DIE NUT VAN DIE ,,ΙΤΡΑ" VIR DIE SPRAAKTERAPEUT ASOOK 'N ONDERSOEK NA DIE MOONTLIKH EID VAN 'N VERTALING EN A AN PASSING BY SUID-AFRIKAANSE OMSTANDIGHEDE E L S I E C. L O T T E R , B . A . LOG. (Pretoria) INLEIDING Die een eienskap wat die mens by uitstek van elke ander vorm van lewe onderskei, is sy linguistiese vaardighede. Die mens is 'n kommuni- kerende wese; hy kommunikeer met sy medemens deur middel van taal. Taal in sy breedste begrip kan omskryf word as elke vorm van kom- munikasie waardeur gedagtes en gevoelens gesimboliseer word: skrif, spraak, tekens, gesigsuitdrukking, gebaar, pantomime en selfs ook kuns- vorme (Battin and Haug4). Ons wil ons hier egter beperk tot daardie aspekte wat binne die gebied van die spraakterapeut val, die mens se psigolinguistiese-vermoens. Osgood en Miron8 omskryf psigolinguistiek as die gebied wat te doene het met die wyse waarop ons boodskappe produseer. en die manier waarop hierdie boodskappe ontvang en ge'interpreteer word. Die woord „psigolinguisties" kan dus gebruik word om alles wat gebeur wanneer die mens kommunikeer, te beskryf. „Psigolinguistiese vermoens" is dan daardie vermoens of vaardighede wat die mens in staat stel om sinvol te kommunikeer. Hierdie vaardig- hede is van 'n baie hoe en uniek-kenmerkende orde; daarom is daardie instrumente wat gebruik kan word om dit te- meet en te omskryf, onmisbaar en regverdig dit gedetailleerde bestudering (Darley6). Waar die spraakterapeut haar beywer om hulp te verleen aan diegene wat tekort skiet t.o.v. die een of ander aspek van linguistiese vermoe, kan sy met vrug gebruik maak van sodanige instrumente. Soos die naam aandui, wil die ..Illinois Test of Psycholinguistic Abilities" daarop aanspraak maak dat dit die psigolinguistiese vermoens van 'n mens peil. Indien dit wel die geval is, moet dit as 'n nuttige instrument beskou word. Die konstruksie van hierdie instrument berus op 'n wetenskaplike aanvaarbare model, nl. die van Osgood. Die skematiese model van die ITPA self voorsien 'n duidelike en logiese beeld van die vlakke waarop kommunikasie geskied, die vernaamste kommunikasiekanale en die prosesse wat by kommunikasie betrokke is, soos dit deur die toets gemeet word. Aangesien hierdie studie beoog het om nie alleen die moontlikheid van 'n vertaling van die ..Illinois Test of Psycholinguistic Abilities" na te gaan nie, maar ook ondersoek in te stel of die spraakterapeut enige Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 18, Desember 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Elsie C. Lotter 24 nut van hierdie instrument kan he, is gepoog om soveel inligting as moontlik aangaande die toets en sy gebruik byeen te bring. Die ontstaan en konstruksie van die toets is nagegaan en die subtoetse is volledig ondersoek en beskryf. Alle moontlike kritiek op die toets as geheel en ook die afsonderlike subtoetse is versamel en geevalueer. Ten einde die kring om die spraakterapeut en die ITPA nouer te trek, is toepassings- vlakke binne die gebied van die spraakterapeut beskou. Dit is gevolg deur 'n uiteensetting van die kliniese nut van die ITPA soos dit tot op hede in praktiese ondervinding uitgekristalliseer het. Dit is nou duidelik dat al hierdie gegewens nie in hierdie verslag bespreek kan word nie; daar sal slegs kortliks op 'n paar van die aspekte gewys word. DIE SPRAAKTERAPEUT EN DIE ITPA Hierdie studie is onderneem as 'n voorlopige ondersoek, met die oog op verdefe ondersoek na die diagnostiseringsinstrumente (spesifiek die ITPA) vir psigolinguistiese vermoens, in die besonder in Suid-Afrika en by die Afrikaanse en Engelse taalgroepe. Die redes vir die keuse van die ITPA word ten beste toegelig deur 'n vergelyking van die ITPA met ander toetse vir psigolinguistiese vermoens; hierdeur word daardie eienskappe wat tot voorkeur van die ITPA lei, duidelik. Uit sodanige vergelyking met verskeie Engelse (Amerikaanse) en Afrikaanse toetse, het die volgende kenmerke van die ITPA na vore gekom: 1. Die ouderdomsgebied wat gedek word, nl. 2-6 tot 10-13 jaar, strek vanaf die belangrike tydperk van taalaanname of net daarna en omvat 'n relatief wye area. 2. Daar word altesaam 12 spesifieke aspekte van die mens se psigo- linguistiese vermoens getoets; die toetsing is dus nie beperk tot 'n enge gebied nie. 3. Die toets kan binne 60 tot 80 minute afgeneem word. 4. Op grond van die toetsresultate word 'n profiel getrek waarvolgens die kind as't ware met homself vergelyk word, eerder as met 'n „gemiddelde telling". 5. Die profiel wat verkry word, bied nie alleen 'n verklaring van die kind se taalprobleme nie, maar dien ook as leidraad vir die opstel- ling van 'n terapieprogram. Wanneer Darley6 'n aantal toetse met betrekking tot taalvermoens bespreek, spreek hy die volgende mening uit: „The ITPA is perhaps the most comprehensive test of children's language status.," Ook M. F. Berry5, waar sy toetse vir die vasstelling van defekte in verskeie aspekte van taalgedrag beskryf, beskou die ITPA as verreweg die mees omvattende en hoogs gestandaardiseerde toets. Dit is van nut by diagnose, die aanvanklike opstelling en deurlopende toepassing van 'n terapieprogram en prognose. Die diagnostikus wat 'n diagnostiese instrument ter hand neem, kan 'n swak toets voordelig gebruik of 'n goeie toets sonder welslae. 'n Toets kan so goed of so swak wees as die persoon wat dit gebruik, se Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol 18, December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) N u t van ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek na Aanpassing by S.A. Omstandigbede 25 vermoe om doeltreffende ondersoek uit te voer. Deur die beperkinge en gebreke van 'n toets in gedagte te hou, kan die diagnostikus die instrument na sy hand plooi en die toetsresultate realisties gebruik om tot betekenisvolle gevolgtrekkings te geraak. Hierdie opmerkings geld ook ten opsigte van die ITPA. Die vernaamste kritiek op die ITPA handel oor die gebrek aan kwalitatiewe analise van die verbaie uiting. Die diagnostikus sal dus 'n ander toets/metode gebruik om die verbaie uitinge van die kind, wat wel vir die Verbaie Uitingstoets volledig aangeteken word, tesame met 'n voorbeeld van die kind se spontane spraak, kwalitatief te ontleed. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die k i n d ' s o m s 'n grondige rede vir 'n skynbaar „verkeerde" respons het en verdagte antwoorde moet verder nagegaan en ontleed word. Die soort kind wat ondersoek word, moet ook steeds in gedagte gehou word sodat daar nie net blindelings kwantitatiewe analise van gegewens plaasvind nie. Die ondersoeker wat sy instrument goed genoeg ken, kan daardie instrument ten spyte van tekortkominge en gebreke dinamies gebruik vir die spesifieke doel wat hy in gedagte het. Aanduidings is reeds gegee van hoedat die ITPA vir sekere doeleindes deur die spraakterapeut gebruik kan word. Daar is haas geen gebied waarmee die spraakterapeut te doene kry, waarby nie taal betrokke is nie. Op baie van hierdie gebiede is die ITPA reeds aangewend as ondersoekmedium: verstandelike ver- t r a g i n g , breinbeskadiging en afasie, serebrale verlamming, gesplete ver- hemelte^ artikulasieprobleme, hakkel, leesprobleme, agtergrondsfaktore wat tot 'n taalagterstand lei, en swaksiendes waar taalprobleme ook voorkom. Ander gebiede waar die ITPA nog nie gebruik is nie, maar wel nuttig kan wees, is by die volgende: sg. „brain-different" kinders (Berry5), vertraagde spraakontwikkeling, ouditiewe versteurings en psigoneurologiese spraakversteurings. Die ondersoeke wat reeds uitgevoer is, het in sommige gevalle slegs versameling van inligting ten doel gehad, in ander gevalle ondersoek na die uitwerking van sekere remediele prosedures. Verskeie van hierdie ondersoeke is ook al deur verskillende persone saamgevat, bespreek, gei'nterpreteer en verwerk. Dr. Barbara Bateman 1 · 2 · 3 het op hierdie gebied omvattende werk gedoen. Die navorsing wat onderneem is, was meestal nie uit die oogpunt van 'n spraakterapeut nie, maar wel van die remedierende onderwyser. Die bevindings en gevolgtrekkings waartoe geraak is, is egter vir die spraakterapeut van ewe veel nut. Die grootste hoeveelheid navorsing is onder verstandelik vertraagdes onderneem, veral met betrekking tot hulle skolastiese onderrig, asook aspekte van lees- en skryfvaardighede by verskillende soorte gevalle. In Suid-Afrika kry die spraakterapeut met hierdie kinders te doen en het dus belang by die ondersoeke. Daar is ook ondersoeke spesifiek uit die oogpunt van die spraak- terapeut onderneem en van hierdie ondersoeke is 'n aantal in Suid- Afrika deurgevoer. Gegewens wat hier verkry is, kan egter nie oor 'n Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 18, Desember 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Elsie C. Lotter 26 eroot mate van geldigheid en betroubaarheid beskik (sever dit die kwantitatiewe analise betref) voordat die norme en standaarde by Suid- Afrika aangepas is en nuwe skaalpunte opgestel is nie. Uit die ondersoeke waar die ITPA gebruik is, blyk een aspek baie duidelik: die resultate wat verkry word, het altyd kliniese implikasies. Die ITPA bly steeds 'n diagnostiese toets met die oog op. remediering. Die vernaamste doel van die ITPA is egter om 'n kind, nie met andere nie, maar met homself te vergelyk. In terapie word- steeds met 'n indiwidu gewerk, vir wie 'n indiwiduele terapieprogram opgestel en gewysig moet word volgens indiwiduele behoeftes. Om hierdie redes is dit die kwalitatiewe ontleding van die ITPA profiel wat in die praktyk vir die spraakterapeut van kardinale belang is. Goldstein is van mening dat toetsresultate slegs geevalueer kan word deur ontleding van die wee waarlangs die toetsling sy resultate bereik het. Enige kwantita- tiewe beoordeling ten opsigte van welslae of mislukking is 'n bron van foutering tensy dit volg op 'n kwalitatiewe ontleding en nie sodamge ontleding voorafgaan nie. Die nut van 'n kwantitatiewe verwysingsraam- werk moet egter nie uit die oog verloor word nie. Die spraakterapeut werk nie net met een geval nie en kruisvergelyking van afsonderlike gevalle is nuttig ten opsigte van terapieleidrade. Om hierdie rede is die ondersoek onderneem na die moontlikheid van 'n Suid-Afrikaanse weergawe van die ITPA. Aangesien daar in Suid- Afrika hoofsaaklik twee taalgroepe (onder blankes) voorkom, nl. Engels en Afrikaans, is dit ook wenslik om oor 'n Afrikaanse instrument-vir die meting van psigolinguistiese vermoens te beskik. 'n Voorlopige vertaling van die ITPA is dus opgestel en op 'n groep Afrikaansspre- kende kinders toegepas, terwyl die oorspronklike weergawe van die ITPA op 'n groep Engelssprekende kinders toegepas is. Die toetsgroepe wat gebruik is, was te klein om enige ware afleidings en gevolgtrekkings toe te laat. Nogtans kon sekere riglyne op grond van die toetsresultate getrek word. DIE VERTALING A. Die keuse van proefpersone (1) Geslag. Beide geslagte is gebruik, ten einde die moontlike invloed van geslag op die resultate te verminder. (2) Ouderdom. Aangesien slegs 'n klein aantal proefpersone gebruik kon word, is dit vir hierdie voorlopige ondersoek gera'de geag om proefpersone te gebruik uit die hoogste ouderdomsgroep waarvoor die Hersiene Uitgawe van die ITPA gestandaardiseer is, nl. 10-0 tot 10-3 jaar. Sodoende sou al die items van elke subtoets toegepas kon word, sonder dat daar te gou 'n plafon bereik is. (3) Skolastiese oorwegings. Alle proefpersone is uit st. 3 getrek; dit was egter nie moontlik om al die proefpersone (vir elke taalgroep afsonderlik) uit dieselfde klas te trek nie. Ten einde die moontlikheid uit te skakel dat gegewens wat van so 'n klein monster verkry is, Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol 18, December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Nut van ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek na Aanpassing by S.A. Omstandigede 27 oormatig deur uiterstes beinvloed word, is gepoog om proefpersorie te gebruik van wie die gemiddelde taalpunt (skoolpunt) binne die grens van 15 punte van die gemiddelde van die standerd af le. Die Engelse toetsgroep is eerste getoets, daarna is die Afrikaanse groep uitgesoek om so nou moontlik ooreen te stem. In die Engelse skool het die st. 3 leerlinge se ouderdom ooreengekom met die hoogste ouderdomsgroep waarop die ITPA gestandaardiseer is. In die Afrikaanse skool was st. 3 leerlinge egter oor die algemeen ouer; nogtans is besluit om hierdie proefpersone te behou, ten einde ander faktore konstant te hou. (4) Agtergrondsfaktore. Die twee laerskole waaruit proefpersone getrek is, is in dieselfde omgewing gelee. Daar is ook nagegaan dat die ouers van die proefpersone in ooreenstemmende beroepsgroepe val. (5) Ander faktore. Die volgende is vermy : (a) Merkbare artikulasie- of ander spraakprobleme; (b) breinbeskadiging sover bekend; (c) gehoorsprobleme sover bekend; (d) emosionele ontwrigting sover bekend. O p grondslag van hierdie oorwegings is 'n E n g e l s s p r e k e n d e en 'n A f r i k a a n s s p r e k e n d e groep saamgestel, elk b e s t a a n d e uit vier dogters en vyf seuns. B. Die toetsmateriaal: die vertaling Die volgende toetse maak gebruik van gesproke taal en moes dus vertaal word: (1) Ouditiewe ontvangs. (2) Ouditiewe assosiasie. (3) grammatikale sluiting. (4) Ouditiewe sluiting. (5) Klanksaamvoeging. (1) Ouditiewe ontvangs: Hier is meestal van direkte vertaling gebruik gemaak, op grond van die aanname dat veral by die relatief eenvoudige woordeskat van die eerste items, die moeilikheidswaarde van die konsepte wat begryp moet word, dieselfde sal bly by vertaling in Afrikaans. Bv Item 1: do dogs eat?—kan honde eet? Waar die Engelse woord egter nie deur 'n enkele Afrikaanse woord met dieselfde betekenis vertaal kon word nie, is 'n nuwe sin saamgestel. • Bv. Item 44: do canines manufacture?—kan reptiele vervaardig? " Soos in die Engels, is in hierdie vertalings die sinsvorm konstant en eenvoudig gehou, terwyl die respons net bestaan uit „ja/nee". (2) Ouditiewe assosiasie: Hier is deurgaans van direkte vertalings gebruik gemaak, behalwe by die volgende drie items: Item 10: I dress a doll, I bounce a . . . In die direkte vertaling is die analogie, vanwee die sinsvorm, hier nie meteens duidelik nie. Daar is derhalwe gebruik gemaak van: Ek dra 'n pop, ek bons 'n . . . Item 28: churches have aisles, cities have . . . In die direkte vertaling kom die woord „paadjies" vir ,.aisles" te veel ooreen met 'n moontlike vorm van die verlangde respons: Derhalwe, Tydskrif van die Suid-Afikanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. , Desember R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 28 Elsie C. Lotter Die parlementsgebou het wandelgange, 'n dorp het . . . Item 42: years have seasons, dollars have . . . (quarters). Hier is uit die staanspoor aangeneem dat „dollars" 'n woord kultuur- vreemd aan die Afrikaanse kind is, en dit is dus vervang deur „gellings". (3) Grammatikale sluiting: Hierdie was die moeilikste subtoets om te vertaal, aangesien die grammatika van Engels en van Afrikaans baie verskil. Ook die moeilikheidswaarde van veral sommige meervouds- vorme verskil by 'n vertaling, bv. foot—feet, voet—voete. Die volgende soorte items moes verander word: (a) Sommige meervoudsvorme (items 22, 23, 30, 32); (b) sterk vorme van die verlede deelwoord (items 26, 27). Dit was ook nodig om sommige van die.stimulusprente te verander. Daar is deurgaans gepoog om dieselfde soort probleem te behou— meervoudsvorm, werkwoordverbuiging, voorsetselvorm ens. Hierdeur is sommige Afrikaanse taalverskynsels, bv. die verkleinwoord, agterwee gelaat en ander taalvorme, bv. die sterk verlede deelwoord, wat minder in Afrikaans as in Engels voorkom, wel ingesluit. (4) Ouditiewe sluiting: By die vertaling van hierdie subtoets is gepoog om dieselfde aantal lettergrepe per item weer te gee, met weglatings in dieselfde posisies. Sommige items kon direk vertaal word, bv. Item 4: tele/one—tele/oon. Ander items moes verander word, bv. Item 17: / uper I arket— / oente / inkel. (5) Klanksaamvoeging: Dieselfde beginsel as by die vorige is hier gehandhaaf, nl. direkte vertaling sover moontlik, met veranderinge waar nodig om dieselfde aantal lettergrepe te behou. Bv. Item 1: f-oot—v-oet. Item 6: c-u-p—k-o-p. By die onsinwoorde is die vertaling so direk moontlik gedoen, d.w.s. die klankwaarde van die vokaalklanke is verafrikaans. Bv. Item 26: [a: fi: ]—so behou. Item 27: [ν Λ m]—[v oe m], Ooreenkoms met bestaande' Afrikaanse woorde is sover moontlik vermy. C. Die eksperimentele prosedure Die aanbieding van subtoetse is in dieselfde volgorde behou vir beide die Afrikaanse en die Engelse toetsgroepe, nl. die volgorde wat deur die toetsopstellers voorgeskryf is (Kirk, McCarthy and Kirk7). By die Afrikaanse weergawe is instruksies in Afrikaans gegee, 'maar steeds in ooreenstemming met die voorgeskrewe prosedures. D. Die verwerking van resultate By die aanvang van hierdie ondersoek is die moontlikhede van verwerking van die toetsresultate noiikeurig ondersoek. Daar is tot die gevolgtrekking geraak dat geen betekenisvolle statistiese bewerkings moontlik sou wees nie en wel om die volgende redes: Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol 18, December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek n a Aanpassing by S.A. Omstandigbede 29 (1) Ten einde die aanpassing van die toets by Suid-Afrikaanse standaarde op 'n statistiese grondslag te plaas, sou dit nodig wees om vir beide Engels- en Afrikaanssprekende groepe 'n nuwe verwagte frekwense verspreiding op te stel, op grond van die resultate van 'n groot aantal proefpersone. (2) Betroubaarheid en geldigheid kan nie met die gegewens van 'n klein monster ondersoek word nie. (3) Geen beduidenheid van verskille tussen die Amerikaanse en Suid-Afrikaanse groepe kan bereken word nie. (4) 'n Blote vergelyking van die Engelse en Afrikaanse groepe is wel moontlik maar sou van weinig nut wees sonder 'n gemeenskaplike verwysingspunt met betrekking tot die gestandaardiseerde Amerikaanse gegewens. Op grond van hierdie gegewens is besluit om alleenlik 'n kwalitatiewe analise van die toetsresultate te onderneem. Die doel van hierdie ondersoek is immers nie om 'n aanpassing en vertaling van die ITPA te standaardiseer nie, maar slegs om die moontlikheid van sodanige navorsing te ondersoek. Vir hierdie doel is 'n kwalitatiewe analise dus van groter waarde as statistiese gegewens wat, op grond van die klein monster, geen ware betroubaarheid en geldigheid inhou nie. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 18,Desember971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 30 Elsie C. Lotter Gegewens is dan wel op die volgende wyses ontleed: - (1) (a) Die profiele van die Afrikaanse groep is vergelyk met die van die Engelse groep. : (b) .Die profiele van al die lede van die toetsgroep is met mekaar vergelyk. _ (2) Vir elke, subtoets is die gemiddelde routelling van die Engelse en Afrikaanse' toetsgroepe met mekaar vergelyk, sowel as met die routelling op elke subtoets wat met 'n skaalpunt van 36 ooreenstem (aangesien skaalpunt 36 as geniiddeld gebruik is by die s'tandaardisering van die ITPA—Kirk, McCarthy and Kirk7). • (3) Beduidende teenstrydighede, soos deur die· opstellers verduidelik (Kirk, 'McCarthy-and Kirk7) word, gebruik om die psigolinguistiese vermoens van Afrikaanssprekende en Engelssprekende kinders, soos dit ooreenstem met die waarde soos dit deur die opstellers in volgorde geplaas is. (5) Toetsitems van die verskillende subtoetse waar daar 'n verandering nodig was by die vertaling, word ^ ondersoek met betrekking tot die aantal foutmakers op daardie items, in beide die Engelse en Afrikaanse weergawes. !11 -.-Journal of. the South African Speech and Hearing Association, Vol: 18, December.' 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) N u t van ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek n a Aanpassing by S.A. O m s t a n d i g e d e 31 E. Die resultate I. Vergelyking van proflele Die volgende kan hier opgemerk word: (1) Die proflele van die Engelstalige groep is meer homogeen en verloop platter as die proflele van die Afrikaanstalige groep. (2) By die Afrikaanstalige groep verloop die proflele van die dogters oor die algemeen effens meer gelyk as die van die seuns. (3) Die proflele van die Engelstalige groep verloop op 'n effens hoer vlak as die van die Afrikaanstalige groep. (Eg. groep se proflele verloop meestal tussen 36 en 44, ig. groep s'n-meestal tussen 28 en 36 met uit- sondering van 'n klein verhoging by_ontvangs en assosiasie.) (4) Albei groepe toon homogene hoe prestasie in klanksamevoeging. (5) Die toets waarby die mees homogene prestasie van die Afrikaans- talige groep voorkom (met uitsondering van klanksaamvoeging) is Ouditiewe Reeksgeheue—prestasies strek van 28 tot 39. Die mees homo- gene prestasie by die Engelstalige groep, daarenteen, strek slegs oor 4 punte, nl. 36 tot 40, by visuele Assosiasie. ~Sub- toets No. 1 2 3 4 - 5 " 6 7 8 9 10 11 12 (Gemiddelde roupunt- telling groep E)— (Gemiddelde roupunt- telling groep A) 1 . 8 - 0 . 4 3.6 3.9 7.5 1 . 6 1 . 2 1 1 . 2 . 5.4 .7 - 3 . 6 - 2 . 1 {Gemiddelde roupunt- 'telling groep Χ)—~ {Gemiddelde roupunt- telling groep E) - 1 . 0 0 . 2 - 4 . 8 - 0 . 7 - 5 . 3 - 1 . 7 · - 2 . 8 - 6 . 7 - 2 . 2 . 1.5 4.9 - 6 . 5 {Gemiddelde roupimt- lelling groep X)— {Gemiddelde roupunt- telling groep A) 0.8 -0.2 - 1 . 2 2.2 , 2 . 2 "-0.1 4.0 4.5 3.2 " 2 . 2 1.3 - 8 . 6 - Tabel I—Verskille tussen roupunt-gemiddeldes van die verskillende groepe. Groep A = Afrikaanstalig; Groep Ε = Engelstalig; Groep X = Amenkaans. •II. Intertoets-vergelykings op grond van roupunttellings r· (]); Op grond van hierdie vergelykings blyk dit weereens dat die Engelstalige groep oor die algemeen beter presteer as die Afrikaans- talige groep (die routelling-gemiddelde van die Engelstalige •groep.is hoer as did van die Afrikaanstalige groep in 9 van die 12 subtoetse). (2) Die Engelstalige groep se'gemiddelde roupunttellings is oor die algemeen ook hoer as did van die Amerikaners (nl. in 8 van die 12 subtoetse). Die Afrikaanstalige groep presteer swakker as die Ameri- kaanse groep in 8 vari die 12 subtoetse. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, • Vol·. 18, Desember 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 32 Elsie C. Lotter (3) Albei die Suid-Afrikaanse groepe verkry 'n hoer gemiddelde roupunttelling as die Amerikaners in subtoets no. 3 (Visuele Reeksge- heue), 6 (Visuele Assosiasie) en 12 (Klanksaamvoeging). (4) Die grootste verskil tussen die gemiddelde roupunttellings van die Suid-Afrikaanse groepe kom voor by toets no. 8 (Verbale Uiting), waar die gemiddelde roupunttelling van die Engelstalige groep 11,2 hoer as die van die Afrikaanstalige groep is. Sub- toets No. Aantal ti wat versk letslinge I 10 toon Aantal ti wat verskil letslinge - 1 0 toon Sub- toets No. Groep Ε Groep A Groep Ε Groep A 1 - 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 .12 1 1 1 1 1 6 1 2 2 7 1 1 1 2 Totaal 2 9 12 5 Tabel II—Verskille tussen subtoeis-skaalpunt en gemiddelde skaalpunt—aantal toetslinge in elke subtoets wat 'n betekenisvolle verskil toon. Groep A = Afrikaanstalig; Groep Ε = Engelstalig. III. Vergelyking van betekenisvolle teenstrydighede by die twee Suid-Afrikaanse groepe (1) Die Engelstalige groep toon betekenisvolle teenstrydighede op slegs 5 subtoetse, die Afrikaanstalige groep op 6 subtoetse. (2) Die totale aantal positiewe teenstrydighede ( + 10) vir albei groepe saam, is 11; hiervan val 9 in die Afrikaanstalige groep. Dfe totale aan- tal negatiewe teenstrydighede ( - 10) is 17; hiervan val 12 in die Engelse groep. As toets 11, Ouditiewe Sluiting (waar al die lede van die Engelstalige groep besonder swak vaar) egter uitgeskakel word, is daar 10 teenstrydighede waarvan 5 in elke taalgroep val. Die Afrikaanstalige groep het dan 'n totaal van 14 en die Engelstalige groep''n totaal van 7 betekenisvolle teenstrydighede, wat die waarneming ten opsigte van die groter heterogeniteit van die Afrikaanstalige groep se profiele, ondersteun. 1 IV. Vergelyking tussen toets-items van elke subtoets In hierdie afdeling word slegs die toetse wat 'n afgebakende aantal toets-items bevat, bespreek. Die volgende toetse kan nie op grond van Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) N u t van ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek na Aanpassing by S.A. Omstandigbede toets-items beskou word nie: Visuele Sluiting, Verbaie Uiting, Handge- bare Uiting. Toets No. Aantal items Nommers van items waar mee r as vier foutmakers voorkom Toets No. Aantal items Afrikaanse weergawe Engelse weergawe 1 2 3 9 11 25 20 13 17 15 13 14, 4, 11 9 10 12, 18 12 Tabel III—Items van verskillende subtoetse waarop meer as 4 foutmakers voorkom. Die items van die subtoetse van die ITPA is in 'n sekere volgorde volgens moeilikheidswaarde gegradeer. Hierdie afleiding word gemaak uit die feit dat dit moontlik is om 'n toetsling se plafon te bereken op grond van die hoeveelheid items waarop hy agtereenvolgens misluk; net so word die sg. basale peil bereken op grond van die aantal items waarop hy agtereenvolgens welslae behaal. Wanneer die ITPA by 'n besondere kultuurgroep aangepas wil word, sal dit nodig wees om ondersoek in te stel of die moeilik- heidswaarde van die toetsitems dieselfde bly (op grond van die aantal foutmakers, in elke ouderdomsgroep, op elke toetsitem). Die moontlik- heid dat die item kultuurvreemd is, moet in elke geval ondersoek word. Ook moet die aantal items wat vir die berekening van die plafon en basale peil gebruik word, in gedagte gehou word. Slegs dan kan 'n tentatiewe nuwe gradering van items aangepak word. So 'n item- skommeling kan dus nie op grond van die resultate van hierdie onder- soek oorweeg word nie. Die enigste veronderstelling wat hier gebruik kan word, is die volgende: waar daar in die hoogste ouderdomsgroep meer as 50% foutmakers voorkom op 'n spesifieke item, behoort daardie item in die tweede helfte van die betrokke subtoets gegradeer word. Op grond van hierdie aanname sou, vir die toetsgroepe wat in hierdie ondersoek gebruik is, die volgende subtoetsitems hoer opgeskuif moet word: (a) Subtoets 1: items 13 by Afrikaans en 10 by Engels. (b) Subtoets 2: items 12 en 18 by Engels. -(c) Subtoets 3 : item 12 by Engels. (d) Subtoets 9: items 4, 11 en 14 by Afrikaans. (e) Subtoets 11: item 9 by Afrikaans. Die items waar daar 100% foutmakers voorkom, kan moontlik kultuurvreemde items wees. By verskillende toetse is wel sulke items gevind. V. Ondersoek na items wat in die Afrikaanse vertaling verander is (1) Die volgende van hierdie items is blykbaar deur die Afrikaanse groep moeiliker gevind as deur die Engelse groep, aangesien daar meer foutmakers voorgekom het: Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 18, Desember 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Elsie C. Lotter . Toets 1: items 24, 44. Toets 9: items 23, 26, 27. Toets 11: items 24. Dit is moontlik dat dit die verandering in die vertaling is wat hierdie items moeiliker maak; op grond van die groot heterogeneiteit van die profiele, asook die feit dai die profiele van die Afrikaanse kinders oor, die algemeen laer as die van die Engelse kinders le. is dit egter moeilik om betekenisvolle afleidings te maak. (2) Die volgende veranderde items is blykbaar deur die Afrikaanse kinders makliker gevind as deur die Engelse groep: Toets 1: items 37, 45. Toets 11 : items 18, 21, 25, 27. Toets 12: items 6, 19, 21, 22. • Dit is "moontlik dat die verandering by die vertaling hierdie items makliker gemaak hot, veral in toetse" 1 en 9 waar die Engelse kinders gemiddeld beter as die Afrikaanse kinders presteer het. BESPREKING VAN RESULTATE Die bespreking van die bevihdings berus op 'n baie tentatiewe grondslag, hoofsaaklik as gevolg van die klein aantal proefpersone. Nogtans kom daar uit die gegewens sekere riglyne te voorskyn, wat gevolg kan word wanneer 'n meer intensiewe en omvattende ondersoek onderneem word. Op grond van die vergelyking tussen die verskillende profiele en ge- middelde roupunttellings, is dit duidelik dat daar heelwat veranderinge nodig isal wees voordat die kwantitatiewe resultate van die ITPA, soos v e r k r y r . v a n ; Suid-Afrikaanse toetslinge, met 'n, voldoende mate van geldigheid gemterpreteer kan word. Die Engelstalige toetsgroep se profiele toon 'n daling by Ouditiewe sluiting; b y ' n aaripassing van die ITPA aan Suid-Afrikaanse omstan- dighedel s a l r d u s veral .aan hierdie toets aandag gegee moet word ten opsigte' vair toepaslike." kriteria. Daar moet ook in gedagte gehou word dat drie items..van.hierdie toets bykans 100% foutmakers in die Engels- s'prekende toetsgroep opgelewer het. In die V i s u e l e Sluiting-subtoets, waar albei die Suid-Afrikaanse toets- groepe s w a k k e r as dieCAmerikaanse standaardiseringsgroep presteer, sal nuwe kriteria ook waarskynlik nodig wees. Die Afrikaanstalige groep presteer relatief goed in ontvangs en assosiasie (op die voorstel- lingsvlak). Ook by hierdie subtoetse is dit baie waarskynlik dat :n nuwe skaaltellingsbewerking nodig sal wees. Ten opsigte van die Klank- s a a m v o e g i n g s t o e t s moet nuwe norme ook veral oorweeg word, aange- sien beide SUid-Afrikaanse groepe hierin hoer as die Amerikaners pres- teer. Hierdie hoer prestasie kom in 'n mindere mate ook voor by Visuele Reeksgeheue en Visuele Assosiasie. Navorsing kan hier aan- g e v o e r word met betrekking tot die invloed van onderrigmetodes in Suid-Afrika eh die IVerenigde" State van Amerika; dit. is moontlik dat die Suid-Afrikaanse skoolkind meer op die visuele aangewese is by skoolwerk, dit wil se daar word meer skryf- en leeswerk van hom ver- Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol, 18; December -1971: R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) N u t van ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek na Aanpassing by S.A. Omstandigbede 35 wag as van die Amerikaanse skoolkind. In baie Amerikaanse skole speel sg. "Show-and-tell"-klasperiodes 'n vername rol en daar word dikwels van die kind vereis om sy skoolwerk voor te dra. Dit is dus moontlik dat hy minder visueel gerig is as die Suid-Afrikaanse kind, of minder gerig op die doelbewuste ontleding en sintese van woorde. Die feit dat die Engelstalige toetsgroep se proflele op 'n hoer vlak as die Afrikaanstalige toetsgroep se proflele verloop, kan beskou word as nogmaals.'n aanduiding van die behoefte aan nuwe stelle norme en skaalpunte vir elke groep. Dit kan egter ook beskou word as 'n aandui- ding daarvan dat die Engelstalige Suid-Afrikaanse kind oor 'n sterker algemene psigolinguistiese vermoe as die Afrikaanstalige. kind beskik. Daar kan in hierdie rigting as volg gespekuleer word: Engelse kinders geniet oor die algemeen meer vryheid as Afrikaanse kinders ten opsigte van spraakgeleenthede en uiting; in baie Afrikaanse huisgesinne word van kinders verwag om nie in volwasseries se geselskap mee te doen nie, slegs te praat wanneer daar met hulle gepraat word, ens.̂ Daar is dus 'n sterk faktor van inhibisie teenwoordig; moontlik ook 'n volks- karaktertrek van inkennigheid. Hierdie faktore kan 'n invloed op. die ontwikkeling van die Afrikaanse kind se psigolinguistiese vermoens uitoefen Anders gestel: die basiese vermoens is wel teenwoordig maar kan nie vryelik tot uiting kom nie. Hierdie verskynsel word veral betekenisvol in die lig daarvan dat die ouderdomme van die Afrikaans- talige toetslinge eintlik bokant die ouderdomsgrense van die ITPA val. Die relatiewe areas van sterk en swak psigolinguistiese funksionering by die twee toetsgroepe soos dit in hierdie ondersoek na vore^gekom het, openbaar geen betekenisvolle patroon van vermoens of onvermoens vir die Engelstalige groep nie, en slegs 'n aanduiding van 'n relatiewe sterkte • in die Visuele Kanaal by die Afrikaanstalige groep. Die moontlike implikasie hiervan is reeds bespreek. Die verskille tussen die groepe wat by die intertoets-vergelykings gevind is, kan van nut wees by die aan- passing en vertaling van die ITPA. 'n Verskynsel wat deeglik nagegaan sal moet: word, is die hetero- genei'teit van die Afrikaanstalige toetsgroep se proflele. . Die ongelyke verloop kan moontlik die gevolg van die vertaling wees; d a a r kom egter 'n ewe groot mate van variasie by vertaalde en nie-vertaalde toetse (bv. die reeksgeheue-toetse) voor. Aangesien die toetsmonster so klein is, is dit moontlik dat daar toevallig onder die spesifieke gekose toetslinge groot veranderlikheid voorkom, wat nie die geval by 'n ander toetsgroep, bestaande uit dieselfde aantal toetslinge, sou wees nie. By 'n werklike vertaling en aanpassing van die ITPA, sal die toets- items van elke subtoets waarskynlik in 'n nuwe volgorde gegradeer moet word ten einde dit steeds moontlik te maak om op stelselmatige wyse by elke subtoets 'n basale peil en 'n plafon uit te ken, soos reeds bespreek is Phillips9 het gevind dat die subtoetsitems van die ITPA herrangskik moet word wanneer die toets op Britse skoolkinders toegepas word, aangesien die moeilikheidswaarde van die items nie dieselfde is vir Britse en Amerikaanse kinders nie. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. Desember 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 36 Elsie C. Lotter Phillips het verder bevind dat sekere subtoetsitems kultuurvreernd aan die Britse kind is; dieselfde oorweging geld by Suid-Afrikaanse kinders. Op grond van hierdie resultate wat uit die voorlopige ondersoek verkry is, wil dit voorkom dat veral die volgende items in gedagte gehou moet word: (a) Wat beide taalgroepe betref: Toets 4, item 30: " A rabbit has a tail; a train has a . . . (caboose)." Toets 4, item 42: "Years have seasons; dollars have . . . (quarters)." (b) Wat meer spesifiek die Engelstalige groep betref: · Toets 1, item 45: "Do beverages quench?" Toets 2, item 49: Hier word 'n stimulusprent van 'n kompas aange- bied, en daarna 4 ander prente wat o.a. 'n soort kompas insluit. Toets 11, item 21: / a n / a / a u s (Santa Claus). 23: /ovie/tar (movie star): 27: Ea/ter/unny (Easter bunny). (c) Wat meer spesifiek die Afrikaanstalige groep betref: Toets 2, item 30: 'n Stimulusprent van 'n tennisraket word aange- bied; die verlangde responsprent is 'n bofbalkolf, maar die 4 alterna- tiewe prente sluit ook 'n roeispaan in en die Afrikaanse kinders het meestal lg. as respons aangewys. Toets 2, item 35: Die stimulusprent, 'n uurglas, skyn onbekend te wees. 39: Ook hier skyn die stimulus-prent, 'n televisie- lugdraad onbekend te wees. Om werklik geldige afleidings te maak, sou dit nodig wees om vir elke item nie alleen die aantal foutmakers na te gaan nie, maar ook die soort fout wat gemaak is, dit wil se watter alternatiewe respons is mees dikwels as die korrekte aangewys. Die Afrikaanse vertaling van die Grammatikale Sluitingstoets sluit twee items waarop 100% foutmakers voorkom in; dit is nl. die twee items waar die sterk vorm van die verlede deelwoord verlang word. Dit het tydens die afneem van die toets, duidelik geblyk dat hierdie werk- woordvorme nog nie aan die kinders in die betrokke ouderdomsgroep bekend is nie. Dit sou miskien meer toepaslik wees om twee verklein- woorde in die plek daarvan te stel; hierdie woordverbuiging kom selde in Engels / Amerikaans voor, net soos wat die sterk verlede deelwoord betreklik selde in Afrikaans voorkom. Verdere bespiegelinge aangaande die resultate van die ondersoek is wel moontlik; aangesien sodanige bespiegelinge egter o[vgeen vaste grondslag kan berus nie, word hiermee volstaan. Die vertaling van die ITPA wat in hierdie studieverslag aangebied word, word nie voorgehou as geslaagd of misluk, of selfs as voorbeeld van die lees waarop die vertaling geskoei moet word nie. Dit word bloot voorgelS as die mees direkte vertaling van die toets wat moontlik was. Benewens die feit dat die ITPA self 'n Amerikaans-georienteerde instrument is, moet in gedagte gehou word dat die kriteriumtoetse waar- mee die konkurrente geldigheid bepaal is, ook Amerikaanse toetse is. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol 18 December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) ,,ΙΤΡΑ" en Ondersoek na Aanpassing by S.A. O m s t a n d i g e d e 37 Bestaan daar Suid-Afrikaanse toetse wat as kriteriumtoetse aangewend kan word? . . Die hoofdoel van die ondersoek wat hier onderneem is, is herhaalde- lik reeds gestel as die bekom van leidrade vir die opstelling van 'n eie Suid-Afrikaanse toets vir psigolinguistiese vermoens. As hierdie onder- soek en bespreking slegs meehelp tot 'n besef van die behoefte aan eie, Suid-Afrikaanse instrumente vir die ondersoek en diagnose van taal- gestremdes, het dit in sy doel geslaag. Uit 'n ondersoek na die toepas- singsvlakke van die ITPA op die gebied van die spraakheelkunde asook die kliniese nut van die ITPA, het die hoe nuttigheidswaarde van hierdie toets te voorskyn gekom. Een van die vernaamste uitdagings aan die Suid-Afrikaanse Spraakterapeut is om, benewens die taak van onder- soek, diagnostisering en hulpverlening, ook die taak van intensiewe navorsing op te neem en sodoende kultuur-eie wetenskaplike instru- mente daar te stel. OPSOMMING Aangesien die spraakterapeut in Suid-Afrika met twee taalgroepe (Engels en Afrikaans) te doene kry en oor geen kultuur-eie toets vir psigolinguis- tiese vermoens beskik nie, is 'n voorlopige ondersoek uitgevoer na die moontlikheid van 'n aanpassing van die ITPA by Suid-Afrikaanse om- standighede, asook 'n vertaling in Afrikaans, 'n Voorlopige vertaling, en wel so direk as moontlik vertaal, is opgestel en toegepas op 'n klein groepie Afrikaanssprekende kinders, terwyl die oorspronklike ITPA op 'n groepie Engelssprekende kinders toegepas is. Uit die resultate van hierdie voorondersoek het dit duidelik geblyk dat heelwat verandennge nodig sal wees vir 'n aanpassing en vertaling van die ITPA. Die ideaal is steeds die opstel van 'n eie Suid-Afrikaanse toets. SUMMARY Since the speech therapist in South Africa deals with two language groups (English and Afrikaans), and has no specifically South African test of psycholinguistic abilities available, a preliminary study was con- ducted to investigate the possibility of adapting the ITPA to South African conditions, as well as translating the test into Afrikaans. A preliminary translation, as direct as possible, was prepared and adminis- tered to a small group of Afrikaans-speaking children, while the original ITPA was administered to a group of English-speaking children. The results of this pilot study indicate that an adaptation and translation will necessitate many modifications. The construction of a South African test to assess psycholinguistic abilities is urgently required. BIBLIOGRAFIE 1. Bateman, B. D. linguistic Abilitit Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Spraak- en Gehoorheelkunde, Vol. 18, Desember 1971 1 Bateman B. D. (1968): Interpretation of the 1961 Illinois test of Psycho- linguistic Abilities. Special Child Publications, Seattle, Washington. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 38 ' ' • Elsie C. Lotter 2," Bateman, Β. D. (1965): The Illinois lest of Psycholinguistic Abilities in ' Current Research. Institute for Research on Exceptional children, University . of Illinois.. . . . 3: Bateman, B. D. (1965): The Role of the Illinois Test of Psycholinguistic Abilities in Differential Diagnosis and Programme Planning for Mentally Retarded. American Journal of Orthopsychiatry, Vol. 35. .4., Battin, R. R. and Haug, C. (1964): Speech and Language Delay. Charles C. Thomas, Springfield, Illinois. "5. Berry, M. F. (1969): Language Disorders of Children: the bases and diag- noses. Appleton-Century-Crofts, Educational Division, Meredith Corporation, New York. 6. Darley, F. L. (1964): Diagnosis and appraisal of communication disorders. Prentice-Hall, Englewood Cliffs, N.Y. 7. Kirk, S. Α., McCarthy, J. J.· and Kirk, W. D. (1968): Examiner's Manual: Illinois Test of Psycholinguistic Abilities, rev. ed. Board of Trustees of the University of Illinois. 8. Osgood, C..E. and Miron, M. S. (eds.) (1963): Approaches to the Study of Aphasia. Univ. of Illinois Press, Urbana. 9. Phillips, C. J. (1968): The ITPA: A report on its use with English Children. British Journal of Communication Disorders, Vol. 3, No. 2. Journal of the South African Speech and Hearing Association, Vol 18 December 1971 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)