiewe kommunikasievermoens van ses Afrikaanssprekende hoerisikokinders tussen die ouderdom dertig tot sewe-en-dertig maande is geevalueer aan die hand van die drie taaldimensies, naamlik taalvorm, taalinhoud en taalgebruik, aangesien kliniese bewyse daarop dui dat vertraagde taalontwikkeling meer algemeen onder premature hoerisikokinders voorkom. 'n Beeld van die ekspressiewe kommunikasievermoens van die kinders is verkry, en daar is gevind dat die proefpersone 'n beperkte ekspressiewe woordeskat sowel as 'n ontwikkelingsagterstand van ekspressiewe kommunikasievermoens vertoon. Die belang van die rol van die spraakterapeut m die vroee identifisering, evaluasie, behandeling en opvolg van die kommunikasievermoens van premature jong kinders, word deur die bevm- dings van hierdie studie beklemtoon. ABSTRACT The expressive communicative ability of six Afrikaans speaking high-risk children between the ages of thirty to thirty seven months was evaluated on the basis of the three dimensions of language form, language content, and language use, as clinical evidence points to the fact that retarded language development more often occurs amongst premature high-risk children. A picture of the communicative abi- lity of the children was obtained and it was found that the subjects tested manifested a limited expressive vocabulary as well as a developmental retardation of expressive communicative ability. The importance of the role of the speech therapist with regard to the early identification, evaluation, treatment and follow-up of the communicative ability of premature young children is emphasised by the findings of this study. Vroee diensleweringsprogramme vir jong hoerisikokinders word tans deur verskeie ontwikkelingspesialisasiegebiede gepropageer in 'n poging om die invloed van hoerisikofak- tore op die kind se ontwikk'eling te modifiseer of selfs te oor- kom (Liebergott, Bashir enlSchultz, 1984). Belangstelling in die unieke behoeftes van hoerisikokinders het in die afgelo- pe twee dekades toegeneem, en het gelei tot die ontwikke- ling van die relatief nuwe vakgebied van vroee intervensie by hoerisikokinders deur 'n multi-dissiplinere span. Die hoerisikobaba is 'n baba by'wie daar as gevolg van ver- skeie faktore wat tydens die prenatale, perinatale en neona- tale geskiedenis voorkom, 'n groter as normale risiko bestaan dat hy 'n ontwikkelingsagterstand en later poten- siele ontwikkelingsprobleme sal vertoon. Geboortegewig en gestasie-ouderdom word as die primere bepalers van hoeri- sikostatus beskou (Rosetti, 1986). Prematuriteit word deur Liebergott et al. (1984) omskryf as 'n biologiese risikofaktor wat inmeng met die ontwikkelende sentrale senuweestelsel wat die moontlikheid van latere afwykende ontwikkeling verhoog. Usher (in Rossetti, 1986) kategoriseer prematuri- teit op grond van die graad daarvan en hy onderskei tussen drie kategoriee, naamlik grensprematuriteit (37-38 weke); matige prematuriteit (31-36 weke) en ekstreme prematuri- teit (24-30 weke). Kliniese bewyse dui daarop dat vertraagde taalontwikkeling meer algemeen onder premature hoerisikobabas voorkom, maar daar is min empiriese bewyse ter stawing van hierdie verskynsel (Hubatch, Johnson, Kristler, Burns en Moneka, 1985). Die belang van deeglike ondersoek van die taal- en kommunikasieontwikkeling van jong hoerisikokinders, met die oog op die vroee identifisering en behandeling blyk dui- delik uit die literatuur (Marge, 1984; Louw, 1986). Aram en Nation (1980) en Strominger en Bashir (1977) is van mening dat vroee versteurings van taal- en spraakontwik- keling die voorlopers van latere leerprobleme is. Vertraagde en afwykende spraak-, taal- en gehoorontwikkeling word dikwels eers ge'identifiseer wanneer die kind skoolgaande ouderdom bereik. Op daardie stadium het die kritiese taal- aanleerperiode reeds verstryk, en taalopleidingsprogramme kompenseer nie altyd voldoende vir die verlies aan tyd tydens die normale ontwikkelingsperiode nie (Ehrlich, Sha- piro, Kimball en Huttner, 1973; Cole, 1982). Afwykende taalvermoens kan ook 'n nadelige invloed uitoefen op die kind se interpersoonlike groei, verwerwing van kennis en vaslegging van 'n eie identiteit (Cole, 1982). Dit blyk dus dat die voorkoms van hoerisikotoestande in die kind se ontwik- kelingsgeskiedenis daarop dui dat die kind onder 'n groter risiko vir die ontwikkeling van kommunikasieprobleme ver- keer (Liebergott et al. 1984). Liebergott et al. (1986) is egter van mening dat slegs longitudinale studies van jong hoerisi- kokinders se taalontwikkeling, die vroee identifisering van die jong hoerisikokinders wat latere taalprobleme kan ont- wikkel moontlik sal maak. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 © SASHA 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 24 Van wee die huidige gebrekkige navorsing oor die kommuni- kasievermoens van hoerisikokinders, en die negatiewe gevolge wat vroee kommunikasieafwykings op latere ont- wikkeling kan he, word die volgende vrae gestel: hoe ver- toon vroee kommunikasieontwikkeling van premature hoe- risikokinders en is hulle kommunikasieontwikkeling van so aard dat dit later ontwikkeling wel kan benadeel? 'n Algemene kenmerk van prematuur gebore jong kinders is 'n vertraagde taalontwikkeling (Kastein en Fowler, 1959 en Field, Dempsey en Shuman, 1979). 'n Beduidende vertra- ging in die ekspressiewe en reseptiewe taalvermoens van premature jong kinders is deur verskeie navorsers gei'denti- fiseer (Hubatch et al. 1985, en Wright, Thistlewaite, Elton, Wilkinson en Forfor, 1983). Hierdie kinders vertoon ook dikwels 'n beperkte aantal uitinge as gevolg van 'n beperkte ekspressiewe woordeskat, asook woordvindingsprobleme, probleme met sinsuitbreiding, die verskaffing van definisies van begrippe, 'n vertraging in die produksie van sinne en die weergee van gegewe getikte ritmepatrone (Hubatch et al. 1985 en De Hirsch, Jansky en Langford, 1964). Volgens Hubatch et al. (1981) is hierdie kinders ook onderhewig aan die ontwikkeling van latere kommunikasieprobleme. 'n Hoe voorkoms van leesprobleme is onder prematuur gebore kin- ders gei'dentifiseer, wat nie net in geskrewe taal nie, maar ook in gesproke taal manifesteer (Douglas, 1960; Pasama- nick en Knobloch, 1960; Benton, 1962). Vertraagde spraakontwikkeling, wat dikwels nog tot op skoolgaande ouderdom voorkom, kom ook algemeen onder hoerisikokinders voor (Fitzhardinge, 1980). Jong hoerisiko- kinders presenteer dikwels met konduktiewe gehoorver- liese, wat ook tot vertraagde spraak- en taalontwikkeling kan lei (Northern en Downs, 1984; Hubatch et al. 1985). Aangesien vroee kommunikasieprobleme in 'n latere glo- bale kommunikasievertraging kan presenteer, is die vroee identifikasie en gereelde opvolg van hierdie kinders van kar- dinale belang (Hubatch et al. 1985). Die toepassingswaarde van bogenoemde studies in terme van die vroee identifisering en die behandeling van hoerisi- kokinders is egter beperk as gevolg van metodologiese ver- skille tussen die studies (Liebergott et al. 1984). Ten spyte van die beperkte navorsing en die uiteenlopende aard van die beskikbare navorsing oor die kommunikasieontwikkel- ing van jong hoerisikokinders, dui bevindinge op die voor- koms van vroee kommunikasieprobleme en die belang van vroee ingryping om hierdie probleme te identifiseer en op te hef (Marge, 1984; Louw, 1986). Daar bestaan egter 'n gebrek aan skakeling tussen eksperimentele navorsing en die kli- niese praktyk. Slegs enkele hoerisikokinders word in die kli- niese praktyk na die spraakterapeut verwys vir ondersoek en behandeling. Op grond van die belang van vroee ingryping wat in die literatuur uitgewys is, is die aandag wat aan jong hoerisikokinders in die praktyk geskenk word dus onvoldoende. Vanwee die dringende behoefte wat bestaan aan verdere empiriese navorsing oor jong hoerisikokinders se kommunikasieontwikkeling, is die doel van hierdie stu- die die bestudering van die ekspressiewe kommunikasiever- moens van Afrikaanssprekende hoerisikokinders. METODOLOGIE Doelstellings Die hoofdoel van hierdie studie is om die ekspressiewe kom- H e l e n e J . . Smit, Brenda Louw en Isabel C. Uys munikasieontwikkelingsvlak van 'n groep premature hoeri- sikokinders te ondersoek. Bogenoemde doelstelling word bereik deur die evaluering en omskrywing van die proefper- sone se taalinhoud, taalvorm en taalgebruik. Proefpersoonseleksie Die volgende kriteria van seleksie van proefpersone is ges- tel, naamlik: — Prematuriteit Al die proefpersone moes drie of meer weke prematuur gebore wees, dit wil se as grenslyn premature gevalle gediagnoseer wees. Prematuriteit word as 'n biologiese risiko vir die ontwikkeling van kommunikasievermoens beskou (Liebergott et al. 1984; Rosetti, 1986). — Ouderdom Alle proefpersone moes tussen die ouderdom van 30 tot 36 maande wees aangesien die doel van die studie die bepaling is van die vroee ekspressiewe kommunikasieontwikkelings- vlak by jong kinders wat prematuur gebore is. — Huistaal Die kinders moes almal Afrikaanssprekend wees, aangesien die doel van die studie die bestudering van die ekspressiewe kommunikasieontwikkelingsvlak van Afrikaanssprekende hoerisikokinders is. — Geassosieerde afwykings Die proefpersone moes geen geassosieerde afwykings wat noodwendige kommunikasieprobleme tot gevolg het, byvoorbeeld breinskade, vertoon nie. (Sien Tabel 1.) Voorlopig is 30 proefpersone uit die geboorte-rekords van die kraamafdeling van 'n provinsiale hospitaal, asook die geboorte-rekords van twee pediaters in privaat praktyke, deur middel van toevallige steekproeftrekking geselekteer. Vanuit die 30 voorlopige proefpersone wat geselekteer is, jis ses kinders as proefpersone vir die studie geneem. 1 Apparaat | I Speelgoed is op grond van die kinders se belangstelling gese- lekteer vir ontlokking van 'n spontane taalmonster. 'n Band- opnemer (Sanyo Model Μ 4200) en oudio-kasette (EMI SP 90) is benut vir die beoordeling van die proefpersone se eks- pressiewe kommunikasikevermoens. Die proefpersone se middeloorfunksionering is met behulp van 'n outomatiese siftingsimpedansmeter (Tympanometer Model 85 AR) bepaal. / Materiaal Die proefpersone se ekspressiewe kommunikasievermoens is geevalueer volgens hulle taalinhoud, taalvorm en taal- gebruik (Bloom en Lahey, 1978) en word vervolgens in tabelvorm verskaf, na aanleiding van die drie dimensies van taal wat geevalueer is. (Sien Tabel 2.) The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Ondersoek na die Ekspressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoerisikokinders Tabel 1: Beskrywing van die proefpersone 25 KENMERKE Geslag van kind Ouderdom van kind Massa van kind by geboorte Aantal weke prematuur Probleme met gesondheid Waar kind gedurende dag bly Aantal kinders in gesin: Seuns Dogters Hoeveelste kind in gesin is proef- persoon Probleme met swangerskap en behandeling Tipe geboorte Posisie van kind by geboorte Hulpmiddels gebruik by geboorte Toestand van kind na geboorte Beroep van ouers: Moeder Vader Hoogste standerd geslaag: Moeder Vader Naskoolse kwalifikasies: Moeder Vader Ouderdom van: Moeder [ Vader I BJ MD JF JL CW RB Vroulik Vroulik Vroulik Manlik Manlik Manlik ': -naande 35 maande 34 maande 33 maande 30 maande 37 maande 1,5 kg 1,99 kg 2,73 kg 3,18 kg 2,9 kg 2,19 kg 7 weke 6 weke 3 weke 7 weke 3,5 weke 6 weke Geen Geen Dik- en duru Geen Geen Gereelde mangel- derm probleme ontsteking en en blindederm swak tande is verwyder op 6e dag Moeder Moeder Moeder Ouma Moeder & 2 dae By bediende en Moeder by vriendin twee oggende in speelgroepie 0 0 1 1 2 1 1 1 1 0 1 1 Eerste Eerste Tweede Eerste Derde Eerste Kalmeermiddels Geen Inspuiting, drup Verwydering Dreigende mis- Plasentale vir emosionele en hospitalisasie van nierstene kraam afwyking skok op 7 mnde vir epilepsie op (dood van suster) 7 maande Natuurlik Natuurlik Natuurlik - Natuurlik Natuurlik Keisersnee Kop eerste Kop eerste Kop eerste Kop eerste Kop eerste Kop eerste Instrumente/ Geen Geen Geen Medikasie vir Geen induksie moeder In broeikas Kalsiumoortap- Blindedermope- In broeikas Geelsug. Drup ping. In broeikas. rasie op 6e dag. vir 1 week. In Geelsug Bloedoortapping broeikas. op 8e dag. Huisvrou Huisvrou Huisvrou Kredietklerk Maatskaplike Asst. rekenmees- werker ter Landdros Admin. Bestuur- Ambagsman — Wetenskaplike Regs Adm. Be- der ampte St 10 St 10 St 9 St 8 St 10 St 10 St 10 St 10 St8 — St 10 St 10 Radiografie- Sekretariele Geen Geen BA Maatskap- B. Juris diploma Diploma like werk B. Juris LLB B. Juris BA-graad Ambag (Passer/ — BSc Rek.Weten- B. Juris LLB B. Juris Draaier) skap. 35 jr 25 jr 25 jr 22 jr 30 jr 26 jr 34 jr 28 jr 30 jr — 32 jr 28 jr Tabel 2: Opsomming van evaluasiewyses vir onder- soek van ekspressiewe kommunikasiever- moens I Taaldimensie wat ondersoek is Evaluasiewyses vir ondersoek van ekspressiewe kommunikasie- vermoens Taalinhoud Dore (1979) se metode vir die analise van gesprekskategoriee. Taalvorm Atrikaanse Artikulasie-Ondersoek (Lotter, 1979) Eerste ondersoek van die orofasiale meganisme (Louw en van der Merwe, 1981) Afrikaanse vorm van ''Language as- sessment, remediation and screening procedure" (Crystal, Fletcher & Gar- man, 1976) Taalgebruik Moeder-kind-kommunikasie-interak- sie-skaal (Clezy, 1979) Bates (1977) se metode vir die analise van (die kategoriee van kommunika- tiewe gebare. Eksperimentele Prosedure — Naturalistiese observasie is in die tuissituasie gemaak, om sodoende so 'n natuurlik moontlike omgewing te skep, sodat die proefpersone op hul gemak is vir die ver- kryging van 'n verteenwoordigende spraakmonster (Bloom en Lahey, 1978; Lund en Duchan, 1983). — Proefpersone is in 'n spelsituasie waartydens natuurlike wyse van kommunikasie ontlok is, waargeneem. 'n Dertigminuut-bandopname asook aantekeninge is deur die ondersoeker gemaak oor die aktiwiteite van die kind en moeder. — Eers het die moeder van die proefpersoon, en daarna die ondersoeker met die kind vir 'n periode van 15 minute elk, tydens spel, in interaksie getree. Daar is besluit op 'n interaksieperiode van 30 minute om uitputting van die proefpersoon te voorkom en aangesien die tyd genoeg- saam is om verskeie analiseringsprosedures te implemen- teer (Miller, 1981). — Spel het tydens die interaksie plaasgevind in 'n vertrek Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 26 Helene J.Ε. Smit, Brenda Louw en Isabel C. Uys deur die ouers geselekteer, om sodoende die toetssituasie minder formeel te maak. — Kontak is eers deur die ondersoeker met die kind opge- bou alvorens met die toetsing begin is. — Die volgende instruksies is aan die moeder verskaf sodat sy geweet het wat van haar verlang word tydens toetsing: — Sy moet op so 'n natuurlik moontlike wyse met die kind tydens spel in interaksie optree soos wat sy ge- woonlik doen. — 'n Vertrek van haar keuse moet geselekteer word om 'n natuurlike omgewing te verseker. — Spel moet op die vloer plaasvind. — Die kind moet toegelaat word om self te kies waarmee hy wil speel, om sodoende die ontlokking van spraak te verseker. — Die duur van die kommunikasie-interaksie moet 15 minute wees. Die ondersoeker sal die moeder in ken- * nis stel wanneer die ondersoeker by haar oorneem. — 'n Bandopname, asook aantekeninge sal deur die ondersoeker gemaak word, om sodoende die opteke- ning van resultate te vergemaklik. — Die Afrikaanse Artikulasie-Ondersoek (Lotter, 1979) is na spelinteraksie met elke proefpersoon uitgevoer. — Die orofasiale ondersoek van elke kind is laastens uitge- voer aangesien beter samewerking so verkry kan word. Optekening en Analise van Data Die optekening en analise van data is vergemaklik deur mid- del van die gebruik van 'n bandopname, asook aantekeninge oor aktiwiteite en beskrywing van die nie-verbale konteks, gedurende die kommunikasiesituasie (Miller, 1981). Die optekening van data geskied aan die hand van riglyne wat in die literatuur verskaf word, en word opsommend in Tabel 3 weergegee. In die tabelle word die prestasies van die verskil- lende proefpersone, vir die verskillende toetse, individueel en indien toepaslik, gesamentlik aangetoon. Vir vergelyk- ingsdoeleindes is daar van persentasies en rekeningkundige gemiddeldes gebruik gemaak (Ferguson, 1981). Die wyse waarop die data opgeteken en geanaliseer is, word in tabel- vorm beskryf. (Sien Tabel 3.) RESULTATE EN BESPREKING Dit blyk dat die proefpersone as groep 'n ontwikkelingsag- terstand vertoon wat hulle ekspressiewe kommunikasie- vermoens aanbetref, aangesien hulle ekspressiewe kommu- nikasievaardighede ooreenstem met die van jonger kinders (Bloom en Lahey, 1978). Die resultate word aan die hand van die evaluasiekategoriee van taalinhoud, taalvorm en taalgebruik bespreek. Taalinhoud Die taalinhoud van die proefpersone is geevalueer deur die toepassing van Dore (1978) se metode vir die analise van gesprekskategoriee. Die resultate van die ses proefpersone se taalinhoud word in Tabel 4 verskaf. Die gesprekskatego- riee is in Tabel 4 gerangskik in volgorde van afname van die gemiddelde persentasie van voorkoms van die proefper- sone. Die voorkoms van gesprekskategoriee vir elke proef- persoon is ook in terme van persentasies uitgedruk. Uit die resultate blyk dit dat die kategorie van response die meeste voorgekom het, naamlik met 'n gemiddelde persen- tasie van 63,2% terwyl die kategorie van performatiewe totaal afwesig was. Die hoe voorkoms van die response- kategorie kan verklaar word aan die hand van Rodgon (1979) se bevindings dat kinders tussen een en 'n half tot twee jaar, reeds kan diskrimineer tussen "ja/nee-vrae" en "W-vrae" — vrae met vreemde voornaamwoorde, soos byvoorbeeld wat, wie, waar — en toepaslik op die vrae kan antwoord. Al die proefpersone het toepaslik op alle "ja/nee- vrae" en "W-vrae" geantwoord. Die kategorie van organisasie met 'n gemiddelde voorkoms- frekwensie van 11,4% het die tweede hoogste voorkoms getoon en die resultate stem ooreen met bevindings van Bloom et al. (1976) en Keenan (1974), wat van mening is dat organisasiemiddele reeds in die dialoog van twee- tot drie- jarige kinders behoort voor te kom. Die resultate van die proefpersone stem dus ooreen met die beskrywing van nor- male ontwikkeling van Engelssprekende kinders, wat in die literatuur verskaf word. Die kategorie van versoeke het die derde hoogste voorkomsfrekwensie vertoon (10,1%) wat korreleer met resultate van studies van die normale ontwik- keling van Engelssprekende kinders van Tyack et al. (1979) en Wood (1981). Hulle het bevind dat kinders vanaf twee- tot vierjarige ouderdom "ja/nee-vrae" en "W-vrae" gebruik. Versoeke het minder voorgekom as response, waarskynlik omdat response op "ja/nee-vrae" en "W-vrae" reeds begin ontwikkel voordat normaal ontwikkelende kinders die vrae kan vra (Rodgon, 1979). Slegs 8,8% van die kategoriebeskry- wings het voorgekom, moontlik aangesien voorskoolse kin- ders dikwels hiermee probleme ondervind, en die ontwik- keling van beskrywings tot in die skooljare voortduur (Wood, 1981). Slegs 4,4% van die kategorie van erkennings het voorgekom. Kinders van twee- tot driejarige ouderdom verwag reeds erkennings op hulle uitinge en gebruik erkennings om aan die spreker te kenne te gee dat hulle die informasie wat hy wil oordra, ontvang het — moontlik om die vloei van kom- munikasie aan die gang te hou (Rodgon, 1979; Cole, 1982). Die' lae voorkoms van die gebruik van stellings, naamlik (2,1%) korreleer met opvattings van Bloom en Lahey (1978) dat normale twee- tot driejariges nie altyd oor hulle gevoel- ens, houdings en oortuigings praat nie, moontlik omdat hulle nie weet hoe om daaroor te praat nie. Attribusies word egter reeds vanaf een jaar tien maande deur Engelsspreken- de kinders gebruik (Ainsfeld, 1984). j Uit bogenoemde bespreking skyn die proefpersone se taal- inhoud ooreen te stem met die literatuurbeskrywing van normale Engelssprekende kinders se ontwikkeling van taal- inhoud, behalwe vir die gesprekskategorie van performa- tiewe wat vertraagde ontwikkeling vertoon, moontlik omdat die moeders tydens waarneming glad nie van die gespreks- kategorie in hulle interaksie met die proefpersone gebruik gemaak het nie. Moontlik beskik die proefpersone oor die gebruik daarvan, maar het dit nie tydens die taalopname spontaan gebruik nie. 'n Voorstel kan egter gemaak word dat 'n ondersoeker sodanige kategoriee wat nie spontaan voorkom nie, moet ontlok (Miller, 1981), Taalvorm Die evaluasie van taalvorm het die evaluasie van die artiku- lasievermoens, orofasiale meganisme en ekspressiewe taal- The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) η Ondersoek na die Ekspressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoerisikokinders Tabel 3: Optekening en analise van data Taaldimensie Evaluasiewyses Optekening van Data Analise van Data Taalinhoud Dore (1978) se metode vir die analise van gesprekskategoriee Transkripsie van bandopname van interaksie tussen moeder en kind, en ondersoeker en kind. Analise van data aan die hand van verskeie gesprekskategoriee: - versoeke - beskrywings - erkennings - performatiewe-response - stellings - organisasie - ander, in terme van aan- tal kere van voorkoms, toepaslikheid en ontoepaslike gebruik (Dore, 1978). Taalvorm Afrikaanse Artikulasie Onder- soek (Lotter, 1979) Optekening van data op toepaslike vorm. Analise van data aan die hand van vermoe en onvermoe tot produksie van enkelklanke en konsonantkom- binasies in inisiele, mediale en finale woordposisies in terme van: - klankomruilings - klankweglatings - klankdistorsies - klankvervangings (Van Riper) Eerste ondersoek van die Orofa- siale Meganisme (Louw & v.d. Merwe, 1981) Optekening van data op die voorgeskrewe vorm. Analise van data op grond van nor- male of afwykende vorm in funksie van al die spraakorgane, soos voorge- skrewe vorm bepaal (Louw en v.d. Merwe, 1981). Afrikaanse vorm van "Lan- guage assessment, remediation and screening procedure" (Crystal, Fletcher en Garman, 1976) Transkripsie van bandopname van die interaksie tussen die moeder en kind, en die ondersoeker en kind se optekening van resultate van anali- se op die vertaalde LARSP-profiel, soos voorgeskryf Analise van data vind plaas aan die hand van 4 vlakke van strukturele organisasie, naamlik: - frasevlak - sinsvlak - woordtipes - bysinne (Crystal et al. 1976) Taalgebruik / / Moeder-k teraksie (( ind-kommunikasie-in- :iyzy, 1979) Transkripsie van 15-minuutband- opname van interaksie tussen moe- der en kind en optekening van re- sultate op vertaalde vorm van die versterkingsprofiel. Analise van data aan die hand van 5 kategoriee deur Clezy (1978) bepaal: - Positiewe kommentaar van moeder. - Korrekte leer van kind. - Onderrig van moeder aan kind. - Foutiewe leer van kind. - Negatiewe kommentaar van moeder. Die totaal van elke kategorie word verdeel deur die tydsduur van die spraakmonster om die snelheid per minuut te verkry. Bates (19 analise v. kommun: 77) se metode vir die in die kategoriee van katiewe gebare. / Data word opgeteken op opgestelde vorm, op grond van aantekeninge gemaak van die nie-verbale kom- munikasiekonteks tydens die inter- aksie. Data word geanaliseer op grond van die aanwesigheid of afwesigheid asook die toepaslikheid of ontoepaslikheid van die volgende kategoriee van kom- munikatiewe gebare, nl: - wys na voorwerpe - vertoon van voorwerpe - gee voorwerpe aan 'n volwassene - uitreik - weiering - afwys ( Bates, 1977) vermoens van die proefpersone gedek en word volgens hier- die indeling bespreek. Artikulasievermoens Die foutklanke en frekwensie foute van elke proefpersoon, sowel as die persentasie proefpersone wat elke foutklank foutief geproduseer het, soos verkry deur die toepassing van die Afrikaanse Artikulasie-Ondersoek (Lotter, 1974), is bere- ken (Smit, 1986). Verskeie artikulasiefoute met onderlinge variasie het tussen die proefpersone voorgekom. Die artikulasiefoute het slegs uit klankvervangings en klankweglatings bestaan, waarvan klankweglatings die meeste voorgekom het. Klankkombina- sies is die meeste aangetas, veral die produksie van /r/- Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34,1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 28 H e l e n e J . . Smit, Brenda Louw en Isabel C. Uys Tabel 4: Opsommende tabel van Dore (1978) se meto- de vir die analise van gesprekskategoriee Kategorie % voorkoms van kategoriee per proefpersoon Kategorie BJ MD JF JL CW RB Gemid. Response 59,3 67,0 65,2 66,3 61,8 59,5 63,2 Organisasie 12,0 10,0 10,6 8,1 16,0 11,8 11,4 Versoeke 17,6 7,3 12,1 9,3 6,2 8,1 10,1 Beskrywings 8,3 8,3 5,0 11,6 13,6 5,9 8,8 Erkennings 0,0 2,8 5,0 3,5 1,2 14,0 4,4 Stellings 2,8 4,6 2,1 1,2 1,2 0,7 2,1 Performatiewe 0,0 0,0 0,0 0,0 0,0 0,0 0,0 Totaal 100,0 100,0 100,0 100,0 100,0 100,0 100,0 kombinasies in die aanvangs- so wel as die eindposisie. Hier- die resultate stem ooreen met die van Lotter (1974), wat bevind dat Afrikaanssprekende kinders eers vanaf 9,25 tot 9,45 jaar 100% korrekte produksie van klankkombinasies van /r/, korrek kan produseer. Foutiewe produksie van /J/ het by 100% van die proefpersone voorgekom. Afrikaans- sprekende kinders bemeester egter eers 100% korrekte pro- duksie van /J/ op ongeveer 7,5 tot 8,42 jaar (Lotter, 1974). Volgens die norme van spraakontwikkeling van Afrikaanse kinders, blyk hierdie proefpersone se spraakontwikkeling egter binne normale perke vir hulle chronologiese ouder- dom te wees (Lotter, 1974) en hulle artikulasiefoute kan as normale ontwikkelingsfoute beskou word (Weiss, Lilly- white en Gordon, 1980). Aangesien fonetiese vermoens be'invloed word deur die ryping van die artikulators, mag die normale ontwikkelingsfoute wat die proefpersone ver- toon, moontlik toegeskryf word aan die feit dat die artikula- tors van die jong kinders eers met toename in ouderdom tot voile ryping sal kom (Weiss et al. 1980). Eerste Ondersoek van die Orofasiale Meganisme Met die ondersoek van die orofasiale meganisme van die proefpersone is daar geen afwykings in die vorm of funksie van die spraakorgane, soos deur die voorgeskrewe vorm bepaal, ge'identifiseer nie. Die vorm en funksie van die spraakorgane behoort dus nie hulle artikulasievermoens negatief te be'invloed nie (Weiss et al. 1980) en daar is dan ook bevind dat die proefpersone wel net artikulatoriese ont- wikkelingsfoute vertoon het. Die ekspressiewe kommunikasievermoens van die proefpersone In Tabel 5 word die resultate van elke proefpersoon soos Tabel 5: Opsommende weergawe van die proefper- sone se ekspressiewe taalvorm na aanleiding van die LARSP-prosedure verkry met die toepassing van die Afrikaanse weergawe van die LARSP-tegniek (Crystal, Fletcher en Garman, 1976) op- sommend weergegee. In Tabel 5 word die totale frekwensie van voorkoms van sin- en frasestrukture van elke proefpersoon op stadia een tot vyf van sintaktiese ontwikkeling weergegee. Die stadium van sintaktiese ontwikkeling waarop elke proefpersoon gefunksioneer het, word beskou as die stadium waar elke proefpersoon die grootste totale frekwensie sinstrukture en frasestrukture vertoon het. Uit die resultate blyk dat al die proefpersone wat sintaktiese ontwikkeling betref, ongeveer ses maande onder hulle toe- paslike oudersomsvlakke gefunksioneer het (Pieterse, 1969 en Crystal et al. 1976). Vyftig persent van die proefpersone het 'n groot aantal onverstaanbare sinne getoon. Daar was 'n hoe voorkoms van die gebruik van voornaamwoorde en koppelwerkwoorde onder vier van die proefpersone naam- lik BJ, MD en RB, wat op Stadium 3 van sintaktiese ontwik- keling funksioneer. Die bevindings stem ooreen met resultate deur Pieterse (1969) verkry ten opsigte van nor- maalontwikkelende Afrikaanse kinders wat op Stadium 3 gefunksioneer het. Verkleinwoorde is geredelik deur alle proefpersone gebruik. Dit kan toegeskryf word aan die hoe voorkoms daarvan soos waargeneem is in die moeders se kommunikasie met die kinders (Clezy, 1979; Cole, 1982). 'n Groot aantal herhalings het ook in die sintaktiese strukture van die proefpersone voorgekom, wat ooreenstem met resultate van Hubatch et al. (1985), wat die verskynsel toeskryf aan 'n beperkte ekspressiewe woordeskat van die kinders. Die gemiddelde sinlengtes van die proefpersone bestaan uit 1,67 tot 2,76 woorde, maar volgens die ontwikkelingsnorme behoort hulle egter reeds drie- tot vierwoordsinne te kan gebruik (Pieterse, 1969; Crystal et al. 1976). 'n Beperkte aan- tal uitinge asook probleme met die uitbreiding van sinne kom by die proefpersone voor, soos ook bevind is in navors- ing deur Hubatch et al. (1985) en De Hirsch et al. (1984) uit- gevoer. (Sien Tabel 6.) Tabel 6: Opsommende weergawe van die sinspro- duksie van die proefpersone na aanleiding van die LARSP-prosedure Veranderlike Proefpersoon 1 Veranderlike BJ MD JF JL CW RB Totale aantal woorde 200 237 212 143 127 239 Totale aantal sinne 87 86 95 73 76 96 Gemiddelde sinlengte 2,30 2,76 2,23 1,96 1,67 2,49 Onvolledige sinne 10 5 1 0 1 2 Onverstaanbare sinne 0 1 24 28 48 2 'n Aantal onvolledige sinne het,ook voorgekom, moontlik as gevolg van probleme wat die kinders ondervind het; om ver- skillende eenhede in 'n enkele sin te kombineer (Ainsfield, 1984), en wanneer die kinders se aandag na 'n nuwe fokus verskuif het. Die kinders se spraakverstaanbaarheid is hier- deur negatief be'invloed. Uit bogenoemde bespreking wil dit dus voorkom of die proefpersone as 'n groep 'n beperkte ekspressiewe woordeskat vertoon het en 'n ekspressiewe ontwikkelingsagterstand van ongeveer ses maande onder hulle chronologiese ouderdomsvlak vertoon het. Die resul- •Kategorie Proefpersone en frekwensie sin- & frasestrukture •Kategorie BJ MD JF JL CW RB 1. 9-18 maande 37 32 34 32 37 10 2. 18-24 maande 45 59 73 51 62 75 3. 24-30 maande 117 101 127 28 24 164 4. 30-36 maande 3 23 20 16 0 34 5. 36-42 maande 0 3 3 0 0 1 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) -η Ondersoek na die Ekspressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoerisikokinders 29 tate stem ooreen met die resultate van premature kinders wat reeds in die literatuur bestudeer is (De Hirsch et al. 1964). Taalgebruik Die evaluasie van taalgebruik het die aspekte van moeder- kind-kommunikasie-interaksie en kommunikatiewe gebare deur die proefpersone gebruik, gedek en word in die volg- orde bespreek. Die moeder-kind-kommunikasie-interaksie Tabel 7 verskaf 'n visuele voorstelling van die resultate van die moeder-kind-kommunikasie-interaksie. Die voorkoms van die vyf kategoriee van moeder-kind-kommunikasie- interaksie volgens Clezy (1979), naamlik positiewe kom- mentaar van die moeder, negatiewe kommentaar van die moeder, korrekte en foutiewe leer van die kind en die onderrig van die kind deur die moeder, word in Tabel 7 as 'n persentasie van die totale interaksies tussen elke moeder en kind weergegee. Tabel 7: Resultate van die moeder-kind-kommuni- sie-interaksie Kategoriee volgens Clezy (1979) Proefpersoon Kategoriee volgens Clezy (1979) BJ MD JF JL CW RB Positiewe kommen- taar van moeder 9,1 9,3 5,0 5,0 7,4 10,4 Kind leer korrek 30,3 29,1 38,3 27,5 26,5 31,2 Moeder onderrig 42,8 kind 50,0 47,4 46,7 37,3 42, b 42,8 Kind leer foutief 9,1 10,6 8,3 13,9 13,2 7,8 Negatiewe kom- mentaar van moeder 1,5 3,6 1,7 16,3 10,3 7,8 Totaal (persentasie) 100,0 100,0 100,0 100,0 100,0 100,0 Oor die algemeen het daar meer positiewe kommentaar van die moeders (7,7%) as negatiewe kommentaar (6,8%) voor- gekom. Proefpersone CW en JL het egter meer negatiewe as positiewe kommentaar van hulle moeders ontvang, en het ook die minste korrekte leer en die meeste foutiewe leer ver- toon in verglyking met die persentasie vir hierdie kategoriee by die ander proefpersone. Hierdie verskynsel kan moontlik toegeskryf word aan 'n wedersydse negatiewe versterking tussen moeder en kind (Clezy, 1979). Die moeders van die proefpersone, as 'n groep het heelwat uitbreidings, herhalings, retoriese vrae en selfbeantwoor- ding van eie vrae as taalonderrigmiddele gebruik. Hierdie waarneming stem ooreen met literatuurbevindings ten opsigte van moeders met normaal ontwikkelende kin- ders (Bloom en Lahey, 1978). Bogenoemde gebruik van taal- onderrigmiddele deur die moeders mag ook aanleiding gegee het tot die hoer persentasie korrekte leer van die proefpersone, naamlik van 26,5 tot 38,3% teenoor die laer persentasie van foutiewe leer deur die proefpersone ver- toon, naamlik van 7,8 tot 13,9% (Clezy, 1979). Die feit dat CW en JL se sintaktiese vermoens en spraakverstaanbaar- heid ook die swakste van al die proefpersone was, mag ook moontlik toegeskryf word aan die beperkende invloed wat te veel negatiewe kommentaar van 'n moeder op 'n kind se spraak mag he (Clezy, 1979). Oor die algemeen - proef- persone CW en JL uitgesonder - blyk dit dat die moeder- kind-kommunikasie-interaksie van die proefpersone oorwegend 'n positiewe, fassiliterende invloed op die kinders se taalontwikkeling uitgeoefen het, moontlik omdat die ouers besorgd was oor hulle kinders se prematuriteit en daarom gepoog het om goeie modelle te wees. Kommunikatiewe gebare deur die proefpersone gebruik Tabel 8 verskaf die resultate van elke proefpersoon in terme van die teenwoordigheid en toepaslike gebruik van die kate- goriee van kommunikatiewe gebare volgens Bates (1977). Uit Tabel 8: Analise van die kategoriee van kommunikatiewe gebare (Bates, 1977) Proefpersoon Kategorie 1. Wys na voorwerpe:| (a) Nie-kommunikatief (b) Kommunikatief ' 2. Vertoon van voorwerpe 3. Gee van voorwerpe 4. Uitreik: (a) Nie-uitgebreid (b) Uitgebreid 5. Weiering: (a) Nie-uitgebreid (b) Uitgebreid 6. Afwys: (a) Nie-uitgebreid (b) Uitgebreid BJ Tw Tw Tw Tw MD % voorkoms van kategoriee per proefpersoon 40 Tw Tw Tw Tw Tw Tw Tw Tw JF Tw Tw Tw Tw Tw Tw 80 JL Tw Tw Tw 60 Tw Tw CW Tw Tw Tw Tw RB Tw Tw Tw Tw Tw 50 40 50 Vo voorkoms van kategoriee by proefpersone 83 83 50 67 50 33 50 50 50 17 Tw = Teenwoordig en toepaslike gebruik . Die blanko spasie dui op die afwesigheid van 'n spesifieke kategorie van kommunikatiewe gebare by elke proefpersoon. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34,1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 30 die resultate blyk die kategoriee wat die meeste voorgekom het die kategoriee van kommunikatiewe "wys na voor- werpe" (83%) en nie-kommunikatiewe "wys na voorwerpe" (83%) te wees. Volgens Bates (1979) is dit een van die eerste kategoriee wat in die -vroee ontwikkeling- stadia van normaal ontwikkelende kinders voorkom. Die kategorie wat die minste voorgekom het is "uitgebreide afwys". Slegs 17% van die proefpersone, het hierdie katego- rie gebruik. Hierdie kategorie vertoon ook die laagste frek- wensie van voorkoms in studies wat op normaal ontwikke- lende kinders deur Bates (1979) uitgevoer is. Die kombinasie van verbalisasies en nie-verbale kommunikatiewe gebare deur die proefpersone het minder voorgekom as wat die toe- paslike voorkomsfrekwensies van die spesifieke chronolo- giese ouderdomsvlakke is (Bates et al. 1979). Hierdie ver- traagde ontwikkeling van die kombinasie van nie-verbale kommunikatiewe gebare en spraakuitings mag ook die proefpersone se latere kommunikasieontwikkeling be'inv- loed (Bates et al. 1979; Long en Dalston, 1982). Geen ontoe- paslike gebruik van enige van die kategoriee het voorgekom nie, alhoewel die gebruik van die gebare op 'n laer vlak as hulle chronologiese ouderdomme was. Uit bogenoemde bes- preking blyk dit dat die proefpersone vertraagde ontwikke- ling van die koppeling van nie-verbale kommunikatiewe gebare met spraakuitings vertoon het. Volgens Long en Dalston (1982) en Bates (1979) kan 'n agterstand in die kop- peling van nie-verbale kommunikatiewe gebare met spesi- fieke spraakuitings moontlik die voorloper van 'n latere eks- pressiewe taalagterstand wees. Hierdie konsep is deur Bates (1979) en Long en Dalston (1982) as 'n belangrike stadium in normale taalontwikkeling gehipotetiseer maar is tot dusver beperk by ontwikkelende kinders nagevors. Verkree resul- tate dui daarop dat dit 'n aspek van taalverwerwing is wat indringend by hoerisikokinders bestudeer behoort te word. GEVOLGTREKKINGS Uit die bespreking van die resultate van die taalvorm, taal- inhoud en taalgebruik van die proefpersone blyk hulle dus as 'n groep 'n ontwikkelingsagterstand te vertoon wat hulle 'ekspressiewe kommunikasievermoens aanbetref, aangesien hulle ekspressiewe kommunikasievaardighede ooreenstem met die van jonger kinders (Bloom en Lahey, 1978; Crystal et al. 1976). Die grootste agterstand blyk in hierdie kinders se taalvorm voor te kom, en wel wat hulle morfologiese en sintaktiese vermoens aanbetref, aangesien hulle 'n vertraging van onge- veer ses maande vertoon. Die kinders se taalinhoud vertoon die geringste ontwikkelingsagterstand deurdat slegs die gebruik van die kategorie van performatiewe 'n agterstand vertoon. Die agterstand in die ontwikkeling van die proef- persone se taalgebruik blyk 'n negatiewe invloed te he op die taalvorm wat die agterstand in die ontwikkeling van die kombinasie van nie-verbale kommunikatiewe gebare en spraak van al die proefpersone aanbetref, en ook wat die teenwoordigheid van 'n negatiewe element in proefpersone CW en JL se moeder-kind-kommunikasie-interaksie betref. Hierdie verskynsel kan toegeskryf word aan die wedersydse interaksie wat daar tussen taalinhoud, taalvorm en taalge- bruik bestaan, soos wat deur Bloom en Lahey (1978) beskryf word. As gevolg van die beperkte aantal proefpersone wat vir hier- die studie gebruik is, is dit moeilik om die invloed van die H e l e n e J . . Smit, Brenda Louw en Isabel C. Uys sosio-ekonomiese faktore op elke proefpersoon se taalont- wikkelingsvlak te bepaal, alhoewel daar tog probeer is om verskille tussen proefpersone op te klaar. Dit blyk dus dan dat die premature hoerisikokinders wat as proefpersone gedien het, se ekspressiewe kommunikasieontwikkeling van die normale afwyk deurdat dit 'n ontwikkelingsagter- stand vertoon. 'n Ontwikkelingsagterstand van die ekspressiewe kommu- nikasievermoens word deur verskeie outeurs in die litera- tuur erken. As gevolg van onvoldoende navorsing hieroor, kan daar nog nie tot 'n gevolgtrekking gekom word wat 'n voldoende verklaring vir die agterstand bied nie. 'n Moont- like tentatiewe rede is dat die ontwikkelingsagterstand moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat premature kinders probleme met integrasie ondervind as gevolg van '"n vertraging van neurologiese rypheid" wat deur die pre- maturiteit veroorsaak word (Douglas, 1960; Pasamanick en Knobloch, 1960; De Hirsch, Jansky en Langford, 1964). Die beperkte aantal proefpersone van hierdie studie dien as voorloper vir verdere navorsing. Aangesien slegs die eks- pressiewe kommunikasievermoens van premature hoerisi- kokinders in hierdie studie ondersoek is, word aanbeveel dat die reseptiewe kommunikasievermoens van premature hoerisikokinders wat Afrikaanssprekend is, ook ondersoek word, ten einde 'n volledige beeld van die kinders se kom- munikasievermoens te verkry. Verdere studies wat die verband en onderskeid tussen die linguistiese, kognitiewe en affektiewe vermoens van hoe- risikokinders ondersoek, word benodig (Liebergott, et al. 1984), asook opvolgstudies om vas te stel of die agterstand in die taalontwikkeling van jong hoerisikokinders aanhou pre- senteer met toenemende ouderdom, asook die verhouding daarvan tot latere opvoedkundige en sosiale ontwikkeling (Wright et al. 1983). Die taalontwikkeling van hoerisiko- kinders wat jonger is as die proefpersone van hierdie studie behoort ook ondersoek te word, vir vroee identifikasie (De Hirsch et al. 1964). 'n Groter aantal deeglike evaluasie- prosedures vir baie jong hoerisikokinders word ook benodig (Liebergott et al. 1984), en ander hoerisikokinders wat kom- munikasieprobleme mag ontwikkel, soos byvoorbeeld die met anoksie by geboorte, behoort ook ondersoek te word (Liebergott et al. 1984; Hubatch et al. 1984). I Die resultate van die huidige studie beklemtoon die belang- rike rol van die spraakterapeut in die vroee identifiseririg, evaluasie, behandeling en opvolg van die kommunikasie- vermoens van jong premature hoerisikokinders, om sodoen- de probleme wat mag ontstaan te minimaliseer of selfs te voorkom. Aangesien voorkoming 'n belangrike rol van die spraakterapeut is, kan hoerisikokinders in hierdie opsig dus as ideale gevalle beskou word. VERWYSINGS Ainsfield, M., 1984. Language Development from Birth to Three. New Jersey: Lawrence Erlbaum Associates; Inc. / Aram, D. & Nation, J. 1980. Preschool Language Disorders and Subsequent Language and Academic Difficulties. Journal of Communication Disorders, 13, pp. 159—170. Bates, E., 1977. Language and Context; The Acquisition of Pragmatics. New York: Academic Press, Inc. / ' Bates, E., 1979. The Emergence of Symbols: Cognition and Communi- cation in Infancy. New York: Academic Press, Inc. Benton, A.L., 1962. Behavioural Indices of Brain Injury in School Children. Child Development, 33, pp. 199—208. The South African Journal fCmmunitin Disorders, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) η Ondersoek na die Ekspressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoerisikokinders 31 Bloom, L. & Lahey, M. 1979. Language Development and Language Disorders. New York: John Wiley & Sons, Inc. Bloom, L., Rocissano, L. & Hood, L. 1976. Adult-Child Discourse: Developmental Interaction Between Information Processing and Linguistic Knowledge. Congenitive Psychology, 8, pp. 521-552. Clezy, G., 1979. Modification of the Mother-Child Interchange in Language, Speech and Hearing. Baltimore: University Park Press. Cole, P.R., 1982. Language Disorders in Preschool Children. New Jersey: Prentice-Hall Inc. Crystal, D., Fletcher, P. & Garman, M. 1976. The Grammatical Analysis of Language Disability: A Procedure of Assessment and Remediation. Londen: Edward Arnold Ltd. De Hirsch, K., Jansky J.J. & Langford W.S., 1964. The Oral Language Performance of Premature Children and Controls Journal of Speech and Hearing Disorders, 29 (1, pp. 60—69). Dore, J., 1978. Conditions for the Acquisition of Speech Acts, in Markova, I. (ed.): The Social Context of Language. New York: John Wiley. Douglas, J.W., 1960. "Premature" Children at Primary Schools. Brit, Med. J. 5178, pp. 1008-1013. Ehlrich, C.H., Shapiro, E., Kimball B.D. & Huttner M., 1973. Com- munication Skills in Five-Year-Old Children with High-Risk Neona- tal Histories. Journal of Speech and Hearing Research, 16, pp. 522—529. Ferguson, G.A., 1981. Statistical Analysis in Psychology and Educa- tion. Montreal: Mograq-Hill, Inc. Field, T.M., Dempsey J.R. &Schuman, H.H., 1979. Developmental Assessment of Infants Surviving the Respiratory Distress Syndrome in Field, T.M. (ed.): Infants Born at Risk. New York: S.B. Medical & Scientific Books. Fitzhardinge, P., 1980. Current Outcome: I C U Populations in Brann, A.W. (Ed.): Neonatal Neurological Assessment and Out- come. Columbus, O.H.: Ross, Laboratories. Hubatch, L.M., Johnson, C.J. Kirstler D.J., Burns W.J. & Moneka, W. 1985. Early Language Abilities of High-Risk Infants. Jour- nal of Speech and Hearing Disorders, 50, pp. 195—207. Kastein, S. & Fowler, E.P., 1959. Language Development among Survivors of Premature Birth. Archives of Otolaryngology, 69, pp. 131-135. Keenan, E., 1974. Conversational Competence in Children. Journal of Child Language, 1, pp. 163—183. Liebergott, J.W., Bashir, A.S. & Schultz, M.C., 1984. Dancing Around and Making Strange Noises: Children at Risk in Hol- land, A.L. (ed.): Language Disorders in Children. San Diego California: College Hill Press, Inc. Long, N.V. & Dalston, R.M.,' 1982. Paired Gestural and Vocal Behaviour in One-Year-Old Cleft Lip and Palate Children. Journal of Speech and Hearing Disorders, 47, pp. 403—406. Long, N.V. & Dalston R.M.,| 1982. Gestural Communication in Twelve-Month-Old Cleft Lip and Palate Children. Cleft Palate Journal, 19 (1), pp. 57—61. Lotter, E.C., 1974. 'n Ondersoek na die Ontwikkeling van Artikulasie by die Afrikaanssprekende Kind met die Oog op die Opstel van 'n Geskikte Artikulasie Toets. Ongepubliseerde M. Log- verhandeling, Universiteit van Pretoria. Lotter, E.C., 1979. Afrikaanse Artikulasie-Ondersoek. Universiteit van Pretoria. Louw, B., 1986. Kommunikasie-evaluasie van Jong Kinders 0-3 jaar. Communiphon, nr. 270, In druk. Louw, B., & Van der Merwe, Α., 1981. Eerste Ondersoek van die Orofasiale Meganisme. Universiteit van Pretoria. Lund, N.J. & Duchan, J.F., 1983. Assessing Children's Language in Naturalistic Contexts. N.J.: Prentice-Hall. Marge, M. 1984. The Prevention of Communication Disorders. American Speech-Language-Hearing Association, 26 (8), pp. 29-33. Miller, J.F., 1981. Assessing Language Production in Children: Ex- perimental Procedures. Baltimore: University Park Press. Northern, J.L. & Downs, M.P., 1984. Hearing in Children. Baltimore, Williams & Williams. Pasamanick, B. & Knobloch H., 1960. Brain and Behaviour. Sym- posium 2. Brain Damage and Reproductive Casualty. Amer. J. Orthopsychiat, 30, pp. 298—305. Rodgon, M., 1979. Knowing What to Say and Wanting to Say it: Some Communicative and Structural Aspects of Single-Word Responses to Questions. Journal of Child Language, 6, pp. 81-90. Rosetti, L. 1986. High-Risk Infants; Identification, Assessment and Intervention. San Diego: Little, Brown & Co. Smit, H.J.E., 1986. 'n Ondersoek na die Ontwikkeling van die Eks- pressiewe Kommunikasievermoens van Premature Hoe- risikokinders. Ongepubliseerde B.Log-verhandeling, Univer- siteit van Pretoria. Strominger, A. & Bashir Α., 1977. A Nine-Year Follow-up of Language Disordered Children. Paper Presented at the Annual Convention of the American Speech-Language-and-Hearing Association. Chicago, November. Tyack, D. & Ingram, D., 1977. Children's Production and Com- prehension of Questions. Journal of Child Language, 4, pp. 211-224. Van Riper, C., 1978. Speech Correction. Principles and Methods. Prentice-Hall, Inc. Weiss, C.E., Lillywhite H.S. & Gordon, M.E., 1980. Clinical Management of Articulation Disorders. St. Louis: The C.G. Mosby Company. Wood, B.S., 1981. Children and Communication. New York: Prentice Hall, Inc. Wright, N.E., Thistlewaite, D., Elton, R.A., Wilkinson, E.M. &For- for, J.O., 1983. The Speech and Language Development of Low Birth-Weight Infants. British Journal of Disorders in Com- munication, 18 (3), pp. 187—196. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34,1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) N E W from AMTRONIX — Computerized Impedance System Features Analog meters for compliance and pressure permit easy visualising of test. Digital displays for ear canal volume and static compliance. Tympanometric pressure may be read digitally. Tympanometric gradient is calculated and digitally displayed. Digital displays for frequency and intensity for stimuli. Expanded reflex mode reveals latency, amplitude, growth and morphology. Evoked Potential Testing with Cadwell Instrumentation ea sa ca e » e s \ ea ο ω s9 «a « (U Μ S3 frl Objective Detection of A u d i o l o g i c and Vestibular Dysfunction The Simple Solution for Complex Audiologic Cases Auditory Evoked Response - to evaluate middle- and late-latency responses from the higher centers of the cortex ENG - to evaluate central and peripheral vestibular dysfunction BSEP - to objectively localize deficits to the cochlea, the auditory nerve, or the brainstem auditory pathways 40-Hertz Evoked Response Audiometry - to objectively measure hearing thresholds Electroneurography - to obtain objective measurements of facial nerve function ί AUDIOMETRY ROOMS I ; - • \ i i ί . L μ Amtronix (Pty) Ltd., P.O. Box 630, Bedfordview 2008 Phone (011) 6221743 Teletex 4-50033 Amtron Fax 6221306 I i n R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)