49 Geskrewe en gesproke Afrikaanse Sintaktiese Vermoens van Hardhorende Kinders Enid Slabber, B(Log] (Pretoria] Rene Hugo, D.Phil (Pretoria) Brenda Louw, D.Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria OPSOMMING Die doel van hierdie ondersoek is om 'n moontlike verband tussen ekspressiewe geskrewe en gesproke sintaktiese vermoens van gehoor- gestremdes te ondersoek. Vyf Afrikaanssprekende gehoorgestremde proefpersone is gebruik. In die evaluering van sintaktiese vermoens is daar gekyk na die gebruik van 7 sinstrukture asook na woordvolgorde. Uit die resultate blyk dit dat meer komplekse sinstrukture tydens die proefpersone se gesproke as geskrewe taal voorgekom het. Die persentasie korrekte sinstrukture wat gebruik is, is egter groter in geskrewe as in gesproke taal, alhoewel die persentasie nogtans betreklik laag is. Meer woordvolgordefoute is tydens geskrewe as gesproke taal gemaak. In die gebruik van die geevalueerde sinstrukture het daar egter meer woordvolgordefoute in gesproke as geskrewe taal voorgekom. Die gevolgtrekking is bereik dat daar wel 'n verband tussen die gehoorgestremde proefpersone se geskrewe en gesproke sintaktiese taal- vermoens is, maar heelwat verskille het ook voorgekom. Navorsing op hierdie gebied le egter nog braak, en die huidige studie kan as ver- trekpunt dien vir verdere navorsing. ABSTRACT' The aim of this research report is to examine the relationship between the expressive written and spoken syntactic abilities of hearing- impaired children. 5 Afrikaans speaking hearing-impaired subjects were used. In the evaluation of syntactic abilities, 7 syntactical struc- tures as well as word order, were evaluated. From the results obtained, it appeared that more complex sentence structures were used in spoken than in written language. The percentage structures used correctly, was higher in written than in spoken language, although the percentage was relatively low. More errors of word order occurred in written than in spoken language, but subjects evidenced more word order errors in spoken than in written language, when using more complex sentences. The conclusion is made that a relationship between written and spoken syntactic abilities of hearing-impaired subjects does exist, but differences were abo evidenced. The study can be used as a "starting point" for further research. vir normale taalverwerwing 1. INLEIDING Normale gehoor is essensieel en gevolglik vertoon gehoorgestremde kinders deurgaans taalprobleme (reseptief en ekspressief) wat op verskillende taalvlakke en in verskillende grade manifesteer en hulle kommunikasievermoens nadelig be'invloed (Davis en Har- dick, 1981). Wanneer daar na kommunikasie verwys word, sluit dit enige wyse in waardeur die persoon sy voorgenome boodskap oordra. Die uitdrukking van 'n boodskap kan deur middel van gebare, gesproke of geskrewe taal plaasvind. Ekspressiewe taal (hetsy geskrewe of oraal) is vir die gehoorgestremde kind 'n probleem wat oorkom moet word ten einde die beperking op kommunikasievermoens op te hef of te verminder. Hierdie feit is algemeen bekend, maar wat die verband tussen die twee ekstreme vorme, naamlik geskrewe en gesproke taal is, en wat die implikasies daarvan vir die spraakterapeut/oudioloog in die evaluering en behandeling van die gehoorgestremde kind is, is vrae wat nog beantwoord moet word. Navorsingsbelangstelling is gerig op sowel geskrewe en ''esproke taalvermoens van gehoorgestremdes, maar outeurs bestudeer geskrewe en gesproke taal gewoonlik apart. Be- perkte navorsing is uitgevoer in terme van 'n vergelyking van geskrewe en gesproke taalvermoens (Arnold, Crossley en Exley, 1982; Power en Wilgus, 1983). Beskikbare data dui egter dat daar op alle taalvhkke beide ooreenkomste en ver- skille tussen gesproke en geskrewe taalvaardighede van gehoorgestremde kinders gevind is (Arnold, Crossley, Exley, 1982; Power en Wilgus, 1983; Myklebust, 1965). Die doel van hierdie artikel is om die ekspressiewe geskre- we en gesproke sintaktiese vaardighede van gehoorgestrem- des te bestudeer. Sodoende word gepoog om 'n moontlike verband tussen die twee modaliteite te bepaal, en om die verkree inligting as moontlike riglyn tydens die evaluering en behandeling van die sintaksis van gehoorgestremdes aan te wend. * VOETNOOT * Die gebruik van gebaretaal as kommunikasiemiddel deur gehoorgestremde kinders word erken maar word nie in hierdie ondersoek in berekening gebring nie aangesien slegs die geskrewe en gesproke vorms van Afrikaans as verskynsel by gehoorgestremde kinders ondersoek word. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 © SASHA 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 50 Enid Slabber, Rene Hugo en Brenda Louw 2. METODE 2.1 Proefpersoonseleksie Tydens die seleksie van proefpersone is die Standerd 4 a en b en Standerd 5 a en b klasse van 'n bepaalde skool vir hard- horendes gebruik. Op grond van bepaalde kriteria is 5 proef- persone uit 'n aantal van 70 kinders geselekteer, deur die leers van die 70 leerlinge na te gaan. Die onderwyseres, spraakterapeut en sielkundige se menings is ook ingewin, om sodoende geldigheid van seleksie te verseker. Die relevante kenmerke van die 5 kinders wat uiteindelik geselekteer is, word in Tabel 1 aangedui. Tabel 1: Beskrywing van die relevante eienskappe van die geselekteerde proefpersone Kriteria vir seleksie Proefpersoonnommer 1 2 3 4 5 Skoolplasing Sonitus Taal Afrikaans Geslag Manlik Dra van gehoorapparaat Saktipe Graad van gehoorverlies (gemiddelde suiwertoondrempel) Linkeroor (dB) 95 95 95 100 75 Regteroor (dB) 80 90 95 80 100 Intelligensie Gemiddeld Invloed van stimulasie Dagskolier Meervoudige gestremdheid Geen Kongenitale gehoorverlies Ja Normaalhorende ouers Ja Ouderdomme in jare en maande 12.8 13.1 12.0 12.8 12.0 2.2 Materiaal 'n Toets vir die evaluering van Afrikaanssprekende gehoor- gestremde kinders se ekspressiewe geskrewe en gesproke taalvermoens is opgestel, aangesien geen bestaande toetse aan die gestelde vereistes voldoen het nie. 2.2.1 Teoretiese basis waarop die toets berus Die benadering tot taalontwikkeling en taalafwykings wat deur Bloom en Lahey (1978) voorgestel is, word aangehang. Hiervolgens bestaan taal uit drie komponente, naamlik taalinhoud, taalvorm en taalgebruik. Die komponente wat deur Bloom en Lahey (1978) gedefinieer word, bied 'n raam- werk vir die evaluering van taalontwikkeling, en kan sinvol in die samestelling van die toets gebruik word. Taalgebruik is egter nie in hierdie ekspriment geevalueer nie, aangesien dit moeilik toetsbaar is in geskrewe taal. In die bree kan die basis waarop die toets berus skematies (sien Figuur 1) voor- gestel word. 2.2'.2 Toets vir die evaluering van Afrikaanssprekende gehoor- gestremde kinders se ekspressiewe geskrewe en gesproke vermoens. Die toets vir die evaluering van Afrikaanssprekende gehoor- gestremde kinders se ekspressiewe geskrewe en gesproke vermoens, het beide geskrewe en gesproke taalvorm (sintak- sis, morfologie en fonetiek) en taalinhoud (produktiwiteit, woordsoorte, aard) geevalueer, asook aanvullende inligting oor taalvermoens verskaf. 'n Volledige uiteensetting van die toets met al sy onderafdelings word in Bylae A verskaf. Hierdie artikel verskaf egter net 'n bespreking van die sin- taktiese vermoens van die proefpersone aangesien Quigley, Montanelli en Wilbur (1976) meen dat sintaktiese vermoens beskou kan word as 'n verteenwoordigende weerspieeling van die gehoorgestremde kindysej vlak van ekspressiewe taalfunksionering. In die evaluering van sintaktiese vermoens, is twee aspekte, naamlik sinstrukture en woordvolgorde bestudeer. a) Sinstruktuur Hierdie afdeling omsluit die gebruik van die ingebedde sin, newe en onderskikkende sin, vraagsin, ontkenningsin, pas- siewe sin, onvoltooide sin, korrekte tydvorm van die sin en die gebruik van die direkte rede. Hier word dus gekyk na die verskillende sinstrukture wat die gehoorgestremde kind korrek kan gebruik (Arnold 1978; Bunch 1979; Powers en Wilgus, 1983; Steinkamp en Quigley, 1977; Pressnell, 1973;': Ivimey, 1976; Wilbur, Goodhart en Montandon, ,1983). b) Woordvolgorde Met foutiewe woordvolgorde word enige omruilings van1 twee of meer woorde, of slegs een woord wat in 'n verkeer-' de posisie in die sin gebruik word, bedoel. Woordvolgorde is belangrik, aangesien dit 'n invloed het op die sinstruktuur en sintaktiese korrektheid daarvan. Aangesien gehoorge- stremdes geneig is om probleme met woordvolgorde te he, is dit ook by hierdie studie ingesluit (Myklebust, 1965). 2.2.3 Ontlokkingsprosedure ,· ^ Beide geskrewe en gesproke taalvaardighede is afsonderlik ontlok deur prentbeskrywingstake. Duidelike mondelinge instruksies is aan die proefpersone verskaf om 'n storie oor die voorgehoue prente te skryf en verbaal te vertel. 2.2.4 Analise-prosedure Sintaksis is geevalueer deur die strukture in elke sin te The South African Journal of Communication Disorders, Vol.34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Geskrewe en Gesproke Afrikaanse Sintaktiese Vermoens van Hardhorende Kinders 51 beoordeel ten opsigte van die frekwensie van voorkoms, kor- rekte woordvolgorde, weglating, vervanging of byvoeging van woorde in spesifieke sinstrukture gebruik. Woordvolgorde is kwantitatief sowel as kwalitatief geeva- lueer en volgordefoute word met die strukture in die res van die sin in verband gebring. Sodoende kan 'n duideliker beeld verkry word van wanneer die woordvolgorde in 'n sin verkeerd is, byvoorbeeld altyd saam met die gebruik van 'n voegwoord of voorsetsel, ensovoorts. 2.3 Prosedure — Vyf proefpersone is geselekteer op grond van gestelde kriteria. — 'n Voorstudie is met 'n enkele proefpersoon uitgevoer en aanpassings op grond van die resultate wat verkry is, is gemaak. — By die toepassing van die finale weergawe van die toets op vyf proefpersone is geskrewe taalvaardighede eerste geevalueer om proefpersone sodoende meer op hulle gemak te stel. — Gesproke taalvaardigheid is een week later geeva- lueer, sodat die herhalingseffek uitgeskakel kon word. 3. RESULTATE EN BESPREKING Die verkree resultate van die proefpersone se geskrewe en gesproke sintaktiese vermoens word vervolgens bespreek. 3.1 Sinstrukture Die gegewens in verband met die tipe sinstrukture wat deur die proefpersone tydens die gesproke en geskrewe taal ge- bruik is, word in Tabelle 2, 3 en 4 weergegee. Tabel 2 verskaf 'n uiteensetting van die geevalueerde sin- strukture wat deur die proefpersone tydens gesproke en geskrewe taal gebruik is. In Tabel 3 word opsommende inlig- ting'aangaande die geevalueerde sinstrukture vervat. Tabel 4/dui die voorkoms van persentasie foutiewe sinsvorme tydens gesproke en geskrewe taal aan. Tabel 2: Geevalueerde sinstrukture wat deur die proefpersone tydens gesproke en geskrewe taal gebruik is j Sinstrukture I Geskrewe taal Gesproke taal A Β C A Β C Ingebedde sin 0 0 0 0 ' 0 0 Onderskikkende sin 6,3 20 0 2 100 0 Neweskikkende sin 16,5 84,6 0 12,7 77 7,6 Vraagsin 1,3 0 0 3 ' 100 0 Ontkenningsin 6,3 80 0 9,8 40 10 Passiewe sin 1,3 0 100 0 ι 0 0 Direkte rede 1,3 100 0 17,6 5,6 5,5 A — persentasie sinstrukture gebruik Β — persentasie sinstrukture korrek gebruik C — persentasie foutiewe woordvolgorde Uit Tabel 2 word afgelei dat die sinstrukture wat die meeste voorgekom het tydens geskrewe taal, die neweskikkende Tabel 3: Opsommende inligting aangaande sinstrukture Geskrewe taal Gesproke taal Totale aantal sinne gebruik 79 102 Totale persentasie geeva- lueerde sinstrukture 32,9% 45,1% Persentasie t-eenhede nie geevalueer 67,1% 54,9% Persentasie korrekte sin- strukture 65,4% 43,5% Persentasie woordvolgorde- foute in die gebruik van geevalueerde sinstrukture 3,8% 6,5% Tabel 4: Voorkoms van persentasie foutiewe sinsvorme tydens gesproke en geskrewe taal Foutiewe sinsvorme % voorkoms in geskrewe taal % voorkoms in gesproke taal Onvoltooide sinne Tyd-vorm foutief 3,8 1,3 2 0 (16,5%), onderskikkende (6,3%) en ontkenningsinne (6,3%) was. Ingebedde sinne kom glad nie voor nie, terwyl direkte rede, vraagsinne en passiewe sinne slegs 'n voorkomsfrek- wensie van 1,3% getoon het. Die sinstrukture wat die grootste persentasie korrekte voorkoms getoon het, was direkte rede (100% korrek), ontkenningsinne (80% korrek) en neweskikkende sinne (84,6% korrek). Slegs 20% van die onderskikkende sinne is korrek gebruik. Volgens Tabel 3 bestaan 32,9% van die uitinge uit die sewe tipes sinstrukture wat in Tabel 2 genoem word en daarvan is 65,4% korrek gebruik, terwyl slegs 3,8% van die bepaalde sinstrukture woordvolgordefoute getoon het. Volgens Tabel 2 is die sinstruktuur wat die hoogste voor- komsfrekwensie van die sewe tipes strukture getoon het tydens geskrewe taal neweskikkende sinne (16,5%). Hierdie waarneming kan moontlik verklaar word deur die feit dat geen variasie in sinsvorm vereis word nie, en dit dus 'n min- der komplekse sinstruktuur as die met 'n laer voorkoms- frekwensie is (Heider en Heider, 1940). Die ingebedde, onderskikkende en passiewe sinne vereis egter 'n variasie in sinstruktuur, byvoorbeeld woordvolgorde, en dit is dus 'n meer komplekse sin (Russel et al. 1976). Powers en Wilgus (1983) meen dat ingebedde, onderskikkende, passiewe, ontkennings- en vraagsinne almal 'n vorm van komplekse sinstrukture is, en die verkree resultate van hierdie studie stem dus ooreen met die van Powers en Wilgus (1983). 'n Totale persentasie van 45,1 van alle sinne wat tydens ge- skrewe taal gebruik is, was van die sewe sintipes wat vir die ondersoek uitgesonder is. Hiervan is 43,5% korrek gebruik. Die hoe persentasie direkte-rede-sinne wat gebruik is, kan moontlik verklaar word op grond van die feit dat die direkte rede die taalvorm is wat elke dag tydens kommunikasie gebruik word. Dit lyk asof die gehoorgestremde proefper- sone in die direkte-rede-styl wat vir hulle bekend is, praat of 'n storie vertel. Geen variasie in sinsvorm is nodig tydens direkte rede nie, wat ook moontlik verder bydra tot die hoe voorkoms hiervan. Neweskikkende (12,7%) en ontkenning- sinne (9,8%) kom daar waarskynlik met 'n hoe persentasie Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 52 voor omdat geen variasie in sinsvorm vereis word nie. Neweskikkende sinne sluit ook die gebruik van die voeg- woord "en" in, en volgens Schwartz en Solot (1980) is "en" een van die eerste en mees algemene voegwoorde wat deur die gehoorgestremde kind gebruik word. Volgens Schmitt (1970) is die gehoorgestremde kind nie geneig om passiewe sinne, ontkenningsinne of enige ander sinne wat variasie in vorm vereis, te gebruik nie. Simmons (1962) meen ook dat die gehoorgestremde min buigbaarheid toon ten opsigte van sinstrukture, en die afwesigheid van sinne soos die passiewe vorm of ingebedde sin in die resultate kan moontlik hieraan toegeskryf word. Die produksie van saamgestelde sinne is vir die gehoorgestremde kind moeilik en daarom word kort eenvoudige sinne gebruik, wat die klein persentasie (2%) onderskikkende sinne van die resultate verklaar (Lewis en Wilcox, 1978). Pressnell (1973) is van mening dat die ge- hoorgestremde se bemeestering van sintaksis in gesproke taal vertraag is, en sy bevindinge word gestaaf deur huidige bevindinge. 'n Vergelyking van die proefpersone se geskrewe en gesproke taal na aanleiding van die resultate wat in Tabelle 2, 3 en 4 verskaf is, dui op die volgende ooreenkomste: — Die resultate van beide die geskrewe en gesproke taal het getoon dat ingebedde sinne nie deur die proefper- sone gebruik is nie. Dit is aan die kompleksiteit van die sinstruktuur toegeskryf, asook aan die feit dat die sintaktiese reels vir hierdie struktuur nog nie bemees- ter is nie. Tyack (1981) is van mening dat 'n kind met taalprobleme, probleme sal he met komplekse sinne, en dat die kind die reels van eenvoudige sinstrukture sal toepas wanneer hy met komplekse sinne in aanra- king kom. Die afleiding word dus gemaak dat gehoor- gestremdes vertraagde taalverwerwing vertoon. — Slegs 1,3% van die sinne in geskrewe taal was passiewe sinne en 0% tydens gesproke taal; dus 'n baie lae voorkomsfrekwensie van die passiewe struk- tuur. Volgens Power en Quigley (1973) en Wiig en Semel (1980) toon die gehoorgestremde 'n groot agter- stand met betrekking tot die verwerwing van die pas- siewe sinsvorm en die huidige resultate bevestig hier- die bevindinge. — Neweskikkende (12,7% en 16,5% onderskeidelik) en ontkenningsinne (9,8% en 6,3% onderskeidelik) kom in sowel gesproke as geskrewe taal relatief baie voor in vergelyking met ander tipe sinstrukture, waarskyn- lik omdat dit nie sulke komplekse sinstrukture is nie en geen variasie in sinsvorm vereis word nie. Heider en Heider (1940) het bevind dat die gehoorgestremde tydens geskrewe taal 'n groter aantal eenvoudige sinne gebruik, (wat dus geen variasie in sinsvorm ver- eis nie), maar volgens die verkree resultate blyk dit die geval vir geskrewe sowel as gesproke taal te wees. Di'e volgende verskille is tydens die vergelyking van die geskrewe en gesproke taal van die proefpersone opgemerk: — Meer onderskikkende (6,3%) en neweskikkende (16,5%) sinne is in geskrewe as gesproke taal (2% en 12,7% onderskeidelik) gebruik. 'n Moontlike verkla- ring hiervoor is dat meer tyd benut kan word tydens geskrewe taal om die sinstruktuur te beplan, terwyl gesproke taal vereis dat die spreker sy boodskap vin- Enid Slabber, Rene Hugo en Brenda Louw nig moet beplan en verbaliseer. Volgens Northcott (1977) word die gehoorgestremde kind in gespreksi- tuasies met kort, grammatikaal korrekte sinne deur sy ouers en onderwysers gestimuleer, wat dan moontlik aanleiding gee tot die gebruik van eenvoudige sinne in gesproke taal. Tydens opleiding in die skool word daar heelwat aandag aan geskrewe taal gegee, wat dus ook 'n moontlike invloed op verkree toetsresultate kon he. — Meer ontkenningsinne is in gesproke taal as in ge- skrewe taal gebruik (9,8% teenoor 6,3%), waarskynlik omdat alle kinders in die alledaagse lewe te doen kry met sinne wat ontkenning of negatiwiteit oordra (by- voorbeeld in die skool of tuis sal woorde soos nie, moenie en nee, dikwels gebruik word). Hierdie ont- kenningsinne word dan weer deur die gehoorgestrem- de kind tydens gesproke taal gebruik. Hart en Rosen- stein (1966) is ook van mening dat die gehoorgestrem- de kind se taal sy linguistiese opvoeding wat hy van sy ouers en onderwysers ontvang, reflekteer. — Meer vraagsinne (3%) en meer direkte rede (17,6%) is in gesproke taal as geskrewe taal (1,3% en 1,3% onder- skeidelik) gebruik. In 'n skoolopset word die beant- woording van vrae dikwels van die gehoorgestremde kind vereis, en omdat vrae 'n persoon in staat stel om meer inligting van sy luisteraar te verkry, kan die hoe voorkomsfrekwensie van vraagsinne tydens gesproke taal moontlik met hierdie stelling verklaar word. Die direkte rede is 'n taalstruktuur wat tydens alledaagse kommunikasie gebruik word, en dit wil dus voorkom asof die gehoorgestremde kind hierdie bekende struk- tuur ook in sy gesproke taal toepas; met ander woorde, direkte rede word nie herlei tot indirekte rede nie, aangesien die direkfe-rede-struktuur meer bekend is vir die gehoorgestremde kind. Hierdie ver- klaring sluit dus weer eens aan by Hart en Rosenstein (1966) se bewering, soos vroeer vermeld. — Tydens geskrewe taal is die direkte rede 100%'korrek gebruik, maar tydens gesproke taal is dit slegs in 5,6% van die gevalle korrek gebruik. Hierdie diskrepansie kan moontlik toegeskryf word aan 'n tekort aan oudi- tiewe toevoer tydens gesproke taal, wat dan die lae persentasie korrekte gebruik van die direkte-rede- struktuur verklaar. Tydens kommunikasie deur mid- del van skryftaal is visuele toevoer egter die belangrik- ste sisteem wat as kontrolemeganisme dien, en dit bied 'n moontlike verklaring vir die 100% korrektheid wat voorkom (Myklebust, 1964). 1 — Tydens gesproke taal is onderskikkende en vraagsinne 100% korrek gebruik, terwyl slegs 2% en 0% onder- skeidelik van hierdie sinstrukture tydens geskrewe taal korrek gebruik is. Aangesien geskrewe taal eers vanaf 'n latere ouderdom aangeleer word, kan verkree resultate moontlik op grond hiervan verklaar word. / ' — Tydens gesproke taal kom daar by 6,5% van die ge- evalueerde sinstrukture woordvolgordeprobleme voor, teenoor die 3,8% in geskrewe taal. Volgens Wiig en Semel (1980) dui woordvolgordefoute op 'n subtie- le prosesseringsprobleem by die gehoorgestremde se taal. Schwartz en Solot (1980) beweer dat die gehoor- gestremde se woordvolgordegebruik beter in gesproke The South African Journal of Communication Disorders, Vol.34,1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Geskrewe en Gesproke Afrikaanse Sintaktiese Vermoens van Hardhorende Kinders 53 taal as in geskrewe taal sal wees, aangesien misluk- kings voorkom kan word deur die gebruik van pouses. Dit lyk egter asof die gehoorgestremde proefpersone in hierdie eksperiment nie in staat is tot die produksie van korrekte woordvolgorde nie, as gevolg van 'n on- sekerheid omtrent korrekte woordvolgorde of 'n swak bemeestering van interne taalreels (Schwartz en Solot, 1980). — Foutiewe sinsvorme (Tabel 4) het telkens meer tydens geskrewe (3,8% en 1,3% onderskeidelik) as gesproke taal (2% en 0% onderskeidelik) voorgekom. Die ge- hoorgestremde kind is nie daartoe in staat om die kor- rekte grammatika wat hy tydens gesproke taal aan- wend in geskrewe taal toe te pas nie (Bastable in Arnold, Crossley en Exley, 1982). Wanneer die resultate van geskrewe en gesproke taal same- vattend beskou word volgens die inligting in Tabelle 2, 3 en 4 vervat, word opgemerk dat die sewe sinstrukture wat geeva- lueer is, 32,9% van die sinstrukture wat tydens geskrewe taal gebruik is, uitmaak teenoor die 45,1% tydens gesproke taal. Dit lyk dus asof daar meer komplekse sinstrukture in gesproke as in geskrewe taal voorkom. Tydens geskrewe taal is 65,4% van die sinstrukture egter korrek gebruik, teenoor die 43,5% tydens gesproke taal, dit wil se meer van die komplekse sinstrukture word in gesproke taal gebruik, maar 'n groter aantal korrekte sinne kom tydens geskrewe taal voor. Hierdie huidige resultate stem dus nie ooreen met die van Arnold, Crossley en Exley (1982) se bevinding dat die gehoorgestremde meer foute tydens die skryf van sin- taktiese eenhede maak as wanneer hulle praat nie. Die ver- kree resultate stem egter ooreen met die van Kretschmer en Kretschmer (1978) wat noem dat die gehoorgestremde rela- tief min komplekse sinne in beide geskrewe en gesproke taal gebruik. Resultate word verder ondersteun deur die bevin- dinge van navorsers soos Ivimey (1976); Wilbur, Goodhart en Montandon (1983) en Bunch (1979). 3.2 Woordvolgorde Die tweede afdeling in die evaluering van sintaksis, is woordvolgorde. Foute wat deur die proefpersone gemaak is met betrekking tot woordvolgorde, word in Tabel 5 uit- eengesit. ! Tabel 5: Resultate ten opsigte van proefpersone se woordvolgordefoute Geskrewe taal Gesproke taal % foute % foute % woordvolgordefoute gemaak in alle t-eenhede 5,1 4,0 % woordvolgordefoute gemaak tydens sin- strukture geevalueer (raadpleeg Tabel 3) 3,8 6,5 Volgens Tabel 5 kom woordvolgordefoute by 5,1% van alle sinne in geskrewe taal voor, en by 3,8% van die sewe geskrewe sinstrukture s o o s igeevalueer (kyk ook Tabel 4). twee verledetydsinne, asook by passiewe sinne. Die woord- soort wat die grootste voorkoms van woordvolgordepro- bleme veroorsaak, is die werkwoord. Uit 'n kwalitatiewe analise blyk dit dat die voornaamwoord "wat" verwarring veroorsaak aangesien woordvolgordefoute ook in teenwoor- digheid hiervan voorkom. Tydens gesproke taal het die proefpersone by 4% van alle sinne woordvolgordefoute vertoon, en woordvolgordefoute by 6,5% van komplekse sinstrukture (Tabel 5). Kwalitatiewe analise van die resultate dui daarop dat woordvolgordefoute tydens die gebruik van die direkte- rede-struktuur, 'n neweskikkende sin, verledetydsvorm, en 'n ontkenningsin voorkom; dit wil se, meestal die sinne wat variasie in sinsvorm vereis en dus meer kompleks is. Soos reeds vroeer genoem, het navorsing bewys dat die gehoor- gestremde kind probleme met komplekse sinstrukture on- dervind (Heider en Heider, 1940; Simmons, 1962). Uit Tabel 5 blyk dit dus dat meer probleme met woordvolg- orde tydens geskrewe taal (5,1%) as in gesproke taal (4%) voorkom. 'n Moontlike verklaring hiervoor is dat geskrewe taal eers aangeleer word op 'n heelwat later stadium as die gesproke taal, en dus is die gehoorgestremde kind nog nie so vaardig in korrekte ordening van woorde as byvoorbeeld ty- dens gesproke taal wat elke dag vanaf geboorte gehoor word nie (alhoewel tot 'n beperkte mate by die gehoorgestremde kind). Verskeie navorsers op die gebied van kindertaalont- wikkeling huldig die mening dat die posisie van woorde in 'n sin belangrik is ten opsigte van betekenisvolheid en dat woordvolgorde reeds op 'n vroee stadium van taalontwik- keling 'n meganisme is wat betekenis uitdruk (Sinclair en Bronckart, 1972; Brown, 1973; Bloom, 1970). Volgens Brown en Bellugi (1964) is dit moontlik dat die normaal horende kind normale woordvolgorde behou, omdat hy be- paalde semantiese verhoudings daardeur wil uitdruk. Moontlik kan hierdie genoemde stelling dan ook dien as motivering waarom minder woordvolgordeprobleme tydens gesproke taal deur die proefpersone gemaak is as. tydens geskrewe taal. Tydens die gebruik van meer komplekse sin- strukture (Tabel 2), is daar egter 6,5% woordvolgordefoute in gesproke taal; teenoor die 3,8% tydens geskrewe taal gemaak. Die moontlikheid is reeds genoem dat die gehoor- gestremde kind tydens geskrewe taal meer tyd gegun word om die sinstruktuur te beplan as tydens gesproke taal, en daarom die kleiner persentasie woordvolgordefoute in kom- plekse geskrewe sinstrukture. Celliers (1981) is van mening dat die kommunikasiewaarde van woordvolgorde vir normaal horende kinders op verskil- lende taalontwikkelingstadiums verskil, en aangesien die gehoorgestremde meestal 'n agterstand toon in die verwer- wing van taal (Presnell, 1973), kan ons verwag dat hierdie aspek nie vergelykbaar sal wees by die twee groepe nie. Pressnell (1973) beweer dat die gehoorgestremde kind se be- meestering van sintaksis in gesproke taal vertraag is, en dit word dan bevestig deur die hoe persentasie woordvolgorde- foute in die gebruik van komplekse sinstrukture. 'n Verdere verklaring vir bogenoemde verskynsel mag wees dat die ge- hoorgestremde kind nie werklik oor die nodige begrip vir komplekse sinne beskik nie, en dus verward raak in die ge- bruik daarvan. Dit is ook moontlik dat die toepaslike sin- taktiese reels nog nie bemeester is nie. Foute met woordvolgorde is gemaak tydens die gebruik van Wanneer die navorsing (Celliers, 1981) van normaal horen- Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 54 Enid Slabber, Rene Hugo en Brenda Louw des se woordvoigordegebruik met die van die gehoorge- stremde kind vergelyk word, kan woordvolgordeprobleme aan die hand van die volgende verklaar word: — Dit is moontlik dat die gehoorgestremde kinders nie die semantiese betekenis van uitinge volkome insien nie, en daarom is woordvolgorde nie vir hulle so be- langrik nie. — 'n Tweede moontlikheid is dat die gehoorgestremde kinders nie oor die sintaktiese vermoe beskik om te weet wat die korrekte woordvolgorde is nie. — Dit blyk ook moontlik te wees dat die kommunikasie- waarde van woordvolgorde vir die gehoorgestremde kinders nie van soveel belang is nie. — Laastens bestaan die moontlikheid dat die gehoorge- stremde kinders 'n agterstand vertoon met betrekking tot die ontwikkelingsverloop van woordordereels, aangesien soveel foutiewe sinstrukture ook tydens hierdie eksperiment waargeneem is (Celliers, 1981). 4. SAMEVATTING 'n Vergelyking van die proefpersone se geskrewe en gesproke sintaktiese vermoens het op die volgende OOREENKOMSTE gedui, naamlik: — Die resultate van beide die geskrewe en gesproke taal het getoon dat ingebedde sinne nie deur die proefper- sone gebruik is nie. — Slegs 1,3% van die sinne in geskrewe taal was passie- we sinne en 0% tydens gesproke taal; dus 'n baie lae voorkomsfrekwensie van die passiewe sinstruktuur, wat ooreenstem met bevindinge van Powers en Quigley (1973). — Neweskikkende (12,7% en 16,5% onderskeidelik) en ontkenningsinne (9,8% en 6,3% onderskeidelik) kom in sowel gesproke as geskrewe taal relatief baie voor in vergelyking met ander tipes sinstrukture. Die volgende VERSKILLE is tydens die vergelyking van geskrewe en gesproke sintaktiese vermoens opgemerk, naamlik: — Meer onderskikkende (6,3%) en neweskikkende (16,5%) sinne is in geskrewe as gesproke taal (2% en 12,7% onderskeidelik) gebruik. — Meer ontkenningsinne is in gesproke taal as in gesk- rewe taal gebruik (9,8% teenoor 6,3%). — Meer vraagsinne (3%) en baie meer direkte rede (17,6%) is in gesproke taal as geskrewe taal (1,3% en 1,3% onderskeidelik) gebruik. — Tydens geskrewe taal is die direkte rede 100% korrek gebruik, maar tydens gesproke taal is dit slegs 5,6% van die gevalle korrek gebruik. I — Tydens gesproke taal is onderskikkende en vraag- sinne 100% korrek gebruik, terwyl slegs 2% en 0% on- derskeidelik van hierdie sinstrukture tydens geskre- we taal korrek gebruik is. — Tydens gesproke taal kom daar by 6,5% van die geevalueerde sinstrukture woordvolgordeprobleme voor, teenoor die 3,8% in geskrewe taal. Die persenta- sie woordvolgordefoute gemaak in alle t-eenhede is egter 5,1% in geskrewe taal, teenoor die 4,0% in ges- proke taal. Op grond van die resultate van hierdie ondersoek as geheel kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word, naamlik: — Meer komplekse sinstrukture het tydens die proefper- sone se gesproke taal voorgekom as wat in geskrewe taal gebruik is. — Die persentasie korrekte sinstrukture wat gebruik is, is egter groter in geskrewe taal as in gesproke taal, alhoewel nogtans betreklik laag. — Meer woordvolgordefoute is tydens geskrewe as gesproke taal gemaak. — Die diskrepansie wat tussen die resultate van gesproke en geskrewe taal voorkom, mag 'n direkte gevolg van die onderrigwyses van die proefpersone wees waar gesproke taal as kommunikasiemedium aangeleer word en geskrewe taal bloot as 'n meganie- se funksie aangeleer word. Kretschmer en Kretschmer (1978) se bevinding dat die gehoorgestremde kind min komplekse sinstrukture in gesproke en geskrewe taal gebruik, ondersteun dus die resultate van hierdie studie. Aangesien dit blyk asof die gehoorgestremde proefpersone 'n onvermoe ten opsigte van die gebruik van komplekse sinstrukture toon, word aanbeveel dat meer blootstelling van die gehoorgestremde kinders hieraan nodig is. Aange- sien gehoorgestremde kinders in 'n voorgeskrewe skoolpro- gram opgeneem is en blootstelling in 'n groot mate bepaal word deur die kurrikulum wat gevolg word, is dit 'n belang- rike faktor wat in aanmerking geneem moet word. Die gebruik van komplekse sinstrukture en die korrektheid van woordvolgorde in die taal van gehoorgestremdes is egter 'n navorsingsgebied wat verdere indringende aandag moet geniet. / j 5. SLOT I ι Die inligting wat tydens hierdie studie verkry is, hou belangrike implikasies in vir die evaluering en behandeling van die gehoorgestremde kind, deurdat meer insig omtrent die gehoorgestremde se gesproke en geskrewe sintaktiese vermoens verkry is. Navorsing op hierdie gebied le egter nog braak, en die huidige studie is die eerste poging in Afrikaans om die verband tussen geskrewe en gesproke sin- taktiese vermoens uit te lig. Waardevolle riglyne vir die evaluering en behandeling van gehoorgestremde 'kinders is egter vekry. Die studie kan dus as vertrekpunt dien vir verdere navorsing. VERWYSINGS Arnold, P. 1978. The Deaf Child's Written English - Can We Measure Its Quality? Journal British Association of Teachers of the Deaf, 2 (6), 196-199. The South African Journal of Communication Disorders, Vol.34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Geskrewe en Gesproke Afrikaanse Sintaktiese Vermoens van Hardhorende Kinders 55 Arnold, P., Crossley, E. and Exley, S. 1982. Deaf Children's Speak- ing, Writing, Comprehension of Sentences. The Journal of Auditory Research, 22, 225-232. Bloom, L. 1970. Language Development : Form and Function in Emerging Grammars, Cambridge, Mass: MIT Press. Bloom, L. and Lahey, M. 1978. Language Development and Language Disorders, New York: John Wiley and Sons, Inc. Brown, R. 1973. A First Language: The Early Stages, Cambridge: Harvard University Press. Brown, R. and Bellugi, U. 1964. Three Processes in the Child's Ac- quisition of Syntax. Harvard Educational Review, 3, 133-151. Bunch, G.O. 1979. Degree and Manner of Acquisition of Written English Language Rules by the Deaf. American Annals of the Deaf, 124 (1), 10-15. Celliers, A.S. 1981. Die Ontwikkeling van Woordordereels in Sekere Sintaktiese Strukture by die Jong Afrikaanse Kind. Ongepubli- seerde M-verhandeling, Universiteit van Pretoria. Davis, J.M. and Hardick, E.J. 1981. Rehabilitative Audiology for Children and Adults, New York: John Wiley and Sons. Hart, B. and Rosenstein, J. 1966. Examining the Language Behavior of Deaf Children. The Volta Review, 66, 679-683. Heider, F. and Heider, G.M. 1940. A Comparison of the Sentence Structure of Deaf and Hearing Children. Physiological Mono- graphs, 52, 42-102. Ivimey, G.P. 1976. The Written Syntax of an English Deaf Child: an Exploration in Method. British Journal of Disorders of Commu- nication, 11 (2), 103-120. Kretschmer, R.R and Kretschmer, L.W. 1978. Language Develop- ment and Intervention with the Hearing Impaired. Baltimore: University Press. Lewis, T. and Wilcox, J. 1978. The Perceptual use of Semantic Rules by Normal Hearing and Hard-of-Hearing Children. Journal of Communication Disorders, 11, 107-118. Myklebust, H.R. 1964. The Psychology of Deafness, New York, Grune and Stratton. Myklebust, H.R. 1965. Development and Disorders of Written Language. (Volume 1) Picture Story Language Test, New York: Grune and Stratton. Northcott, W.H. 1977. Curriculum Guide. Hearing Impaired-Children and Their Parents, Washington: Alexander Graham Bell Association for the Deaf, Inc. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 Power, D.J. and Quigley, S.P. 1973. Deaf Children's Acquisition of the Passive Voice. Journal of Speech and Hearing Research, 16, 5-11. Powers, A.R. and Wilgus, S. 1983. Linquistic Complexity in the Written Language of Hearing-Impaired Children. The Volta Review, 85 (4), 201-210. Pressnell, L.M. 1973. Hearing-Impaired Children's Comprehension and Production of Syntax in Oral Languag e. Journal of Speech and Hearing Research, 16, 12-21. Quigley, S.P., Montanelli, D.S. and Wilbur, R.B. 1976. Some Aspects of the Verb System in the Language of Deaf Stu- dents. Journal of Speech and Hearing Research, 19, 536-550. Russel, W.K. Quigley, S.P. and Power, D.J. 1976. Linguistics and Deaf Children, Washington: Alexander Graham Bell Associa- tion for the Deaf, Inc. Schmitt, P.J. 1970. Deaf Children's Comprehension and Production of Sentence Transformations and Verb Tenses. Unpublished Doc- toral Dissertation, University Microfilms, Ann Arbor, Michi- gan. Schwartz, E.R. and Solot, M. 1980. Response Patterns Characteris- tic of Verbal Expressive Disorders. Language, Speech and Hearing Services in Schools. 11, 139-144. Simmons, A.A. 1962. A Comparison of the Type Token Ratio of Spoken and Written Language of Deaf and Hearing Chil- dren. The Volta Review, 64, 417-421. Sinclair, H. and Bronckart, J.P. 1972. SVO a Linguistic Universal? A Study in Development Phsycholinguistics. Journal of Experi- mental Child Psychology, 14 (3), 329-348. Steinkamp, M.W. and Quigley, S.P. 1977. Assessing Deaf Children's Written Language. The Volta Review, 8, 7-13. Tyack, D.L. 1981. Teaching Complex Sentences. Language, Speech and Hearing Services in Schools, 12, 49-56. Wiig, E.H. andSemel, E.M. 1980. Language Assessment and Interven- tion for the Learning Disabled, Columbus, Ohio: Charles E. Merrill Publishing Company. Wilbur, R., Goodhart, W. and Montandon, E. 1983. Comprehen- sion of Nine Syntactic Structures by Hearing-Impaired stu- dents. The Volta Review, 85 (7|, 328-345. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 56 Enid Slabber, Rene Hugo en Brenda Louw BYLAE TOETS VIR DIE EVALUERING VAN AFRIKAANS- SPREKENDE GEHOORGESTREMDE KINDERS SE EKSPRESSIEWE GESKREWE EN GESPROKE TAALVERMOENS A. TAALVORM 1. SINTAKSIS a) Sinstrukture 3. FONETIEK Sinstrukture Geskrewe Taal Gesproke Taal Ingebedde sin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek Onderskikkende sin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek Neweskikkende sin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek raagsin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek ntkenningsin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek Direkte-rede-sin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek Passiewe sin Aantal Woordvolgorde foutief Korrek Taal- Korrekte Foutiewe Tipe Verlang- Gelewer- Posi- media woord woord fout de klank de klank sie in of skrif- of skrif- woord simbool simbool Geskrewe taal Gesproke taal B. TAALINHOUD 1. PRODUKTIWITEIT Aspekte van taalinhoud Geskrewe taal Gesproke taal geevalueer Gesproke taal a) Totale aantal woorde b) Totale aantal t-eenhede c) Woorde per t-eenheid 2. WOORDSOORTE Geskrewe taal Gesproke taal Woordsoorte A Β C D A Β C D Werkwoord Hulpwerkwoord van tyd Modale hulpwerkwoord Koppelwerkwoord Selfstandige naamwoord Voegwoord Voorsetsel Voornaamwoord Bywoord Lidwoord A — Aantal Β — Byvoeging C — Vervanging D — Weglating 3. AARD VAN TAALINHOUD t-eenheid nommer 1. 2. 3. 4. 5. ^ FOUTIEWE SINSVORME Geskrewe taal Gesproke taal 1. 2. 3. 4. 5. ^ Onvoltooide sinne Tyd — vorm foutief 1. 2. 3. 4. 5. ^ b) Woordvolgorde 6c 7. 8. t-eenheid nommer t-eenheid nommer Geskrewe taal Gesproke taal 9. 10. 11. 9. 10. 11. 2. MORFOLOGIE 12. 13. Morfologiese verbuigings Geskrewe taal Gesproke taal 14. 15. 16. 17. 18. 19. * Aantal * Byvoegings * Vervangings * Weglatings 14. 15. 16. 17. 18. 19. Geskrewe taal Gesproke taal The South African Journal of Communication Disorders, Vol.34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Geskrewe en Gesproke Afrikaanse Sintaktiese Vermoens van Hardhorende Kinders 57 20. 21. 22. 40. OPSOMMEND: Aard van taalinhoud Geskrewe taal Gesproke taal 23. Vlak 1 24. Vlak 2 25. Vlak 3 26. Vlak 4 27. 2 8 · C. AANVULLENDE INLIGTING 29· a) Behoud van tema 30· b) Herhaling van vorige idees 31· c) Selfkorreksie 32. d) Gebruik van selfstandige naamwoorde in plaas van voor- 33. naamwoorde 34· e) Gebruik van inleidende en slotsinne 35· f) Vooronderstelling 36. 37. Algemene inligting omtrent taalvorm 38 3 g' Algemene inligting omtrent taalinhoud Opmerkings Needier Westdene has been active in the South African hearing market for more than 20 years and therefore fully understands your specific re- quirements in the areas of: TESTING of hearing ability IMPROVEMENT of hearing ability PREVENTION against industrial noise SUPPLYING specialised electromedical equipment and tools for / Spe'ech Therapists, ENT's and others. MAINTENANCE ^ N D REPAIR to and CALIBRATION of all equipment supplied by Needier Westdene (and certain other suppliers). Contact us first for: — Professional ladvice and guidance — Competitive quotes for products and consumable items — The best pre- and post-sales support. THE NEEDLER WESTDENE ORGANISATION C.C. (CK87/02503/23) P.O. BOX 28975 SANDRINGHAM 2131 R.S.A. TEL: 011-640 5017 MEMBER/LID: DR. S.J. VAN TONDER, PhD., MBL. GENERAL MANAGER/ALGEMENE BESTUURDER Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 34, 1987 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) s DESIGNED AND MANUFACTURED IN SOUTH AFRICA The Phantom Series combines the flexibility of behind-the-ear hearing aids with the acoustic advantages and cosmetic appeal of in-the-ear hearing aids. A unique construction technique allows various models to be tried and tested in an individually made shell. Clip-in modules are inserted with no special tools in a few seconds and it is even possible to make acoustic modifications to the earmould for controlling in-situ performance — including "open" earmoulds. M A N U F A C T U R E D BY: A C O U S T I M E D (PTY) L T D 327 B O S M A N B U I L D I N G COR. ELOFF A N D BREE STREETS J O H A N N E S B U R G TEL: (011) 337-2977 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 3, 198 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)