40 Brenda Louw and Isabel C. Uys Richter, L.M. en Griesel, R.D. The performance of young African children (2 to 12 months) on the: 1. Bayley Scales of infant development; 2. Denver Developmental Screening Test. Pre- liminary analysis: Instituut vir Gedragswetenskappe, Uni- versiteit van Suid-Afrika. Pretoria: Universiteit van Suid- Afrika, 1985. R i c h t e r - S t r y d o m , L.M. en Griesel, R.D. African infant precocity: A study of a group of South African infants from two to fifteen months of age. Departementele navorsing: Instituut vir Gedragswetenskappe, Universiteit van Suid-Afrika. Pretoria: Universiteit van Suid-Afrika, 1984. Schepers, J.M. The assessment of brain damage from a psycho metric point of view. Forensic Science, 1, 269-311, 1972. Seibert, J.M. en Hogan, A.E.: "A model for assessing social and object skills and planning intervention" in McClowry, D.P., Guildord, A.M. & Richardson, S.O. (reds.): Infant communication development, assessment, and intervention. New York: Grune & Stratton, 1983. Sheppard, J.J. "Motor components of social vocalizations in infants" pp. 126-130 in The Proceedings of the 18th Congress of the International Association ofLogopedics andPhoniatrics. Washington, D.C., 1980. Smith, B.L. & Oiler, D.K. "A comparative study of pr e_ meaningful vocalizations produced by normally developing and Downs syndrome infants" in Journal of Speech and Hearing Disorders, 46, pp. 46-51, 1981. Starr, P., Chinsky, R., Canter, H. en Meier, J. "Mental, motor and social behaviour of infants with cleft lip and/or palate" in Cleft Palate Journal, 14, pp. 140-147, 1977. Strydom, L.M. Development of communication between African mothers and their infants in the first year of life. Referaat: Biennial Meeting of the Society for Research and Child Development, Toronto, April 1985. Super, C.M. "Environmental effects on motor development: The case of African infant precocity" in Developmental Medicine and Child Neurology, 18, pp. 561-567, 1976. Trevarthen, C. "Communication and cooperation in early infancy: A description of primary intersubjectivity" in Bullowa, M. (red.): Before speech: The beginning of inter- personal communication. Cambridge: Cambridge University Press, 1979. Uys, I.C. "'n Medekonsultasiemodel vir spraak--en gehoor- terapie in die RSA" in Hay, I.S. & Uys, I.C. (reds.): Taal- verskeidenheid en Taalpatologie. Pretoria: Universiteit van Pretoria, 1985. Aspekte van Tydre'eling in Normale en Verbaal-apraktiese Spraak Matilda de Jager, B(Log) (Pretoria) Departement Spraak.heelk.unde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria OPSOMMING Die doel van hierdie ondersoek is om inligting te verkry in verband met 'n aspek van tydreeling van spraakproduksie, naamlik segmentele tyds- duur in Afrikaans. Vier normale sprekers en 'n apraktiese spreker is as proefpersone gebruik. Uit die resultate blyk dit dat daar wel temporale reels in Afrikaans voorkom. Deur segmentele tydsduur by die apraktiese spreker te bestudeer, kan verdere insig in die afwyking asook terapieleidrade verkry word. ABSTRACT The aim of this research report is to obtain information concerning an aspect of timing of speech production, namely, the duration of speech segments in Afrikaans. Four normal speakers and an apraxic speaker were used as subjects. From the results obtained it is evident thai timing rules do exist in Afrikaans. By analyzing the productions of the apraxic speaker in terms ofsegmental duration, more insight into this disorder, as well as therapeutic guidelines can be obtained. Huidige kennis oor temporale organisasie of tydreeling van spraak is hoofsaaklik gegrond op studies wat uitgevoer is in Engels. Omdat daar nog geen studies in die verband in Afrikaans gedoen is nie, bestaan daar 'n groot behoefte aan inligting omtrent die toepassing van tydreeling deur normale Afrikaanssprekende persone. Tydreeling is een van die twee belangrikste komponentevandie beplanning erf programmering van spraak. Motoriese kontrole vir spraakaksies vereis dus akkommodasie en koordinasie in tyd en ruimte van die artikulatoriese gebeure vir die produksie van opeenvolgende segmente in die spraakketting (Lofqvist & Yoshioka, 1981). Verskeie navorsers het die belang van temporale inligting as deel van die gestoorde motorprogram vir spraakaksies gedemonstreer (Cooper & Allen, 1977). Volgens Bell-Berti en Harris (1981) het vroe'ere modelle van spraak- produksie nie daarin geslaag om wel spraakproduksie te verklaar nie, juis omdat dit tydreeling beskou het as 'n byproduk © SASHA 1986 van artikulatoriese gebeure in plaas van as 'n integrate organiserende parameter van motoriese spraakbeplanning. Die aspek van tydre'eling wat in hierdie studie ondersoek word, is segmentele tydsduur. Navorsing in verband met segmentele tydsduur le veral klem op 3 aspekte. Die eerste aspek is konteks- tuele invloed op segmentele tydsduur. Volgens DiSimoni (1974 a) is die kontekstuele invloed op segmentele tydsduur deel van die tydre'elingsisteem van elke taal en word dit aangeleer deur die sprekers van die taal. Die tweede aspek is temporale kompensasie, met ander woorde die effek wat inwerk om die duur van die interne segmente van artikulatoriese eenhede te modifieer in herhaalde produksies. Temporale kompensasie is ook nie 'n eienskap van alle tale nie (DiSimoni 1974 b) en die feit dat dit eers na 9 jaar ten voile aangeleer is, dui daarop dat ontwikkeling plaasvind tot 'n volwasse gesofisitikeerde, akkurate tydreelingsmeganisme. Die derde aspek is die invloed van die konsonantkombinasie (kk) op segmentele tydsduur binne eenlettergrepige woorde. Uit navorsing gedoen, blyk dit The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) A s p e k t e van Tydreeling in Normale en Verbaal-Apraktiese Spraak j - n temporale reel in Engels is met betrekking tot KK- d a t Worting naamlik dat die duur van die KV* in 'n KVK-en ^VKK e e n h e i d ongeveer dieselfde bly in verhouding tot d.e t a l c duur ten spyte van die feit dat die KV en KVK twee derdes t o n K v K K in werklikheid die helfte van die totale uiting e n ' a a k (Walsh 1984). Uit al bogenoemde blyk dit dus dat reels "'n opsigte van aspekte van segmentele tydsduur verband hou met 'n spesifieke taal. Dit sou interessant wees om ondersoek in t e stel na die voorkoms daarvan in Afrikaans. K e n n i s oor tydreeling kan ook as basis dien vir navorsing oor neuromotoriese spraakafwykings, byvoorbeeld verworwe ver- bale apraksie. Volgens Kent en Rosenbek (1983) is verbale apraksie 'n programmeringsafwyking wat 'n afwyking in tyd- reeling en koordinasie tot gevolg het. Die siening dat tydreelingsabnormaliteite apraktiese spraak kenmerk, hou dus belofte in vir die begrip van die afwyking. Uit studies gedoen deur Freeman, Sands en Leavitt (Collins, Rosenbek & Wertz, 1983) en Collins et al. (1983) blyk dit dat reels in verband met duurverhoudings behoue bly by die apraktiese spreker alhoewel produksie wel uitermate verleng word, relatief tot normale produksie. Daar bestaan egter ook teenstrydige studies oor duurverhoudings by apraktiese sprekers (Bauman, Wangler & Prescott in Collins et al. (1983); DiSimoni en Darley 1977). Collins, Rosenbek en Wertz (1983) voel dus dat verdere ondersoek na bogenoemde verskynsels benodig word en dat voortgesette studie van vokaal- konsonant- en lettergreepduur nodig is om die huidige bevindinge oor apraksie te bekragtig. Hierdie studie is dus 'n eerste poging om 'n aspek van tydreeling, naamlik segmentele tydsduur in Afrikaans by normale en verbaal-apraktiese persone te bestudeer. Daar sal gepoog word om inligting te bekom in verband met aspekte van tydreeling in Afrikaanse eenlettergrepige woorde van KVK- en KVKK- struktuur ten einde afleidings te maak ten opsigte van temporale reels in Afrikaans. Deur die aard van die verskil en ooreenkomste tussen normaalsprekendes en 'n apraktiese spreker ten opsigte van bogenoemde te bestudeer, kan verfynde beskrywing van segmentele tydsduur by verworwe verbale apraksie ook verkry word. I M E T O D E j 1. D O E L S T E L L I N G S ' — Om te bepaal of daar 'n neiging tot 'n konstante KV- persentasie oor drie herhalings van dieselfde woord is by 'n proefpersoon om intraproefpersoonkonstantheid te bepaal. — Om te bepaal of daar 'n neiging tot 'n konstante KV- persentasie bestaan in KVK- en KVKK-eenhede waar die KV dieselfde samestelling'het. „ — Om te bepaal wat die invloed van verskillende vokale op die KV-persentasie is in KVKK-eenhede met dieselfde inisiele konsonant en eindkonsonantkombinasie. — Om te bepaal hoe die apraktiese spreker vergelyk met die normale ten opsigte van bogenoemde. 2. P R O E F P E R S O O N S E L E K S I E Vier Afrikaanssprekende volwassenes (2 mans en 2 vrouens) wat geen geskiedenis het van spraak-, gehoor- of neurologiese afwykings nie, is geselekteer. Die apraktiese proefpersoon wat geselekteer is, is 'n 43-jarige Afrikaanssprekende man met normale gehoor wat voldoen aan die kriteria vir die seleksie van η proefpersoon met verworwe verbale apraksie soos voorgestel deur Kent en Rosenbek (1983). Die kriteria is: (a) probeer-en-tref •KV = Konsonant-vokaal | K V K = K o n s o n a n t - v o k a a l - k o n s o n a n t KVKK = K o n s o n a n t - v o k a a l - k o n s o n a n t k o m b i n a s i e Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 41 artikulatoriese soekbewegings en pogings tot selfkorreksie, (b) disprosodie sonder uitgebreide periodes van normale ritme, klem en intonasie, (c) foutonkonstantheid by herhaalde produksie van dieselfde uiting en (d) duidelike probleme met inisiasie van 'n uiting. Drie jaar en 4 maande het verloop nadat die proefpersoon 'n serebro-vaskulere insident gehad het. 3. M A T E R I A A L Die toetsmateriaal wat geselekteer is, is betekenisvolle Afrikaanse woorde of eenhede wat saamgestel is volgens die fonotaktiese reels van Afrikaans. Dit bestaan uit die segmente KVK en KVKK. Die materiaal bestaan uit 4 groepe woorde, naamlik: 1. /sat; sanj sant; sent/ 2. /katj kan; kants kant/ 3. /fak; fill; falk; folk/ 4. / p a k ; pal; palk/ 4. A P P A R A A T E N P R O S E D U R E Op name van die spraaksein is gedoen in 'n klankdigte eenheid met behulp van 'n Nakamichi 550 stereo bandopnemer en 'n omnidireksionele mikrofoon. Die normale sprekers is gevra om die toetsmateriaal drie maal deur te lees. Die apraktiese spreker moes die woorde agter die ondersoeker aan herhaal totdat 3 korrekte produksies van 'n woord verkry is. Die woorde is in 'n toevallig geselekteerde volgorde aangebied. Die sprekers is daarop gewys dat die woorde duidelik maar sonder onnatuurlike klem op enige deel daarvan uitgespreek moet word. Daar is nie gebruik gemaak van 'n aanvangsfrase nie aangesien die apraktiese spreker dit nie kon lees of herhaal nie en eenvormigheid in die prosedure sover moontlik verkry moes word. Vir die ontleding van die spraaksein is die visuele korrelaat daarvan op 'n Hewlett-Packard 1200 B-tipe ossilloskoop vertoon. Senheiser H D 40-oorfone is gebruik sodat die ondersoeker die visuele en ouditiewe sein kon vergelyk. Elke segment van 'n toetswoord is afsonderlik gemeet. Deur dieselfde woord by al die proefpersone direk na mekaar te analiseer, is gepoog om die metingsbetroubaarheid te verhoog. Sodoende is groter konstant- heid ten opsigte van die punt van aanvang en eindiging van 'n segment verkry en is dieselfde segmente met dieselfde amplitude- instelling gemeet. RESULTATE EN BESPREKING 1 K O N S O N A N T - V O K A A L AS P E R S E N T A S I E V A N T O T A L E D U U R O O R D R I E H E R H A L I N G S V A N D I E S E L F D E W O O R D BY D I E N O R M A A L - S P R E K E N D E I N D I V I D U Die statistiese metode van meervoudige variansie-ontleding is gebruik om die resultate te verwerk en die bespreking te rig. Tabel 1 Statistiese data met betrekking tot die konstantheid van die KV% oor 3 herhalings van dieselfde woord by 'n individu (kolommefaktor soos verkry deur meervoudige variansie-ontleding) Woord- groepe Kolomme- faktor 5% peil 1% peil Vryheids- grade 1. /sat; san; sant; sent/ 0,11 3,40 5,61 2 en 24 2. / k a t ; kan; kant; kant/ 1,09 3,40 5,61 2 en 24 3. /fak; fal; falk; f=ik/ 1,58 3,40 5,61 2 en 24 4. / p a k ; pal; palk/ 0,15 3,63 6,23 2 en 18 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 42 Matilda de Jag e r Volgens Tabel 1 is die F-verhouding van die kolommefaktor in die woordgroep /sat; san; sant; sent/, 0,11. Hierdie waarde wys op onbeduidende verskille ten opsigte van KV as p e ^ n t a s . e van totale tydsduur omdat die kleiner is as 3,40 (5% peil) en 5 61(1% peil) met 2 en 4 vryheidsgrade. Dieselfde tendens word ook by die drie ander woordgroepe waargeneem. Die feit dat elke woord dne keer herhaal word by 'n individu, lewer nie statistics beduidende verskille op ten opsigte van KV as persentasie van totale tydsduur nie. Daar bestaan dus wel 'n neiging tot 'n konstante KV- persentasie oor drie herhalings van dieselfde woord by 'n individu. Intraproefpersoonkonstantheid kom dus voor. Die feit dat daar wel 'n neiging tot 'n konstante KV-persentasie oor drie herhalings van dieselfde woord is, impliseer dat tempo- rale kompensasie wel binne 'n KV-lettergreep in KVK- en KVKK- woorde in Afrikaans by die proefpersone voorkom en bydra tot hierdie neiging. Daar kom, met ander woorde, minder variasie in die duurpersentasie van die lettergreep as in die duurpersentasie van die segmente waaruit die lettergreep bestaan, voor. DiSimoni (1974b) het die ontwikkeling van temporale kompensasie bestu- deer by kinders met die ouderdomme 3, 6 en 9 jaar. Hy vind dat temporale kompensasie eers na 9 jaar ten voile aangeleer is en dit dui dus daarop dat daar ontwikkeling plaasvind tot 'n volwasse, gesofistikeerde, akkurate, tydreelmeganisme. Sharkey en Folkins (1985) hipotetiseer ook dat verskillende ontwikkelende motoriese prosesse die varieerbaarheid van spraak bei'nvloed op verskillende ouderdomme en dat variasie afneem met ouderdom. By die volwasse Afrikaanssprekende proefpersone kom daar dus 'n intrapersoonlike temporale reel met betrekking tot konstante KV-persentasie oor drie herhalings van dieselfde woord voor. Daar moet egter in gedagte gehou word dat hierdie konstantheid nie absoluut is nie. Daar kom wel 'n geringe mate van variasie voor omdat daar motories-ekwivalente bewegingspatrone bestaan in spraak (Sharkey en Folkins, 1985). Die grense van variasie is egter baie kleiner by die volwassene as by die kind. 2. KONSTANTHEID VAN KONSONANT-VOKAAL AS PERSENTASIE VAN TOTALE DUUR IN 'N KVK- EN KVKK-EENHEID Volgens Tabel 2 is die F-verhouding van die ryefaktor vir die woordgroep /sat; san; sant, ecnt/', 7,07. Hierdie waarde wys op beduidende verskille tussen die woorde binne die groep ten opsigte van die KV as persentasie van totale duur omdat dit groter is as 3,49 (5% peil) en 5,95 (1% peil) met 3 en 12 vryheidsgrade. Dieselfde tendens word ook by die woordgroepe/kat; kan; kant; ksnt/ en /fak; fal; falk; folk/ waargeneem (sien Tabel 2). By die woordgroep /pak; pal; palk/ is die F-verhouding van die Tabel 2: Statistiese data met betrekking tot KV as persentasie van totale duur in KVK- en KVKK-eenhede (ryefaktor soos verkry deur meervoudige variansie-ontleding) Woord- groepe Ryefaktor 5% peil 1% peil Vryheids- grade / s a t 5 aan; sant5 acnt/ 2. /kat; kan; kant; k 3 n t / ' 7,07 25,62 3,49 5,95 3.49 5,95 3 en 12 3 en 12 3. /fak; fal; falk; font/ 5,67 3,49 5,95 (nie bedui- dend op die 1% peil nie) 3 en 12 4. /pak; pal; palk/ 2,81 4,26 8,02 (nie statistics beduidend nie) 2 en 9 ryefaktor egter 2,81 wat kleiner is as 4,26 (5% peil) en 8,02 (1% peil) met 2 en 9 vryheidsgrade. Daar is egter wel 'n verskil in die KV-persentasie, alhoewel hierdie verskil dan nie statistics beduidend is soos by woordgroepe een tot drie nie. Uit bogenoemde resultate blyk dit dus dat daar nie by die proef- persone 'n neiging is tot 'n konstante KV-persentasie in 'n KVK- en KVKK-eenheid nie. Die temporale reel in Engels, naamlik dat die duur van die KV in 'n KVK- en 'n KVKK-eenheid ongeveer dieselfde bly in verhouding tot die totale duur ten spyte van die feit dat die KV in KVK twee derdes en in KVKK in werklikheid die helfte van die totale uiting uitmaak (Walsch 1984), kom dus nie by die Afrikaanse proefpersone voor nie. Uit Walsch (1984) se studie blyk dit dat in uitinge wat volgens die fonotaktiese reels van Engels saamgestel is, byvoorbeeld / s ps/ en Λ pst/, daar soveel konsonantkombinasieverkorting plaasvind, dat die KV-persen- tasie / s / vir albei uitinge ± 50% is en dus neig om konstant te bly. Hierdie verskynsel kom egter nie by die Afrikaanse proefpersone voor nie. Vir proefpersoon 1 was die persentasie v i r / s a / in /sat/ byvoorbeeld 68,14% teenoor die 51,25% v i r / s a / in /sant/. Kon- sonantkombinasieverkorting vind dus nie in so 'n mate plaas dat die / n t / in / s a n t / dieselfde persentasie beslaan as die / t / in / s a t / nie. Konsonantkombinasieverkorting kom egter wel in Afrikaans voor, byvoorbeeld vir proefpersoon 1 was die gemiddelde duur van die / t / in / s a t / 137 ms terwyl die / t / in /sant/, 100 ms was. Waar die doel van konsonantkombinasieverkorting in Engels volgens Walsch en Parker )1982) dus is om vasgestelde duurver- houdinge te behou vir die KV-gedeelte in KVK- en KVKK- eenhede, blyk dit nie die geval te wees by die Afrikaanse proef- persone nie. 3. DIE INVLOED VAN VERSKILLENDE VOKALE OP DIE KV- PERSENTASIE IN KVKK-EENHEDE MET DIESELFDE INISIELE KONSO- NANT EN EINDKONSONANTKOMBINASIE Uit Tabel 3 blyk dit dat die gemiddelde persentasie van / s a / en / s 1/ in kombinasie met die konsonantkombinasie/nt/ nie noemens- waardig van mekaar verskil nie (slegs met 0,50%). Daar kan dus afgelei word dat dit 'n normale spreker ± dieselfde tyd neem om / s a / en/ic/te produseer. Die gemiddelde persentasie van /fa/ in kombinasie met / l k / is 2,94% meer as vir /fo/ en die afleiding kan dus gemaak word dat dit die normale spreker effens langer neem om /fa/ as /f o/ te produseer. Vir die produksie van / k a / en Aa/ in kombinaise met / n t / is die gemiddelde persentasie 5,78% meer vir / k a / as vir Ao/ . Dit neem dus die normale'spreker 5,78% langer om / k a / in kombinasie met / n t / te produseer as om As/ in dieselfde kombinasie te produseer. Dit wil dus voorkom asof die vokaal wel 'n geringe invloed op die KV-persentasie van totale Vluur het. ; Tabel 3: Vergelyking ten opsigte van KV as persentasie van totale duur by woorde met dieselfde samestelling, waar slegs die vokaal gevarieer word KV-persentasie (van die toetswoorde) / a a n t / / a c n t / A a n t / A s n t / ' / f a l k / /folic/ 1 51,25 48,56 1 34,41 27,35 1 43,63 43,62 2 55,30 54,44 2 39,18 30,81 2 56,59 51,10 3 55,06 58,31 3 37,98 29,87 3 56,51 52,33 4 61,63 64,00 4 38,40 38,81 4 57,45 55,05 * 55,81 56,32 37,49 31,71 53,46 50,52 5 69,31 . 65,77 5 53,44 42,03 5 65,30 61,53 * Gemiddelde KV % vir normale pp e The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) /î spkete van Tydreeling in Normale en Verbaal-Apraktiese Spraak n e g e m i d d e l d e persentasie vir normale proefpersone Van / s a / en /lc/ (55,18% en 56,32%) in kombinasie met / n t / is aansienlik 3 ger as die gemiddelde persentasies van / k a / en A»/(37,49% en 3171 % ) i n kombinasie met / n t / . Die persentasie wat / n t / beslaan W die totale woordduur word dus bepaal deur die klank- omgewing waarin dit voorkom. Soos daar dus in Engels die tem- °orale reel bestaan dat vokale langer is voor 'n stemhebbende as ? n s t e m l o s e konsonant (House & Fairbanks en Peterson & Lehiste a a n g e h a a l deur DiSimoni (1974b)) kan daar gese word dat daar 'n t e m p o r a l e reel by die Afrikaanse proefpersone bestaan, naamlik dat 'n / s / plus 'n vokaal 'n groter persentasie van die woord uit- m a a k as 'n / k / plus 'n vokaal wanneer dit geproduseer word voor die konsonantkombinasie / n t / . Konsonantkombinasieverkort- ing moet dus in 'n groter mate inwerk op / n t / wanneer dit v o o r a f g e g a a n word deur 'n kontinuant plus 'n vokaal, as deur ' n plosief plus 'n vokaal. Die verkorting van die duur van 'n konso- nant in 'n konsonantkombinasie moet in antisipasie van die v o l g e n d e konsonant uitgevoer word (Walsch & Parker 1982). Hierdie verkorting moet dus op grond van 'n temporale reel wat verband hou met die klankomgewing beplan word. 4 VERGELYKING VAN DIE PRODUKSIE VAN DIE APRAKTIESE SPREKER MET DIE VAN DIE NORMALE PROEFPERSONE Die z-waarde vir die drie herhalings van elke woord wat deur die apraktiese spreker geproduseer is, is bereken en word voorgestel deur Figure 1.1 tot 1.15. Uit al die grafieke blyk dit duidelik dat daar onkonstantheid is in die herhaalde produksie van dieselfde woord by die apraktiese spreker in teenstelling met die konstantheid wat by normale sprekers voorkom (sien 1). Daar bestaan ook nie konstantheid ten opsigte van die kurwe van elke grafiek nie en verskeie tendense word waargeneem. Uit figure 1.1, 1.7 en 1.12 kan waargeneem word dat daar met herhaalde produksie nader beweeg word aan die normale produksie. Adap- tasie vind dus plaas. Figure 1.2, 1.8 en 1.15 toon aan dat die laaste herhaling wel die naaste aan die normale produksie is, maar dat daar nie geleidelike adaptasie voorkom nie. Uit figure 1.11 en 1.13 word waargeneem dat die eerste produksie die naaste aan die normale was terwyl daar met die tweede en derde produksie eers weg en toe weer nader aan die normale produksie beweeg is. Figuur 1.10 is die enigste grafiek wat aantoon dat met die produk- sie van /fal/ daar met elke herhaling verder weg beweeg is van die normale produksie. Figure 1.6 en 1.14 toon aan dat die eerste produksie die verste van normale produksie is en dat daar met die tweede produksie nader daaraan beweeg word. Die derde produksie is egter weer swakker. Die tendens wat die meeste voorkom is die in figure 1.3; 1.4, 1.5 en 1.9, waar die beste produksie op die tweede herhaling en die swakste produksie op die derde herhaling voorkom. > Die eerste twee tendense kan aanduidend wees van adaptasie met herhaalde produksie wat 'n kenmerkende simptoom van apraksie is (Darley, Aronson en Brown 1975). Die ander tendense is slegs 'n weerspie'eling van die onkonstante produksie van die apraktiese spreker. 43 FIGUUR 1: GRAFIESE VOORSTELLING VAN DIE Z- WAARDE BY DIE APRAKTIESE SPREKER. 10 r 5 -· 4,14 2,60 , 0 , 3 7 / s a t / Figuur 1.1 1 0 - - 7,62 -.4,72 2,67 / s a n / Figuur 1.2 10 -- 2,52 . . 1,25 /sfcnt/ Figuur 1.3 10 5 -• 10,98 . . 2,74 1,52 / s a n t / Figuur 1.4 Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 1 1 , 9 0 /kat/ Figuur 1.5 / t a n / Figuur 1.6 A a n t / Figuur 1.7 Matilda de J a g e r 10 -- 0 , 9 6 1 0 . . 5 -• 2,12 1 , 5 5 1 , 8 4 / l e n t / Figuur 1.8 / f a l k / Figuur 1.11 1 0 - 4 , 8 9 / f a k / Figuur 1.9 2 5 J- 2 0 - - 1 5 . . . 2 4 , 7 4 1 0 -- / f a l / Figuur 1.10 10 5 - . 4 , 5 0 / f a l k / Figuur 1.12 1 0 - - 5 -- 8 , 4 5 4 , 2 9 2 , 0 7 / p a k / Figuur 1.13 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) A s p e k t e van Tydreeling in Normale en Verbaal-Apraktiese Spraak 1 0 - - 5 . . - - 2 , 2 4 1 , 5 4 1 , 4 3 /pal/ Figuur 1.14 1 2 , 8 7 2 , 4 0 Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat daar onkonstantheid bestaan ten opsigte van die segmentele tydsduur in die herhaalde produksie van 'n woord deur die proefpersoon met verbale apraksie. Onkonstantheid en variasie van die foutpatroon oor herhalings van dieselfde woord is een van die klinies mees waar- neembare en kenmerkende eienskappe van apraktiese spraak (Kent & Rosenbek, 1983). In teenstelling daarmee produseer die normale spreker elke herhaling met bykans dieselfde duur vir elke segment. 'n Verdere verskynsel wat waargeneem word, is dat die z-waarde van die verskillende woorde soos geproduseer deur die apraktiese spreker, verskil. Die z-waarde is aanduidend van die mate waarin 'n produksie van die normale afwyk. Volgordelike rangskikking van die z-waardes is moontlik en word voorgestel in Tabel 4. Die afleiding wat moontlik hieruit gemaak kan word, is dat hoe hoer die z-waarde is, hoe meer afwykend is die produksie en dat die moeilikheidsgraad van die produksie van die verskillende woorde varieer by die apraktiese spreker. Deur die afleiding te maak dat 'n Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 45 moeilike produksie meer afwykend sal wees as 'n makliker produksie, kan daar op grond van die z-waardes bepaal word watter spesifieke produksies vir die spesifieke spreker makliker of moeiliker is, byvoorbeeld vir die w o o r d e / ' / f ^ / en /falk/ is die gemiddelde z-waardes onderskeidelik 7,31 en 1,83. Daar kan nie regstreeks gese word dat dit vir die apraktiese spreker makliker is om 'n / a / as//o/ te produseer nie want z-waarde vir /fal/ is 13,25 wat dus weer hoer is as die z-waarde vir / f o l k / . Tabel 4: Volgordelike rangskikking van die mate waarin geproduseerde woorde van die apraktiese spreker afwyk van die normale soos aangedui deur die z-waarde van elke produksie. Daar kan wel afgelei word dat dit vir hierdie spreker makliker is om 'n / a / te produseer in kombinasie met 'n inisi'ele /{/ en finale / l k / as wat dit vir hom is om 'η /=/ te produseer in dieselfde klankomgewing. Hierdie feit ondersteun die stelling dat persone met verbale apraksie dikwels probleme ondervind met 'n spesi- fieke klank wanneer dit in 'n spesifieke klankomgewing voorkom (Van der Merwe, 1985). Deur gebruik te maak van hierdie metode van ontleding waarin die z-waarde vir elke produksie addisioneel tot ouditiewe analise van simptome bepaal word, kan daar dus met groter akkuraatheid vasgestel word presies waar die spesifieke pasient se probleem le. Veral in 'n gevorderde stadium van terapie kan so 'n analise waardevolle terapieleidrade verskaf. Die onkonstantheid ten opsigte van KV as persentasie van totale duur by herhaling van dieselfde woord deur die apraktiese spreker word verder gei'llustreer deur Tabel 5. Hierin word aangetoon dat die gemiddelde konstantheidsvariasie vir proefpersone 1 tot 4 onderskeidelik 3,43%; 3,97%; 4,29% en 4,13% is. Die normale omvang is dus 3,43% tot 4,29% en die gemiddelde konstantheids- variasie-persentasie vir die normale proefpersone is 3,95%. By die apraktiese spreker is die gemiddelde konstantheidsvariasie- persentasie 10,97% wat dus ver buite die normale omvang en baie hoer as die gemiddeld van die normale is. Dit dui dus daarop dat daar groter variasie is ten opsigte van die KV-persentasie van totale duur by herhaling van dieselfde woord deur die apraktiese spreker as by die normale spreker. Hierdie variasie ten opsigte van KV as persentasie van totale duur dui weer eens op die onkon- stantheid en variasie in die produksies van die apraktiese spreker. Onkonstantheid en variasie is egter ook kenmerkend van kinderspraak. Sharkey en Folkins (1985) haal DiSimoni (1974b) en Tingley en Allen (1975) se studies aan waarin gevind is dat die varieerbaarheid van baie van die parameters van spraak afneem met ouderdom tot by puberteit. Nadat 'n kind geleer het om 'n taak suksesvol uit te voer, word die onderliggende motorprosesse verfyn deur verhoogde antisiperende komponente van die R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 46 Matilda de J a g e r Tabel 5· Vergelyking tussen die normale sprekers en die apraktiese ' spreker ten opsigte van KV%-konstantheid oor 3 herhalings van dieselfde woord. Voorstelling deur middel van konstantheidsvariasie-waardes. 3 g •c u i Woorde sat san sant sent kat kan kant k nt fak fal falk folk pak pal palk Gemiddelde kon· stall theidsvariasie vir elke proef- persoon Proef- persoon 1 1,68 4,95 4,60 0,98 3,10 1,82 0,78 4,82 4,29 5,92 6,28 3,02 3,08 3,22 2,91 3,43% Proef- persoon 2 0,87 1,93 2,91 4,02 6,77 3,37 2,71 4,68 2,53 6,14 6.73 3.74 10,61 0,81 1,76 3,97% Proef- persoon 3 7,86 0,96 1,05 0,25 1,66 1,40 2,27 2,68 23,02 0,71 5,17 3,76 1,70 3,38 8,55 4,29% Proef- persoon 4 0,76 3,11 8,95 2,15 3,69 4,92 2,69 9,63 0,56 4,74 3,76 4,65 5,42 3,88 3,11 4,13% AP 6,16 11,66 12,64 13,64 3,87 14,35 19,28 9.98 12,86 5,20 7.99 23,08 4,20 11,35 8,32 10,97% Omvang van normale konstantheidsvariasie 3,43%-4,29% Gemiddelde konstandheidsvariasie-persentasie vir normale proefpersone 3,95% Tabel 6 toon verder aan dat die KV-persentasie van dieselfde woord baie groter is by die apraktiese spreker as by die normale sprekers. Byvoorbeeld vir die woord / k a t / is die KV-persentasie vir die apraktiese spreker gemiddeld 65% en vir die normale sprekers slegs 44,30%. Uit die roudata was dit duidelik dat segmentele tydsduur oor die algemeen baie langer is by die apraktiese spreker as by die normale sprekers. Hierdie verlengde segmentele tydsduur resulteer dus in stadiger produksie. Dit is egter ook opvallend dat die vokaal in elke woord heelwat meer verleng word as die konsonante in dieselfde woord. Dit bevestig Kent en Rosenbek (1983) se bevindings dat vokaalverlenging en stadige produksie kenmerkend is van apraktiese spraak. Die hoe KV-persentasie wat voorkom by die apraktiese spreker is dus die gevolg van die oormatige verlenging van die vokaal. Die persentasie wat die KK uitmaak van die totale duur van die woord is dus nou korter by die apraktiese spreker as by die normale sprekers. Dit moet egter nie gei'nterpreteer word as dat die apraktiese spreker die KK vinniger produseer nie. Die duur in millisekondes van die KK is steeds langer as die normale duur. Die persentasie wat dit van die totale woordduur uitmaak, is egter kleiner omdat die KV-gedeelte, as gevolg van oormatige vokaalverlengings, so 'n groot persentasie van die totale woordduur beslaan. Tabel 6: Vergelyking tussen normale sprekers en 'n apraktiese spreker ten opsigte van die KV-persentasie AP = Apraktiese proefpersoon. Woorde Omvang van KV- persentasie by normale sprekers Gemiddelde KV- persentasie vir die normale sprekers KV-persentasie by die apraktiese spreker / s a t / 63,75 - 68,74 67,13 72,59 / s a n / 61,21 - 68,40 64,80 78,92 / s a n t / 5 1 , 2 5 - 6 1 , 6 3 55,81 69,31 / s t i l t / 48,56 - 64,00 56,33 65,77 / k a t / 41,90 - 45,90 44,30 65,00 / k a n / 46,86 - 52,62 49,56 69,80 / k a n t / 34,41 - 39,18 37,49 53,44 A s n t / 27,35 - 38,81 31,71 42,03 / f a k / 54,56 - 61,30 57,79 67,33 / f a l / 62,06 - 63,63 62,78 81,33 / f a l k / 43,63 - 57,45 53,54 65,36 / f o l k / 43,62 - 55,05 50,52 61,53 / p a k / 39,81 - 4 9 , 5 1 45,55 60,39 / p a l / 28,12 - 57,01 48,36 71,14 / p a l k / 31,00 - 37,89 35,46 51,32 bewegingskema, deur meer ekonomiese gebruik van energie en deur minder variasie by die herhaling van 'n taak (Sharkey & Folkins, 1985). Di Simoni (1974b) het byvoorbeeld gevind dat kinders eers na 9 jaar die temporale reel van temporale kompensasie aanleer, met ander woorde, verfyning geskied ook op die gebied van tydreeling. Dit wil dus voorkom asof hierdie beheer weer verlore gaan by die apraktiese spreker en resulteer in onkonstantheid in die toepassing van tydreeling. Dit is dus moontlik om die afleiding te maak dat tydreelingvariasie wat in apraktiese spraak voorkom, ooreenstemming kan toon met die tydreelingvariasie in die spraakproduksie van kinders. Waar die kind nog nie volkome beheer oor tydreeling ontwikkel het nie, het die apraktiese spreker moontlik weer die beheer verloor. Kent en Forner (1980) stel ook voor dat groter variasie in kinderspraak verband kan hou met die feit dat hulle spraak stadiger is as die van volwasse spraak en dat stadige spraak predisponerend is tot verhoogde tydreelingsfoute. Stadige produksie is ook kenmerkend van apraktiese spraak (Kent & Rosenbek, 1983) en kan dus saam met foutiewe programmering die oorsaak wees van die variasie in die toepassing van tydreeling by die apraktiese spreker. In die produksie van die aprakties spreker word dieselfde tendens as by die normale spreker waargeneem, naamlik dat 'n kontinuant plus 'n vokaal in kombinasie met / n t / 'n groter KV- persentasie het as 'n ploffer plus 'n vokaal in kombinasie met / n t / (sien Tabel 3). Daar kan dus afgelei word dat hierdie temporale reel by hierdie spesifieke apraktiese spreker behoue gebly het. I I Alhoewel die produksie van die apraktiese spreker uitermate ver- leng word relatief tot normale produksie en dus dui op afwy kende programmering van segmentele tydsduur, demonstreer verskeie studies dat duurverhoudings wel behoue bly by hierdie sprekers. Collins, Rosenbek en Wertz (1983) bestudeer die verhouding tussen vokaal- en woordduur by normale en apraktiese sprekers in langerwordende woorde. Die resultate toon dat die vokaal korter word in verhouding met die duur van die basiswoord namate die woord langer word by die normale en by die apraktiese sprekers. Collins et al. (1983) haal ook vir Freeman, Sands en Leavitt aan wat demonstreer dat die Engelse fonologiese reel, naamlik dat vokale langer is voor 'n stemhebbende as voor 'n stemlose konso- nant, ook toegepas word deur apraktiese sprekers. Uit bogenoemde kan daar dus afgelei word dat sekere aspekte van temporale programmering, byvoorbeeld segmentele tydsduur, The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) A s p e k t e van Tydreeling in Normale en Verbaal-Apraktiese Spraak afwykend is by die apraktiese spreker terwyl ander, byvoorbeeld duurverhoudinge, intakt is. GEVOLGTREKKINGS MET BETREKKING TOT DIE NORMALE SPREKERS Daar bestaan 'n neiging tot 'n konstante KV-persentasie oor drie herhalings van dieselfde woord by 'n individu. Hierdie konstantheid is egter nie absoluut nie omdat daar motories- ekwivalente bewegingspatrone in spraak bestaan. Hieruit kan ook afgelei word dat temporale kompensasie wel by Afrikaanssprekende proefpersone voorkom en bydra tot die neiging van 'n konstante KV-persentasie oor herhalings van dieselfde woord. - Daar bestaan nie 'n neiging tot 'n konstante KV-persentasie in KVKK-eenhede byvoorbeeld / s a t / teenoor / s a n t / nie. Die temporale reel in Engels, naamlik dat die duur van die KV in 'n KVK- en KVKK-eenheid ongeveer dieselfde bly in verhouding tot die totale duur (Walsh 1984), kom dus nie by die Afrikaanssprekende proefpersone voor nie. Konsonant- kombinasieverkorting kom dus in 'n mindere mate in Afrikaans voor as byvoorbeeld in Engels en dus nie met die doel om vasgestelde duurverhoudinge te behou nie. -Verskillende vokale het 'n geringe invloed op die KV- persentasie van die totale duur van KVKK-eenhede met dieselfde inisiele konsonant en eindkonsonantkombinaise. Die KV-persentasie word dus bepaal deur die klankomgewing waarin dit voorkom. Uit die toetsmateriaal kan afgelei word dat daar 'n temporale reel in Afrikaans bestaan, naamlik dat 'n kontinuant plus 'n vokaal 'n groter persentasie van die woord uitmaak as 'n plotter plus 'n vokaal wanneer dit geproduseer word voor die konsonantkombinasie / n t / . MET BETREKKING TOT DIE APRAKTIESE SPREKER - Deur ontleding van 'n apraktiese spreker se spraak in terme van segmentele tydsduur en die bepaling van 'n z-waarde vir elke produksie, kan daar in 'n groot mate bepaal word met watter klanke in watter spesifieke klankomgewing die spreker die meeste probleme het. Deur hierdie metode van analise 'addisioneel tot ouditiewe aiialise van apraktiese simptome toe te pas, kan waardevolle terapieleidrade veral in 'n gevorderde stadium van behandeling ^erkry word. - Daar bestaan onkonstantheid en variasie van die foutpatroon ten opsigte van segmentele tydsduur in die herhaalde produk- sie van 'n woord by die apraktiese proefpersoon. i - Daar bestaan onkonstantheid van die KV-persentasie met die herhaling van dieselfde woord. Daar is dus groter variasie ten opsigte van die KV-persentasie by herhaling van dieselfde woord deur die apraktiese spreker as by die normale spreker. - Variasie van tydre'eling in die produksie van die apraktiese spreker kan moontlik verband hou met die tydreelingsvariasie in kinderspraak. ι - Die temporale reel wat by normale sprekers voorkom, naamlik dat 'n kontinuant plus 'n vokaal in kombinasie met / n t / 'n groter KV-persentasie het as 'n ploffer plus 'n vokaal in kombinasie met / n t / , het behoue gebly by hierdie apraktiese spreker. - Die KV-persentasie by die apraktiese spreker is deurgaans groter as vir die normale sprekers en dit bevestig Kent en 47 Rosenbek (1983) se bevindinge, naamlik dat vokaalverlenging en stadige produksie kenmerkend is van apraktiese spraak. Aangesien hierdie slegs 'n eerste poging was om die programmering en toepassing van tydreeling in Afrikaans te bestudeer, bestaan daar nog 'n groot behoefte aan verdere kennis en navorsing op hierdie gebied. BEDANKINGS Die skryfster wil graag mev. A. van der Merwe, Departement Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria, be- dank vir haar leiding met die uitvoer van die studie waarop hierdie artikel gegrond is. VERWYSINGS Bell-Berti, F. en Harris, K.S. A temporal model of speech produc- tion. Phonetica, 38, 9-20, 1981. Collins, M.; Rosenbek, J.C. en Wertz, R.T. Spectrographic ana- lysis of vowel and word duration in apraxia of speech. Journal of Speech and Hearing Research, 26, 224-230, 1983. Cooper, M.H. en Allen, G.D. Timing control accuracy in pormal -speakers and stutterers. Journal of Speech and Hearing Re- search, 20, 55-71, 1977. Darley, F.L.; Aronson, A.E. & Brown, J.R. Motor Speech Dis- orders. W.B. Saunders Company, Philadelphia, 1975. DiSimoni, F.G. Influence of consonant environment on duration of vowels in the speech of three, six, and nine-year old children. J. Acoust. Soc Am, 55, 362-363, 1974a. DiSimoni, F.G. Some preliminary observations on temporal compensation in the speech of children. J. Acoust. Soc. Am, 56, 697-699, 1974b. DiSimoni, F.G. Evidence for a theory of speech production based on observations of the speech of children. J. Acoust. Soc. Am, 56, 1919-1921, 1974c. DiSimoni, F.G. en Darley, F.L. Effect on phoneme duration con- trol of three utterance length conditions in an apraxic patient. Journal of Speech and Hearing Disorders, 42, 257-264, 1977. Kent, R.D. en Forner, L.L. Speech segment durations in sentence recitations by children and adults. Journal of Phonetics, 8,157- 168, 1980. Kent, R.D. en Rosenbek, J.C. Prosodic disturbance and neuro- logic lesion. Brain and Language, 15, 159-192, 1982. Kent, R.D. en Rosenbek, J.C. Acoustic patters of apraxia of speech. Journal of Speech and Hearing Research, 26, 231-249, 1983. Lofqvist, A. en Yoshioka, H. Interarticular programming in ob- struent production. Phonetica, 21-34, 1981. Sharkey, S.G. en Folkins, J.W. Variability of lip and jaw move- ments in children and adults: Implication for the development of speech motor control. Journal of Speech and Hearing Re- search, 8-15, 1985. Tingley, B.M. en Allen, G.D. Development of speech control in children. Child Development, 46, 186-194, 1975. Van der Merwe, A. Terapieprogram vir verbale ontwikkelings- apraksie met toepassingsmoontlikhede vir ander spraakafwyk- ings, Pretoria: Universiteit van Pretoria, 1985. Walsch, T, Modelling temporal relations within English syllables. Journal of Phonetics, 12, 19-35, 1984. Walsch, T. en Parker, F. Vowel length and "voicing" in a follow- ing consonant. Journal of Phonetics, 9, 305-308, 1981. Walsch, T. en Parker, F. Consonant cluster abbreviation: an ab- stract analysis. Journal of Phonetics, 10, 423-437, 1982. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 33, 1986 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) ADM\NCED FOR TOMORROW. THE Μ Α Κ Ό M A 4 1 Progressive. The latest tech- nology* Built to meet tomor- row^ needs head-on. That's the Maico MA41. It's a portable audiometer with reliable circuitry and features that you require in an office audiometer. Like speech and narrow band masking, talk forward and talk back, and the new B71 bone vibrator. T h e MA41 is sophisticated enough for all applications, yet it's remarkably easy to use. So you can concentrate on your patient. N o t the machine. T h e Maico MA41. A top-of-the-line portable that's advanced for t o m o r r o w . . . but available today. FROM MAICO ^ R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)