D I E O N T W I K K E L I N G E N T O E T S I N G V A N A R T I K U L A S I E V E R M O E N S B Y D I E A F R I K A A N S S P R E K E N D E K I N D ELSIE C. LOTTER,M.A. (LOG.) (PRETORIA) Spraakheelkunde, Universiteit van Pretoria, Pretoria OPSOMMING Daar bestaan tans g e e n gestandaardiseerde Afrikaanse a r t i k u l a s i e t o e t s nie en o n t w i k k e l i n g s n o r m s vir die klanke van Afrikaans is n o g nie t e v o r e o p g e s t e l nie. In hierdie studie is g e p o o g o m 'n stel o u d e r d o m s n o r m s vir die artikulasie- v e r m o e van die Afrikaanssprekende kind daar te stel en o m 'n v o o r l o p i g e vorm van 'n Afrikaanse A r t i k u l a s i e t o e t s vir gebruik b y j o n g kinders o p te stel. D i e g e g e w e n s van 9 9 9 p r o e f p e r s o n e ( 4 9 9 seuns en 5 0 0 dogters) tussen die ouder- d o m m e 3-9 en 9 - 6 jaar is verwerk vir die vasstelling van d i e o n t w i k k e l i n g s - norms. D i e toetsmateriaal vir d i e a r t i k u l a s i e t o e t s is gekies na aanleiding van die r e s p o n s e van 2 3 1 5 p r o e f p e r s o n e . B e n e w e n s 'n w o o r d e l y s vir gebruik as artikulasie-inventaris, w o r d verskeie verwerkings en t o e p a s s i n g s van verkree r e s p o n s e voorgestel. Daar w o r d aanbeveel dat die v o o r l o p i g e t o e t s f o r m a a t die v o l g e n d e insluit: 'n Tabel vir die o p t e k e n i n g van r e s p o n s e ; g e g e w e n s vir die b e r e k e n i n g van a l g e m e n e spraakverstaanbaarheid; materiaal vir die o n t l o k k i n g van 'n m o n s t e r van a a n e e n l o p e n d e spraak; 'n m e t o d e vir die o n t l e d i n g van f o u t r e s p o n s e ; en 'n s t i m u l e e r b a a r h e i d s - s u b t o e t s vir d i a g n o s t i e s e d o e l e i n d e s . SUMMARY A t present, there e x i s t s no standardized Afrikaans a r t i c u l a t i o n test and de- v e l o p m e n t a l n o r m s for t h e s o u n d s of Afrikaans have not y e t b e e n established. This s t u d y a t t e m p t s t o provide a set of age n o r m s for t h e articulatory abilities of Afrikaans-speaking children and t o formulate a preliminary Afrikaans A r t i c u l a t i o n Test t o b e used w i t h y o u n g children. Data c o l l e c t e d from 9 9 9 subjects, ( 4 9 9 b o y s and 5 0 0 girls) b e t w e e n t h e ages 3-9 a n d 9 - 6 years, w e r e processed for the e s t a b l i s h m e n t of t h e d e v e l o p m e n t a l norms. T h e material used for t h e articulation test w a s s e l e c t e d a c c o r d i n g t o r e s p o n s e s o b t a i n e d from 2 3 1 5 subjects. In a d d i t i o n to a list of w o r d s t o b e used as an a r t i c u l a t i o n i n v e n t o r y , several c o m p u t a t i o n s and a p p l i c a t i o n s of r e s p o n s e s o b t a i n e d from subjects are p r o p o s e d . It is s u g g e s t e d that t h e preliminary test format i n c l u d e t h e f o l l o w i n g : an i n d e x for t h e r e c o r d i n g o f r e s p o n s e s ; data for t h e c o m p u t a - t i o n of general s p e e c h intelligibility; material for eliciting a sample o f con- t i n u o u s s p e e c h ; a m e t h o d for t h e analysis of error r e s p o n s e s ; a n d a stimula- bility s u b t e s t for d i a g n o s t i c purposes. Die s t u d i e e n b e h a n d e l i n g v a n a r t i k u l a s i e p r o b l e m e w o r d d i k w e l s a s ' n b e t r e k - lik e e n v o u d i g e o n d e r a f d e l i n g van d i e s p r a a k p a t o l o g i e b e s k o u . T e n s p y t e hier- v a n v i n d b a i e t e r a p e u t e t o g d a t d i e m e e s t e v a n h u l l e t y d d e u r gevalle m e t a r t i k u l a s i e p r o b l e m e in beslag g e n e e m w o r d , d i k w e l s t e n k o s t e van k i n d e r s w a t b l y k b a a r e r n s t i g e r p r o b l e m e h e t e n h u l p m e e r n o d i g h e t . S t e w a r t 9 w y s e g t e r d a a r o p d a t die t y d w a t n o d i g is o m b e v r e d i g e n d e s p r a a k b y s o m m i g e v a n h i e r d i e k i n d e r s t e v e r k r y , s k y n b a a r b u i t e alle v e r h o u d i n g is m e t d i e o p g a w e s o o s h y h o r n b y d i e e e r s t e o o g o p s l a g v o o r d o e n . Tdskrif van i Suid-Afrikanse Vereniging vir Sprak- n Goorhlknde, Vol. 21, Dsmber 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) •34 Elsie C. Lotter Navorsers besef in 'n toenemende mate dat Powers 7 se uitgangspunt aandag verdien: artikulasieprobleme is geensins so eenvoudig om te verklaar en te behandel as wat baie mense aanvaar nie. Die instrumente waarmee die tera- peut artikulasievermoens kan ondersoek en 'n sinvolle terapieprogram opstel, neem dus 'n belangrike plek in. 'n Artikulasie-inventaris bied 'n stelselmatige wyse waarop die klanke wat in die betrokke taal as foneemrealiserings benodig word, nagegaan kan word, 'n Gesistematiseerde oorsig van die pasient se produksie van hierdie klanke ver- gemaklik die beplanning van die terapieprogram. Soms is dit ook nodig, veral by baie jong kinders, om na te gaan watter klank- produksies wel al bemeester moes gewees het en of daar sommige ,klankfoute' voorkom wat op daardie ouderdom nog as normaal beskou word. Hierdie oorwegings dra ook by tot die opstel van realistiese terapiedoelstellings. Ont- wikkelingsnorms (ouderdomsnorms) le dus dikwels ten grondslag van die sin- volle interpretasie van 'n persoon se prestasie tydens -n artikulasietoets. Ouderdomsnorms word benut in verskillende soorte artikulasietoetse — siftingstoetse, diagnostiese en voorspellingstoetse. 'n Stelselmatige aanduiding van artikulasievermoens is egter nie net in terapie nuttig nie, maar ook vir navorsingsdoeleindes. Nie 'slegs op die gebied van artikulasieafwykings as sodanig nie, maar ook by studies waar die klem op ander oorwegings val, word die artikulasietoets dikwels gebruik. Voorbeelde van sulke studies word oral in die huidige vakliteratuur aangetref. In baie van hierdie gevalle word prestasie op die artikulasietoets juis in terme van ont- wikkelingsnorms geinterpreteer. Daar kan dus geen twyfel bestaan dat die artikulasietoets of-inventaris, met sy gegewens in verband met ontwikkelingspeile, wel 'n belangrike instrument vir die klinikus en die navorser is nie. Wat die ontwikkeling en afwykings van spraak en taal betref, is daar betreklik min navorsing in Afrikaans en oor Afrikaans gedoen. Waar dit wel aangevoer is, is meestal ongestandaardiseerde vertalings en/of aanpassings van Engelse en Amerikaanse toetse gebruik. Die gebruik van sodanige vreemde toetse lewer egter nie werklik geldige of betroubare resultate nie, veral nie met betrekking tot artikulasie nie. Elke taal het 'n verskillende foneemstelsel en selfs 'n ver- skillende artikulasiebasis. Waar baie navorsingsprogramme tans gerig is op veral die ontwikkeling van die taalstelsel as geheel en die verband tussen die onderafdelings van taal (wat ook die foneemstelsel en die realisering daarvan insluit) is daar 'n dringende behoefte aan basiese inligting. Hierdie inligting moet, vir Afrikaans, nog ingesamel word. ' κ In hierdie studie word dan gepoog om: (i) Sekere basiese gegewens in verband met artikulasieontwikkeling te voor- sien, as grondslag vir verdere navorsing; dit wil se, om ontwikkelingsnorms vir artikulasievermoe by die jong Afrikaanssprekende kind vas te stel. (ii) 'n Instrument daar te stel waarmee sodanige basiese gegewens by ander individuele en groepe proefpersone ingesamel'kan word, hetsy vir terapeutiese of navorsingsdoeleindes; dit wil se, om 'n voorlopige vorm van 'n Afrikaanse artikulasietoets vir gebruik by jong kinders op te stel. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 21, Decenivsr 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Toetsing van Artikulasievermoens by Afrikaanssprekende Kind 35 l Die navorsing wat onderneem is, het dus ook twee sake behels. In die eerste plek, die toetsing van die klanke wat as foneemrealiserings in Afrikaans voor- kom, soos dit deur 'n groot groep kinders van verskillende ouderdomme ge- produseer word. In die tweede plek, die versameling van 'n lys woorde wat geskik sal wees vir gebruik in 'n artikulasietoets by kinders van verskillende ouderdomme. Hierdie twee aspekte is tydens die ondersoek gelyktydig gedek. METODE P R O E F P E R S O N E Proefpersone vir hierdie studie moes „jong Afrikaanssprekende kinders" wees. Kinders vanaf die ouderdom 3-9 tot 9-6 is in die ondersoek ingesluit. (Navor- singsgegewens uit Amerikaans, Engels en Duits dui daarop dat kinders teen ongeveer 8 jaar reeds al die klanke van hulle taal behoort te kan se. Die hipo- tese kan dus gestel word dat dit ook vir Afrikaans die geval sal wees). Alle proefpersone is uit Afrikaanse skole of kleuterskole getrek. Die vereiste van Afrikaans as huistaal is ook gestel. Kinders met sigbare fisiese afwykings, gehoorverlies of neurologiese afwykings (waar bekend) is nie in die ondersoek opgeneem nie. Die ontwikkelingsnorms sal dus geld vir kinders met normale fisiese strukture. 'n Totaal van 999 proefpersone (500 dogters, 499 seuns) is gebruik om die ontwikkelingsnorms te bepaal. Die gegewens van 2315 kinders is gebruik om die bekendheid van die woorde of prente wat as toetsmateriaal gebruik is, te bepaal. T O E T S M A T E R I A A L Die toetsmateriaal moes 'n middel voorsien waardeur die ondersoeker 'n ver- teenwoordigende monster van elke proefpersoon se spraak kon ontlok. Hierdie spraakmonster moes aan sekere vereistes voldoen: dit moes spontaan wees, dit moes verteenwoordigend wees en die verkryging daarvan moes nie te veel tyd in beslag neem nie. Uit hierdie vereistes het geblyk dat die toetsmateriaal woorde moes behels wat deur middel van prentstimulasie by jong kinders ontlok kon word en waarin die verlangde klanke dan in die verlangde posisies in woorde (prevokalies, intervokalies, postvokalies) sou voorkom. Slegs kon- sonantklanke (enkelklanke en klankkombinasies) is in hierdie studie gedek; • vokaalklanke is nie ondersoek nie. Aangesien dit belangrik was dat kinders goed moes reageer op die prentstimu- lasie, moes die mees doeltreffende soort prente gebruik word. Shanks, Sharpe & J a c k s o n 8 vergelyk verskillende soorte prente en bevind dat kinders die beste op gekleurde foto's reageer. Die onkoste hieraan verbonde sou egter onprakties wees vir 'n ondersoek van hierdie aard. Groot gekleurde tekeninge is dus gebruik waarop voorwerpe so realisties as moontlik uitgebeeld is. By die aanvang van toetsing is 'n voorlopige woordelys en prente saamgestel. Tydens die verloop van die ondersoek is hierdie materiaal na behoefte gewysig. As dit geblyk het dat 'n betrokke woord of prent by meer as 50% van die proefpersone wat op een dag ondersoek is, onbekend was, is dit vervang. skrif vi Suid-Afrikanse Vereniging vir Sprak- n oorlinde, Vol. 21, Dcsmbr 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 36 Elsie C. Lotter Die finale woordelys is aangedui in Tabel 1. Woord % Woord % Woord % hare 0,0 21. brood .1,2 41. piesang 6,3 broek 0,0 22. blare 1,3 42. vliegtuig 7,7 knoop 0,1 23. wiel 1,6 43. boks 7,9 drink 0,1 24. seuntjie 1,9 44. wolke 8,7 sleutels 0,1 25. stoof 2,0 45. spieel 8,8 skoene 0,1 26. mielie 2,0 46. glas 9,3 mes 0,1 27. stryk 2,7 . 47. pleister 9,7 neus 0,2 28. kar 2,8 48. kwas 10,0 lepel 0,2 29. tafel 2,8 49. vloer 11,6 huis 0,2 30. water 2,9 50. skryf 12,3 vurk 0,2 31. emmer 3,5 51. spring 15,4 druiwe 0,3 32. masjien 3,5 52. jas 15,9 boom 0,3 33. deur 3,5 53. kraan 18,8 perd 0,4 34. geld 3,7 54. lamp 20,4 olifant 0,7 35. voel 3,8 55. prop 23,6 swem 0,8 36. fiets 4,1 56. zebra 31,8 vingers 0,8 37. gras 4,6 57. skulp 32,8 rok 1,0 38. klippe 4,7 58. gholf 42,1 seep 1,0 39. berg 5,2 59. gogga 45,9 trein 1,1 40. baba 5,8 60. beker 60,9 61. sjokolade 62,1 TABEL 1. Finale woordelys by ondersoek na artikulasievaardighede, tesame met persentasie foutiewe response verkry. A L G E M E N E P R O S E D U R E Die toetsmateriaal (woorde) is aangewend om 'n spraakvoorbeeld van elke proefpersoon te verkry. Hierdie voorbeeld is dan deur die ondersoeker per- septueel ontleed om die resultate vir die ontwikkelingsnorms te verkry. Die groot, gekleurde tekeninge is aangebied vir elke proefpersoon, met toe- paslike vrae waar nodig ten einde die verlangde respons te ontlok. (Die ver- langde woord is nooit in die vraag gebruik nie). Die respons van elke proefpersoon op elke prent is aangeteken, vir sowel bepaling van die bekendheid van prente, as beoordeling van artikulasievermoe. Journal of the South African Spccch and Hearing Association, Vol. 21, December 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Toetsing van Artikulasievermoens by Afrikaanssprekende Kind 37 'n Getroue fonetiese transkripsie is vir die optekening gebruik. Die getranskri- beerde response is dan geklassifiseer as aanvaarbaar/nie aanvaarbaar nie, volgens die volwasse standaardpatroon. RESULTATE: OUDERDOMSNORMS Die gegewens van 999 proefpersone is verwerk en in tabelvorm uiteengesit. 'n Getroue weergawe is ontwikkel deur IBM 360 Model 50 Komper, met die program „Interest" en ook verdere programme wat deur die personeel van die Rekenaarsentrum aan die Universiteit van Pretoria opgestel is. Die tabelle word nie hier weergegee nie omdat hulle te lywig is. Die volgende is 'n same- vatting van die vernaamste bevindings: (a) Hoewel die persentasie proefpersone wat die konsonantklanke (enkel- klanke en klankkombinasies) korrek produseer, in sommige gevalle met toename in ouderdom 'n stygende neiging toon,'was daar vir geen klank 'n deurlopende styging nie. Afnames in die persentasie proefpersone wat 'n korrekte produksie lewer, kom voor in die omgewing van 5-0 tot 5-8, 6-8 tot 7-6 en weer voor 8-8. Indien hierdie ondersoek met ander proef- persone en ander toetsmateriaal herhaal sou word en dieselfde resultate oplewer, sal 'n verklaring moontlik gesoek moet word in die verband tussen die ontwikkeling van artikulasievermoe en ander vermoens. 'n Voorlopige hipotese kan gestel word in terme van tydperke van inten- siewe konseptuele ontwikkeling, waartydens dan minder aandag aan die korrekte realisering van foneme (wat tog op 'n vroeere ouderdom reeds bemeester is) geskenk word. (b) Enkelklanke word oor die algemeen vroeer as klankkombinasies be- meester, met' die uitsondering van die enkelklanke [r] en [sj. Op die ouderdom van 8 jaar produseer die meeste kinders (75% -90%) al die kon- sonantklanke van Afrikaans korrek, met uitsondering van die klankkom- binasie [-rs]. 'n Steekproef met 50 volwasse proefpersone het getoon dat 26% van die volwassenes ook 'n foutiewe produksie van die klankkom- binasie lewer. Die vorms wat gewoonlik voorkom, naamlik [J sj of [ r / ] , word egter algemeen as aanvaarbare variante beskou. (c) Soos weerspieel deur die persentasie fouteerders, blyk dit dat [s, r, / , z, g], in daardie volgorde, die vyf moeilikste enkelkonsonantklanke vir kinders binne die ouderdomsgroep 3-9 tot 9-6 was. As hierdie gegewens met die vir Amerikaans, Engels en Duits vergelyk word, is daar 'n groot mate van ooreenstemming, veral ten opsigte van [s, z, / ] . Dit blyk dat die sibilante klanke in al vier hierdie tale as moeilik produseerbare klanke ondervind word. (d) Wat die moeilikheidswaarde van konsonantklankkombinasies betref, is [-rs] die moeilikste. Al tien die moeilikste konsonantklankkombinasies bevat [r], [s] of albei as komponent. (e) Dit lyk asof die enkelkonsonantklanke moeiliker produseerbaar is in die eind- as in die aanvangsposisie in woorde. 'n Verklaring hiervoor kan gevjnd word in die hipotese van McDonald,5 dat die eindkonsonant van Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 21, Desember 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 38 Elsie C. Lotter 'n lettergreep, as gevolg van die tydsfaktor, in aaneenlopende spraak na die begin van die volgende lettergreep verskuif. Die eindkonsonante is gevolglik moontlik minder konstant en moeiliker om aan te leer. (f) Wanneer konsonante ten opsigte van manier van vorming met mekaar ver- gelyk word, kom die grootste persentasie fouteerders op wrywingsklanke voor. Die konsonantsoorte kan in volgorde van die grootste na die kleinste persentasie fouteerders so gerangskik word: wrywingsklanke, die ratel- of tikklank, die wrywinglose kontinuant met laterale lugvrylating, afsluitings- klanke, wrywinglose, kontinuante met nasale lugvrylating. Hierdie be- vindings stem ooreen met die van T e m p l i n 1 0 vir Amerikaans. Die ontwikkelingsnorms wat in hierdie ondersoek vasgestel is, is nuttig vir gebruik in verdere navorsing en ook by die opstel van 'n voorlopige vorm van 'n Afrikaanse artikulasietoets. BESPREK1NG: VOORLOPIGE VORM VAN 'N ARTIKULASIETOETS By 'n beoordeling van die toetsformaat wat hier voorgestel word, moet die voorwaardes wat deur Goldman & F r i s t o e 3 gestel is, veral in gedagte gehou word: 'n Artikulasie-inventaris of -toets is slegs doeltreffend as dit akkurate en voldoende inligting oplewer, as dit binne 'n kort tyd toegepas kan word en as dit vir die kind Ίι hoe interessantheidswaarde het. Die toets moet dus ma- teriaal bevat wat aan die kinders bekend is en.wat hulle aandag sal behou, maar terselfdertyd moet die ondersoeker die materiaal en die verwerking van die resultate maklik kan hanteer. T O E T S M A T E R I A A L Die toetsmateriaal sal bestaan uit prente wat so gekies is, dat die kind in die benoeming van die hele stel prente, die enkelkonsonantklanke en konsonant- klankkombinasies van Afrikaans sal produseer. Enkelklanke word in drie posisies in woorde (te wete aanvang, middel en end) ontlok, behalwe in ge- valle waar die taalreels spesifiseer dat 'n klank nie in 'n bepaalde woordposisie voorkom nie. Die klankkombinasies word elk net in een woordposisie ontlok, na gelang van die aard van die bepaalde klankkombinasie. Om die lengte van die toets te beperk, word in sommige gevalle meer as een klank per woord beoordeel. Die woordelys wat in Tabel 1 aangegee is, kan gebruik word as 'n bron vir die woorde wat in die artikulasie-inventaris opgeneem word. Die 54 woorde wat in Tabel II verskyn word aanbeveel. Daar word aanbeveel dat verdere ondersoek ingestel word om meer doeltref- fende stimuluswoorde vir die volgende gevalle te vind: [k], [x] en [d] in middelposisie van woorde. Daar moet ook verder gepoog word om woorde te vind wat die klanke wat nie by hierdie toets ingesluit is nie, te ontlok. Sekere klankkombinasies, bv. [spl-, -rf, -rps], rrloes weggelaat word. Hierdie klankkombinasies kon moeilik deur middel van prente ontlok word omdat dit nie voorkom in woorde wat aan kinders bekend is, of wat met 'n prent voorgestel kan word en 'n bevredigende respons lewer nie. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 21, Decer 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Toetsing van Artikulasievermoens by Afrikaanssprekende Kind 39 1. |>erd 19. olifant 37. glas 2. legel 20. sgieel 38. prop 3. seep 21. rok 39. drink 4. boom 22. hare • 40. kraan 5. baba 23. piesang 41. j>ras 6. mes 24. kat . 42. swem 7. emmer 25. beker 43. kwas 8. vurk 26. geld 44. knoop 9. tafel 27. vliegtuig 45. spring 10. stoof 28. gholf 46. stryk 11. water 29. masjien 47. skryf 12. druiwe 30. vingers 48. skulp 13. brood 3 1 . j a s 49. wolke 14. deur 32. pleister 50. berg 15. sjokolade· 33. zebra 51. fiets 16. neus 34. blare 52. boks 17.skoene 35. sleutels 53. seuntjie 18. trein 36. klippe 54. lamp TABEL II. Aanbevole woordlys vir artikulasieinventaris. Die onderstreepte gedeeltes van die woorde in die aanbevole lys, dui op die klanke wat tydens produksie van die bepaalde woord geevalueer word. Daar word egter aanbeveel dat die ondersoeker ook op elke ander realisering van die betrokke klank wat in die res van die toets mag voorkom, sal let. OPTEKENING V A N RESPONSE Daar word aanbeveel dat elke uiting van die toetsling so getrou as moontlik foneties getranskribeer word, met bykomstige aantekeninge en/of diakritiese tekens waar nodig. Sodoende word die grootste moontlike hoeveelheid inlig- ting vir verdere interpretasie voorsien. 'n Tabel soos die wat deur Goldman & Fristoe 3 voorsien word, kan dien om . 'n stelselmatige oorsig van die toetsling se response op die artikulasieinventaris te gee. In hierdie tabel is die klanke volgens ontwikkelingsvolgorde (soos uit hierdie navorsing verkry is) gerangskik. Die ouderdomsnorms kan by d i e , toetsformaat ingesluit word, sodat die response van die toetsling daarmee ver- gelyk kan word. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheekunde, Vol. 21, Dsember 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 40 Elsie C. Lotter BYKOMSTIGE VERWERKING V A N GEGEWENS Na 'n noukeurige bestudering van die massa literatuur wat reeds oor die onderwerp artikulasietoetsing verskyn het, is 'n paar aanbevelings vir die by- komstige verwerking van gegewens uitgelig. Die volgende het geblyk die mees belowende en nuttige moontlikhede te wees: (a) Artikulasievaardigheid in aaneenlopende spraak: Die belang van 'n indruk van die toetsling se artikulasievaardigheid in aaneenlopende spraak, word allerwee beklemtoon. Twee maatstawwe kan hier gebruik word: (i) 'n Numeriese punt as aanduiding van algemene spraakverstaanbaar- heid, soos aanbeveel deur Barker1 en Barker & England.2 Hierdie punt word gegrond op die voorkomsfrekwensie van klanke; as die kind 'n aantal klanke met hoe voorkomsfrekwensie foutief produseer, sal dit sy spraak meer onverstaanbaar maak as wanneer hy 'n aantal klanke met lae voorkomsfrekwensie foutief sou produseer. Die gege- wens van Odendal 6 kan gebruik word om so 'n puntetoekenning vir die klanke van Afrikaans te bereken. (ii) Om 'n perseptuele indruk van die toetsling se aaneenlopende spraak te verkry, kan 'n verhalende toets soos die van Goldman & Fristoe 3 opgestel word. Die enkelklanke en klankkombinasies wat vir die totale groep kinders in die huidige ondersoek die moeilikste was, kan in so 'n verhalende toets ingesluit word. 'n Stel sinne, waarby toe- paslike prente gebruik kan word, is ook reeds opgestel; die praktiese toepasbaarheid daarvan moet egter nog deur verdere navorsing vas- gestel word. Eienskappe % θ S Medio-alveoler / Χ / Bladlinguaal / Χ / Medio-orale lugvrylating X / /. Stemloos / / / Frikatief / / / Eienskappe teenwoordig 4 : 3 / 5 TABEL III. Fonetiese eienskappe van [s], [θ] en [ £ ]. (b) Aard van foute: Die artikulatoriese kenmerke van elke klank, enkelklanke sowel as klankkombinasies, kan by die toetsvorm ingesluit word. Die arti- kulatoriese kenmerke van die toetsling se foutklanke kan dan met die Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol. 21, Decer 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Die Toetsing van Artikulasievermoens by Afrikaanssprekende Kind 41 standaardpatroon vergelyk word, soos voorgestel deur Hutcheson. 4 Uit so, 'n ontleding kan afleidings gemaak word in verband met besondere gebiede van uitval, byvoorbeeld verskille tussen die realisering van 'n foneem in verskillende woordposisies, patroon van gebruik van sekere artikulatoriese eienskappe, en so meer. Tabel III is 'n voorbeeld van die vergelyking van die fonetiese (artikulatoriese) eienskappe van [s] met die foutiewe realiserings [θ] en [ $ ]. (c)' Stimuleerbaarheid as diagnostiese maatstaf: W i n i t z 1 1 berig dat artiku- lasieverbetering met die grootste mate van betroubaarheid voorspel kan word op grond van reaksie op stimulasie met die korrekte klankpatroon en die toetsling se telling op die aanvanklike artikulasietoets. 'n Stimu- leerbaarheidssubtoets, soortgelyk aan die wat deur Goldman & Fristoe 3 aangegee word, kan dus by die Afrikaanse artikulasietoets ingesluit word. Wanneer die Afrikaanse Artikulasietoets in sy finale vorm opgestel word, , sal die resultate uit die navorsing soos hierbo uiteengesit, hopelik nuttig . gebruik kan word. As hierdie studie kan dien om verdere navorsing ten opsigte van die bree taalspektrum van Afrikaans te stimuleer, het dit in sy doel geslaag. ERKENNING Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur die geldelike steun van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Enige menings wat uitgespreek word, is egter uitsluitlik die van die skryfster. VERWYSINGS 1. Barker, J. (1960): A numerical measure of articulation./. Speech & HearingDis., 25, 79-88. 2. Barker, J., & England, G. (1962): A numerical measure of articulation: Further developments. / . Speech & Hearing Dis., 27, 23-27. 3. Goldman, R. & Fristoe, Μ. (1969): Goldman-Fristoe Test of Articula- tion. American Guidance Service, Inc., Minnesota. 4. Hutcheson, S. (1968): Some quantitative and qualitative criteria in articulation test scoring. Brit. J. Dis. Commun., 3, 36-42. 5. McDonald, E.T. (\969): Articulation Testing and Treatment. A Sensory- Mo tor Approach. Stanwix House Inc., Pittsburgh. • 6. Odendal, F.F. (1962) : Die Struktuur van die Afrikaanse Wortelmorfeem. H.A.U.M., Kaapstad en Pretoria. 7. Powers, M.H. (1957): Functional Disorders of Articulation. Chapt. 23, in Handbook of Speech Pathology, Appleton-Century-Crofts, New York. 8. Shanks, S.J., Sharpe, M.R. & Jackson, B.R. (1970): Spontaneous re- sponses of first grade children to diagnostic picture articulation tests. / . Commun. Dis., 3, 106-117. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheekunde Vol. 21, Desember 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 42 Elsie C. Lotter 9. Stewart, A. (1968): Disorders of articulation in children. Brit. J. Dis. Commun., 3,121-129. 10. Templin, Μ .C. (19 5 7): Certain Language Skills in Children. University of Minnesota Press, Minneapolis. 11. Travis, L.E. (Ed.). (1957): Handbook of Speech Pathology. Appleton- Century-Crofts, New York. 12. Winitz, H.'(1969) : Articulatory Acquisition and Behavior. Appleton- Century-Crofts, New York. FOR ALL Y O U R M E D I C A L BOOK A N D J O U R N A L R E Q U I R E M E N T S CONSULT THE SPECIALISTS P. B. MAYER 902 N o r w i c h House Heerengracht CAPE T O W N Telephone 2-9231 Journal oj' the South Aj'riean Speech and Hearing Association, Vol. 21, December 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) BASF introduces the jampreof C120 cassette. BASF - the first people in the world to make recording tape - have now patented a brilliantly simple, foolproof improvement for the in- nards of cassettes. It's called Special Mechanics and, briefly, this is how it works :- In all new cassettes the neatly reeled tape fits comfortably between the top and bottom of the cassette case. The hubs turn freely. But, after it's unreeled and reeled up again a few times the tape may not wind back as neatly. So that the reel of tape gets fatter and doesn't f i t comfortabIy any more. It starts to drag. And the winding up side goes slower than the unwinding side. A n d . . . need we go on? Special Mechanics consists of two plastic "tusks" that guide the tape on and off the hubs. So that it stays neat, the spools keep turning freely, and the music glides smoothly on at a serene 11 i.p.s. SM also incorporated in BASF Chromdioxide C60, C90 and C120 cassettes. SPECIAL MECHANICS IS GUARANTEED TO GIVE YOU SMOOTHER, TROU BLE- FREE RECORDING AND PLAYBACK. OR WE'LL GIVE YOU A FREE REPLACEMENT CASSETTE. BASF Special Mechanics SM Spezial Mechanik UI&KiOTOXlKX*RlCK&llOWi·' 2983 Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheeikunde, Vol. 21, Desember 1974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Philips Hearing Aid Services A Division of S.A. Philips (Pty) Ltd. hearing aids portable audiometers group teaching systems P H I L I P S HEARING AID SERVICES Head Office 1005 Cavendish Chambers, 183 Jeppe Street, P.O. Box 3069, JOHANNESBURG. P H I L I P S @ ) 4 4 9 2 3 Journal o the South African Spe and Hearing Association, Vol. 21, December 974 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)