Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid Vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders OPSOMMING Mariekie Buitendag, Isabel Uys en Brenda Louw Departement Kommunikasiepatologie Universiteit van Pretoria, Pretoria 11 Die behoefte aan kultureel toepaslike taaltoetse in Suid-Afrika het as motivering vir die studie gedien. Die doel van die studie was om die toepaslikheid en aanpassingsmoontlikheid van die Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW) (Buitendag, 1994) vir 'ngroep sewe- en twaalfjarige nie-Standaardafrikaanssprekende kinders vanuit die kleurlinggemeenskap in Gauteng, Noord- Wes, Mpumalanga en Noordelike Provinsie te evalueer. Om hierdie doel te bereik is die ARW (Buitendag (1994) en 'n vraelys aangaande sosio-ekonomiese deprivasie op 'n proporsioneel gestratifiseerde ewekansige steekproef van 960 kinders toegepas. Toetssydigheid is geevalueer deur die psigometriese eienskappe van die toets vir die navorsingsgroep te bepaal en met die van die normgroep te vergelyk. Verskeie toetsaanpassingsprosedures is oorweeg, naamlik aanpassings van die rangorde van itemmoeilikheid, toetsbeginpunte en toetsprosedures. Die resultate het aangedui dat dieselfde mate van vertroue in die twee groepe se toetstellings gestel kan word, die oorspronklike rangorde van itemmoeilikheid vir die navorsingsgroep behou kan word en soortgelyke verhogings vanARW-tellings met 'n toename in ouderdom by die twee groepe voorkom. Die bevindinge impliseer dat die toets dieselfde vermoe by die twee groepe meet. Alhoewel die vergelyking van die psigometriese eienskappe van die toets vir die navorsingsgroep met die van die normgroep nie toetssydigheid bevestig het nie, het intra-groepvergelyking aangetoon dat die toets linguisties sydig teenoor die sosio-ekonomies gedepriveerde groep kan wees. Beduidende verskille het in individuele toetspretasies voorgekom indien sydige toetsitems 'n verskuiwing in die kind se basaal of plafonitem veroorsaak het. Die toets se kulturele geldigheid kan verhoog word deur die toetsbeginpunte te verlaag en kultureel toepaslike response as korrek te aanvaar om gelyke erkenning aan standaard- en nie-standaardtaal te gee. Hierdie navorsing is 'n belangrike bydrae tot die uitbreiding van die spraak-taalterapeut se vaardighede en hulpbronne, wat dringend benodig word om kultuurtoepaslike dienste aan alle individue met kommunikasieafwykings in Suid-Afrika te lewer. ABSTRACT , ; The need for culturally approp1iate language tests served as motivation for this study. The aim of the study was to evaluate the suitability and adaptability of It he Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW) (Buitendag, 1994) for a group of seven and ten year old non-standard Afrikaans speaking children from the coloured community in Gauteng, North West, Mpumalanga and Northern Province. In orde1r to achieve this goal the ARW (Buitendag, 1994), and a questionnaire regarding socio-economic I deprivation, were administered to a proportionally stratified randomized sample of 960 children. Test bias was evaluated by comparing the psychometric characteristics of the test for the research group to those of the normative group. Various test adaptation procedures were cohsidered, namely adaptations to the rank order of item difficulty, test starting points and test procedures. The results indicated the same degree of confidence in the test results of the two groups. It demonstrated that the original rank order of item difficulty does not need to be changed and that corresponding increase in ARW scores is evident with an increase in age in both groups. The findings imply that the test measures the same ability in the two groups. Although comparison of the psychometric characteristics of the test for the research group to those for the normative group failed to identify test bias, intra-group comparison indicated that the test may be linguistically biased against the socio-economically deprived sub-group. Significant differences in individual ARW scores occurred when a shift in the child's basal or ceiling item occurred as a result of the biased items. The test's cultural validity for the group may be increased by lowering the test starting points, in order to prevent reversed testing. Culturally appropriate responses should be accepted as correct, in order to award equal credit to standard and non-standard language responses and to take intra-group differences into consideration. This research is an important contribution towards the expansion of the speech-language therapist's skills and resources, vitally needed to provide culturally relevant services in South Africa to all individuals with communication disorders. SLEUTELWOORDE: taalverskeidenheid, nie-Standaardafrikaans, sosio-ekonomiese deprivasie, toetssydigheid en - aanpassing, Mrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW). Die probleme verbonde l aan die evaluering van taalafwykings by nie-standaardtaalsprekende kinders het die afgelope twee dekades baie aandag van spraak- taalterapeute geniet (Kayser, 1996). Hierdie belangstelling het voortgespruit uit die uiteenlopende standpunte wat oor die relatiewe swak prestasies van minderbevoorregte en DieSuid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 12 sommige nie-standaardtaalsprekende kinders op skolas- tiese, intelligensie- en taaltoetse gehuldig word, te wete die taalafwykings- en taalverskilteorie (Wardhaugh, 1988). Onlangse sosiolinguistiese navorsing het bewys gelewer van die gelykwaardigheid van die verskillende varieteite van 'n taal, insluitende die verskillende standaardtaalvorme, geografiese, etniese en sosiale varieteite, asook verskeie registers en stylvariasies (Lane & Molyneaux, 1992). Om 'n kind se kommunikasiebevoegdheid effektiefte evalueer, moet die spraaktaalterapeut 'n perspektiefvan die kind as taalverwerwer en -gebruiker binne die linguistiese en kulturele konteks van sy gesin en gemeep.skap ontwikkel en spesifieke kulturele veranderlikes in ag neem by die interpretasie van taaltoetsresultate (Bebout & Arthur, 1992). Hierdie groter bewustheid en aanvaarding van linguistiese variasie het uitgeloop op die besef van die behoefte aan uitgebreide spraak-taalterapeutiese diens- lewering in multikulturele, meertalige populasies en die ontoepaslikheid van bestaande taaltoetse vir gebruik by nie-standaardtaalsprekende kinders (Scott, 1994; Taylor & Clarke, 1994). Die evaluering van kommunikasieprobleme by nie- standaardtaalsprekende kinders konfronteer die spraak- taalterapeut met die komplekse uitdaging om die kind se taalvaardighede op 'n nie-sydige wyse te evalueer, met die doel om tussen 'n taalafwyking en taalverskil te differen- sieer en toepaslike intervensie aan te beveel (Hegde & Davis, 1995). 'n Omvattende taalevaluasie kan weens die leemte aan 'n enkele ideale taalevalueringsprosedure slegs uitgevoer word deur gestandaardiseerde en beskrywende taalevalueringsprosedures aanvullend tot mekaar te gebruik (McFadden, 1996). Die gebruik van gestandaar- diseerde normgerigte taaltoetse is egter noodsaaklik vir die identifisering en diagnose van taalafwykings (Owens, 1995; Kayser, 1996). Dit het die voordeel bo beskrywende evalueringsmetodes dat dit betroubare en geldige inligting aangaande die kind se taalvaardigheid verskaf en dat die beskikbaarheid van norme differensiasie tussen normale en patologiese taalgedrag vergemaklik (Stockman, 1996). Die gebruik van gestaridaardiseerde toetse in die kultureel en linguisties diverse kontekste bring egter die probleem van toetssydigheid mee (Owen, 1995). Die gebruik van tradisionele taaltoetse vir die evaluering van die linguistiese bevoegdheid van nie-standaardtaal- sprekende kinders word sterk in die literatuur gekritiseer. Die kritiek word gegrond op die feit dat gestandaardiseerde taaltoetse meestal op die standaardvarieteit, waardes en ervaringsveld van blanke kinders vanuit die middelklas gebaseer is. Die toetse kan gevolglik kultureel sydig en onregverdig teenoor bepaalde etniese en laer sosio- ekonomiese groepe wees, wat tot foutiewe diagnoses en verreikende gevolge vir hierdie kinders se habilitasie en ontwikkeling kan lei (Kayser, 1996). Twee tipes foute kan in die differensiasie tussen 'n taalafwyking en taalverskil begaan word. Deur onderkompensasie vir taalverskille kan die. spraak-taalterapeut 'n normale nie-standaardtaal- sprekende kind verkeerdelik as taalafwykend diagnoseer, wat tot die verskaffing van ontoepaslike of oorbodige intervensie en gevolglike negatiewe selfbeeldontwikkeling by die kind kan lei. Oorkompensasie vir die kind se varieteit, weens gebrekkige· vertroue in bestaande taaltoetse, kan weer daartoe lei dat 'n taalafwyking in die kind se varieteit nie gerdentifiseer word nie. Hierdeur word die taalge- stremde nie-standaardtaalsprekenrle kind van noodsaak- like taalterapie weerhou, wat tot skolastiese probleme, Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Lou\\> frustrasie en kontinue taalgestremdheid tot in vol was_ senheid kan lei (Owens, 1995). Die probleem van toetssydigheid is veral prominent by woordeskattoetse, daar kulturele verskille primer in die leksikon van 'n taal gemanifesteer word (Washington & Craig, 1992). N avorsing het aangetoon dat gestandaardiseerde toetse ten spyte van bepaalde leemtes, steeds deur die oorgrot~ meerderheid spraak-taalterapeute gebruik word vir die bepaling van die bestaan van 'n taalafwyking (Owens 1995). Vanwee die volgehoue algemene gebruik va~ gestandaardiseerde toetsprosedures in spraak-taalterapie, is verskeie pogings aangewend om taaltoetssydigheid te verminder of uit te skakel. Elke alternatief hou egter bepaalde nadele in: • Herstandaardisering van bestaande toetse vir gebruik met 'n bepaalde groep: hierdie alternatief is onbevre- digend· omdat lae norme tot vergelykings tussen bevolkingsgroepe kan lei en die tendens van laer verwagtinge vir minderbevoorregte groepe versterk (Jensen, 1980; Adler, 1990). • Insluiting van 'n klein persentasie van die minderheids- groepe in die standaardiseringsteekproef: die verteen- woordigendheid van 'n bepaalde groep kan egter onbevredigend bly, wat impliseer dat die toets steeds bevooroordelend of sydig teenoor die groep is (McFadden, 1996). • Aanpassing van bestaande taaltoetse om die toets- inhoud en -forma at meer toepaslik vir nie-standaard- taalsprekende kinders te maak: die geldigheid van die toets vir die doel van die identifisering van 'n afwyking . kan hierdeur verander, wat die veralgemeenbaarheid van die norme betwyfelbaar maak (Owens, 1995). • Ontwikkeling van 'n nuwe toets: hierdie alternatief is die ideaal, maar is 'n langdurige en baie duur proses en gevolglik dikwels nie prakties uitvoerbaar nie. Die ontwerp en standaardlsering van taaltoetse word deur min navorsers aangedurf, as gevolg van die multi- dissiplinere kundigheid wat die taak van die navorser vereis. Die vereiste kundigheid behels 'n grondige kennis van taal, universele ontwikkelingspatrone en variasie in kindertaalverwerwing, kindertaalevalue- ring, taalverskeidenheid, toetssydigheid, psigometriese kriteria van gestandaardiseerde toetse, en statistiese kennis ten aansien van steekproefnemirig, norm- bepaling en die evaluasie van psigometriese toets- \ eienskappe (Buitendag, 1994). : • Die gebruik van nie-gestandaardiseerde taaHnonsters en kriteriumgerigte toetse: die gebrek aan norme bemoeilik differensiasie tussen taalpatologie en normale nie-standaardtaal. Evaluering van kindertaal deur middel van beskrywende evaluasieprosedures word veral gekompliseer deur die bestaande leemte aan normatiewe data oor nie-standaardtaalvarieteite (Scott, 1994). Verder waarsku Jensen (1980) en Stockman (1996) daarteen dat nie-gestandaardiseerde evaluasies dikwels meer sydig en onregverdig as gestandaar- diseerde toetse kan wees. Gestandaardiseerde toetse moet dus nie ten gunste van nie-gestandaardiseerde prosedures oorboord gegooi word voordat die sydigheid van die betrokke prosedure/s bepaal is nie. Dit blyk dat gestandaardiseerde taaltoetse 'n belangrike rol in kliniese besluitneming bly speel en deurgaans verbeter sal word om in die praktiese behoefte aan akkurate The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 'kaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Airl aslikheid vir 'n Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders Toep 13 ffektiewe instrumente vir die identifisering van ;:a~fwykings by verskillende groepe te voorsien (Stock- man, 1996). . .. In Suid-Afrika het dIe behoefte aan me-sydIge gestan- d ardiseerde taaltoetse 'n krisispunt bereik. Suid-Afrika hat 'n multikulturele, meertalige populasie bestaande uit vi:r hoofbevolkingsgroepe en meer as 26 verskillende tale (Sentrale Statistiekdiens, 1991), sowel as verskillende varieteite van die tale. Afrikaans, as een van die elf amptelike tale, is die fokuspunt van hierdie studie. Afrikaans is gekies aangesien dit die moedertaal van 'n gedeelte van al vier die hoofbevolkingsgroepe is, insluitende ongeveer 58% blankes, 83% kleurlinge, 1,3% Asiers en 026% swartes (Sentrale Statistiekdiens, 1991). , Daar bestaan tot op hede slegs drie gestandaardiseerde taaltoetse vir die evaluering van Afrikaanssprekende kinders se verbale taalvermoens, naamlik die Toets vir Mondelinge Taalproduksie (TMT) (Vorster, 1980), die Afrikaanse Semantiese Taalevalueringsmedium (AST) (Pretorius, 1989) en die Afrikaanse Reseptiewe Woorde- skattoets (ARW) (Buitendag, 1994). Die toepaslikheid van die toetse vir nie-Standaardafrikaanssprekende kinders kan egter betwyfel word, aangesien '0 groot persentasie van hierdie kinders (insluitende kinders van die kleurling-, swart-, Asier- en blanke gemeenskap) waarskynlik nie effektiewe beheer oor Standaardafrikaans vertoon nie (Van Rensburg, 1991). Die TMT (Vorster, 1980) is volgens die studie van Terblanche (1988) nie toepaslik vir 'n groep kleurlingkinders in Eersterust nie. Die toepaslikheid van die AST (Pretorius, 1989) en die ARW (Buitendag, 1994) vir nie-Standaardafrikaanssprekende kinders is nog nie nagevors nie. Die evaluering van nie-Standaardafrikaans- sprekende kinders word verder gekompliseer deurdat informele beskrywende taalevaluasieprosedures nie 'n toereikende alternatiefvir gestandaardiseerde Afrikaanse taaltoetse is nie, omdat daar beperkte normatiewe data en inligting oor die linguistiese eienskappe van hierdie varieteite van Afrikaans bestaan (Dreyer, 1986). Die behoefte aan kultuurgeldige Afrikaanse taaltoetse is veral eksplisiet ten ops',lgte van kinders van die kleurlinggemeenskap, aangesien bykans die helfte van die totale Afrikaanssprekende taalgemeenskap kleurlinge is en 83,14% van die kleurlingb1evolkingsgroep Afrikaans (eentalig) as huistaal het (Serltrale Statistiekdiens, 1991). I Gesien in die lig van Scott (1994) se uitspraak dat ongeveer 10% van nie-standaardtaalspf;ekers taalafwykings in hulle eie variHeite vertoon, is daat dus tans meer as 272 700 Afrikaanssprekende kleurlinie met taalafwykings. In Suid-Afrika is daar nog weinig navorsing oor toetssydigheid uitgevoer. Die bestaande navorsing het hoofsaaklik betrekking op intelligensietoetse, wat in die verlede meestal vir die verskillende bevolkingsgroepe afsonderlik ontwikkel is en gevolglik nie aan die probleem van sydigheid onderworpe was nie (Claassen 1989). Slegs 'n beperkte aantal studies is oor sydigheid in gestandaar- diseerde taaltoetse uitgevoer, onder andere deur Terblanche (1988) en Alant en Beukes (1986). Hierdie studies, alhoewel van 'n beperkte omvang, het die aandag op die ontoe- paslikheid van die beskikbare taaltoetse vir gebruik by tweedetaal- en nie-standaardtaalsprekende kinders in Suid- Afrika gevestig. Alhoewel waardevolle riglyne vir toetsaanpassing ten opsigte van die verskillende gemeen- skappe verskaf is, was daar sover bekend nog geen omvattende studie om 'n bestaande taaltoets aan te pas nie. Die behoefte aan geldige en betroubare taaltoetse vir die identifisering van taalafwykings by Afrikaanssprek.ende kinders vanuit die kleurlinggemeenskap het as motivering vir die studie gedien. Die Afrikaanse Reseptiewe Woorde- skattoets (ARW) (Buitendag, 1994) is vir die navorsing geselekteer, om die volgende redes : • Woordeskattoetse is fundamenteel aan enige taaltoets- battery - weens die belang van woordeskat vir die kind se taalontwikkeling, metalinguistiese ontwikkeling, leesvermoe, simboliese denke, kognitiewe ontwikkeling, akademiese vordering en sosialisering (Lidz en Pefia,1996). • Die toets het 'n wye kliniese gebruiksveld - 'n Reseptiewe woordeskattoets is dikwels die enigste evaluasieprosedure waarvolgens 'n aanduiding van baie jong, nie-verbale en taalaf'Yykende kinders se taalver- moens verkry. kan word, aangesien die ontwikkeling van reseptiewe woordeskat ekspressiewe woordeskatont- wikkeling voorafgaan en die toets geen verbale response van die kind vereis nie (Owens, 1995). Die ARW (Buitendag, 1994) is verder geskik vir 'n heterogene groep kinders, naamlik 'n bree ouderdomsgroep van twee tot dertienjaar en die toetsformaat kan aangepas word vir gebruik met ernstig gestremde kinders. Die toets se prentherkenningsformaat hou die yoordeel in dat dit binne slegs 10 tot 15 minute toegepas kan word en dus vir die sifting van groot getalle leerlinge geskik is. Die toets kan boonop vir verskillende doele aangewend word. Alhoewel die ARW (Buitendag, 1994) se prim ere doel die identifisering van reseptiewe woordeskatafwykings is, maak die ontwerp van die antwoordblaaie voorsiening vir kwalitatiewe analise van foute. Op grond van die hoe korrelasie tussen kinders se prestasies op die ARW (Buitendag, 1994) en intelligensietoetse, kan die toets ook gebruik word om 'n growwe aanduiding van kinders se algemene intelligensie te verkry (Buitendag, 1991). • Die toets vertoon potensiaal om aangepas te word vir gebruik met nie- Standaardafrikaanssprekende kinders - Tydens die oorspronklike ontwerp en standaardisering van die ARW (Buitendag, 1994) is pogings reeds aangewend om toetssydigheid te beperk, deur kinders van verskillende sosio-ekonomiese klasse, geslagte, geografiese gebiede en intellektuele ontwikkelings- vlakke ewekansig by die normgroep in te sluit, en potensiele sydige items tydens itemseleksie uit te skakel. • Die toets bestaan uit 'n groot aantal toetsitems - Die ARW (Buitendag, 1994) se bree itemspektrum van 175 items, en gevolglike groot kritiese reeks per ouderdoms- groep, hou die voordeel in dat die voorkoms van 'n paar sydige items nie 'n beduidende invloed op die toets- resultate sal he nie (Owens,1995). . Moontlike aanpassing van die ARW (Buitendag, 1994) blyk die mees toepaslike benadering vir hierdie navorsing te wees. Die voorkeur vir toetsaanpassing berus op die praktiese probleme en hoe koste verbonde aan die daar- stelling van 'n nuwe toets. Toetsaanpassing is ook verkieslik vanwee die sosiale en politi eke implikasies wat die herstandaardisering van die toets en verskaffing van aparte norme kan meebring. Die groter wordende ooreenkomste wat vanwee voortdurende akkulturasie by mense van verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika voorkom, en Die Suid-Afrikaanse Tydskrifuir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 14 die toeganklikheid van skole vir leerlinge van aIle bevolkingsgroepe, het boonop aanleiding gegee tot die behoefte aan eenvormige toetse wat vir verskillende groepe toepaslik is (Claassen, 1989). METODE DOELSTELLINGS Die doel van die studie is om die toepaslikheid en aanpassingsmoontlikhede van die ARW (Buitendag, 1994) vir 'n groep sewe- en tien-jarige nie-Standaardafrikaans- sprekende kinders vanuit die kleurlinggemeenskap in Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie te evalueer. Die volgende subdoelstellings is vir die realise ring van die hoofdoel gestel : 1. om die toetsprestasie van die navorsingsgroep met die van die normgroep te vergelyk om moontlike groeps- verskille te bepaal 2. om die psigometriese eienskappe van die toets vir die navorsingsgroep met die van die normgroep te vergelyk om moontlike toetssydigheid te identifiseer 3. dm die invloed van sosio-ekonomiese status as moont- like verklaring vir die groepsverskille te ondersoek 4. om metodes te oorweeg waardeur moontlike sydige toetsitems en toetsprosedures aangepas kan word om die toepaslikheid van die toets vir kinders vanuit die kleurlinggemeenskap te verhoog 5. om 'n kwantitatiewe en kwalitatiewe item analise uit te voer om die toepaslikheid van die toetsitems vir die navorsingsgroep te ondersoek. NAVORSINGSONTWERP In hierdie studie is daar van intergroepsvergelyking gebruik gemaak, aangesien die toepaslikheid van die ARW (Buitendag, 1994) vir kleurlingkinders slegs bepaal kan word deur hulle prestasie op die toets met die van die normatiewe populasie te vergelyk. Die dataversameling het 'n beskrywende of normatiewe veldopname behels (Leedy, 1993). Twee tipes data is versamel. Inligting oor die proefpersone se begrip van woordbetekenis is deur middel van gestandaardiseerde waarneming versamel, terwyl sosio-ekonomiese status deur middel van 'n vraelys bepaal is. Data-ontleding is by wyse van beskrywende statistiek, statistiese inferensie en kwalitatiewe analise uitgevoer (Steyn, Smit, Du Toit & Strasheim, 1994). PROEFPERSONE 1. Seleksiekriteria Ten einde die resultate van die groepe vergelykbaar te maak, is dieselfde proefpersoonseleksiekriteria vir die navorsingsgroep as vir die standaardiseringsgroep gestel, naamlik: • Moedertaal. Aangesien kinders se begrip van gesproke Afrikaanse woorde in die navorsing geevalueer word, moes al die proefpersone Afrikaans as moedertaal (eerste- of dominante taal) he. Afrikaans vertoon 'n verskeidenheid varieteite. Die omgangstaal van die kinders in hierdie studie is 'n nie- standaard, sosiaal-geografiese varieteit van Afrikaans (Van Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Lou", Rensburg, 1991). • Bevolkingsgroep. Afrikaanse moedertaalsprekers word deur verskillende bevolkingsgroepe verteenwoordig (Webb, Dirven & Kock 1992). Ooreenkomstig die doel van die navorsing, moes sleg~ Afrikaanssprekende kinders van die kleurlingbevolkings_ groep by die steekproef ingesluit word. • Sosio-ekonomiese status. Kinders uit aIle sosiale, ekonomiese en opvoedkundige milieus moes by die steekproef ingesluit word, om te verseker dat die steekproef verteenwoordigend is van die populasie wat sosio-ekonomiese status betref (McFadden, 1996). Die hoe korrelasie tussen sosio-ekonomiese status en woordeskatontwikkeling word algemeen in die literatuur aangedui (Dunn & Dunn, 1981; Alant & Beukes, 1986; Washington & Craig, 1992). Vanwee hierdie hoe korrelasie kan daar dus verwag word dat 'n minderbevoorregte groep swak op die ARW (Buitendag, 1994) sal presteer. • Fisiese gesteldheid. AIle leerlinge in skole van die voormalige Administrasie: Raad van Verteenwoordigers in Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie moes by die steekproefneming betrek word, ongeag enige fisiese, motoriese, visuele, spraak- ofgehoorprobleme, om verteen- woordigend van die bree populasie te wees (McFadden, 1996). • Intellektuele vermoe. Om te verseker dat die steekproef verteenwoordigend is van die inteIlektuele vermoens van die populasie, moes kinders van aIle inteIlektuele ontwikkelingsvlakke in die steekproefingesluit word. Die positiewe korrelasie tussen reseptiewe woordeskat en algemene intelligensie is reeds deur verskeie navorsers aangetoon (Lidz & Pena, 1996). • Aantal proefpersone. In hierdie navorsing is 'n steekproefgrootte van 500 proefpersone per ouderdomsgroep as teiken gestel (Stoker, 1993). Dit kan as 'n algemene reel aanvaar wor:d dat die grootte van 'n steekproefminstens 100 moet wee's voordat 'n normale verspreiding van punte verwag kan Word. Om die betroubaarheid van toetsresultate te verseker, word 'n minimum steekproefgrootte van 400 egter geste'l (Owen, 1995). \ • Geslag. Op grond van die feit dat daar kontroversie oor die moontlikheid van geslagsverskille in woordeskatont- wikkeling bestaan, moes daar in hierdie ondersoek (soos in die ARW-normgroep) ewe veel seuns en meisies in die steekproefingesluit word. • Chronologiese ouderdom. Die steekproef is tot twee ouderdomsgroepe beperk, naamlik sewe- en tienjarige kinders. Die r~des hierv09r is pr~ktiese en finansiele beperkings, asook die behoud van die kriterium wat ten opsigte van die steekproefgrootte gestel word. Sewe- en tienjarige leerlinge moes in die steekproef opgeneem word, omdat : die ouderdomsomvang van die stildie so groot as prakties moontlik gehou moes word; skoolgaande kinders wat vir taalevaluering verwys word meestal binne hierdie ouderdom~omvang val; ouer kinders The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) .Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 15 prognose vir terapie afneem; die betroubaarheids- ~~effisiente van die ARW (Buitendag, 1994) vir kinders ouer. as 11:05 jaar nie hoog is nie; verteenwoordigende steekproefneming van kleuters en sesjarige kinders (waarvan slegs sommiges reeds in die primere skool is) deur praktiese struikelblokke bemoeilik word (Buitendag, 1991; 1994). Buiteskoolse kinders (skoolpligtige kinders wat nie skoolgaan nie), onder andere straatkinders, sou weens praktiese beperkinge nie by die steekproef ingesluit kon word nie. Hierdie beperking kan tot sydigheid in die steekproefbydra. Om buiteskoolse kinders by die populasie van die ondersoek in te sluit, blyk egter tans 'n taak van onmoontlikheid te wees. • Geografiese gebied. Hierdie navorsing behels die vergelyking van die steekproef se resultate op die ARW (Buitendag, 1994) met die van die standaardiseringsgroep. Derhalwe moes die geografiese verspreiding van die twee groepe ooreenstem (Stoker, 1993). AIle proefpersone moes in die geografiese gebied van Gauteng, Noord-Wes, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie woonagtig wees. Omdat hierdie provinsies uit verskillende stedelike en plattelandse streke bestaan en verskillende geografiese varieteite van Afrikaans in die gebied gebruik word, moes die steekproef-kinders van aIle geografiese gebiede be trek word. Ten einde die resultate van die twee groepe direk vergelykbaar te maak, moes die proporsionele verteenwoordiging van die geografiese strata van die steekproef met die van die standaardiseringsgroep ooreenstem (Stoker, 1993). Aangesien die geografiese verspreiding nie noodwendig verteenwoordigend van die kleurlingpopulasie is nie, kan die resultate nie gebruik word om norme vir hulle te verskaf nie. Die doel was egter nie om aparte norme te bepaal nie, maar om te bepaal of die norme van die standaardiseringsgroep ook vir kinders vanuit die kleurlinggemeenskap geskik is. Die huidige tendens is bowendien ten gunste van gemeenskaplike norme (Owen, 1995). 2. Steekproefnemingsmetode Die proefpersone is by wyL van proporsioneel gestrati- fiseerde ewekansige steekprdefneming geselekteer (Leedy, I 1993; Stoker,1993). Vanwe~ die moontlike invloed van geslag, maturasie'en geografiese verspreiding op woorde- skatontwikkeling is die populasie in terme van die drie veranderlikes gestratifiseer:! , / • Stratifisering van die populasie volgens geografiese gebied. Die geografiese gebied wat deur die navorsing gedek moes word, is in die volgende strata van ongelyke groottes verdeel: - Gauteng: Pretoria, Johannesburg, Oos-Rand, Wes-Rand en Suid-Rand - Plattelandse gebiede: Mpumalanga, Noord-Wes en Noordelike Provinsie. • Proporsioneel gestratifiseerde steekproefneming van skole. Die steekproefneming van skole is aan die hand van departementele rekords uitgevoer. Engelse skole, sowel as Afrikaanse en parallelmediuinskole waarvan die leerlingtal te klein is om die steekproef te akkommodeer, is eerstens uitgeskakel. Hierna is 20 skole ooreenkomstig die proporsionele geografiese verteenwoordiging van die standaardiseringsgroep getrek. Steekproefneming is onafhanklik vir die afsonderlike strata uitgevoer en die spesifieke aantal skole uit elke stratum is volgens waarskynlikheid proporsioneel aan grootte, geselekteer (Stoker, 1993). Die proporsionele geografiese verteen- woordiging van die navorsingsgroep stem grootliks ooreen met die van die toets se normgroep. • Gestratifiseerde ewekansige steehproefi2eming van proefpersone 'n Totale aantal van 960 proefpersone (480 seuns en 480 meisies) is by die steekproef ingesluit. Uit elke skool is 48 proefpersone, naamlik 24 (12 :seuns en 12 meisies) sewe- jariges en 24 tien-jariges, geselekteer. MATERlAAL Die gestandaardiseerde toetsmateriaal van die ARW (Buitendag,1994) is gebruik om die proefpersone se begrip van woordbetekenisse te evalueer. Die sosio-ekonomiese deprivasievrae1ys (SED-vrae1ys) van Van den Berg (1991) is gebruik om e1ke proefpersoon se sosio-ekonomiese status te bepaal. 1. ARW (Buitendag, 1994) Hierdie toets is oorspronklik ontwerp en gestandaardiseer vir blanke Afrikaanssprekende kinders tussen die ouderdomme van 2 :00 en 12:11 jaar. Die toets beskik oor 'n bree itemspektrum van 175 kragitems met 'n meerkeusige prent- identifiseringsformaat. E1ke item bestaan uit 'n verba1e stimulus-woord en vier prentvoorstellings (eenvoudige lyntekeninge), waarvan een alternatief die kOITekte antwoord is en die ander drie afleiers is. Die toetsinhoud is 'n gebalanseerde en verteenwoordigende monster van Afrikaanse leksikale items. Die twee ekwivalente toetsvorms (Vorm A en Vorm B) is betroubaar en ge1dig vir die identifisering van woordeskatafwykings, asook vir hereva1uering. Die toets is van twee tipes norme voorsien, naamlik standaard- tellingekwivalente en ouderdomsekwivalente. Die toets- materiaal sluit 'n handleiding, 'n stimulusprentboek en antwoordblaaie vir elk van die twee toetsvorms in. In hierdie navorsing is slegs Vorm A gebruik: 2. Vraelys Die SED-vrae1ys (Van den Berg, 1991) bestaan uit 22 vrae oor die kind se huis1ike omgewing, waarvolgens 'n indeks vir sosio-ekonomiese status bepaal word. OPNAMEPROSEDURES Die empiriese studie is as volg uitgevoer: 1. Data-insameling Die ARW (Buitendag, 1994) is deur die navorser op elke proefpersoon individueel toegepas. Die voorgeskrewe toepassings- en nasienprosedure van die toets is deurgaans nagevolg, beha1we in die geval van foutiewe response. Indien die kind 'n foutiewe res pons gelewer het, is die standaardprosedure aangepas om vas te stel of die kind se foutiewe respons te wyte is aan gebrekkige kennis van die Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwyhings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 16 betrokke woord (linguistiese vorm) of aan gebrekkige begrip van die konsep wat deur die spesifieke item verteenwoordig word. Die aangepaste toetsprosedure maak voorsiening vir die regmerk van korrekte alternatiewe verbale response op items wat die toetsling verkeerd beantwoord het. AIle verbale response, hetsy alternatiewe woorde, woord- definisies, spontane opmerkings, selfkorreksies ofvrae van die proefpersone, is aangeteken met die oog op kwalitatiewe itemanalise. Die SED-vraelys (Van den Berg, 1991) is ten opsigte van elke proefpersoon deur die navorser voltooi, deur die kind se onderwyser te raadpleeg en die kind indirek uit te vra. 2. Data-analise Groepsverskille is bepaal deur die rekenkundige gemid- deldes van die 7- en 10-jarige subgroepe van die navorsings- groep te bereken en met die van die standaardiserings-groep te vergelyk. Toetssydigheid teenoor die navorsingsgroep is ondersoek deur die toets se interne konsekwentheid (KR-21- betroubaarheidskoeffisiente), rangorde van itemmoeilik- heid (Spearman se rho), korrelasie met ouderdom en skoolprestasie (Pearson- korrelasiekoeffisiente) vir die groepe vergelyk. Die toepaslikheid van die toetsitems is geevalueer deur afleierdoeltreffendheid en itemmoeilik- heidswaardes te ondersoek, en foutiewe response kwalita- tief te ontleed (Jensen, 1980; Osterlind, 1983). Die invloed van sosio-ekonomiese status op ARW- prestasie is ondersoek deur die proefpersone met behulp van 'n vraelys vir die bepaling van sosio-ekonomiese deprivasie (Van den Berg, 1991)te kategoriseer en die gemiddeldes van die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep en die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde subgroep met mekaar en met die van die normgroep te vergelyk. Verskillende toetsaanpassingsprosedures is oorweeg, naamlik aanpassing van die rangorde van itemmoeilikheid, toetsbeginpunte en roupunte. Om te bepaal of die ARW Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Lou", (Buitendag, 1994) se itemrangorde vir die navorsingsgroep ~ehou of verander moet word, is die navorsingsgroep se rangorde van itemmoeilikheid met die van die normgroep vergelyk. Toetsbeginpunte vir die navorsingsgroep is volgens die gemiddelde bas ale van die twee ouderdoms- groepe bepaal. Die invloed van sydige toetsitems op die navorsingsgroep se gemiddelde is ondersoek deur verkeerd beantwoorde items waarop korrekte verbale response gelewer is korrek te merk, die nuwe gemiddelde (roupunt 3) te bereken en met hulle gemiddelde volgens die oorspronklike toetsprosedure (roupunt 1) te vergelyk. Om die kulturele toepaslikheid van toetsitems vir die navorsingsgroep te ondersoek en moontlike spesifieke woordeskateienskappe van die groep te bepaal, is 'n kwantitatiewe en kwalitatiewe foutanalise uitgevoer (Washington & Craig, 1992). RE8ULTATE EN BE8PREKING I VERSKILLE TUSSEN DIE GEMIDDELDE ROUPUNTE VAN DIE NORMGROEP EN NAVORSINGSGROEP Die vraagstuk oor sydigheid in gestandaardiseerde toetse het sy onstaan in die deurgaanse laer intelligensie- en taaltoetsprestasies van bepaalde etniese en laer sosio- ekonomiese groepe, veral met betrekking tot swart sprekers van Engels in Amerika (Miller, 1988). Navorsing in Suid- Mrika het aangetoon dat kinders vanuit die kleurling- gemeenskap ook dikwels relatief swak in gestandaardi- seerde toetse pre steer (Alant & Beukes, 1986; Claassen, 1989). 'n Laer gemiddelde word gevolglik ten opsigte van die ARW (Buitendag, 1994) verwag. Groepsverskille in ARW-prestasie is bepaal deur die gemiddelde roupunte van die normgroep en navorsings- groep met mekaar te vergelyk. Die gemiddeldes, standaard- metingsfoute en 95%-vertrouensintervalle vir die norm- groep en navorsingsgroep word in Tabel 1 aangebied. Uit Tabel 1 blyk dit dat die navorsingsgroep deurgaans TABEL I : Gemiddeldes (x), standaardmetingsfoute (8MF') en 95%- vertrouensintervalle (VI) vir ware tellings NORMGROEP NAVOR8ING8GROEP VER8KIL OUDERDOM N2 x2 8MF' 950/0-VI NI xl 8MF 950/0-VI x2- xl ; Z 7:00 - 7:02 124 101,1 7,21 87 - 115 107 90,7 7,15 77 - 105 10,4 I 4,60 I , I 7:02 - 7:05 128 102,8 7,31 89 - 117 117 92,3 7,48 77 - 107 10,5 : 3,88 I 7:06 - 7:08 141 109,4 7,40 94 - 124 138 96,5 6,93 83 - 111 12,9 ,6,17 7:09 - 7:11 113 115,2 7,37 101 - 129 115 99,8 7,52 85 - 115 15,4 6,21 TOTAAL 506 106,99 477 94,96 12,03 10,19 10:00 - 10:02 135 142,0 7,05 128 - 156 111 129,6 7,35 116 - 144 12,4 5,99 10:03 - 10:05 143 142,9 7,05 129 - 157 122 130,8 7,25 117 -145 12;1 . 6~30 10:06 - 10:08 139 145,6 7,11 132 - 160 126 132,1 7,43 117-147 13,5 7,89 10:09 - 10:11 104 148,8 7,14 135 - 163 111 134,1 6,84 121- 147 14,7 6,22 TOTAAL 521 144,32 470 131,64 12,68 12,92 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) ;\frikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir 'n Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 17 swakker as die normgroep op die ARW (1994) pre steer het. 2 EVALUERING VAN TOETSSYDIGHEID Die gemiddeldes van die navorsingsgroep se 7 -jariges en 10- jariges was respektiewelik 12,03 en 12,681aer as die van die nonngroep. Die gemiddeldes van die verskillende ouderdom- subgroepe verskil ook almal met 10-15 roupunte van mekaar. Die z-waardes vir al die ouderdomsubgroepe is statisties betekenisvol op die 1 %-beduidendheidspeil. Die vraag wat noodwendig hieruit voortvloei, is of die verskil tussen die gemiddeldes van die groepe klinies betekenisvol is. Indien die betroubaarheid van die toets in ag geneem word, blyk die groepsverskille nie so groot te wees nie, aangesien die groepe se vertrouensintervalle met mekaar oorvleuel. Uit Tabel 1 blyk dit dat die 7:00-7:02 - jarige subgroep van die navorsingsgroep se gemiddelde (91) 10 roupunte laer is as die gemiddelde (101) van die normgroep. Indien die standaardmetingsfout in ag geneem word, kan daar met 95% sekerheid aanvaar word dat die ware telling tussen 1,96 Smf bo en 1,96 Smf onder die waargenome telling val (Owen, 1995). Die navorsingsgroep se ware telling val hiervolgens binne die vertrouensinterval van 77 -105 (91A 1,96 X7,15), terwyl die normgroep se ware telling binne die vertrouensinterval van 87-115 (101 A 1,96 X 7,21) gelee is. Dit blyk duidelik dat die grense waartussen die twee groepe se ware tellings met 95% sekerheid gelee is in 'n groot mate oorvleuel. Hieruit kan afgelei word dat slegs die tellings van hoe presteerders uit die normgroep en lae presteerders uit die na vorsingsgroep beduidend van mekaar verskil. Tydens die interpretasie van verskille tussen groepe se gemiddeldes moet daar verder teen waninterpretasies en ongegronde afleidings gewaak word. Alhoewel daar verskille tussen die twee groepe se ARW-tellings voorkom, kan daar nie sonder meer beweer word dat die normgroep oor beter reseptiewe woordeskatvermoens as die navorsingsgroep beskik nie. Die verskil tussen die gemiddeldes van groepe dui nie noodwendig daarop dat die toets eensydig ten gunste van die normgroep meet nie. Indien 'n blote punteverskil tussen groepe as sydigheid beskou sou word, sou aIle toetsitems sydig teenoor een of ander groep wees. Verskille tuss~n groepe se gemiddelde~ kan werklike verskille in die vermoe wat getoets word reflekteer (Jensen 1980). Verskille in vermoens word deur genetiese vermoe en ontwikkelings- I faktore bepaal (Claassen, 1989). Voordat uitsprake oor die sydigheid of nie-sydigheid v~n die ARW (Buitendag, 1994) teenoor kinders vanuit die Illeurlinggemeenskap gemaak kan word, moet daar derhalwe eers bepaal word dat die toets dieselfde vermoe ew~ akkuraat (gel dig) en ewe konsekwent (betroubaar) byidie twee groepe meet. Sydigheid hou verband met 'n toets se konstrukgeldigheid, kriteriumverwante geldigheid en itemgeldigheid vir verskillende groepe (Jensen, 1980). Die indeling is kuns- matig, aangesien inhoudsgeldigheid en kriteriumverwante geldigheid ook dimensies van 'n toets se konstrukgeldigheid, as saambindende konsep, is. Die toetsitems vorm deel van die interne kriteria vir die evaluering van konstruksydig- heid, terwyl kriteriumverwante geldigheid eksterne konstrukgeldigheidskriteria is (Owen, 1995). Moontlike sydigheid van die ARW (Buitendag, 1994) teenoor die navorsingsgroep is geevalueer deur die konstrukgeldigheid (betroubaarheid en rangorde van itemmoeilikheid), kriteriumverwantheid en itemekwiva- lensie van die toets vir die twee groepe te vergelyk. Nie een van die kriteria kan afsonderlik voldoende bewys van die bestaan van toetssydigheid lewer nie. Elke kriterium lewer 'n gedeeltelike bydrae en verskeie kriteria verskaf gesamentlik 'n aanduiding van die mate waarin die toets die spesifieke konstruk meet (Jensen, 1980). 2.1 Verskille tussen die betroubaarheid van die groepe se ARW-tellings Die interne of interitemkonsekwentheid van 'n toets is 'n sensitiewe aanduier van sydigheid. Beduidende verskille tussen die betroubaarheidskoeffisiente van groepe kan 'n aanduiding van toetssydigheid wees, omdat dit impliseer dat die toets die konstruk nie ewe goed by die twee groepe meet nie, of by een groep in 'n groter mate ander vermoens meet (Jensen, 1980). Die betroubaarheidskoeffisiente vir die navorsingsgroep en normgroep word in Tabel 2 vir 7- jariges en 10-jariges afsonderlik aangebied, om die invloed van ouderdomsvariasie te beperk. Uit Tabel 2 blyk dat die ARW (Buitendag, 1994) se betroubaarheidskoeffisiente vir die normgroep en navorsingsgroep tot'n groot mate ooreenstem. Die verskille is gering vir proefpersone van aIle ouderdomme en nie konsekwent hoer oflaer vir enige van die twee groepe nie. Aangesien die betroubaarheidskoeffisiente almal hoog is, word die verskille nie as betekenisvol beskou nie. Die ooreenstemmende betroubaarheidskoeffisiente impliseer dat die toets die konstrukte wat by die twee groepe gemeet word ewe konsekwent meet. Daar moet ook in gedagte gehou word dat die KR-21-betroubaarheidskoeffisiente van die subgroepe laer is as die van die totale groep, naamlik 0,93. Volgens Jensen (1980) hoef die navorser nie verder TABEL 2 : Betroubaarheidskoeffisiente (rtt) vir die normgroep en navorsingsgroep rtt OUDERDOMSGROEP NORMGROEP NAVORSINGSGROEP 7 jr 7:00 - 7:02 0,86 0,76 7:03 - 7:05 0,85 0,82 7:06 - 7:08 0,84 0,82 7:09 - 7:11 0,80 0,87 lOjr 10:00 - 10:02 0,76 0,82 10:03 - 10:05 0,82 0,76 10:06 - 10:08 1 0,77 0,78 10:09 - 10:11 0,86 0,80 Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 18 aan groepsverskille in betroubaarheid aandag te gee indien die interne konsekwentheid vir beide groepe hoog is en met mekaar ooreenstem nie. Op grond van die bctroubaarheids- koeffisiente kan die afleiding gemaak word dat dieselfde mate van vertroue in die toetstellings van die twee groepe ges'tel kan word (Jensen, 1980). Die betroubaarheidsindekse lewer geen bewys van toetssydigheid nie. Verskille of ooreenkomste tussen groepe se betroubaar- heidskoeffisiente is nie genoeg bewys van die teenwoordig- heid of afwesigheid van toetssydigheid nie. Ooreen- stemmende betroubaarheidskoeffisiente dui aan dat die toetsitems die konstrukte wat dit by die twee groepe meet ewe konstant meet, maar verskaf nie bewys dat dieselfde konstruk gemeet word nie (Bachman, 1990). Groepsver- skille in itemmoeilikheid moet verder ondersoek word om die bestaan van sydigheid te bevestig (Osterlind, 1983). 2.2 Vergelyking van die rangorde van itemmoeilik- hede vir die groepe Om die konsekwentheid of ekwivalensie van item- moeilikhede vir die groepe te evalueer, is die toetsitems vir elke groep afsonderlik volgens stygende moeilikheidsgraad gerangskik, waarna Spearman se rangordekorrelasie- koeffisient (rho) tussen die twee stelle rangordes bereken is. Die result ate verskyn in Figuur 1. FIGUUR 1: Rangordekorrelasiekoeffisient tussen die navorsingsgroep en normgroep Uit Figuur 1 blyk dit dat die rangordekorrelasie tussen die twee stelle rangordes van die toets (rho = 0,97) hoog en statisties beduidend (p = 0,0001) is. Aangesien die rangordekorrelasie hoer as 0,90 is (Osterlind, 1983), en die korrehisie statisties betekenisvol op die 1 %-peil is, kan daar met 99% sekerheid beweer word dat die toets se itemmoei- likheid relatief ekwivalent vir die twee groepe is. Op grond van die hoe rangordekorrelasie kan die afleiding gemaak word dat die toetsitems op dieselfde manier vir die groepe funksioneer en daar nie 'n beduidende mate van itemsy- digheid voorkom nie. Die bevinding dien as verdere bewys dat die toets dieselfde konstruk by die twee groepe meet (Owen, 1995). Op grond van die relatiewe gelyke konsekwentlieid van die itemmoeilikhede tussen die groepe kan daar aanvaar word dat die ARW (Buitendag, 1994) se itemrangskikking nie sydig teenoor die navorsingsgroep is nie (Osterlind, 1983). Die resultate impliseer dat die toets se oorspronklike rangorde van itemmoeilikheid vir die navorsingsgroep behou kan word. Alhoewel interne kriteria sui werder aanduidings oor toetssydigheid kan verskaf as eksterne kriteria, vereis . konstrukgeldigheidsbepaling ook bewyslewering van die verb and tussenARW-tellings en ander verwante verander- likes of eksterne kriteria. 2.3 Kriteriumverwantheid: die verband tussenARW- tellings en ouderdom Indien 'n konstruk kruiskultureel dieselfde betekenis het, sal 'n toets wat die konstruk meet in verskillende kulture op 'n soortgelyke wyse met ander veranderlikes, Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw onder andere ouderdom, verband hou (Claassen, 1989). Die toename in woordeskatvermoens met verhoogde ouderdom, ten opsigte van beide die grootte en diepte van die leksikon volgens universele en dus voorspelbare ontwikkelingstadia en -patrone, word algemeen in'die literatuur vermeld (Owens, 1995). Daar kan derhalwe verwag word dat kinders se puntetellings vir 'n woorde- skattoets met ouderdom sal toeneem en dat populasiegroepe waarvoor die toets eenders funksioneer soortgelyke toenames sal vertoon (Jensen, 1980). Indien 'n toets dieselfde konstruk by twee groepe meet, moet beide toetse dus 'n positiewe korrelasie tussen roupunte en ouderdom vertoon. Informele, visuele analise van die rekenkundige gemiddeldes van die verskillende ouderdomsgroepe, wat in Tabel 1 verskaf is, dui daarop dat be ide die normgroep en navorsingsgroep se gemiddelde prestasies op die toets verhoog met ouderdom. Die verskil tussen die gemiddelde prestasies van die 10-jarige en 7-jarige ouderdomsgroepe van die normgroep (144-107 = 37) en navorsingsgroep (132- 95 = 37) stem ooreen. By beide groepe het die ouderdoms- toename 'n verhoging van 37 roupunte meegebring. Die twee groepe se roupunte vertoon ook 'n soortgelyke toename vir elk van die drie-maande-ouderdomsubgroepe. Die gemiddeldes van die 10:00 - 10:02- jarige en 10:03 - 10:05- jarige subgroepe verskil byvoorbeeld by beide groepe met 1 roupunt, terwyl die gemiddeldes van die ander 10- jaarsubgroepe by be ide groepe telkens met 2 roupunte van mekaar verskil. Dit blyk dat die ARW (1994) by albei groepe tussen die woordeskatvermoens van kinders van verskil- lende ouderdomme differensieer. Aangesien gelyke toenames in ARW-tellings met verhoging van ouderdom by die groepe voorkom, kan die afleiding gemaak word dat reseptiewe woordeskat- ontwikkeling, soos dit deur die ARW (Buitendag, 1994) . gemeet word, bykans eenders in die twee groepe verloop en dat die toets dieselfde vermoe eenders by die twee groepe meet. Die ooreenstemmende toename in die navorsings- , groep en normgroep se ARW-tellings met ouderdom dien as gedeeltelike bewys dat die ARW (Buitendag, 1994) in 'n groot mate dieselfde konstruk by die twee groepe meet. Op grond van die toets se ooreenstemmende i1nterne konsekwentheid, rangordes van itemmoeilikheid (interne kriteria), en verband met ouderdom (eksterne krit~rium), is die gevolgtrekking bereik dat die toets dieselfde kOhstruk by die twee groepe meet, dit wil se grootliks nie-sydig ten I opsigte van konstrukgeldigheid is. Die afwesighe,d van sydigheid in konstrukgeldigheid dui volgens Jensen (1980) ~an dat die verskille tussen die gemiddelde toetsprestasies van groepe werklike verskille in die vermoe reflekteer en nie aan kulturele sydigheid toegeskryf kan word nie. Die afwesigheid van sydigheid in die konstrukgeldigheid van intelligensie- en aanlegtoetse is 'n algemene bevinding in oorsese navorsing (Jensen, 1980) en is ook in Suid-Mrika gevind (Owen, 1995). Die algemene bevinding van die afwesigheid van konstruksydigheid in toe'tse, hou belangrike implikasies vir die ontwikkeling van gemeen- skaplike toetse vir verskillende bevolkingsgroepe in. Die verskille tussen die groepe se vermoensvlakke is nie so groot dat verskillende toetse opgestel moet word nie. Dit impliseer verder dat verskille in toetsprestasies nie noodwendig die konstrukgeldigheid van 'n toets belnvloed nie. Die afwesigheid van konstruksydigheid sluit egter nie die moontlikheid uit dat sydige items 'n groep se vermoe as gevolg van linguistiese en ander sosiale veranderlikes The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 19 sistematies kan onder skat nie (Osterlind, 1983). Indien die Om sydigheid van meerkeusige items se afleiers by doel van die toets is om taal te evalueer, reflekteer verskille kultureel diverse groepe te bevestig, moet die keuse van die in toetsprestasies waarskynlik werklike verskille in die bepaalde afleier na sosiokulturele groeplidmaatskap vermoe wat getoets word en is nie noodwendig die gevolg teruggevoer kan word (Osterlind, 1983). Kwalitatiewe van itemsydigheid nie (Owen, 1995). Moontlike sydigheid foutontleding van die geldentifiseerde items, met verdere van die toetsitems teenoor die navorsingsgroep word voorts bevestiging deur voorbeelde van toetslinge se verbale geevalueer. definisies, het aangedui dat die keuses van die spesifieke 2.4 Evaluering van itemsydigheid 'n Toetsitem kan as sydig beskou word indien dit op 'n sistematiese wyse verskillend funksioneer vir verskillende groepe en indien dit een groep onbillik bo 'n ander bevoordeel. Die blote feit dat groepe se prestasie in 'n item verskil is nie noodwendig 'n aanduiding van sydigheid teenoor die groep met die laer prestasie nie. Daar moet ook by wyse van kwalitatiewe beoordeling bepaal word waarom die item sydig is. Die fundamentclc vraag in itemsydigheid is na die oorsaak van die sydigheid (Owen, 1995). Itemsydigheid is op verskeie maniere geevalueer, naamlik afleierdoeltreffendheid en itemmoeilikheidswaardes, en die resultate word vervolgens bespreek. 2.4.1 DifferensieIe afleierdoeltreffendheid 'n Meerkeusige toetsitem kan as sydig teenoor 'n bepaalde groep beskou word indien een of meer van die afleiers deur meer individue geselekteer word as die korrekte antwoord. Die ARW-items waarvan bepaalde afleiers deur 'n hoer persentasie proefpersone gekies is as die korrekte antwoord, word in Tabel 3 verskaf. Die kieserspersentasie van die afleier en die korrekte antwoord word vir elke item aangedui. Slegs items onder die gemiddelde plafon van die navorsingsgroep se 10-jariges is geldentifiseer, om die invloed van itemmoeilikheidswaarde te beperk. Vit Tabel 3 blyk dit dat die afleiers van 9 items deur 'n groter persentasie proefpersone as die korrekte antwoord gekies is. By item 109 met di~ stimuluswoord onderrig, is die afleier tugtig (antwoordinoontlikheid 2) byvoorbeeld deur 29% meer proefpersdne gekies as die korrekte antwoord onderrig (antwoordmoontlikheid 1). TABEL 3: Items met mooltlike ontoepaslike afleiers I ; ITEM STIMULUS % afleiers hoofsaaklik gebaseer is op geen kennis of gedeeltelike kennis van die betekenis van die stimuluswoord. Gedeeltelike kennis van die betekenis van die stimuluswoord word gereflekteer deur oor- en onderveralgemenings en verskil- lende konnotasies (Duncan, 1989). Geen kennis van die woordbetekenis word gereflekteer deur die gebruik van linguistiese interpretasiestrategiee, lukraak seleksie ofblote raai, en die seleksie van die afleier wat die meeste met die korrekte antwoord ooreenstem (Owen, 1995). Foutontleding vir die evaluering van die toepaslikheid van die afleiers, met inagneming van verbale response, word aan die hand van die volgende voorbeelde gelllustreer: Item 141 (gerf) Item 109 (onderrig) Item 135 (regeer) Item 142 (bot) Item 146 (skerf) Wantjy kerf met hom. (Geen kennis: linguistiese interpretasiestrategie - fonologiese ooreenkoms) Diejonkie se moeder onderrig hom ... sy slat sy boude ani brand. (Gedeel- telike kennls : verskillendekonno- tasie) Hulle regeer oor iets ... hulle fight. (Geen kennis : linguistiese interpre- tasiestrategie - moontlike verwarring met redeneer) Hy spuit die plantjies nat lat hulle kan bot. (Gedeeltelike kennis : blom - oorveralgemening binne dieselfde semantiese kategorie) Oorlat die bak gebreek het ... nou't hy so 'n skerf gekry. Hy't geual. (Gedeelte- like kennis: oorveralgemening binne dieselfde semantiese kategorie) Vit die afleieranalises blyk dit dat die proefpersone se seleksie van die spesifieke afleiers op gebrekkige kennis AFLEIER % % j KORREKTE : ALTERNATIEF (FOUTIEWE ALTERNATIEF) VERSKIL I 109 onderrig (1) 23,9 tugtig (2) 49,8 25,9 117 monument (1) 22,8 piramide (4) 23,4 0,6 135 regeer ( 1) 14,1 rusie/argumenteer (4) 26,3 12,2 136 onluste (2) 13,8 duik (4) en (1) onnutsig 16,0 en 17,0 2,2 en 3,2 141 gerf (2) 10,1 sekel (3) 29,5 29,4 142 bot ( 1) 11,2 blom (3) 17,0 5,8 146 skerf (1) 14,0 kraak (4) 17,7 3,7 147 harpoen (2) 10,1 boemerang (1) en hoepel (3) 13,5 en 15,9 3,4 en 5,8 148 oase (1) 5,8 vulkaan (2) en orkaan (3) 13,3 en 20,8 3,4 en 15,0 Die Suid-Afrikaanse Tydskrifuir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 20 van die betekenis van die toetswoorde gebaseer is en nie die gevolg van sosiokulturele verskille is nie. Die resultate impliseer dat die afleiers nie sydig teenoor die navorsings- groep is nie en gevolglik nie verander of vervang hoef te word nie. Dit dien as verdere bewys van die konstruk- vergelykbaarheid van die toets vir die twee groepe. 2.4.2 Differensiele itemmoeilikheidswaardes 'n Vinnige en eenvoudige metode om 'n voorlopige aanduiding .van die mate van sydigheid van 'n toets te bepaal, is om die moeilikheidswaarde van die items (p- waarde) vir die twee groepe te vergelyk (Osterlind, 1983). Sydigheid kan vermoed word vir enige item waarvan die moeilikheidswaarde van die algemene patroon van wisselende itemmoeilikheid tussen die groepe afwyk. Die ARW (Buitendag, 1994) se roupuntberekening berus op die bepaling van 'n basaal (die hoogste agt opeenvolgende korrekte antwoorde) en 'n plafon (die laagste agt opeen- volgende antwoorde waarin 6 foute voorkom). Gevolglik is aIle items geYdentifiseer wat volgens die navorsingsgroep se itemmoeilikheidswaardes meer as agt plekke van die moeilikheidsrangordening van die item volgens die normgroep verskuif het, met ander woorde items wat merkbaar makliker of moeiliker vir die navorsingsgroep as vir die normgroep is. Die geYdentifiseerde items word in Tabel4 verskaf. Uit Tabel 4 blyk dit dat die itemmoeilikheidswaardes van heelwat items merkbaar van die van die navorsings- groep verskil. 'n Tweerigtingverskil kom voor, naamlik 29 items is vir die navorsingsgroep moeiliker as vir die normgroep en 28 items is makliker. Beide moeiliker en makliker items verskil met soveel as 30 plekke in rangorde van itemmoeilikheid. Item 46 (eekhoring) en item 66 (versier) is byvoorbeeld 30 plekke moeiliker, terwyl item 140 (dronk) 28 plekke makliker is. Sommige items se moeilikheidswaardes vir die navorsingsgroep kan egter laer wees as aangedui, indien die korrekte alternatiewe verbale reponse in berekening gebring sou word, byvoorbeeld item 63 (seel / stamp) en item 72 (skaak / chess). Moontlike sosiokulturele verklarings vir die verskuiwing in rangorde van itemmoeilikheid kan ten opsigte van verskeie items gelewer word. Die merkbare laer moeilik- heidswaarde van item 140 (dronk) hou waarskynlik verband met die hoe voorkoms van drankmisbruik in die kleurling- gemeenskap (Booyens, 1996; AttweIl, 1997), en item 122 (jles) waarskynlik met die feit dat baie ouers skofte werk of ver van die huis af werk en daagliks kospakkies en 'n fles koffie of tee saamneem. Flesse word ook nog dikwels gebruik in huise wat nie van elektrisiteit voorsien is nie (Booyens, 1996). Die hoer moeilikheidswaarde van item 68 (eek- horing), item 29 (seekoei) en item 32 (pikkewyn), kan byvoorbeeld na aIle waarskynlikheid aan sosio-ekonomiese redes toegeskryf word, aangesien die diere nie algemeen voorkom nie, en baie kinders weens beperkte reisge- leenthede en ander inligtingsmedia nie die nodige blootstelling gehad het nie. Dit blyk dat verskeie ARW-items vir die navorsingsgroep moeiliker is as vir die normgroep op grond waarvan hulle as onbillik of sydig teenoor die navorsingsgroep bestempel kan word. 'n Gelyke aantal items is egter vir die navorsings- groep makliker as vir die normgroep, en behoort dan weer as sydig ten voordeel van die navorsingsgroep beskou te word. By die interpretasie van toetssydigheid op grond van wissellende itemmoeilikheidswaardes, moet in ag geneem Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw word dat itemmoeilikheidswaardes tussen groepe, asook by dieselfde groep van een toepassing van die toets na 'n ander, altyd sal wissel. Alhoewel individuele items se moeilikheidswaardes verskil, is die rangordekorrelasie tussen die twee stelle rangordes van itemmoeilikheid hoog, naamlik rho = 0,97 (vergelyk Figuur 1), wat impliseer dat die oorspronklike items en itemrangorde vir die navorsings- groep behou kan word. Die onbeduidende invloed van die afwykende items is te danke aan die deeglike voorsorg teen potensiele bronne van sydigheid teenoor ander groepe wat tydens die oorspronk- like ontwerp van die toets ingeskakel is, naamlik die vroegtydige uitskakeling van opsigtelik kultuurspesifieke items, en die daarstelling van 'n bree itemspektrum en groot kritiese reeks per ouderdomsgroep, wat die invloed van sydige items op die gemiddelde neutraliseer (Jensen, 1980). Die ARW (Buitendag,1994) is sover bekend die enigste woordeskattoets om hierin te slaag. Die evaluasies van die interne konsekwentheid, rangorde van itemmoeilikheid, kriteriumverwantheid en item- geldigheid van die toets oor die groepe dui aan dat die ARW (Buitendag, 1994), ten spyte van verskille tussen die groepe se gemiddeldes, betroubaar en geldig vir die evaluering van taalafwykings by die navorsingsgroep (as geheel) is. Tydens die taalevaluering van kinders vanuit kultureel en linguisties diverse groepe is dit egter essensieel om intrakulturele subgroepverskille in aanmerking te neem (Taylor & Clarke, 1994; Hegde & Davis, 1995; Valdes & Figueroa, 1995). Vanwee die algemene konsensus in die literatuur oor die deurslaggewende rol van sosio- ekonomiese status in taalontwikkeling en taalgebruik (Edwards, 1989; Abudarham, 1995), word die invloed van sosiale veranderlikes op die navorsingsgroep se ARW- tellings vervolgens ondersoek. 3 DIE VERBAND TUSSEN SOSIO-EKONOMIESE STATUS EN ARW-TELLINGS Die invloed van sosio-ekonomiese status op die navor- singsgroep se ARW-tellings is ondersoek om as 'n moontlike verklaring te dien vir die puntevariansie ten opsigte van die normgroep. Die proefpersone se sosio-ekonomiese status is aan die hand van Van den Berg (1991) se SED-kaelys geevalueer, waarvolgens die proefpersone in t~e~ sosio- ekonomiese statusgroepe ingedeel is, naamlik 'rr sosio- ekonomies gedepriveerde groep en 'n sosio-ekonomies nie- gedepriveerde groep. i I I 3.1 Vergelyking van die gemiddeldes van die sosio- ekonomiese subgroepe van die navorsingsgroep Die sosio-ekonomies gedepriveerde proefpersone en sosio-ekonomies nie-gedepriveerde proefpersone se gemiddeldes is met mekaar vergelyk om moontlike subgroepverskille te bepaal. Die resultate, wat in Tabel 5 verskyn, dui aan dat sosio-ekonomies gedepriveerde proefpersone swakker as sosio-ekonomies nie-gedepriveerde proefpersone pre steer het. Die verskil tussEln die gemid- deldes van die twee sosiale klasgroepe van 16 roupunte of 9 standaardtellingekwivalente is beide statisties beduidend. Ondersteuning vir die bevinding dat .sosio-ekonomiese status 'n beduidende invloed op'woordeskattoetsprestasie het, word algemeen in die'literatuur aangetref (Dunn & Dunn, 1981; Alant & Beukes, 1986; Washington & Craig, 1992). Die relayewe laer toetsprestasies van sosio- The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 21 TABEL 4 : Items waarvan die moeilikheidsgraad merkbaar vir die groepe verskil OPWAARTSE VERSKUIWING AANTAL PLEKKE AFWAARTSE VERSKUIWING (MOEILIKER) VERSKUIF (MAKLIKER) 55. anker 90. fiks 58. swaard * 10 138. ventileer 97. kokon 72. skaak * - 40. ghitaar 127. skarnier 12 50. buk 135. regeer 62. loer 142. bot 79. sproet 13l. reptiel 65. bIer 77. ontsnap 13 136. onluste 32. pikkewyn 106. letter 47. elmboog 14 148. oase 4l. dek 69. lui 54. tref 15 14l. gerf 29. seekoei 95. graan 42. skakel * 16 102. eetgerei 119. afrig 134. gehoor 145. violis 82. rat * 70. spoor 17 132. medies 153. bouvallig 63. seEH * 18 155. afknou 19. skeidsregter 19 74. gewapen I 83. half i 112. vaatjie I 20 122. fles I 22 56. reisies I 23 ! 80. langs I 117. monument I 24 7l. snoet , , 124. fotograaf , ./ 25 110. trofee 26 99. beroof 108. paar 94. ponie 27 100. streel 28 140. dronk 109. onderrig 29 46. eekhoring 30 68. versier 30 I * Woorde waarvoor toepaslike alternatiewe response gelewer is en die werklike moeilikheidswaarde derhalwe waarskynlik laer is. Die Suid-Afrikaanse Tydskrifuir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 22 ekonomies gedepriveerde kinders word nie aan gebrekkige vermoens toegeskryf nie, maar aan sosiale veranderlikes. Die uitgangspunt is dat sosio-ekonomies gedepriveerde kinders onregverdig gepenaliseer word deur gestandaar- diseerde toetse, wat gewoonlik op die standaardvarieteit en kulturele agtergrond van blanke middelklaskinders gebaseer is, aangesien hulle nie dieselfde kwantitatiewe en kwalitatiewe linguistiese blootstelling en ervarings- geleenthede as kinders uit die middel en hoer sosiale klasse gehad het nie (Edwards, 1989). 3.2 Verskille tussen die gemiddeldes van die sosio- ekonomiese subgroepe en die normgroep Die gemiddelde van die 7- en 10-jarige proefpersone van die normgroep is met die gemiddeldes van die totale navorsingsgroep, die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde subgroep en die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep vergelyk. Volgens die resultate, wat in Tabel 6 weergegee word, verskil die gemiddeldes van die navorsingsgroep (113) en normgroep (125) met 12 roupunte. Die gemiddeldes van die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde groep (122) en die navorsingsgroep (125) se gemiddeldes verskil baie min (3) van mekaar. 'n Roupuntverskil van 3 is nie prakties betekenisvol nie. Die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se gemiddelde (106) is egter laer as albei die ander groepe .se gemiddeldes. Dit is 19 roupunte laer as die van die normgroep, maar ook 16 roupunte laer as die gemiddelde (122) van die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde groep. Die resultate impliseer dat die verskil tussen die gemiddeldes van die normgroep en die totale navorsingsgroep tot 'n groot mate die gevolg is van sosio-ekonomiese verskille en dat die toets toepaslik is vir die sosio-ekonomies nie- gedepriveerde groep, maar nie vir die sosio-ekonomies gedepriveerde groep nie. Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw Dit blyk dat sosio-ekonomies nie-gedepriveerde proef- persone se ARW-prestasie in 'n groter mate met die gemiddelde van die normgroep ooreenstem as met die van die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep sowel as die totale navorsingsgroep. Aangesien die gemiddelde van die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde subgroep so nou met die van die normgroep ooreenstem, kan beweer word dat die toets vir hulle toepaslik is. Daar kan egter verwag word dat die toets sydig teenoor'n sosio-ekonomies gedepriveerde groep kan wees. Die implikasie hiervan is dat prosedures oorweeg moet word om die toets se toepaslikheid vir sosio- ekonomies gedepriveerde kinders vanuit die kleur- linggemeenskap te verhoog. Die resultate dui daarop dat die intragroepsvariasie wat sosio-ekonomiese status betrefby die navorsingsgroep groter is as die interkulturele verskille tussen die navorsingsgroep en die normgroep. Hierdie bevinding ondersteun die uitspraak van Marais (1968) dat die Afrikaanssprekende blanke gemeenskap en kleurlinggemeenskap dieselfde kultuur deel en dat verskille tussen die twee groepe hoofsaaklik aan die algemene laer sosio-ekonomiese status van die kleurlinggemeenskap toegeskryfkan word. Die sosio- ekonomiese oorsake van linguistiese verskille in die kleurlinggemeenskap is ook in die navorsing van Coetzee (1989) aangetoon, naamlik dat die gestigmatiseerde taalvorme tot 'n goter mate in die taalgebruik van die laer sosiale klasgroepe voorkom. Alhoewel die meeste nie- Standaardafrikaanssprekers nie slegs hulle eie varieteit magtig is nie, vertoon kinders van die laer sosiale klas dikwels ontoereikende beheer oor die standaardvarieteit weens gebrekkige standaardtaalblootstelling. Die ARW - (Buitendag, 1994), wat in Standaardafrikaans opgestel is, kan gevolglik linguistiese sydigheid teenoor die groep inhou. Verskillende alternatiewe vir die aanpassing van die toets om potensiele sydigheid te verminder, word vervolgens ondersoek. TABEL 5 : Roupunte vir sosio-ekonomies gedepriveerde en nie-gedepriveerde kinders ** PROEFPERSONE SED-INDEKS* N x 0 434 104,8711 1 516 95,9030 VERSKIL 8,9681 p 0,0001 Sosio-ekonomiese deprivasie-indeks : o = nie sosio-ekonomies gedepriveerd nie 1 = sosio-ekonomies gedepriveerd STE ROUPUNTE S x S I i 14,5645 121,7627 22,7133 I 13,9984 105,7345 24,5122 I I 0,5661 16,0282 -1,7988 0,0001 I I TABEL 6: Roupunte vir die normgroep en sosio-ekonomiese subgroepe van die navorsingsgroep x NORMGROEP 124,66 / NAVORSINGSGROEP: • NIE-SED SUBGROEP 121.76 • TOTALE GROEP 113.16 • SED SUBGROEP 105.74 VERSKIL 2,90 11,44 18,92 The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Af ·kaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): rl l.kheid vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders Toepas I 23 4 TOETSAANPASSINGSMOONTLIKHEDE wat 'n toetsling verkeerd beantwoord het en toepaslike Verskillende toetsaanpassingsmoontlikhede is onder- ek naamlik aanpassing van die rangorde van item-so , moeilikheid, toetsbeginpunte en roupunte. 4.1 Aanpassing van rangorde van itemmoeilikheid Toetse se rangorde van itemmoeilikheid word soms aangepas om dit meer toepaslik vir individue van verskillende kultuurgroepe te maak (Alant & Beukes, 198~). Die hoe rangordekorrelasie (rho = 0,974) tussen dIe navorsingsgroep se twee stelle rangordes dui aan dat die ARW (Buitendag, 1994) se oorspronklike rangorde van itemmoeilikheid vir die navorsingsgroep behou kan word. 4.2 Aanpassing van toetsbeginpunte Die ARW (Buitendag, 1994) se toetsitems is volgens stygende moeilikheidsgraad gerangskik en vasgestel sodat 85% van die normgroep wat in 'n bepaalde chronologiese ouderdomsgroep val 'n basaal kan bereik, sonder dat daar terugwaarts getoets moet word of dat toetslinge te veel maklike items moet aile. Aangesien die navorsingsgroep swakker op die toets pre steer het as die normgroep (vergelyk Tabel 1), kan daar verwag word dat die toets- beginpunte waarskynlik vir kinders vanuit die kleurling- gemeenskap te hoog sal wees. . Uit 'n analise van die itemmoeilikheidswaardes het dit geblyk dat die toetsbeginpunte vir die navorsingsgroep heelwat verlaag moet word. Die voorgestelde toetsbegin- punte volgens die navorsingsgroep se prestasie, word in Tabel 7 tee no or die van die normgroep gestel. Uit Tabel 7 blyk dit dat die basale wat deur 85% van die 7 -jarige en 10- jarige proefpersone bereik is, naamlik item 45 en item 82 respektiewelik, beide 24 items laer is as die bas ale wat deur 85% van die normgroep se 7- en 10-jariges bereik is. Die resultate impliseer dat die toetsbeginpunte van die ARW (Buitendag 1994) vir beide 7-jarige en 10-jarige kleurlingkinders ~et 24 ite~s vervroeg behoort te word, om terugwaartse toetsing te (erhOed of te beperk. 4.3 Aanpassing van roupunte Aangesien die ontwikkeliJg van nuwe norme vir kinders vanuit die kleurlinggemeen$kap nie sosiopolities wenslik is nie (Owen, 1995) en nie prakties geregverdig kan word nie omdat die sosio-eko1nomies nie-gedepri veerde pro~fpersone se toetstelling,s met die standaardiserings- groep se tellings ooreenstem, is roupuntaanpassing as alternatief ondersoek. Die toetsresponstaak en nasienprosedure is aangepas deur addisionele verbale reponse te ontlok op aIle items TABEL 7 : Voorgestelde toetsbeginpunte volgens 85%-itemmoeilikheidsgraad vir die norm- en navor- singsgroep VOORGESTELDE TOETSBEGINPUNT I OUDERDOMS- NORM- NAVORSINGS- GROEP GROEP GROEP 7-jariges 69 45 10-jariges 1106 82 verbale response korrek te merk. Die groep se gemiddeldes volgens die aangepaste toetsprosedure (roupunt 3) en oorspronklike toetsprosedure (roupunt 1) is voorts met mekaar vergelyk. Die resultate word in Tabe18 weergegee. Die gegewens in Tabel 8 dui aan dat die aanpassing van die toetsresponstaak en nasienprosedure 'n geringe verhoging van 1,5794 in die gemiddelde toetsprestasie van die navorsingsgroep tot gevolg gehad het, wat statisties beduidend bevind is. 'n Verskil van 2 roupunte in prestasie op die ARW (1994), wat 'n verskil van 1 of uiters 2 stan- daardtellingekwivalente vir enige ouderdomsgroep uitmaak, is egter nie prakties beduidend vir die identifisering van reseptiewe woordeskatafwykings nie. Sodanige verskil kan veral as onbenullig beskou word as daar rekening gehou word met die vertrouensintervalle wat vir die toets aangedui is. Aangesien die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se ARW-tellings laer is as die van die sosio-ekonomies nie- gedepriveerde subgroep en gestigmatiseerde taalvorms veral met die taalgebruik van die laer sosiale klasse geassosieer word (Coetzee, 1989), moet die moontlike differensHile invloed van roupuntaanpassing op die prestasies van die twee sosio-ekonomiese subgroepe ook in aanmerking geneem word by die oorweging van roupunt- aanpassing. In die lig daarvan dat die sosio-ekonomies nie- gedepriveerde subgroep se ARW-tellings met die normgroep s'n ooreenstem, kan daar verwag word dat prestasie- verhoging met roupuntaanpassing hoofsaaklik op die sosio- ekonomies gedepriveerde subgroep betrekking sal he. Die verskil tussen die gemiddeldes van die sosio-ekonomiese subgroepe volgens die oorspronklike (roupunt 1) en aangepaste responstaak en nasienprosedure (roupunt 3) word vervolgens in Tabel 9 aangedui. Uit Tabe19 blyk dit dat die regmerk van korrekte verbale response 'n gemiddelde verhoging van 1,56 roupunte by die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep teweeg gebring TABEL 8: Roupuntverhoging deur die regmerk van verkeerd beantwoorde items waarop korrekte verbale response gelewer is VERANDERLIKE x S N ROUPUNT 1 113,0568 25,0054 950 ROUPUNT3 114,6362 34,3716 950 ROUPUNT3 - ROUPUNT 1 1,5794 p 0,0001 TABEL 9 : Differensiele roupuntverhoging by die sosio-ekonomiese subgroepe VERANDERLIKE NIE-SED SED (N = 431) (N = 580) ROUPUNT1 121,76 105,74 ROUPUNT3 121,79 107,30 ROUPUNT3 - ROUPUNT1 0,04 1,56 p 0,4520 0,0001 Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 24 het. Die verskil tussen die roupuntgemiddeldes is statisties beduidend (p = 0001), maar is nie vir die praktiese gebruik van die toets betekenisvol nie. Die sosio-ekonomies nie- gedepriveerde groep se gemiddeldes verskil nie statisties beduidend (p = 0, 4520) nie en word vir praktiese doeleindes gelyk geag. . Aangesien die verhoging van die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se gemiddelde nie prakties betekenisvol is nie, kan die afleiding gemaak word dat die toets se oorspronklike responstaak en nasienprosedures vir kleurlingkinders van beide die sosio-ekonomiese groepe toepaslik is. Alhoewel die regmerk van verkeerd beant- woorde items waarop korrekte verbale response gelewer is nie die gemiddeldes van die totale groep of die sosio- ekonomiese subgroepe betekenisvol belnvloed het nie, bestaan die moontlikheid steeds dat individuele toets- prestasie betekenisvol daardeur verhoog kan word. 5 SAMEVATTING OOR GROEPSVERSKILLE Die groepsverskille tussen die normgroep, navorsings- groep en verskillende sosio-ekonomiese subgroepe word in terme van die vertrouensintervalle vir die ware tellings en die prestasieverspreidings op die normale verspreidings- kurwe bespreek. 5.1 Interpretasie van verskille tussen gemiddeldes volgens vertrouensintervalle van ware tellings Tydens die interpretasie van taaltoetstellings moet in ag geneem word dat 'n toetstelling (verkree telling) nie 'n Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw presiese meting is nie, maar'n skatting van die ware telling is. Die ware telling is altyd onbekend en sal weens toevallige foute met herhaalde toetstoepassings altyd varieer. Die verkree telling moet gevolglik in terme van die standaard- metingsfout (smf) gelnterpreteer word. Die standaard- metingsfout gee 'n aanduiding van die grense waarbinne die individu se gehipotetiseerde ware telling waarskynlik volgens 'n bepaalde mate (95% of 99%) van sekerheid of vetroue gelee is (Owen, 1995). Indien groepe se gemiddeldes vergelyk word om groepsverskille te bepaal, moet die vertrouensintervalle waarbinne die lede se ware tellings waarskynlik Ie derhalwe ook in aanmerking geneem word. Figuur 2 illustreer die oorvleueling van die vertrouens- intervalle vir die normgroep, totale navorsingsgroep en twee sosio-ekonomiese subgroepe se ware tellings in die oorspronklike toets, asook vir die navorsingsgroep en sosio- ekonomiese subgroepe se ware tellings (roupunte 3) in die aangepaste toets, volgens die 95%-vertrouensinterval. Uit Figuur 2 blyk dit dat die navorsingsgroep (en subgroepe) se vertrouensintervalle, waarbinne die ware telling 95 uit 100 kere sal val, almal in 'n meerdere of mindere mate met die van die navorsingsgroep oorvleuel. Die vertrouensintervalle vir die sosio-ekonomies nie- gedepriveerde subgroep stem grootliks met die van die normgroep ooreen, wat die toepaslikheid van die toets vir die subgroep bevestig. Die vertrouensintervalle vir die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se ware tellings in die oorspronklike en aangepaste toets oorvleuel die minste met die van die normgroep (en sosio-ekonomies nie-gedepriveerde sub- / o - 90 .... 95 .... 100 .... 105 .... 110 .... 115 .... 120 .... 125 .... 130 .... 135 .... 140 - 175 ARW-ROUPUNT FIGUUR 2: Verskille tussen gemiddeldes met inagneming van 95%- vertrouensinterval vir ware tellings The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): . Toepaslikheid vir 'n Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 25 oep). Die onderste grens van die vertrouensinterval vir ~e normgroep val bo die gemiddelde van die sosio- ekonomies gedepriveerde subgroep (met of sonder roupuntaanpassing), en oorvleuel met ander woorde slegs met teIlings bo die subgroepgemiddelde. Die resultate wek die suspisie dat die toets ontoepaslik is vir ongeveer die helfte van die groep (lae presteerders) en vestig weereens die aandag op die bestaan van aansienlike linguistiese variasie binne die laer sosio-ekonomiese groep. 5.2 Interpretasie van verskille tussen gemiddelde standaardtellingekwivalente volgens versprei- ding op normale kurwe Die toepaslikheid van die ARW-norme kan ook geeva- lueer word in terme van die navorsingsgroep se prestasie- verspreiding op die normale verspreidingskurwe. In Figuur 3 word die standaardteIlingekwivalentverspreiding van die navorsingsgroep en die twee sosio-ekonomiese subgroepe op die normale verspreidingskurwe uitgebeeld. Volgens Figuur 3 het 47% van die kinders in die totale navorsingsgroep onder die gemiddelde standaardteIling- ekwivalent van 100 pre steer, en 33% van die sosio- ekonomies nie-gedepriveerde subgroep. Die prestasie- verspreiding van beide stem grootliks ooreen met die van die normgroep. Die verspreiding van die sosio-ekonomies gedepriveerde groep verskil egter merkbaar van die ander groepe. Dit blyk dat 60% sosio-ekonomies gedepriveerde kinders onder die gemiddelde van die normgroep presteer het, waarvan 37,'75% bo en 22,91 % onder een standaard- afwyking onder die gemiddelde teenoor die normgroep se verspreiding van 34,14% en 15,86% respektiewelik. Die grootste variansie Ie dus aan die onderste punt van die kurwe. Indien een standaardafwyking onder die gemiddelde as 'n klinies beduidende afsnypunt gebruik word (Washing- ton & Craig, 1992), blyk dit dat 22,44% van die kinders woordeskatafwykings het. ; I Persentasie gevalle onder gedeeltes van die normale verspreidingkkurwe \ 2,27% 013% 214% S -4S -3S STE 40 55 Persentiel 1 Totale navorsingsgroep 2,45% Nie-SED subgroep 1,39% SED subgroep I 3,35% 1359% 3413% -2S -IS 70 85 2 5 10 20 30 40 13,52% 8,76% 6,96% 23,21% 19,09% 33,46% Die swakker prestasie van die sosio-ekonomies gedepriveerde groep kan, soos dikwels in die literatuur (Washington & Craig, 1992), aan sydigheid weens kultuur- verskille toegeskryf word. Gesien in die lig van die groep se sosiokulturele agtergrond is die waarskynlikheid egter groot dat die swak prestasie werklike gebrekkige woorde- skatvermoens reflekteer. Vermoens word deur verskillende veranderlikes bepaal, onder andere genetiese faktore, die hoe insidensie van bepaalde fisiese gebreke en siekte- toestande soos gehoorpatologie en fetale alkoholsindroom (Claassen, 1989; Owens, 1995; Attwell, 1997), en ontoe- reikende taal- en kognitiewe stimulasie wat met armoede, die dikwels lae opvoedingspeil van die ouers en leemte aan voorskoolse onderwys geassosieer word (Booyens, 1996). Die primere doe I van enige toets is om tussen individue wat oor verskillende vlakke van 'n bepaalde vermoe beskik te diskrimineer, oftewel goeie presteerders van swak presteerders te onderskei (Jensen, 1980). Aangesien die ARW (Buitendag, 1994) se inhoud op normale ontwikkeling gebaseer is en 'n verteenwoordigende monster van nie- kultuurspesifieke leksikale items is; kinders van aIle sosiale klasse ewekansig by die toets se standaardiseringsteekproef ingesluit was; daar reeds by wyse van roupuntaanpassing vir linguistiese sydigheid gekompenseer is; die prestasiec verspreiding van die groep steeds oor die totale spektrum van die normale kurwe strek en ARW-prestasie met skoolprestasie korreleer, word die gevolgtrekking bereik dat die laer prestasie waarskynlik werklik gebrekkige woordeskatvermoens aandui en nie noodwendig sosio- ekonomies of etniessydig is nie. 6 KWALITATIEWE FOUTANALISE Die moontlike aanpassing van die ARW (Buitendag, 1994) is tot dusver slegs vanuit die oogpunt van 'n verskil tussen die groepgemiddeldes ondersoek. Ontleding van individuele toetsresponse het egter aangedui dat toepaslike altern a- 3413% 1359% 2,27% 214% 013% & +lS +2S +3S +4 100 115 130 145 170 50 60 70 80 90 95 98 99 35,38% 13,12% 2,13% 39.57% 21,34% 3,02% 31,96% 6,30% 1,38% FIGUUR 3: Standaardtellingekwivalentverspreiding op die normale verspreidingskurwe Die Suid-Afrikaanse Tydskrifuir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 26 tiewe verbale reponse by heelwat sosio-ekonomies gedepri- veerde proefpersone voorgekom het. Die aangepaste responstaak en nasienprosedure het ook in enkele gevalle 'n aansienlike verhoging in individuele toetsprestasies teweeggebring. Die resultate verskyn respektiewelik in Tabel 10 en Tabel 11. TABEL 10: Frekwensie van voorkoms van korrekte alternatiewe verb ale response AANTAL AANTAL ALTERNATIEWE PROEFPERSONE VERBALE RESPONSE 1-3 84 (16,5%) 1 56 (11,02%) 2 24 (4,72%) 3 4 (0, 78%) Uit Tabel10 blyk dit dat korrekte alternatiewe response, meestal Engelse woorde, by 84 (16,5%) van die proefpersone voorgekom het. By 56 (11,02%) het korrekte alternatiewe response slegs een keer voorgekom, by 24 (4,72%) proefpersone 2 keer, en by slegs 4 (0,78%) proefpersone 3 keer. Uit hierdie gegewens blyk dit dat indien die alternatiewe verbale response reggemerk word, individuele prestasie met hoogstens 3 roupunte verhoog. In gevalle waar die regmerk van toepaslike alternatiewe response egter 'n verskuiwing van die proefpersoon se basaal en/of plafonitem veroorsaak het, is 'n groter verskil in die roupunt soms teweeggebring, soos in Tabel 11 aangedui. TABEL 11: Verhoging van individuele roupunte deur die regmerk van korrekte alternatiewe verbale response AANTAL AANTAL PROEFPERSONE ROUPUNTE 67 1 12 2 4 3 7 4 1 5 1 6 3 7 1 9 1 11 1 17 1 27 Volgens Tabel 11 wissel die prestasieverskille wat deur roupuntaanpassing teweeggebring is tussen 1-27 roupunte. Alhoewel klinies betekenisvolle verskille slegs by twee proefpersone voorgekom het, hou die verskynsel belangrike implikasies vir die evaluering van nie-standaardtaal- sprekende kinders in, naamlik die gevaar dat 'n kind met normale nie-standaardtaalvermoens vanwee taalverskille foutiewelik as taalafwykend gediagnoseer kan word. Onderkompensasie vir die kind se varieteit en gevolglike foutiewe diagnose van taalpatologie en ontoepaslike behandeling, kan frustrasie en negatiewe selfbeeld- ontwikkeling by die kind veroorsaak. Oorkompensasie vir taalverskille kan weer daartoe lei dat 'n taalafwyking in Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw die kind se fokale varieteit nie geYdentifiseer word nie en die taalgestremde nie-standaardtaalsprekende kind van noodsaaklike taalintervensie weerhou word (Adler, 1990). Die spraak-taalterapeut moet gevolglik deurgaans bedag wees op individuele variasie en verallet op die frekwensie waarmee verbale alternatiewe gelewer word en die opeenvolging daarvan, wat basaal- en plafonverskuiwings kan veroorsaak (Abudarham, 1995). 'n K wantitatiewe en kwalitatiewe foutontleding is verder uitgevoer om te bepaal by watter items alternatiewe korrekte verbale response die meeste voorgekom het en wat die aard daarvan is. In Tabel 12 word die stimuluswoorde (en afleiers of foutiewe antwoordmoontlikhede wat gekies is) volgens die persentasie toetslinge wat die bepaalde afleier gekies het, aangebied. Uit Tabel12 blyk dit dat daar by die 7-jariges alternatiewe korrekte verbale response by 22 items voorgekom het, en by 10-jariges slegs by 10 items. Die alternatiewe verbale response wat gelewer is, is meestal Engelse woorde. Dit is belangrik om daarop te let dat die woorde nie vir die kinders Engels is nie, maar Afrikaans is en die enigste vorm wat hulle ken (Dreyer, 1986). By die meeste van die items het 'n groter persentasie 7- jariges alternatiewe Engelse response gelewer as die 10- jariges. Hierdie bevinding kan moontlik toegeskryf word aan die 10-jariges se langer blootstelling aan en groter kennis van Standaardafrikaans. Die relatiewe laer voorkoms van bepaalde alternatiewe (march, referee, judge, actor en bishop) by die 7 -jariges kan heel waarskynlik daaraan toegeskryfword dat minder 7 -jariges as 10-jariges die items afgele het weens hulle hoer moeilikheidswaardes. By nadere beskouing blyk dit dat enkele van die Engelse woorde die Afrikaanse morfologiese onderbou reflekteer, byvoorbeeld gehit (getref). Die Engelse woorde is ook algemeen met die ekstreme Afrikaanse aksent uitgespreek, byvoorbeeld [stEmp] vir stamp. Die waarnemings sluit aan by die uitsprake van onder andere Dreyer (1986) oor die kenmerke van die varieteit. Aangesien 83% van die kleurlinggemeenskap Afrikaans eentalig as moedertaal besig, verteenwoordig hulle Engels die strukturele en fonologiese onderbou van Afrikaans. Alternatiewe Afrikaanse woorde het slegs by twee items voorgekom. Die meer informele en algemene vorm:bel is as alternatief vir skakel verskaf. Die algemen,e vorm paddastoel en minder algemene vorm duiwelsbro9d is as alternatiewe vir sampioen verskaf. Daar kan gespekuleer word dat bepaalde toetswoorde, byvoorbeeld safnpioen, ontoepaslik is, aangesien hulle hoer moeilikheidswaarde I op seldsaamheid berus (Jensen, 1980). Die argu~ent is egter nie aanvaarbaar nie, aangesien die Engelse vorm mushroom meer algemeen as alternatief gelewe'r is en waarskynlik ook 'n moeiliker term as paddastoel is. Die alternatiewe figuurlike term duiwelsbrood, wat na 'n giftige sampioen verwys, weerspreek ook die uitspraak. Bykomend tot die bogenoemde alternatiewe, is spontane verbale response deur etlike proefpersone gelewer, byvoorbeeld penguin vir pikkewyn, gears vir ratte en smart vir deftig, alhoewel die stimuluswoorde bekend was en korrekte prentvoorstellings daarvan geYdentifiseer is. Hierdie response, wat in Tabel 13 verskyn, verskaf 'n aanduiding van items waarvan die Afrikaanse vorm moontlik vir ander toetslinge onbekend ,kan wees, en moet dus ook deur die spraak-taalterapeut in gedagte gehou word tydens die toepassing van die toets op Niestandaard- afrikaanssprekende kinders. Uit die verbale responsanalise blyk dit duidelik dat die The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir In Groep Nie·Standaardafrikaanssprekende Kinders 27 meeste alternatiewe response wat verwag kan word Engelse woorde is. Ontleding van die verbale response het verder ook lig gewerp op die toepaslikheid van die itemformaat, naamlik toepaslikheid van die stimulusprente. Uit die proefpersone se verbale woordomskrywings het dit duidelik geblyk dat hulle foutiewe antwoorde nie aan onduidelike of kultuurspesifieke prente, byvoorbeeld die prentjie van item 117 monument , toe te skryf is nie. Die bevindinge impliseer dat die itemformaat nie sydig teenoor die navorsingsgroep is nie. TABEL 12: Toetswoorde en korrekte alternatiewe verbale response volgens frekwensie van voorkoms 7·JARIGES lO·JARIGES TOTALE GROEP (N·471) (N=465) (N=936) ITEM STIMULUS RESPONS FREKW % FREKW % FREKW % 42 skakel dial 7 1,48 7 0,74 bel 1 0,21 1 0,10 58 swaard sword 7 1,48 7 0,74 59 biblioteek library 3 0,63 3 0,32 61 dryf float 9 1,91 9 0,96 63 seel stamp 27 5,73 27 2,88 64 weerlig lightning 1 0,21 1 0,10 67 konstabel traffic cop 1 0,21 1 0,10 68 versier decorate 3 0,63 3 0,32 72 skaak chess 28 5,94 8 1,72 36 3,84 73 juwele jewellery 2 0,42 2 0,21 jewels 1 0,21 1 0,10 76 sampioen mushroom 6 1,27 6 0,64 paddastoel 2 0,42 2 0,21 ~uiwelsbrood 1 0,21 1 0,10 I , 81 kalkoen turkey 12 2,54 2 0,43 14 1,49 I 82 rat I 1 0,21 1 0,10 gears I 86 woestyn hesert 6 1,27 6 0,64 ! 88 gereedskap tools 12 2,54 5 1,07 17 1,81 ! 89 pruik I . 3 0,63 3 0,32 :WIg / 92 neut nut 3 0,63 2 0,43 5 0,53 93 marsjeer march 2 0,42 4 0,86 6 0,64 104 jokkie jockey 1 0,21 1 0,21 2 0,21 107 skeidsregter referee 4 0,84 15 3,22 19 2,02 108 paar pair 1 0,21 1 0,10 115 regter judge 5 1,06 26 5,59 29 3,09 magistraat 129 akteur actor 1 0,21 1 0,10 I 151 biskop bishop 1 0,21 1 0,10 Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 28 TABEL 13: Spontane alternatiewe verbale res- ponse op korrekbeantwoorde toetsitems ITEMNO. TOETSWOORD SPONTANE RESPONS 32 pikkewyn penguin 46 eekhoring squirrel 47 elmboog elbow 54 tref (ge)hit 57 geraamte skeleton 68 versier decorate 77 ontsnap escape 82 rat gears 87 deftig smart 99 beroof (ge)rob 110 trofee trophy 119 afrig coach 134 gehoor audience 136 onluste Cn) riot 151 biskop bishop Thtu 152 gewel gable 167 garnaal prawn GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS Die studie was gerig op die ondersoek van die toe pas- likheid en aanpassingsmoontlikhede van die ARW (Buitendag, 1994). Die resultate dui aan dat die toets reseptiewe woordeskatvermoens konsekwent en akkuraat by kinders vanuit die kleurlinggemeenskap meet. Alhoewel die gemiddelde van die navorsingsgroep laer is as die van die normgroep, is die verskil nie prakties betekenisvol nie. Die tradisionele statistiese tegnieke wat in die studie vir die bepaling van toetssydigheid gebruik is, het nie bewyse van konstruksydigheid en itemsydigheid opgelewer nie. Die vergelyking van die vertrouensintervalle vir die toetsprestasies van die verskillende sosio-ekonomiese subgroepe van die navorsingsgroep met mekaar en met die van die normgroep, het egter bepaalde implikasies uitgelig. Die sosio-ekonomies nie-gedepriveerde subgroep se gemiddelde stem nou met die normgroep se gemiddelde ooreen, wat die toepaslikheid van die toets vir die subgroep bevestig. Die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se gemiddelde is egter statisties beduidend laer as die van die normgroep. Verder val die boonste grens van die vertrouens- interval vir die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep onder die gemiddelde van die normgroep, wat impliseer dat die toetsnorme moontlik ontoepaslik vir kleurlingkinders van die laer sosiale klasse kan wees. Kwalitatiewe ontleding van die foutiewe antwoorde en alternatiewe verbale response het ook aanduidings van itemsydigheid opgelewer. Dit het geblyk dat linguistiese vorm merendeels sydigheid by die sosio-ekonomies gedepriveerde groep meebring, vanwee die hoe voorkoms van Engelse woorde in die varieteit (Dreyer, 1986). 'n Groot mate van intragroep- of individuele variasie is egter waargeneem. In die lig van die ongewensdheid van die ontwikkeling van aparte norme, weens sosiopolitieke oorwegings (Owen, 1995), en die hoe voorkoms van linguistiese variasie in die kleurlinggemeenskap (Coetzee, 1989), blyk toetsaanpassing die aangewese prosedure te wees om die toets se toepaslikheid vir kinders vanuit die kleurlinggemeenskap Mariekie Buitendag, Isabel Uys, Brenda Louw te verhoog. Die volgende aanpassings word aanbeveel: • Op grond van die hoe korrelasie tussen die navorsings- groep se prestasies op die oorspronklike en aangepaste rangordes van itemmoeilikheid blyk dit dat die toets se oorspronklike rangorde van itemmoeilikheid vir die navorsingsgroep behou moet word. • Gesien in die lig van die navorsingsgroep se relatiewe laer gemiddelde, word aanbeveel dat die toetsbegin- punte vir 7-jariges en 10-jariges met 24 items vervroeg moet word, om terugwaartse toetsing te bekamp. • Die toets se oorspronklike prentherkenningsformaat en nasienprosedure kan vir sosio-ekonomies nie-gedepri- veerde kinders behou word, aangesien die subgroep se gemiddelde met die van die normgroep ooreenstem en roupuntaanpassing nie hulle ARW-prestasies beYnvloed het nie. • Alhoewel die aangepaste responstaak en nasienmetode, te wete die regmerk van foutief beantwoorde items waarop korrekte alternatiewe verbale response gelewer is, die sosio-ekonomies gedepriveerde subgroep se gemiddelde met slegs 1,56 verhoog het, is groot verhogings in individuele toetstellings teweeggebring in gevalle waar die aanpassing 'n verskuiwing in die toetsling se basaal enlofplafon veroorsaak het. Op grond van die individuele variasie ten opsigte van die invloed van roupuntaanpassing, word aanbeveel dat die aangepaste toetsprosedure vir aBe sosio-ekonomies gedepriveerde toetslinge gebruik word. Die verandering van die responstaak, naamlik alternatiewe verbale re- sponse, moet behou word eerder as die vertaling en aanbied van verskillende alternatiewe stimuluswoorde, omrede daar aansienlike variasie in die verbale re- sponse wat ten opsigte van 'n bepaalde item gelewer is, voorgekom het. ERKENNINGS Die finansiele bystand van die Sentrum vir Wetenskap· ontwikkeling, en die geografiese stratifisering en steekproef- neming van skole deur Prof D J Stoker van die Buro vir Statistiese en Opnametegnologie, Universiteit van fretoria, word met dank erken. Die navorsing is gebaseer ?p die D. Phil. (Kommunikasiepatologie) van eersgenoemde outeur. VERWYSINGS Abudarham, S. (1995). Conceptual Vocabulary as a Measure of Lexical Proficiency of Dual Language Children. Paper presented at the International Symposium on Communication Disorders in Bilingual PopUlations. Haifa, Israel. 1-4 August. Adler, S. (1990). Multicultural Clients: Implications for the SLP. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 21, 135- 139. Alant, E. & Beukes, S. M. (1986). The Application of the Peabody Picture Vocabulary Test-Revised (PPVT-R) to non-mainstream children. The South African Journal of Comm\tnication Disorders, 33, 7 - 14. Attwell, P. (1997). Tiny Alcohol Victims. News From the World of Medicine. Reader's Digest, June, 79. Bachman, L. F. (1990). Fundamental Considerations in Language Testing. London: Oxford University Press. /' Bebout, L. & Arthur, B. (1992). Cross-Cultural Attitudes Toward Speech Disorders. Journal of Speech and Hearing Research, 35,45-52. Booyens, E. (1996). Persoonlikeonderhoud. Departement van Nasionale Gesondheid, Psigiatriese Dienste, Reigerpark Kliniek, Reigerpark, Boksburg. Buitendag, M. M. (1991). Die opstel en standaardisering van 'n Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets. Ongepubliseerde / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 45, 1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Afrikaanse Reseptiewe Woordeskattoets (ARW): Toepaslikheid vir In Groep Nie-Standaardafrikaanssprekende Kinders 29 M.Log.-verhandeling, Universiteit van Pretoria. Buitendag, M. M. (1994). Die Afrikaanse Reseptiewe Woordeskat- toets. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Buskes, A. (1988). Die Verband tussen Taalbegrip en Woordsom- prestasie by Kleurlingkinders. Ongepubliseerde B.Log.- navorsingsverslag, Universiteit van Pretoria. Claassen, N. C. W. (1989). Die Funksionering van die Algemene Skolastiese Aanlegtoets (ASAT) in Verskillende Groepe. Ongepubliseerde D.Litt et Phil.- proefskrif, Randse Afrikaanse Universiteit. Coetzee, A. E. (1989). Uitspraakvariasie in die Afrikaans van die Johannesburgse Bruin Gemeenskappe: 'n Vergelykende studie. Ongepubliseerde D.Litt. et Phil.- proefskrif, Randse Afrikaanse Universiteit. Dreyer, H. C. (1986). Die beskrywing van Kaapse Afrikaans as 'n varieteit van Afrikaans. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van die Oranje- Vrystaat. Duncan, D. M. (1989). Aspects of the Development of Second Language English. In D. M. Duncan (Ed.) Working with Bilingual Language Disability. London: Chapman & Hall. Dunn, L. M. (1965). Peabody Picture Vocabulary Test. Nashville, TN: American Guidance Service. Dunn, L. M. & Dunn, L. M. (1981). Peabody Picture Vocabulary Test - Revised (PPVT-R). Circle Pines, Minnesota: American Guidance Services. Edwards, J. R. (1989). Language and disadvantage. 2nd ed. London: Whurr. Hegde, M. N. & Davis, D. (1995). Clinical Methods and Practicum in Speech-Language Pathology. 2nd ed. San Diego: Singular Publishing Group. Jensen, A. R. (1980). Bias in Mental Testing. New York: The Free Press. Kayser, H. (1996). Cultural/Linguistic Variation in the United States and its Implications for Assessment and Intervention in Speech-Pathology: An Epilogue. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 27, 385-387. Lane, V. W. & Molyneaux, D. (1992). The Dynamics ofCommu- nicative Development. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice Hall. Leedy, P. D. (1993). Practical Research: Planning and Design. 5th ed. New York: Macmillan. Lidz, C. S. & Pefia, E.D. (1996). DynamicAssessment: The Model, its Relevance as a Nonbiased Approach, and its Application to Latino American Preschool Children. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 27,367-372. Marais, J. S. (1968). The Cape Coloured People. Johannesburg: Witwatersrand University Press. McFadden, T. U. (1996). Creatlng Language Impairments in Typically Achieving Childr.en: The Pitfalls of "Normal" Normative Sampling. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 27, 3-9. i Miller, N. (1988). Some Observa,tions Concerning Formal Tests in Cross-cultural Settings. In N. Miller (Ed.) Bilingualism and Language Disabilities. Assessment & Remediation. London: Chapman and Hall. Osterlind, S. J. (1983). Test item bias. Beverly Hills: Sage Publications. Owen, K. (1995). Toetssydigheid en Toetsbillikheid. In K. Owen & J. J. Taljaard (reds.) Bandleiding vir die gebruik van Sielkundige en Skolastiese toetse van die R.G.N. Hersiene ed. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Owens, J. R. (1995). Language Disorders. A FuncttonalApproach to Assessment and Intervention. 2nd ed. Boston: Allyn & Bacon. Pretorius, A. (1989). Die Afrikaanse Semantiese Taalevalllerings- medium. Clubview, Pretoria: A. Pretorius. Scott, D. M. (1994). Are we Ready for the 21st Century? ASHA, Jan, 47-50. Sentrale Statistiekdiens. (1991). Huistaal volgens ontwikkeling- streek, statistiese streek en distrik. SSD-verslag, no: 03-01- 06. Pretoria: Staatsdrukker. Steyn, A. G. w., Smit, C. F., Du Toit, S. H. C. & Strasheim, C. (1994). Moderne statistiek vir die praktyk. 5de ed. Pretoria: J. L. Van Schaik. Stockman, 1. J. (1996). The Promises and Pitfalls of Language Sample Analysis as an Assessment Tool for Linguistic Minority Children. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 27, 355-366. Stoker, D. J. (1993). Persoonlike Onderhoud. Buro vir Statistiese en Opnamemetodologie, Universiteit van Pretoria. Taylor, O. L. & Clarke, M. G. (1994). Culture and Communication Disorders: A Theoretical Framework. Seminars in Speech and Language, 15,2 103-113. Terblanche, J. P. (1988). Die Toepasbaarheid van die Toets vir Mondelinge Taalproduksie (Vorster, 1980) op Klellrlingkinders in Eersterust. Ongepubliseerde B.Log.-navorsingsverslag, Universiteit van Pretoria. Valdes, G. & Figueroa, R. A. (1995). Bilingualism and Testing: A Special Case of Bias. Norwood, New Jersey: Ablex. Van den Berg, A. R. (1991). Sosio-Ekonomiese Deprivasie-Vraelys. No: 3012. Pretoria: Raad vir GeesteswetenskapJike Navorsing. Van Rensburg, M. C. J. (1991). Soorte Afrikaans. In T. J. R. Botha (hoofred.) Inleiding tot die Afrikaanse Taalkunde. 2de ed. Pretoria: Academia. Vorster, J. (1980). Toets vir Mondelinge Taalproduksie. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Wardhaugh, R. (1988). An Introduction to Sociolinguistics. New York: Basil Blackwell. Washington, J. A. & Craig, H. K. (1992). Performers oflow-income, African-American preschool and kindergarten children on the Peabody Picture Vocabulary Test - Revised. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 23, 329-333. Webb, V. N., Dirven, R. & Kock, E. (1992). Afrikaans: Feite en Interpretasies. In V. N. Webb (red.) Afrikaans nei Apartheid. Pretoria: J. L. van Schaik. Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 45,1998 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 )