65 Suprasegmentele Spraakeienskappe van Prelinguaal Gehoorgestremde Kinders met Kogleere Inplantings, Gehoorgestremde Kinders sonder Inplantings en N ormaalhorende Kinders Adri Ligthelm en Emily Groenewald Departement Kommunikasiepatologie Universiteit van Pretoria OPSOMMING 'n Oorsig van relevante literatuur toon 'n leemte in die kennis van suprasegmentele spraakeienskappe van prelinguaal gehoorgestremde kinders met kogleere inplantings. Met die studie word beoog om sekere suprasegmentele spraakeienskappe van prelinguaal gei"nplanteerde kinders deur middel van perseptuele luisteraarsbeoordelings en akoestiese analises te ondersoek en te vergelyk met die van prelinguaal gehoorgestremde kinders sonder inplantings en normaalhorende kinders van dieselfde ouderdom. Twaalf Afrikaanssprekende kinders tussen die ouderdom van ses tot tien jaar is in drie groepe ingesluit. 'n Gei"ntegreerde beskouing van die perseptuele en akoestiese resultate toon dat die kogleer-gei"nplanteerde kinders se suprasegmentele spraakeienskappe 'n groter ooreenkoms toon met die van die normaalhorendes as met die van die gehoorgestremdes. ABSTRACT A review of the relevant literature indicates a lack of knowledge regarding suprasegmental speech characteristics in prelingual hearing impaired children with cochlear implants. This study is aimed at examining certain suprasegmental features in the speech of pre lingual hearing impaired children with cochlear implants by perceptual ratings and acoustic analyses, compar- ing these results to that of prelingual hearing impaired children without implants, and normal hearing children of the same age. Twelve Afrikaansspeaking children between the ages of six and ten years were included in three groups. An integrated view of the perceptual and acoustic results shows that the cochlear implanted children's suprasegmental speech characteris- tics bear closer resemblance to those of the normal hearing group than those of the hearing impaired group. SLEUTELWOORDE: suprasegmentele eienskappe, kogleere inplanting, perseptuele beoordeling, akoestiese analise INLEIDING 'n Kogleere inplanting as fllternatiewe prosedure by die hulpverlening aan gehootgestremdes het 'n potensieel ingrypende effek op die sptaak- en taalontwikkeling van die prelinguaal gehoorgestr~mde kind (Tyler, 1993). Hierdie studie behels 'n ondersoek na die aard van die supra- segmentele spraakeienskappe van die prelinguaal gelnplan- teerde gehoorgestremde kind soos dit vergelyk met die van die gehoorgestremde en normaalhorende kind. Suprasegmentele eienskappe word volgens Crystal (1981) as linguistiese, kontrasterende klankeffekte gedefi- nieer wat nie beskryf kan word deur na 'n enkele segment te verwys nie, maar wat strek oor 'n uiting of wat 'n effek op een of meer segmente in verskillende dele van 'n uiting het. Volgens Ohde en Sharf (1992) is intonasie, tempo, klem, binding en ritme aspekte van spraakproduksie, wat die grense van individuele foneme oorskrei en waarna in die literatuur verwys word as suprasegmentele eienskappe (Minifie, 1973); nie-segmentele eienskappe (Crystal, 1981) of pros odie (Sloat, Taylor & Hoard, 1978). Hierdie terme word gereeld as sinonieme gebruik en daar is ook tans geen universeel aanvaarde definisie ofklassifikasie hiervan nie. Coles (1990), Kent en Read (1992), Crary en Tallman (1993) en Grant en Walden (1996) beskou intensiteit (waargeneem as luidheid), fundamentele frekwensie (waargeneem as toonhoogte) en duur eienskappe, as die primere akoestiese parameters wat die suprasegmentele eienskappe van spraak oordra. Coles (1990) onderskei egter tussen suprasegmentele en prosodiese eienskappe. Die supraseg- mentele eienskappe van toonhoogte, luidheid en duur manifesteer volgens haar op 'n linguistiese vlak as proso- diese eienskappe. Crystal (1981) maak ook 'n onderskeid tussen die fisiese kenmerke en hulle linguistiese gebruik. Hy beskou die linguistiese gebruik van toonhoogte as intonasie, die linguistiese gebruik van luidheid as klem en die linguistiese gebruik van duur as tempo. Hy verwys verder na die linguistiese gebruik van ritme as ritmisiteit en na die linguistiese gebruik van stilte as pouse. Ohde & Sharf(1992) verklaar dat, afgesien van die term watgebruik word, 'n analise van intonasie, tempo, klem, binding en ritme vir 'n volledige begrip van die eienskappe van normale en afwykende spraak nodig is. Crystal (1981) onderskei vyfrolle van suprasegmentele eienskappe in spraak, naamlik grammatikaal, semanties, emosioneel, sielkundig en sosiaal. Volgens Minifie (1973) voorsien suprasegmentele eienskappe die variasies in die akoestiese sein wat die luisteraar in staat stel om die korrekte semantiese betekenis van die boodskap te onttrek. Die onderskeie suprasegmentele eienskappe is wat funksie Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 66 betref, taalgebonde (Kent & Read, 1992). In sommige tale, byvoorbeeld Tsjeggies, val die hoofklem altyd op dieselfde sillabe van 'n woord, maar in tale soos Afrikaans, Engels, Nederlands en Duits kan die hoofklem op verskillende sillabes in die woord val en sodoende betekenisverskil teweegbring. Alhoewel Van Wyk (1981) 'n uitvoerige beskrywing van die suprasegmentele eienskappe van Afrikaans en hulle funksies gee, is daar egter beperkte inligting beskikbaar aangaande die ontogenetiese ontwik- keling van suprasegmentele eienskappe in Afrikaans. Die ontwikkeling van supraseglnentele eienskappe vorm deel van die spraak- en taalontwikkeling van die kind as taaldeelnemer. Spraak word van nature deur middel van die ouditiewe sisteem aangeleer. N avorsers beweer dat hoe vroeer 'n kind bewus word van klank en die betekenis daarvan, hoe meer doeltreffend sal hy leer om klank te gebruik (Fryauf-Bertschy, Tyler, Kelsay & Gantz, 1992). Tydens die eerste paar lewensmaande word daar nie slegs foneme gedekodeer en in die geheue gestoor nie, maar word suprasegmentele eienskappe soos ritme van aaneenlopende spraak, klempatrone van verskillende tipes uitinge en ander aspekte van natuurlike taal aangeleer (Van Tasell, 1981). Die suprasegmentele kenmerke van tabas se vokaliserings weerspieel al op so vroeg as ses maande die prosodiese patrone van hulle moedertaal (Crystal, 1981). Teen ongeveer ses tot agt maande is nabootsing van kardinale belang, en begin die kind om die klanke wat sy ouers maak, na te boots en intonasiepatrone daarop toe te pas. Dit begin eers in babbel en later in woorde, frases en sinne (Coles, 1990). 'n Gehoorverlies belemmer egter kongenitale en prelinguale dowe kinders se aanleer en produksie van segmentele- en suprasegmentele aspekte van spraak (Kirk & Hill-Brown, 1985). Boothroyd (1982) meen dat hierdie beperkinge wat die kind ondervind, eerstens toege.skryf kan word aan die feit dat 'n gehoorverlies die ontvangs van spraak vanuit die omgewing inperk. Tweedens meng die gehoorverlies gedeeltelik of algeheel in met die kind se vermoe om sy eie spraak met behulp van ouditiewe terugvoer te monitor. Coles (1990) verklaar dat ouditiewe insette vanuit die omgewing sowel as ouditiewe terugvoer reeds in die eerste paar lewensmaande van kardinale belang is in die kind se vermoe om die komplekse reekse van suprasegmentele eienskappe in spraak aan te leer. Die implikasies wat 'n gehoorverlies vir die aanleer en gebruik van supraseg- mentele eienskappe inhou, is dus verreikend. Northern en Downs (1991) noem dat uitermatig gehoorgestremde kinders oor die algemeen 'n hoer fundamentele frekwensie as normaalhorendes vertoon en dat die eienskappe van klem en intonasie verlore gaan wat 'n monotone kwaliteit aan hulle stemme gee. Oormatige variasie in toonhoogte mag egter ook voorkom, wat lei tot toonhoogte-breuke en skielike veranderinge in hulle spraak (Kirk & Hill-Brown, 1985). Verder spreek dowe kinders beklemtoonde en onbeklem- toonde sillabes gewoonlik met dieselfde duur of met minder variasie in duur uit. Kirk en Hill-Brown (1985) noem ook dat dowe sprekers geneig is om stadig te praat, wat 'n negatiewe effek op die ritme en kwaliteit van hulle spraak het. Die rehabilitasie van persone met 'n gehoorverlies het die afgelope dekade beduidende vooruitgang gemaak. Ten spyte hiervan bly die hantering van .persone met uiter- matige bilaterale sensories-neurale gehoorverliese, wat min of geen voordeel uit gehoorapparate ontvang nie, 'n probleem (Cohen, Waltzman & Shapiro, 1985). Navorsing in verband met kogleere inplantings is spesifiek geYnisieer Adri Ligthelm en Emily Groenewald in 'n poging om 'n alternatief aan hierdie persone te bied. In vergelyking met gehoorapparate bied kogleere inplan- tings inherente voordele in terme van bandwydte, dinamiese gebiedbeperkinge en vryheid van akoestiese terugvoer (Boothroyd, 1993). Baanbrekerswerk is reeds sedert 1966 op die gebied gedoen en verskeie navorsings- groepe het in die sewentigerjare by die ontwikkeling van verskillende kogleere prosteses betrokke geraak, wat tot grootskaalse kliniese toepassing van kogleere inplantings gelei het (Dowell, Meckleburg & Clark, 1986). Voordele verbonde aan hierdie tegnologiese vooruitgang is ook telkens deur studies aangedui (Waltz man, Cohen en Fisher, 1992). Die ouditiewe kwaliteit van die spraaksein wat deur elektriese stimulasie ontvang word kan egter tot 'n groot mate verskil van die ouditiewe kwaliteit van spraak wat deur akoestiese stimulasie ontvang word. Die klank wat die ge'inplanteerde persone waarneem, word as nie normaal beskryf en het 'n 'meganiese' of 'staties-agtige' kwaliteit. Postlinguale do we persone moet dus leer om hierdie onbekende akoestiese kode te gebruik en toe te pas in hulle daaglikse kommunikasie (Spivak & Waltzman, 1990). Alhoewel prelinguale dowe kinders nie die ouditiewe geheue van gesproke taal het om hulle te help met die interpretasie van die elektriese sein van die kogleere inplanting nie, meen Tyler (1990) dat prelinguale dowe kinders nie noodwendig so erg hierdeur benadeel word nie. Osberger (1994) noem ook dat die aanpasbaarheid van die sentrale senuweestelsel prelinguale kinders tot hoe vlakke van funksionering in staat stel. Heelwat navorsing is reeds al in verb and met die spraakvermoensvan persone met kogleere inplantings gedoen. Die fokus van hierdie studies was oor die algemeen op spraakontvangs met sekondere waarnemings oor spraakproduksie (Tobey, 1993). Die voordele wat multi- kanaal kogleere inplantings vir postlinguale do we persone inhou ten opsigte van segmentele spraakproduksie, is reeds hieruit bewys. Navorsing dui aan dat multikanaal kogleere inplantings beduidend meer van die nodige inligting vir die persepsie van spraak verskaf (Spivak & Waltz man, 1990; Tye-Murray, Lowder & Tyler, 1990). Studies deur Cummings, Groenewald, Hugo, Muller en Van der Linde (1994) en Langereis, Bosman, Van Olphen en Smoore'pburg (1997) bevestig 'n verbetering in verskillende aspekte van die spraakproduksie van 'n postlinguaal ge'inplanteerde persone. Die effek wat 'n kogleere inplanting op hul suprasegmentele spraakeienskappe het, blyk ook d~delik uit studies in die verband. Uit navorsing van Dowell':et al. (1986) en Spivak en Waltzman, (1990) wat die funksionering van postlinguale dowes met kogleere inplantings ondersoek het, is aangedui dat daar duidelike verbeteringe in die persepsie van suprasegmentele eienskappe na inplantering voorkom. Cummings et al. (1994) het bevind dat 'n kogleere inplanting by postlinguale dowe persone tot 'n verbetering van suprasegmentele spraakeienskappe kan lei. Die verbeterde ouditiewe ontvangs wat deur die kogleere inplanting meegebring word behoort daarom ook 'n positiewe invloed te he op die ontwikkeling van spraaken taal by prelinguale kinders wat uitermatig geh60rgestremd is. Aspekte soos die ouderdom van inplantering kan egter 'n invloed op die verbetering van die kind se vaardighede he. Tye-Murray, Spencer en Woodworth (1995) en Kirk en Hill-Brown (1985) noem dat jong~r kinders klaarblyklik 'n vinniger tempo van verbetering in hUlle spraakvaardighede as ouer kinders na inplantering vertoon. Langtermyn /' The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Suprasegmentele Spraakeienskappe van Prelinguaal Gehoorgestremde Kinders met Kogleere Inplantings, Gehoorgestremde Kinders sonder Inplantings en Normaalhorende Kinders 67 gebruik van 'n kogleere inplanting is ook nodig voordat meetbare verbeteringe in ouditiewe vaardighede waarge- neem kan word (Fryauf-Bertschy et al., 1992). Heelwat navorsing is reeds in verband met die spraakproduksie ontwikkeling by prelinguaal gelnplanteerde kinders uitgevoer, waar die klem veral op segmentele aspekte van spraak geval het (Tye-Murray et al., 1995; Kirk & Hill- Brown, 1985). Min aandag is egter tot dusver geskenk aan die produksie van suprasegmentele spraakeienskappe deur prelinguale dowe kinders wat geYnplanteer is, hoe weI enkele studies dit weI by hul ondersoek na spraakproduksie ingesluit het. Tye-Murray et al. (1995) het in hulle ondersoek gekyk na die prestasie van toetspersone op die Fundamental Speech Skills Test (FSST), en het gevind dat kogleere inplantings veral voordelig kan wees vir die ontwikkeling van suprasegmentele eienskappe soos sillabeklem en intonasie. Kirk en Hill-Brown (1985) meld dat hul resultate wat op perseptuele beoordelings gegrond was, ook verbetering in die produksie van suprasegmentele eienskappe by kinders met kogleere inplantings aangetoon het. Daar is sover vasgestel kon word, nog geen akoestiese of spektografiese data beskikbaar met betrekking tot die suprasegmentele spraakeienskappe van prelinguaal gelnplanteerde dowe kinders nie. Met die studie word daarom gepoog om die effek van 'n prelinguale kogleere inplanting op die ontwikkeling van suprasegmentele eienskappe van die jong kind perseptueel en akoesties te ondersoek. METODE DOELSTELLINGS Die doel van die studie is om die aard van die supra- segmentele spraakeienskappe vanjong prelinguale kinders met kogleere inplantings te ondersoek en te vergelyk met die van uitermatig gehoorgestremde kinders sonder kogleere inplantings en normaalhorende kinders van dieselfde ouderdomsgroep. Die volgende subdoelstellings is vir die realisering van die hoofdoel gestel: ./~m die suprasegmentele eienskappe van al die proef- persone perseptueel te beoordeel met verwysing na die toonhoogte, lUidheid;en tempo van spraak soos geproduseer in verskillende linguistiese kontekste. • Om die suprasegmentel~ eienskappe van al die proef- J persone akoesties te analiseer wat betref die frekwensie, intensiteit en duur eie~skappe soos geproduseer in verskillende linguistiese konfekste. • Om die aard van die suprasegmentele eienskappe van kinders met kogleere inplantings met die van normaal- horende en gehoorgestremde kinders te vergelyk. NAVORSINGSO~ERP Die navorsing kan as oorsakend-vergelykende eksperi- mentele navorsing beskryf word (Salkind, 1991). Die suprasegmentele spraakeienskappe van jong kinders wat op grond van 'n gegewe eienskap; naamlik gehoorstatus,in drie groepe verdeel is, word onderling vergelyk. Twee tipes data, naamlik perseptuele beoordelings en akoestiese metings van verskillende eienskappe in spesifieke linguistiese kontekste is versamel. Data is tot groeps- gemiddeldes en/of persentasies verwerk en kwalitatief en kwantitatief vergelyk. ' PROEFPERSONE Die twaalf proefpersone wat in die ondersoek ingesluit is, is in drie groepe ingedeel volgens hulle gehoorvermoens. Die eksperimentele groep bestaande uit vier jong kinders tussen die ouderdom van ses en tien jaar met kogleere inplantings, 'n tweede groep bestaande uit vier jong kinders tussen dieselfde ouderdomme wat uitermatige gehoorver- liese vertoon en 'n derde groep bestaande uit vier normaalhorende jong kinders binne dieselfde ouderdoms- grense. Proefpersone in die onderskeie groepe is sover moontlik afgepaar wat ander eienskappe betref om vergelykbaarheid tussen die groepe te verhoog. Spesifieke kriteria ten opsigte van proefpersoon-seleksie is daargestel ten einde vergelyking tussen groepe moontlik te inaak. Seleksiekriteria Die deelnemers se gehoorstatus was die bepalende faktor vir insluiting. Die normaalhorende kinders moes gemid- delde suiwertoondrempels vertoon tussen OdB en 15dB sonder enige middeloorpatologie. Gehoorgestremde kinders sonder kogleere inplantings moes uitermatige bilaterale sensories-neurale gehoorverliese, dit wil se 'n gehoorverlies van 90 dB of meer in beide ore vertoon (Boothroyd, 1993) om vergelyking met die geYnplanteerde proefpersone moontIik te maak. Hulle moes verder almal met toepaslike gehoorapparate gepas wees wat optimaal funksioneer. Kinders met kogleere inplantings moes uitermatige bilaterale sensories-neurale gehoorverliese vertoon het aangesien dit 'n voorvereiste is om te kwalifiseer vir 'n kogleere inplanting (Tye-Murray, 1993). Hierdie gehoor- verlies moes verder prelinguaal in aanvang geneem het, om sodoende te verseker dat die prestasie van die kinders met die kogleere inplanting aan die versterkingsapparaat toegeskryfkan word en dat vorige ondervinding van spraak nie 'n rol speel nie. Verder moes die kinders in hierdie groep suksesvol met 'n SPECTRA 22 kogleere inplanting gelnplanteer wees en van die SPEAK-spraakprosessering- strategie gebruik maak. Die SPEAK-spraakproses- seringstrategie is uitgesonder aangesien dit die mees resente tegnologie was tentye van die inplantering van die proefpersone wat vir die studie' beskikbaar was. Daar is ook verder vereis dat hierdie proefpersone ten minste twee jaar ondervinding met die kogleere inplanting gehad het om te verseker dat hulle genoegsame geleentheid gehad het om die nodige spraak-en taalontwikkeling teondergaan om te kan deelneem aandie studie. Addisionele kriteria was daarop gerig om proefpersone sover moontlik afte paar en groepe sodoende sover moontIik te laat ooreenstem. Skoolgaande kinders in die junior- primere skoolfase tussen die ouderdom van ses en tienjaar is oorweeg om sodoende te verseker dat die kinders almal oor genoegsame spraak- en taalontwikkeIing, sowel as kognitiewe en skolastiese vaardighede beskik om die take wat verwag was, uit te voer. Normaalhorende kinders uit staatsgesubsideerde skole en kinders met kogleere inplantings wat suksesvol in hoofstroom skole funksioneer, is ingesluit. Gehoorgestremde kinders sonder kogleere inplantings moes in 'n ouditief-verbale omgewing onderrig ontvang om te verseker dat hulle oor genoegsame spraak- en taalvaardighede beskik om die verwagte response te lewer. AI die kinders wat geselekteer was vir deelname aan die studie moes verder onderrig ontvang in hulle moedertaal om die invloed van 'n tweede taal uit te sluit, aangesien Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 68 suprasegmentele eienskappe taalgebonde is (Kent & Read, 1992). AIle proefpersone moes om dieselfde rede een gemeenskaplike moedertaal he, wat in hierdie geval Afrikaans was. Geen onderskeid is gemaak ten opsigte van die geslag van persone wat in die studie ingesluit is nie. Die kinders in die twee kontrolegroepe is egter wat geslag aanbetref, afgepaar met die kinders met kogleere inplantings om vergelykbaarheid tussen die groepe te verhoog. Prosedures vir seleksie Vier kinders met kogleere inplantings wat voldoen aan die kriteria vir seleksie, is geselekteer uit die kliente wat gereeld die Kogleere Inplantingseenheid van die Univer- siteit van Pretoria se Kliniek vir Spraak, Taal, Stem en Gehoor besoek vir rehabilitasie en instelling van die spraakprosesseerder. Die gehoorgestremde kinders sonder kogleere inplantings is met die hulp van die spraakterapie- en oudiologie-personeel en onderwyspersoneel verbonde aan Sonnitus Skool vir gehoorgestremdes geselekteer. Normaalhorende kinders is in oorleg met die onderwys- personeel van 'n plaaslike laerskool geselekteer. Suiwer- toontoetsing is oor die frekwensiegebied van 250 tot 8000 Hz uitgevoer om die kogleer gelnplanteerde proefpersone en normaalhorende persone se gehoorsensitiwiteit te bepaaL Aangesien daar resente gehoorevaluasies vir elke gehoorgestremde beskikbaar was, is die mees onlangse evaluasieverslae vir die seleksie van hierdie groep gebruik. MATERlAAL EN APPARAAT 1betsmateriaal Die toetsmaleriaal is saamgestel uit sinne met die tipiese intonasiekontoer van 'n stelsin, vraagsin, bevelsin en bevestigende sin. Die verskillende sinstipes is verteen- woordigend van verskillende linguistiese kontekste waarin die suprasegmentele spraakeienskappe 'n funksionele rol spee1. Daar word voortaan na verwys as sinstipe 1, sinstipe 2, sinstipe 3 en sinstipe 4. Die volgende toetssinne is gebruik: Die seun was die hand. (sinstipe 1); Hoe laat is dit? (sinstipe 2); Los uit my handoek! (sinstipe 3); en Die meisie is siek, is sy nie? (sinstipe 4). Lyntekeninge is as stimulusprente gebruik om die sinne te ontlok. Opname-apparaat Die opnames is met behulp van 'n Marantz bandop- nemer, modelnommer CP 430 op 'n Philips FX 90 Ferro oudiokaset vasgele. 'n Aankniptipe Yoga kondensor mikrofoon, modelnommer EM 060, is vyftien sentimeter vanaf die toetspersoon se mond vasgeknip om optimale sein- tot-ruis verhoudings te yerseker. Perseptuele beoordelingskaal Die perseptuele beoordeling van die suprasegmentele spraakeienskappe is gedoen aan hand van 'n perseptuele beoordelingskaal. Coles (1990) se Perceptual Checklist is aangepas om dieselfde eienskappe wat deur die akoestiese analise ondersoek is, in die perseptuele beoordeling in te sluit, n1. toonhoogte/frekwensie, luidheidlintensiteit en tempo/duur. Drie herhalings van elke sin is beoordeel ten opsigte van toonhoogtevariasie, tipe toonhoogtekontoer, Adri Ligthelm en Emily Groenewald luidheidsvariasie en spraakspoed. Hierdie eienskappe is afsonderlik op 'n vyfpuntskaal beoordeel en op 'rr beoordelingsvraelys wat vir die doel opgestel is, aangeteken. Normale produksie is op hierdie vyfpuntskaal voorgestel in die midposisie en die aard en graad van die afwyking vanafnormaal, aangedui aan weerskante van die skaaL Drie luisteraars met agtergrondskennis en ondervinding van die spraak van normaalhorende sowel as gehoor- gestremde kinders, sowel as van suprasegmentele spraak eienskappe en die produksie van hierdie eienskappe in spraak is vir die beoordelings gebruik. Al die luisteraars moes oor normale gehoor beskik wat 'n gemiddelde suiwertoondrempel tussen 0 en 25 dB impliseer. Die luisteraars moes ook Afrikaanssprekend wees om te verseker dat hulle oor genoegsame kennis rakende die suprasegmentele eienskappe van die taal beskik. Akoestiese analise-apparaat Die akoestiese analises van die toetsmateriaal is met behulp van die Computerized Speech Lab (model' 4300B) van KAY Elemetrics Company uitgevoer. Die basiese CSL50 program is vir 'n klankgolf en spektografiese analise van elke sin gebruik, en die CSL- VP2 Visie-Pitch opsie is vir die berekening en vertoning van 'n grondtoonkurwe en energiekurwe gebruik. PROSEDURE Data-insameling 'n Eenmalige opname van elke toetspersoon se sinsproduksies, is in 'n klankdigte kamer gemaak om inmenging van omgewingsgeluide tydens die opname uit te skakel. Toetspersone is vooraf bewus gemaak van die verskillende tipes sinne en die feit dat hierdie sinne normaalweg nie dieselfde prosodiese eienskappe vertoon nie. Voorbeelde is ter verduideliking verskaf, waarna daar van elke toetspersoon verwag is om 'n voorbeeldsin te formuleer aan die hand van die voorbeeld stimulusprent. Daarna is elke toetsitem driemaal deur die proefpersoon geproduseer om sodoende die betroubaarheid, van die resultate te verhoog. Die proefpersone se herhaalde produksie van die spesifieke toetsitems is opgeneem vir analise doeleindes. . Data-analise en data·verwerking Dit het bestaan uit 'n tweeledige proses, naamlik die perseptuele beoordeling van elke kind se sinsprosodie en 'n akoestiese analise van spesifieke supraglottale eienskappe. Perseptuele analise Die perseptuele analise is individueel d'eur die luisteraars uitgevoer aan die hand van die vyfpunt beoordelingskaaL Die opnames van elke proefpersoonis aan elk van die luisteraars voorgespeel waarna'die spesifieke sinsproduksie beoordeel is ten opsigte van toonhoogte- variasie, tipe toonhoogte.kontoer,luidheidsvariasie en spraaktempo. Beoordelings vir die drie herhalings van die vier tipes sinne is gedoen. Die'data vir die onderskeie pa- rameters is deurgaans afsonderlik oorweeg en verwerk. Die volgende verwerkings is op die beoordelings van die / The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) suprasegmentele Spraakeienskappe van Prelinguaal Gehoorgestremde Kinders met Kogleere Inplantings, Gehoorgestremde Kinders sonder Inplantings en Normaalhorende Kinders 69 luisteraars uitgevoer: 'n Persoonlike gemiddelde van elke proefpersoon se drie herhalings van 'n sinstipe, soos beoordeel deur elkeen van die drie luisteraars, is bepaal. Sodoende is 'n persoonlike gemiddelde toonhoogtevariasie, _luidheidsvariasie en -spraakspoed vir elke proefpersoon bepaal. Elke proefpersoon se persoonlike gemiddelde toonhoogtekontoer korrektheid vir elke sinstipe is bereken deur die luisteraarsbeoordelings te vergelyk met die norme volgens Ohde en Sharf (1992) en as korrek of verkeerd te beoordeel. 'n Gemiddeld oor die drie herhalings is bereken en as 'n persentasie toonhoogtekontoer korrektheid uitgedruk. Die drie afsonderlike luisteraarsbeoordelings vir elke proefpersoon is verder verwerk na 'n totale perseptuele beoordeling vir elke proefpersoon, deur die gemiddelde beoordeling tussen die drie luisteraars vir elke sinstipe te bepaal. Die totale perseptuele beoordelings is gebruik om perseptuele groepsgemiddelde beoordelings vir die vier sinstipes by elk van die drie groepe te bereken, om 'n vergelyking moontlik te maak. Akoestiese analise 'n Akoestiese analise van die drie herhalings van elk van die vier sinne, soos geproduseer deur elkeen van die twaalf proefpersone, is uitgevoer. Daar is ses metings vir elke produksie uitgevoer, naamlik die minimum en maksimum grondtoonfrekwensie, die aard van die grondtoonfrekwensie se verloop, die minimum en maksi- mum energie intensiteit en die tydsduur van elke sinsuiting. Die metings is die fisiese ekwivalente van die perseptuele parameters wat beoordeel is en om die vergelyking tussen die perseptuele en akoestiese aard van die suprasegmentele aspekte te vereenvoudig word daar voortaan as volg na die ses metings verwys: toonhoogte minimum, toonhoogte maksimum, tipe toonhoogtekontoer, luidheidsmaksimum, luidheidsminimum en sinsduur. Dieselfde prosedure is telkens vir die akoestiese analises gevolg. 'n Klankgolfvertoning in kombinasie met 'n wyeband spektogram is verkry en die sinsduur is met behulp van tydskursors bepaal, afgelees en aangeteken in sekondes. Verder is 'n toonhoogtekurwe analise-opsie (pitch contour) gebruik om die minimum en maksimum grondtoon- frekwensie van elke sinsproduksie te bepaal. Die tipe toonhoogtekontoer is as tipe 1 tot 5 geldentifiseer volgens Ohde en Sharf (1992) se l,iiteensetting van die intonasie- kontoer wat as normaal vir 'n spesifieke tipe uiting geag word. Daarna is die enerbekurwe analise-opsie (energy contour) gebruik om die maksimum en minimum luidheid in elke sinsproduksie te b~paaL Die volgende verwerkings van die roudata is vir elke proefpersoon uitgevoer en die vier akoestiese parameters is deurgaans afsonderlik oorweeg. Toonhoogte-omvang (Hz) is bereken deur die verskil tussen die maksimum en minimum grondtoon-frekwensie-waarde vir elke produksie te bepaal. Die tipe toonhoogtekontoer soos voorgestel deur die toonhoogte-kurwe, is vol gens die norms soos voorgestel deur Ohde en Sharf (1992) geklassifiseer. Die korrektheid oftoepaslikheid van die toonhoogte-kontoer, ~ir elk van die spesifieke sinstipes, is volgens hierdie klassifikasie as korrek aldan nie, beoordeel. Die luidheidsomvang (dB) is bereken deur die verskil tussen die maksimum en mini- mum intensiteitswaardes te bereken. Spraakspoed (sillabes per sekonde) is bereken deur die duur van elke sin deur die aantal sillabes in die sin te deel (Ohde & Sharf, 1992). Die aantal sillabes van elke tipe sin is vo'oraf ouditief deur die navorser bepaal. Vervolgens is 'n persoonlike gemiddelde vir elke proefpersoon vir elk van die onderskeie akoestiese param- eters bereken deur die gemiddeld van die drie herhalings te bereken. Die gemiddelde toonhoogte, die gemiddelde luidheidsomvang en gemiddelde spraakspoed vir elke proefpersoon is op die wyse bereken. Die persoonlike gemiddelde persentasie korrekte kontoere is bereken deur die aantal korrekte kontoere uit die .drie herhalings tot 'n persentasie te verwerk. Op grond van hierdie persoonlike gemiddeldes is groepsgemiddeldes vir die vier proefpersone in elk van die drie groepe, vir elk van die onderskeie pa- rameters bereken. Die groepsgemiddeldes vir die onderskeie akoestiese parameters in die verskillende sinstipes is gebruik om die resultate van die drie groepe onderling te vergelyk. RESULTATE EN BESPREKING Die resultate van die perseptuele en akoestiese ontledings word aangebied met verwysing na die onderskeie suprasegmentele parameters en die gelntegreerde resultate vir die kogleer gelnplanteerde groep word daarna vergelyk met die van die normaalhorende en gehoorgestremde groep. Die resultate van die perseptuele en akoestiese ondersoeke word, vir elk van die suprasegmentele parameters, bespreek aan die hand van grafiese voorstellings van die groeps- gemiddeldes wat vir die vier sinstipesbereken is. TOONHOOGTEVAlUASIE Die resultate soos grafies voorgestel in figuur 1a toon dat die toonhoogtevariasie van die normaalhorendes se sinsproduksie oor die algemeen as normaal beoordeel is. Die gehoorgestremdes se resultate wissel daarenteen grootliks met gemiddelde beoordelings wat tussen monotoon en abnormale variasie strek en varieer dus tussen die uiterste grense van die beoordelingskaal. Coles (1990) noem ook dat gehoorgestremde kinders se vermoe om hul stemtoon te beheer grootliks verskil. Daar is byvoorbeeld gevind dat gehoorgestremde kinders se spraak soms monotoon klink, en dat hulle geneig is om min toonhoogte- variasie te vertoon. Sommige gehoorg~stremde sprekers is weer geneig tot uitermatige of onbeheersde toonhoogte- veranderinge, of toonhoogtebreuke. Hierdie bevindinge word ook bevestig deur Kirk en Hill-Brown (1985) en Davis & Hardick (1981). Wat die kogleer gelnplanteerde persone se produksie van toonhoogte-variasie betref, is dit vir al vier sinne beoordeel as min tot normale variasie en vertoon dus groter ooreenstemming met die normaalhorendes as die gehoorgestremdes. Soos blyk uit figuur 1b is dit duidelik dat die normaal- horende groep met die akoestiese analise die grootste toonhoogte-omvang vertoon in drie van die sinstipes. Die kogleere groep se toonhoogte-omvang is effens nader aan die van die normaalhorendes in sinstipe 2 en 3, terwyl die gehoorgestremdes effens nader aan normaal vertoon in sinstipes 1 en 4. 'n Gelntegreerde beskouing van die perseptuele beoordelings en die akoestiese analises van toonhoogte- variasie of -omvang, dui aan dat die kogleere groep in hul produksies van al vier sinstipes groter ooreenkoms met die normaalhorende groep toon as met die produksies van die gehoorgestremde gro'ep. Die kogleere groep en die gehoor- gestremde groep se akoestiese metings van toonhoogte- Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 70 omvang val buite die normale grense, maar dit wil voorkom asof die kogleere groep se gebruik van toonhoogtevariasie meer toepaslik is as die van die gehoorgestremdes en dat dit waarskynlik daarom deur die luisteraars as meer normaal beskou is. Coles (1990) het in haar ondersoek ook tot diese1fde gevolgtrekking gekom. Abnormale variasie 5 Te veel variasie 4 Normale variasie 3 Min variasie 2 Manatoon , Sinstipe 1 Sinstipe 2, Sinstipe 3 Sinslipe 4 Figuur 1.a: Perseptuele analise 200,--------------------------------, 160 +-------- 120 Hertz (Hz) 80 40 Sinslipe 1 SinSlipe 2 Sinstipe 3 Sinstipe 4 Figuur l.b: Akoestiese analise FIGUUR 1: Grafiese voorstellingvan die groeps- gemiddelde vir toonhoogte-variasie TOONHOOGTEKONTOER Die normaa1horende groep se groepsgemidde1de vir die korrektheid van toonhoogtekontoer is oor al vier sinstipes perseptueel as die beste beoordeel, soos blyk uit figuur 2.a. Die gehoorgestremde groep se groepsgemiddeldes daaren- teen, verskil grootliks van die resultate wat vir die normaa1horendes verkry is en toon groot verskille trissen die individue se produksies in die onderskeie sinne. Die kog1eere groep se produksie van die korrekte toonhoogte- kontoer is perseptueel beoordeel om in al vier sinne groter ooreensteming met die resultate van die normaalhorendes as met die van die gehoorgestremde groep te vertoon. Die akoestiese resultate toon dat die normaa1horende groep deurgaans die hoogste persentasie toonhoogtekontoer- korrektheid vertoon in al vier sinne. Die gehoorgestremdes se toonhoogtekontoer-korrektheid is vir al vier sins- produksies die swakste en vertoon weereens groot individuele verskille. Die kogleere groep se toonhoogte- kontoer-korrektheid daarenteen is deurgaans nader aan die van die normaa1horendes in a1 vier sinne soos aangetoon in figuur 2b. Die resultate van die perseptuele beoordeling en akoestiese analise vertoon dieselfde beeld soos blyk uit fig- ure 2a en 2b. Die gelntegreerde resultate ten opsigte van die toepaslikheid van toonhoogtekontoer dui dus daarop dat die kogleere groep in verskillende linguistiese kontekste Adri Ligthelm en Emily Groenewald nader aan die normaalhorende groep as aan die gehoor- gestremdes presteer. 100,------------------------- 80 W!l-------jj 60 Persentasie (%) 40 20 Sinstipe 1 Sinstipe 2 Sinstipe 3 Sinstipe 4 Figuur 2.a: Perseptuele analise l00~~------------------------~~--~ 80 60 Persentasie (%) 40 20 SinSlipe 1 Sinstipe 2 Sinslipe 3 Sinstipe 4 Figuur 2.b: Akaestiese analise r Gehoorgeslremd FIGUUR 2: Grafiese voorstelling van die groeps- gemiddelde vir korrektheid van toonhoogte-kontoer LUIDHEIDSVARIASIE Figuur 3a toon dat die normaalhorende groep se luid- heidsvariasie vir al vier die sinstipes as normaal beoordeel is. Die gehoorgestremde proefpersone toon opvallend groot individuele verskille inluidheidsvariasie met beoordelings wat vanaf geen tot abnorma1e variasie strek. Davis en Hardick (1981) noem dat sommige gehoorgestremde kinders swak kontrole oor hulle produksie van luidheid het'. Dit blyk ook geldig te wees vir die gehoorgestremde proef- persone in hierdie studie. Die kogleere groep se luid- heidsvariasie toon volgens die' perseptuele beoord~ling groter ooreenstemming met die van die nortnale groep en toon by sinstipe 1,2, en 3' hee1wat k1einer variasie as, die van die gehoorgestremdes. 1 Die resultatevan die akoestiese metings van luidheids- omvang soos voorgestel in figuur 3b dui daarop dat' die normaa1horende groep die 'grootste luidheidsomvang vertoon in drie van die vier sinstipes. Die luidheidsomvang van die gehoorgestremdes is egter groter as die van die normaa1horendes in sinstipe 3 en is feitlik dieselfde in sinstipe 4. 800s blyk uit figuur 3b vertoon die kogleere groep deurgaans die kleinste luidheidsomvang oor al vier die sinstipes: / ." Hierdie resultate weerspreek met die eerste 00gops1ag die perseptuele waarnemings maar wanneer die akoestiese en perseptuele resultate egter gelntegreer word, blyk dit dat die luidheidsvariasie van die gehoorgestremdes oor al die sinne negatief beoordeel is. D1t wil dus voorkom asof die gehoorgestremdes weI 'n groot luidheidsvariasie vertoon, maar dat dit waarskynlik ongekontroleerd of ontoepaslik The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Suprasegmentele Spraakeienskappe van Prelinguaal Gehoorgestremde Kinders met Kogleere Inplantings, Gehoorgestremde Kinders sonder Inplantings en Normaalhorende Kinders 71 is en daarom deur die luisteraars as abnormaal beskou Hill-Brown, 1985; Davis & Hardick, 1981). Dit blyk egter word. Dit is opvallend dat die normale groep ook 'n groot dat die spraakspoed van die kogleere groep groter mate van luidheidsomvang vertoon, maar dat dit deur die ooreenstemming to on met die van die normaalhorendes in luisteraars as normaal beskou word. drie van die vier sinne wat geproduseer is. Abnormale variasie 5 Te veel variasie ,4 Normale variasie 3 Min variasie 2 Geen variasie Sinslipe 1 Sinstipe 2 Sinstipe 3 Sin stipe 4 Figuur 3.a: Perseptuele analise 25,--------------------------------, 20 t----------m 15 Desibel (dB) 10 Sinstipe 1 Sinstipe 2 Sinstipe 3 Sinstipe 4 Figuur 3.b Akoestiese analise FIGUUR 3: Grafiese voorstelling van die groeps- gemiddelde vir luidheidsomvang SPRAAKSPOED Die normaalhorende groep se spraakspoed is oorwegend as normaal beoordeel, met die uitsondering van sinstipe 1 soos blyk uit figuur 4a. Die -gehoorgestremdes se spraak- s'poed is oor die algemeen as normaal tot stadiger as normaal beoordeel. Die grootste variasie in hierdie groep se spraakspoed kom by sin stipe 4 voor, met perseptuele beoordelings wat vanaf ~bnormaal stadig tot normaal wissel. Vit die literatuur is: dit ook duidelik dat uitermatig gehoorgestremde person~ geneig is om 'n stadiger as normale spraakspoed te vertoo~JKirk & Hill-Brown, 1985; Davis & Hardick, 1981; Coles, 1990), en dat hulle stadiger spraakspoed geneig is om die ritme en kwaliteit van hul spraak negatief te belnvloed (Kirk & Hill-Brown, 1985). Die kogleere groep se produksie van spraakspoed is vir beide sinstipe 1 en 2 is perseptueel beoordeel as tussen 'n normale tot vinniger as normale spraakspoed. In sinstipe 3 is die groep se spraakspoed as normaal en sinstipe 4 as stadiger tot normaal beoordeel. Die normaalhorende en kogleere groep is dus meer geneig om 'n normale tot vinniger spraakspoed te he, terwyl die gehoorgestremde groep se spraakspoed deurlopend stadiger tot normaal was. Die akoestiese analises van die normaalhorende groep se spraakspoed, to on die hoogste groepsgemiddeldes vir al vier die sinstipes. 800s voorgestel in figuur 4b is dit duidelik dat die gehoorgestremde groep se spraakspoed die stamgste is vir drie van die sinstipes. Dit stem ooreen met waamemings van ander navorsers (Coles, 1990; Kirk & Die perseptuele en akoestiese resultate stem dus ooreen en die gelntegreerde resultate dui daarop dat die kogleere groep 'n stadiger spraakspoed as die normaalhorende groep vertoon, maar dat hul spraakspoed waarneembaar vinniger as die van die gehoorgestremde groep is. Dit blyk dus uit die ondersoek dat die kogleer gelnplan- teerde kinders se suprasegmentele spraakeienskappe, in 'n verskeidenheid van linguistiese kontekste, 'n groter ooreenkoms toon met die van die normaalhorende groep as met die van die gehoorgestremde groep. Abnormaal vinning 5 ,--------------------------------, Vinniger as norrnaal 4 t-.,,---.----,-------,--,-------------------: Normaal3 Stadiger as normaal 2 Abnormaal stadig 1 +-____ ~ ____ ~ ______ ~ __ ~ __ - Sinstipe 1 Sinstipe 2 Sinstipe 3 Sinslipe 4 Figuur 4.a: Perseptuele analise Sillabes per. sekonde Sinstipe 1 Sinstipe 2 Sinstipe 3 Sinstipe 4 Figuur 4.b: Akoestiese analise , " ormaal Gehoorgestremd FIGUUR 4: Grafiese voorstelling van die groeps- gemiddelde vir spraakspoed GEVOLGTREKKINGS Die ondersoek verskaf 'n vergelykende beeld van die suprasegmentele spraakeienskappe van jorig kindel's met uiteenlopende gehoorvermoens en ouditiewe moniterings- opsies. Bevindings dui daarop dat prelinguale gehoor- gestremde kindel's grootliks baat vind by die terugvoer en monitering wat die kogleere inplantingstegnologie bied. Die studie toon dat diejong prelinguaal gehoorgestremde kind binne twee jaar na 'n kogleere inplanting, reeds sekere suprasegmentele spraakvaardighede bemeester. Daar is verdere aanduidings dat sodanige vaardighede by kogleer- gelnplanteerdes 001' die algemeen, betel' ontwikkel is as by gehoorgestremdes van dieselfde ouderdom wat van konvensionele gehoorapparaatgebruik maak. Dit wil ook voorkom of die gelmplanteerde kindel's tot so 'n mate voordeel trek uit die tipe stimulasieen terugvoer wat hul ontvang, dat hul suprasegmentele spraakvaardighede binne enkele jare na inplantering reeds ooreenkoms to on met die Die Suid-Afrikaanse Tydskrifuir Kommunikasieafwykings, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) 72 van normaalhorende kinders van dieselfde ouderdom. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat die studie 'n beperkte aantal proefpersone ingesluit het en dat die resultate van die studie waarskynlik nie sondermeer veralgemeen kan word nie. Individuele verskille tussen die proefpersone in 'n kleiner groep kan die beeld wat die groep as 'n geheel vorm makliker belnvloed. Die resultate verskaf nogtans 'n sterk aanduiding van die positiewe invloed van 'n prelinguale kogleere inplanting op die produksie van suprasegmentele spraakeienskappe by jong kinders. 'n Aanbeveling vir verdere ondersoeke in die verband is dus die insluiting van 'n groter aantal proefpersone wat die veralgemening van bevindings kan ondersteun. Dit is egter ongelukkig so dat die aantal kogleer-gelnplanteerde persone relatiefbeperk is. Slegs spesifieke suprasegmentele eienskappe is in die studie ondersoek, en dit gee dus nog net 'n gedeeltelike beeld van die proefpersone se produksie van suprasegmentele spraakeienskappe. Die ondersoek van suprasegmentele eienskappe in spontane spraakuitings van jong, pre lin- guaal-gelnplanteerde kinders, waardeur spesifieke suprasegmentele aspekte in 'n natuurlike linguistiese konteks geevalueer kan word, mag verder interessante inligting verskaf. Die tweeledige aard van die ondersoek, wat 'n persep- tuele sowel as akoestiese analise ingesluit het, het bygedra tot groter insig in die aard van die suprasegmentele eienskappe. Die benadering word sterk aanbeveel vir verdere studies in die verb and, om 'n meer volledige beeld van die aard van suprasegmentele spraakeienskappe te verkry. Die bevindings van die studie is 'n verdere aanduiding van die positiewe gevolge van kogleere inplantings, en bevestig die beeld wat uit ander navorsing met betrekking tot die spraakproduksie van kinders met kogleere inplantings na vore kom (Cummings, Groenewald, Hugo, Coetzee & Van der Linde, 1995; Tye-Murray et aI., 1995; Kirk & Hill-Brown, 1985). Osberger (1994) noem dat 'n kogleere inplanting 'n opmerklike voordeel vir die ontwikkeling van spraak- persepsie en spraakproduksie by uitermatig gehoor- gestremde kinders inhou en dat die prestasie van hierdie kinders tot dusver selfs die verwagtinge van die meeste professionele betrokkenes en ouers oortref. Sy spreek die mening uit dat geen ander sensoriese apparaat tot op hede so 'n dramatiese invloed op die verbetering van orale kommunikasie in uiterm:;J-tige gehoorgestremde kinders gehad het nie. Die bevindings van hierdie studie dui daarop dat hierdie mening geregverdig is. VERWYSINGS Boothroyd, A. (1982). Hearing Impairment in Young Children. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice-Hall, Inc. Boothroyd, A. (1993). Profound Deafness. In Tyler, RS. (ed.), 1993. Cochlear Implants: Audiological Foundations. San Diego, California: Singular Publishing Group, Inc. Cohen, N.l., Waltzman, S.B. & Shapiro, W.H. (1985). Clinical trails with a 22-channel cochlear prosthesis. Laryngoscope, 95, 1448- • ' 1454. Coles, L.D. (1990). The effect of certain suprasegmental features on the hearing impaired child's speech intelligibility. Ongepubli- seerde M.Log. Verhandeling, Universiteit van Pretoria. Crary, M.A. & Tallman, VL. (1993). Production of linguistic prosody by normal and speech-disordered children. Journal of Communication Disorders, 26, 245-262. Crystal, D. (1981). Clinical Linguistics. New York: Spinger-Verlag. Cummings, S., Groenewald, E., Hugo, R, Muller, L. & Van der Adri Ligthelm en Emily Groenewald Linde, M. (1994). Speech production changes with the use ofa multichannel cochlear implant in a postlingualy hearing im- paired adult. Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Komnwnikasie- afwykings, 41,3-13. . Cummings, S., Groenewald, E., Hugo, R, Coetzee, L. & Van der Linde, M. (1995). Speech Production changes with the nucleus 22-channel cochlear implant. Annals of Otology, Rhinology & Laryngology, 104, (Supplement 166), 394-397. Davis, J.M. & Hardick, E.J. (1981). Rehabilitative Audiology for Children and Adults. New York: John Wiley & Sons, Inc. Dowell, RC., Meckleburg, D.C. & Clark, G.M. (1986). Speech recognition for 40 patients receiving multichannel cochlear implants. Archives of Otolaryngology, Head and Neck Surgery, 112, 1054-1059. Fryauf-Bertschy, H., Tyler, RS., Kelsay, D.M. & Gantz, B.J. (1992). Performance over time of congenitally deaf and postlingually deafened children using a multichannel cochlear implant. Journal of Speech and Hearing Research, 35, 913- 920. Grant, K.w. & Walden, B.E. (1996). Spectral distribution of prosodic informa tion. Journal of Speech and Hearing Research, 39, 228-238. Kent, RD. & Read, C. (1992). The Acoustic Analysis of Speech. San Diego, California: Singular Publishing Group, Inc. Kirk, K.l. & Hill-Brown, C. (1985). Speech and language results in children with a cochlear implant. Ear and Hearing, 6, (Supplement), 36-47. Langereis, M.C., Bosman, A.J., Van Olphen, A.F. & Smoorenburg, G.F. (1997). Changes in vowel quality in post-lingually deafened cochlear implant users. JOllrnal of Audiology, 36, 279-297. Minifie, F.D. (1973). Speech Acoustics. In Minifie, F.D., Hixon, J.J. & Williams, F. (eds.), 1973. Normal Aspects of Speech, Hearing and Language. Englewood Cliffs, New Jersey: Prentice-Hall, Inc. Northern, J.L. & Downs, M.P. (1991). Hearing in children (4th. ed.). Baltimore: Williams & Wilkins. Ohde, RN. & Sharf, D.J. (1992). Phonetic Analysis of Normal and Abnormal Speech. New York: MacMillan Publishing Company. Osberger, M.J. (1994). Introduction and Overview. In McCormick, B., Archbold, S. & Sheppard, S. (Eds.), 1994. Cochlear Implants for Young Children: The Nottingham Approach to Assessment and Rehabilitation. London: Whurr Publishers Ltd. Salkind, N.J. (1991). Exploring Research. New York: MacMillan. Sloat, C., Taylor, S.H. & Hoard, J.E. (1978). Introduction to Phonology. Englewood Cliffs, New York: Prentice-Hall, Inc. Spivak, L.G. & Waltzman, S.B. (1990). Performance of cochlear implant patients as a function of time. Journal of Speech and Hearing Research, 33, 511-519. Tobey, E.A. (1993). Speech Production. In Tyler, RS. (eci.),:1993. Cochlear Implants: Audiological Foundations. San Diego, California: Singular Publishing Group, Inc. : Tye-Murray, N., Lowder, M. & Tyler, RS. (1990). Comparison of the FOF2 and FOF1F2 processing strategies for the Cochlear Corporation cochlear implant. Ear and Hearing, 11, 195,-200. Tye-Murray, N. (1993). Aural Rehabilitation and Patient Management. In Tyler, RS.(Ed.), 1993. Co~hlear Im.piants: Audiological Foundations. San Diego, California: Singular Publishing Group, Inc. ' Tye-Murray, N., Spencer, L. & Woodworth G.G. (1995). Acquisition of Speech by Children Who Have Prolonged Cochlear Implant Experience. Journal of Speech and Hearing Research, 38, 327- 337. . Tyler, RS. (1990). Speech perception with the Nucleus cochlear implant in children trained with the auditory/verbal approach. American Journal of Otology, 11, 99-107 . , Tyler, RS. (1993). Speech Perception by Children. In Tyler, RS. (ed.), 1993. Cochlear Implants: Audiological Foundations. San Diego, California: Singular Publishing Group, Inc . Van Tasell, D.J. (1981). Auditory Perception of Speech. In Davis, J.M. & Hardick, E.J., 1981. Rehabilitative Audiology for Children and Adults. New York: John Wiley & Sons, Inc. Van Wyk, E.B. (1981). Praktiese Fonetiek vir Taalstudente:'n Inleiding. Durban: Butterworth en Kie. Waltzman, S.B., Cohen, N.L. & Fisher, S.G. (1992). An experi- mental comparison of cochlear implant systems. Seminars in Hearing, 30, 195-207. ' The South African Journal of Communication Disorders, Vol. 46, 1999 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 )