'Ν GEVAL VAN KINDERAFASIE Ε . SWIEGERS, B.A.LOG. (RAND) and I . C . UYS, B.A.LOG. (RAND). PRETORIA Hierdie artikel beskrywe 'n interessante geval van kinderafasie, wat deur 'n spraakterapeut behandel is: Soos dikwels gebeur, is hierdie ook 'n geval waar diagnose bemoeilik word deur verskeie simptoomkomplekse en daar word dus ook hier staat gemaak op die bydraes van 'n span van deskundiges, o.a. 'n neuroloog, spraakterapeut, kleuterskoolonderwyseres, kliniese kinder- sielkundige en die ouers. Om die nodige duidelikheid te verkry sal die verslae van die verskillende instansies eers kortliks gegee word, en daarna 'n opsomming van die habili- tasieprogram, wat gevolg word deur die resultate en verdere aanbevelings. Gevalsgeskiedenis Naam: Pieter Fourie. Ouderdom: 4 jaar. Probleem: Swak spraak, stadige ontwikkeling en lompheid. Ontwikkelingsgeskiedenis. Swangerskap: Nege maande swangerskap. Geen abnormaliteite is opgemerk nie. Geboorte: Induksie is toegedien. Een dag na geboorte het die pasient swart koorsblare ontwikkel, maar dit het skynbaar nie gedui op 'n patologiese bloedtoestand nie. Die pasient het ook 'n ligte graad van geelsug gehad. Voeding: Hy \yas slaperig en lui en het suigprobleme getoon. Hy het later die suigprobleem redelik oorkom, maar probleme ondervind met die inname van harde voedsel. Die slukproses het deurgaans probleme opgelewer. Mylpale. Sit: 5 maande; Kruip: 10 maande Loop: 18 maande. Spraakontwikkeling: Babbel: Pieter was 'n baie stil baba. Hy het min gebabbel en min reaksies op spraakstimuli getoon. Dit het gelyk asof hy nie kan hoor nie. Spraak: Op een jaar het hy „ma-ma" en „pa-pa" gese, maar geen nuwe woorde gese gedurende die volgende jaar nie. Op vier jarige ouderdom kon hy 'n paar woorde betekenisvol gebruik, maar nog geen sinne nie. Later het hy gesprekke begin naboots d.m.v. jargon. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Logopediese Vereniging, Vol.14, Nr. 1: Sept. 6 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 8 Ε. Swiegers and I. C. Uys. Toiletgewoontes: Dit is.nog nie aangeleer nie. Mediese geskiedenis. Hy het die volgende siektes al redelik dikwels op- gedoen: kroep, bronchitis, en griep. Op twee jarige ouderdom het hy 'n baie hoe koors ontwikkel en is met · penicillin behandel. Die rede vir die koors kon nie vasgestel word nie. Familiegeskiedenis. Sover vasgestel kon word, bestaan daar nie 'n soort- gelyke probleem by enige familielid nie. Indruk van die ouers. Die ouers is beide baie intelligente, volwasse persone, wat a.g.v. hulle insig en objektiwiteif, 'n konsekwente program tuis sal kan uitvoer!. \ Spraakterapeutiese Ondersoek Uiterlike voorkoms. 'n Aantreklike, netjies seun; normaal gebou vir sy ouderdom. ·-, - Spraakmeganisme. Tong: Alle tongbewegings na links is defektief. In en uit bewegings is bevredigend, maar bewegings van kant tot kant is swak, stadig en onbeheersd. Lippe: Die pasient haal deur sy mond asem en die lippe is dus altyd oop. Die lippe toon 'n gebrek aan tonus en, hoewel bewegings uitgevoer kan word, is dit stadig. Kakebeen: Hy kan die kakebeen lig en laat sak. Tande: Geen abnormaliteit nie. Harde verhemelte: Geen abnormaliteit nie. Sagte verhemelte: Geen abnormaliteit kan opgemerk word nie en hoewel die bewegings normaal blyk te wees, kan hy alleenlik snork, maar nie blaas nie. Basiese funksies: Die pasient kan blykbaar normaal sluk,"suig en kou. As gevolg van die oop mond kwyl hy soms. Hy nuttig 'n normale dieet. Asemhaling: Geen afwyking is te bespeur by in- of uitaseming nie. Artikulasie: Sy spraakpatroon word gekenmerk deur veelvuldige weg- latings, verdraaiings, vervoegings en misartikulasies. As gevolg van die taal tekort is dit moeilik om die artikulasiefoute presies te bepaal, maar baie foutiewe klanknabootsings kom wel voor. Hy ondervind ook moeilikheid met die plasing van die artikulasieorgane. Stem: Die stem is monotoon en ook effens hees. Gehoor: Die pasient reageer goed op growwe klanke en svrye-veld toetse. Gehoorwaarneming blyk normaal te wees. Verbale begrip: Dit is baie swak. Hy voer glad nie verbale bevele uit nie. Dit kan egter ook toegeskryf word aan ander faktore. Motoriese koordinasie. Growwe bewegings: Loopbewegingsj is lomp en hy sleep sy voete. Hy kan glad nie hardloop nie en sy sin vir balans is swak. Fyn bewegings: Fynere bewegings van die hande, vingers, voete ens. is ook lomp en onderontwikkel vir sy ouderdom. Hand-oog koordinasie: Ook onderontwikkel vir sy ouderdom. Journal of the South African-Logopedic Society, Vol. 14, No'. 1: September 196η R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Geval van. Kinderafasie 9 Liggaamsvoorkeur. Hand: links. Oog: links. Voet: links. Intelligensie. - Vineland Social Maturity Scale: (Gegewens verkry van moeder.) Sosiale ouderdomsvlak: ι jaar 9 maande. Kronologiese ouderdom: 3 jaar 5 maande. Formele Intelligensietoetsing: Dit was, weens die pasient se ouderdom en ontwikkeling nie moontlik om hom te toets nie, maar globaal gesien lyk dit of die pasient sub-normaal kan wees. Vormpersepsie. Die pasient kan voorwerpe en prente, wat hy ken, herken en .dan ook aandui op 'n verbale bevel. Persepsieversteurings is wel teenwoordig en veral merkbaar m.b.t. ruimtelike orientasie. Figuur-grond versteurings kom ook voor. Spraak en Taal. Die pasient maak meestal van jargon gebruik, maar soms kan woorde herken word. Die jargonspraak het ook 'n afwykende intonasie- patroon en veral die klinkers het 'n eienaardige kwaliteit. Hy boots graag woorde en kort sinne na en met die nabootsing is die intonasiepatroon ook dikwels korrek. Hierdie nabootsings mag moontlik op 'n vorm van per- severasie dui, aangesien dit redelik gereeld,voorkom en nie sin vol gebruik word nie. Hy het 'n baie beperkte aktiewe woordeskat wat hy gebruik, maar dit mag wees dat sy begrip van gesproke taal verder ontwikkel is. Reaksies. Pieter reageer baie onkonsekwent en is uiters hiperaktief. As gevolg hiervan is hy moeilik dissiplineerbaar en kan hy nie lank genoeg op 'n gegewe stimulus konsentreer vir die nodige leerproses om plaas te vind nie. Hy is egter in staat om vir langer tye te konsentreer op stimuli waarin hy belangstel, maar dit mag ook moontlik op 'n vorm van perseverasie dui. Hy word baie gou moeg en verveeld, maar wanneer hy uitgerus en ont- spanne is, lyk dit asof hy leergierig is en dan kan sy samewerking tog verkry word. Persoonlikheid. Hy is baie liefdevol en vriendelik en kontak word maklik opgebou. Soms is hy egter baie gefrustreerd en moeilik hanteerbaar. Neurologiese Ondersoek Algemene bevindings. 'n Noukeurige neurologiese ondersoek het aan die lig gebring dat daar 'n neurologiese abnormaliteit teenwoordig is aan die regterkant van die liggaam. Dit neem die vorm aan van 'n geringe ver- swakking van die gesigspiere en ook 'n verhoging van die reflekse. Die linkerbeen toon 'n algemene verswakking en wanneer die pasient loop draai die linkervoet na binne. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Logopediese Vereniging, Vol. 14, Nr. 1: Sept. 196η R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 10 Ε. Swiegers and I. C. Uys Elektroenkefalografiese bevindings. EERSTE VERSLAG Die pasient is in 'n toestand van slaap getoets. Resultate: 1. Veelvuldige linker frontale en fronto-temporale piekontladings en ook skerp golwe kom voor. Hierdie abnormaliteite kom dikwels ook bilateraal voor. 2. Interhemisferiese asinkronismes en aktiwiteit van 'n baie lae frekwensie, wat maksimaal is in die linker temporale en temporo-oksipitale areas, kom voor. Die bevindings dui sterk op 'n gelokaliseerde abnormaliteit in die linker frontale en fronto-temporale areas, wat moontlik geassosieer is met verdere diffuse disfunksie in die temporale en temporo-oksipitale lobbe van dieselfde hemisfeer. TWEEDE VERSLAG Die pasient is in 'n wakker toestand getoets. Resultate: 1. 'n Dominante frekwensie Van 7 s/sek. (gemiddeld), wat effens onder die omvang vir sy ouderdom is, kom voor. 2. 'n Buitengewone regter frontale versteuring van middelmatige spanning teen 6 s/sek. is opgemerk. 3. Een fokale middelmatige poolspanningsparoksisme (6 s/sek.) het gedurende fotiese stimulasie by 30 f/sek. voorgekom. Die bevindings dui op 'n disfunksie van die linker parieto-temporale area, wat ook die regter frontale area tot 'n mate betrek. Diagnose * Die pasient se defektiewe intellektuele, en spraakontwikkeling kan toegeskryf word aan 'n organiese breinbesering. Dit is moeilik om die oorsaak van die breinbesering presies vas te stel, maar dit mag wees a.g.v. bloeding net na geboorte of a.g.v. 'n te vinnige geboorte. Dit is opmerklik dat die pasient linkshandig is en, alhoewel dit toegeskryf kan word aan die besering aan die linker serebrale hemisfeer, is daar ook 'n oorerwingsfaktor hier betrokke, daar die moeder en een van die ander kinders ook linkshandig is. Die kliniese ondersoek dui egter op besering van die linker serebrale hemisfeer en dit lyk asof dit die dominante hemisfeer is. Die EEG dui daarop dat die afwyking maksimaal in die linker frontale area voorkom en dit mag impliseer dat die pasient beserings van die spraakareas opgedoen het, wat die vertraagde spraak- en intellektuele ontwikkeling tot gevolg het. Indien die besering van die spraakareas geassosieer is met 'n baie meer omvattende probleem, bv. die versteuring van die basiese intellektuele funksies, soos geheue, abstrakte redenasievermoe ens., sal die prognose swak wees. Indien net die spraakareas aangetas is, sal die prognose vir spraakterapie moontlik goed wees. Journal of the South AfricanLogopedic Society, Vol. 14, No. 1: September 196 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Geval van Kinderafasie Aanbevelings 1. Hertoetsing oor 6 maande. 2. Ouerleiding en bekendstelling met die probleem. 3. Spraakterapie. 4. Chemoterapie d.m.v. die toediening van Encephabol vir 'n toetstydperk. 5. Kleuterskool. · Kleuterskoolverslag EERSTE VERSLAG Emosionele staat. Hy het homself goed aangepas by die kleuterskool, waar hy gewoonlik ontspanne en gelukkig is. Soms raak hy ontsteld as hy geterg word, of as hy ander kinders se speelgoed wil he. Sosiale ontwikkeling. Hy speel eerder alleen of met een ander kind, maar vir kort periodes. Hy is egter ge'interesseerd in groepspel. Spelbelange. Driewiele, sand en water, swaai, Wendy-huis, boublokke, treintjies, klei en verf. Algemene opmerkings. Hy vind dit nog moeilik om te deel. Hy is nog nie baie behulpsaam met roetine aktiwiteite nie, bv. om sy tas te bere en hande te was. Hy neem baie goed deel aan die oggendkring en stories, maar kan nie vir lank konsentreer nie. TWEEDE VERSLAG Emosionele staat. Gelykmatig van geaardheid. Raak alleenlik ontsteld as hy gedwarsboom word in sosiale spel. Sosiale ontwikkeling. Hy speel dikwels nog alleen, maar soms ook met een maat. Dit is nog parallelle spel. Spelbelange. Hy speel baie graag met inpasblokke en met wiele, waarmee hy iets bou wat loop of draai. Hy is baie oorspronklik en konstruktief hiermee. Hy konsentreer lank hierop en hou homself besig. Roetine aktiwiteite. Hy wil nog nie altyd saamwerk nie. Dit word egter verwag en daar word vriendelik, dog beslis opgetree. (Miskien geniet hy in die stilte die aandag wat hy kry.) Met oggendkring en storietyd sit hy nou stil en hy is ook dikwels gemteres- seerd in prente en storieboekies. Verstandelike ontwikkeling. Hy hanteer die potlood, kryt en kwas nog lomp. Hy herhaal nie meer so graag woorde en sinne soos in die verlede nie. Algemene opmerkings. Hy het op 'n stadium baie goed gevorder, maar nou het hy 'n plato bereik. Dit kan moontlik aan sy liggaamlike toestand toe- geskryf word, omdat hy baie afwesig was weens siekte. Spraakterapeutiese Program Doelstellings. 1. Die verbetering van dissipline om die hiperaktiwiteit teen te werk en die leerproses te bevorder. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Logopediese Vereniging, Vol. 14, Nr. 1: Sept. 196 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Ε. Swiegers and I . C . Uys 2. Die verbetering van konsentrasie en aandag. 3. Motivering om spraak as 'n kommunikasiemiddel te aanvaar en te gebruik. 4. Die opbou van 'n basiese woordeskat.. 5. Die aanleer van element ere sinsbou en taalpatrone. 6. Ouerleiding vir die versterking van die terapieprogram tuis. Resultate. Pieter het eers baie stadig gevorder en ontwikkel, maar na 'n paar maande was sy vordering so bevredigend dat verdere doelstellings in die vooruitsig gestel is. Verdere Doelstellings. 1. Uitbreiding van die woordeskat na saamgestelde, selfs meer abstrakte woorde. 2. Taalverbetering d.m.v. rympies en stories, wat ook. liggaamsritme en koordinasie sal verbeter. 3. Verbetering van persepsie op die volgende vlakke: (a) Gehoorpersepsie—d.m.v. klankstimulasie; die herkenning, inter- pretasie en toepassing daarvan. (b) Visuele persepsie—d.m.v. visuele stimulasie bv. die herkenning van kleure, figure en vorms. (c) Figuur-grond waarneming—d.m.v. gesig en gehoor stimuli. (1d) Waarneming van ruimte en tyd en orientasie tot ruimte en tyd, ook met die doel om liggaamsbewegings en koordinasie te verbeter; (e) Klassifikasie en kategorisering met behulp van items van die Nebraska en Goldstein-Shearer toetse. (/) Verbetering van reekswaarnemings. 4. Vermindering van oormatige nabootsing en perseverasie. 5. Spelterapie vir emosionele ontlading, sosialisering en ontwikkeling van abstrakte vermoens. 6. Ouerleiding. Resultate. Pieter het goeie vordering getoon, hoewel 'n tipiese plato-leer- kurwe tog voorkom. Verbetering het op al die gebiede plaasgevind, maar hy is nog altyd redelik konkreetgebonde. Spraak en taal. Hy het nou 'n redelik uitgebreide woordeskat. Sy begrip van gesproke taal is nog steeds beter as sy gebruik daarvan. Sinsbou het egter baie verbeter. Hy maak nou baie gebruik van egosentriese spraak en veral in die oplossing van probleme. ^ Liggaamsritme en koordinasie. Hierdie aspek het baie' verbeter. Die verswakking van die linkerbeen is byna glad nie meer merkbaar nie. Fynere hand-oog koordinasie het ook verbeter en hoewel hy nou redelik goed slaag met die hantering van bv. 'n potlood, is nog verdere verbetering op hierdie gebied nodig. Die prognose blyk heeltemal gunstig te wees. Persepsie. Abstrahering is nog 'n groot probleem—hy is nog baie kon- kreetgebonde. Visuele- en gehoorspersepsie het verbeter. Vormwaarneming, kategorisering en klankwaarneming het, relatief gesproke, die grootste ver- Journal of the South AfricanLogopedic Society, Vol. 14, No. 1: September 196 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 'η Geval van Kinderafasie 13 betering getoon. Ruimtelike orientasie lewer nog soms probleme op veral t.o.v. die liggaamsbeeld. 'n Moontlike ligte vorm van disartrie mag die oorsaak hiervan wees. Perseverasie. Hy is glad nie meer so geneig om -die verbale spraak van 'n volwassene na te boots nie. Hierdie vorm van perseverasie het dus afgeneem en tesame met hierdie verandering het die groter afhanklikheid van egosen- triese spraak voorgekom. Die gebruik van egosentriese spraak het weer bygedra tot die ontwikkeling van die hoer verstandsfunksies in die sin dat dit hom gehelp het met probleemoplossing en abstrakte orientasie. Perseverasie kom egter nog in sy eie spraakpatroon voor, maar die jargon element het baie verminder. Sosiale en emosionele ontwikkeling. Pieter maak nou baie makliker kontak met ander mense, hoewel nog vir baie beperkte periodes. Sekere gedragsprobleme het egter nou ontwikkel, soos woedebuie, jaloesie en in sommige opsigte, hiperinhibisie. Dit mag egter 'n normale reaksie wees op die vordering wat reeds plaasgevind het. Hy begryp nou beter wat om hom aangaan, maar sy beperkte insig in menseverhoudings veroorsaak nou gedragsprobleme. Hy kan nog nie „deel" en „gee" nie, maar wil uitsluitlik „ontvang". Aanbevelings. Die volgende aanbevelings word gemaak, gegrond op die waarskynlike gunstige prognose en sy vordering tot dusver: 1. Spraakterapie soos voorheen toegepas, maar gemik op die verdere ont- wikkeling en verbetering van die verskillende vermoens en vaardighede. 2. Arbeidsterapie met die oog op die verbetering van fisiese en verstands- aktiwiteite—veral a.g.v. die moontlike bestaan van 'n ligte graad van disartrie. 3. Kleuterskool onderrig vir die versterking van terapie, sosialisering ens. 4. Toetsing. Hoewel dit tot dusver nog baie moeilik was om hom te toets, moet verdere toetse tog uitgevoer word om sy potensialiteite vas te stel en simptoomkomplekse uit te lig: (a) Intelligensietoetsing. (b) Persepsietoetsing. (c) Persoonlikheidstoetsing. (Waarskynlik eers op 'n latere stadium.) 5. Beslissing oor plasing volgende jaar. Verskillende toetse, o.a. ook skoolryp- heidstoetse moet uitgevoer word om vas te stel of hy moontlik na 'n normale skool sal kan gaan en of plasing by 'n ander instansie, bv. die skool vir sere- braalverlamdes, meer gewens is. Opsommimg 'n Interessante geval van kinderafasie word hier bespreek. Volgens die neurologiese verslag blyk dit asof die breinletsel, a.g.v. serebrale bloeding net na geboorte, maksimaal voorkom in die linker frontale area, met 'n moont- like implisering van ander areas. Die linker hemisfeer is blykbaar die domi- nante hemisfeer. Volgens die spraakterapeutiese ondersoek, asook die gegewens verkry uit ander verslae, is 'n omvattende terapieprogram opgestel en uitgevoer. Die resultate is baie bevredigend en die prognose blyk baie gunstig te wees. Tydskrif van die Suid-Afrikaanse Logopediese Vereniging, Vol. 14, Nr. 1: Sept. 196 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 14 Ε. Swiegers and I. C. Uys Summary An interesting case of childhood aphasia has been discussed. Neurological reports revealed brain injury resulting from post-natal cerebral bleeding. This appeared to be manifest in the left frontal area. The left hemisphere is apparently the dominant hemisphere. As a result of a very full investigation a comprehensive therapeutic pro- gramme was undertaken. The results have been satisfactory, indicating a favourable prognosis. Journal of the South AfricanLogopedic Society, Vol. 14, No. 1: September 196 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)