Opvoedkundige Oudiologie: MedekonsuItasie vir Optimalisering van Kinders met Gehoorverlies in die KIaskamer 55 Opvoedkundige Oudiologie: Medekonsultasie in Spesialiseringsonderwys Lidia Pottas en Rene Hugo Departement Kommunikasiepatologie, Universiteit van Pretoria ABSTRACT The aim of this study was to determine the value of educational audiology in the in-service training of teachers of children with hearing loss, in the South African context. Two questionnaires were developed which teachers and headmasters of schools for the deaflhard of hearing in the Gquteng and Northwest provinces completed. The aim of the first questionnaire was to obtain background information regarding the 10 schools included in this study. The purpose of the second questionnaire was to determine the knowledge of 211 teachers regarding the child with a hearing loss. The background information obtained from the first questionnaire made it possible for the researchers to compare the knowledge of two different groups of teachers on the basis of in-service training. The results indicated definite limitations in the knowledge of the teachers, which must be viewed in light of the specific audiological needs of the child with a hearing loss, who may thus not fulfill hislher potential in the school setting. In spite of in-service training there was no significant difference between the two groups of teachers, which questions the value of existing training. OPSOMMING Die doel van hierdie studie was om die waarde van opvoedkundige oudiologie in die indiensopleiding van die onderwysers van kinders met gehoorverlies in Suid-Afrika te ondersoek. Twee vraelyste is saamgestel wat deur die onderwysers en skoolhoofde van skole vir doweslhardhorendes in die Gauteng provinsie asook by nabygelee skole in die Noordwes provinsie voltooi is. Die eerste vraelys is gebruik om agtergrondinligting aangaande die 10 skole wat in die studie ingesluit is, in t~ win. Die tweede vraelys se doel was om 'n beeld van die 211 onderwysers se kennis van die kind met 'n gehoorverlies te ve~kry. Agtergrondinligting verkry uit hierdie vraelys het die navorser instaat gestel om 'n vergelyking te treftussen die kennis van twee verskillende groepe onderwysers op grond van indiensopleiding. Resultate het definitiewe leemtes in die kennis Jan die onderwysers aangedui. Hierdie tekortkominge in kennis moet in noue verband met die besondere oudiologiele behoeftes van die kind met gehoorverlies beskou word, aangesien dit daartoe kan lei dat die kind I nie sy.volle potensiaal in die onderrigsituasie kan verwesenlik nie. Voorts is bevind dat indiensopleiding nie 'n wesenlike verskil in die kennis vbn die twee groepe onderwysers tot gevolg het nie, wat die waarde van bestaande indiensopleiding bevraagteken. I ' I SLEUTEL WOORDE: opvoedkundige oudiologie, indiensopleiding, gehoor-gestremdheid, onderwysersopleiding, gehoorgestremde kind. . INLEIDING "The word inservice1 typically is used within the field of ... education to refer to training or education provided to school personnel after they have accepted or are already working in a specific job. Inservice usually targets job-specific information or skills related to needs in the present job situation, which were not adequately addressed in the employee's preservice education, that is, that which took place before the individual was hired" (De Conde Johnson, Benson, & Seaton, 1997, p. 166). Dit is v~ral die onderwyser in 1 Eie beklemtoning Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 48,2001 spesialiseringsonderwys wat 'n besondere taak en roeping het waarvoor gespesialiseerde kennis en insig nodig is (Marais, 1988). Spesialisasie in die onderwysersopleiding is nie noodwendig daarop gemik om die effek van die gestremdheid uit te skakel nie, maar behoort eerder ge"interpreteer te word as 'n verdieping· van die onderwyser se insig met betrekking tot spesifieke hulpverlening aan sulke kinders (Marais, 1988). In die huidige Suid Afrika'anse konteks wil dit voorkom asof hierdie aspek veral relevant is ten opsigte . van die kind met 'n gehoorverlies, wat tans nog grootliks in die spesiale onderwysstroom gehuisves word. Bier is dit duidelik dat oudiologie as vakgebied, 'n vakvreemde dissipline vir die algemene onderwyser, 'n uitgesproke rol R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Lidia Pottas & Rene Hugo 56 speel in. die onderrigsituasie en dat die onderwyser van enige kind wat 'n gehoorprobleem het, oor die nodige kennis en vaardigheid moet beskik om in die opvoedingsbehoeftes van die kind met 'n gehoorverlies te kan voorsien. the realisation of the auditory potential of the hearing impaired child requires constant audiological surveillance, carried out in everyday situations in which the child needs to use hearing. Many of the communication difficulties experienced by hearing-impaired children can be resolved, either panly or wholly, by attention to audiological factors that requires initiation by audiologically aware teachers. It cannot be done at a distance by a hospital technician or audiologist" (Harrison, 1993, p. 30). Literatuur rakende die besondere behoeftes van die onderwyser in spesialiseringsonderwys is beperk. Tog het hierdie onderwyser 'n primere verantwoordelikheid as "advokaat" van elke kind met 'n gehoorverlies (Harrison, 1993). Vanwee hul besondere noue kontak met die kind met 'n gehoorverlies, moet die onderwyser die kind as't ware verteenwoordig in alle situasies en teenobr aIle persone. Dit veronderstel egter met inbegrip van verskeie vaardighede 'n besondere kennis van en begrip vir die kind met 'n gehoorverlies. Die besondere oudiologiese behoeftes van die kind vereis bepaalde kennis en vaardighede van die onderwyser (Vgl. Tabel 1). Tabell: Veronderstelde kennis en vaardighede van die onderwyser rakende sekere aspekte van oudiologie. Die rol van die onderwyser Aard van kennis/vaardigheid Die kind met 'n gehoorverlies in die klaskamer • Kennis van die basiese anatomie en fisiologie van die gehoorsisteem; oudiometriese toetsprosedures en interpretasie van resultate asook die etiologie van gehoorverlies (Lass, Tecca en Woodford, 1987) .. Kennis van die kenmerke/gevolge van In gehoorverlies (Flexer, 1993) • Kennis van die verskillende teoriee en filosofiese orientasies in die onderrig van die kind met In gehoorverlies (Easterbrooks & Radaszewski-Byme, 1995) Nagaan en hantering van gehoorapparate • Kennis van gehoorapparaattegnologie, funksie en werking van gehoorapparate en versterkingsisteme (Harrison, 1993; Berg, 1992). • Vermoe tot die daaglikse nagaan en toepaslike gebruik van klankversterkingsapparaat (Berry, 1992) Aanpassing en beheer van die akoestiese • Kennis van die akoestiese omgewing in die klaskamer en omgewing die faktore wat dit be'invloed (Flexer, 1993) • Vermoe tot die daarstelling van In optimale luisteromgewing (Easterbrooks & Radaszewski-Byrne, 1995) Evaluasie en opleiding van spraak en taal • Kennis van normale taal- en spraakontwikkeling (Grant, 1983) • Vermoe om die kind met In gehoorverlies se kommunikasie, spraak en taal te evalueer (Sass-Lehrer, 1986) • Vermoe om inligting soos verkry tydens die evaluasie te interpreteer, toepaslike doelwitte en doelstellings te formuleer en die nodige aanpassings in die onderrigsituasie te maak (Sass-Lehrer, 1986). • Kennis van en vaardigheid in toepaslike stimulasie van spraak en taal in die onderrigsituasie (Grissom & Cochran, 1986). Evaluasie en opleiding van luistervermoens • Kennis van die doel, aard en wyse vanouditiewe en spraakleesvaardighede opleiding (Berg, 1992) / / • Kennis van die doel, aard en wyse van spraakleesopleiding (Berry, 1992) Die probleem is egter dat hierdie kennis en vaardighede nie vanselfsprekend deel van die onderwyser se mondering is nie, maar verwerf moet word deur verdere opleiding (Hegarty, Pocklington & Lucas, i990). Die opleiding van die onderwyser blyk dus onontbeerlik te wees ten einde~hom toe te rus vir sy taak. The South African Journal of Communication Disorders, Vol 48 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) t:1 ;:;;. c,., :;:: is..: ~ .... ~ I:l 'i; '" ~ t;. ::; '!:;; "" ::;. ~ ~ ;::: ~ '"' ;:;;. ~ '< ?;- s· (}Q -'"' ~ :- ""- _Co N 8 ....... Skool Provinsie Getal Getal Getal spraakterapeute Fases in skool Missie van die skool leerlinge onderwysers loudioloe ~- I " I Noordwes 55 8 0 Sekonder Die voorsiening van 'n hoe standaard van sekondere onderwys aan Dowe leerlinge, ongeag ras, kleur, geslag, Tegnies taal of godsdiens, ten einde die grondslag te Ie vir verdere onderwys en opleiding. 2 Gauteng 195 23 I vakante pos Preprimer Primer Om so goed as moontlik die dowe kind op te voed en te onderrig in 'n Christen (Katolieke) agtergrond om op -- -- --- ---- ·-Sekonder __ Tegnies 'n gelykwaardige grondslag met "normale mense" mee te ding. 3 Noordwes 400 (T) 58 (TI) I \ Sekonder To provide effective education to all the pupils in the school. 67 (G) 14(GI) 4 Gauteng 176 27 2 Preprimer Primer To educate deaf and hard of hearing pupils in an environment which fosters human dignity and mutual Sekonder respect and enable the pupils to take their rightful place in both the hearing and the deaf world with Beroepsopleiding confidence. 5 Noordwes 269 41 I Primer To strive for and maintain effective teaching, learning and educational excellence in an environment Pre-primer conducive to learning and so develop a responsible, independent, self-reliant person who can communicate, Beroepsopleiding reckon, realize and develop to his potential to take hislher rightful place in society. 6 Noordwes 349 42 0 Preprimer Primer To develop the deaf to be independent adults who will occupy their place as responsible adults in the Sekonder Tegnies community_ Beroepsopleiding 7 Gauteng 290(T) 34 (TI) 0 Preprimer, Primer Offering quality education and adapting the curriculum to meet the needs and demands of the industrial 244 (G) 34(GI) Sekonder world. This is in line :-vith the inclusion policy. 8 Gauteng 278 44 4 Preprimer Primer Nie beskibaar Sekonder 9 Gauteng 317 51 3 Preprimer Primer Nie beskikbaar Sekonder Tegnies Beroepsopleiding 10 Gauteng 147 18 I Preprimer We are committed to provide excellent and relevant Educational Programmes to our pupils that embraces Primer Academic, Vocational achievement and personal growth and esteem of multicultural deaf students Sekonder incorporating respect for culture and heritage. In our belief that the Deaf are valuable, capable and Beroepsopleiding responsible we pledge to render services of the highest professional skills and attitudes exemplifying Tegnies dedication and excellence. L- __ . __ ----'--- - - T == Totale getal kinders in skool; G == Kinders met gehoorverlies; Tl == Totale aantal onderwysers; G 1 == Onderwysers betrokke by kinders met gehoorverlies I ~ Q; '=' ~ ~ ~ /I) '" ~ ., '< ~ /I) ::I Q. /I) a: riQ' C; ::I IJQ , GI 'iii 60% S c:: GI til 40% .. GI Il. 20% 0% aanvaar dat hul oor voldoende kennis van die aspek beskik, d.w.s die antwoord is as korrek aanvaar. Sewentig persent dui dus op die rekenkundige meerderheid en nie 'n statistiese meederheid nie. Die voorafgaande resultate van subdoelstelling 1 kan dus as volg saamgevat word. --+-'')'':;t('---+-=c:c~--+----I I- Korrek 1 Subafdelings - vraelys 2 Figuur 1: Opsommende beeld van kennis van onderwysers t.o.v sekere aspekte van oudiologie , Die bevindinge van hierdie stu die dui op bepaalde tekortkorninge in die kbnnis van die onderwysers met betrekking tot verskeie asbekte. I Kennis aangaande Ikommunikasie: Spraak- en taalontwikkeling I Wat die onderwysers ise kennis rakende kommunikasie: spraak-en taalontwikkeling betref, blyk dit dat die meerderheid onderwysers oor voldoende kennis beskik. Kennis in hierdie verband is onontbeeriik vir die onderwyser van die kind met 'n gehoorverlies. Dit stel nie net die onderwyser in staat om op grond van sylhaar kennis van normale spraak- en taalontwikkeling die kind se kommunikasie, spraak en taal te evalueer nie, maar Ie ook die basis vir toepaslike taalverryking, taalstirnulasie en spraakopleiding, wat 'n prirnere behoefte van die kind met 'n gehoorverlies is (Grant, 1983). Volgens Israelite en Hammermeister (1986) het 80% van die opleidingsprogramme vir onderwysers van kinders met gehoorverlies die belangrikheid van kennis van spraak - en taalontwikkeling aangetoon. Hierdie belangrikheid kan inderdaad toegeskryf word aan . die feit dat 'n goeie taalbasis, en in 'n mindere mate verstaanbare spraak, die basis vorm vir alle ander akaderniese vakke en Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 48, 2001 opvoedkundige prestasies van die kind met 'n gehoorverlies (Bader, 1992). Kennis van gehoormeganisme / oudiometriese toetsing / oorsake van gehoorverlies Kennis van die gehoormeganisme, oudiometriese toetsing en interpretasie van oudiograrnme, asook die etiologie (oorsake) van gehoorverlies is van belang (Easterbrooks en Radaszewski-Byrne, 1995) ten einde die besondere behoeftes van die kind met 'n gehoorverlies, wat spruit uit die aard, graad en etiologie van die gehoorverlies te bevredig in die onderrigsituasie. 'n Studie uitgevoer deur Martin, Bernstein, Daly en Cody, (1988) oor die soortgelyke kennis van onderwysers in die hoofstroom, het getoon dat die onderwysers 57% van die vrae oor hul kennis van gehoorprobleme korrek beantwoord het, terwyl die onderwysers betrokke in hierdie studie ook 57% van die vrae in verband met gehoorprobleme korrek beantwoord het. Wat die vrae oor die gehoormeganisme asook die oudiometriese toetsing van gehoorverlies betref, het die onderwysers onderskeidelik 60% en 33% van die vrae korrek beantwoord. Dit dui daarop dat die kennis van die onderwysers in die hoofstoom in ontwikkelde lande ongeveer op dieselfde vlak is as die kennis van die R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) ondeIWysers in spesialiseringsondeIWYs in 'n ontwikkelende land. 'n Soortgelyke tendens is ook waargeneem in 'n studie van Lass et al. (1987) deurdat daar slegs 'n verskil van 2% tussen die prestasie van ondeIWysers in spesialiseringsondeIWys en diegene in hoofstroomondeIWYs in die VSA gevind is. Verskeie faktore kan egter ter verklaring aangebied word vir die RSA konteks. Alhoewel die ondeIWysers in die hoofstroom in ontwikkelde lande nie werklik oor kwalifIkasies in gehoorprobleme beskik nie, word hulle bygestaan deur opvoedkundige oudioloe asook gekwalifiseerde onderwysers vir kinders met gehoorverlies (Luckner, 1991). Die ondeIWysers in die RSA konteks word in 'n groot mate vanwee 'n gebrek aan voldoende opleiding asook ontoereikende ondersteuningsdienste, veral 'n tekort aan oudioloe, uitgelewer aan hulself. Kennis aangaande die kenmerke/gevolge van gehoorverlies Wat die ondeIWysers se kennis van die kenmerkelgevolge van In gehoorverlies betref, is slegs 33% van die vrae korrek beantwoord. Die kind in sy totaliteit (emosioneel, sosiaal, intellektueel, ens.) noop die ondeIWyser om oor kennis in hierdie verband te beskik (Marais, 1988), aangesien dit van kardinale belang is in die beplanning en implementering van enige akademiese aktiwiteit (Sanders, 1988). Kennis van gehoorapparate Verskeie outeurs (Harrison, 1993; Lass et al., 1987; Maxon & Smaldino, 1991) is dit eens dat kennis van gehoorapparate van wesenlike belang is in die onderrigsituasie. Dit spruit uit die feit dat die akoestiese omgewing in die klaskamer nie ideaal is nie en dat die kind met 'n gehoorverlies in staatgestel moet word om optimaal voordeel te trek uit ouditiewe-lingulstiese invoer (Maxon & Smaldino, 1991). Om 'n kind in staat te stel om sy/haar Lidia Pottas & Rene Hugo 62 residuele gehoor optimaal te benut, moet die ondeIWyser nie net oor kennis van die optimalisering van die akoestiese omgewing beskik nie (Flexer, 1993), maar ook van gehoorapparaattegnologie, funksie en werking van gehoorapparate en versterkingsisteme en die instandhouding daarvan (Harrison, 1993; Berg, 1992). Die feit dat die meerderheid ondeIWysers in hierdie studie slegs 26% van die vrae korrek kon beantwoord, kan moontlik toegeskryf word daaraan dat die meeste van hulle skoliere nie gepas is met gehoorapparate nie. In vergelyking met 'n soortgelyke studie (Lass et al., 1987) uitgevoer op ondeIWysers in die hoofstroom, beskik die ondeIWysers in die RSA konteks oor beperkte kennis in hierdie verband, aangesien die meerderheid ondeIWysers in die hoofstroom 78% van die vrae oor gehoorapparate korrek kon beantwoord. Kenn~ aangaande ouditiewe opleiding en spraakleesopleiding Slegs 17% van die vrae oor ouditiewe opleiding en spraakleesopleiding is korrek beantwoord. Kennis hiervan is van belang, aangesien luistervaardighede en spraakleesverrnoens die kommunikasieproses ten grondslag Ie. Luistervaardighede speel onder andere 'n kritieke rol in die ontwikkeling van lees-en skryfvaardighede (Berg, 1992) en dit word versterk deur spraakleesverrnoens, aangesien laasgenoemde die ouditiewe sein aanvul (Sanders, 1982). Die beperkte kennis van die ondeIWysers kan moontlik toegeskryf word aan die feit dat die minimum aantal leerlinge gepas is met gehoorapparate. Die mening dat ouditiewe opleiding geen doel dien as die kind nie blootgestel word aan versterkte klank nie, kan dan ontstaan. Die ondeIWysers maak ook grootliks staat op gebaretaal as kommunikasiesisteem en skenk gevolglik nie werklik aandag aan spraakleesverrnoens nie, vanwee die feit dat hul nie oor die kennis van die doel, aard en wyse van spraakleesopleiding beskik nie. 120%r---~~~'---------'----------r---------.---------'---------'--------~ .. 100%· ~ 80% .~ 60% J!! c: ~ ~ 40% 20% 0% . Subafdellngs • vraelys 2 Figuur 2: Indiensopleiding: Vergelyking van onderwysers se kennis /' III Beduidende verSkil1 / • Geen verskil ' / The South African Journal of Communication Disorders, Vol 48 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Opvoedkundige Oudiologie: Medekonsultasie vir Optimalisering van Kinders met Gehoorverlies in die K1askamer 63 Die resultate van subdoelstelling 1 soos bespreek, dui duidelik daarop dat die ondeIWysers bepaalde leemtes in hul kennis van sekere aspekte van oudiologie het. DIE WAARDE VAN INDIENSOPLEIDING Die volgende vraag wat beantwoord moes word is of die bestaande indiensopleiding wat hul ontvang weI vir die ondeIWysers van waarde was. In figuur 2 word aangetoon hoe die kennis van die ondeIWysers wat indiensopleiding ontvang het vergelyk met die van ondeIWysers wat nie sodanige opleiding ontvang het nie. Die resultate word aangebied in terme van die mate waartoe daar 'n beduidende verskil in die kennis van die twee groepe ondeIWysers voorgekom het. Vit die voorafgaande figuur is dit duidelik dat daar slegs met betrekking tot die vrae oor "gehoorapparate" 'n beduidende verskil in die kennis van die twee groepe onderwysers verkry is. Wat alle ander aspekte betref, kon geen duidelike verskil tussen die twee groepe se kennis aangetoon word nie. Die doel van indiensopleidingsprogramme is juis om die potensiaal van ondeIWysers verder te ontwikkel deur voortgesette opleiding, sodat hulle te alle tye diensbaar kan wees (Van Heerden, 1991). Dit spruit uit die besef dat aanvanklike opleiding in 'n vinnnig ontwikkelende wereld nie meer voldoende is nie (Van Heerden, 1991). Indiensopleiding is 'n forme Ie poging om te verseker dat die aanvanklike onderwysstudent in die werksopset tot 'n lewenslange leer-program oorgaan. Met betrekking tot oudiologie impliseer dit dus dat oudiologie as wetenskap geplaas word binne die unieke skoolkonteks. Laasgenoemde aspek maak dit juis verskillend van formele opleiding aangesien leerervarings binne die relevante konteks daargestel kan word. Dit sluit ook aan by volwassene leer in die sin dat volwassenes probleem- gesentreerde leerervarings verkies, wat betekenisvol en van toepassing is op die onmiddellike omgewing (English, 1995~ i 'n Verdere motiveri~g vir indiensopleiding is dat beperkte kennis van g~hoor en gehoorverlies by die ondeIWyser kan lei tot bdperkte groei in die ontwikkeling van opvoedkundige pro~edures vir die hantering van kinders met gehoorverli~s (Ross, 1991 in Flexer,1993). Ten aansien van die on~eIWyser in die hoofstroom, sal indiensopleiding nie net bydra tot kennisverryking en die verandering van inge~teldheid teenoor inklusiewe ondeIWys nie, maar is dit !tans/die enigste opsie vir verdere opleiding, weens die feit dat daar nog nie eintlik formele onderrigprogramme vir liierdie ondeIWysers bestaan nie (Ross, 1991). Wat die ondeIWyser in die RSA konteks aanbetref, is indiensopleiding 'n aspek wat dringende aandag verg. Tot dusver was ondersteuningsdienste, wat ook die aspek van indiensopleiding betref, onvoldoende en ontoepaslik, veral in verafgelee gebiede. Baie skole beskik nie oor die dienste van 'n oudioloog nie en waar daar weI dienslewering is, is dit in baie gevalle ontoepaslik in die sin dat dit fokus op die probleme van die leerder (kind) en nie op die sis teem nie (Department of Education, 1997). Dit kan toegeskryf word aan onvoldoende en gefragmenteerde ontwikkeling van mens like hulpbrorine (Department of Education, 1997) en het 'n direkte invloed op kennis en vaardigheid wat daartoe lei dat die sisteem ontoereikend is om te voorsien in die diverse Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieajwykings, Vol. 48,2001 behoeftes van die kind. Die sisteem is dus gevolglik 'n "barrier to learning" vir die kind wat reeds 'n struikelblok as gevolg van 'n gehoorverlies ervaar. Hierdie vraagstuk kan alleenlik met tyd en laterale denke hanteer word. Indien daar nie 'nbeskikbare oudioloog as deel van die personeel is wat verantwoordelik kan wees vir die indiensopleiding nie, kan ander altematiewe oorweeg word. Een mOOlitlikheid is die gebruik van 'n sogenaamde "rondreisende model van dienslewering". Altematiewelik kan aktiewe konsultasie met oudioloe in privaatpraktyk oOIWeeg word. Hoe meer inligting na die onderwysers in die skoolkonteks gebring word, hoe meer kan die groot behoefte aan kennis oor oudiologie in skole gedemonstreer word. Dit kan sodoende die basis vorm vir die ontwikkeling van 'n behoefte aan 'n meer permanente postestruktuur vir 'n oudioloog in die onderwyskonteks wat opvoedkundige oudiologie 'n lewende werklikheid kan maak. Die voordeel hiervan is dat s6 'n oudioloog nie net die sterk en swak hoedanighede van die skool en personeel sal ken nie, maar ook werklike individuele kennis het van die spesifieke kinders met gehoorverlies (Ross, 1991). Indiensopleiding is egter nie 'n aspek wat ligtelik opgeneem moet word nie. Die sukses daarvan berus volgens verskeie outeurs (Allen, 1994; Jones, 1993; Ross, 1991) op noukeurige beplanning, met inagnerning van die volgende aspekte: • behoeftes en veIWagtinge van die ondeIWysers; • kenmerke en behoeftes van die kind met gehoorverlies; • die spesifieke onderrigsituasie, by. spesialiseringsondeIWYs; • aanpasbaarheid en relevansie van inhoud vrr die klaskamersituasie; • die persepsies, agtergrond en opleiding van die ondeIWysers; • betrokkenheid van ondeIWysers by die beplanning van indiensopleiding; • aard van die ondersteuningsdienste beskikbaar. Die genoemde faktore, of die afwesigheid daarvan, kan enige indiensopleidingsprogram benadeelen daartoe lei dat dit nie die beplande trefkrag het nie . ' Die leerplan van inqiensopleidingsprogramme, oor oudiologie as vakgebied, behoort volgens die literatuur (Flexer, 1993; Ross, 1991) ten rninste die volgende aspekte in te sluit: • kenmerke/gevolge van gehoorverlies; • gehoorapparate en FM-sisteme; • spraakakoestiek en persepsie; • klaskamerakoestiek; • ouditiewe opleiding; • spraakopleiding; • taalevaluasie en -opleiding. Soos uiteengesit in Tabel 4 word daar slegs by 4 van' die skole, betrokke in hierdie studie, indiensopleiding gedoen en dit blyk uit die resultate (Figuur 2) dat hierdie indiensopleidingsprogramme veral aspekte oor gehoorapparate beklemtoon. Die werklike inhoud van die indiensopleidingsprogramme in hierdie skole is egter nie aan die navorser bekend nie. Elke indiensopleidingsprogram behoort aan die hand van die voorgenoemde aspekte geevalueer te word, om te verseker dat alle aspekte met betrekking tot oudiologie in die klaskamer ingesluit is. Volgens Jones (1993) is 'n R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) .. aanvankIike behoeftebepaling van kardinale belang, aangesien die onderwysers se verwagtinge en behoeftes kan verskil van die inhoud soos beplan deur die oudioloog. Nuwe navorsingsbevindinge, die ontwikkeling in tegnologie en die aanstelling van nuwe personeel noodsaak indiensopleiding om 'n voortdurende, volgehoue proses te wees wat die onderwyser instaat sal stel om by nuwe omstandighede en vereistes aan te pas en sodoende te alle tye diensbaar te kan wees (Van Heerden, 1991). EV ALUASIE VAN DIE STUDIE Hierdie studie was 'n oorspronklike studie en op grond van die resultaat is riglyne neergele vir indiensopleiding van die onderwysers om sodoende te voorsien in die besondere behoeftes van die kind met 'n gehoorverlies. Soos met enige navorsing is bepaalde beperkinge in hierdie studie gei"dentifiseer, nl. Die grootste beperking van hierdie studie is dat daar slegs skole in die Gauteng en Noordwes provinsies ingesluit is. Die studie kan uitgebrei word na ander provinsies om sodoende 'n meer verteenwoordigende beeld van die kennis van die onderwysers te verkry. Enkele oop vrae is in die vraelys ingesluit, aangesien daar nie met voorafgaande antwoordkategoriee voorsiening gemaak kon word vir al die moontlike response op die vrae nie. Dit stel egter hoe eise aan respondente en dit kan gevolglik hul motivering nade1ig bei"nvloed (Steenekamp, 1984). In die lig daarvan dat dit ook tydrowend is om te kodeer, moet dit slegs by uitsondering gebruik word. SLOT Die professionele implikasies van hierdie studie motiveer die bevordering van opvoedkundige oudiologie in die RSA-konteks, asook die daarstelling van poste vir oudioloe in skole. Deur verder die nodige aandag te skenk aan indiensopleiding en konsultasie met oudioloe, sal daar nie net in die leemtes van kennis en behoeftes van die onderwysers voorsien word nie, maar kan die oudiologiese behoeftes van die kind in die klaskamer daadwerklik bevredig word deur die daarstellling van 'n meer dinamiese, ondersteunende onderrigsituasie. BIBLIOGRAFIE Allen, B.M. (1994). A case study in planning staff development - What do teachers really need? American Annals of the Deaf, 139(5),493-499. Babbie, E. (1992). The Practice of Social Research. California: Wadsworths Publishing Company. Bader, J.L. (1992). Language development for children who are hearing impaired. In RH. Hull (Ed.), Aural Rehabilitation. San Diego: Singular Publishing Group. Berg, F.S. (1992). Educational management of children who are hearing impaired. In RH. Hull (Ed.), Aural Rehabilitation. ,San Diego: Singular Publishing Group. Berry, V. (1992). Communication priorities and strategies for the mainstreamed child with a hearing loss. The Volta Review, 94; 29-36 Lidia Pottas & Rene Hugo 64 Bornman, J. (1995). Non-speaking children in schools for children with mental handicaps in the Pretoria area: A survey of communication and related problems. Unpublished MLog thesis. Pretoria: University of Pretoria. DeConde Johnson, c., Benson, P.V. & Seaton, J.B. (1997). Educational Audiology Handbook. San Diego: Singular Publishing Group Incorporated. Department of Education. (1997). Quality education for all - Overcoming the barriers to learning and development. Report of the National Commission on Special Needs in Education and Training (NCSNET) and the National Committee on Education Support Services (NCESS). Pretoria. Easterbrooks, S. & Radaszewski-Byrne, M. (1995). The development of knowledge and skill statements for teachers of students who are deaf or hard of hearing. Journal of Childhood Communication Disorders, 17(1), 20-26. English, K.M. (1995). Educational audiology across the lifespan - Serving all learners with hearing impairment. Baltimore: Paul H. Brookes Publishing Company. Flexer, C. (1993). Management of hearing in an educational setting. In Alpiner, lG. & McCarthy, P.A. (Eds.), Rehabilitative Audiology: Children and Adults. Baltimore: Williams & Wilkins. Grant, J. (1983). Teacher preparation: issues and trends. The Volta Review, 85, 90-104. Grissom, B.W. & Cochran, S.W. (1986). Critical competencies for teachers of hearing impaired students: The practioner's view. American Annals of the Deaf, 131, 267-270. Harrison, D.R. (1993). Promoting the educational and personal development of deaf children in an integrated setting. Journal of British Association Teachers of the Deaf, 17(2), 29-35. Hegarty, S., Pocklington, K. & Lucas, D. (1990). Education pupils with special needs in the ordinary school. Windsor: Nfer-Nelson. Hugo, R (1987). My kind kan nie hoor nie - Praktiese riglyne vir die hantering van die gehoorgestremde. Innesdale: Eng Enterprises. Israelite, N.K. & Hammenneister, F. (1986). A survey of teacher preparation programs in education. of the hearing-impaired. American Annals of the D¢af, 131, 232-237. ' Jones, T.W. (1993). International special ~ducation inservice training: challenges and solutions. : Teacher Education and Special Education, 16(4), 297-302. Lass, N.J., Tecca, J.E. & Woodford, C.M., (1987). Teachers' knowledge of , exposure to, and attitudes toward hearings aids and hearing aid wearers. Language, Speech and Hearing Services in Schools, 18, 86-95. Luckner, J.L. (1991). Mainstrearning hearing~impaired students: Perceptions of regular educators. Language, Speech and Hearing Services in Schools, 22, 302~307 . Marais; D. (1988). Die noodsaakIikheid van gespesialiseerde opleiding vir onderwyspersoneel van skole vir buitengewone onderwys. Tydskrifvir Tegniese en Beroepsonderwys, 8, 1,4-17. 'Martin, F.N., Bernstein, M.E., Daly, J.A. & Cody, J.P. (1988). Classroom· teachers' knowledge of hearing disorders and. attitudes about mainstrearning hard-of- /' The South African Journal of Communication Disorders, Vol 48 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Opvoedkundige Oudiologie: Medekonsultasie vir Optimalisering van Kinders met Gehoorverlies in die Klaskamer 65 hearing children. Language, Speech, and Hearing Services in Schools, 19, 83-95. Maxon, B.M. & Smaldino, J. (1991). Hearing aid management for children. Seminars in Hearing, 12(4), 365-378. \'. Mouton, J. & Marais, H.C.· (1992). 'Sasiese begrippe: Metodologie van die Geesteswetenskappe. Pretora: RGN -Uitgewers. Owen, A.S., Owen, W.L., Pannbacker, M.H. & Middleton, G.F. (1994). Organization and analysis of research data. In Pannbacker, M.H. & Middleton, G.P. (Eds.), Introduction to Clinical Research in Communication Disorders. San Diego: Singular Publishing Group Incorporated. Ross, M. (1991). A future challenge: Educating the educators and public about hearing loss. Seminars in Hearing, 12(4), 34-44. Sanders, D.A. (1982). Aural Rehabilitation: A Management Model. New-Yersey: Prentice-Hall Incorporated. Sanders, D.M. (1988). Teaching Deaf Children: Techniques and Methods. Boston: College-Hill Press. Sass-Lehrer, M. (1986). Competencies critical to teachers of hearing impaired students in two settings: BYLAE A - VRAELYSTE VRAELYSI-AANSKOOLHOOFDE 8eantwoord aile vrae so volledig as moontlik. 2 Aile inligting sal as hoogs vertroulik beskou word. Supervisors' views. American Annals of the Deaf, 131, :~12 . Schoeman, W.J. (1994). Beginsels van vraelyskonstruksie. In: Kursus in Navorsingsmetodiek (Geesteswetenskappe).' Aangebied deur:. Navorsing- adrninistrasie, Universiteit van Pretoria: 28-31 Maart. Statomet;(1994). Soorte opnamestudies. In: Kursus in Navorsingsmetodiek (Geesteswetenskappe). Aangebied deur: Navorsingadrninistrasie, Universiteit van Pretoria : 28~31 Maart. Steenekamp, C.S. (1984). Praktiese riglyne vir vraelyskonstruksie. Geleentheidspublikasie No. 16 ISBN 0 7969 015 11. Pretoria: HSRC. Van der Merwe, J. (1994). 'n Tipologie van navorsingsontwerpe. In: Kursus in Navorsingsmetodiek (Geesteswetenskappe). Aangebied deur: Navorsing- admiriistrasie, Universiteit van Pretoria: 28-31 Maart. Van Heerden, S.H. (1991). Personeelontwikkeling. Education Bulletin, 35(1), 39-50. Vos, A.S. & Fouche, C.B. (1998). Data analysis and interpretation: Univariate analysis. In De Vos, A.S. (Ed.), Research at grass roots - A· primer for the caring professions.. Pretoria: J.L. - van Schaik. 3 Enige identifiserende inligting sal uit die finale verslag verwyder word. AlGEMENE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN DIE SKOOl: Naam van skool: 2 Getalleerlinge: 3 Getal onderwysers; I ----~---------------------------.- 4 , Getal spraakterapeuteloudiolo. ! 5 Oor watter fase(s) beskik u skool? Preprimer I Primer Sekonder 6 Wat is u skool se missie? 7 7 'k ' . t rn/' t k I b 'k? a er ommunl aslesls ee SIS erne wor In u 5 001 ge rUi d' W tt k , - OraaVOuraal Totale kommunikasie I Enige opmerkings in hierdie verband: Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 48, 2001 8eroepsopleiding Tegnies. Gebare R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Lidia Pottas & Rene Hugo 66 8 Watter tipe taalaanleermetode word primer in u skool gebruik? Natuurlik Struktureel (bv. Fitzgerald sleutel) Ander Indien ander gemerk, spesifiseer asseblief: Enige opmerkings in hierdie verband: 9 Ontvang u onderwysers enige indiensopleiding ten aansien van oudiologie? Ja Nee 9.1 Indien JA, dui aan hoe gereeld dit plaasvind. Jaarliks Elke ses Elke drie Elke maand Ander maande maande Indien ander gemerk, spesifiseer asseblief: 9.2 Wat is die doel van indiensopleiding in u skool? 9.3 Wie is verantwoordelik vir indiensopleiding in u skool? 9.4 Wat behels die indiensopleiding? (Indien moontlik, heg asseblief 'n jaarprogram of uiteensetting aan van die aspekte wat aandag geniet). VRAEL YS 2 - AAN ONDERWYSERS Antwoord aile vrae. 2 Antwoord vrae so volledig as moontlik. 3 Merk die toepaslike antwoord met In kruisie in die aangewese blok waar van toepassing. 4 Aile inligting sal as hoogsvertroulik beskou word. 5 Enige identifiserende inligting sal uit die finaleverslag verwyder word. The South African Journal of Communication Disorders, Vol 48 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Opvoedkundige Oudioiogie: MedekonsuItasie vir OptimaIisering van Kinders met Gehoorverlies in die K1askamer 67 A BIOGRAFIESE INLIGTING: Geslag Manlik Vroulik 2 Ouderdom 31-40 jaar 41-50 jaar 51 en ouer . 3 Taal Afrikaans 2 Engels 3 Sotho 4 Zoeloe 5 Xhosa 6 Gebaretaal 7 Ander: 4 Hoogste opvoedkundige kwalifikasies verwerf: I 5 Het u enige spesi~le opleiding ontvang in die hantering van gehoorgestremde kinders? I : JA NEE Indien JA, spesifiseer asseblief: Tipe opleiding JA NEE 1 Indiensopleiding 2 Spesiale diplomaisertifikaat , 3 Spesiale graad Die Suid-Afrikaanse Tydskrifvir Kommunikasieafwykings, Vol. 48, 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) ." Lidia Pottas & Rene Hugo 68 6 Hoe lank is u reeds betrokke by die ondemg van gehoorgestremde kinders? 1 Minder as 1 jaar 2 Minder as 2 jaar 3 Minder as 5 jaar 4 Meer as 5 jaar 7 Persoonlike ervaring met gehoorgestremdheid 7.1 Het u se~ 'n gehoorverlies? JA NEE 7.2 Ken u iemand met 'n gehoorverlies? JA NEE Indien JA. spesifiseer asseblief: 1 Familie 2 Vriende 3 Ander 8 Kinders in klas 8.1 Hoeveel kinders is daar tans in u registerklas? 8.2 Hoeveel kinders in u klas dra 'n gehoorapparaat? B KOMMUNIKASIE : SPRAAK- EN TAALONTWIKKELlNG: 9 'n Persoon met normale gehoor kommunikeer slegs deur middel van spraak. Waar Onwaar Geen kennis 10 Nie-verbale gedrag bv. gesigsuitdrukkings en natuurlike gebare is 'n belangrike deel van kommunikasie tussen persone met normale gehoor. Waar Onwaar Geen kennis The South African Journal o/Communication Disorders, Vol 48 2001 R ep ro du ce d b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r ( da te d 20 12 ) Opvoedkundige Oudiologie: Medekonsultasie vir Optimalisering van Kinders met Gehoorverlies in die Klaskamer 69 11 Tydens taalonlwikkeling sal die baba eers taal verstaan voordat hy dit gebruik m.a.w reseptiewe taal onlwikkel v66r ekspressiewe taal. Waar Onwaar Geen kennis 12 Die graad / erns van In gehoorverlies is verwant aan die tipe taalprobleme wat 'n gehoorgestremde kind ondervind. Waar Onwaar Geen kennis 13 Kommunikasie met mense in die omgewing is noodsaaklik vir die kind om taal te onlwikkel. Waar Onwaar 14 Gebaretaal is In taal in.sy eie reg net soos Afrikaans/ Engels! Sotho' ens. Waar Onwaar Geen I