'Ν PALATOGRAFIES-FOTOGRAFIESE ONDERSOEK VAN DIE AFRIKAANSE KONSONANTKLANKE H.E.C. TESNER M.A. (PRET.) E.C. NAUDE M.A. (LOG) (PRET.) Departement Spraakwetenskap, Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria. OPSOMMING Die konsonantartikulasie van een Afrikaanssprekende proefpersoon is palatografies- fotografies ondersoek om vas te stel wat die ko-artikulatoriese invloede van verskillende vokaalomgewings op die artikulasiekontakpunt van besondere konsonante is. Afleidings word gemaak met betrekking tot die stabiliteit van-die artikulasiepunt vir die verskillende konsonante. Die verslag word afgesluit met enkele terapeutiese riglyne en aanbevelings vir verdere navorsing. SUMMARY Consonant articulation of an Afrikaans-speaking subject was researched in a palatographic- photographic study in order to establish the co-articulatory effect of different vowel contexts on the place of articulation of specific consonants. Deductions are made as to the stability of place of articulation of the different consonants. Certain guidelines for therapy are given as well as suggestions for further research. Die palatografiese tegniek is een van die oudste eksperimentele hulpmiddels tot die beskikking van die fonetikus wat artikulasie bestudeer. Ten spyte hiervan is hierdie tegniek nog nooit uitgebreid toegepas om die invloed van varierende vokaalkontekste op die plasing vir konsonantartikulasie in Afrikaans te bestudeer nie. Dit word in die fonetiese wetenskap aanvaar dat spraak op artikulatoriese vlak streng gesproke nie segmenteerbaar is nie. Nogtans is die praktiese waarde van 'n afsonderlike beskouing van konsonantklanke goed bekend by onderwysers in die fonetiek sowel as by spraakterapeute. Meerdere kennis oor die gedrag van die artikulators vir klanke in verskillende omgewings kan ons begrip van artikulasie as 'n dinamiese proses slegs verbreed. Hierdie fisiologies-georienteerde kennis moet tesame met 'n linguisties-georienteerde beskouing van die distinktiewe klankeienskappe toegepas word. METODE Slegs een proefpersoon is by die studie betrek. Die palatum is bestuif met 'n mengsel van houtskool- en sjokoladepoeier en na elke artikulasie is 'n kleurfoto van die monddak met 'n "Polaroid CU-5 Land Camera" geneem. Die kamera is voorsien van 'n ringflits en 'n mondspieel van verchroomde staal. Hibitane is as ontsmettingsmiddel gebruik. Die konsonante wat by die studie betrek is en die klankomgewings waarin hulle geproduseer is, verskyn in Tabel I. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol.25, 978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 18 H.E.C. Tesner & e. Naude iti idi ili ini iri i r i isi izi itu u t u uti θ t a idu u d u udi a d o ilu ulu uli a 1 a inu u n u uni a n a u r u uri a r a i r u u r u u r p i j i iqi iki ixi isu usu usi a s a izu uzu uzi a ζ a i j u u j u u j i i p i u j i u u p i it]u u n u uri" iku u k u uki a k a ixu uxu uxi a χ a igu ugu ugi 3 c u ici a g a j a uci T A B E L I. Die konsonante wat by die studie betrek is en die klankom- gewings waarin hulle geproduseer is. Die iru-kombinasie is nie in die tabel verteenwoordig nie, omdat geen bevredigende fotografiese beeld van die produksie verkry kon word nie. Verwerking van resultate: Elke foto is vir ontledingsdoeleindes onderverdeel soos in Fig. 1. Met behulp van hierdie verdeling is die volgende metings geneem: 1. Afstand van aanraking vanaf voortande. 2. Antero-posterior breedte van aanraking. 3. Unilaterale area van aanraking links. 4. Unilaterale area van aanraking regs. Voorbeelde van hierdie metings verskyn in Tabelle II en III. Bostaande metings is uit praktiese oorwegings na grafiekpapier oorgedra wat terselfdertyd 'n duideliker voorstelling van die artikulasiekontak gegee het en dit maklikergemaak het om aanrakingsareas numeries te verwerk. Hierdie metode het die kwantitatiewe vergelyking van gegewens vir verskillende klanke moontlik gemaak. (sien Grafiek 1). C Β Α Β C 4 5 _ 3 _ 2 1 S P I E E L B E E L D V A N BO T A N D E - BO T A N D E Figure 1. 1 The South African Journal of Communication Disorders. Vol. 25. 1978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Afrikaanse Konsonantklanke 19 iti c Β A Β c m » U l r Grafiek 1 Klank- i-i i-u u-u u-i Θ omgewings t 0-1,50 0-1,75 0-1,50 0-1,67 0-2 r 1,50-2 1,33-1,67 1,50-1,75 1,25-1,50 Verklaring: Die eerste letterwaarde vir elke klankomgewing dui op die afstand van aanraking vanaf die voortande. Die afstand tussen die twee letterwaardes vir elke klankomgewing reflekteer die anteroposterior breedte van die aanraking. Raadpleeg fig. 1. TABEL 11. Afstand van aanraking vanai vooriandc en unteroposierior breedte van aanraking vir [t] en [rj. i i a - a Links Regs I.inks Regs 1 A 1 A 1 A 1 A 2 Β 2 B,50 2 A 2 A t 3 Β,25 3 B,75 3 B,75 3 B,50 t 4 Β,50 4 C,50 4 C 4 C 5 C 5 C,50 5 C 5 C,50 6 C 6 C,50 6 C,25 6 C75 1 C,50 1 C,50 1 C,50 1 C,50 2 A 2 A 2 C.50 2 C,50 r 3 B,50 3 B,50 3 A,50 3 A 4 B,25 4 B,50 4 Β 4 C 5 B,50 5 C,25 5 C 5 C,50 6 - 6 - 6 - 6 - T A B E L 111. Laterale aanraking. Die standaardafwyking van die area van aanraking vir elke konsonant- klank in die verskillende klankomgewings is bereken om η aanduiding te gee van die stabiliteit van die artikulasiekontakpunt. Dit word in Tabel IV weergegee. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwy kings Vol.25, 1978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 20 H.E.C. Tesner & . Naude Gemiddelde Standaardafwyking t: 34,8 8,37 Γ: 53,6 17,3 k: 9,6 3,9 d: 31,2 7,6 s: 71,6 6,4 x: 14,8 6,9 1: 33,8 9 z: 75,6 11,2 g: 10,8 5,7 n: 42 12,4 J : 60,4 19,7 r: 34,5 5,1 q : 14,8 5,5 TABELIV. M e t i n g s w a a r d e s . BEVINDINGS Uit die grafieke is vir elke klank bereken watter klankomgewing die artikulasiekontakpunt die verste na voor plaas. (Sekere klanke is nie by hierdie berekenings ingesluit nie, t.w. die ruisklanke [s J,[z ] en [ J ] asook [ S 1 en [c]). Die klarikomgewings vir elke klank is vervolgens in volgorde van voor na agter geplaas (Tabel V). t iti utu uti itu θ t θ d idu idi udi ad udu 1 ili ale ilu uli ulu η unu uni ini θηθ inu r θ Γ θ uru iri uri Γ 3 Γ 3 iru uri iri uru 13 'ζμ a g a uqu iqu uqi k uki aka iki uku iku X ixi ΘΧΘ uxu ixu uxi g 'g' 3g3 ugu igu ugi TABEL V. Volgorde van voor na agter. Uit Tabel V blyk dit duidelik dat geen konstante patroon na vore tree nie. 'n Kwalitatiewe ontleding van die gegewens lei tot die volgende tentatiewe gevolgtrekkings: Die klankomgewing [i-i| blyk in die meeste gevalle vir 'n verplasing na voor verantwoordelik te wees. Daarna volg die omgewing [s-a]. Die om- gewing [u-u] verskuif die kontakpunt in die meeste gevalle na agter. Hier moet weer daarop gewys word dat uitsonderings voorkom wat die patroon versteur. ' Wat die area van laterale kontak betref, is die klankomgewings vir elke klank weereens gerangskik in volgorde van breed na smal (Tabel VI). The South African Journal of Communication Disorders Vol. 25 1978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Afrikaanse Konsonantklanke 21 t iti itu u t u uti a t a d udi idi idu u d u a d a 1 ilu ulu ili a l a uli η ini uni in u u n u a n a r uri iri a r a u r n Γ i r u Θ Γ Θ i r i u r i Uf U s isi usi a s a usu isu ζ izu uzi izi uzu S z a J i j " i / i "Ji u j u a j a q '13" u r j i i r j u u q u a q a k uki iki iku uki a k a X uxi ixi ixu uxu " a x a g igu igi ugi ugu a g a T A B E L VI. Volgorde van breed na smal. Ook hier is geen konstante patroon uit te wys nie. Dit lyk of enige klankomgewing wat [i] bevat, verantwoordelik is vir die breedste laterale aanraking. Die smalste laterale aanraking word in die meeste gevalle veroorsaak deur die omgewing [θ-θ], gevolg deur [u-u]. Die ondersoek het baie duidelik getoon dat die grootste laterale aanraking voorkom by die frikatiewe [s],[z] en [J], Indien die velere klanke uitgesluit word, lyk dit of die ratelklank tesame met die tikklank gekenmerk word deur die kleinste laterale aanraking. Dit is ook opvallend dat hierdie twee klanke met besondere klein mediale aanrakings geartikuleer word. Interessant van hierdie proefpersoon is dat artikulasiebewegings deur- gaans 'n besondere sterk neiging na regs toon. Hierdie patroon het egter geen hoorbare invloed op die akoestiese resultaat van die spraak- produksie nie. Die laterale neiging is duidelik waarneembaar in die onderste voorbeeldgrafieke van [s]. Die stabiliteit van die artikulasiekontakpunt in verskillende klank- omgewings toon 'n wye variasie (Tabel IV). Die velere klanke word hier buite rekening gelaat omdat moontlike verskuiwings van die area van aanraking na agter nie deur hierdie metode opgeteken kan word nie. Die volgorde van mees stabiel na minste stabiel verskyn in Tabel VII. r s d t 1 ζ η r J" S t a n d a a r d 5,1 6,4 7,6 8,37 9 11,2 12,4 17,3 19,7 TABEL vii. Volgorde van mees na minste stabiel t.o.v. area van artikulasie- kontak. BESPREKING 'n Ernstige tekortkoming van hierdie studie is dat slegs een proefpersoon daarby betrek kon word. Die metode is egter duur en omslagtig. Ten spyte van hierdie tekortkoming kan daar tog sekere nuttige aanwendings van die bevindings in terapie gemaak word. In terapie vir addentale artikulasie sou dit volgens hierdie gegewens sinvol wees om aanvanklik Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwy kings, Vol. 25, 1978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 22 H.E.C. Tesner & . Naude konsonant artikulasie in die [u-u] omgewing vas te le, aangesien hierdie omgewing die kontakpunt na agter verskuif. Die mate van motoriese vaardigheid en akkurate plasing wat vir die produksie van [r] vereis word, word beklemtoon deur die groot mate van stabiliteit van artikulasiekontakpunt en die besondere klein anteroposterior area van aanraking. In die geval van 'n persoon wat afsluitingsklanke met 'n bree stootbeweging artikuleer (hoewel die akoestiese resultaat vir klanke soos [t] en [d] bevredigend kan wees) sal 'n bevredigende [r] onwaarskynlik wees. Die wisselende areas van aanraking vir die verskillende klankomgewings wys net weer op die noodsaaklikheid van 'n program waarin artikulasie van 'n klank in stelselmatig wisselende klankomgewings geoefen word. Dit geld by uitstek vir die [n] en die [J'| (die [r], wat ook 'n groot mate van wisseling t.o.v. artikulasiekontakpunt openbaar, is nie 'n foneem in Afrikaans nie). 'n Interessante waarneming met betrekking tot [n] is dat hierdie klank wat in Afrikaans in 'n groot mate onderworpe is aan ko-artikulatoriese bei'nvloeding deur konsonante skynbaar ook in 'n groot mate deur vokale bei'nvloed word. Hierdie studie is in vele opsigte 'n ideale onderwerp vir meer gesofistikeerde bestudering met behulp van nuwe elektropalatografiese tegnieke. Aangesien hierdie tegniek nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie, sal data wat bostaande bevindings verwerp of bevestig, waardevol wees. Books on Speech and Hearing C O N S U L T CAMPUS BOOKSHOP 34 Bertha Street, P.O. Box 31361 BRAAMFONTEIN 2017 Telephone 39-1711 WESTDENE MEDIO BOOKS 35/6 Nedbank Plaza, WESTDENE MEDIO BOOKS 175 Beatrix Street PRETORIA Telephone 2-6336 / LOGANS UNIVERSITY BOOKSHOP . . 227/9 Francois Road, DURBAN • Telephone 35-4111 Overseas publications obtained promptly. Nationwide mail-order service. The South African Journal of Communication Disorders Vol. 25. 1978 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) The IE-30A System from Audio Analysis IVIE SpSt SUSHI v i i c e s t e e i c n e 0 U S l y C O m P ' e t e f r e ^ e n c y spectrum of sounds, 2) Portable, hand held, rechargeable battery or mains ODerated complete w,th precision microphone, batte^charTer and c a S n g c a s e 3) Two memories, individual store spectrum pattern. 4) May be used to generate voice prints. 5) Contains precision sound level meter with digital readout 6) Output for oscilliscope, chart recorder, etc. For further information contact: COLOSSEUM ACOUSTICS 95. Kerk Street, Johannesburg. Phone 23-4541 Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 25, R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)