'η Spektrografiese Ontleding van die Vokale van Afrikaanssprekende Gehoorgestremdes Santie Meyer M(Log) (Pretoria) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING Die vokaalproduksie van 'n groep kongenitaal gehoorgestremde seuns is spektrografies ontleed. Die dowe sprekers toon 'n gehoorverlies van 90dB gehoorpeil ofswakker in die beste oor, terwyl die hardhorendes 'n gehoorverlies van 70-90dB vertoon. Resultate is met 'n nor- maalhorende groep vergelyk. Die spektrografiese analise toon aan dat daar statisties betekenisvolle verskille tussen die dowes en normaal- horendes is ten opsigte van vokaalduur (dowes verleng die duur) die fundamentele frekwensie en eerste formantfrekwensie (dowes verhoog dit) en die tweede formantfrekwensie wat deur dowes verlaag word. Die hardhorendes verskil ten opsigte van fundamentele frekwensie en die eerste formantfrekwensie van die normaalhorendes. Die implikasies van hierdie bevindings word vir terapie bespreek. ABSTRACT The vowel production of eight profoundly deaf, ten severely hearing-impaired, and ten normal hearing subjects was subjected to spectro- graphic analysis and compared. Results indicate significant differences between the profoundly deaf and normal hearing subjects in respect of vowel duration, fundamental frequency, and first and second formant frequencies. Significant differences relating to fundamental fre- quency and the first formant frequency were observed between the severely hearing-impaired and normal hearing subjects. Implications of these results regarding speech therapy for the hearing-impaired are discussed. The importance of the ability to correctly articulate vowels is not only that vowels are individual phonemic entities and serve as the basic building blocks of morphemes but also that: 1. vowels — particularly at their onset and their end - convey to the listener crucial consonantal information; 2. they contain important prosodic information through varia- tions in fundamental frequency, intensity, and duration. (Monsen, 1976) Die belang van die korrekte produksie van vokale vir suksesvolle kommunikasie blyk duidelik uit die aanhaling. Die feit dat gehoor- gestremdes se spraakkommunikasie dikwels oneffektief is, is tot 'n groot mate toe te skryf aan hul onvermoe om vokale akkuraat te produseer (Markides, 1970). Swak spraakverstaanbaarheid en spesifiek die onsuksesvolle vokaal- produksie kan verklaar word na aanleiding van die sensoriese om- standighede waaronder die gehoorgestremde spraak aanleer (Monsen, 1983). Die gehoorgestremde se afhanklikheid van visie, vibrasie, propriosepsie, terugvoering van horende volwassenes en die distorsie van die beskikbare gehoor in die aanleer van spraak, lei tot verskille in fonologiese organisasie. Verder word die voka- le geleer deur bewuste visuele, vibrotaktiele en ouditiewe naboot- sing. Die artikulasie van spraakklanke is dus stadig en aritmies. Die gehoorgestremde kind boots ook die visuele beeld van die spraakklank na en ignoreer die tongbewegings wat nie sigbaar is nie. Hul poog ook om die artikulatoriese terugvoer in die produk- sie van sekere klanke te verskerp om 'n meer spesifieke mikpunt te kan verkry (Monsen, 1983). Dit is gevolglik redelik duidelik waarom die vokaalproduksie af- wykend is, tog is daar 'n gebrek aan basiese inligting ten opsigte van die aard van die afwykings - spesifiek in Afrikaans. Hierdie studie poog om as vertrekpunt te dien in hierdie behoefte aan inlig- ting. Om vokaalproduksie egter sinvol te deurskou is dit van be- lang om 'n objektiewe metingswyse te gebruik omdat dit in die meeste gevalle selfs vir 'n opgeleide luisteraar moeilik is om die Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 oorsaak van 'n gehoorgestremde se spraakfoute te identifiseer (Mon- sen, 1978). Om die rede word vokale spektrografies ontleed. Die parameters wat akoesties ontleed is, is die eerste twee forman- te wat die belangrikste leidraad in vokaalpersepsie is teenoor on- der andere die fundamentele frekwensie en vokaalduur wat van sekondere belang is (Monsen en Engelbretson, 1983). Daar is reeds in studies van Amerikaanse Engels aangetoon dat laasgenoemde twee parameters van belang is in die spraak van die gehoorgestremde en daarom is dit ook in hierdie studie ingesluit (Monsen 1974, An- gelocci, Kopp en Holbrook, 1964). METODE PROEFPERSONE Agtien tienderjarige seuns met 'n kongenitale sensories-neurale ge- hoorverlies groter as 70dB gehoorpeil in die beste oor is as proef- persone geselekteer. Tien seuns het 'n ernstige (70-90dB) gehoorverlies en 8 het 'n totale gehoorverlies (groter as 90dB) ver- toon. Daar word vervolgens na eersgenoemde groep as hardhoren- des en na laasgenoemde groep as dowes verwys. Slegs seuns bo 15 jaar is geselekteer sodat hul laer fundamentele frekwensie ak- kurate spektrografiese metings kan verseker (Huggins, 1980). Al die proefpersone het oor 'n normale intelligensie beskik en geen ander fisiese afwykings getoon nie. Almal is reeds op voorskoolse stadium met gehoorapparate gepas en daar is toe reeds met oplei- ding begin. Verder is al die seuns se huistaal Afrikaans en hulle is almal in 'n orale-ourale opleidingsprogram. Tien normaalhorende seuns vergelykbaar met die gehoorgestremdes ten opsigte van in- telligensie, ouderdom, huistaal en afwesigheid van enige ander fisiese- of spraakprobleme is geselekteer om as kontrolegroep op te tree. MATERIAAL EN APPARAAT Twaalf Afrikaanse vokale is geselekteer, naamlik (i, y, ε, e, a:, φ, oe, 3, o:, a, a:, u). Die vokale is in 'n KVK lettergreep met © SASHA 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 52 Santi Meyer ( 9 ) as inisiele en (p) as finale konsonant geplaas. Die konsonante is geselekteer met die oog op die geringste effek op die vokaalfor- mante (Angelocci et al., 1964) sowel as duidelikheid op die spek- trogram en gemak van produksie vir dowes. Ter wille van die natuurlikheid van die produksie is die toetswoord in sinskonteks geplaas. Die opnames is gemaak deur middel van 'n Nakamichi 550 en is spektrografies deur middel van 'η VII Voice Identifica- tion Spectrograph ontleed. PROSEDURE Elke spreker het die 12 sinne in 'n toevallig geselekteerde volgor- de gelees waartydens dit op band opgeneem is. Die prosedure is na 'n tydsverloop herhaal wanneer die spreker die sinne in 'n an- der toevallig geselekteerde volgorde gelees het. Dit is ook 'n der- de keer herhaal. Hierna is die bande voorberei vir spektrografiese analises. Van elke vokaal is 'n wyeband (300 Hz) spektrogram ver- kry waar die eerste- en tweedeformantfrekwensies sowel as elke vokaal se duur en fundamentele frekwensie bepaal is (Meyer, 1984). RESULTATE EN BESPREKING DIE GEMIDDELDE DUUR VAN DIE VOKAALPRODUKSIE VAN NORMAALHORENDE EN GEHOORGESTREMDE SPREKERS Volgens Figuur 1 is 'n eerste uitstaande kenmerk van die resultate dat die gemiddelde duur van die normaalhorendes se vokale opval- lend korter is as die van die dowe sprekers. Die dowes verleng hul vokale twee tot twee-en-'η-half keer relatief tot die gemiddelde vo- kaalduur van die normaalhorendes. Hierdie verskil in vokaalduur is dan ook statisties betekenisvol op die 5%-vlak van betekenis (Scheffe se meervoudige vergelykingstegniek) (Steyn, Smit en Du Toit, 1984). SPREKERS VOKAAL G E M · D U U R IN M.SEK. <0 80 120 160 200 210 280 DUUR IN MILUSEKONDES Figuur 1 Die gemiddelde vokaalduur van normaalhorende, hardhorende en dowe sprekers Alhoewel die gemiddelde duur van die hardhorendes se vokaalpro- duksie ook gering relatief tot die duur van die normaalhorendes verleng is, is die verskil nie statisties beduidend nie. Die hardho- rendes verskil ook betekenisvol op die 5%-vlak van betekenis van die dowes ten opsigte van vokaalduur (Scheffe se meervoudige ver- gelykingstegniek) . 'n Tweede opvallende eienskap van die resultate is dat die duur van die onderskeie vokale onderling verskil. Dit blyk duidelik uit die resultate van die normaalhorende groep dat daar onderskei kan word tussen kort vokale (a, ce, u, i,) halflang (ε, a, o) en lang vo- kale (o: y, e, 0, a:) waarvan hul duur 63-72 ms, 81 ms en 112-150 ms onderskeidelik is. Hierdie duurverskille word deur die hardho- rende sprekers behou, want hul gemiddelde vokaalduur val in die- selfde kategoriee as die van normaalhorendes. In die geval van die dowe sprekers is die duurgrense van die verskillende vokale on- derling nader aan mekaar. Wanneer die vokale van die kortste na die langste vokaal gerangskik word, blyk dit egter dat die dowe sprekers tog ook sekere vokale korter as ander produseer. Die hal- flang vokale verdwyn sodat die vokale in 'n groep met 'n relatief kort duur (a, 3, ε, ce, a, i, u) en 'n relatief lang duur (o:, 0, a:, y, e) verdeel. Die dowe spreker se kenmerkende verlengde vokaalduur is reeds opgeteken (Calvert, 1961). Hierdie studie bevestig dat dit ook die geval is by die Afrikaanssprekende dowe. Alhoewel die dowe wel in staat is om vokaalduur waar te neem, is die produksie daarvan uitermate afwykend. 'n Moontlike rede is dat die duur van vokale dikwels slegs 'n sekondere onderskeidende element is (Monsen en Engelbretson, 1983), of/en die dowe spreker nie die belang van die korrekte duur insien nie. Daarbenewens kan dit moontlik ook die gevolg wees van die dowe spreker se moeisame spraakpogings omdat sy spraak dikwels onder bewuste beheer is (Ling, 1976). In teenstelling met die dowe sprekers het die hardhorende sprekers in hierdie studie nie probleme met die korrekte beheer van vokaal- duur getoon nie. Die beskikbaarheid van meer gehoorreste het dus 'n ingrypende effek op die korrekte vokaalduur. 'n Tweede ken- merk wat uit die resultate na vore kom, naamlik die onderlinge ver- skille in duur tussen die verskillende vokale, is algemeen in Afrikaans beskryf (Van Wyk, 1977). Die inherente duurverskille tussen soortgelyke vokale is deel van 'n normale spreker se lin- guistiese vermoe (Monsen, 1974) waarmee betekenisverskille in Afrikaans teweeggebring kan word, byvoorbeeld /pers/ (drukke- ry) teenoor /pe:rs/ (kleur). Die feit dat die vokale in Afrikaans in hierdie studie in kort, halflank en lank verdeel kan word, hou waar- skynlik verband met die spesifieke linguistiese omgewing waarin dit geproduseer is. Koopmans-van Beinum (1980) het dieselfde in Nederlands bevind, maar met die verskil dat die halflang vokale soos 'n kort vokaal in spontane spraak funksioneer. I I Aangesien die duurverskil nie behoue bly in alle spraaksituasies nie, verklaar dit waarskynlik waarom die dowe sprekers nie so 'n onderskeiding in hul spraak tref nie. Die meer uitgesproke verskille tussen lang en kort vokale bly egter in 'n mate in hul spraak behoue. DIE GEMIDDELDE FUNDAMENTELE FREKWENSIE VAN DIE VOKAALPRODUKSIE VAN NORMAALHORENDE EN GEHOORGESTREMDE SPREKERS 'n Eerste uitstaande kenmerk van die resultate in figuur 2 is die verskil in die gemiddelde fundamentele frekwensie tussen die nor- maalhorende en die gehoorgestremde sprekers. Die gehoorgestrem- de sprekers se fundamentele frekwensie is ooglopend hoer as die van die normaalhorende groep. Dit geld vir sowel die dowe as die hardhorende sprekers. Hierdie verskille in gemiddelde fundamen- tele frekwensie is statisties betekenisvol tussen die normaalhoren- The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Spektografiese Ontleding van die Vokale van Afrikaanssprekende Gehoorgestremdes SPREKERS VOKAAL FO GEM. IN H Z . 100 110 120 130 U 0 150 GEMIDDELDE FUNDAMENTELE FREKWENSIE IN HZ Figuur 2 Die gemiddelde fundamentele frekwensie (Fo) van vokale soos deur normaalhorende en gehoor- gestremde sprekers geproduseer de en beide groepe gehoorgestremdes. Dit is bepaal deur 'n ewekansige blokontwerp (blokke is vokale) as variansieanaliseteg- niek. Die twee groepe gehoorgestremdes, naamlik die dowes en hardhorendes, verskil egter nie betekenisvol van mekaar deur middel van Sheffe se meervoudige vergelykingstegniek nie (Steyn et al., 1984). I 1 I • ' I Tweedens blyk dit dat vokale in figuur 2 verskil ten opsigte van die gemiddelde fundamentele frekwensie. Wanneer die vokale ge- rangskik word van die met die laagste gemiddelde fundamentele frekwensie na die met die hoogste gemiddelde fundamentelefrek- wensie kom daar redelike goeiej ooreenstemming tussen die drie groepe sprekers voor. By al die groepe is (a:, o, a) die vokale met die laagste gemiddelde fundamentele frekwensie en (0, y, i) die met die hoogste gemiddelde fundamentele frekwensie. Die gemiddelde fundamentele frekwensie van normaalhorende man- like sprekers in hierdie studie vergelyk redelik goed met ander stu- dies waar die sprekers in dieselfde ouderdomsgroep val. Die gemiddelde fundamentele frekwensie van 126Hz is vergelykbaar met Schneiderman en Kryski (1978) se sewentien- en agtienjarige seuns se gemiddelde fundamentele frekwensie van 130Hz en Pe- terson en Barney (1952) se volwasse manlike sprekers wat 'n ge- middelde fundamentele frekwensie van 132Hz vertoon. Die hoer gemiddelde fundamentele frekwensie van die dowe en hardhorende groep is ook in ooreenstemming met gepubliseerde navorsing in ander tale uitgevoer. Die gemiddelde fundamentele frekwensie van Angelocci et al., (1964) se 11-14-jarige seuns het met 43Hz van die normaalhorendes verskil. In hierdie studie ver- skil die normaalhorende sprekers met 18Hz van die dowes en 24Hz van die hardhorendes. Die geringer verskil in die resultate van hier- die studie is moontlik toe te skryf aan die feit dat Angelocci et al. se proefpersone meer onstabiliteit van die fundamentele frekwen- sie toon as gevolg van hul ouderdom (11-14-jarige seuns) wanneer laringeale veranderings as gevolg van puberteit voorkom. Aange- sien beide groepe gehoorgestremdes 'n betekenisvol hoer gemid- delde fundamentele frekwensie as die normaalhorendes toon, kan die afleiding gemaak word dat dit die gevolg is van die teenwoor- digheid van die gehoorverlies. Die afleiding word dan ook on- dersteun deur Monsen, Engelbretson en Vermula (1979) se navorsing by gehoorgestremdes met vergelykbare graad van ver- lies as die sprekers in hierdie studie. The control of fundamental frequency is especially dependent upon the control of vocal fold tension and profound hearing im- pairment may hinder or prevent a speaker from learning the pre- cise phonatory consequences of the muscular gestures which maintain or alter vocal fold tension in the production of speech. (Monsen et al., 1979) Die onvermoe om die fundamentele frekwensie te beheer, hou ver- band met die feit dat twee belangrike kwaliteite van fonasie, naamlik duur en intensiteit, beide waargeneem kan word deur vibrasie, maar nie fundamentele frekwensie nie. Gehoor is dus nie so belangrik in die aanleer of beheer van eersgenoemde twee nie. Toonhoogte ofte wel fundamentele frekwensie kan egter nie op enige ander wyse as deur middel van gehoor waargeneem word nie (Monsen et al., 1979). Die gevolgtrekking bied dan 'n gepaste verklaring veral vir die hardhorendes wat probleme toon met beheer van fundamentele frekwensie, maar nie enige moeite ondervind met die korrekte be- heer van vokaalduur nie. Alhoewel die gemiddelde fundamentele frekwensie van die gehoor- gestremde sprekers afwyk van die norrnale, is dit interessant dat die vokale wat 'n relatief hoe en relatief lae fundamentele frekwensie by die normaalhorende groep toon, eweneens dieselfde eienskappe by die gehoorgestremdes toon. Dit is 'n belangrike faset van vokaal- produksie in die sin dat die intrinsieke fundamentele frekwensie van die vokaal die struktuur van die spraakmeganisme reflekteer (Koopmans-van Beinum, 1980). Alhoewel die volgorde ten opsigte van die gemiddelde fundamentele frekwensie by die gehoorges- tremdes nie identies is nie, is daar 'n onderskeid tussen die vokale met 'n laer en die met 'n hoer fundamentele frekwensie wat ver- gelykbaar is met die normaalhorendes se resultate. Die fundamen- tele frekwensie neig om te verhoog namate die vokaalhoogte toeneem. BESPREKING VAN DIE EERSTE- EN TWEEDEFORMANTFREKWENSIES VAN NORMAALHORENDE EN GEHOORGESTREMDE SPREKERS Eerstens toon die resultate in Figuur 3 dat 'n bepaalde vokaal in die geval van die normaalhorende sprekers in 'n spesifieke frek- wensiegebied voorkom. Die gemiddelde eerste- en tweedeformant- frekwensie dui die verskil tussen die hoe en lae vokale sowel as die voor- en agtervokale duidelik aan in hul ligging in Figuur 3. Die vokale waar daar veral opvallend oorvleueling voorkom, is (i), wat met (y) oorvleuel en so ook (e, 0) en (a, ce). Hierdie vokale word egter slegs onderskei ten opsigte van die labiale modifikasie van die mondholte (Van Wyk, 1977) en die oorvleueling is dus ver- staanbaar. Slegs 'n geringe verlaging van die eerste- en tweedefor- mantfrekwensies word deur lipronding veroorsaak. Tweedens, in die geval van die hardhorende groep (Figuur 4) is elke vokaal steeds opvallend in sy eie frekwensiegebied gelee, al- hoewel die hoe en middelhoe voorvokale en die hoe en middelhoe agtervokale nie so ver van mekaar gelee is as wat by normaal- horendes die geval is nie. Dit is duidelik dat daar meer oorvleuel- ing van verskillende vokale se formantfrekwensies is. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 54 Santi Meyer HZ 3250 3200 3150 3100 3050 3000 29S0 2900 2050 2600 2750 2700 2650 2600 2550 2500 2150 2100 2350 2300 2250 2200 2150 2100 2050 2 0 0 0 1950 1900 ISM 1000 1750 1700 1650 1 6 0 0 1550 1500 U50 1400 1J50 1>00 1250 1300 1150 1100 10 50 1000 ISO •00 • 50 t o o 750 700 650 600 If· : ι y : q i ? " . »© .> - V * : » , ' (j Ψ * τ • A Η ' · * * Mi 1 \ · ^ > * · Λ i f • · . . Y • % f ? f » «V t f 4 - - : . *3> Jr * AT Γ « Λ s · · •h { • «V 150 200 250 300 350 100 150 500 550 600 650 700 750 600 MO 900 MO HZ EERSTE FORMANT Figuur 3 Die eerste- en tweedeformantfrekwensies van vokale geproduseer deur normaalhorendes HZ 3250 3200 3150 3100 3050 3000 2950 2900 2850 2000 2750 2700 2650 2600 2550 2500 2150 2100 2350 2300 2250 2200 2150 2100 2050 2000 Ί 9 5 0 1900 1050 ιβοο 1750 1700 1650 1600 1550 1500 1150 1100 1350 1300 1250 1200 1150 1100 1050 1000 950 300 050 000 750 700 650 600 550 « φ · , ι ® / © ? ® 4) . V « fc «· · t # . - Λ * . . * *® J· Φ r" : $ 150 200 250 300 350 100 ISO 500 550 600 650 700 750 βΟΟ 850 SOO »BO HZ EERSTE F0RM4NT Figuur 4 Die eerste- en tweedeformantfrekwensies van vokale geproduseer deur hardhorendes Derdens, wanneer die resultate van die dowe groep bestudeer word (Figuur 5) is die bogenoemde verskynsel nog meer opvallend. Die gemiddelde eerste- en tweedeformantwaardes is in" 'n klein frek- wensiegebied na aan mekaar gelee. (Die gemiddelde eerste- en tweedeformantfrekwensies van die vokale van die drie groepe sprek- ers verskyn in die Bylaag). Laastens bied die statistiese verwerkings van bogenoemde formant- frekwensies interessante resultate. Die gemiddelde eersteformant- frekwensie van die drie groepe sprekers verskil in elke geval betekenisvol van mekaar op die 5%-betekenispeil wanneer 'n ewe- Hz 3250 3200 3150 3100 3050 3000 2950 2900 2850 2800 2750 2700 2650 260} 2550 2500 2450 2400 2350 2300 2250 2200 2150 2100 2050 2000 1950 1900 1850 1800 1750 1700 1650 1600 1590 1500 U 5 0 ; U00 ι 1350 1 1300 ! 1250 1 1200 1150 I 1100 1050 1000 950 900 650 600 550 150 200 250 300 350 400 450 500 550 600 650 700 750 800 850 900 680 MZ E E R S T E FORMANT Figuur 5 Die eerste- en tweedeformantfrekwensies van vokale geproduseer deur dowes kansige blokontwerp as variansieanalisetegniek gebruik is, naam- lik Scheffe se paarsgewyse vergelykingstegniek (Steyn et al., 1984). Geeneen van die gehoorgestremde groepe se gemiddelde eerste- formantfrekwensie is dus vergelykbaar met die van die normaal- horendes nie, en verder verskil hulle ook onderling. Wanneer Figure 3, 4 en 5 bestudeer word, blyk dit ook duidelik dat die eersteformantfrekwensies van die hardhorende groep hoer gemiddelde waardes toon as die van die normaalhorende groep, veral vir die voorvokale. Dit is nog meer opvallend by die dowe groep. Wat die tweedeformantfrekwensie betref verskil die normaal- horende groep betekenisvol van die dowe groep op die 5%-betekenispeil. Verder verskil laasgenoemde sprekers ook be- tekenisvol van hardhorende sprekers op die 5%-betekenispeil. Die verskil tussen die hardhorende en normaalhorende sprekers is eg- ter nie statisties beduidend op die 5%-betekenispeil nie. Die resul- tate is verkry deur middel van 'n ewekansige blokontwerp as variansieanalise-tegniek (Scheffe se paarsgewyse vergelykingsteg- niek) (Steyn et al., 1984). : I Weereens is die bevindings ten opsigte van die verskille tussen die normaalhorendes en gehoorgestremdes duidelik wanneer Figure 3, 4 en 5 bestudeer word. Die gemiddelde tweedeformantfrekwensies van die normaalhorende groep sprekers toon opvallend heelwat hoer en laer waardes as die van die dowe groep. Dieselfde waarneming kan gemaak worcl in die geval van die hardhorende en dowe sprekers. Wanneer die gemiddelde formantfrekwensies van die dowe en hard- horende groepe met die van die normaalhorendes vergelyk word, is die beperkte omvang van die waardes opvallend. Die frekweh- siegebied waarbinne die gemiddelde eersteformantfrekwensie by normaalhorendes gelee is, is 390Hz (hoogste waarde 628Hz en laagste waarde 238Hz). Hierteenoor is dieselfde waardes 433Hz by die hardhorende sprekers (714Hz en 281 Hz respektiewelik) en 134Hz by die dowes (657Hz en 523Hz). Hieruit word die beperkte omvang van die eerste formant se frekwensiegebied by die dowes duidelik. Wat verder in die verband opval, is dat die frekwensies The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Spektografiese Ontleding van die Vokale van Afrikaanssprekende Gehoorgestremdes 55 die eerste formant van die middel en agtervokale van normaal- horendes verteenwoordig. Die bevinding ondersteun dus Boone (1966) se opmerking dat die dowe spreker tydens vokaalproduksie sy tong te laag en ver na agter posisioneer. Verder is die hoe voorkoms van neutrale vokale soos deur luister- aars in dowes se spraak gei'dentifiseer ook verstaanbaar aangesien die dowe heelwat verskillende vokale in die frekwensiegebied van die neutrale vokaal se eerste formant produseer (Angelocci et al., 1964). Die betekenisvolle groter frekwensiegebied waarin die hard- horendes se eerste formant voorkom, kan moontlik die gevolg wees van die hardhorende se poging om deur middel van die eerste for- mant tussen die vokale te onderskei. Die eerste formant is vir hard- horende sprekers relatief duidelik hoorbaar en dit is moontlik dat hulle deur groot artikulatoriese/fisiologiese bewegings poog om op die wyse tussen vokale te onderskei — soortgelyk aan die sprekers van Angelocci et al., (1964) wat vokaal verskille deur middel van die fundamentele frekwensie wou aanbring. Die gemiddelde tweedeformantfrekwensie van die normaalhorende groep wissel oor 'n frekwensiegebied van 1754Hz (2624Hz van die hoogste vokaal na 870Hz van die laagste vokaal). Hierteenoor is dieselfde waardes van die hardhorendes 1082Hz (2170Hz van die hoogste na 1088Hz van die laagste vokaal) en die dowes 393Hz (1628Hz en 1235Hz respektiewelik). Hieruit is dit duidelik dat die hardhorendes 'n redelike goeie om- vang in die gemiddelde tweedeformantfrekwensie toon, maar dat die dowe se tweedeformantfrekwensie in die gebied van die neu- trale (a) van die normaalhorende spreker gelee is. Die bevinding verklaar weereens die hoe voorkoms van neutrale vokale in die dowe se spraak soos deur normaalhorendes beoordeel. Die feit dat die gemiddelde eerste- en tweedeformantfrekwensies van verskillende vokale so na aan mekaar gelee is en daar dus heel- wat oorvleueling in die individuele waardes is, spreek dus vanself dat vokaalvervangings dikwels deur luisteraars gehoor word. Daar kan ook uit die oorvleueling van waardes afgelei word dat die do- we sprekers nie akkurate plasing van die artikulators bemeester het nie — veral as die geringer mate van oorvleueling van die normaal- horendes in gedagte gehou word (Angelocci et al., 1964). i Die normaalhorende groep se gemiddelde eerste- en tweedeformant- frekwensies toon veral van sekere vokale oorvleueling van waar- des. Dit is dan veral opvallend jin die geval van (i) en (y) en (e) en (0). Die resultate is egter verstaanbaar aangesien lipronding in die produksie van hierdie vokale die enigste veranderlike is wat verskil (Van Wyk, 1977). j i GEVOLGTREKKING Na aanleiding van die bespreking van die resultate kom enkele im- plikasies vir die oudioloog na vore. TEN OPSIGTE VAN VOKAALDUUR Aangesien vokaalduur selfs vir 'n persoon met beperkte residuele gehoor waarneembaar behoort te wees (Ling, 1976) en dus waar- skynlik ook meer effektief gebruik behoort te word, moet redes vir die afwykende vokaalduur nagevors word. Effektiewe terapie- strategiee moet beplan word sodat die dowe sprekers vokaalduur korrek kan aanwend. Dit sal bydra tot meer effektiewe dekodering van die boodskap aangesien vokaalduur inligting bevat oor die su- prasegmentele eienskappe van klem en dus ook spraakritme sowel as spraakspoed. Dit verskaf ook inligting oor segmentele eienskappe, naamlik inligting ten opsigte van 'n aangrensende konsonant so- wel as die inherente eienskappe van die vokaal self (Monsen, 1976). TEN OPSIGTE VAN FUNDAMENTELE FREKWENSIE 'n Belangrike aspek om in gedagte te hou is dat die gehoorgestrem- de, maar veral die dowe, nie in staat is om fundamentele frekwen- sie as gevolg van sy gehoorverlies effektief te reguleer nie. Om die rede is dit dus sinvol om vir die spreker die ontbrekende inlig- ting deur middel van 'n ander sensoriese kanaal aan te bied waar- op hy wel die veranderings ten opsigte van fundamentele frekwensiebeheer kan waarneem. Verskeie navorsers het bewys dat die beheer van fundamentele frekwensie effektief deur middel van die visuele kanaal aangeleer kan word — veral as die linguistiese belang van fundamentele frekwensiebeheer aangetoon word (Phil- lips, Remillard en Pronovost, 1968). TEN OPSIGTE VAN DIE EERSTE- EN TWEEDEFORMANTFREKWENSIES Tydens vokaalaanleer is dit noodsaaklik dat die spraakopleier se- ker moet maak dat die dowe inligting sal verkry ten opsigte van tonghoogte en tongposisie. Die inligting wat deur middel van die eerste en tweede formante oorgedra word, is of nie vir die gehoor- gestremde beskikbaar weens die graad van sy verlies nie, of dit is so ondergeskik aan ander ouditiewe inligting dat hy dit nie benut nie. Deur middel van spesifieke ouditiewe of taktiele strategiee kan hierdie inligting egter aan die dowe verskaf word sodat hy ook sy produksie daarvolgens kan rig (Ling, 1976). BEDANKINGS Die skryfster erken met dank die finansiele ondersteuning van die Raad van Geesteswetenskaplike Navorsing. VERWYSINGS Angelocci, Α., Kopp, G. en Holbrook, A. The vowel formants of deaf and normal hearing eleven to fourteen year old boys. J. Speech Hear. Disord., 29, 156-170, 1964. Boone, D.R. Modification of the voices of deaf children. The Vol- ta Review, 68, 686-692, 1966. Calvert, D.R. Some acoustic characteristics of the speech of pro- foundly deaf individuals. Ongepubliseerde D(Phil) verhandeling, Stanford Universiteit, 1961. Huggins, A.W.F. Better spectrograms from children's speech: A research note. J. Speech Hear. Res., 23, 19-27, 1980. Koopmans-van Beinum, F.J. Vowel Contrast Reduction. An Acoustic and Perceptual Study of Dutch Vowels in Various Speech Con- ditions. Amsterdam: Academische Pers B.V., 1980. Ling, D. Speech and the Hearing Impaired Child: Theory and Prac- tice. Washington, D.C.: Alexander Graham Bell Association for the Deaf, 1976. Markides, A. The speech of deaf and partially hearing children with special reference to factors affecting intelligibility. Br. J. Dis- ord. Commun., 5, 126-140, 1970. Meyer, S.E. Die vokaalproduksie van die Afrikaanssprekende ge- hoorgestremde. Ongepubliseerde M(Log) verhandeling Univer- siteit van Pretoria, 1984. Monsen, R.B. Durational aspects of vowel production in the speech of deaf children. J. Speech Hear. Res., 17, 386-398, 1974. Monsen, R.B. Normal and reduced phonological space in the pro- duction of English vowels. J. Phonetics, 4, 189-198, 1976. Monsen, R.B. Toward measuring how well hearing impaired child- ren speak. J. Speech Hear. Res., 21, 197-219, 1978. Monsen, R.B. General effects of deafness on phonation and arti- culation. In Hochberg, I., Levitt, H., Osberger, M.J. (Eds.). Speech of the Hearing Impaired. Research, Training and Per- sonnel Preparation. Baltimore: University Park Press, 1983. Monsen, R.B. en Engelbretson, A.M. The accuracy of formant fre- quency measurements: A comparison of spectrographic analy- sis and linear prediction. J. Speech Hear. Res., 26, 89-97, 1983. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 56 Santi Meyer Monsen, R.B., Engelbretson, A.M. en Vemula, N.R. Some ef- fects of deafness on the generation of voice J. Acoust. Soc. Am., 66, 1680-1690, 1979. Peterson, G. Barney, H. Control methods used in a study of the vowels. J. Acoust. Soc. Am., 24, 175-184, 1952. Phillips, N.D., Remillard, W., Bass, S. en Pronovost, W. Tea- ching of intonation to the deaf by visual pattern matching. Am. Annals Deaf, 113, 239-246, 1968. Schneiderman, C.R. en Kryski, J.A. Fundamental frequency change in pre- and post adolescent deaf males and females. J. Am. Au- dit. Soc., 4, 64-68, 1978. Steyn, A.G.W., Smit, C.F. en Du Toit, S.H.C. Moderne statistiek vir die praktyk. 3de uitgawe Pretoria: J.L. van Schaik, 1984. Van Wyk, E.B. Praktiese fonetiek vir taalstudente: 'n Inleiding. Pretoria: Heer Drukkers (Edms) Bpk., 1977. BYLAAG DIE GEMIDDELDE EERSTE- EN TWEEDEFORMANTFREKWENSIES VAN DIE VOKALE VAN DRIE GROEPE SPREKERS Vokale Formante Normaal- Hard- Dowes horendes horendes Dowes i fl 238 281 523 f2 2624 2170 1629 y fl 228 280 543 fl 2517 1959 1550 e fl 345 357 504 fl 2329 2098 1692 0 fl 331 357 520 (2 2264 2004 1548 ε fl 397 456 546 f2 1150 1952 1613 oe fl 475 537 541 (2 1300 1513 1354 3 fl 502 526 530 f2 1453 1572 1515 a fl 628 680 630 f2 1057 1202 1404 a: fl 575 715 657 f2 954 1213 1409 D fl 435 513 546 fl 873 1043 1209 0: fl 362 419 458 fl 1055 1137 1181 u fl 272 302 474 fl 870 1088 1235 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) GSI 28 Auto Tymp The GSI 28 AUTO TYMP provides testing capability for tympanometry, ipsilateral and contralateral acoustic reflex testing and screening audiometry. Selection of test sequence is as simple as pressing a button! The Auto Tymp is lightweight and compact so it can be easily moved from one location to another. An optional carrying case is available if more portability is required. T h e N e e d i e r W e s t d e n e O r g a n i s a t i o n ( P t y ) L i m i t e d In association with / In medewerking met HEARING AND ACOUSTIC INSTRUMENTS (PTY) LTD LEWIS'S HEARING CENTRE (PTY) LTD ENGINEERED ACOUSTIC PRODUCTS NOISE CONTROL 1st Floor, 74 George Avenue, Sandringham 2192. Johannesburg, South Africa. Telex: 4-25028. P.O. 28975, Sandringham 2131, South Africa. Tel: (011) 640-5017. Cables: Needlerog. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)