28 (Continued from Page 26) word intelligibility measures. Journal f Speech and Hearing Research 27, 623-626, 1984. Schmidt S intelligibility and the child with multiple articulation deviations. In H.A. Winitz (Ed.), Treating Articulation Disorders: For Clinicians by Clinicians. Baltimore: University Park Press, 1984. Schultz, M.C. World familiarity influences in speech discrimina- tion. Journal of Speech and Hearing Research, 7, 395-400. Shriberg, L.D. and Kwiatkowski, J. Phonological disorders III: A procedure for assessing severity of involvement. Journal of Speech and Hearing Disorders. 47, 242-256, 1982. Skelly, M. (ed.) Glossectomee Speech Rehabilitation. Springfield, Illinois, Charles C. Thomas, 1973. South Africa 1985: Official Yearbook of the Republic of South Africa. Eleventh Edition. Johannesburg: Chris van Rensburg, 1985. Tikofsky, R.S. A revised list for the estimation of dysarthric single word intelligibiliy. Journal of Speech and Hearing Research, 13, 59-64, 1970. Tobias, J.V. On Phonemic analysis of speech discrimination tests. Journal of Speech and Hearing Research, 7, 98-100, 1964. Van Wyk, E.B. Language Contact and Bilingualism. In L.W. Lanham and K.P. Prinsloo (Eds.), Language and Communi- cation Studies in South Africa. Cape Town: Oxford Univer- sity Press, 1978. Westphal, E.O.J. Syllable and sound change in Southern Bantu languages. Journal of the South African Speech and Hearing Association, 20, 22-41, 1973. Marlene Carno Jacobson and Anthony Traill Wilkes, A. Bantu Language Studies. In L.W. Lanham and K.P. Prinsloo (Eds.), Language and Communication in South Africa, Cape Town: Oxford University Press, 1978. Yorkston, K.M. and Beukelman, D.R. A comparison of techniques for measuring intelligibility of dysarthric speech. Journal of Communication Disorders, 499-512, 1978. Yorkston, K.M. and Beukelman, D.R. A. A clinician-judged tech- nique for quantifying dysarthric speech based on single word intelligibility. Journal of Communication Disorders, 13, 15-31 1980. Yorkston, K.M. and Beukelman, D.R. Communication efficiency of dysarthric speakers as measured by sentence intelligibility and speaking rate. Journal of Speech and Hearing Disorders, 46, 296-301, 1981. Young, M.A. and Downs. T.D. Testing the significance of the agreement among observers. Journal of Speech and Hearing Research, 11, 5-17, 1968. Ziervogel, D., Louw, J.Α., Ferreira, J.Α., Baumbach, E.J.M. and Lombard, D.P. Handbook of the Speech Sounds and Sound Changes of the Bantu Languages of South Africa, Unisa Handbook Series No. 3E. University of South Africa, Pretoria, 1967. Ziervogel, D., Louw, J.A. and Taljaard, P.C. A Handbook of the Zulu Language. Third Edition. Pretoria: J.L. Van Schaik, 1981. Ziervogel, D. and Mokgokong, P.C. Groot Noord-Sotho Woordeboek. Pretoria: J.L. van Schaik, 1975. Kritiese Beoordeling van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-en-verhemelte- babas Brenda Louw, D.Phil (Pretoria) Isabel C. Uys, D.Phil (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria, Pretoria. OPSOMMING Die verkryging van 'n klinies geldige en 'n voorskrywende proflel van 'n baba se kommunikasiefunksionering verg noukeurige seleksie van ondersoekmetodes en meetinstrumente wat aangewend word. Voorgestelde evaluasietegnieke wat van toepassing is op swart gesplete-lip-en- verhemeite-babas word teen die agtergrond van 'n kritiese oorsig van die evaluasieproses beoordeel in terme van navorsings- en kliniese toepassingswaarde. Vyf-en-twintig swart babas met gesplete verhemelte onder die ouderdom van twaalf maande het asproefpersone gedien. Riglyne vir toepassing van die voorgestelde evaluasiemodel deur middel van direkte dienslewering deur die spraakterapeut en deur middel van konsultasie-as-voorkoming in 'n multi-kulturele gemeenskap word verskaf. / ABSTRACT The obtaining of a clinically valid and prescriptive profile of the communication function of infants calls for an accurate selection of the research methods and measuring instruments to be used. Suggested evaluation techniques applicable to black cleft lip and palate infants are judged and evaluated within the framework of a critical review of the evaluation process in terms of research and clinical applicability. Twenty-five black cleft lip and palate infants under the age of twelve months served as subjects. Guidelines are supplied for use of these techniques through direct services provided by the speech pathologist and through consultation -as- prevention in a multi-cultural society. © SASHA 1986 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Beoordeling van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-en-verhemelte-babas 29 Die term 'diagnose' verwys na 'n deeglike begrip van 'n probleem en dit word verkry deur evaluering. Die evalueringsproses sluit w a a r n e m i n g , meting, beskrywing en differensiasie in (Emerick & Haynes, 1986) en dit dien as 'n basis vir behandeling. Gevolglik bepaal die kwaliteit van die evaluering in 'n groot mate die effekti- witeit van behandeling. In die evalueringsproses word gebruik gemaak van objektiewe, g e s t a n d a a r d i s e e r d e metingstegnieke of toetse, sowel as sensitiewe, doelgerigte subjektiewe waarneming waarvolgens diagnostiese data ingesamel word. Formele toetse is hoofsaaklik gerig op die identifikasie van 'n probleem, maar verskaf dikwels nie genoeg inligting oor die aard van die probleem en doelwitte vir behande- ling nie. Toetse verskerp die diagnostikus se waarnemingsvaardig- hede en verskaf leidrade vir verdere verkenning en intervensie. Hoe meer bewus die diagnostikus word van die kompleksiteit van menslike kommunikasie, hoe meer verloordie toetse wat gebruik word geloofwaardigheid. Die vaardige diagnostikus beskou nie toetstellings as 'n doel op sigself nie, maar eerder as aspekte van die mens se kommunikasievaardigheid (Emerick & Haynes, 1986). Daar is dus plek vir beide objektiewe en subjektiewe evalua- t e s in 'n omvattende, maar ook intensiewe diagnostiese program. Verder moet diagnostiese programme voldoen aan sekere kriteria. Evaluering berus op sekere basiese teoretiese veronder- stellings of modelle. Dit moet die ouderdom, kultuur en sosio- ekonomiese status van die populasie in ag neem omdat betrou- baarheid en geldigheid nie slegs 'n funksie van die toets self is nie, maar ook van die groep waarop dit toegepas word (Schepers, 1972). Die kwantiteit van inligting wat in verband met behandel- ing verskaf word en die verskillende aspekte wat ondersoek word, is ook faktore waaraan die effektiwiteit van diagnose gemeet kan word. Hierdie faktore moet dus ook in ag geneem word by evaluering van babas wat 'n risiko vertoon om 'n kommunikasie-afwyking te ontwikkel. Swart gesplete-lip-en-verhemelte-babas vorm so 'n groep, maar omdat die gebied nog nie werklik die aandag van navorsers geniet het nie, bestaan daar geen beproefde diagnostiese battery vir evaluering van hierdie groep se kommunikasie nie (Louw, ,1986). 1 Metxdie bogenoemde kriteria as juitgangspunt is daar gepoog om 'n werkbare diagnostiese battery] bestaande uit verskeie evaluasie- tegnieke, van toepassing op swart gesplete-lip-en-verhemelte- babas, saam te stel. 'n Holistiese evaluasiemodel, met in agneming van die sinergistiese aard van ontwikkelingsareas, is as teoretiese grondslag ontwikkel (Louw, 1986). Hierdie model berus dus op die beginsel dat die geheel meer as die som van die dele is. Soos uit Figuur 1 blyk, verkry die diagnostikus reeds uit hierdie teoretiese orientasie 'n aanduiding van die omvang van evaluasieareas. Hierdie teoretiese veronderstelling laat ook ruimte vir inagnem- ing van die ander kriteria waarvolgens die effektiwiteit van evaluasietegnieke beoordeel word, oa die eiesoortige aard van die toetspopulasie, die verskaffing van inligting vir intervensie en 'n bre'e omvang van aspekte wat ondersoek behoort te word. So byvoorbeeld word die evaluering van beide die orofasiale morfologie en vroee gedragsontwikkeling vereis indien daar 'n verteenwoordigende beeld van die manifestasie van die afwyk- ing in die baba voorgehou moet word. Tydens evaluering moet die interaksie wat tussen die baba se orofasiale morfologie en kommunikasievermo'ens voorkom dus tesame met 'n beskouing van vroee kommunikasiegedrag binne die raamwerk van alge- mene ontwikkeling bepaal word. Vroee ontwikkeling word gekenmerk deur 'n simbiotiese interaksie wat tussen ver- Figuur 1: Skematiese voorstelling van die sinergistiese aard van ontwikkelingsareas waarop die holistiese evaluasie- model berus skillende ontwikkelingsareas bestaan en hierdie sinergistiese aard van ontwikkeling moet geevalueer word om 'n verteen- woordigende beeld van die baba se algemene funksionering te verkry. Die doel van hierdie artikel is om die geselekteerde evaluasie- tegnieke, van toepassing op swart gesplete-lip-en-verhemelte- babas, krities te beoordeel in terme van navorsings- en kliniese effektiwiteit. M E T O D O L O G I E Die verkryging van 'n klinies geldige en voorskrywende profiel van 'n baba se kommunikasiefunksionering verg noukeurige seleksie van ondersoekmetodes en meetinstrumente wat aange- wend word. Volgens McLean & McLean (1978) moet die doel van evaluering, die aard van die meetinstrument en die metodes van gebruik van die meetinstrument tydens seleksie daarvan oorweeg word. Vanwee die leemtes en beperkinge van beskik- bare meetinstrumente en die individuele kenmerke en behoeftes van babas, is die toepassing van slegs gestandaardiseerde toetse nie voldoende vir 'n omvattende evaluasie nie. Nie-gestan- daardiseerde evaluasieprosedures kan met groot vrug aange- wend word om addisionele data oor vroee kommunikasie- funksionering te verskaf. Riglyne vir uitvoering wat in die literatuur verskaf word, verhef nie-gestandaardiseerde evaluasie- prosedures bo toevallige en informele waarnemings (McLean & McLean, 1978). In die lig van die voorafgaande teoretiese agtergrond is 'n evaluasiemodel wat op swart babas met gesplete lip en verhemelte van toepassing is, ontwikkel en empiries ondersoek. MATERIAAL EN APPARAAT Die holistiese evaluasiemodel van toepassing op swart babas met gesplete lip en verhemelte is aangewend en word in Tabel 1 omskryf in terme van evaluasieareas, materiaal en apparaat en die evaluasiewyses wat benut word. Die motivering vir die seleksie van die evaluasiewyses gegrond op die evaluasiemodel word vervolgens bespreek. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Brenda Louw and Isabel G. Uvs 30 y j van die bolistiese evaluasiemodel vir babas met gesplete lip en verhemelte Tabel 1: Opsommende weergawe van urc » Fvaluasiearea Materiaal en apparaat Evaluasiewyse Orofasiale morfologie Siemens Somatom 2 heelliggaamskandeerder Uitvoering van: Gerekenariseerde tomografie Kognitiewe ontwikkeling Cognitive-Social Communication Assessment (Dunst, 1978) Developmental Assessment Schema: IPerceptuo-Cognitive Skills Subscale (Anderson, Nelson & Fowler, 1978) Birth to Three Developmental Scale: Problem Solving Subscale (Bangs & Dodson, 1979) Toepassing van evaluasieskale Gehoorvermoens Amplaid Reactometer (Amplied USA Inc). Grayson-Stadler, 1723 Middle Ear Analyzer (GSI 27). Uitvoering van: Elektro-akoestiese impedansoudiometrie (Hodgson, 1980) Vryeveld pedo-oudiometriese toetsing (Martin, 1978) Kommuhikaisevermoens — Voedingsproses Vorm vir die optekening van data versamel en waarnemings gemaak. Data-insameling deur middel van: — raadpleging van bedkaarte in hospitaalleer, — konsultasies met saalsuster/moeder/ oppasser, — direkte waarneming van voedingsessie. Optekening van bogenoemde inligting op 'n opgestelde vorm. Huilgedrag Elastiese rekkie vir indusering van pynstimulus (Michelsson et al., 1982) Nakamichi 550-bandopnemer met TDK SA-X90-klankkassette. Voice Identification 700 Series — spektrograaf. Ontlokking en spektrografiese ontleding van pyngei'nduseerde huilpatrone Michelsson et al., 1982). — Vokaliseringsgedrag Babaspeelgoed Nakamichi 550-bandopnemer met TDK SA-90-klankkassette Ontlokking en fonetiese en frekwensie- ontledings van vokaliseringsgedrag (Smith & Oiler, 1981). — Reseptiewe en ekspressiewe taalvermoens Receptive Expressive Emergent Language Scale (Bzoch & League, 1971). Developmental Assessment Schema: Speech-Language Receptive/Expressive Subscales (Anderson, Nelson & Fowler, 1978) Birth Co Three Developmental Scale Language Comprehension and Expression Subscales (Bangs & Dodson, 1979) Toepassing van evaluasieskale — Kommunikasie- interaksievermoens Cognitive-Social Communication Assessment (Dunst, 1978) Nonverbal Indicators of Communication Exchange (Du Bose-Fewell, 1982) Vorm vir optekeninge van data versamel Nakamichi 550 bandopnemer en TDK SA-X90-klankkassette Toepassing van evaluasieskale Subjektiewe waarneming van moeder-kind^ interaksie (Bower, 1977; Trevarthen, 1979; | Kaye, 1980; Owens, 1984; Strydom, 1985)., 1 — Motoriese ontwikkeling Birth to Three Developmental Scale: Motor Subscale (Bangs & Dodson, 1979). Developmental Assessment Schema; Gross and Fine Motor Subscales (Anderson, Nelson & Fowler, 1978). Toepassing van evaluasieskale — Gerekenariseerde lomografie. Hierdie tegniek is geselekteer om die orofasiale morfologie van babas te bestudeer vanwee die feit dat die pasient aan minimale bestraling blootgestel word; waarneming van beide harde- en sagte- weefseldetail moontlik is; morfologiese verhoudings sonder versteurings deur die ondersoekprosedure bestu- deer kan word; en 'n driedimensionele beeld van strukture verkry word wat morfologiese detail visualiseer en deur The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Kritiese Beoordeling van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-en-verhemelte-babas 31 seen ander radiologiese tegnieke ge'ewenaar word nie (Dickson en Maue-Dickson, 1983; Banna, 1976). Hierdie tegniek is sover slegs vir navorsing met gesplete-lip-en- verhemelte-babas aangewend en die praktiese uitvoer- baarheid as roetinemeetinstrument by hierdie babas is tot dusver nie bepaal nie. Ten spyte hiervan hou die tegniek talle voordele bo ander radiologiese tegnieke in en is dit geselekteer spesifiek met die doel om omvattende drie- dimensionele data van die orofasiale morfologie te verskaf. __ Vryeveldtoetsing en elektro-akoestiese impedansloetsing. Hierdie twee tegnieke is geselekteer as geskikte metodes om die gehoordrempels en middeloorfunksionering van babas te bepaal. V r y e v e l d t o e t s i n g is 'n standaardprosedure in pedo-oudio- m e t r i e s e toetsing en word suksesvol aangewend om babas se r e a k s i e op klank te evalueer (Hodgson, 1980). Hierdie tegniek is ook bewys om lae vals-positiewe resultate in grootskaalse o n d e r s o e k e te vertoon en word as 'n effektiewe wyse van gehoorsifting aanvaar (Katz, 1978). Impedansoudiometrie beskik oor sekere kenmerke en voordele wat hierdie tegniek vir toepassing op kinders geskik maak, naamlik: dit is 'n objektiewe kwantitatiewe metode wsl vinnig en effektief uitgevoer kan word; dit is akkuraat en verg geen aktiewe deelname of konsentrasie van die kind nie, en word nie beinvloed deur 'n hoe peil van omgewingsgeraas nie (Hodgson, 1980). — Ontwikkelingskale. Kognitiewe en motoriese ontwikkeling word dikwels tesame met taalvermo'ens en kommunikasie- interaksievermo'ens deur middel van vroee ontwikkeling- skale geevalueer. Gevolglik word die evaluering van hierdie vier gedragsareas saam in terme van die geselekteerde meetinstrumente bespreek. Meetinstrumente is geselekteer uit die beskikbare ondersoek- metodes wat op vroee kommunikasiegedrag fokus (Louw, 1986). Die meeste van hierdie meetinstrumente is normgerig, globaal en verskaf oppervlakkige eerder , as diepte-inligting oor ont- wikkeling. Gevolglik word daar; nie aan al die teoretiese kriteria vir 'n toepaslike meetinstrument j/oldoen nie. 'nTweede probleem wat ondervind is, is dat slegs fn beperkte verskeidenheid van hierdie meetinstrumente in Suid'-Afrika beskikbaar is. Dit word toegeskryf aan die feit dat |evaluering van prelinguistiese vaardighede 'n relatief resente konsep is en dat meeste van die meetinstrumente in die VSA saamgestel en gepubliseer is. Die Receptive Expressive Emergent Language Scale (REEL) (Bzoch & League, 1971); Birth to Three Developmental Scale (Bangs & Dodson, 1979) en die Non-Verbal Indicators of Communicative Exchange (NICE) (Du Bose-Fewell, 1982) is geselekteer omdat hulle gestandaardiseerde meetinstrumente vir die evaluering van vroee ontwikkeling en kommunikasie- ontwikkeling van babas is. Prosedures, materiaal, apparaat en die bepuntingsprosedure word gespesifiseer om betroubare, geldige en objektiewe data te verskaf (McLean & McLean, 1978). Die Developmental Assess- ment Schema (DAS) (Anderson, Nelson & Fowler, 1978); die Cognitive-Social Communication Assessment (CSCA) (Dunst, 1978) en die subjektiewe waarneming van moeder-kind-interaksie (Trevarthen, 1979; Kaye, 1980; Strydom, 1985) is ook geselekteer as betroubare meetinstrumente vir die evaluering van vroee ontwikkeling en kommunikasie-ontwikkeling. Laasgenoemde is nie-gestandaardiseerde evaluasieprosedures met sistematiese voorskrifte vir toepassing om 'n redelike mate van objektiwiteit te Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 verseker. Kombinering van hierdie twee tipes evaluasiewyses laat toe vir die bepaling van die chronologiese ouderdomsvlak waarop die baba funksioneer sowel as vir die inherente implikasie dat genoegsame data verskaf word vir gedetailleerde beplanning van behandeling (Liebergott et al. 1984). Vanwee die ooreen- stemmende wyses van data-insameling, naamlik direkte waar- neming van gedrag en onderhoudsvoering met ouers, vul hierdie ontwikkelingskale mekaar goed aan (McLean & McLean, 1978; McClowry, 1982). Sodoende word daar ook toegelaat vir die evaluering van 'n wye omvang van gedrag wat akkurate bepaling van die vlak van funksionering moontlik maak. Toepassing van hierdie toetsbattery laat toe vir die kategorisering van kommuni- kasie en aanverwante gedrag. Gevolglik kan verbande tussen die verskillende ontwikkelingsareas bepaal word tesame met die beskrywing van die baba se individuele patroon van ont- wikkeling. — Evaluasieprotokol: Voedingsproses. 'n Prosedure vir data- insameling oor die voedingsproses is deur Louw (1986) opgestel vanwee die gebrek aan so 'n evaluasieprotokol in die literatuur. Die doel van die evaluering van die voedings- proses is slegs om te bepaal hoe funksie daar uitsien en dus is data deur middel van die raadpleging van leerinligting, kon- sultasie met sorggewendes en direkte waarneming van voedingsessies ingesamel (Louw, 1986). Objektiewe meet- instrumente soos video- en kineradiografiese opnames is nie uitgevoer nie aangesien 'n diepteversameling van fisiologiese data nie binne die grens van hierdie evaluasiemodel val nie. — Spektrografiese analise van huilgedrag. Vir die. bestudering van huilgedrag is die toediening van 'n pynstimulus om gedrag te ontlok en die spektrografiese analise van band- opnames as evaluasiemetodes geselekteer (Michelsson et al. 1982). Ontlokking van huilgedrag deur die toediening van 'n pynstimulus is bo die bestudering van spontane huilgedrag geselekteer om gedifferensieerde huilpatrone uit te skakel (Michelsson et al. 1982). Die toediening van 'n pynstimulus laat toe vir die maak van objektiewe en gekontroleerde vergelykings op 'n inter- en intrapersoonlike vlak. Hierdie metode word deur verskeie navorsers gekritiseer maar is steeds die mees algemene ontlokkingswyse vir die bestudering van huilpatrone wat in die literatuur aangetref word (Crystal, 1973; Prescott, 1980). — Foneliese ontleding van vokaliseringsgedrag. Die evaluasie- wyse wat vir die bestudering van vokaliseringsgedrag geselekteer is, is ook volgens literatuuraanbevelings bepaal. Vokaliseringsgedrag is in 'n natuurlike konteks ontlok en met behulp van oudio-bandopnames volgens die prosedures wat in die literatuur beskryf word, foneties ontleed (Smith & Oiler, 1981; O'Gara & Logemann, 1983). Uit voorafgaande bespreking blyk dit dus dat 'n verskeidenheid evaluasiemetodes en meetinstrumente voorgestel is. Die navors- ings- en kliniese effektiwiteit en bruikbaarheid van die geselek- teerde evaluasietegnieke kan egter slegs deur empiriese toepassing op 'n omskrewe populasie beoordeel word. PROEFPERSONE Vyf-en twintig swart babas met onherstelde gesplete lip en verhemelte is tydens hulle hospitalisering in die Ga-Rankuwa Hospitaal as proefpersone geselekteer. Die proefpersone se ouderdomme strek van 0,7 maande tot 11,2 maande met gemiddelde ouderdom van 5,95 maande. Die groep vertoon 'n byna gelyke verspreiding wat hul geslag betref, daar is naamlik 13 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 32 „ „ H o e t e r s Die 25 proefpersone is afkomstig uit huise 9 L e as huistale het, naamlik Venda, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Zulu, Swazi, Shangane, Xhosa, Tswana en Ndebele. Vyf tipes gesplete lip en verhemelte is deur die proefpersone gemanifesteer. Numeriese waardes is aan die verskillende tipe splete toegeken om die graad van die afwyking aan te dui. Die klassifikasiesisteem wat deur die American Cleft Palate Asso- ciation (ACPA) voorgehou word, is gevolg (Berlin, 1979; McWilliams et al. 1984). Die verspreiding van die proefpersone na aanleiding van die graad van die afwyking word in Tabel 2 verskaf. Die belangrikste eienskappe van die proefpersone word opsommend in Tabel 3 weergegee. Tabel 2: Graad van gesplete lip en verhemelte van proefpersone Kategorie van tipe spleet (ACPA-klassifikasie) Spleet van die lip en alveolus Spleet van die velum Spleet van die palatum en velum Unilaterale spleet van die lip, alveolus, palatum en velum Bilaterale spleet van die lip, alveolus, palatum en velum Waarde toegeken Getal proefpersone Tabel 3: Opsommende weergawe van die belangrikse kenmerke van die proefpersone Pr oe fp er so on no m m er G es la g Ti pe s pl ee t C hr on ol og ies e ou de rd om Ta al v an m oe de rs M oe de rs ge ho sp ita lis ee r 1 V 5 .70 Venda Ja 2 V 4 .93 Noord-Sotho — 3 V 1 .93 Noord-Sotho Ja 4 Μ 4 .93 Zulu — 5 V 2 1.16 Shangane — 6 V 1 1.16 Xhosa Ja 7 Μ 5 1.16 Venda — 8 Μ 5 1.40 Shangane Ja 9 Μ 4 1.40 Noord-Sotho — 10 Μ 1 1.40 Xhosa — 11 V 5 1.63 Tswana Ja 12 Μ 5 1.63 Ndebele — 13 V 3 1.86 Suid-Sotho — 14 Μ 4 2.80 Tswana Ja 15 V 4 2.80 Xhosa — 16 V 4 2.80 Noord-Sotho Ja 17 V 4 3.73 Suid-Sotho — 18 Μ 2 3.73 Shangane — 19 Μ 1 3.73 Noord-Sotho Ja 20 Μ 3 3.73 Suid-Sotho Ja 21 Μ 1 4.66 Swazi — 22 V 4 5.60 Tswana Ja 23 Μ 4 6.53 Noord-Sotho — 24 Μ 1 7.46 Noord-Sotho — 25 V 2 11.20 Venda Ja PROSEDURE Elk van die 25 proefpersone is binne een week na opname in die Ga-Rankuwa Hospitaal individueel geevalueer. Vyf data- insamelingsessies is vir elke proefpersoon geskeduleer. Een sessie is aan die uitvoering van gerekenariseerde tomografie gewy. Brenda Louw and Isabel C. Uys Hierna is een sessie vir gehoortoetsing, insameling van data oor die voedingsproses en die ontlokking van huilgedrag benut. In die twee daaropvolgende sessies is kognitiewe, motoriese, sosio- emosionele en taalontwikkeling geevalueer. 'n Sessie is hierna afgestaan aan die ontlokking van vokaliseringsgedrag en die evaluering van moeder-kind-kommunikasie-interaksie by die proefpersone waar moeders wel beskikbaar was vir die waar- neming van interaksie met hulle babas. Die evaluasieprosedures wat tydens die ontwerp van die evaluasiemodel ontwikkel is, is vir die insameling, optekening en analisering van data in elk van die evaluasieareas aangewend (Louw, 1986). Die data wat ingesamel is, berus op twee verwerkingsprosedures, naamlik 'n telling (gehoorvermoens, motoriese, kognitiewe en kommunikasie-ontwikkeling) en 'n meting (afmeting van die orofasiale strukture en metings van huilkenmerke). Gegewens wat op tellings berus, is deur middel van statistiese metodes verwerk (Louw, 1986). Eerstens is korrelasies bereken om te bepaal watter verwantskappe daar tussen die evaluasieareas bestaan. Tweedens is die voorspellingswaarde van die verskillende ontwikkelingsaspekte wat ten opsigte van mekaar geevalueer is, statisties bepaal (Louw, 1986). RESULTATE EN BESPREKING In samehang met die doel van die artikel, naamlik die kritiese beoordeling van die evaluasiemetodes en meetinstrumente wat aangewend is, word die resultate soos volg aangebied: — Resultate wat deur die toepassing van die verskillende evaluasiemetodes en meetinstrumente verkry is. — Resultate van statistiese berekeninge wat lig werp op die bruikbaarheid van die evaluasiemetodes en meetinstru- mente. Die resultate en bespreking van die evaluasiemetodes word in dieselfde volgorde aangebied as in die seleksie van die evaluasie- wyses. (Sien Materiaal en Apparaat.) — Gerekenariseerde tomografie Die orofasiale morfologiese inligting wat verkry;is, is op tweeledige wyse beskryf. Anatomiese landmerke is op die skanderingsfoto's geidentifiseer en kwalitatiewe beskrywings van die proefpersone se orofasiale morfologie is gemaak. Vanwe'e verskeie probleme wat met die uitvoering van 'n kwantitatiewe analiseprosedure ondervind is,. is absolute metings met bogenoemde kwalitatiewe beskrywings van waargenome strukture vervang. Tabel 4 verskaf die anatomiese landmerke wat op die skanderingsfoto's van vyf proefpersone voorkom. Hierdie proefpersone is geselekteer as voorbeelde ter illustrasie van die orofasiale morfologiese inligting wat deur middel van gerekenariseerde tomografie verkry is. Dit blyk dus volgens Tabel 4 dat 'n verskeidenheid morfologiese strukture op die skanderingsfoto's geidentifiseer kan word. Relatief min inligting is egter beskikbaar oor die sagte weefsel van die orofasiale strukture wat daarop dui dat die kwaliteit van die skanderingsfoto's steeds nie genoegsaam is om werklik 'n omvattende beskrywing van die orofasiale morfologie van die proefpersone te verskaf nie. Die interpretasie van die skanderingsfoto's volgens die literatuurriglyne wat aangewend is, is bemoeilik deur die feit dat die anatomiese beskrywings in die literatuur gegrond is op die strukture van normale kinders en The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) KritieseBeoordeling van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-verhemelte-babas 33 v o l w a s s e n e s wat verskil van die ontwikkelende morfologie van babas. T bei 4; Orofasiale morfologiese struktuur wat geidentifiseer is 3 op die skanderingsfoto's van die proefpersone (n = 5) ctmkture geidentifiseer Nasale septum Vomerbeen Nasale holtes Nasale konga Sigomatiese boog Koronoi'edproses van die mandibula Mandibulere kondiele Mandibulere ramus Premaksilla Maksillere alveolere prosesse Tuberositas van die maksilla Tong Nasofarinks Hamulus Pterigoi'edbeen Eksterne oorkanaal Mastoi'edproses Petrusbeen Oksipitale kondiele Ordontoi'edproses van die aksis P p l + + + + + + + + + + + + + + + + Pp4 + + + + + + + + + + + + + + + + Pp9 + + + + + + + + + + + + + + + + P p l 7 + + + + + + + + + + + + + + Pp23 + + + + + + + + + + + + + + + die babas se orofasiale morfologie. Alternatiewe objektiewe evaluasietegnieke soos byvoorbeeld ortodontiese orale af- drukke en die tegniek van kernmagnetiese resonansie moet ook ondersoek word (Berkowitz, 1982). Ortodontiese orale afdrukke verskaf driedimensionele inligting oor die maksillere boogvorm en oppervlakte van die palatum (Berkowitz, 1982). Die voordeel van hierdie tegniek is dat dit meer koste-effektief is as gerekenariseerde tomografie en dat alginaatafdrukke van gesplete-lip-en-verhemelte-babas as roetineprosedure by opleidingshospitale gemaak word, wat die toeganklikheid van die tegniek vir die spraakterapeut verhoog (Gavron, 1986). Die tegniek van kernmagnetiese resonansie moet ook as evaluasietegniek ondersoek word aangesien daar in die voor- uitsig gestel word dat hierdie tegniek gerekenariseerde tomografie gaan vervang vanwee die voordele bo die van tomografie veral ten opsigte van die gebrek aan die gevaar van bestraling (Dickson en Maue-Dickson, 1983). Ten slotte blyk dit dat die bestudering van die orofasiale morfologie van gesplete-lip-en-verhemelte-babas slegs kan slaag indien interdissiplinere samewerking voorkom. — Pedo-oudiometrie Die response van die proefpersone op die pedo- oudiometriese toetsing wat uitgevoer is en die tipe timpanogramme wat deur die proefpersone vertoon is, word in Tabel 5 en 6 verskaf. Sleutel: + = waarneembaar Sleutel: — = nie sigbaar nie Die kwalitatiewe beskrywing van die skanderingsfoto's is gerig op 'n beskrywing van die invloed wat die tipe spleet op die orofasiale struktuur van die proefpersone uitoefen. Op grond van die beskrywing van die individuele skanderingsfoto's van die proefpersone (Louw, 1986) blyk dit dat die invloed van 'n gesplete lip en verhemelte op die neusstrukture duidelik waar- neembaar is. Verskille tussen ciie spleet- en nie-spleetkante van unilaterale splete is ook duidelik geillustreer. Die deviasie van die nasale septum en vomerbjeen is deurgaans duidelik waar- neembaar. Die gebruik van 'n1 snitdikte van 4 mm blyk relatief min strukturele detail te verskjaf ten opsigte van die palatum en velum, maar is geselekteer om|die mate van bestraling te beperk (Banna, 1976). Die tegniek van gerekenariseerde tomografie dui egter wel op fyn morfologiese detail van die proefpersone wat nie anders sigbaar is nie, byvoorbeeld detail oor die benige en kraakbeengedeeltes van die 'vomer en die hamulus van die mediale pterigoi'edplate wat waarneembaar is. Die gebruik van die tegniek van gerekenariseerde tomografie om inligting aangaande die orofasiale morfologie van gesplete- lip-en-verhemelte-babas aan die spraakterapeut te verskaf, met die doel om die morfo-funksionele verhouding in hierdie babas te bepaal, blyk egter nie geslaagd te wees nie. Op grond van die resultate wat van die proefpersone verkry is, blyk dit nie dat hierdie morfologiese data meer lig op die verhouding met die funksionele aspekte van die baba werp as wat die klassifikasie- sisteem wat aangewend is, doen nie. Hierdie tegniek kan egter vir die chirurg tydens beplanning en evaluering van chirurgiese metodes van waarde wees (Marsh & Gado, 1982). Die gevolgtrekking word gemaak dat die spraakterapeut wat by die evaluering en behandeling van hierdie babas betrokke is van klassifikasiesisteme gebruik moet maak in die beskrywing van Tabel 5: Response van die proefpersone op pedo-oudiometriese toetsing Toetsmetode Tipe respons Persentasie response Vryeveldtoetsing Elektro-akoestiese impedanstoetsing (Akoestiese refleksdrempel) Positief Negatief 72% 28% Vryeveldtoetsing Elektro-akoestiese impedanstoetsing (Akoestiese refleksdrempel) Teenwoordig Afwesig 76% 24% Tabel 6: Timpanometriese resultate wat deur die proefpersone vertoon is Tipe timpanogram Voorkoms in persentasie van getal ore Interpretasie A 38% Normaal Β 30% Vog in middeloor C 32% Negatiewe druk in middeloor D 0% Littekenweefsel op timpanum Ε 0% Breuk in ossikulere ketting Die kriteria wat deur Hodgson (1980) vir die bepaling van middel- oorprobleme op grond van pedo-oudiometriese toetsresultate voorgestel is, is aangewend om die voorkoms van middel- oorprobleme by die proefpersone te bepaal. Daar is bevind dat 76% van die proefpersone ten tye van toetsing middeloor- probleme ondervind het. Tabel 5 dui aan dat 28% van die proefpersone se reaksie op vrye- veldtoetsing (50-70-dB-klankdrukpeil) as negatief geklassifiseer is Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 34 en dat daar by 24% van die ore wat getoets is geen akoestiese refleksdrempel ontlok kon word nie. Uitvoering van die twee pedo-oudiometriese toetsmetodes in die e^sperimentde prosedure maak 'n vergelyking van die resultate watTo verkry is, moontlik. Proefpersone wie se reaks.es op vrye- veldtoetsing as negatief gekategoriseer is, het almal op grond van elektro-akoestiese impedanstoetsing m i d d e l o o r p r o b l e m e ver- toon. Dit het egter verder geblyk dat 26% van die proefpersone wie se reaksies op vryeveldtoetsing as positief geklassifiseer is, op grond van resultate wat deur elektro-akoestiese impedanstoetsing verkry is, middeloorprobleme vertoon het. Hierdie bevinding steun literatuurmenings dat elektro-akoestiese impedansoudio- metrie middeloorprobleme uitlig selfs al word normale reaksies op vryeveldtoetsing ontlok, en dat dit as 'n sensitiewe meettegniek Brenda Louw and Isabel C. Uys toegepas kan word in die opsporing van middeloorpatologie by jong kinders (Katz, 1978; Millard, 1980). Die afleiding word gemaak dat vryeveldtoetsing op sigself nie 'n voldoende siftings- prosedure is vir die uitlig van middeloorprobleme by gesplete-lip- en-verhemelte-babas nie, ten spyte van die feit dat daar bewys is dat hierdie tegniek lae vals-positiewe resultate in omwattende ondersoeke vertoon het (Katz, 1978). Vryeveldtoetsing in kombinasie met elektro-akoestiese impedanstoetsing blyk volgens die huidige resultate 'n betroubare pedo-oudiometriese siftingsbattery vir babas met gesplete lip en verhemelte te vorm. — Ontwikkelingskale Die resultate wat van die proefpersone (n + 25) verkry is deur toepassing van die ontwikkelingskale wat in Tabel 3 verskaf is, word kortliks in tabelvorm opgesom. (Sien Tabel 7.) Tabel 7: Opsommende weergawe van die proefpersone (n = 25) se funksionering soos bepaal deur die verskeie ontwikkelingskale Evaluasiemetode Evaluasieareas % Beoordeling van funksionering Toepassing van ontwikkeling- skale Kognitiewe ontwikkeling Normaal Agterstand Toepassing van ontwikkeling- skale Kognitiewe ontwikkeling Bogemiddeld Normaal Gering Gemiddeld Erg Toepassing van ontwikkeling- skale Kognitiewe ontwikkeling 4% 16% 64% 12% 4% Toepassing van ontwikkeling- skale Reseptiewe taal- ontwikkeling 12% 12% 64% 8% 4% Toepassing van ontwikkeling- skale Ekspressiewe taal- ontwikkeling 4% 16% 60% 8% 12% Toepassing van ontwikkeling- skale Kommunikasie-interaksie- vermoens 16% 32% 36% 16% 0% Toepassing van ontwikkeling- skale Motoriese ontwikkeling 24% 32% 24% 16% 4% Sleutel: Interpretasie van funksionering: Normale ontwikkeling: telling op en bokant chronologiese ouderdom Geringe agterstand: telling -0,5 maande onderkant chronologiese ouderdom Gemiddelde agterstand: telling -1,0 maande onderkant chronologiese ouderdom Erge agterstand: telling -2,0 maande onderkant chronologiese ouderdom Dit blyk volgens Tabel 7 dat 80% van die proefpersone 'n agterstand in kognitiewe ontwikkeling toon; 76% 'n agterstand in taalontwikkeling toon; 62% 'n kommunikasie-interaksie-agter- stand toon en slegs 44% 'n motoriese ontwikkelingsagterstand toon. Die relatief hoe insidensie van 'n kognitiewe ontwikkelings- agterstand van die proefpersone bevestig Fox et al. (1978) en McWilliams et al. (1984) se mening dat babas met 'n gesplete lip en verhemelte 'n risiko vertoon om 'n kognitiewe agterstand te ontwikkel. Opsommend blyk dit dat die swart gesplete-lip-en-verhemelte- proefpersone se kognitiewe agterstand aan verskeie faktore toe- geskryf kan word. Die orofasiale afwyking wat normale ontwik- keling negatief kan bei'nvloed, kulturele gebruike en sosiale omgewings mag as verklaring vir bogenoemde bevindings voorgehou word (Nyiti, 1982; Kolobe, 1984). Die taalagterstand wat deur die proefpersone vertoon is, word gedeeltelik deur navorsing ondersteun maar 'n presiese verklaring vir die voorkoms van 'n taalagterstand by gesplete-lip-en- verhemelte-babas ontbreek tans en verg verdere navorsing (Fox et al. 1978; Long & Dalston, 1983; Nation & Wetherbee, 1985). Die kommunikasie-interaksie-ontwikkelingsagterstand wat deur die proefpersone vertoon is, blyk nie kenmerkend van die! steek- proef as geheel en ook nie van 'n ernstige aard te wees nie (Louw, 1986). Dit blyk asof swart gesplete-lip-en-verhemelte-babas dieselfde ontwikkelingsverloop as normale swart babas ten opsigte van kommunikasie-interaksievermo'ens vertoon (Stry- dom, 1985). Tweedens blyk dit asof die gesplete lip en verhemelte nie 'n nadelige invloed op hierdie proefpersone se toetrede tot die kommunikasie-interaksie-situasie uitoefen nie. Die bevinding dat die swart babas met gesplete lip en verhemelte wat in hierdie steekproef ondersoek is, se motoriese ontwikkeling skynbaar in 'n mindere mate deur hulle orofasiale afwyking bei'nvloed is as die motoriese ontwikkeling van blanke gesplete- lip-en-verhemelte-babas wat in die literatuurbeskryf is (Starr etal. 1977; Fox et al. 1978; Louw & Van Den Bergh, 1985) kan aan.die hand van 'n tweeledige verklaring geekspliseer worcl. Dit blyk eerstens dat die voedingsprobleme wat deur die proef- persone ondervind is, nie van so ernstige graad is dat al die proefpersone se motoriese ontwikkeling negatief bei'nvloed is nie. Tweedens het verskeie outeurs bewys dat swart babas se vroee motoriese ontwikkeling in vergelyking met die van blanke The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Kritiese Beoordeling van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-en-verhemelte-babas 35 E u r o p e s e en Amerikaanse babas versnel is (Super, 1976; Lester & Brazelton, 1982; Richter-Strydom & Griesel, 1984). Hierdie versneUing in motoriese ontwikkeling word toegeskryf aan kulturele gewoontes ten opsigte van die fisiese hantering van jong swart babas. Dit blyk dus dat die negatiewe invloed wat 'n gesplete lip en v e r h e m e l t e op 'n baba se motoriese ontwikkeling kan uitoefen, m o o n t l i k by die proefpersone teegewerk is deur eiesoortige kulturele gebruike en waardes wat vroee ontwikkeling fasiliteer. Die evaluering van 'n wye omvang van gedrag wat deur die ontwikkelingskale toegelaat is, het die akkurate bepaling van die vlak van die proefpersone se funksionering moontlik gemaak. Dit blyk dus op grond van die verkree resultate dat die vlak van ontwikkeling in grade van normaliteit en agterstand uitgelig kan word wat onder andere toegeskryf word aan die feit dat die proef- persone se relatiewe ontwikkelingsouderdom gebruik is. Dit laat toe vir 'n meer gedetailleerde interpretasie van funksionering. Relatiewe ontwikkelingsouderdom verwys na die ouderdomsvlak wat op die evaluasieskaal behaal is, minus die baba se chronolo- giese ouderdom. Dit wil se, die vlak van funksionering relatief tot die individu self word bepaal (Fox et al. 1978). Die evaluering van funksionering deur middel van die toepassing van ontwikkelingskale blyk dus 'n efiektiewe evaluasiemetode te wees en talle riglyne vir behandeling word verskaf. Moeder-kind-kommunikasie-interaksie Direkte observasie is van moeder-kind-interaksies gemaak en kwalitatiewe waarnemings gee aanleiding tot die gevolg- trekking dat geen bewyse bestaan dat die proefpersone se orofasiale afwyking kommunikasie-interaksie met hulle moeders negatief beinvloed het nie. Hierdie waarneming word toegeskryf aan die feit dat moeders nie die voile impli- kasie van die afwyking en die behandeling daarvan besef nie. Hulle blyk met die onmiddellike situasie gemoeid te wees eerder as om toekomsgerig te wees (Kolobe 1984). Die riglyne wat in die ontlokking en waarneming van hierdie interaksies gevolg is, verskaf genoegsame data om 'n verteenwoordigende beeld van individuele moeder-kind-kom- munikasie-interaksie daar te stel. Hierdie tipe kwalitatiewe analise pas egter nie voldoende aan by die kwantitatiewe en kwalitatiewe analises wat deur die evaluasiemodel aanbeveel word nie. Verskeie evaluasieskale van moeder-kind-kommunikasie-inter- aksie wat voorgeskrewe ontlokkingsprosedures aangee en in relatief kort periodes kwantitatiewe en kwalitatiewe data sowel as behandelingsriglyne verskaf, word in die literatuur beskryf (Clezy 1979). Daar word verder aanbeveel dat video-opnames wel tydens moeder-baba-interaksies aangewend word, aangesien dit tot meer objektiewe optekening van data kan lei. Gebruikmaking van rekenaartegnologie verhoog die objektiwiteit van data-opteken- ing verder en brei die moontlikhede van 'n moeder-kind- kommunikasie-interaksie-analise uit (Strydom, 1985). Dit kom dus voor dat meer tegnologies geori'enteerde analises van moeder-kind-kommunikasie-interaksies meer waardevolle inligt- ing verskaf as die subjektiewe waarnemingstegnieke wat benut is. Voedingsproses Die resultate van die beoordeling van die voedingsproses met behulp van die evaluasieprotokol word in Tabel 8 verskaf. Tabel 8: Resultate van die beoordeling van die voedingsproses Kategoriee beoordeel Getalwaardes toegeken Sleutel Kenmerke van proefpersone (n = 25) in persentasiewaardes Suigrefleks 1 2 3 Sterk suigrefleks (geen suigprobleem) Aanvanklike sterk suigrefleks word egter nie volgehou nie (gemiddelde suigprobleem) Swak suigrefleks (erge suigprobleem) 32% 30% 38% Tipe voedingswyse i! i 4i 5 Borsvoeding Bottelvoeding Voeding met voedingsbeker Voeding van vloeistowwe met lepel Buisvoeding 28% 80% 26% 22% 4% Tipe voedings- probleme 1 2 Uitermatige las van winde Oormatige braking 22% 34% 84% 3.1 3.2 3.3 Soms Dikwels Meestal 29% 33% 38% Graad van voedings- probleme 1 2 3 Geringe voedingsprobleme Gemiddelde voedingsprobleme Ernstige voedingsprobleme 30% 43% 27% Daar moet gelet word dat dit vir elke proefpersoon moontlik was om in die kategoriee van tipes voedingsprobleme en tipes voedingswyses meer as een telling te behaal. Dit bring mee dat die persentasiewaardes van die kenmerke van die proefpersone in hierdie twee kolomme dus nie op 'n totaal van 100% te staan kom nie. Die persentasie verwys telkens na die getal proefpersone uit 25 wat 'n sekere kenmerk vertoon. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 36 Brenda Louw and Isabel C. Uys Die drie aspekte van die voedingsproses wat geevalueer .s, toon η noue verwantskap en kan dus nie onafhankl.k geevalueer word indien "n ware beeld van die gesplete-lip^n-verhemelte-babas se voedingsprobleme verkry moet word nie. Die graad van die voedingsprobleem wat op hierdie resultate bereken is, word gevolglik as 'n akkurate beoordeling van die probleem beskou. Volgens Tabel 8 het 30% van die proefpersone geringe en 70% gemiddelde (43%) tot erge (27%) voedingsprobleme ondervind. Die feit dat 30% van die proefpersone slegs 'n geringe voedings- probleem getoon het, word bevestig deur die resultate dat 32% van die proefpersone 'n sterk suigrefleks vertoon het en dat bottel- en borsvoeding die voedingswyse was wat die algemeenste toegepas is. Die feit dat slegs 38% van die proefpersone suigprobleme gehad het, dui daarop dat aanpassingsgedrag tydens die voedingsproses moontlik vir hierdie verskynsel verantwoordelik gehou kan word. Kliniese waarnemings tydens die empiriese ondersoek dui daarop dat aanpassingsgedrag in die vorm van aanpassings in die plasing en bewegings van die orale strukture, veral van die tong, tydens vloeistofinname voorgekom het. Hierdie aanpassingsgedrag kan egter nie sonder die aanwending van objektiewe meettegnieke, soos byvoorbeeld kineradiografie, akkuraat beskryf word nie. Kennis van aanpassing en kompensatoriese bewegings word as belangrik beskou aangesien dit 'n invloed op die individu se orale sensories-motoriese ondervinding uitoefen wat 'n rol in latere spraakproduksiepatrone kan speel (Fletcher, 1978). Die gebrek aan toepassing van objektiewe meettegnieke impliseer dat moont- like belangrike aspekte van die suigaksie oor die hoof gesien kan word. Evaluering van die voedingsproses dek nie wanvoeding nie en aan- gesien swart onwikkelende gemeenskappe se babas dikwels wangevoed is (Morley, 1979) word aanbeveel dat inligting aan- gaande voedingstatus van die mediese personeel verkry word. Spektrografiese analise van huilbuie Sewe huilkenmerke is deur middel van huilbuie van die proefpersone bestudeer. Aangesien geen metings van die huil- kenmerke van melodietipe en nasaliteit gemaak kon word nie, is hierdie kenmerke slegs kwalitatief bespreek. Die data van die vyf oorblywende huilkenmerke is statisties verwerk en word in Tabel 9 verskaf. Tabel 9: Data wat van spektrografiese huilanalises van die proefpersone verkry is (n = 25) HUILKENMERKE STATIESTIESE BEREKENINGE HUILKENMERKE Rekenkundige gemiddeld Standaard- afwyking Mediaan Variasiewydte Latente periode (sekondes) 1,69 sek 0,95 sek 1,60 sek 3,40 sek Duur van huilbuie (sekondes) 2,38 sek 1,63 sek 2,00 sek 5,60 sek Amplitude van huilsein (dB) 75,17 dB 2,89 dB 74,52 dB 10,30 dB Minimum toonhoogte van fundamentele frekwensie (Hz) 449,2 Hz 120,8 Hz 410,0 Hz 550,0 Hz Maksimum toonhoogte van fundamentele frekwensie (Hz) 813,4 Hz 293,9 Hz 670,0 Hz 1060,0 Hz Opsommend blyk dit dat die proefpersone as groep nie beduidend verskil het van die literatuurbeskrywings van die sewe huil- kenmerke van normale babas nie (Golub & Corwin, 1982; Lester, 1984). Op grond van hierdie resultate is die gevolgtrekking gemaak dat 'n anatomiese afwyking van die orofasiale strukture nie 'n beduidende invloed op die huilpatrone van babas uitoefen nie. Hierdie resultate bevestig die bevinding van Michelsson et al. (1975) wat die enigste bekende huilanalise op gesplete-lip-en- verhemelte-babas uitgevoer het. Bogenoemde afleidings is egter in direkte teenstelling met die mening van Golub & Corwin (1982) naamlik dat enige afwyking van die anatomiese strukture wat by die produksie van huilgedrag betrokke is, in die akoestiese eienskappe van die huilbuie gereflekteer sal word. Indien 'n gesplete lip en verhemelte 'n invloed op 'n baba se huilpatroon uitoefen, is dit van so 'n geringe aard dat dit nie deur 'n spektrografiese analise bewys kan word nie. Ten slotte blyk dit dat die evaluasietegniek van huilanalise 'n definitiewe rol te vervul het in die evaluering van die funk- sionering van die sentrale senuweestelsel in jong babas, maar weinig inligting verskaf oor die invloed wat 'n gesplete lip en verhemelte op huilgedrag as voorloper van latere spraak- produksie uitoefen. | Verdere ontwikkeling van die tegniek van huilanalise kan leiltot 'n beter begrip van huilgedrag as 'n weerspie'eling van die fisiologiese meganismes en anatomiese strukture van die baba se klank- produksiesisteem. Sulke inligting sal insig gee in die wyse waarop babas die betrokke spierstelsels koordineer en kontroleer en sal sodoende nuwe lig op prelinguistiese gedrag werp. Fonetiese analise van vokaliseringsgedrag Op grond van die fonetiese analise wat van die proefpersone se vokaliseringsgedrag gemaak is, is bevind dat glottale artikulasie die meeste gebruik is tydens konsonantproduksies. (Sien Tabel 10.) Tydens die normale ontwikkelingsverloop is daar egter 'n afname in glottale konsonante na die ouderdom van twee maande en dit kom dus voor dat die gesplete-lip-en-verhemelte-proef- persone kwalitatief van die normale ontwikkelingsverloop verskil. Die palatale plek van artikulasie is in 18,7% van die konsonantproduksies gebruik volgens Tabel 10. Dit kom voor asof die proefpersone se gesplete verhemelte nie 'n beduidende The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Kritiese B e o o r d e l i n g van Evaluasietegnieke van toepassing op Gesplete-lip-en-verhemelte-babas 37 , nalatale artikulasie uitgeoefen het nie. Verder is die normale ontwikkeling en die afleiding word gemaak dat dieproef- i n v l o e d op palatale art.Kuias.e u j j , ^ ^ ^ ^ p e r s o n e - n geringe ontwikkelingsagterstand vertoon (Mowrer, (1980). Eksplosiewe klanke is gekenmerk deur glottale klanke ' nVICfnprsone~se vokaliseringsgedrag gekenmerk deur die relatief Ρ Γ n o r k o m s van frikatiewe (38,3%) en nasale (32,3%) klanke. (1980). Eksplos.ewe Kiamce is S - , , , , , , S I h S voorkoms van frikatiewe is