Hoe frekwensie-timpanometrie Izak S Hay (DPhil)(Pret) Departement Spraakwetenskap, Spraakheelkunde en Oudiologie, Universiteit van Pretoria OPSOMMING t o w Z ? ™ ^T,!6Ste\0fh0^ek»e™e (600Hz) timpanometrie van meerdiagnostiese waarde as laefrekwen- s,e (220Hz) tmpanornetne ,s. As kontrolegroep is 96 normale ore gebruik. As eksperimentele groep is 70 ore met n venkZen- heulvan mddeloorpatologieegebruik. Die resultate dui daarop dat hoe frekwensie-timpanometrie slegs vaZeerdZnotiZe waarde is, wanneer daar sprake van 'n hiper-beweeglike middeloorstelsel is soos bv. by dislokasie van die ZZs Die voorkTrL· vantjmpanogranune met negatiewe piekwaardes by hoe frekwensie-timpanometrie blyk van grvot waardTteZs^eoX skeiding van η dtslokaste en 'n slap oordrom. Die rigting van drukverandering hetgeen LgnostiesewLTeXnnt ABSTRACT The purpose of the study was to determine whether high frequency (660Hz) tympanometry had more diagnostic value than low uZStoT* 9 6 n°™1 — 70 with a variety of middle ear pathologies were subb ed'otol whent Z l Z q m n C y T P a T e t r y - FeSUltS l n d i C a t € t H a t frequency tympanometry is only of more diagTostcvaZ nel ? Τ 7- S y T l S h f e r - m o b i l e « i s t h e c a s e ™th ™ ossicle dislocation. The presence of negative ZZogmm Timpanometrie het die afgelope dekade 'n integrale deel ge- word van oudiologiese diagnostiek. Die relatief lae koste van die apparaat sowel as die eenvoud van die metode, het tim- panometrie binne die vermoe van die meeste klinici geplaas. Die feit dat dit 'n objektiewe metode is, het dit moontlik ge- maak om die integriteit van die middelore van baie jong kin- ders sowel as άίέ wat nie wil of kan saamwerk nie te bepaal.2· 3 · 7 · 8 Die meetfrekwensie wat tydens timpanometrie gebruik word sal 'n effek he op die vorm van die timpanogram.4 Die ge- bruik van 'n frekwensie hoer as die gebruiklike 220Hz word deur sommige navorsers6· 11 as van diagnostiese waarde be- skou terwyl ander1 die diagnostiese waarde van hoe frekwensie-timpanometrie verwerp. By beskouing van die teorie van die middeloor as akoestiese- meganiese stelsel'·13 word dit duidelik dat die impedansie by 'n lae frekwensie soos 220Hz deur styfheid oorheers word ter- wyl dit by hoer frekwensies soos byvoorbeeld by 660Hz die massa van die stelsel is, wat 'n groter rol begin speel. Die reak- tansie-komponent van die impedansie is dan ook negatief by lae frekwensies en positief by hoe frekwensies. Die skeiding tussen 'n positiewe en negatiewe reaktansie is die resonans- frekwensie van die stelsel.9 © SASHA 1983 Die effek van patologie in die middeloor is om die resonans- frekwensie van die middeloor te wysig. Die resonansfrekwen- sie word verhoog deur 'n toename in styfheid (otosklerose) en dit word verlaag deur 'n afname in styfheid (dislokasie van die ossikels). Hierdie feite kan diagnostiese waarde he deurdat die teken van die timpanogrampiek 'n aanduiding kan gee of die middeloor- stelsel deur styfheid of deur massa beheer word. Colletti4 het die vorm van die timpanogram met meettone van 200 tot 2000Hz bepaal. Hy het gevind dat daar drie fases be- staan: die eerste fase kom voor by frekwensies laer as die reso- nansfrekwensie en het 'n V-vorm; die tweede fase kom voor in die omgewing van die resonansfrekwensie en die timpano- gram het drie pieke; die derde fase kom voor by frekwensies bo die resonansfrekwensie en het 'n omgekeerde V-vorm (Kyk Tabel 1) Die tweede fase het volgens Colletti4 verander met middel- oorpatologie. Dit het by laer frekwensies voorgekom in die ge- val van 'n dislokasie van die ossikels en by hoer frekwensies in die geval van otosklerose. Van Camp, Vanpeperstraete, Dreten en van Huyse,15 wat die admittansie (= I m p e d a n s i e ) tydens timpanometrie gemeet het, The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Hoe Frekwensie-timpanometrie Tabel 1 Die voorkoms van verskillende timpanogramvorms by sekere frekwensiegebiede in die geval van normales, otosk- lerose en dislokasie Frekwensiegebiede waar verskillende timpanogramvorms voorkom (Colletti4) Timpanogramvorm Normaal Ostosklerose Dislokasie W 200-1000Hz 200-1100Hz 200-500Hz Λ Λ 1100-1300Hz 1300-1490Hz 580-800Hz 1400-1900Hz 1550-1900Hz 900-1400Hz 2,0 1,5 1,0 0,5 0 -0,5 -1,0 (a) -100 -50 0 50 100 mm waterdruk 2,0 ε 1,5 u *« Β 1,0 a 1,0 υ <Λ 0,5 <Λ 0,5 00 0 -0,5 - ι , ο (b) -100 -50 0 50 100 mm waterdruk Figuur 1 Die verloop van die susseptansie-timpanogram in die geval van 'n hiperbeweeglike oordrom (a) en van dislokasie disl te ° P ) n e Q a t i e V e w a a r d e v a n d i e P i e k in die geval van 11 het gevind dat die timpanogram negatiewe waardes aange- neem het sodra die meettoon hoer as die resonansfrekwensie was. So 'n toestand kom voor wanneer die middeloor deur massa beheer word soos in die geval van 'n dislokasie van die ossikels. (Kyk Fig. 1) Dit was die doel van hierdie studie om vas te stel of hoe frek- wensie-timpanometrie van meer diagnostiese waarde is as die gebruik van die gebruiklike 220Hz meettoon. EKSPERIMENTELE PROSEDURE Ten einde die waarde van hoe frekwensie-timpanometrie te ondersoek, is proefpersone met normale ore (kontrole groep) en proefpersone met bevestigde middeloorpatologiee (ekspe- nmentele groep) onderwerp aan lae (220Hz) en hoe (660Hz) frekwensie timpanometriese toetse. PROEFPERSONE As kontrole groep het 49 (96 ore) normaalhorende studente en personeellede van die departement Spraakwetenskap, Spraak- heelkunde en Oudiologie van die Universiteit van Pretoria opgetree. Die ore wat gebruik is, is deur 'n otoloog as nor- maal verklaar en die gehoordrempelpeile het nie 15dB ISO oorskrei nie. Die ouderdomme van die proefpersone in hierdie groep het gewissel tussen 18 en 33 jaar met 'n gemiddelde ouderdom van 20 / 1 2 jaar. Die ouderdom van die persone in die kontrole groep is so gekies dat die faktor van presbiakusie uitgeskakel sou word. (Kyk Tabel 2 vir besonderhede) Die eksperimentele groepe het bestaan uit 70 ore van 70 proef- persone met 'n verskeidenheid patologiee. Die vereiste dat 'n lug-been gaping van ten minste lOdB moet bestaan, is gestel Die proefpersone in die eksperimentele groepe is verkry van die Oor-, Neus- en Keel Hospitaal, Pretoria en van Privaat Oor-, Neus- en Keelartse in Pretoria. Alle proefpersone is deur gekwalifiseerde Oor-, Neus- en Keelartse gediagnoseer. Geen vereiste ten opsigte van ouderdom is vir die eksperimen- tele groepe gestel nie aangesien die patologiee by alle ouder- domme voorkom en ook omdat Nerbonne, Bliss en S c h o w 1 3 gevind het dat die impedansie van die middeloor nie betekenis- vol verskil by verskillende ouderdomme nie. Tabe. 2 Oudjometriese en persoonlike besonderhede van die kontrole en eksperimentele groepe Kontrole Eksperimentele groepe Aantal Manlik (M) Vroulik (V) Ouderdom (jaar) Normaal 96V 2 0 % Otosklerose 7M 14V 41 V a Sereuse Otitis Media 13 Μ 12V 203/l2 Akute Otitis Media 4M 3V 15V]2 Timpanoplastiek 6V W/]2 POst-stapedektomie 3M 4V 37"/,2 Dislokasie 2M 2V 31>/,2 Gemiddelde Luggeleidings- Gemiddelde Lug-been ,5K arempels (dB) IK 2K 4KHz ,5K gapings (dB) IK 2K 4KHz 3,6 4,7 1,5 ,5 ,5 ,15 0 0 49 49 43 52 31 31 18 18 31 30 29 36 17 17 14 13 27 24 16 26 18 16 10 13 40 40 38 43 32 28 23 22 34 33 38 56 13 14 10 17 51 48 44 53 39 40 25 33 D , e S»'d-Afnkaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 30. 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 12 Wat geslag betref is 41 ore van vroue en 29 van mans in die eksperimentele groepe gebruik. (Kyk Tabel II vir besonderhede) APPARAAT Vir die bepaling van die timpanogramme is daar van 'n Grason Stadler Oto-admittansmeter Model 1720 gebruik gemaak. Die apparaat is ge-yk volgens die vervaardigers se voorskrifte. Die apparaat is in 'n onbehandelde kantoor van die Universi- teit van Pretoria, of die Oor-, Neus- en Keel Hospitaal, Preto- ria geplaas. Die omgewingslawaai het geen noemenswaardige invloed op die metings gemaak nie. METODE Die proefjpersone het op 'n gemaklike stoel plaasgeneem en is onderwerp aan beide 220Hz en 660Hz timpanometriese toet- se. Die rigting van die drukverandering is van positief na nega- tief en van negatief na positief aangebied ten einde die effek van rigting van drukverandering vas te stel. Hoewel beide die konduktansie- en susseptansie- veranderinge opgeteken is, word hier slegs verslag gelewer oor laasgenoemde. Die vorm van timpanogramme is beoordeel volgens Jerger5 en Liden, Harford en Hallen10 se klassifikasie: Die volgende timpanogramtipes is gebruik: Tipe A d - Hoogte dubbel did van tipe A Tipe A - Normale timpanogram Tipe A s - Hoogte helfte as die van tipe A Tipe Β - Plat timpanogram Tipe C - Piek by negatiewe drukwaarde Tipe D - Meer as een skerp piek Tipe Ε - Meer as een geronde piek RESULTATE Tabel 3 gee 'n opsomming van die klassifikasie van die tim- panogramme van elke groep soos bepaal met 220 en 660Hz. Die resultate van die normale groep dui daarop dat behalwe in tipe B, alle tipes by beide 220 en 660Hz voorkom. Dit is egter duidelik dat by 220Hz 'n baie groter persentasie Izak S. Hay timpanogramme as tipe A geklassifiseer is as by 660Hz. By 660Hz het 'n groot persentasie (25,5%) tipe D timpanogramme voorgekom wat as 'n valse diagnose beskou kan word aangesien die proefpersone in hierdie groep almal normale gehoor gehad het. Dit blyk dus dat 220Hz meer betroubare resultate oplewer by die bepaling van normaliteit van die middeloor. Wat die otosklerose-groep betref, het tipe A s vir beide 220 en 660Hz meer dikwels voorgekom (61,9 en 57,1% respektie- welik). Volgens Jerger5 is dit die korrekte klassifikasie vir otosklerose en dus kan 220Hz en 660Hz as ewe suksesvol be- skou word in die diagnose van hierdie patologie. Die voor- koms van 'n groot aantal tipe A timpanogramme in beide 220 en 660Hz kan gesien word in die lig van die feit dat baie be- weeglike middelore en middelore met otosklerose normale timpanogramme kan lewer. Wat die groep sereuse otitis media betref kom byna gelyke ge- talle tipe Β timpanogramme vir beide 220 en 660Hz voor (64 en 60% respektiewelik). Ook hier kan beide frekwensies ak- kurate diagnoses moontlik maak. Akute otitis media lewer volgens Jerger5 tipe C timpano- gramme op. Dit was ook die bevinding in hierdie studie waar 85,7% van die gevalle met akute otitis media tipe C timpano- gramme opgelewer het in beide 220 en 660Hz. Die groepe timpanoplastiek, post-stapedektomie en dislokasie het almal 'n beduidende verskil in klassifikasie van die timpa- nogramme vir 220 en 660Hz, getoon. Vir die groep timpano- plastiek is vir 220Hz, 66,7% as tipe A geklassifiseer en vir 660Hz is 66,7% as tipe Ε geklassifiseer. Vir die groep post- stapedektomie is vir 220Hz, 64,3% as tipe A geklassifiseer terwyl vir 660Hz, 42,9 % as tipe A en 42,9 % as tipe D geklas- sifiseer is. Vir die groep dislokasie is vir 220Hz, 100% as tipe A d en vir 660Hz is 100% as tipe D geklassifiseer. Dit wil dus voorkom of die hoer frekwensie timpanogramme van addisionele diagnostiese waarde is, waar daar sprake van 'n meer beweeglike middeloorstelsel is soos in die geval van timpanoplastiek en dislokasie vermoed word. Die voorkoms Tabel 3 Persentasies van die klassifikasie c D vorms van die timpanogramme vir elke groep vir 220 en 660Hz Normaal Ν N=96 220 660 6,8 0,5 70,8 41,1 10,9 13,0 0 0 3,6 2,6 7,3 25,5 0,5 6,8 Otosklerose Ο N = 2 1 220 660 0 2,4 38,1 35,7 61,9 57,1 0 0 0 0 0 4,8 0 0 Sereuse Otitis Media SOM Ν =25 220 660 4,0 8,0 4,0 16,0 12,0 64,0 60,0 4,0 4,0 0 8,0 4,0 12,0 Akute Otitis Media AOM Ν =7 220 660 14,3 14,3 85,7 85,7 Timpanoplastiek TP N=6 220 660 66,7 16,7 16,7 16,7 0 16,7 0 66,7 Pbst-stapedektomie PS Ν =7 220 660 28,5 0 64,3 42,9 7,1 0 0/ 0 0 42,9 0 14,2 Dislokasie D Ν=4 220 660 100 0 0 0 0 0 0 0 0 0 0 100 0 0 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Hoe Frekwensie-timpanometrie van 100% tipe A D timpanogramme vir 220Hz vir die groep dislokasie dui op die feit dat die laer frekwensie net so goed in dislokasie diagnoseer as die hoer frekwensie. In die geval van die groep post-stapedektomie is daar vir die 660Hz ewe veel (42,9 %) as tipe A en tipe D geklassifiseer Vir 220Hz is dit oorwegend tipe A timpanogramme wat voorge- kom het. (64,3%) e Tbneinde die bevinding van Van Camp et al.15 te kontroleer is timpanogramme van die verskillende groepe nagegaan om te bepaal hoeveel timpanogramme negatiewe susseptansie- waardes bereik het. Timpanogramme met tipe D en tipe Ε vorms is nagegaan. Tabel 4 gee 'n opsomming van die resultate van hierdie ondersoek. Hieruit is dit duidelik dat die nega- Tabel 4 Die persentasie voorkoms van negatiewe susseptan- sie timpanogramwaardes Eksperimentele groepe: % Timpanogramme: 220Hz 660Hz Normaal Otosklerose Sereuse Otitis Media Akute Otitis Media Timpanoplastiek Post-stapedektomie Dislokasie van Ossikels 0 3 0 0 0 0 0 0 0 16 0 30 ° * tiewe susseptansie-waardes slegs by 660Hz voorkom Vender kan daar gesien word dat vir die groep dislokasie die nega- tiewe waardes in 75% van die gevalle voorgekom het, vir die groep dislokasie in 16% en vir die groep post stapedektomie in 30% van die gevalle. In die geval van die normale groep het daar 3% gevalle voorgekom met timpanogramme met nega- tiewe susseptansie-waardes. Ten slotte moet daar verwys word na die bestudering van die v a n d l e n 8 t i n I v^n die drukverandering op die vorm van die timpanogramme. Dit is bevind dat bogenoemde aspek geen effek op die vorm van die timpanogramme by 220 of 660Hz vir enige van die eksperimentele groepe gehad het. GEVOLGTREKKINGS Die gebruik van hoe frekwensie timpanogramme het slegs ad- disionele diagnostiesej waarde wanneer daar sprake is van 'n middeloorstelsel wat deur massa oorheers word. In hierdie 13 studie is dit bevestig dat in die groepe waar styfheid vanwee die patologie 'n minder belangrike rol speel, die hoe frekwen sie timpanogramme inligting verskaf wat of die lae frekwensie bevinding bevestig of meer akkurate inligting verskaf Die pa tologiee waarna hier verwys word, is timpanoplastiek post- stapedektomie en dislokasie. VERWYSINGS 1. Alberti, P. W. en Jerger, J. F. (1974): Probe Tone Fre- quency and the Diagnostic Value of Tympanometry Arch Otolaryngol., 99, 206-210. 2. Brooks, D. N. (1968): An objective method of detecting fluid in the middle ear. Int. Audiology, VII 3 280-286 3. Brooks, D. N. (1969): The use of electro-acoustic impe- dance bridge in the assessment of middle ear function Int Audiology, VIII, 4, 563-569. 4. Colletti, V. (1976): Tympanometry from 200 to 200Hz probe tone. Audiology, 15, 106-119. 5. Jerger, J. (1970): Clinical experience with impedance audiometry. Arch. Otolaryngol., 92, 311-324. 6. Jerger, J. (1980): Persoonlike komm'unikasie. 7. Keith, R. W. (1973): Impedance Audiometry with neona- tes. Arch. Otolaryngol., 97, 465-467. 8. Keith, R. W. (1975): Middle ear function in neonates Arch. Otolaryngol., 101, 376-379. 9. Kinsler, L. E. en Frey, A. R. (1959): Fundamentals of acoustics, John Wiley and Son. 10. Liden, G., Harford, E. en Hallen, O. (1974): Automatic tympanometry in clinical practice. Audioloev 13 2 126-139. ' 11. Liden, G. en Petersen, J. L. (1970): Tympanometry, Arch Otolaryngol. 92, 248-256. 12. Moller, A. R. (1961): Network model of the middle ear J.A.S.A., 33, 168-176. 13. Nerbonne, Μ. Α.; Bliss, A. T. en Schow, R. L. (1978): Acoustic impedance values in the elderly, J.ASA 4 2 57-59. · · . , , , 14. Newman, Β. T. en Fanger, D. M. (1973). Oto-admittance Handbook I and 2. Grason-Stadler Co., Massachusets. 15. Van Camp, Κ. H.; Vanpeperstraete, P. M.; Dreten, W L en van Huyse, V. J. (1975): On irregular acoustic reflex patterns. Scand. Audiol., 4, 4, 227-232. d Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Unique design, unrivalled technology and exceptional sound quality The 123 series is a completely new generation of small hearing aids combining an anatomically correct design w i t h the latest in technology. The 123 series offers the advantages of: modern, attractive design comfortable behind-the-ear fit convenient controls excellent sound quality and low distortion high degree of reliability gain unaffected by changes in battery voltage d o w n to 1 volt very low battery consumption D a η a v o x ACOUSTIMED HEARING SERVICES 3 R D F L O O R - BOSMAN B U I L D I N G E L O F F STREET - J O H A N N E S B U R G T E L . : 337-2977 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)