DIE DIAGNOSERING VAN STAMEL AS 'N VORM VAN PS1GONEUROLOGIESE DISFUNKSIE I.e. UYS. D.Phil. (PRETORIA) Dept. Spraakheelkunde, Universiteit van Pretoria. OPSOMMING Die samestelling van 'n diagnostiese program vir stamel as 'n vorm van psigoneurologiese disfunksie word gebaseer op 'n teoretiese orientering ten opsigte van die simptomatolo- giese en etiologiese verband tussen hierdie twee sindrome. Hierdie verband word met empiriese bevindings gestaaf. 'n Omvattende diagnostiese program is saamgestel met die doel om al die verskillende simptome van psigoneurologiese disfunksie, sowel as meer spesifiek, die verbale kommunikasieprobleme van stamel, uit te lig. Ten slotte word hier- die program ge-evalueer aan die hand van eksperimentele bewyse. SUMMARY The construction of a diagnostic programme for cluttering as a form of psychoneuro- logical dysfunction is based on a theoretical orientation to the symptomatological and etiological relationship between these two syndromes. This relationship is confirmed by empirical findings. A comprehensive diagnostic programme is constructed with the pur- pose of eliciting all the different symptoms of psychoneurological dysfunction, as well as more specifically, the verbal communication problems of cluttering. Finally this pro- gramme is evaluated according to experimental findings. Wanneer 'n navorser poog om 'n sinvolle diagnostiese program vir enige afwy- king saam te stel, moet so 'n program gegrond word op 'n aanvaarbare logiese teoretiese orientering. Dit is egter nodig om eers 'n intensiewe studie te maak van alle relevante empiriese bevindings in verband met die afwyking wat tot so 'n teoretiese orientering kan lei. In die geval van stamel as 'n vorm van psigoneurologiese disfunksie (PND) be- rus 'n sinvolle diagnostiese program op a) die bestaan van 'n simptomatologiese verband tussen stamel en PND; b) 'n ooreenstemming in verband met die moontlike etiologiese faktore in beide gevalle; c) empiriese bewyse dat stamel wel 'n vorm van PND is en dus as sodanig ondersoek moet word. DIE SIMPTOMATOLOGIESE VERBAND TUSSEN STAMEL EN PND 'n Intensiewe literatuurstudie dui daarop dat PND as 'n bree diagnostiese kate- gorie gesien moet word, en dat dit omvattend genoeg moet wees om voorsie- ning te maak vir al die uiteenlopende simptome. Binne hierdie bree diagnos- Journa of the South African Speech and Hearing Association. Vol. 23. December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stamel en Psigoneurologiese Disfunksie 77 tiese kategoriee is 'n verskeidenheid van sindrome te vinde. Dit is dus ook sin- vol dat hierdie spesifieke simptoomkomplekse as sub-kategoriee herken en aanvaar sal word. Daar bestaan egter so 'n massa publikasies oor PND dat die student verblind word deur al die losstaande, veranderlike en veelvormige simptome en ge- woonlik lei dit tot teoretiese mistasting en kliniese rondtasting. In 'n onlangse navorsingsprojek is gevind dat 'n kubernetiese beskouing veral vir die spraak- terapeut van groot waarde kan wees, omdat dit nie maar weer lei tot die same- stelling van 'n lys van bekende kenmerke nie, maar eerder aanduidend is van die verband tussen verskillende simptome.22 Dit is juis in die kubernetika wat die verband tussen PND en stamel gevind word. Volgens navorsing wat reeds gedoen is op die gebied van stamel, is daar 'n merkwaardige ooreenkoms, op byna alle vlakke, met die beeld wat deur PND geskep word.3' 2 0 ' 2 5 In hierdie gevalle is die spraakafwyking egter die middelpunt van die beskry wing van die simptoomkompleks, omdat die ken- merkendste of opvallendste simptome gesentreer is om spraak as kommuni- kasiemedium. Murray11 het die kenmerkendste simptome van PND as volg saamgevat: 1. Hiperaktiwiteit 2. Perseptuele — motoriese aantasting 3. Emosionele labiliteit 4. Algemene versteurings in ko5rdinasie 5. Steurings van Aandag 6. Impulsiwiteit 7. Steurings van geheue en denke 8. Spesifieke leergestremdhede 9. Steurings van Spraak en Gehoor 10. Twyfelagtige neurologiese tekens en onreelmatighede van die elektroenke- felogram. 'n Analise van die varierende simptome van stamel, veral in die lig van die bo- genoemde lys van simptome, dui op die een of ander vorm van PND. Nie alle simptome, wat by verskillende stamelaars, as 'n groep voorkom, hoef as ver- pligtend beskou te word nie. In werklikheid kan alleenlik vier simptome as verpligtend vir die diagnose van stamel beskou word, naamlik: a) Kort aandagspan en die daarmee gepaardgaande swak konsentrasievermoe; b) Gebrek aan volkome bewustheid van die probleem; c) 'n Buitensporige aantal herhalings in die spraak; d) 'n Verswakte waarnemingsvermoe. Die meeste simptome wat dikwels by stamelaars waargeneem word is egter op- sioneel. Hierdie simptome toon 'n groot omvang, van reseptiewe, tot integra- sie- en ekspressiewe probleme. Simptome wat waarskynlik die opvallendste is, sluit in die ekspressiewe of motoriese manifestasies, soos buitensporige spraak- spoed, artikulasie-afwykings en 'n algemene rusteloosheid of hiperaktiwiteit. Die reseptiewe probleme is moeiliker waarneembaar, maar dra nogtans in 'n groot mate by tot die omvang van die probleem. Hier word simptome soos Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 23. Desember 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 78 I.C,. Uys perseptuele afwykings gevind, wat kan lei tot lees- en spellingprobleme en ge- volglik spesifieke skolastiese leergestremdhede. Die algemeenste opsionele simptoom van stamel is waarskynlik 'n leesprobleem, wat vergelykbaar is met disleksie.25 Gewoonlik word die probleem van 'n sentrale taalwanbalans of -onvermoe in verband gebring met 'n versteuring in die ontwikkeling en funksionering van die sentrale senuweesisteem. Dit is op die gebied van hoer kortikale integrasie waar die merendeel van die probleme gemanifesteer word.1' 3 Arnold1 be-. klemtoon die feit dat dit 'n afwyking is, wat die hoogste vlak van linguistiese formulasie en integrasie sal affekteer en Bradford3 voeg daarby dat enige toe- stand wat die harmoniese organisasie van serebrale aktiwiteite bei'nvloed ook probleme in verband met die ontvangs en koordinasie van visuele en ouditiewe indrukke sal veroorsaak. Dit sal weer die psigomotoriese stabiliteit Van die per- soon nadelig bei'nvloed. In hierdie geval sal die onderliggende PND, of meer spesifiek, die swak gei'ntegreerde en onvolledige denkprosesse die oorsaak wees van die herhalende spraakpatroon, hersienings, huiwerings en stiltes, tus- - senwerpsels, artikulasie-afwykings, grammatikale verwarring eh lees- en spel- lingprobleme.12 Uit 'n kubernetiese studie van die simptomatologiese beskrywings van PND aan die een kant, en stamel aan die ander kant, blyk dit dus asof daar 'n defi- nitiewe verwantskap tussen die twee sindrome bestaan. 'N ETIOLOGIESE OOREENSTEMMING TUSSEN STAMEL EN PND Daar is 'n baie noue verband tussen PND en stamel vasgestel deur eksperimen- tele bewyse, onder andere in verband met eienskappe van die senuweesis- teem,1 3 sekere biochemiese en formakologiese aanduidings 9 ' 1 4 ' 2 6 en die om- lyning van die betrokke neurofisiologiese g e b i e d e . 7 ' 1 0 ' 1 6 Die volgende impli- kasie is dus voor die handliggend — dat in die .geval van stamel die funksione- ring (kwalitatief en kwantitatief) van senuwee-oordrastowwe, tesame met sel- en organisme sensitiwiteit, tot 'n wanbalans in die funksionering van die twee opwekkingsisteme (die retikulere en limbiese) kan bydra. Die teorie, in verband met 'n verhoogde adaptasiepeil (stelling) in die retiku- lere formasie en 'n moontlike wanbalans in.die wisselwerking tussen die twee sisteme, is ook van toepassing gevind op stamel.22 In hierdie geval (waarskyn- lik as gevolg van striatum-betrokkenheid) is die kenmerkendste simptome in die .verbale kommunikasie-oordrag merkbaar. 1 9 ' 2 5 Dit gebeur meestal dat ondersoekers PND toeskryf aan kortikale wanfunksio- nering7 terwyl die probleem eerder in die retikulere formasie gesô ek behoort te word. Dieselfde mening word gehuldig in verband met die striatum en "sta- mel. Die geweldige omvang en wisseling van simptome kan alleenlik verklaar' word, indien die wisselwerking tussen die retikulere en limbiese sisteme in ag gene.em word. 1 EMPIRIESE BEWYSE IN VERBAND MET STAMEL AS 'N VORM VAN PND In 'n onlangse navorsingsprojek22 is die hipotese gestel dat stamel een van . die vorms is wat PND kan aanneem. Stamel· is dan ook beskou as die manifes-. tasie van 'n, sentrale taalwanbalans,25 wat veral veruiterlik word in verbale Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 23. December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stamel en Psigoneurologiese Disfunksie 79 kommunikasie-afwykings. Dit is toegeskryf aan afwykings in die koderings- prosesse, wat verbale uiting voorafgaan en al die verskillende kommunikasie- kanale nadelig beinvloed. 'n Spraakkubernetiese model is opgestel, waarvolgens 'n psigoneurologiese verklaring van die verskillende kenmerkende verbale kommunikasie-simptome moontlik is. Omdat dit egter alleenlik moontlik was om die hipotese deur empiriese bevin- dings te bewys, is 'n omvattende, maar intensiewe interdissiplinere navorsings- projek uitgevoer, waarin agt stamelaars, uit drie families, aan die volgende on- dersoeke blootgestel is: 1. Volledige neurologiese ondersoeke ' 2. Elektroenkefalografiese ondersoeke 3. Intelligensietoetsing 4. Projeksietoetsing 5. Persepsietoetsing 6. Evaluasie van die kommunikasiesisteem en handeling (insluitende lees en spelling) 7. Evaluasie van skolastiese prestasies 8. Genetiese ontleding van familiegeskiedenisse met die oog op moontlike genetiese faktore. Uit 'n kwalitatiewe analise van die toetsresultate, blyk dit dat al die agt proef- persone, in 'n mindere of meerdere mate, as persone met 'n psigoneurologiese disfunksie beskou kan word. Al die verskillende simptome, wat by PND voor- kom is deur een of meer van die diagnostiese ondersoeke uitgelig by elkeen van die proefpersone. Afdoende bewyse is dus gevind dat stamel 'n vorm van PND is, met die ken- merkendste simptome gesentreer om spraak as kommunikasiemedium. KRITERIA VIR DIE INSLUITING VAN TOETSE IN DIE DIAGNOSTIESE BATTERY Aangesien daar reeds bewys is dat stamel 'n vorm van PND is, word die same- stelling van 'n toetsbattery bepaal deur a) die vermoe van sekere toetse om al die verskillende simptome van PND uit te lig b) die vermoe van sekere toetse om spesifiek die verbale kommunikasie ab- normaliteite, kenmerkend van stamel, uit te lig. Hier kan die diagnostikus gelei word deur die bevindings van vorige navorsers, tewete: Russell, Neuringer en Goldstein17; Schulman, Kaspar en Throne;18 Francis-Williams;4 Joubert;7 Weiss;25 Goldschmidt;5 en vele ander. In die studie deur Uys22 is 'n omvattende toetsbattery gebruik wat die vol- gende ondersoeke en toetse ingesluit het: Genetiese Ondersoek Hierdie ondersoek dien alleenlik as aanduiding van familiale betrokkenheid. 'n Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 23 Desember 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 80 I.C. Uys Stamboom van elke familie word getrek, waarvolgens sekere afleidings, in ver- band met die voorkoms van stamel in families, gemaak kan word. Gevalsgeskiedenis Die Gevalsgeskiedenis behoort so beplan te word dat dit nie alleenlik alle moontlike etiologiese faktore insluit nie, maar ook 'n evaluasie van die waar- genome simptome van die pasient. Aanduidings van familiale betrokkenheid kan hieruit verkry word. In bree trekke moet die volgende aspekte gedek word: Voorgeboortelike geskiedenis; perinatale geskiedenis; postnatale geskie- denis; ontwikkelingsmylpale; familiegeskiedenis; akademiese prestasie; oor- sake en simptome van die probleem. Neurologiese Evaluasie Die neurologiese evaluasie kan in twee afdelings verdeel word, naamlik: 1. Die elektroenkefalografiese ondersoek, waar 'n twaalf-kanaal EEG-apparaat beduidende resultate sal lewer. Die bipolere metode van elektrodeplasing word aanbeveel. Hoewel daar in menslike EEG-studies gewoonlik van drie ek- sperimentele toetse gebruik gemaak word7, is daar vir die diagnose van stamel alleenlik twee toetse noodsaaklik. Photiese stimulasie vir die diagnose van epi- leptiese aanvalle word nie as noodsaaklik beskou nie. Die „oe sluit-toets" stel die retilculere formasie en talamus in staat om alfa-sinchronisasie te bevorder en word dus aanbeveel.7 Die hiperventilasie-toets veroorsaak sametrekking van die bloedvate en kan ook aanduidend wees van moontlike epilepsie.23 2. 'n lntensiewe neurologiese ondersoek behoort ingesluit te word sodat 'n kliniese evaluasie van die pasient moontlik is. In bree trekke moet die volgen- de aspekte hier gedek word: Algemene neurologiese evaluasie; funksies van die dominante hemisfeer; funksies van die nie-dominante hemisfeer; funksies van beide hemisfere; motoriese funksies; sensoriese funksies; reflekse. Psigometriese Evaluasie Die toetse wat in hierdie ondersoek gebruik word, kan in drie hoofgroepe ver- deel word, volgens hulle vermoe om psigoneurologiese disfunksies aan te dui. Intelligensie toetse. In die geval van Afrikaanssprekende pasiente word die Wechsler-Bellevue Intelligensieskaal vir volwassenes en die Nuwe Suid-Afri- kaanse Intelligensieskaal vir kinders aanbeveel. Vorige navorsing het reeds be- wys gelewer van die diagnostiese waarde van hierdie intelligensietoetse.4'15'17'24 Aan die hand van hierdie bevindings, word ook vir die diagnose van stamel 'n kwalitatiewe evaluasie van die resultate in die lig van die totale beeld aanbe- veel. Spesiale toetse vir visuele persepsie, visuele geheue, oog-hand-koordinasie en dus psigoneurologiese funksies: Die volgende toetse kan hier van waarde wees, naamlik Bender-Gestalt, Ellis Visual Designs, Albasterbord-toets, Grassi en Draw a Person. Die Bender Gestalt en Ellis Visual Designs kan mekaar in werklikheid vervang.2 In die toepassing van'die Ellis Visual Designs kan die voorbeelde egter na 5 sekondes verwyder word, sodat die pasient op 'n geheue- beeld, dus integrasie van informasie, moet staatmaak. Hierdie toets lewer dus Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 23 December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stamel en Psigoneurologiese Disfunksie 81 aanduidings van visuele geheuevermoens (integrasie), terwyl die Bender Gestalt veral waarneming van weergawe toets. Die Grassi kan as aanvullende toets vir volwassenes gebruik word, omdat die toets nie diskriminerend genoeg is vir die toepassing op kinders nie.2 1 Persoonlikheidstoetse. Vir persoonlikheidsmeting kan die Rorschach, Tema- tiese Appersepsietoets (TAT), Draw a Person (DAP) en Columbus Picture Analysis of Growth towards Maturity gebruik word. Terwyl die Rorschach bruikbaar is by volwassenes, is die Columbus meer ge- skik vir kinders. Al hierdie toetse het reeds bewys gelewer van 'n vermoe om psigoneurologiese disfunksies aan te d u i . 1 8 ' 6 Sommige van hierdie toetse oorvleuel in 'n mate, maar kan ingesluit word waar sulke toetse vir meer as een doel gebruik word. Met die uitsondering van die DAP word die persoonlikheidstoetse vir die eva- luering van persoonlikheid en die aanduiding van kompensatoriese meganis- mes gebruik. Die ander toetse is weer nuttig vir die aanduiding van psigoneuro- logiese disfunksies. Evaluasie van Ouditiewe Vermoens Hierdie evaluasie berus op die resultate van twee groepe toetse. Basiese ondersoeke is nodig vir die bepaling van die suiwertoondrempel, spraakontvangsdrempel en spraakdiskriminasievermoe. Aangesien daar in die geval van PND nie noodwendig perifere gehoorprobleme voorkom nie, kan die standaardprosedure by hierdie toetse gevolg word. Spesiale ondersoeke na verskillende aspekte van ouditiewe vermoens is egter noodsaaklik in die diagnose van hierdie pasiente. Aangesien daar nog 'n groot gebrek aan sulke toetse met Afrikaanse norms bestaan, word die Seashore Measures of Musical Talents hiervoor aanbeveel. Die fisiese dimensies van ouditiewe seine kan beskou word as die produk van frekwensie- (psigies verteenwoordig as toonhoogte, terwyl die verskillende fre- kwensiesamestellings verteenwoordig word as timbre of toonkleur), intensi- teits- (psigies verteenwoordig as luidheid) en temporale faktore (psigies ver- teenwoordig as tydsduur, ritme en reekse). Hierdie dimensies is almal ingesluit in die toets en kan aanduidend wees van psigoneurologiese disfunksies.8 Hier- die toets bepaal hoofsaaklik twee aspekte van ouditiewe vermoens, naamlik: die waarneming en diskriminasie van toonhoogte, luidheid, ritme, tydsduur en timbre, sowel as ouditiewe klankgeheue. Verbale Kommunikasie-ondersoek Aangesien daar geen gestandaardiseerde Afrikaanse toetse bestaan vir die ob- jektiewe meting van verbale kommunikasievaardighede nie, moet 'n onder- soekwyse ontwerp word wat met 'n redelike mate van sekerheid kwalitatief ontleed kan word. Veral aangesien stamel hier ter sprake is, is dit noodsaaklik om hierdie aspekte meer volledig te ondersoek. 'n Drieledige toets word aan- beveel vir die evaluasie van lees, skryf en spraak as 'n kommunikasiemedium. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 23 Desember 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 82 I.C. Uys Vir die leestoets kan die pasient eers 'n maklike leesstuk aangebied word waar- mee sukses behaal kan word. Dit sal egter die voorkoms van stamelsimptome na vore laat tree.2 5 Hierdie stukke moet egter aangepas word by die pasient se ouderdom en akademiese stand. . . 'n Moeilike leesstuk sal weer bepaal of enige disleksie-elemente teenwoordig is, terwyl die stamelsimptome sal afneem (met die verhoogde konsentrasie en bewustheid). Die skryfvermoe kan getoets word deur van die pasient te verwag om 'n stuk van 'n gedrukte voorbeeld af te skryf, te skryf volgens diktee en 'n spontane skryftaak. Hiermee word nie 'n volledige analise van die verskillende onver- moens beoog nie, maar alleenlik die vasstelling van ouditief-motoriese, visueel- motoriese en integrasie vermoens. Die evaluasie van spraak as 'n kommunikasiemedium vereis nie inisieel 'n vol- ledige linguistiese analise nie — eerder is van waarde 'n stel toetse om die ver- skillende vlakke van abstrahering (integrasie) en proposisionering te onderskei en sodoende stamelsimptome uit te lig. So kan die volgende take van die pa- sient verwag word: Die beskrywing van 'n prent; storievertelling volgens 'n strokiesprent; storievertelling volgens een prent; spontane spraak. Hierdie diagnostiese battery word as voldoende in omvang beskou, mits die ondersoekprosedure aan die volgende vereistes voldoen: a) Die resultate moet 'n getroue weergawe van die pasient se beste pogings wees b) Dit moet nie die pasient uitput nie . c) Aangesien dit 'n multidissiplinere diagnostiese program is, behoort deskun- diges op elke gebied die toetse af te neem. d) Die omstandighede moet voldoen aan die vereistes van elke toets. EVALUASIE VAN DIE DIAGNOSTIESE PROGRAM Hierdie diagnostiese program is getoets aan die hand van agt pasiente se resul- tate. In Tabel 1 kan die vermoe van hierdie toetse, om al die verskillende simptome van PND uit te lig, duidelik gesien word. Die syfers in die kolomme is 'n aanduiding van hoeveel pasiente (uit agt) die spesifieke simptoom open- baar het. 'n Evaluasie van die diagnostiese vermoe van die verskillende toetse, het die volgende gegewens aan die lig gebring: 1. Die Neurologiese ondersoeke het veral gedui op perseptueel-motoriese versteurings, twyfelagtige neurologiese tekens, en, in die geval van "die elektroenkefalogram- ondersoek, onreelmatighede. 2. Die Intelligensietoetse is van groot diagnostiese waarde. Perseptueel-moto- riese versteurings, emosionele probleme, twyfelagtige neurologiese tekens en integrasieversteurings (denke en geheueversteurings) het veral uit hier- die toetsresultate geblyk. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 23 December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stamel en Psigoneurologiese Disfunksie 83 Simptome van psigoneurologiese disfunksie Toetse H ip er ak ti w it ei t | Pe rs ep tu ee l- m ot or ie se aa n ta st in g E m os io ne le la bi lit ei t K ob rd in as ie ve rs te ur in gs A an da gs - ve rs te ur in gs Im pu ls iw it ei t D en ke -e n ge he ue - . ve rs te ur in gs Sp es if ie ke le er ge st re m dh ed e | Sp ra ak ve rs te ur in gs G eh oo r- ve rs te ur in gs T w yf el ag ti ge ne ur ol og ie se te ke ns O nr ee lm at ig he de va n di e E E G . EEG 5 Neurologiese ondersoek 1 8 3 2 2 1 8 Wechsler/ N.S.A.I.S. 7 2 7 5 3 Bender 5 7 3 6 2 4 1 8 Ellis 3 7 2 3 2 3 5 8 DAP. 3 4 7 3 1 1 7 Grassi 1 1 Albas terbord 7 2 1 1 5 5 Rorschach/ Columbus 1 5 4 1 2 4 TAT. 7 2 2 Oudiometriese ondersoek Seashore 8 8 Leestoets I 2 3 1 3 6 7 Leestoets II 3 1 3 6 5 Skriftoets I 8 6 1 5 8 Skriftoets II 8 6 1 5 8 2 Skriftoets III 1 8 '7 1 5 8 Spraaktoets I 1 8 Spraaktoets II 2 1 8 8 Spraaktoets III 2 1 8 8 Spraaktoets IV 7 4 8 2 8 8 TABEL 1: Simptoomverspreiding na aanleiding van die Toetsresultate. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 23. Desember 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 84 I.C. Uys 3. Toetse vir visuele vermoens is veral van diagnostiese waarde ten opsigte van perseptueel-motoriese versteurings, motoriese koordinasieprobleme, aandagsversteurings en twyfelagtige neurologiese tekens. Dit blyk egter dat nie alle toetse vir visuele vermoens diagnosties ewe goed is nie. Die Grassi het opmerklik minder simptome aangedui as die ander en in 'n mindere mate ook die DAP. Die Bender en Ellis het geblyk die beste diagnostiese waarde te he. 4. Persoonlikheidstoetse dui veral op emosionele versteurings en kompensa- siemeganismes. In 'n mindere mate kan hieruit ook inligting in verband met integrasieprobleme en aandagsversteurings verkry word. Die Rorschach en Columbus-toetse toon 'n beter diagnostiese vermoe as die TAT. 5. Toetse vir Ouditiewe vermoens. Die Seashore toets is baie waardevol vir die bepaling van ouditiewe waarnemings-, diskriminasie- en geheuefunk- sies. 6. Leestoetse, veral waar dit verbind word met die ouditiewe en visuele funksies onderskeidelik, is aanduidend van integrasie-vermoens, spesifieke leergestremdhede en ook verskillende spraakafwykings. 7. Die Skriftoetse het veral aanduidings gelewer van perseptueel-motoriese versteurings, ko5rdinasie en integrasieprobleme, asook spesifieke leeson- vermoens. 8. Die Spraaktoetse het, as gevolg van die gradering, gedui op integrasiepro- bleme, aandagsversteurings en hiperaktiwiteit. Uiteraard het hierdie toetse die meeste inligting verskaf in verband met die voorkoms, verspreiding en aard van die verskillende spraakafwykings. Alhoewel hierdie diagnostiese program dus toereikend blyk te wees vir die diagnose van stamel as 'n vorm van PND, word dit in die vooruitsig gestel dat meer objektiewe metingstoetse van groter nut sal wees, veral met die oog op kwantitatiewe analises van resultate. Daar is 'n groot behoefte aan gestandaar- diseerde toetse met Suid-Afrikaanse norms. VERWYSINGS 1. Arnold, G.E., (1970): An Attempt to Explain the Causes of Cluttering ' with the L.L.M.M. Theory. Folia Phoniatrica. Vol. 22, No. 4-5, 247-260. 2. Aron, A.M. (1972): Minimal Cerebral Dysfunction in Childhood. J. Comm. Dis., Vol. 5, No. 2, bl. 142-153. 3. Bradford, D., (1970): Cluttering. Folia Phoniatrica. Vol. 22, No. 4-5, bl. 272-279. 4. Francis-Williams, J., (19 70): Children with specific Learning Difficulties. Pergamon Press, N.Y. 5. Goldschmidt, P., (1970): A Casuistic Model of a Logopedic Assessment in Private Practice. Folia Phoniatrica. Vol. 22, No. 4-5, bl. 289-300. 6. Gunzberg, H.C., (1955): Scope and Limitations of the Goodenough Drawing Test Method in Clinical Work with Mental Defectives. J. Clin., Psycho., Vol. 11, bl. 8-15. ! 7. Joubert, M.J., (1969): Psychoneurological Dysfunction in School-going . Children. Ongepubliseerde Proefskrif, Universiteit van Pretoria. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 23 December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Stamel en Psigoneurologiese Disfunksie 85 8. Katz, J. (Ed.), (1972): Handbook of Clinical Audiology. The Williams & Wilkins Co. Baltimore. 9. Krakowski, A.J., (1956): Amitriptyline in treatment of Hyperkinetic Children: a Double Blind Study. Psychosomatics. Vol. 6, bl. 355. 10. Moruzzi, G. & Magoun, H.W., (1949): Brain Stem Reticular Formation & Activation of the E.E.G. Electroencephalography & Clinical Neuro- physiology. Vol. 1, bl. 455. 11. Murray, C.H. de C., (1969): Verslag van die Komitee van Ondersoek na die Opvoeding van Kinders met Minimale Breindisfunksie. Dept. van Hoer Onderwys, Die Statsdrukker, Pretoria. 12. Mussafia, M., (1970): Various Aspects of Cluttering. Folia Phoniatrica. Vol. 22, No. 4-5, bl. 337-346. 13. Nebylitsyn, V., (1972): The Basic Properties of the Nervous System. Soviety Science Review. Maart, bl. 113-120. 14. Op't Hof, J., (1973): Die Genetiese Benadering tot Leergestremdhede met Spesiale Verwysing na Spesifieke Leergestremdhede. Referaat gele- wer bu doe Stogtomgslpmgres vam doe S.A. Vereniging vir Leer- en Opvoedingsmoeilikhede. 15. Reitan, R.M. & Boll, T.J., (1973): Neurophysiological Correlates of Minimal Brain Dysfunction. Annals New York Academy Sciences. Vol. 205, bl. 65-88. 16. Routtenberg, Α., (1968): The Two-Arousal Hypothesis: Reticular For- mation & Limbic System. Psychological Review. Vol. 75, No. 1, bl. 51-80. 17. Russell, E.W., Neuringer, C. & Goldstein, G., (1970): Assessment of Brain Damage. A Neuropsychological Key Approach. Wiley-Interscience, N.Y. 18. Schulman, J.L., Kaspar, J.C. & Throne, F.M., (1965): Brain Damage & Behaviour. A Clinical-Experimental Study. Charles C. Thomas Spring- field, III. 19. Seeman, M., (1965): Sprachstorungen beiKindern. V.E.B. Verlag. Volk und Gesundheit, Berlin-Jena. 20. Seeman, M., (1970): Relations Between Motorics of Speech and General Motor Ability in Clutterers. Folia Phoniatrica. Vol. 22, No. 4-5, bl. 376-380. 21. Steyn, D., (1973): Kliniese sielkundige, Dept. Spraakwetenskap, Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria. Persoon- like Onderhoude. 22. Uys, I.C., (1974): Psigoneurologiese Disfunksie: 'n Tipering volgens sekere Spraakpatologiese Verskynsels. Ongepubliseerde Proefskrif, Universiteit van Pretoria. 23. Van Der Merwe, H.P. (1973): Persoonlike Mededeling. Neuroloog, H.F. Verwoerd Hospitaal, Pretoria. 24. Wechsler, D., (1949): Manual Wechsler Intelligence Scale for Children. The Psychological Corporation, N.Y. 25. Weiss, D.A. (1964): Cluttering. Speech Foundation Series. Prentice- Hall Inc., Englewood Cliffs, N.J. 26. Wender, P.H., (1971): Minimal Brain Dysfunction in Children. Wiley- Interscience, N.Y. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde Vol. 23 Desember 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) ACOUSTIMED (Pty.) Ltd. (Edms.) Bpk. S O U T H A F R I C A N M A N U F A C T U R E R S OF * AUDIOMETERS AND SOUND PROOF ROOMS * SPEECH TRAINERS AND GROUP SYSTEMS * HEARING AIDS AND COMPONENTS WE PROVIDE A REPAIR SERVICE FOR ALL MAKES OF HEARING AIDS AND MANUFACTURE ALL TYPES OF EARMOULDS INCLUDING CLEAR SOFT MOULDS. PLEASE W R I T E OR CALL: ACOUSTIMED (PTY) LTD., 302 SANDOWIM CENTRE, MAUD ST., SANDOWN 2196, JOHANNESBURG. P.O. BOX 782131, SANDTON 2146 RADIO TELEPHONE: DIAL 213361 ASK FOR CODE 564, CHANNEL 4. Journal of the South African Speech and Hearing Association Vol. 23. December 1976 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)