Die Voorkomsfrekwensie van Oor- en Gehoorpatologie by Kinders in die Afgesonderde Gemeenskap van Tshikunda — Malema Santie Meyer M(Log)(Pret.) Carlin van den Berg B(Log)(Pret.) Departement Spraakheelkunde en Oudiologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING Hierdie navorsing het ten doel die bepaling van die aard en voorkoms van oor- en gehoorpatalogie by 'n afgesonderde gemeenskap in Venda. Honderd drie-en-vyftig kinders is aan 'n siftingsprosedure wat uit 'n oor-, neus- en keelondersoek, impedans- en suiwertoonsiftings- oudiometrie bestaan, onderwerp. Uit die resultate blyk dit dat 15,2 % van die getoetste populasie oor- en gehoorprobleme het. Die patolo- gie wissel van middeloorpatologie (13,4%) tot sensories-neurale patologie (1,8%). Dit wil dus voorkom asof die voorkoms van oor- en gehoorprobleme onder hierdie bevolking relatief laag is. Dit bevestig vorige navorsing wat bevind dat die algemene gesondheid van hierdie bevolking goed is. ABSTRACT The aim of this research was to determine the incidence of ear and hearing pathology in an isolated community in Venda. One hundred and fifty three children were subjected to a screening procedure that consisted of an ear, nose and throat examination, impedance and pure tone screening tests. The results suggested that 15,2% of the population had ear and/or hearing pathology. This pathology ranged from middle ear conditions (13,4%>) to sensory neural conditions (1,8%). From these results it appears that the incidence of ear and hear- ing problems in this population is relatively low. This confirms previous research that states the good health conditions of this community. Die verskeidenheid van etniese groepe in Suidelike Afrika bied 'n unieke geleentheid vir die bestudering van siektetoestande byvoor- beeld oor- en gehoorpatologiee wat geassosieer word met die le- wenstyl en omgewing (Van Staden, 1983). In die verband is 'n stam van ongeveer 1 000 persone wat steeds die tradisionele lewenswyse van hul voorvaders behou, in die noor- delike dele van die Republiek van Venda gei'dentifiseer, in 'n afge- lee gebied wat as Tshikunda-Malema bekend staan (Van Staden, 1983)/ Die algemene gesondheidstoestand van hierdie mense is uitsonderlik goed, veral as die afwesigheid van gereelde mediese dienste in ag geneem word (Breighton 1983, Van Staden, Nel en Van Zyl, 1982). Die persone blyk ongeaffekteer te, wees deur siektes wat normaal- weg geassosieer word met 'n gesofistikeerde lewenstyl en vesello- se dieet, byvoorbeeld hoe bloeddruk en artritis (Van Staden, 1983, Breighton, 1983). Aangesien dit bekend is dat otitis media 'n hoe voorkoms toon in gebiede waar mediese sorg ontoereikend is en die populasie onbe- wus is van die implikasies van die toestand (Northern en Downs, 1984), ontstaan die vraag of dit ook die geval by hierdie Vendastam 'n Ondersoek na die voorkoms en aard van oor- en gehoorpatolo- gie is veral van belang as in gedagte gehou word dat selfs 'n gerin- ge tydelike gehoorverlies, soms deur otitis media veroorsaak kan word. Hierdie gehoorverlies kan 'n negatiewe effek op die ontwik- keling van kommunikasie- en akademiesevermoens uitoefen (Ho- wie, 1977, Downs, 1977), en dus 'n verminderde lewenskwaliteit tot gevolg he. Verder kan die resultate van so 'n studie 'n belan- grike bydrae lewer in die daarstelling van 'n basislyn van die voor- koms van oor- en gehoorprobleme wat latere navorsers as verwysing kan gebruik (Van Staden, 1982). Dit is veral ook van belang in die geval van Tshikunda-Malema se inwoners wat waarskynlik ver- anderinge in lewenstyl en eetgewoontes sal vertoon as gevolg van die moontlikheid van ontwikkeling van sekondere industriee in die toekoms van die gebied (Breighton 1983). 'n Moontlike uitvloeisel van die resultate is die inisiering van 'n gehoorkonserveringsprogram wat deur die lede van die gemeen- skap self in stand gehou kan word. METODE Vir die doel van hierdie studie is kinders geselekteer wat in die Tshikunda-Malemagebied van Venda woonagtig is. Elke kind is aan 'n oor-, neus- en keelondersoek sowel as 'n suiwertoon- en im- pedanssiftingstoets onderwerp. Deur hierdie drie prosedures te ge- bruik word effektiewe identifikasie van oor- en gehoorprobleme verhoog (Fisch, 1981). PROEFPERSONE Kinders tussen die ouderdom van een en twaalf jaar is getoets om- dat die grootste frekwensie van oor- en gehoorpatologie voor die ouderdom van 12 jaar voorkom. Kinders in hierdie ouderdomsgroep wat vrywillig by 'n gesondheidskliniek aangemeld het, is aan die siftingsprogram onderwerp. Deur konkrete beloning is gepoog om soveel as moontlik kinders te motiveer om vir toetsing aan te meld. Honderd drie-en-vyftig kinders is gevolglik getoets. In Tabel 1 word die proefpersone in terme van geslag en ouderdom voorgestel. Apparaat Die apparaat wat vir die oor-, neus- en keelondersoek gebruik is, is standaardapparaat, byvoorbeeld 'n koplig, neusspekulum en otoskoop. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 © SASHA 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 72 Santi Meyer en Carlin van den Berg Tabel 1 Voorstelling van proefpersone Ouderdom Manlik Vroulik Totaal 1 1 6 7 2 2 1 3 3 2 6 8 4 4 6 10 5 9 5 14 6 8 10 18 7 11 6 17 8 7 9 16 9 3 13 16 10 10 8 18 11 9 9 18 12 5 3 8 Totaal 71 82 153 Die apparaat wat in die gehoorsiftingsprosedure gebruik is, is 'n Madsen model TBN 60 - suiwertoonoudiometer. Die oudiometer is volgens ISO 1964 standaarde geyk en daagliks tydens gebruik psigo-akoesties geyk. Die impedansoudiometriese siftingsprosedu- res is deur middel van 'n Damplex D175 impedansmeter uitgevoer. Die elektriese voorsiening is van 'n kragopwekker verkry. Vir pedo-oudiometriese toetsing van kinders wat nie deur middel van die suiwertoonsiftingsprosedure getoets kon word nie, is van 'n Zenith Neometer en geykte geraasmakers gebruik gemaak. Toetsomgewing Klankdigte fasiliteite was nie vir suiwertoonsiftingsoudiometrie be- skikbaar nie. 'n Vertrek, weg van die kliniek-aktiwiteite, is vir die doel geselekteer. Die vertrek was bevredigend vir siftingsdoeleindes. Toetsafhemers Oudiometriese toetsing is deur 'n volledige oor-, neus- en keelon- dersoek deur 'n oor-, neus- en keelarts voorafgegaan. Daarna is ou- diometriesesiftingsprosedures, volgens 'n voorafbepaalde prosedure, deur twee ervare oudioloe uitgevoer. As gevolg van die taalprobleem is daar van 'n tolk gebruik gemaak vir die gee van instruksies en verkryging van die gevalsgeskiedenis. PROSEDURE Dataversameling Elke proefpersoon wat vir toetsing aangemeld het, het die volgende prosedure deurloop: - 'n tolk verkry inligting ten opsigte van 'n geskiedenis van oor- en gehoorprobleme van die ouers. In die geval van die ouer kin- ders, is die inligting van die kind self, verkry. — hierna ondergaan die kind 'n oor-, neus- en keelondersoek. Oor- was word verwyder sodat impedansoudiometrie suksesvol uit- gevoer kan word. Die otoskopiese bevindinge word aangeteken. — die proefpersoon ondergaan dan 'n impedansoudiometriese on- dersoek. Hierdie toetsing sluit in timpanometrie, meting van sta- tiese compliance en akoestiese reflekse. - hierna volg die suiwertoonsiftingstoets. Indien die kind te jonk is vir suksesvolle kondisionering vir die uitvoering van die sui- wertoontoets, is van gedragsobservering met aanbieding van ge- raasmakers, gebruik gemaak. Dataverwerking Vir die verwerking van die rou data is die toets- en ondersoekgege- wens wat by elke kind verkry is, afsonderlik in tabelvorm uiteenge- sit. Die gehoor is as normaal beskou indien die proefpersoon response gelewer het by 500 Hz, 1kHz en 2kHz by 20 dB GP en 25 dB GP by 4kHz (Northern en Downs, 1984). Die proefpersoon slaag dus die suiwertoonsiftingstoets by hierdie drempelwaardes. Ge- dragsobservering daarenteen, was subjektief van aard. Die baba moes bevredigende lokaliseringsresponse op stimuli lewer (Northern en Downs 1984). In die geval van impedansoudiometrie, slaag die proefpersoon die siftingstoets indien 'n tipe A-timpanogram en 'n refleks by 105 dB GP of laer verkry word (Harford et al. 1978). Vir die klassifikasie van die resultate van proefpersone met sereuse otitis media, is van die prosedure van Cantekin (1983) gebruik ge- maak. Akute otitis media en chroniese otitis media is deur die oor-, neus- en keelarts gediagnoseer. RESULTATE EN BESPREKING Van die 153 kinders (306 ore) wat getoets is, kon 15 kinders (30 ore) nie suksesvol deur middel van die suiwertoon- en impedansou- diometriese prosedures getoets word nie, (Tabel 2). 'n Totaal van 138 proefpersone (276 ore) is dus suksesvol deur middel van albei toetsprosedures getoets. label 2 Kinders wat nie suksesvol deur middel van die toetsprosedures getoets kon word nie Ouderdom Aantal Nie getoets deur middel van Ouderdom Aantal Impedans Suiwertoon 1-3 jr 9 2 9 4-12jr 6 2 6 Totaal 15 4 15 Soos verwag kan word was meer kinders in die jonger ouderdoms- groep (nege kinders) onsuksesvol getoets, teenoor die vier- tot twaalfjariges waar ses nie suksesvol getoets kon word nie. Dit is verder ook belangrik om op te merk dat geen een van die kinders deur middel van die suiwertoontoets toetsbaar was nie, maar dat 'n oordeel ten opsigte van middeloorfunksionering wel deur mid- del van die impedansresultate gemaak kon word. Impedansoudio- metriese resultate kan dus 'n bydrae lewer wanneer geen samewerking vir suiwertoontoetsprosedures verkry kan word nie. (Northern 1978). Uit die resultate blyk dit duidelik dat met toename in ouderdom daar 'n geleidelike styging in die persentasie van normale oudio- metriese resultate is. Daar is egter 'n enkele uitsondering naamlik die sewejariges, waar die resultate op 'n afname in normale oor- en gehoorfunksionering dui. Dit kan in verband gebring word met' Harvey en Wilmot (1969) se bevinding, naamlik dat daar 'n gerin- ge toename van middeloortoestande tussen vier- en negejariges voor- kom. Die hoer voorkoms van oor- en gehoorprobleme by hierdie groep word verklaar na aanleiding van die boonste lugweginfek- sies wat dikwels op die ouderdom voorkom. Vanaf elfjarige ou- derdom is daar opvallend minder afwykende resultate. Dit stem ook ooreen met die resultate van vorige navorsers (Weber, McGovern en Zink, 1967). VOORKOMS VAN AFWYKENDE SUIWERTOON- EN/OF 1MPEDANS- S1FT1NGSOUDIOMETRIESE RESULTATE' Waar Figuur 1 'n beeld gee van die voorkoms van resultate wat binne normale perke vir suiwertoon- en impedanssiftingsprosedu- y The Sourh African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) pie Voorkomsfrekwensie van Oor- en Gehoorpatologie by die Afgesonderde Gemeenskap van Tshikunda-Malema 73 % 100 90 80 70 60 50 40 30 20 (D ε 3 ~ (Λ ε 2 O u a ep = ·§ ϋ ο ΕΛ ^ ι- Ό ο α ft. ο 10 0 1 - 3 10 11 12 5 6 7 8 9 Ouderdom in jare Figuur 1 Voorkoms van normale suiwertoon- en impedans- resultate res is, word die voorkoms van afwykende resultate in Tabel 3 en 4 weergegee. In Tabel 3 word die proefpersone met 'n sensories- neurale betrokkenheid aangedui, terwyl Tabel 4 die proefpersone met middeloorpatologie weergee. Tabel 3 Proefpersone wat suiwertoontoetsing faal, maar impedanstoetsing slaag (3 kinders) Ouderdom van elke proef- persoon Ore met af- wykende sui- wertoonre- sultate Suiwertoongemiddeld in afwykende ore in dB Ouderdom van elke proef- persoon Ore met af- wykende sui- wertoonre- sultate Links Regs 3 jaar 2 30 30 8 jaar 2 50 65 12 Jaar / / / 1 i 25 (hoe frekwensie verlies) Totaal % 5 1,8% Tabel 4 Die voorkoms van afwykende impedansoudiometriese resultate Ouderdom van proef- persone in jare Afwykende resultate Ouderdom van proef- persone in jare Faal ST Faal Imp Faal ST Slaag Imp Aantal Ore getoets % 1-3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 2 2 3 7 9 6 7 6 2 2 5 2 2 2 4 2 5 7 14 6 9 8 2 0 18 16 26 32 32 32 32 36 36 16 22,2 12,5 19,2 21,9 43,8 18,8 28,1 22,2 5,5 0 Totaal 42 15 57 276 20,7 Uit Tabel 3 is dit dus duidelik dat vyf ore die suiwertoonsiftingstoets gefaal het, maar die impedanssiftingstoets geslaag het. Hierdie re- sultate impliseer normale middeloorfunksionering maar verminderde gehoorsensitiwiteit wat op 'n sensories-neurale gehoorverlies kan dui. Die driejarige kind vertoon binouraal suiwertoondrempels van 30 dB wat op 'n geringe gehoorverlies dui. Hierdie kind was egter moeilik kondisioneerbaar en die moontlikheid dat hy wel oor nor- male gehoor beskik, is goed. Die kind het moontlik nie op sy drem- pel gereageer nie, maar eers op 'n hoer vlak. Die agtjarige kind vertoon 'n matige binourale gehoorverlies ter- wyl die twaalfjarige slegs 'n geringe monourale hoe frekwensie ge- hoorverlies vertoon. 'n Gebrek aan bevredigende agtergrondsinligting maak die oorsake van hierdie gehoorverliese moeilik bepaalbaar. Uit Tabel 4 blyk dit duidelik dat 20,7% van die populasie een of ander vorm van middeloorpatologie vertoon, terwyl slegs 1,8% (Ta- bel 3) 'n sensories neurale betrokkenheid vertoon. Die hoer voor- koms van middeloorpatologie teenoor sensories-neurale gehoorverliese stem ooreen met vorige navorsing. Hierdie navor- sing dui daarop dat meer as sowat 70% van alle gehoorprobleme, as gevolg van middeloorpatologie, in die skoolgaande populasie voorkom (Harvey en Wilmot, 1969). Dit is verder opvallend dat meer kinders (42) slegs uitvalle op die impedanstoetsresultate toon, teenoor kinders (15) wat uitval op beide suiwertoon- en impedanstoetsresultate. Hierdie bevinding bevestig die stelling van Brooks (1980) dat 'n beduidende aantal kinders met middeloorpatologie se gehoor as normaal beskou sou word, indien impedansoudiometrie nie deel van die toetsbattery sou wees nie. Vyftien ore vertoon egter uitvalle op beide suiwertoon- en impe- dansoudiometriese resultate. Hierdie resultate kan op 'n gevorder- de middeloorpatologie of 'n gemengde gehoorverlies dui. Tabel 5 Geslag van kinders met afwykende oudiologiese resultate ST - suiwertoon Imp = impedans Seuns Dogters Aantal met afwykende toetsresultate 20 20 Totale aantal kinders getoets 67 71 % 30 (29,9%) 28 (28,2%) Tabel 6 Die aard van oor- en gehoorpatologie Diagnose Aantal uit 276 ore getoets Persentasie Middeloorpatologie: sereuse otitis media akute otitis media Chroniese otitis media — perforasies — cholestiatoom Subtotaal Sensories-Neurale patologie Subtotaal 29 2 5 1 10,5 0,7 1,8 0,4 Middeloorpatologie: sereuse otitis media akute otitis media Chroniese otitis media — perforasies — cholestiatoom Subtotaal Sensories-Neurale patologie Subtotaal 37 13,4 Middeloorpatologie: sereuse otitis media akute otitis media Chroniese otitis media — perforasies — cholestiatoom Subtotaal Sensories-Neurale patologie Subtotaal 5 1,8 Totaal 42 15,2 Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 74 Santi Meyer en Carlin van den Berg Uit Tabel 5 blyk dit dat feitlik ewe veel seuns (29,9%) as dogters (28,2%) afwykende oudiologiese toetsresultate vertoon. Hierdie re- sultate stem dus nie ooreen met die navorsing van Klein (1978) wat bevind het dat spesifiek otitis media, betekenisvol meer by seuns as dogters voorkom nie. AARD VAN DIE OOR- EN GEHOORPROBLEME Alhoewel die inligting uit Tabelle 2 en 3 aandui dat 62 ore as af- wykend beskou word, dui Tabel 6 daarop dat slegs 42 ore gehoor- patologie vertoon. Dit kan verklaar word aan die hand van die wyse waarop die groep met sereuse otitis media geklassifiseer is, na aan- leiding van die voorstel van Cantekin (1983). Daar is dus van bei- de die otoskopiese ondersoek en impedanstoetsresultate in Tabel 6 gebruik gemaak. Die resultate in Tabel 3 is slegs op grond van die impedanstoetsresultate saamgestel. Die beskikbare data is geklassifiseer deur die slaag /faal-kriteria van die impedans en otoskopiese ondersoeke met mekaar in ver- band te bring (Cantekin 1983). Sodoende kon sereuse otitis media ge'identifiseer word. Suiwertoon- en impedanstoetsresultate is saam met die otoskopiese ondersoek gebruik vir identifikasie van sensories-neurale gehoorverliese. In die geval van akute otitis me- dia, perforasies en cholestiatome is daar hoofsaaklik op die otos- kopiese ondersoek staatgemaak. Uit Tabel 6 blyk dit duidelik dat 15,2 % van die Venda-kinders wat getoets is, oor- of gehoorpatologie vertoon. Middeloorpatologie kom voor by 13,4% van die getoetste kinders. Hierdie persentasie is opvallend laag wanneer dit met die hoer voorkoms van middeloor- patologie onder ander etniese kindergroepe vergelyk word. Aan- gehaal uit Corth en Harris (1984) is die voorkoms van middeloorpatologie onder getoetste populasies: Alaska 27%, Es- kimo 15%, Indo-Chinese vlugtelingkinders 68,8%. Die voorkoms van slegs perforasies onder Navajo-skoolkinders was 14%, Eskimo-kinders 32%, Alaskaanse kinders 17% en Amerikaans-Indiaanse kinders 6,5% (Northern 1978, Howie 1977, Johnson en Watrous 1978). Slegs 1,8% van die getoetste Venda- kinders toon perforasies. Die voorkoms van sereuse otitis media by die Venda-kinders (10,5%) is ook heelwat laer as die 20,5% van die Amerikaanse Indiane (Johnson en Watrous 1978). Dit is verder nodig om in gedagte te hou dat hierdie studie tydens Venda se wintermaande uitgevoer is. Die moontlikheid bestaan dus dat die voorkoms van oor- en gehoorprobleme (15,2%) kan afneem indien die toetse in die somermaande herhaal word (Klein 1978). Opsommend wil dit dus voorkom asof die voorkoms van oor- en gehoorprobleme by hierdie groep Venda-kinders laag is. Die stam kan dus nie as 'n hoe risiko-groep vir oor- en gehoor-patologie be- skou word nie. GEVOLGTREKKING Verskeie faktore wat bydraend is tot 'n hoe voorkoms van middel- oorpatologie is al ge'identifiseer byvoorbeeld onder andere sosio- ekonomiese status, behuising, voeding, stedelike en landelike om- gewing, klimaat, gebrek aan mediese dienste (Klein 1978, Corth en Harris 1984). Die verklaring van die hoe voorkoms van otitis media by die in- heemse Noord-Amerikaanse bevolkingsgroepe word hoofsaaklik aan die lae sosio-ekonomiese status en faktore wat hiermee verband hou, toegeskryf (Klein, 1978). In die geval van die Venda-kinders is die sosio-ekonomiese status laag, (Van Nieuwenhuizen en Oosthuizen, 1984), maar ten spyte daarvan is die Vendas, soos reeds genoem, baie gesond (Van Sta- den, 1983). Daar kan dus verwag word dat die voorkoms van oor- en gehoorprobleme laag sal wees. Dit is egter moontlik dat 'n lae sosio-ekonomiese status, soos deur 'n Westerse industriele gemeenskap beoordeel, nie op die tradisio- nele lewenswyse van die Venda van toepassing gemaak kan word nie. Geld speel 'n relatief onbelangrike rol en hierdie mense is tot 'n groot mate selfonderhoudend, en afhanklik van die natuur vir hul daaglikse voedselbehoeftes. Behuising in lae sosio-ekonomiese groepe is dikwels beknop en on- toereikend (Klein, 1978). Dit blyk egter nie die geval by die Ven- da te wees nie. Behuising is 'n hut wat van hout, klei en dekgras gebou is. Die man woon in sy eie hut, terwyl die vrou en haar kin- ders (gemiddeld drie kinders) hul eie hut bewoon (Van Staden, Nel en Van Zyl, 1982). Voeding is 'n verdere faktor wat die voorkoms van middeloor- probleme verhoog. Kinders wat geborsvoed word vertoon 'n laer insidensie van middeloorprobleme (Klein 1978). Volgens Crous (1984) word die Venda kind dikwels tot op twee jaar of selfs langer geborsvoed. Hierdie faktor mag dus bydraend tot die relatief lae voorkoms van oor- en gehoorprobleme wees. Die feit dat die persone in 'n landelike omgewing woonagtig is, (Klein, 1978) en die klimaat deur die jaar gunstig is, (temperatuur is nie laer as gemiddeld 15 °C nie) (Van Nieuwenhuizen en Oost- huizen, 1984) dra waarskynlik by tot die Venda se goeie algemene gesondheid, en dus die relatief lae voorkoms van oor- en gehoor- probleme. · Westerse mediese dienste, bjyk onvoldoende te wees aangesien die Venda-gebied slegs drie tot vier keer per jaar deur mediese spanne besoek word. Hierdie afgelee groep mense vertoon nogtans goeie algemene gesondheid en die voorkoms van oor- en gehoorproble- me is waarskynlik om die rede ook laer as wat verwag sou word, 'n Hoer voorkoms is verwag, as navorsing wat met inheemse Ame- rikaanse rassegroepe gedoen is, in ag geneem word (Johnson en Watrous 1978). | I Die lewenstyl en eetgewoontes van die inwoners van Tshikiinda- Malema sal waarskynlik in die toekoms, as gevolg van Westerse invloede, verander. Dit is van belang dat die invloed van die' ver- andering op die aard en voorkoms van oor- en gehoorpatologie, met die oog op 'n gehoorkonserveringsprogram gemonitor wiord. AANBEVELINGS VIR VERDERE NAVORSING 'n Vergelykende studie waar die voorkoms van oor- en gehoor- probleme van die landelike Venda-kind met die voorkoms van oor- en gehoorprobleme onder die stedelike swart kind vergelyk word. Bepaling van voorkoms van oor- en gehoorprobleme onder die vol- wassenes van Tshikunda-Malema. Die voorkoms van ouderdoms- doofheid kan bepaal word.. BEDANKING Die skrywers bedank die Hans Snijkers Instituut vir die geleent- heid wat daargestel is om hierdie navorsing te kon doen. The Souh African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Voorkomsfrekwensie van Oor- en Gehoorpatologie by die Afgesonderde Gemeenskap van Tshikunda-Malema 75 VERWYSINGS Breighton, S. Third World Rheumatology. In Carson Dick, W. en Moll, J.M.H. (eds) Recent Advances in Rheumatology nr (3). Edinburg; Churchill-Livingstone, 1983. Brooks, D.N. Impedance Screening. In Jerger, J., Northern, J.L. Clinical Impedance Audiometry (tweede uitgawe). Massachu- setts: American Electromedics Corporation, 1980. Cantekin, E.I. Algorithm for diagnosis of otitis media with effus- ion. In Stool, S.E. en Bluestone, C.D. (eds) Studies in otitis media Pittsburgh Otitis Media Research Centre, Progress Re- port. 92, 6, 1983. Corth, S.B. en Harris, R.W. Incidence of Middle Ear Disease in Indochinese Refugee School Children. Audiology, 23 27-37 1984. Crous, J.M. Lektrise, Departement Huishoudkunde en Dieetkun- de. Persoonlike mededeling, 1984. Downs, M. The expanding Imperatives of Early Identification. In Bess, F.H. Childhood Deafness: Causation, Assessment and Ma- nagement. New York: Grune & Stratton, 1977. Fisch, L. Development of School Screening Audiometry Brit. J. Audiology, 15, 87-95, 1981. Harford, E., Fox, J., Clemis, J. Impedance Audiometry for Iden- tification of Conductive component in School Children. In Har- ford, E.R., Bess, F.H., Bluestone, C.D., Klein, J.O. (eds) Impedance Screening for Middle Ear Disease in Children. New York: Grune & Stratton, 1978. Harvey, R.M. en Wilmot, T.J. The Incidence of Deafness in Child- hood. J. Laryngology Otology, 83, 449-456, 1969. Howie, V.M. Acute and recurrent acute otitis media. In Jaffe, B.F. (ed) Hearing Loss in Children. Baltimore: University Park Press 1977. Johnson, J.S., Watrous, B.S. An Acoustic Impedance Screening program with an American Indian population. In Harford, E.R., Bess, F.H., Bluestone, C.D., Klein, J.O. (eds), Impedance Screening for Middle Ear Disease in Children. New York: Grune & Stratton, 1978. Klein, J.O. Epidemiology of Otitis Media. In Harford, E.R., Bess, F.H., Bluestone, C.D., Klein, J.O. (eds) Impedance Screening for Middle Ear Disease in Children. New York: Grune & Strat- ton, 1978. Northern, J.L. Impedance Screening in Special Populations - State of the Art. In Harford, E.R., Bess, F.H., Bluestone, C.D., Klein, J.O. (eds). Impedance Screening for Middle Ear Disea- se in Children. New York: Grune & Stratton, 1978. Northern, J. en Downs, M. Hearing in Children (derde uitgawe) Baltimore: Williams & Wilkins, 1984. Van Nieuwenhuizen, E.F.J, en Oosthuizen, J.S. Sosio-ekonomiese opname in Tshikunda-Malema (Venda) - 'n Tussentydse ver- slag. Universiteit van Pretoria: Instituut vir Bedryfs- en Ont- wikkelingsosiologie. Departement Sosiologie, 1984. Van Staden, D.A. Kennismaking met Tshikunda-Malema Genees- kunde, 1, 37-39, 1982. Van Staden, D.A. Health and disease in a traditional-living tribe in Southern Africa. Ecology of Disease, 2, 149-150, 1983. Van Staden, D.A., Nel, W„ Van Zyl, M.L. Groep A B-hemolitiese streptokokke in 'n tradisionele Swart gemeenskap. S A Med J., 62, 569-570, 1982. Weber, H.J., McGovern, F.J., Zink, D. An Evaluation of 1 000 Children with hearing loss. J. Speech Hear. Disord 32 343-354, 1967. ' ' D l e Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 32, 1985 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)