25 Sepedi -toets vir Spraakverstaanbaar heid Sunel Fouche en Anita van der Merwe Departement Kommunikasiepatologie Universtiteit van Pretoria OPSOMMING Hierdie studie was daarop gemik om 'n Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid op te stel wat die spraakverstaanbaarheid van die klient objektief kan evalueer en fonetiese inligting sal gee oor die aard van die spraakfoute. Die stzidie het voortgespruit uit die huidige behoefte aan evalueringshulpmiddels in die inheemse tale en dienslewering in die Afrika- tale. Die woorde wat in die toets gebruik is, moes voldoen aan sekere fonetiese kriteria. Woorde en sinne van verskillende lengtes is ingesluit Die prosedures wat deur die toepasser gevolg ·word by die uitvoer van die toets; verskil by moedertaalsprekers en nie-moedertaalsprekers. Nadat die toets sCIamgestel is, is dit ook toegepas op vier disartriesprekers. By die uitvoer van die toets het dit geblyk. dat daar wel verskille voorkomtussen die beoordeling deur moedertaalsprekers en nie-moedertaalsprekers. Bruikbare fonetiese inligting is verkry met die kwalitatie'we ontleding van die spraakproduksies. Dit wil dus voorkom of die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid wel in die kliniese opset gebruik kan word om evaluasie meer objektief uit te voer. . SUMMARY The aim of this study was to develop the "Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid" to objectively evaluate the' speech intelligibility of the client and to give appropriate phonetic information. This study evolved from the present need for evaluation mechanisms and therapeutic services in the indigenous African languages. The words used in the test had to conform to the requirements of certain phonetic criteria. Words and sentences of differing lengths were included The procedures followed by the test administrator were different for mother tongue speakers than those for non-mother tongue speakers. After the compilation of the test it was applied to four dysarthria speakers. Upon execution of the test it was evident that differences in judgment of speech intelligibility exist between mother tongue and non-mother tongue speak- ers. Useful phonetic information was obtained through the qualitative analysis of the speech productions. It appears that the '~Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid" can be used in the clinical environment to obtain a more objective evalua- tion of the client. /' i SLEUTELWOORDE: Sepedi, spraakverstaanbaarheid, moedertaalspreker, nie-moedertaalspreker, woordelyste, sinslyste . I Die spraak-taalteraJeut wat werksaam is in Suid- Afrika word daagliks gJkonfronteer met' die diversiteit van die land se bevolkingsamestelling. Die minderheid van spraak-taalterapeu'te is 'n Afrikataal magtig. Die teendeel is egter dat 'n Igroot aantal van die potensiele kliente slegs 'n Afrikataal magtig is. Die gevolg is dat so 'n per soon baie seIde in sy moedertaal geevalueer kan word. 'n Vraag wat kan ontstaan is. of resultate wat dan verkry word, betroubaar is en of die evaluasie objektief en geldig was. Die vraag na hulpmiddels vir evaluasie en rehabilitasie vir gebruik deur die spraak-taalterapeut word al groter. Klopper het in 1983 die Mrikaanse Toets vir Spraak- verstaanbaarheid opgestel, sodat die Mrikaaanssprekende disartriespreker in sy moedertaal objektief gee val ueer kan word. Die toets van Klopper (1983) is opgestel na analogie van die "Assessment of Intelligibility of Dysarthric Speech" (Yorkston & Beukelman, 1981). Beide hierdie toetse se ontwerp word in hierdie studie as riglyne gebruik vir die samestelling van 'n Sepedi-toets vir Spraakverstaan- baarheid. I Verskeie argumente kan aangevoer word oor die insluiting van spraakverstaanbaarheid in die evaluering van disartrie. Yorkston, Beukelman en Be1U1988) beskou verstaanbare spraak as die primere doel van die disartriespreker. Dit is bekend dat disartrie, ongeag die onderliggende neuromotoriese oorsaak, verminderde spraakverstaanbaarheid en spraakspoed tot gevolg het (Yorkston, Beukelman & Bell, 1988). Evaluering van die spraakverstaanbaarheid verskaf inligting aangaande die graad van die afwyking en die fonetiese aard daarvan. Yorkston en Beukelman (1978) het bevind dat daar 'n noue verband is tussen die spraakverstaanbaarheids- meting en die hoeveelheid inligting wat oorgedra word as be paling van die sukses van kommunikasie. Volgens Cannito en Marquardt (1997) is die primere doel van terapie om die spreker se verstaanbaarheid te verbeter sodat hy funksioneel kan kommunikeer. Vir effektiewe evaluering word 'n diagnostiese en prognostiese vordering- skaal vereis. Dit is van praktiese waarde by die kwantifisering van 'n persoon se vordering. Spraakver- staanbaarheidsmetings kan verstaan word sonder dat Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 26 gedetailleerde kennis van die fisiologie van die spraak- meganisme benodig word. Die kwantitatiewe data kan dus baie maklik aan die persoon se familie oorgedra word met duidelike aanduidings van sy vordering (Yorks ton & Beukelman, 1978). 'n Spraakverstaanbaarheidtoets kan op verskillende wyses saamgestel word. Een wyse wat algemeen bekend is, is die transkripsiemetode. Dit behels die transkripsie van enkelwoorde soos die lys van Tikofsky (1970), asook die transkripsie van sinne. Black en Haagen (1963) het 'n veelvuldige keuse metode vir die meting van verstaan- baarheid, ontwikkel. Yorkston en Beukelman het ook in 1981 die toets " Assessment of Intelligibility of Dysarthric Speech" op hierdie die wyse opgestel. 'n Vergelyking tussen verskillende verstaanbaarheidsmetings het aan die lig gebring dat daar 'n hierargie is in die verskillende metingsmetodes. Die resultate verkry met die transkrip- siemetode is aansienlik laer as die wat verkry word deur die veelvuldige keuse metode ( Yorks ton & Beukelman, 1980). Klopper (1983) het die Mrikaanse Toets op dieselfde wyse as Yorkston en Beukelman (1981) opgestel, maar kyk addisioneel na die tipe fonetiese foute wat die persoon maak. 'n Baie belangrike faktor wat die meting van spraakver- staanbaarheid kan belnvloed is luisteraarsbekendheid. Daar moet gepoog word om oplossings te kry om hierdie faktor te kontroleer. Pogings om luisteraarsbekendheid . met die spreker en inhoud te oorkom, word aangewend (Darley, Aronson & Brown, 1975'; Tikofsky, 1970; Yorkston & Beukelman, 1980; Yorkston, Beukelman & Bell, 1988). Die luisteraarstaak kan die meting belnvloed, omdat sekere opdragte kontekstuele leidrade verskaf (Yorks ton & Beukelman, 1978). Die spraakverstaanbaarheidstoetse wat opgestel word in verskillende tale kan nie absoluut volgens homogene beginsels gedoen word nie, omdat die fonotaktiese en fonologiese reels van tale verskil. Tydens die opstel van so 'n toets moet hierdie reels in aanmerking geneem word, omdat die taal die opsteller moet lei. Die ernstige behoefte wat dus bestaan aan hulpmiddels in 'n Afrikataal, leen hom tot verdere navorsing. In hierdie studie is 'n toets opgestel waarmee die spraakverstaanbaarheid van Sepedi-sprekers objektief geevalueer kan word deur middel van 'n kwantitatiewe en moontlike kwalitatiewe meting van spraakverstaanbaarheid. METODE HOOFDOEL Die hoofdoel van hierdie studie is om 'n Spraakverstaan- baarheidstoets in Sepedi op te stel waarmee die Spraak- taalterapeut spraakverstaanbaarheid objektief kan evalueer, wat fonetiese inligting sal gee en ook 'n aanduiding van spraakspoed by Sepedi-sprekers sal gee (Fase 1). 'n Verdere doel is om die bruikbaarheid van die toets te evalueer deur dit toe te pas op enkele disartriese sp'rekers (Fase 2). FASE1 Die doel van Fase 1 was die opstel van kriteria vir die toetsmateriaal en die samestelling van 4 woord- en sinslyste wat alternerend toegepas kan word om beoordeelaarsvertroudheid te voorkom. Sunel Fouche en Anita van der Merwe FASE2 Die hoofdoel in hierdie fase is die toepassing van die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid op disartrie- sprekers en die beoordeling deur luisteraars om die betroubaarheid van die verskillende lyste te bepaal. . Subdoelstellings van Fase 2 • Vergelyking van die resultate soos verkry deur twee groepe luisteraars, nl. nie-Sepedi-sprekende luister- aars en 'n Sepedi-sprekende luisteraar. • Vergelyking van die resultate van die 4 verskillende lyste wat saamgestel is ten einde te bepaal of ooreen- stemmende resultate verkry word. • Aanpassings van die kriteria en toetsprosedures van die Sepedi-toets vir Spraakverstaanverbaarheid waar nodig. • Evaluering van die bruikbaarheid van die Sepedi-toets vir Spraak-verstaanbaarheid om fonetiese foute uit te wys d.m.v. kwalitatiewe ontledings van die kenmerkende fonetiese foute wat by die spreker voorkom. FASE 1: METODE Kriteria vir die sames telling van materiaal van die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid Die toetsmateriaal waaruit die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid saamgestel is, voldoen aan die volgende kriteria: • Tweelettergrepige woorde met en sonder konsonant- kombinasies word ingesluit. • Bekende woorde wat algemeen gebruik word deur Sepedi -sprekers. • Die fonetiese eienskappe van die klanke van die woorde word gekontroleer in 'n poging om 'n moontlike aanduiding van die fonetiese afwykings te verkry. • Daar word van 'n veelvuldige keusemetode gebruik gemaak as beoordelingsmetode waar die luistera~r 'n keuse kan maak tussen minimale woordpare wat :p.an hom beskikbaar gestel word. • Sinne van verskillende lengtes word ingesluit :ten einde die vermoe van die disartriespreker om lan'ger eenhede verstaanbaar te produseer, te evalueer. ; Sames telling van die toetsmateriaal Die toets bestaan uit twee tipes woorde, nl. tweeletter- grepige woorde sonder konsonantkombinasies en twee- lettergrepige woorde met konsonantkombinasies. In die toets is ook 'n aantal sinne ingesluit wat in die 4 lyste gebruik kan word om spraakverstaanbaarheid en spraakspoed te meet. Elke lys bestaan uit 27 tweeletter- grepige woorde en 32 sinne. Die navorser het/tydens die samestelling van die toetsmateriaal verskillende bronne geraadpleeg vir die seleksie van die materiaal (Joubert, 1996; Kriel & Van Wyk, 1989; Kock & Kock,)991; Kock & Kock, 1992; Kotze, 1990; Van Wyki Groenewald, Prinsloo, Kock & Taljard, 1990; Pakendorf, 1996). / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Sepedi.toets vir Spraakverstaanbaarheid Woordbou en moeilikheidsgraad Die KVKV woorde maak die grootste gedeelte van die toets uit omdat dit 'n ruim persentasie van die mees algemene woorde in Sepedi uitmaak. Die woorde voldoen ook aan die kriteria vir die grade ring van die moeilik- heidsgraad van die toetsitems. Die grootste persentasie woorde in die toets bestaan dus uit KVKV (K=konsonant; V=vokaal;) woorde, maar daar is ook KKVKV woorde ingesluit om moeiliker eise aan die spreker te stel. Altesaam word 18 KVKV woorde en 9 KKVKV woorde in elke lys getoets. Die ideaal sou wees om meer woorde by die toets in te sluit, maar daar is egter nie genoeg woorde wat aan die seleksiekriteria voldoen nie. Sekere groepe van die KVKV woorde is egter daarop gemik om spesifieke foute in plek van artikulasie uit te wys. Die konsonante wissel tussen klanke wat bilabiaal en middelalveoler- bladlinguaal is. Die meeste van die konsonante in Sepedi kom voor in hierdie gebied (Kotze, 1990). Vokale Die tweelettergrepige woorde met KVKV-kombinasies maak die toetsing van vokaalproduksies moontlik by die sprekers. Die volgende vokale is in hierdie studie gebruik: fa:, a, E, e, J, 0, U:, i f. Die vokale f y, rn f is nie gebruik nie, omdat dit nie algemeen voorkom in Sepedi nie. Elk van die genoemde groepe bestaan uit subgroepe waarin elke keer 'n ander vokaal getoets word. Die groepe soos bo genoem is soos volg saamgestel: In elk van die drie kolomme word 'n ander vokaal gebruik. Elke ry in 'n subgroep is saamgestel uit minimale woordpare waar verskillende vokale in dieselfde konsonantomgewings voorkom. Daar is 'n toetswoord vir elke lys in elke subgroep. Die toetswoorde van elke subgroep kom uit dieselfde kolom. Op die antwoordblad van die luisteraar verskyn daar 3 kolomme woorde wat gegroepeer is. Die luisteraar het dus 'n keuse van woorde waaruit hy die een kan kies wat hy dink die persoon gese het. Daar kan dus bepaal word of die disartriespreker spesifieke vokaal- of konsonantver- /*arrings toon. Fonetiese,eienskappe wat bepaal kan word wanneer 'n foutanalise I van die spreker se produksies opgestel word, sluit in aspekte soos vokaalduur by. [a-a:] en vokaalvervanging bv.![E-e]. In groepe 7-9 het 'n ~nder kriterium ten opsigte van vokaalkeuse gegeld. Di~ produksie van konsonantkom- binasies word hoofsaaklik in hierdie afdelinggeevalueer en daarom is die vokale per spesifieke subgroep konstant gehou. Daar is hoofsaaklik gebruik gemaak van konsonant- kombinasies saam met fa:, E, J f. Die KKVKV woorde in groep 9 word net eenmaal per lys gebruik in 'n spesifieke konsonantomgewing. Die vokaal [u] word gebruik,omdat dit die enigste kombinasie was waaruit 'n volledige subgroep saamgestel kon word. Konsonantomgewings Die vokale wat getoets word in die KKVKV-woorde het elkeen 4 alternatiewe konsonantomgewings waarin die 'vokaal kan voorkom, nl. p Vp V - [pa:ta]; p VfV [pa:la]; fVp V - [ba:ta]; fVfV - [ma:na]. (p-plosief; f-frikatief) Die konsonantomgewings word meer as een keer herhaal in elke lys, maar telkens saam met verskillende vokale. Daar word dus in elke ry, in elke subgroep van dieselfde konsonantomgewings gJbruik gemaak. In groepe 4-6 word 27 daar spesifiek gekyk na die produksie van bilabiaIe en middelalveoler-bladlinguale klanke, om inligting te verkry oor plek van artikulasiefoute. Om patroonmatigheid van die produksie van konsonantomgewings uit te skakel, is die toetswoorde van elkelys uit verskillende rye binne die groep gekies, dus kom die vokale in verskillende konsonantomgewings per lys voor. Stemgewing Probleme met die korrekte produksie van stem- hebbende en stemlose klanke kan voorkom by disartrie- sprekers en verminder sodoenfte die spraakverstaan- baarheid (Gillmer,1982). In groep 1 is die woorde saamgestel uit woorde wat slegs verskil ten opsigte van stemgewing van die inisiele konsonant. In die eerste subgroep is spesifiek woorde geselekteer waar die inisiele konsonant stemloos is, by. "pepa". Die woorde in die tweede subgroep het stemhebbende inisiele konsonante, by. "beka". In beide subgroepe is daar gebruik gemaak van verskillende konsonantomgewings. Een woord per subgroep is vir elke lys geselekteer. Konsonantkombinasies Woorde waar konsonantkombinasies in die inisiele posisie staan, word gebruik om te bepaal watter konsonantkombinasies vir die disartriespreker moeilik is om korrek te produseer. Hierdie woorde is in groepe 7-8. Verskillende konsonantkombinasies is ingesluit, nl. pf-p, pf-f. Ander konsonantkombinasies soos by. fp-p kom nie voor in Sepedi nie. In groep 9 word gebruik gemaak van konsonantkombinasies waar geaspireerde eksplosiewe in die kombinasie voorkom nl. pf-p, pf-f, by. phaka en phala. Die toetswoorde in 'n subgroep word gekies uit dieselfde kolom. In groepe 7-9 word die vokale gewissel om dit in soveel moontlik konsonantkombinasies te toets. Sinne Spraakverstaanbaarheid van disartriesprekers verskil by die produksie van woorde en sinne en daarom is daar ooksinne in die Sepedi-toets ingesluit. Volgens Yorkston en Beukelman (1978), behaal persone met erge disartrie beter tellings op enkelwoorde as by sinne, omdat enkelwoorde makliker produseerbaar is. Die materiaal wat gebruik is vir die sinne is gegroepeer volgens die aantal lettergrepe per sin. Die sinslengtes varieer van 3-10 lettergrepe per sin om daardeur ook 'n variasie in die moeilikheidsgraad te bewerkstellig. Al die sinne voldoen aan die voorafbepaalde kriteria al verskil die inhoud van die verskillende sinslyste. Daar kom 15 verskillende tipes sinne voor wat verskil in terme van die aantallettergrepe per sin en dan ook die woordlengtes. Daar word 2 sinne van elke tipe per lys getoets. Daar kom dus 32 sinne per lys voor wat 127 woorde bevat. Samestelling van verskillende lyste Met hierdie studie is daar na analogie van Klopper (1983),4 verskiilende woord- en-sinslyste saamgestel, as 'n poging om luisteraarsvertroudheid by die terapeut, wat die toets herhaaldelik moet toepas, te kontroleer. Daar is gepoog om die verskille tussen die lyste te kontroleer sodat al 4 lyste dieselfde fonetiese eienskappe meet. Elke lys is saamgestel uit 27 woorde wat verdeel kan word in 18 Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 0 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 28 KVKV-woorde, 9 KKVKV-woorde en 32 sinne. In die bylae word twee van hierdie lyste aangegee (Sien Bylae A) • KVKV-woorde: In elke lys kom daar dieselfde aantal woorde uit 'n bepaalde groep voor, met ander woorde elke lys be vat 'n toetswoord uit elke subgroep. Die toetswoorde van 'n spesifieke subgroep word uit dieselfde kolom gekies volgens die fonetiese eienskappe wat by 'n subgroep getoets word. Die woorde word egter geselekteer uit verskillende rye wat dus impliseer dat daar ver- skillende konsonantomgewings rondom dieselfde vokaal is. Indien daar dus by. 3 toetswoorde uit 'n groep vir ,; spesifieke lys gekies word, word die 3 woorde elk uit 'n ander kolom en 'n ander ry gekies. • KKVKV-woorde: Elke lys bevat 'n toetswoord uit elke subgroep woorde. Al die woorde word gekies uit dieselfde kolom, maar uit 'n ander ry. • Sinne: Die sinne is saamgestel uit 15 groepe sinne waar elke tipe sin, 2 keer verteenwoordig word in elke lys. Elke lys bevat dus 32 sinne wat altesaam uit 127 woorde per lys bestaan. FASE 2: TOEPASSING VAN DIE VOORLOPIGE SEPEDI-TOETS VIR SPRAAKVERSTAANBAARHEID. Proefpersone Kriteria vir die seleksie van die proefpersone • Tipe spraakprobleem: Disartrie as gevolg van enige letsel (die toets is gerig op aIle tipes disartrie). Ander toestande soos verbale apraksie ofafasie sal 'n invloed he op die tipe spraakprobleem en daarom moet daar nie enige sodanige toe stand teenwoordig wees nie. • Ouderdom: Die disartriespreker moet 'n adolessent of volwassene wees aangesien hierdie toets spesifiek gerig is op hierdie populasie. Die kompleksiteit van baie van die sinne beperk die gebruik van die toets by kinders. • Geletterdheid: Die disartriespreker moet 'n vlak van geletterdheid he wat hom instaat stel om die woord- en-sinslyste te lees. • Taal: Die persoon moet Sepedi-sprekend wees, sonder addisionele taalprobleme soos bo genoem. • Geslag: Die proefpersoon kan van enige geslag wees aangesien dit nie 'n invloed op spraakverstaan- baarheid behoort te he nie. • Gehoor: Normale gehoor is 'n vereiste, omdat 'n gehoorverlies 'n persoon se spraakverstaanbaarheid kan belnvloed. TABEL 1: Inligting aangaande proefpersone Sunel Fouche en Anita van der Merwe Seleksie van proefpersone Geskikte proefpersone is gevind by die Letaba Skool/ Inrigting vir Fisies Gestremdes in die N oordelike Provinsie. Al die proefpersone is serebraalgestremd en pas in by die seleksiekriteria. Die inligting aangaande die proefpersone verskyn in Tabel 1. . Luisteraars Kriteria vir die seleksie van luisteraars • Persone wat voorheen alblootgestel is aan disartrie- spraak en dus oor kennis van disartrie beskik. • Minstens een luisteraar wat 'n Moedertaalspreker is. Seleksie van luisteraars Drie Afrikaanssprekende vierdejaar B. Kommunikasie- patologie studente van die Universiteit van Pretoria en een Sepedi-moedertaalspreker en ook 'n B. Kommunikasie- patologie student het opgetree as luisteraars. Materiaal en apparaat Materiaal Die voorlopige materiaal vir die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid is as toetsmateriaal gebruik. Die toets bestaan uit: 4 woordlyste, 4 sinslyste, 1 luister- aarsantwoordblad, inligting aangaande die prosedure asook 'n foutanalisetabel. Elke proefpersoon het al vier lyste gelees om sodoende vas te stel of daar betekenisvolle verskille tussen die lyste voorkom Apparaat Die spraakproduksies is op 'n hoekwaliteitkasset- opnemer opgeneem, nl. die AIWA JS 145. Die kasset- opnemer is met elektriese krag tydens die opnames aangedryf, sodat die kwaliteit van die opname deurgaans konstant gehou is. 'n TDK D 60 kasset is gebruik. Prosedure Fisiese Opset Die opnames is in 'n stil kantoor by die skool gemaak. Die toetsafnemer en die proefpersoon het langs mekaar by 'n tafel gesit. Die mikrofoon is vasgesit aan die lkpel van die proefpersoon se hemp, wat impliseer dati dit gemiddeld 10-15cm. van die spreker se mond was. Die d,uur van die toets was ongeveer 40 minute per spreker,. die graad van aantasting het egter bygedra daartoe dat dit soms gevarieer het. Proefpersoon Etiologie Plek van letsel Ouderdom Geslag Gehoor S~reektaal 1 Kongenitaal BMN-Ietsel 18 Vroulik Normaal Sepedi 2 Kongenitaal BMN-Ietsel 17 Vroulik Normaal. Sepedi 3 Kongenitaal Serebeller 20 Vroulik Normaal Sepedi 4 Kongenitaal Bilaterale 22 Manlik Normaal Sepedi BMN-Ietsel / o The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid Toetsprosedure Die proefpersoon kon die toetsmateriaal eenmaal stillees om leesfoute uit te skakel. Daarna moes hy dit hardop lees vol gens die intruksies wat aan hom gegee is Daar is tussen die lyste elke keer 'n rusperiode van 3 minute gegee.om uitputting te voorkom. Tussen elke gelese woord of sin is daar'n pouse gelaat van omtrent 5 sekondes, sodat die luisteraars geleentheid het om hulle optekening te maak. Analise van die toetsresUItate Die opnames is deurgaans afsonderlik aan die luisteraars gespeel, vanwee die beskikbaarheid van die oorfone en kassetopnemer. Die luisteraars kon slegs eenmaal na elke woord luister waarna hulle dan 'n keuse moes maak uit die beskikbare keuses in die veelvuldige keusekolom. Die prosedure van beoordeling van die sinne is verander nadat die nie-moedertaalsprekers baie probleme ondervind het met die transkripsie daarvan. As alternatief het die nie-moedertaalsprekende luisteraars die lys van gelese sinne voor hulle gehad en slegs die woorde wat as verkeerd gehoor is, gemerk. 29 Verwerking van toetsresultate Kwantitatiewe Analise Die verskillende tellings soos deur die onderskeie luisteraars aangeteken is met mekaar vergelyk. Die volgende vergelykings is met behulp van kwantitatiewe ontledings getref: tellings verkry deur die verskillende luisteraars, verskillende woordlyste, verskillende sinslyste, woord -en -sinslyste. K walitatiewe Analise Die doel van die kwalitatiewe analise is om die fonetiese foute van die spreker te identifiseer. Elke luisteraar se beoordeling van proefpersoon 4. (word gebruik omdat hy die meeste foute vertoon) is gebruik om fonetiese foute te identifiseer en vas te stel of die fonetiese indeling weI terapie leidrade kan verskaf. Die foutiewe produksies van die proefpersoon is ontleed vol gens die tipe fonetiese fout, by. die proefpersoon se kuta maar die luisteraar hoor kila. Dit is dus 'n vokaalvervanging. Die aantal foute wat voorgekom het by elke fonetiese eienskap is bymekaar getel en aangeteken op die foutanalise-tabel. TABEL 2: 'n Uiteensetting van die kwalitatiewe analise van die produksies van Proefpersoon 4, soos verkry deur die luisteraars Doelwit woord Geproduseerde woord Tipe fonetiese fout Dila tila Stemhebbend --. Stemloos Padi pidi Lang vokaal --. Kort vokaal Rufa rifa Agtervokaal --. Voorvokaal Fira fura Voorvokaal --. Agtervokaal Ripa ruoa Voorvokaal --. Agtervokaal Gesa gasa Voorvokaal --. Middelvokaal Padi pidi Middelvokaal --. Voorvokaal Lota Iota Mid hoe vokaal --. Mid lae vokaal / Tepa tepa Mid hoe vokaal --. Mid lae vokaal / Pona I Mid lae vokaal --. Mid hoe vokaal pona Nepa I nepa Mid lae vokaal --. Mid hoe vokaal I Bela I bula Mid hoe vokaal --. Hoe vokaal Tab a I huba Lae vokaal --. Hoe vokaal ! Mana' , nama Bilabiaal --. Middealveolerbladlinguaal . I (Inisiele posisie) Lama , Middelal veolerbladlinguaal Bilabiaal mama --. (Inisiele posisie) mana nama Middelalveolerbladlinguaal --. Bilabiaal (Finale posisie) peso beso Eksplosief --. Frikatief (Inisiele posisie) taba huba Eksplosief --. Eksplosief (Inisiele posisie) dita kita Eksplosief --. Eksplosief (Inisiele posisie) dila tila Eksplosief --. Eksplosief (Inisiele posisie) bata pata Eksplosief --. Eksplosief (Inisiele posisie) b6ta pota Frikatief --. Eksplosief (Inisiele posisie) gasa gasa Frikatief --. Frikatief (Finale posisie) mana nama Frikatief --. Frikatief (Inisiele posisie) tloka tIoga pf-p --. pf-f tsama tsaka pf-f --. pf-p kgaka I gaka pf-p --. fop kgafa gafa pf-f --. f-f Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 30 RESULTATE VAN FASE 2 Die resultate van die kwantitatiewe en kwalitatiewe analises wat verkry is tydens die toepassing van die Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid, word aan die hand van· die geformuleerde subdoelstellings, soos uiteengesit in die metodologie, bespreek. KWANTITATIEWE ANALISE Vergelyking van die resultate verkry van die twee groepe luisteraars Elke spreker het by elk Van die luisteraars vier lyspersentasiesbehaa1. Vir elke spreker is 'n gemiddeld bepaal, vanuit sy vier lyspersentasies ten opsigte van 'n spesifieke luisteraar(Sien Figuur 1). Die luisteraars word 'in twee groepe verdeel n1. die nie-moedertaalsprekers (NM1-NM3) en die moedertaalspreker (M1). Uit hierdie resultatesoos in Figuur 1 uiteengesit, blyk dit dat daar nie noemenswaardige verskille voorgekom het tussen die nie-moedertaalsprekende luisteraars (NM1-NM3) nie. Die beoordelings wat deur die drie verskillende luisteraars gemaak is by proefpersoon 1 verskil met 1 %. Die luisteraars se beoordelings van die verstaanbaarheid by die ander proefpersone verskil met 1 % tot 3%. Die luisteraars se waarnemings verskil kenmerkend minder by die proefpersone wat uit "n subjektiewe oogpunt 'n geringer mate van aantasting het. Dit wil dus voorkom of die beter verstaanbaarheid van 80% 75% 70% "'d 65% -~ "'d "'d ..... e 60% ~ C-' 55% 50% 45% 76% Sunel Fouche en Anita van der Merwe hierdie spreker, vir die nie-moedertaalsprekende luisteraar makliker was om korrek te beoordee1. Tellings soos verkry uit die verskillende woordelyste Die doel van hierdie vergelyking is om te bepaal of al vier die woordelyste ooreenstemmende resultate oplewer en dus ewe bruikbaar is. Die gemiddeldes wat elke proefpersoon op al vier woordelyste by die 4 luisteraars behaal het word voorgestel in Figuur 2. Dit blyk duidelik dat die persentasies wat deur die verskillende proefpersone behaal is op die vier lyste in 'n groot mate ooreenstem. By Proefpersoon 1 wissel die persentasies wathy behaal het by die verskillende lyste tussen 69%-71 % (Figuur 2). Die verskille tussen die lyste vir Proefpersoon 1 is dus nie besonder groot nie. By Proefpersoon 2 kom daar 'n verskil in persentasies tussen die verskillende lyste voor van 1 %-3%. Dit is duidelik dat ook hier nie noemenswaardige verskille voorkom nie. 'n Verskil van 1 %-3% het voorgekom by die persentasieswat deur Proefpersoon 3 verkry is op die verskillende lyste. By Proefpersoon 4 het daar 'n verskil van 1% voorgekom tussen die verskillende woordelyste. Die ooreenstemming soos gesien in Figuur 2, blyk hier selfs groter te wees. Die proefpersone het nie konstant beter of swakker gevaar op spesifieke lyste nie, dit blyk dus dat daar nie . noemenswaardige verskille tussen die lyste bestaan nie. Wanneer·hierdie resultate in ag gene em word, kan daar aanvaar word dat die verskillende lyste in 'n groot mate dieselfde eienskappe by 'n persoon evalueer. Al vier die Proefpersoon 1 Proefpersoon 2 Proefpersoon 3 .' /. Proefpersoon 4 • Luisteraar NMI 0 Luisteraar NM 2 mil Luisteraar NM3 ITIiI Luisteraar Ml FIGUUUR 1: Gemiddelde spraakverstaanbaarheid van elke proefpersoon soos behaal op al vier lyste beoordeel deur die vier luisteraars (persentasies afgerond na die naaste heelgetal) . . / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Sepedi-toets vir Spraakverstaanbaarheid 31 K()% 75% 74% 74% 70% "C ('5% ~ "C "C " .. S (,1"%
  • tal [kita] [kuta] [rn tal [puta] [petal pala pela ,pola pana pina pena pola pala pela [pa:la] [pela] [pola] [p3 na] [pinal [pma] [pol a] [pa:la] [pela] fapa fepa fopa rap a rip a rupa mota mata meta [fa:pa] [f£pa] [fopa] [ra:pa] [ripa] [rupa] [mota] [ma:ta] [meta] gas a gesa gosa fura fira fora bula bala bela [xa:I a] [xda] [xola] [fura] [fira] [fora] Wula] Wa:la] [Pela] 4. pata peta puta 8. puka poka peka 12. pota pata puta [pa:ta] [petal [puta] I [puka] [poka] [peka] [p:>tp] [pa:ta] [puta] poso peso puso pola pula pela pona pina pana [polo] [pdo] [puJol [polar [pula] [pel a] [p:>na] [pinal [pa:na] fapa £epa fopa saka soka seka bOta beta bita [fa:pa] [f£pa] [fop a] [sa:ka] [soka] [seka] [13:> tal [petal [pita] gosa gesa I gasa mola mala mela bOna bina buna [xola] [xda] [xa:fa) [molal [ma:la] [mela] [13:> na] [£pina] [puna] Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 )