'η Ondersoek na die vokaalduur van die esofagale Afrikaanssprekende Mariette Botha B(Log)(Pret) Transvalla Skool vir Epileptici, Pretoria OPSOMMING — gale sprekers ,e bepaal. vokaalduur van die estfa. SUMMARY η - — * n e ^ — — φ * . — z j z s s r s s/wcA I,,,. although thereZagZ7JZ«Z,l^ Τ Γ ' "k""^ duration and dura,,on of voxels in the - P " V o m l ' < * < ^duration and speech skill. Tfc voiceless 'consonant enviro^tt as! t Z Z Z o Z ^ e T ** «**» ' Die duur van 'n klank kan omskryf word as die tyd wat dit neem om die klank te artikuleer.* Korrekte vokaalduur is noodsaaklik vir die verstaanbaarheid van die spreker se spraak, omrede dit 'n groot invloed het op die persepsie van linguistiese eienskappe soos byvoorbeeld die herkenning van foneme.3 Die rol wat vokaalduur speel in die verstaanbaarheid van 'n spreker se spraak spreek duidelik uit die volgende feite: - Die voorafgaande vokaalduur het 'n invloed op die waarne- ming van die daaropvolgende konsonant as stemhebbend of stemloos.3 - Verder kan die betekenis van die totale woord moontlik be- mvloed word wanneer die vokaalduur verander, omrede ons in Afrikaans 'n lang en kort uitspraak aantref van dieselfde vokaal, byvoorbeeld [kas/ka:s] - Vokaalduur en vokaalintensiteitsverhoudings speel albei 'n rol in die beoordeling van aanwesigheid van klem in 'n woord. Vokaalduur is egter 'n meer effektiewe en be- troubaarder metode om klem aan te1 dui.4 As die vokaal- duur dan foutief is, sal klempatrone ook foutief voorkom en die woord of lettergreep sal dan foutief perseptueer word. Dit is dus duidelik dat korrekte vokaalduur 'n belangrike aspek van normale spraakproduksie is. ,Die esofagale spreker moet leer om sy artikulators op s<5 'n manier te manipuleer dat hy maksimale benutting van sy beperkte lugvoorraad bekoffl om beide vokale en konsonante te produseer wat soortgelyk is aan die produksie van die normaalsprekende.8 Die doel van hierdie studie is om vokaalduur by die esofagal' Afrikaanssprekende te vergelyk met die vokaalduur van die natuurlik Afrikaanssprekende persoon en om te bepaal of daar 'n verband is tussen die vaardigheid van die esofagale spreker en korrekte vokaalduur. © SASHA 1983 The South African Journal of Communication Disorders, l. 30, 19 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) ·„ Ondersoek na die Vokaalduur van die Esofagale Afrikaanssprekende EKSPERIMENTELE METODE Die agt eksperimentele proefpersone se ouderdomme het ge- wissel vanaf 49 jaar tot 71 jaar en die nege kontrole proefper- sone is geselekteer om hierdie ouderdomsomvang te pas, nl. met ouderdomme tussen 51 jaar en 68 jaar. Manlike proefper- sone is gebruik vir albei groepe. Die totale tydperk van terapie en tydperk sedert operasie is nie konstant gehou in die seleksie van die eksperimentele proefpersone nie, aangesien die enig- s t e vereiste in hierdie opsig was dat die proefpersoon esofagale spraak gebruik vir kommunikasie. Spraakopnames is gedoen op 'n Nakamitchi bandopnemer nommer 556 en TDK SA90 - kassette is gebruik; Vir die me- ting van vokaalduur in ms. is 'n Digitale Herhalingslyn Model 2A gebruik. Elke proefpersoon se gehoor is eers getoets om te bepaal of die persoon voldoen aan die kriteria vir seleksie, nl. gehoor binne normale perke. Tydens die eksperiment het die ondersoeker tesame met die proefpersoon stelling ingeneem in 'n klankdig- te eenheid vir spraakopnames. Die ondersoeker het telkens die inleidende sin en die konsonant-vokaal-konsonantwoorde voorgelees waarna die proefpersoon dit herhaal het. Voor elk van die konsonant-vokaal-konsonantwoorde is daar van die volgende inleidende sin gebruik gemaak, nl. "Ek se . . . " Die volgende a. [kat, kit, ket, kat, kot] b. [gat, git, get, gat, got] c. [pat, pit, pet, pat, pot] d. [bat, bit, bet, bat, bot] Slegs kort vokale is gebruik vir die doel van hierdie studie omdat die produksie van kort vokale hoer eise stel aan die vin- mg opeenvolgende sluitings- en openingsfunksie van die neog- lottis. Die rede vir seleksie van die genoemde eksplosiewe konsonante is dat hierdie klanke makliker en duideliker waar- neembaar is op die Digitale Herhalingslyn en dus kan meting meer akkuraat uitgevoer word. Om "n tydsmeting van tlie betrokke vokaal te maak, is die Digi- tale Herhalingslyn eerstens ingestel sodat die begin van die vo- val n 3 1 1 ^ 1 6 H n k e r k a n t v a n d i e e e r s t e °ssiloskoop se skerm . Die begin van die:vokaal is geneem waar duidelike ossila- es op die skerm 'n patroon begin vorm het en die einde van e vokaal is geneem waar daar 'n skielike afsluiting van die pairoon van ossilasies was. Tydens die bepaling van die duur skiel Γ H i l l e n d e v o k a l e i s d a a r oPiemerk dat daar na die den* f d l g l n g v a n d i e groot amplitudepatroon vormen- gekom h S 1 C S V a " d i C V O k a l C ' ω ε ί η 6 Γ ^P^tude-ossilasies voor- die vol· . ° i e P ° S t V o k a a l d u u r i s geneem vanaf die einde van ossilaci S ° 0 S F e e d S b e s k r y f ' t 0 t 3 2 , 1 d i e e i n d e v a n d i e sigbare nie ο ; / / " " i e t 0 t b y d i e b e g i n v a n d i e finale Consonant [t] lende uit ^ ^ p o s t v o k a a l o s s i l a s i e s is vir vier verskil- in elkp ' " g S [ k 3 t ' g i t ' p u t ' b e t i v a n elk van die proefpersone groep bereken. e s o ? g a k ? n T e S i S g e d ° e n ° m d i e sPraakvaardigheid van die luisteraars e r S te b e p a a L G r o e P v a n vyf gesofistikeerde Puntskaal h g e k t e e r o m d i e beoordeling te doen. 'n Vyf- U i t g e d e e l s ^ S t a K n d e " " S C S k a t e g o r i e g i s elke luisteraar b e o o r d e l l g a t h u l l e eers vertroud kan raak met die punte 51 a) Algemene verstaanbaarheid van die persoon se woord en sinsuitinge. b) Die mate van nie-funksionele steurende stoma- en luginna- megeruise wat voorkom gedurende spraak. c) Die mate waarin die persoon in staat is om luidheid en toonhoogte effektief aan te wend gedurende spraak, met ander woorde stemgebruik. d) Die mate van akkuraatheid van die artikulatoriese bewegings. e) Die mate waarin die spraaktempo (spoed van opeenvolging van lettergrepe) en die kontinuiteit (pouses wat voorkom in die spraakstroom) van die esofagale spreker ooreenstem met die van die normaalsprekende. f) Die mate van luisteraangenaamheid in die spreker se stem, met ander woorde stemkwaliteit. Die totale spraakvaardigheid van elke spreker is soos volg be- reken op die vyfpuntskaal: 'n gemiddelde vaardigheidstelling is bereken deur die ses vaardigheidstellings van elk van die vyf luisteraars bymekaar te tel en 'n gemiddeld te bereken vir elke spreker. Die volgende syferwaardes vir kategoriale plasing van proefpersone as meer- en mindervaardig, is arbitrer gekies nl.: - die syfer 1-2,5 verteenwoordig die meervaardige sprekers - oor die syfer 2,5-3,5 kan geen besliste uitspraak gelewer word nie, aangesien dit deur die beoordelaars as grensge- valle beoordeel is. - die syfer 3,5-5 verteenwoordig die mindervaardige sprekers. Om te bepaal of daar 'n verband bestaan tussen vokaalduur en spraakvaardigheid is daar van 'n 95% betroubaarheidsinterval gebruik gemaak wat bereken is vir die normaalsprekende groep se vokaalduuruitings. Vir die bepalings van die invloed van stemhebbendheid en stemloosheid van die konsonantomgewing op die duur van die vokaal, is daar vir die eksperimentele groep sowel as die kon- trolegroep van profielontledings gebruik gemaak om sodoen- de vir elkeen van die twee groepe, die vokaalduur in die stemhebbend-stemlose konsonantomgewing te vergelyk met die vokaalduur in die stemloos-stemlose konsonantomgewing van D'e Su'd-Afriknn Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 30, RESULTATE RESULTATE VAN VOKAALDUURMETINGS: Dit het geblyk dat die [a, e, o] in beide die [k-t] en [g-t]- konso- nantomgewings met verkorte duur uitgespreek is deur die ek- sperimentele groep, soos vergelyk met die kontrolegroep. Die [i, u] is met verlengde duur uitgespreek deur die eksperimen- tele groep in beide die [k-t] en [g-t]-konsonantomgewings Daar is dus by die esofagale sprekers meer vokale wat met 'n verkorte fonasieduur uitgespreek is, as vokale met 'n verleng- de fonasieduur, in vergelyking met die normaalsprekendes Daar is gevind dat die [u] in beide die [p-t] en [b-t]-konsonant- omgewings deur die groep eksperimentele sprekers verleng is en die [a] in beide die genoemde konsonantomgewings deur die groep eksperimentele sprekers verkort is. RESULTATE VAN SPRAAKVAARDIGHEIDSBEOORDELINGS: Die resultate toon dat daar vyf van die agt esofagale sprekers is wat as meervaardig beoordeel is en slegs een spreker is wat as mindervaardig beoordeel is. Daar kan geen besliste 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) 52 Normaalsprekende [bet] Λ\ Vokaalduur Esofagale spreker [bet] Postvokaalduur Vokaalduur Postvokaalduur Normaalsprekende [kat] Esofagale spreker [kat] Vokaalduur Figuur 1 Vokaal- en postvokaalduur in stemlose en stemhebbende konsonant omgewings Mariette Botha Postvokaalduur Postvokaalduur van normaal eh esofagale sprekers The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 30, 198- R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) Qndersoek na die Vokaalduur van die Esofagale Afrikaanssprekende 53 uitspraak gelewer word oor die vaardigheid van twee van die sprekers nie, as gevolg van gevarieerde tellings tussen meer- e n mindervaardig. Hulle vaardigheidstellings word dan as grenstellings beskou. RESULTATE VAN DIE VERBAND TUSSEN SPRAAKVAARDIGHEID EN VOKAALDUUR VAN DIE ESOFAGALE SPREKERS: Daar is ses van die agt esofagale sprekers met gemiddelde vo- Icaalduurtellings wat binne die intervalomvangs val soos daar- gestel deur die normaalsprekendes. Daar is dus slegs twee esofagale sprekers met afwykende vokaalduurtellings wat bui- te die intervalomvangs val soos daargestel deur die normaal- sprekendes. Hierdie esofagale sprekers is deur die luisteraars beoordeel as meervaardig. Hulle vokaalduurtellings was kor- ter as die tellings wat deur die interval gegee word. By die twee esofagale sprekers waar daar geen besliste uitspraak gelewer kon word oor hulle vaardigheid nie, is daar gevind dat hulle vokaalduurtellings binne die intervalomvangs val. DIE INVLOED VAN STEMHEBBEND- EN STEMLOOSHEID VAN DIE KONSONANTOMGEWING OP VOKAALDUUR: A1 die vokale, [a, ε, i, o, a, u], het 'n verlengde vokaalduur getoon in die stemhebbend-stemlose konsonantomgewing [b- t] in vergelyking met die stemloos-stemlose konsonantomge- wing [p-t] by die normaalsprekende. Daar blyk 'n eweredige vokaalduurverlenging te wees vir al die vokale, wanneer die stemhebbend-stemlose konsonantomgewing beskou word tee- noor die stemloos-stemlose konsonantomgewing. By die eso- fagale sprekers het daar nie sulke eweredige vokaalduurver- skille voorgekom soos by die normaalsprekendes nie. Daar het by die normaalsprekendes telkens slegs verlenging van die vo- kaalduur voorgekom in die stemhebbend-stemlose konsonant- omgewings in vergelyking met die stemloos-stemlose konso- nantomgewings, maar by die esofagale sprekers was daar ver- lengings en verkortings van vokaalduur in die stemhebbend- stemlose konsonantomgewings. Daar was groter vokaalduur- verskille opmerklik by die normaalsprekendes wanneer die stemhebbend-stemlose' konsonantomgewings vergelyk is met die stemloos-stemlosejkonsonantomgewings, byvoorbeeld by die normaalsprekendes was daar 'n verlenging van die vokaal- duur in 'n stemhebbend-stemlose omgewing van 11 ms vir die woord [bot] teenoor die esofagale sprekers waar daar vir dieselfde woord slegs !'n verlenging van 1 ms was. Uit die resultate kom dit voor dat die esofagale sprekers net soos die normaalsprekendes die vokaal verleng het wanneer die vokaal voorgekom het in 'n stemhebbend-stemlose konso- nantomgewing. Die esofagale sprekers vertoon egter 'n minde- re mate van verlenging van die vokaal in 'n stemhebbend- stemlose konsonantomgewing. Daar word dus 'n duideliker onderskeid gemaak tussen stemhebbendheid en stemloosheid van die konsonantomgewing soos gesien in vokaalduurme- tings, by die normaalsprekende, as by die esofagale spreker. RESULTATE VAN POSTVOKAALDUURMETINGS: Tydens die meting van die vokaalduur plus postvokaalduur van die esofagale sprekers, sowel as die normaalsprekendes is daar gevind dat die postvokaalduur baie langer was vir die eksperi- mentele groep, as vir die normaalsprekende groep vir al vier die konsonant-vokaal-konsonant-verbindings. (Verwys na Ta- bel I.) Wanneer die eksperimentele groep se vokaal plus postvokaal- duur vergelyk word met die kontrolegroep se vokaal plus post- vokaalduur is daar 'n duidelike verskil in vokaalduur te sien. Die eksperimentele groep se vokaal plus postvokaalduur is baie langer as die kontrolegroep se vokaal plus postvokaalduur. RESULTATE VAN VOKAAL PLUS POSTVOKAALDUURMETINGS SOOS IN VERBAND GEBRING MET BETROUBAARHEIDSINTER- VALSOMVANG: Wanneer postvokaalduur saam met vokaalduur in ag geneem word, is daar meer esofagale sprekers (vyf uit agt) met 'n af- wykende vokaalduur (langer as normaalsprekendes) in verge- lyking met vokaalduur sonder postvokaalduur waar net twee uit agt esofagale sprekers afwykende vokaalduur (korter as normaalsprekendes) aantoon. BESPREKING VAN RESULTATE Die gemiddelde vokaalduur vir die groep esofagale sprekers het in so 'n mate gevarieer dat geen deurlopende patroon opge- merk kon word nie. Daar is gevind dat die vokaalduur by die groep esofagale sprekers wisselend (korter of langer) was, maar in gevalle het dit ook ooreengestem met die normaal- sprekendes. Geen algemene afleiding kan gemaak word ten opsigte van die verskille in vokaalduur tussen die groepe esofagale sprekers en Tabel 1 Gemiddelde vokaalduurtellings en postvokaalduurtellings vir beide die eksperimentele groepe en kontrolegroepe *Proefpersone (E) en (K) KVK-verbinding Vokaalduur alleen Postvokaalduur alleen Vokaal plus postvokaalduur Κ Ε [kat] 71 ms 78 ms 18 ms 44 ms 89 ms 122 ms Κ Ε [gitl 96 ms 93 ms 18 ms 43 ms 114 ms 136 ms Κ Ε [put] 79 ms 83 ms 11 ms 49 ms 91 ms 132 ms Κ Ε [bet] 124 ms 114 ms 14 ms 28 ms 138 ms 147 ms Κ - ?kperimemele groep ~ Kontrolegroep , e Su'd-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) • 54 normaalsprekendes nie..Wanneer daar egter gekyk word na af- sonderlike vokaalduurtellings by die verskillende individue, is dit duidelik dat sommige van die esofagale sprekers soms af- wykende vokaalduuφatrone vertoon. Die vraag ontstaan dus nou of individuele afwykende vokaalduurpatrone, - soos wat wel voorkom, maar net verskuil is in die groepsresultate - by die esofagale spreker 'n invloed het op die verstaanbaarheid van die spreker se uitings. Swisher8 het 'n studie gedoen met esofagale Engelsspreken- des, waann hy gevind het dat die duur van die vokale verleng word deur die esofagale sprekers. Hy vind 'n verdubbeling van vokaalduur by sommige van die vokale, soos uitgespreek deur 'n esofagale spreker in vergelyking met 'n normaalsprekende Chnstensen en Weinberg2 het 'n soortgelyke studie gedoen en soortgelyke resultate gevind. Kritiek teen Swisher8 se me- tode van vokaalduurmeting is dat hy nie net die vokaal gemeet het toe hy die "friction period" bygemeet het, en die vokaal geneem het tot waar die finale konsonant begin nie. Dit is be- langrik om te onthou dat 'n vokaal duidelike formante moet he om as vokaal gedefinieer te word.7 Tydens die meting van die vokaalduur is daar wel opgemerk dat daar aan die einde van die vokaal (soos op die ossiloskoop gesien) nog opsigtelike, postvokaal klein amplitudeossilasies voorkom by al die esofagale sprekers en soms ook by die nor- maalsprekendes. 'n Moontlike verklaring vir hierdie verskyn- sel is dat die aanvang en afsluiting van stemgewing vinnig en doeltreffend beheer kan word deur die beweging van die stem- lippe by die normaalsprekende, maar by die esofagale spreker is dit moontlik dat die beweging van die pseudoglottis tydens die sametrekking en ontspanning van die sfinkterspier, nie vin- nig en ferm genoeg kan plaasvind nie, wat dan resulteer in voortgaande vibrasiesiklusse (verwys na Figuur 1). Die onvol- doende werking van die neuromuskulere meganisme veroor- saak dat 'n "geluid" steeds sal voorkom na die produksie van die vokaal. Hierdie "geluid" kan nie as deel van die vokaal be- skou word nie, as gevolg van geen duidelike patroonvormende ossilasies nie. Die vraag wat vooraf in hierdie bespreking ontstaan het oor die moontlike invloed van afwykende vokaalduurpatrone op die verstaanbaarheid van die esofagale spreker se uitings kan moontlik nou beantwoord word. Tydens die beoordeling van die esofagale sprekers se spraakvaardigheid op die vyf- puntskaal vir die ses verskillende parameters, was een van die parameters die beoordeling van algemene verstaanbaarheid van woord en sinsuitinge. Daar is gevind dat die duur van die vokaal me 'n oorwegende rol speel in die verstaanbaarheid van esofagale spraak nie. Dit kan toegeskryf word aan die resultaat dat die esofagale sprekers wat afwykende vokaalduur getoon het nogtans deur die luisteraars as baie goed verstaanbaar beoordeel is. Die een spreker wat as baie moeilik verstaanbaar beoordeel is, het 'n gemiddelde vokaalduur getoon wat binne die normale mtervalomvangs geplaas is. Binder' maak die opmerkmg dat die akoestiese faktore wat saamval met ver- hoogde verstaanbaarheidsbeoordelings blyk verbind te wees aan verhoogde pseudoglottiese beheer oor esofagale lugvryla- ting. Die afleiding kan dus gemaak word dat daar baie ander faktore is wat die algemene verstaanbaarheid van esofagale spraak beinvloed byvoorbeeld steurende stoma- en luginname- geruise, swak artikulasie, asook algemene afwykende spraak- tempo en kontinuiteitspatrone. Mariette Botha Tydens die ondersoek na die invloed van afwykende vokaal duur op spraakvaardigheid is daar in groepsverband nie 'n on sigtelike verband tussen vokaalduur en spraakvaardigheid ge vind me. Daar is egter 'n duideliker verband gevind tussen vo- kaal plus postvokaalduur en spraakvaardigheid. Goeie beheer van vokaalduur kan dus wel 'n bydrae lewer tot goeie spraak vaardigheid. Tydens die bepaling van die.invloed van stemhebbendheid en stemloosheid van die konsonantomgewing op die duur van die vokaal, is daar gevind dat by die normaalsprekendes, die vo- kaalduur langer was waar die vokaal voorafgegaan is deur 'n stemhebbende konsonant en gevolg is deur 'n stemlose konso- nant, as waar die inisiele en finale konsonante albei stemloos was in die konsonant-vokaal-konsonant-kombinasie. By die esofagale sprekers was die vokaalduur egter gevarieerd langer en korter gewees waar die vokaal in 'n stemhebbend-stemlose konsonantomgewing geplaas is, en dan vergelyk word met die vokaal in 'n stemloos-stemlose konsonantomgewing Die ge middelde verlenging van die vokaalduur was baie minder by die esofagale sprekers as by die normaalsprekendes Hier is dus nie duidelike stemhebbend/stemlose onderskeid by die esofagale spreker nie. Binder1 haal Nichol aan, naamlik "Voicing is a vulnerable feature in esophageal speech intelligibility". Twee moontlike verklarings vir die toename in vokaalduur in die stemhebbend-stemlose konsonantomgewing kan soos vole gegee word, naamlik: - Dat verlenging van hierdie vokaal moontlik die rede is waarom die stemlose konsonant wat voorafgegaan word deur die vokaal dan deur die oor as stemhebbend persep- tueer word. Weismer, Dinnsen en Elbert9 het in Engels gevind dat die vokaalduur langer was waar die vokaal 'n stemhebbende konsonant voorafgegaan het. - Wanneer die inisiele konsonant wat geproduseer word stemloos is, verkeer die pseudoglottis in 'n ontspanne toe- stand. Moolenaar-Bijl6 se dat as die stemlose konsonant direk opgevolg word deur 'n vokaal, dan word die ingepers- de esofagale lug gebruik vir die produksie van die vokaal Die Knko-faringale spier trek saam sodat daar vernouing plaasvind van die pseudoglottis en die vokaal dan geprodu- seer kan word. Indien die finale daaropvolgende konsonant dan weer stemhebbend is, is die pseudoglottis alreeds in 'n geaddukeerde toestand sodat dit maklik is om die stemheb- bende konsonant te produseer, maar as die finale opvolgen- de konsonant stemloos is, dan moet daar vinnige ontspan- ning van die sfinkterspier plaasvind. Dit is dus 'n vinnig opeenvolgende "openings-sluitings-openings'^aksie wat meer bewegingsvaardigheid van die pseudoglottis verg Die inligting wat uit die resultate verkry is, is nie genoegsaam om veralgemenings te maak ten opsigte van die rol van korrek- te vokaalduur in esofagale spraak nie, maar die vokaalduur - "abnormaliteite" wat wel by sommige van die individuele eso- fagale sprekers voorgekom het, blyk 'n invloed te he op spraakvaardigheidsbeoordelings en verstaanbaarheid. Dit is duidelik dat esofagale spraak nie net deur vokaalduurafwy- kings beinvloed word nie, maar ook deur ander faktore soos steurende stoma- en luginnamegeruise asook afwykende la- tente periodes. The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2) -η Ondersoek na die Vokaalduur van die Esofagale Afrikaan; GEVOLGTREKKINGS Die gevolgtrekkings wat uit hierdie ondersoek gemaak kan w o r d , is die volgende: - Dat daar esofagale sprekers is wat soms afwykende vokaal- duur vertoon in hulle spraak. Die gemiddelde vokaalduur vir die esofagale groep sprekers het in so 'n mate gevarieer dat geen deurlopende patroon opgemerk kon word nie, om- dat die esofagale sprekers gevarieerd langer of korter, of soms dieselfde vokaalduur getoon het as die normaalspre- kendes. - Dat daar nie 'n opsigtelike verband bestaan tussen vokaal- duur en spraakvaardigheid nie, omdat die luisteraars se beoordelings van die meer- en mindervaardige sprekers nie ooreenstem met die spreker se normale- of abnormale vo- kaalduurtellings nie. Daar is 'n duideliker verband tussen vokaal plus postvokaalduur en spraakvaardigheid omrede die luisteraars die meeste van die esofagale sprekers met normale vokaalduur ook geklassifiseer het as meervaardi- ge sprekers, en die esofagale spreker met abnormale vo- kaalduur geklassifiseer het as mindervaardig. - Die esofagale sprekers probleme ondervind om effektiewe stemhebbend/stemlose onderskeid te tref van die konso- nantomgewing waarin die vokaal voorkom. Die mate van onderskeid tussen die stemhebbendheid en stemloosheid van die konsonantomgewing is baie duideliker by die nor- maalsprekende. Uit die resultate wat in hierdie studie verkry is, sien ons dus dat die esofagale spreker 'n groot hoeveelheid van moto- rieskomplekse aspekte van spraak het om aan te leer, om so- doende as 'n vaardige en verstaanbare spreker beskou te kan word. 55 BEDANKINGS My dank aan die volgende persone: Mev. A. van der Merwe en mnr. Η. E. C. Tesner, Kolonel L. P. C. Jansen van die For. Wet. Laboratorium vir die gebruik van apparaat. VERWYSINGS 1. Binder, G. (1978): Selected Acoustic Characteristics of Emerging Esophageal Speech: Case Study. The South Afri- can Journal of Communication Disorders Vol 25 DD 24-51. ' ' 2. Christensen, J. M. en Weinberg, B. (1976): Vowel Duration Characteristics of Esophageal Speech. Journal of Speech and Hearing Research, Vol. 19, pp. 678-689). 3. Denes, P. (1955): Effect of Duration on the Perception of Voicing. Journal of the Acoustical Society of America, Vol. 27, no. 4, pp. 761-764). 4. Fry, D. B. (1955): Duration and Intensity as Physical Corre- lates of Linguistic Stress. Journal of the Acoustical Society of America, Vol. 27, no. 4, pp. 765-768). 5. Le Roux, Τ. H. en Pienaar, P. de V. (1927): Afrikaanse Fo- netiek. Johannesburg, Juta en Kie Bpk. 6. Moolenaar-Bijl, A. (1953): Connection between Conso- nant Articulation and the Intake of Air in Esophageal Speech. Folia Phoniatrica, Vol. 5, pp. 212-215). 7. Potter, R. K., Kopp, G. A. en Green, H. C. (1947): Visible Speech. D. van Nostrand Company, Inc., New York. 8. Swisher, W. E. (1980): Oral Pressures, Vowel Durations and Acceptability Ratings of Esophageal Speakers. Journal of Communication Disorders, Vol. 13, pp. 171-181. 9. Weismer, G., Dinnsen, D. A. en Elbert, M. (1979): A Clini- cal Study of the Voicing Distinction and Final Stop Dele- tion. Indiana University Linguistics Club, Lindley Hall, Indiana. Su'd-Afiikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 30, 1983 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 2)