DIE METING VAN MIDDELOORFUNKSIE VAN DIE NORMALE MENSLIKE OOR: 'N TIMPANOMETRIESE ONDERSOEK I . S . H A Y , M.A. ( A U D . ) (WASH.) Departement Spraakwetenskap, Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria OPSOMMING Nege-en-veertig normaalhorende proefpersone (96 ore) is onderwerp aan 'n timpanome- triese ondersoek met 'n Grason-Stadler Otoadmittansmeter. Timpanogramme van konduktansie (G) en susseptansie (B) is gelyktydig geregistreer met meetfrekwensie 220 Hz en daaina met 660 Hz en oorkanaal drukverandering is in 'n positiewe sowel as nega- tiewe rigting toegepas. Sodoende is vir elke oor 8 timpanogramme verkry waarvan die statiese G- en B-waardes bereken is. Statiese admittansie (Y) en impedansie (Z) is volgens die standaardmetode bereken asook die fasehoek ( 0 ) . Die resultate het getoon dat enige van die G- en B-timpanogramme gebruik kan word vir die bepaling van middeloordruk. Die rigting van die drukverandering het verskille by indiwiduele ore opgelewer, maar geen betekenisvolle verskille ten opsigte van die gemiddelde waardes nie. Die vorm van die timpanogramme bewys dat vals positiewe resultate veral by 660 Hz moontlik is aangesien normale ore 'n redelike mate van tipe D-timpanogramme open- baar. Die studie gee aanduidings van die moontlikheid dat timpanometrie o.a. by groot positiewe en negatiewe druk in die oorkanaal, inligting kan verskaf aangaande middel- oorfunksie. SUMMARY Forty-nine normal hearing subjects (96 ears) were subjected to a tympanometric investi- gation using a Grason-Stadler Otoadmittance meter. Conductance (G) and susceptance (B) tympanograms were recorded simultaneously using probe-tone frequencies 220 Hz and 660 Hz. Tympanograms were recorded with ear canal pressure variation in a positive and negative direction. This gave a total of eight tympanograms for each ear which were used to obtain static values for G and B. From this data static admittance (Y) and static impedance (Z) and phase angle ( 0 ) were calculated using the standard formulae. The results indicated that any of the G and Β tympanograms could be used for determining middle-ear pressure. The direction of pressure change gave slightly differ- ent values of middle-ear pressure for some individual ears but there was no significant difference across subjects. The shape of the tympanograms proved that false positives are possible, especially using the 660 Hz probe t o n e , since a considerable number of normal ears displayed type D tympanograms. This research provides indications that tympano- metry could furnish information relating to middle-ear function when considering results at great positive and negative pressure levels. Sedert Metz in 1946 die meting van sekere aspekte van die impedansie op nor- male en patologiese ore gepubliseer het, het verskeie publikasies van navorsers in Europa en die V.S.A. die lig gesien. Binne twee jaar na die publikasie in Amerika van die kliniese toepassing van timpanometrie in 1970 het timpano- metrie 'n baie populere kliniese tegniek geword.4 Vandag word die tegniek Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 62 I. S. Hay wereldwyd toegepas en dit word beskou as redelik betroubaar en maklik uit- voerbaar. In die meeste kommersieel-beskikbare apparaat word daar slegs gebruik gemaak. van een aspek van impedansie, nl. die reaktiewe komponent en omdat die oor by 220 Hz styfheid beheerd is, word slegs die 'compliance' (omgekeerde van die styfheid) gemeet. Die reele komponent van impedansie (akoestiese weer- stand) word as so laag beskou vir die menslike oor dat dit nie gemeet word nie. Metings deur Zwislocki en Feldman15 het egter bewys dat waardevolle in- ligting tog bekom word indien die weerstandskomponent ook gemeet word. Hierdie navorsers het egter in 1970 slegs impedansmetings gemaak en dit was eers in 1974 dat Feldman3 met behulp van die Grason-Stadler Otoadmittans- meter timpanometrie bestudeer het gebruikmakende van beide reele en reak- tiewe komponente van admittansie (die omgekeerde van impedansie) beide by 220 Hz en 660 Hz. Die gebruik van hierdie lae en hoe frekwensies het reeds getoon dat die hoer frekwensies (660 Hz of 800 Hz) besonder gevoelig is vir oordrom-abnormali- teite. Alberti en Jerger1 het dit egter duidelik gestel dat geen addisionele in- ligting bekom word deur by 800 Hz te meet nie aangesien die W-tipe timpano- gram by feitlik alle soorte middeloorpatologiee voorkom by 800 Hz. Hulle het egter net 'compliance' gemeet en het dus nie 'n geheelbeeld verkry soos Feldman3 nie. Die doel van die huidige ondersoek was om (as deel van 'n reeks ondersoeke) die normale menslike oor te onderwerp aan timpanometriese ondersoeke met behulp van die Otoadmittansmeter terwyl die konduktansie en susseptansie gelyktydig gemeet word, om die beurt by 220 Hz en 660 Hz. In 'n tweede fase van die reeks ondersoeke sal soortgelyke metings uitgevoer word op proef- persone met bewese middeloorpatologiee. Aangesien daar tot dusver slegs twee publikasies3.5 in hierdie verband verskyn het, word hierdie navorsing as belangrik beskou. METODE P R O E F P E R S O N E As proefpersone het opgetree studente en personeel van die departement Spraakwetenskap, Spraakheelkunde en Oudiologie van die Universiteit van Pretoria. Proefpersone is geselekteer op grond van normale gehoor (gehoorpeil nie groter nie as 15 dB I S Ο by 250 tot 4 000 Hz) en normaal verklaar deur 'n otoloog. Nege-en-veertig proefpersone (96 ore) is gebruik. Die ouderdomme het gewissel tussen 18 en 33 jaar met 'n gemiddelde ouderdom van 20 jaar 10 maande. A P P A R A A T Vir die meting van die twee komponente van die admittansie is gebruik ge- maak van die Grason-Stadler Otoadmittansmeter Model 1720. Twee Hewlett- Packard Tipe 7035B X — Y registreerders is respektiewelik gekoppel aan die uitgange van die otoadmittansmeter sodat die twee komponente van die ad- mittansie gelyktydig gemeet kon word. Horisontale beweging op die registreer- The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, 977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie 63 ders is bewerkstellig deur hulle te koppel aan die otoadmittansmeter se lug- druksisteemse uitgangwatvirhierdie doel beskikbaar is. Sodoende is beweging na regs verteenwoordigend van druktoename in 'n positiewe rigting en na links van druktoename in 'n negatiewe rigting. Yking van alle apparaat het daagliks geskied volgens voorskrifte van die ver- vaardigers. Korreksies vir hoogte bo seespieel en temperatuur is aangebring op alle admittansiewaardes verkry. O N D E R S O E K M E T O D E Metings met die otoadmittansmeter het 8 timpanogramme opgelewer. Vir elke oor wat getoets is, is 'n timpanogram vir akoestiese konduktansie, G, en akoestiese susseptansie gelyktydig verkry by beide 220 Hz en 660 Hz, beide in die positiewe en negatiewe rigting van druk verandering. Metings is in beide rigtings uitgevoer ten einde vas te stel of daar betekenisvolle verskille na vore kom wat die vorm van die timpanogramme betref. Statiese waardes van G en Figure 1. Verspreiding van middeloordruk as 'n funksie van meetfrekwen- sie en admittanskomponente G en B. gg Dui aan timpanogram - drukverandering in rigting -300 na + 300 mm water §§ Dui aan drukverandering in rigting +300 na-300 mm water. G: Konduktansie. B: Susseptansie. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 64 I. S. Hay Β is gebruik vir die berekening van die komplekse admittansie Y deur middel van die formule Y2 = G 2 + B 2 . Die akoestiese impedansie, Z, is bepaal deur die formule Ζ te gebruik. Die fasehoek, 0 , is bepaal deur die formule 0 = tan te gebruik. RESULTATE MIDDELOORDRUK Die verspreiding van die resultate van middeloordruk (die drukwaarde waar die timpanogram se piek voorkom) word vir die linker- en regteroor vir al die meettoestande en rigting van drukverandering op Fig. 1 vooigestel. Vir al die toestande het meer as 80% van die metings tussen - 2 0 en +20 mm waterdruk geval. Gemiddelde middeloordrukwaardes vir die verskillende meettoestande en rig- ting van drukverandering word in Tabel I aangegee. Die laaste kolomme.gee die algehele gemiddeldes en hiervan kan afgelei word dat die gemiddeldes vir beide ore feitlik 0 mm waterdruk is. Die feit dat die linkeroor se gemiddelde drukwaarde positief is en die regteroor s'n negatief, is hier van minder belang omdat beide waardes so klein is. Rigting van druk- verandering Negatief na positief Positief na negatief Gemiddeld Rigting van druk- verandering Negatief na positief Positief na negatief Gemiddeld Linkeroor (N = 47) Rigting van druk- verandering Negatief na positief Positief na negatief Gemiddeld G 220 Hz - 4 , 9 1 ( - 5 9 / + 2 4 ) - 8 , 3 6 ( - S 3 / + 2 3 ) - 6 , 6 4 ( - 5 6 / + 2 0 , 5 ) G 660 Hz 1,14 ( - 4 6 / + 2 7 ) 0,17 ( - 5 4 / + 3 0 ) 0,66 ( - 5 0 / + 2 7 ) Β 220 Hz 0,70 ( - 5 9 / + 2 5 ) 0,87 ( - 5 2 / + 2 5) 0,79 ( - 5 5 . S / + 2 5 ) Β 660 Hz 0,34 ( - 4 6 / + 50) 0,34 ( - 5 3 / + 4 7 ) 0,34 ( - 4 9 , 5 / + 3 0 , 5 ) Gemiddeld - 0 , 6 8 ( - 5 9 / + 5 0 ) - 1 , 7 5 (—54/+47) - 1 , 2 1 5 ( - 5 6 / + 3 0 . 5 ) Negatief na positief Positief na negatief Gemiddeld Regteroor (N = 49) Negatief na positief Positief na negatief Gemiddeld - 7 , 9 3 ( - 1 0 0 / + 1 9 ) - 1 1 , 4 9 ( - 1 0 0 / + 20) - 9 , 7 1 ( - 1 0 0 / + 1 7 ) - 2 , 2 4 (—100/+29) - 3 , 7 9 (—103/+36) - 3 , 0 2 ( - 1 0 1 . 5 / + 2 5 ) - 3 , 4 2 (—100/+33) - 5 , 8 8 (—100/+27) - 4 , 6 5 (—100/+30) 6,71 ( - 1 0 0 / + 5 0 ) / / 4,57 ( - 9 4 / + 4 6 ) 5,64 ( - 9 7 / + 4 8 ) - 1 , 7 2 (—100/+50) - 4 , 1 5 (—103/+46) - 2 , 9 4 (—101,5/+ 48) TABEL I Gemiddelde middeloordrukwaardes vir timpanogram-optekening van G 220 Hz, G 660 Hz, Β 220 Hz en Β 660 Hz vir drukveran- dering in beide rigtings. Die verspreiding word in hakies aangegee. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, 977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie 65 Die rigting van drukverandering het skynbaar 'n geringe invloed op die mid- deloordrukwaardes uitgeoefen. In alle gevalle is die gemiddelde waarde 'n meer negatiewe of minder positiewe waarde as die rigting van drukverandering van positief na negatief was en andersom, vir die teenoorgestelde rigting van drukverandering. Vir indiwiduele proefpersone was dit nie altyd die geval nie. Hierdie verskille is egter so klein dat dit nie kliniese waarde kan he nie. Die groter verspreiding van die regteroor (Fig. 1 en Tabel I ) is die gevolg van relatief groot negatiewe middeloordrukwaardes van twee proefpersone, nl. - 1 0 0 mm-waterdruk vir proefpersoon 32 en - 8 0 mm-waterdruk vir proef- persoon 40. Beide proefpersone se oudiogramme was binne normale perke. Jerger6 beskou die normale perke as ± 50 mm-waterdruk terwyl Bluestone (soos gemeld in Harford4 ) gevind het dat - 5 0 mm-waterdruk kan dui op 'n abnormale middeloor. S T A T I E S E A D M I T T AN S- E N I M P E D A N S W A A R D E S Statiese konduktansie, G, en susseptansie, B, van die middeloor is verkry deur die verskil te bereken van die waardes vir die middeloor in die gespanne (+ of - 3 0 0 mm-waterdruk) en die ontspanne (drukwaar timpanogram 'npiekvorm) toestande. Indien die G- en B-waardes by + en - 3 0 0 mm-waterdruk verskil het, is die gemiddelde van die twee waardes geneem. Die hoogte van die piek is dus die statiese waarde.13 Daar bestaan 'n verskil van opinie oor wysheid van hierdie metode van meting en daar is navorsers wat verkies om die hoogte van die timpanogram te bepaal by atmosferiese druk aangesien hulle voel dat dit die waarde van G en Β bepaal wat in die praktyk geld.7 By die meting van hierdie waardes op proefpersone met normale gehoor, soos in"die huidige studie, is daar nie 'n groot verskil tussen die twee metings, nl. by die maksimum van die timpanogram of by atmosferiese druk nie. Die gemiddelde waardes van G, Β, Υ, Ζ en 0 word in Tabel II angegee. Resultate gepubliseer deur Feldman3 en Jacobson et al.s word in Tabel III saamgevat. 'n Vergelyking van hierdie resultate en die van die huidige onder- soek toon dat laasgenoemde resultate heelwat hoer is. By nadere ondersoek blyk dit dat' die metode wat Feldman3 gebruik het om die statiese G- en B-waardes te meet, verskil van die van die huidige ondersoek se metode. Feld- man het die G- en B-waardes by atmosferiese druk gemeet en nie by die piek van die timpanogram soos by hierdie ondersoek die geval was nie. Die verskil is veral opmerklik by 660 Hz. 'n Groter ooreenkoms word egter gevind indien die impedans-waardes van die huidige ondersoek vergelyk word met die resultate van Zwislocki en Feldman soos gemeld in Lilly10 en die van Feldman3 soos aangedui in Tabel IV. Die ooreenstemming is hier merkwaardig. Die relatief klein verskil in meetfrek- wensie kan geignoreer word. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) I. S. Hay /̂ S 00 /"S 00 νο m /"S ·> Ν Κ <3\ <3\ CO t> Ο, rr> α ιη co in f Ν Κ Ο 00 Γ- m ^ θ\ τ 1 SO <3\ II ο ν ο - I in ι Ο ι in I SO <3\ II SO SO CS 00 •ψ. -Η Γ<"1 CO co m VO. ο" ο" 85 ο„ 00 £ ο ο" co m VO. ο" ο ' χ, T3 s i3 s i3 in 13 νο CO 00 νο in ε 1 ο Ο 00 Γ- ο" ε Ν νο „ Ο , ο σν ορ r- I • ω Ο Ε ο 7 ο νο 00 «7 σν ορ r- I • ω Ο ο co I 00 I 00 I ^ I οο" I ° £ ο" 8 " ιη <3\ I ο <Ν 1 ιη ο" cT ο" ο" m I 00 m Ο • 00 • νο 00 m Ο • CS <3\ <3\ 00 m Ο • νο" Ν Ε 3 °ί> • £ s m σ\ -ο τ 1 -3 7, 3 ,6 — — 6ι <3\ ο I νο I I in I -3 7, 3 ,6 — — 6ι <3\ VO VO - ο CO ci m νο. -3 7, 3 ,6 — — 6ι II •ψ. Γ Ί ci m νο. ο. 00 ζ ο" cT ο" ο I t-l ο 2 ΓΟ νο CO 00 <3\ ΓΟ •<-» ο ο 00 00 σ\" Οβ Ο · PC Ν νο ο ΓΟ Οβ Ο · PC Ε § 7 3 7 I ο -Χ r- I 00 I in I 00 I CS Ο 2 Ο {G Ο S " ιη " σ\. VO I co 1 in ο ' Ο ο" ο in Q ο •ψ νο 00 σ\ τ}· in Ν νο ΓΟ in Ε £ οο σ\ - 0 0 VO - τ 1 Q ι ο r- I m I | ^ I CO I co 1 1 ^ r- VO VO (sf _Γ ιη ο" ^ CO I co 1 1 ^ II νο. co_ 00 £ LH cT cT ο" Ο ο t-| in υ σ\ Ο νο in Λ ιη <3\ r- o" •S J Ν ^ r- . 00 Ο ^ ο 00 •S J Ε £ 9 ιη cs - 1 § - Ρ-, ιη ^ 1 σ\ ι VO 1 1 ο 00 I 00 I ^ I ^ 1 σ\ ι VO 1 1 ο Ρ: σ\ ^ 1 σ\ ι VO 1 1 ο <Ν ο ο" ό ο ' ο VO 1 ο ε ο ε̂ ο ε 1 I ο υ 13 Μ t-l 00 Ο CQ * Ν Ό - <υ •O C Λ > -SL Μ α, ω S3 3 - 3 U <α .. &0 <υ C C α C3 ce +J υ Ι * c - ο R ί Ι ! £ 2 00 ce C c '-Β Λ 5 g ΙΛ Ο, > .a Q Ό, 2 * ω Ο ' 13 Ο 2 « § 2 ο ε J ω « < Η The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, 977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie 67 Jacobsonet al. s ( N = 6 0 ) F e l d m a n 3 (N=100) Hay (N =96) 220 Hz 660 Hz 220 Hz 660 Hz 220 Hz 660 Hz G (mmho) 0,28 1,7 0,15 1,95 0,301 2,602 Β (mmho) 0,58 0,83 0,50 1,30 0,803 1,573 TABEL III Gemiddelde waardes van konduktansie, G, en susseptansie, B, vir normale ore Impedansie (akoest. ohm) Frekwensie Zwislocki & Feldmanls (N = 66) Feldman3 (N = 100) Hay (N = 96) 220/250 Hz 660/750 Hz 1530/—74,1° 521/—41,6° 1856/—69,5° 409/—31,0° 1482/—68,8° 439/—35,2 TABEL IV Gemiddelde impedanswaardes vir normale ore DIE VORM VAN DIE TIMPANOGRAM Afleidings word van die vorm van die timpanogram gemaak met die oog op die diagnose van middeloorpatologie. In hierdie ondersoek is slegs normaal- horendes gebruik om te poog om normatiewe waardes vas te stel. Die variasie wat die vorm van die timpanogram betref, is egter so groot dat feitlik alle vorms wat by verskillende patologiee voorgekom het, waargeneem is. Hiervan kan afgelei word dat daar ook vir die normale oor toestande bestaan wat tim- panogramme lewer met vorms wat foutiewe diagnoses moontlik maak. Tabel V gee die klassifikasie (volgens Jerger,6 Liden et al.8> 9 ) van die tim- panogramvorms wat in hierdie studie verkry is. Die getalle dui op die aantal ore wat binne elke kategorie val. Die resultate dui daarop dat vir beide G en Β by 220 Hz byna 80% van die timpanogramme 'n A-konfigurasie het. Verhoging van die meetfrekwensie na 660 Hz gee vir G 'n toename in die aantal ore wat timpanogramme van die Ap-konfigurasie het, d.w.s. 'n meer gedempte sisteem. Die effek van frekwensieverhoging op B-timpanogramme, is die toename in die aantal ore met D- en E-konfigurasie. Hierdie konfigurasie word verklaar deur Liden et al.9 deur te verwys na die feit dat 660 Hz nader aan die reso- nansfrekwensie van die middeloor is en dat die susseptansie daar hoog is sodat met die oorgang van positiewe na negatiewe druk, die trommelvlies vmmg heen en weer beweeg. 'n Ander siening is die van Harford,4 nl. dat die D-kon- figurasie moontlik die gevolg is van 'n losgekoppelde incudostapediale gewng sodat verandering in die kanaaldruk om en by atmosferiese druk tot gevolg kan he 'n gedeeltelike ontkoppeling van die benige ketting. Liden et al.9 het gevind dat 8% van die 182 proefpersone met normale gehoor, tipe D-timpano- gramme gelewer het, en hierdie resultaat word bevestig deur hierdie ondersoek (kyk tabel V Β 220 Hz). Vir G 660 Hz en Β 660 Hz word tipe D-timpanogram in 13% en 26% respektiewelik verkry. Liden.et a l 9 verbind tipe D met littekens op die trommelvlies. Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 68 I. S. Hay — » ο ιο Ο Ο fS \ο η ^ ιο •Ί· ΙΟ Ο rs 00 fS Ν /-ν OS κ ο VO VO Ο ο 46 47 32 28 ο ο rs Ό σ> ο II Ζ βί Χ CO ιο 00 69 73 m ο ο •τ 00 vo - ο J Ν S ο rs fS Ο t̂ OS t̂ ο ο •τ ο ο \ο Ο 00 ο ο cn ο ο η ο 00 rs νο ο rs ο ιο Ν S ο fS fS 00 ο fS ί- ιο /-ν OS •τ ο VO Ο rs fS m ο fS ο Ο II Ζ \ο •Ί· fS ιο ο fS •τ Ο Μ Ο Μ υ η fS \o m νο ο 1· ο Χ Ν S •τ t̂ m ο rs ο ο rs fS ο rs fS Ο m ο f̂ l ο ο fS fS 1· ιο ο fS ο ο η ο m 1· ο - - - Ν S - 1 m fS ο Ο •τ rs ο «ο /-Ν r- Ο m fS ο ιο ο ζ •Τ rs fS Ό ο ο ιο ο ο Μ Ο .5 1-1 ο ο Μ Ο .5 1-1 η m m ο •Τ ο ο ο Μ Ο .5 1-1 Ν Ε ο 1· fS m ' νο ο ιο ο rs rs rs rs Ο 1· Ο •Τ m ο Ο Ο- •Τ 00 ιο ο - 1 Ο Ο1 T ip e T im - pa no gr . VI < < «Ρ η u Q ω < .s s Ό J Ο > C < •U •o 3 = g-s ^ t-H u ω 2 « Ό ' s ε ε ε .2 Ι Ξ π rt υ Λ ι ε + υ S υ <υ > ^ > crt •Ο S rt υ 2 Ό Ό 'ε ο αο 3 •S > ab c ο .a S 2 Ό Ό ι e = 1 5 rt (Λ S S a 5 «1 Γλ ω 3 — 60 ia 1-2 ε π c „ c E ta η u * C 3 2 -S c .2 Ο o S u ο ο Λ (Τ) (Τ) ε u .· • ~ O. a s I a a Ό rt ε λ Ό u, top ed ο Ο > Ο e c .5 .ire ο s rt O. .§ Η s o. u g Ο Η ε·5 υ « "2 ε α s 3 ε 5 ε ω ^ ολ ·° .s -a S S Μ Μ Ο © Ο Ο ο Ο ε .ε c c Ο Ό CO (Q Μ > > 60 60 ω ω .5 .2 ' f t f t S s C C Ό Ό ω ω c C 0/5 (Λ α α δ Μ 3 ^ — hH fcH . S S q q < < < β u Q ω - Μ <υ οο <υ , Ό C <υ > <υ •3 τΛ C <υ ,ορ ~ο > ο > Ε η 1-4 οο Ο C η α, <υ •3 α η £ η α Ζ <υ 1-4 Ο α α < > Η-Ι Η η < Η R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie 69 Die implikasies van bogenoemde resultate, is dat foutiewe diagnoses gemaak kan word deur tipe D-timpanogramme te koppel aan dislokasie van die be- nige ketting, veral by 'n meetfrekwensie van 660 Hz. Hierdie feit word verder gestaaf deur die werk van Van Huyse et al. 1 4 wat 'n wiskundige verklaring voorle vir die M- of W-patroon. Volgens hulle kom die patroon voor wanneer daar die regte kombinasie van druk, admittansie en frekwensie bestaan: Timpanogram tipe Ag kom wel voor by alle toestande, maar veral by G 220 Hz, Β 220 Hz en G 660 Hz. Slegs een oor het 'n tipe A-timpanogram gegee by Β 660 Hz, maar daar moet gemeld w ord dat by hierdie toestand ongeveer 26 ore tipe D gegee het waaronder ingesluit was timpanogramme met pieke wat vergelykbaar was met tipe Ag. Timpanogram tipe Β is nerens waargeneem nie, hoewel heelwat van die AQ- tipes timpanogramme baie plat verloop het met 'n geringe piek of hoogtepunt. Timpanogram tipe C het wel in enkele gevalle voorgekom (Tabel V) en in een geval met 'n middeloordrukwaarde van minder as - 1 0 0 mm H 2 O. Hoewel al die ore deur 'n ONK-arts as normaal gesertifiseer is, kan daar tog 'n paar ore gewees het met 'n geringe disfunksie van die buis van Eustachius. Ook wat tipe Ε betref, is enkele ore gevind met hierdie tipe timpanogram ver- al vir toestand Β 660 Hz. Hierdie tipe word deur Liden et al.9 gekoppel aan dislokasie van die benige ketting. Die afleiding kan gemaak word dat timpanogramme van G 660 Hz en Β 660 Hz meer vals positiewe resultate gaan oplewer as G 220 Hz en Β 220 Hz 4 Die timpanogram kan dus nie sonder meer gebruik word om middeloorpatologie aan te dui nie. Beskouing van die korrelasie tussen die timpanogramtipe en die uiterste ge- valle van absolute admittanswaarde (Tabel VI) gee 'n duidelike beeld van 'n verband tussen hierdie waarnemings. Die proefpersone met lae admittans- waardes het feitlik deurgaans 'n tipe A2"(gedempte) timpanogram gegee, ter- wyl diegene met 'n hoe admittansie 'n tipe D-timpanogram opgelewer het. Hierdie korrelasie bestaan ook vir die konduktansie- en susseptansie-waardes. Timpanogram-tipe Admittansie (220 Hz) Konduktansie (220 Hz) Susseptansie (220 Hz) Proefpersoon Nr. (Linkeroor) ( X = ,860 ) ( X = ,27) ( X = ,74) 9 A2 ,468 ,17 ,39 11 A2 ,404 ,14 ,34 13 • A 2 ,503 ,20 ,44 42 A 2 ,232 ,07 ,20 35 A2 ,382 ,11 ,33 7 D 1,768 ,43 1,55 15 D 1,571 ,64 1,28 30 D 1,785 ,60 1,51 37 D 2,020 ,61 1,72 41 D 1,817 ,69 1,51 TABEL VI Timpanogram-tipe en hoogste en laagste admittanswaardes by 220 Hz Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 70 I. S Hay 'n Verskynsel wat opmerklik was, was die verskil wat daar soms bestaan het, tussen die G-sowel as B-waardes by 'n druk van —300 mm en + 300 mm H2 0 . Dit word veronderstel dat beide hierdie druktoestande 'n harde wand- holte skep wat 'n meting is van die ekwivalente volume gelyk aan die volume van die eksterne meatus met uitskakeling van die middeloor.4 Die rigting van die drukverandering het in die meeste gevalle nie verskil gemaak wat die G- en B-waardes by - 3 0 0 en + 300 mm H2 O-druk betref nie. Die verwagting was dat 'n positiewe druk in die oorkanaal groter G- of B-waardes tot gevolg sou he aangesien die trommelvlies na binne geforseer word, maar dit was nie altyd - die geval nie. Tabel VII gee 'n aanduiding van die aantal ore waar die verandering in G en Β met druk kleiner was by —300 mm as by + 300 mm water. Hieruit kan afgelei word dat vir G 660 Hz was die verandering in G in 11% van die ore kleiner vir 'n druk van —300 mm as vir +300 mm-waterdruk in die oorkanaal. A A N T A L O R E G 220 Hz Β 220 Hz G 660 Hz Β 660 Hz Regteroor 1 6 42 1 Linkeroor 6 1 35 0 Totaal 7 ' 7 77 1 TABEL VII Aantal ore waarvan die verandering in G en Β kleiner was by 'n oorkanaaldruk van - 3 0 0 mm as by 'n druk van + 300 mm- waterdruk By G 220, Β 220 en Β 660 Hz is daar slegs enkele ore gevind wat genoemde verskynsel openbaar, met ander woorde, in die meeste ore is die omgekeerde waar, nl. dat 'n groot positiewe druk in die oorkanaal 'n kleiner verandering in G en Β gee as 'n groot negatiewe druk. Hierdie resultaat stem in 'n mate ooreen met metings wat deur McPherson et al.1 1 op marmotte uitgevoer is. Meting van middeloorimpedansie met veranderde middeloordruk, het getoon dat by 200 Hz en +300 mm-waterdruk in die middeloor, die impedansverandering groter is as by —300 mm-waterdruk. (Dit moet onthou word dat +300 mm- waterdruk in die middeloor soos deur McPherson gebruik, ooreenstem met +300 mm-waterdruk in die oorkanaal). McPherson et al. 1 1 se resultaat by 200 Hz stem ooreen met die resultaat van hierdie ondersoek by 220Ήζ. Hul resultaat by 600 Hz gee dieselfde verandering in impedansie by +300 mm- en —300 mm-waterdruk in die middeloor, terwyl daar in hierdie ondersoek ge- vind is dat vir G 660 Hz, die verandering in admittansie groter is (vir 80% van die ore) vir +300 mm-waterdruk in die oorkanaal as vir - 3 0 0 mm-waterdruk. Hierdie toestand kom vir die marmot (volgens McPherson et a l . 1 1 ) alleen voor by hoe frekwensies, bv. by ΙΟΚΗζ. j Die verskille by die maksimum positiewe en; negatiewe druk, het waarskynlik te make met die verandering in die meganiese eienskappe van die middeloor The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, 977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie 71 wanneer die stelsel ver na binne of ver na buite geforseer word deur hoe druk- waardes.11 'n Groot negatiewe druk in die eksterne oorkanaal het tot gevolg die gedeeltelike ontkoppeling van die incudostapediale gewrig (dus groter wrywing en kleiner G) tesame met 'n groter gespannenheid van die trommel- vlies en membraan van die ovale venster. 'n Groot positiewe druk in die eks- terne oorkanaal vergroot die koppeling van die gewrig (groter G) en vergroot die gespannenheid van die membrane met 'n verdere moontlikheid dat die wyse van beweging van die stapes verander soos met groot klankdruk.2 GEVOLGTREKKINGS Die doel van die studie was om 'n waardebepaling te maak van die waardes van konduktansie, G, en susseptansie, B, soos gemeet op proefpersone met ge- hoor binne normale perke. Verder moes daar vasgestel word of die rigting van drukverandering by die bepaling van die timpanogram van belang was en of die gebruik van 220 Hz sowel as 660 Hz as meetfrekwensie van waarde is by die bepaling van normale waardes. Die volgende gevolgtrekkings kan gemaak word: Die G, Β, Υ, Ζ en 0 waardes in hierdie studie verkry stem in 'n groot mate ooreen met die verkry in ander studies,3'5 > 1 5 hoewel daar toegelaat moet word vir die feit dat die piek op die timpanogram waar G en Β gemeet is, ver- skil van hierdie studie. Wanneer daar by die piek gemeet word (soos in hierdie studie) is die waardes van G en Β en dus Y groter as wanneer die meting by at- mosferiese druk gemaak word soos in die studies van Feldman3 en Jacobson et al.5 Die meettoestand (G 220, G 660, Β 220, Β 660) en rigting van drukverande- ring in die oorkanaal het min invloed op die meting van middeloordruk. Daar was wel 'n opmerklike verskil by indiwiduele proefpersone, maar nie sodanig dat dit diagnostics van betekenis sou wees nie. Dit is miskien te verwagte dat 'n meganiese stelsel soos die middeloor effens gevoelig sal wees vir die rigting van drukverandering in die oorkanaal veral by die drukwaardes waar optimum beweeglikheid verkry word. Ook by die bepaling van G en Β het die rigting van die drukverandering in die oorkanaal geen noemenswaardige invloed gehad nie. Die vorm van die timpanogram wat aanduidend is van die beweeglikheid van die middeloor bevat by die normale oor tipes van feitlik al die tipes wat ver- teenwoordigend is van sekere middeloorpatologiee. Die gebruik van die vorm van die timpanogram vir diagnostiese doeleindes moet dus baie versigtig ge- skied. Feldman3 waarsku ook hierteen en meld dat 'n trommelvlies met ge- neesde perforasies 'n beeld kan gee van 'n baie beweeglike sisteem wat die teenwoordigheid van otosklerose kan verbloem. Die gebruik van beide die 220 Hz en die 660 Hz meettoon is veral van waarde wat die vorm van die timpanogram betref. Ookhier moet egter 'n waarskuwing gerig word wat die gebruik van hierdie inligting vir diagnostiese doeleindes be- tref aangesien die voorkoms van tipe D (M- of W-patroon) by proefpersone met normale gehoor redelik aansienlik is (26% van 100 normale ore by Β 660 Hz Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 72 I. S. Hay en 13% by G 660). Die toestand G 220 Hz blyk meer betroubaar te wees omdat dit die hoogste persentasie (84%) as tipe A gediagnoseer het en die laagste persentasie (0%) as tipe D. Die toestand Β 660 Hz het die laagste per- sentasie (56%) as tipe A gediagnoseer en die hoogste persentasie (26%) as tipe D. Hieruit kan afgelei word dat daar wel met voordeel van die gebruik van G- timpanogramme gebruik gemaak kan word. Die timpanogramme van G 220 Hz, Β 220 Hz, G 660 Hz en Β 660 Hz gee ge- samentlik 'n beeld van die middeloorfunksie wat nie moontlik is met slegs Β 220 Hz en Β 660 Hz timpanogramme wat gewoonlik met kommersieel-be- skikbare vapparaat geregistreer word nie. Afleidings wat gemaak kan word van die G- en B-waardes met die oordrom in die gespanne toestand (±300 mm- waterdruk) kan moontlik van diagnostiese waarde wees, maar hierdie aspek moet verder ondersoek word. VERWYSINGS 1. Alberti, P. W. R„ Jerger, J. (1974): Probe tone frequency and the diag- nostic value of tympanometry. Arch. Otolaryngol., 99, 3, 206-210. 2. Bekesy, G. Von, (1960): Experiments in Hearing. McGraw Hill, New York. 3. Feldman, A. S., (1974): Eardrum abnormality and the measurement of middle ear function. Arch Otolaryngol., 99, 211-217. 4. Harford, E. R„ (1975): Tympanometry. In Handbook of Clinical Im- pedance, Jerge.\ J. (Ed.). American Medics Corp., New York. 5. Jacobson, J. T., Kimmel, B. L., en Fausti, S. Α., (1975): Clinical Appli- cation of the Grason-Stadler Oto-admittance meter. Asha, 1, 11-16. 6. Jerger, J. (1970): Clinical experience with Impedance Audiometry. Arch. Otolaryngol., 92, 311-324. 7. Jerger, J. (1976): Suggested nomenclature for impedance audiometry. In Selected Readings in Impedance Audiometry. Northern, J. L. (Ed.). American Medics Corp., New York. 8. Lid£n, G., Petersen, J. L., Bjorkman, G. (1970): Tympanometry.Arch. Otolaryngol., 92, 248-257. 9. Liden, G., Harford, E., Hallen, O. (1974): Automatic Audiometry in Clinical Practice. Audiology, 13,126-139. 10. Lilly, D. J. (1972): Acoustic Impedance at the Tympanic Membrane. In Handbook of Clinical Audiology. Katz, J. (Ed.). Baltimore, Williams & Wilkins Co. 11. McPherson, D. L., Miller, J. M., Axelsson, A. (1976): Middle ear pressure: Effects on the auditory periphery./. Acoust. Soc. Amer., 59, 135-142. 12. Miller, J. M., Holmquist, J. (1974): An animal model for study of Eus- tachian tube and middle ear function.Scarttl Audiol., 3, 63-68. 13. Northern, J. L. (1975): Clinical Measurement procedures. In Handbook of Clinical Impedance Audiometry. Jerger, J. (Ed.). American Medics Corp., New York. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, J 977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Timpanometriese Ondersoek van Middeloorfunksie I 73 14. Van Huyse, V. J., Creten, W. L., Van Kamp, K. J. (1975): On the W-not- ching of tympanograms. Scand. Audiol., 4,45-50. 15. Zwislocki, J., Feldman, A. S. (1970): Acoustic Impedance of Pathologi- cal Ears. Amer. Sp. Hear. Assoc., Monogr. No. 15. OUR RANG Ε ft SERVICE M E y M E Q i m i E i TRAIN-EARS AUDIOMETERS HEARING AIDS SOUND-PROOF ROOMS ALL SPEECH THERAPY REQUIREMENTS for MEEDILEK W E S T i E M E ( M M S O T M fFTVj) L T I Telephones: 45-7262 45-6113/4 Telegrams: "Needlerorg" Telejt: 83660 Needier Westdene Mouse 33 Durham Street Raedene Johannesburg Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 24,1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) f@r © the development of perception ® the acquisition of speech and lan- guage skills ® the improvement of motor co-ordination ® helpful texts for therapists © educational toys, books and equip- ment Φ records for auditory training ® catalogues on request © large variety of tests available Ply Ο PLAY AN κ 8 Tyrwhitt Avenue, Rosebank (adjoining the Constantia Cinema) Telephones: 788-1304 P.O. Box 52137, Saxonwold, Tvl. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 24, 1977 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)