377 SATEBNR Vol I (1998)Nr3 Die Evaluering van 'n Opleidingsprogram ten opsigte van Interpersoonlike Doeltreffendheid * L I Jorgensen en S Rothmann Departement Bedryf- en Personeelsielkunde. Potchefttroomse Universiteit vir eHO ABSTRACT The South African Police Service (SAPS) is increasingly moving towards community policing. This movement makes great demands on the interpersonal efficiency of police officers and their trainers. It seems, however, that trainers in the SAPS seldom have sufficient knowledge and/or skills to manage interpersonal contact effectively. A two-group design was used to evaluate a training programme regarding interpersonal efficiency for instructors within the SAPS Training College. It transpired that interpersonal skills improved significantly after completion of the training programme. As far as qualitative impressions are concerned, it was found that certain organisational factors might inhibit the development of interpersonal efficiency of trainers JELJ 400 OPSOMMING Die Suid-Afrlkaanse Polisiediens (SAPD) beweeg toenemend na gemeenskaps- polisiering. Laasgenoemde stel groot eise aan die interpersoonlike doe 1- treffendheid van polisiebeamptes en hul opleiers. Dit wil voorkom asof opJeiers binne die SAPD seide oor genoegsame kennis en/of vaardighede beskik om interpersoonlike kontak effektief te hanker. 'n Tweegroepontwerp is gebruik om 'n opleidingsprogram t.o.v. interpersoonlike doeltreffendheid by instrukteurs binne die SAPD-Opleidingskollege te evalueer. Die metodiek van die kursus behels 'n individuele groeistimuleringsgesprek, 'n groeigroep en interpersoonlike vaardigheidsopleiding. Die opleidingsprogram het daartoe bygedra dat opleiers na afloop daarvan meer geneig was om vanuit die self te reageer en hulself te aanvaar. Hul interpersoonlike vaardighede het ook beduidend verbeter na afloop van die opJeidingsprogram. Wat die kwalitatiewe indrukke betref, blyk dit sekere faktore struikelblokke kan wees in die weg van die ontwikkeling van • The Evaluation of a Training Programme with respect to Interpersonal Efficiency R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol I (1998) No 3 378 interpersoonlike doeltreffendheid Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beweeg toenemend na gemeenskaps- polisiering en 'n groter openheid vir die gemeenskap. Ten spyte hiervan word k1agtes van die publiek ontvang dat polisiebeamptes belangeloos, ongevoelig, vyandigheid en aggressief teenoor die gemeenskap optree (Du Preez, 1990). De Kock. Schutte en Ehlers (1995) bevind dat een van die oorsake van misdaad die verwydering tussen die gemeenskap en die polisie is. Dit lei tot swak verhoudinge tussen die gemeenskap en polisie en 'n swak vloei van inligting. De Kock en Schutte (1994) meen die polisie moet opgelei word in vakke wat hul verhouding met die gemeenskap sal fasiliteer. Vakke soos tale, kommunikasie, sosiologie en sielkunde moet aan die studente geleer word Volgens Kriek (1995) meen sekere lede van die SAPD meen dat hulle niles aan die gemeenskap verskuldig is nie. Hierdie houding manifesteer in negatiewe optrede teenoor die publiek. Goeie gemeenskapsverhoudinge is egter 'n voorvereiste vir gemeenskapspolisiering. Verandering wat op hootkantoor beplan word, sal slegs met sukses geTmplementeer word indien dit op grondvlak by elke lid van die SAPD suksesvol inslag vind Volgens Midgley en Wood (1995) behels gemeenskapspolisiering dat 'n k1ientgeorienteerde benadering ten opsigte van polisiering in die SAPD aanvaar word. Die fokus op gemeenskapspolisiering en groter openheid vir die gemeenskap wat hierdeur van polisiebeamptes verwag word, stel groot eise aan die interpersoonlike doeltreffendheid van die polisiebeamptes en veral aan hul opleiers. Alhoewel die meganika van kommunikasie by die kurrikulum van die opleidingsbeamptes van die SAPD ingesluit is, word min aandag geskenk aan dinamiese aspekte van interpersoonlike doeltreffendheid. Interpersoonlike doeltreffendheid is noodsaaklik om die rolIe van konsultant, aanbieder enlof fasiliteerder in opleiding te vertolk (Gibb, 1982; Jones & Wood· cock. 1985; Lidstone, 1988; Stuart, 1988). Dit wi! egter voorkom asof opleiers dikwels nie oor genoegsame agtergrond enlof vaardighede beskik om die inter· persoonlike kontak en intrapsigiese gebeure wat vereis word ten opsigte van die rolle van fasiliteerder en opleier effektieftoe te pas nie (Harrold, Maxon & Berry, 1988; Lefton. 1988; Leventhal, 1984). Op grond van die persoongesentreerde teorie (Rogers, 1983) kan die afleiding gemaak word dat dit noodsaaklik is dat die opleier oor hoe vlakke van die kemdimensies van sensitiewe verhoudingvorming sal beskik ten einde interpersoonlik doeltreffend te funksioneer. Hierdie kemdimensies is respek. empatie, egtheid en konkreetheid (Cilliers & Wissing, 1993; Rogers, 1983). Sen- R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 379 SATEB NR Vol I (1998) Nr 3 sitiewe verhoudingvonning verwys na die vonning van fasiliterende interpersoonlike prosesse, of die skep van 'n verhoudingsklilnaat wat opbouende prosesse tussen die opleier en die deelnemer/groeplid stimuleer (Cilliers & Wissing, 1983). Aanwesigheid van hoC! vlakke van die kemdimensies van sensitiewe verhoudingvonning by die opleier lei tot groeifasiliterende verandering by die deelnemer. 'n Belangrike resultaat wat uit die navorsing van Carkhuff (1969) voortvloei, is dat 'n hoC! vlak van psigologiese optimaliteit (selfontwikkeling) by die opleier groeistimulerend kan inwerk op deelnemers. 'n Lae vlak van psigologiese optimaliteit kan die deelnemer laat agteruitgaan. Daarom behoort die opleiding van opleiers onder andere te berus op die fasilitering van psigologiese optimaliteit (Cilliers, 1988). Volgens Cilliers en Wissing (1993) moet die opleier oor die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit beskik om interpersoonlik doeltreffend te kan funksioneer. Verskeie interpersoonlike vaardigheidsopleidingmodelle het veral vanuit die psigodinamiese, hwnanisties-eksistensiele en die behavioristiese benaderings gegroei (Ivey & Authier, 1978; Marshall & Kurtz, 1982). Uit die evaluering van die verskillende opleidingsprograrnme ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid wat in die literatuur opgespoor kon word (bv. Anderson, 1982; Arbess & Hubbell, 1973; Berry, 1993; Cilliers, 1988; Harrold et al., 1988; Jacobs, Brown & Randolph, 1974; McWhirter, 1974; Russell & Easton, 1979; Stokes & Tail, 1980), blyk dit dat verskeie van hierdie kursusse nie voorsiening maak vir die opleiding van opleiers in organisasies nie, en/of dat hierdie kursusse nie op multikulturele groepe toegepas is nie. Verskeie opleidingsprogramme om interpersoonlike doeltreffendheid, soos gekonseptualiseer op grond van die persoongesentreerde teorie (Rogers, 1983) en die menslike potensiaalontwikkelingsmodel (Carkhuff, 1987), te bevorder, is in Suid-Afrika ontwikkel. Cilliers (1988; 1995) en Cilliers en Wissing (1993) bevind dat hierdie opleidingsprogramme bydra tot die stimulering van interpersoonlike doeltreffendheid (gekonkretiseer as die intra- en interpersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit) van bestuurders, personeelbeamptes en opleidingsbeamptes. Rothmann (1996) bevind dat 'n opleidingsprogram in fasilitering (wat interpersoonlike doeltreffendheid insluit) vir opleidingsbeamptes in die SAPD Opleidingskollege te Pretoria tot 'n beduidende verbetering van interpersoonlike vaardighede aanleiding gee, maar dat die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit nie beduidend verbeter het na afloop van die kursus nie. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 380 Omskrywing en kenmerke van psigologiese optimaliteit Psigologiese optimaliteit word gedefinieer as die proses van konstante innerlike groei tot die volle uitlewing van die menslike potensialiteite, gekenmerk deur 'n strewe na konstruktiewe interaksie met die omgewing, die verwerwing van 'n innerlike lokus van evaluering en buigsaamheid ten opsigte van die toepassing van waardes (Cilliers & Wissing, 1993). Dit blyk uit die humanistiese persoonlikheidsteoriee dat die psigologies optimaal-funksionerende persoon oor spesifieke intrapersoonlike kenmerke beskik (Lowenstein, 1993; Rogers, 1980). Hy/sy is geintegreerd en selfgenoegsaam, leef in die hede, het vaste waardes, is sensitief vir sy/haar emosies en openbaar dit op 'n spontane wyse sonder om kompulsief of impulsief te wees (Raskin & Rogers, 1989; Schultz, 1977). Sy/haar selfbeeld word gekenmerk deur selfaanvaarding en positiewe selfagting (Raskin & Rogers, 1989). Hy/sy aanvaar verantwoorde1ikheid vir wat hy doen, vir keuses wat hy/sy uitoefen en houdings wat hy/sy inneem (Frankl, 1978; Raskin & Rogers, 1989). Hierdie kenmerke dien as voorvereiste vir interpersoonlike effektiwiteit (Cilliers, 1995; Cilliers & Wissing, 1993). Interpersoonlik word die psigologies optimaal-funksionerende persoon gekenmerk deur hoe vlakke van respek., empatie, egtheid en konkreetheid (Cilliers & Wissing, 1993). Interpersoonlike doeltreffendheid is noodsaaklik ten einde psigologiese groei by 'n individu en groep te bewerkstellig (Berry, 1993; Corey & Corey, 1992). Interpersoonlike doeltreffendheid word in hierdie konteks gekonseptuaIiseer as kemdimensies van sensitiewe verhoudingvorming (respek., empatie, egtheid en konkreetheid) (CiUiers & Wissing, 1993) en as spesifieke mikro-vaardighede bestaande uit aandaggewing, luister en waame- ming, respondering, vraagstelling, minimaIe aanmoediging, parafta-sering, opheldering, samevatting, konfrontasie, interpretasie en refiektering van gevoel) en duidelike kommunikasie (Dickson & Mullan, 1990; Gallagher, 1993; Ivey, 1988). Volgens Ivey (1988) bestaan daar 'n verband tussen hierdie interpersoonlike vaardighede en die kemdimensies van sensitiewe verhouding- vorming. Opleiding in die genoemde kemdimensies kan aan die hand van die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff (1987) geskied, terwyl opleiding in spesifieke interpersoonlike vaardighede aan die hand van die mikro- opleidingsmodel van Ivey (1988) kan plaasvind. Die doelsteUing van hierdie navorsing is om die effek van 'n opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid binne die SAPO Opleidings- kollege te Hammanskraal te bepaaI. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 381 SATEBNR Vo11 (1998)Nr3 METODE NavorsingJOntwerp 'n Tweegroepontwerp met 'n voor-, nameting is gebruik. Oit is die voonneting- nameting-kontrolegroepontwerp (Kerlinger, 1986). Samestelling van die interpersoonlike doeltreffendheidsprogram Die inhoud en metodiek van die opleidingsprogram ten opsigte van interpersoonlike doeltreffendheid behels die volgende aspekte: Stimulering van die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit deur middel van 'n individuele groeistimuleringsonderhoud en 'n groeigroep- ervaring, wat bestaan uit 'n kombinasie van 'n T-groep (Wheelan, 1990) en 'n ontmoetingsgroep (Rogers, 1970). InIigting ten opsigte van die kenmerke van psigologiese optimaliteit en die stimuleringsproses ciaarvoor, is in die interper- soonlike doeltreffendheidsopleidingsprogram ingesluit. Aanleer van die kerndimensies van sensitiewe verboudingvorming (empatie, respek, egtheid en konkreetbeid) soos gekonkretiseer deur 'n kombinasie van die menslike potensiaalontwikkelingsmodel van Carkhuff (1987) en die mikro- opleidingsmodel van Ivey (1988) deur middel van interpersoonlike vaardig- heidsopleiding (instruksie, gedragsmodellering en rolspel) en gestruktureerde oefeninge. Wat die tydsverdeling van die kursus betret: is vier ure (30 minute per persoon) aan individuele groeistimulering bestee, 14 uur aan 'n groeigroep en 14,5 uur aan vaardigheidsopleiding. Ondersoekgroep Die ondersoekgroep is uit instrukteurs by die opleidingskollege van die SAPO in Hammansk:raal (N=42) gekies. 'n Ewekansige steekproefvan 24 (12 per groep) is uit die totale populasie van instrukteurs by die opleidingskollege getrek. 'n Klein groep is gebruik as gevolg van die intensiteit van die opleidingsmetodes wat gebruik is (Rogers, 1974:14) en omdat dit prakties onmoontlik was om meer as 24 persone vir ses dae (opleiding en evaluering) uit die werksituasie te onttrek. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 382 Die metingsbattery Die meting van die intrapersoonlike kenmerke van psigologiese optimaliteit by instruk:teurs is met behulp van die Persoonlike Orientasievraelys (POI) (Knapp, 1976; Shostrom, 1976) gedoen. Die betroubaarheid van die POI wissel tossen 0,41 (Mensbeskouing) en 0,82 (Ondersteuningsratio) (Schulz, 1994). Die POI beskik oor konstrukgeldigheid en onderskei duidelik tossen selfgeaktuali- seerde en nie.selfgeaktualiseerde persone (Leitschuh & Rawlins, 1991; Schulz, 1994; Shostrom & Knapp, 1966). Volgens Knapp (1976:187-202) kan die POI gebruik word om die effek van groeigroepe op selfaktualisering te bepaal. Veral die ondersteuningsratio, spontaneiteit, eksistensialiteit, aanvaarding van aggres- sie, KAPASlTEIT vir intieme kontak, selfaktualiseringswaarde en selfaanvaar- ding is vatbaar vir verandering as gevolg van groeigroepe. Cilliers (1984) vind 'n beduidende positiewe verandering in elf van die twaalf skate van die POI na die aanbieding van 'n opleidingsprogram in sensitiewe relasievonning. Cilliers (1988) bevind dat 'n selfontwikkelingsprogram die volgende kenmerke van psigologiese optimaliteit (soos gemeet deur die POI) by deelnemers verhoog: rea1iteitskontak, buigsaamheid in die toepassing van waardes, emosionele volwassenheid en 'n interne lokus van kontrole. Die meting van interpersoonlike vaardigbede is met behulp van die Carkhuffskale (Carkhuff, 1967) gedoen. Elke proefpersoon het 'n rolgesprek van tien minute met 'n klient gevoer. Die onderhoud is op videoband opgeneem, waarna die vlakke van die kemdimensies van sensitiewe verhoudingvonning deur twee geregistreerde sielkundiges beoordeel is. Interbeoordelaar-betroubaarheid was groter as 0,95 vir al vier die skate. Statistiese verwerkings Data is met behulp van die SAS-pakket (SAS Institute, 1985) statisties verwerk. Gepaarde t-toetse is gebruik om die beduidendheid van verskille tossen die gemiddeldes van voor- en nameting by die eksperimentele en kontrolegroep te bepaal, en om te vas te stel of daar 'n beduidende verskil tossen die veranderinge in hierdie groepe was (Christensen & Stoup, 1991). Resultate word as beduidend beskou indien die p-waardes kleiner as 0,05 is. Die verkree p-waardes (tweekantige toets) is omgeskakel na 'n eenkantige toets (Plug et al., 1988). 'n Bonferroni-aanpassing (Miller, 1981) is ten opsigte van hierdie p-waarde gemaak deur dit met twee te vermenigvuldig (aangesien daar twee stelle vergelykings was). Indien die finale p-waarde statisties beduidend is (~ 0,05), word die praktiese betekenisvolheid van resultate (d) bepaal. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 383 SATEB NR Vol I (1998) Nr 3 Die praktiese betekenisvolheid (d) ten opsigte van die vergelyking van die eksperimentele en kontrolegroep word gegee deur (Stat Kons., 1990: I 0-1 0): waar X E = die rekenkundige gemiddelde van die verskil tussen die metings van die eksperimentele groep, XK = die rekenkundige gemiddelde van die verskil tussen die metings van die kontrolegroep, en SMAKS = die maksimwn-standaardafwyking tussen die eksperimentele en kontrolegroep. Volgens Cohen (1977:20-27) geld die volgende afsnypunte ten opsigte van praktiese betekenisvolheid: d ~ 0,2 klein eft'ek d ~ 0,5 mediwneft'ek d ~ 0,8 groot eft'ek RESULTATE Psigologiese optimaliteit Die verskille tussen die voor- en nameting van die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van die POI word in Tabel 1 uiteengesit: Wat die psigologiese optimaliteit betref, blyk dit dat die opleidingsprogram daartoe bygedra het dat die eksperimentele groep se vlak van psigologiese optimaliteit (soos gemeet deur die POI) beduidend verhoog het betreft'ende die Ondersteuningsratio en Selfaanvaarding. Lede van die eksperimentele groep was dus na afloop van die opleidingsprogram meer geneig om op 'n onathanklike en outonome wyse vanuit geinternaliseerde beginsels en motivering vir hulself te kan besluit Hulle is ook meer geneig om hulself te aanvaar ten spyte van swakhede oftekortkominge R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 384 Tabell: Die venlUl tossen die voor- en nameting volgens die POI van die eksperimentele groep (EG) en kontrolegroep (KG) Item EG KG Gem. S.a. Gem. S.a. Tydratio (Tc) 0.83 3.21 0.25 2.14 Ondersteuningsratio (I) 3.50 4.29 -1.33 6.18 Selfaktualiseringswaarde -0.58 2.23 0.33 2.31 (Sav) Eksistensialiteit (Ex) -0.08 2.43 0.25 3.67 Gevoelsrefleksie (Fr) 1.33 2.15 0.25 1.86 SpontaneIteit (S) 0.33 1.78 0.5 1.68 Selfagting (Sr) 0.00 1.04 8.33 1.44 Selfaanvaarding (Sa) 1.17 2.17 -1.5 2.24 Mensbeskouing (Nc) 0.33 2.19 0.25 2.8 Sinergie(Sy) -0.33 0.98 0.25 1.48 Aanvaarding van aggressie 0.58 1~3 1.44 (A) Kapasiteit vir intieme 0.92 25 2.87 kontak (C) • Verskil is statisties beduidend: p :s; 0.05 # Verskil is prakties betekenisvol: d ~ 0.50 (mediumeffek) + Verskil is prakties betekenisvol: d ~ 0.80 (groot effek) P d 0.60 - 0.03· 0.78, 0.33 - 0.79 - 0.20 - 0.81 - 0.87 - 0.01· 1.19+ 0.93 - 0.26 - 0.13 - 0.26 - Die verskille tussen die VOOI'- en nameting van die eksperimentele en kontrolegroep ten opsigte van die Carkhuffskale word in Tabel 2 uiteengesit: Tabel2: Die venlU. tossen die voor- en nameting ten opsigte van die Carkhuff-skale van die eksperimentele groep (EG) en kontrolegroep (KG) Item EG KG P d R.G. S.a. R.G. S.a. 1.63 0.23 0.19 0.01· 8.94+ 1.60 0.31 0.19 0.01· 8.21+ 1.72 0.33 0.18 0.01· 10.22+ Re 1.91 0.28 0.19 0.01· 10.22+ • Verskil is statisties beduidend: p:s; 0.05 + Verskil is prakties betekenisvol: d ~ 0.80 (groot effek) R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 385 SATEB NR Vol I (1998) Nr 3 Die eksperimentele groep het na afloop van die opleidingsprogram 'n beduidende hoar telling ten opsigte van die vier Carkhuffskale behaal as met die voonneting. Wat interpersoonlike doeltreffendheid betret: is daar gevind dat die opleidingsprogram tot interpersoonlike vaardighede bygedra het. Die eksperimentele groep se empatie, egtheid, resPek en konkreetheid het beduidend verbeter (in vergelyking met die kontrolegroep). Wat empatie betret: is deelnemers in staat om akkurate begrip ten opsigte van die oppervlakgevoelens van kliente te toon, hoewel dieperliggende gevoelens soms nog wanvertolk word. Ten opsigte van respek is deelnemers in staat om 'n positiewe agting en omgee vir die gevoelens, ervaringe en potensialiteite van kliente te openbaar. Wat egtheidbetref, gee deelnemers gepaste response wat nie vals voorkom nie. Ten opsigte van /wn/rreetheid is die deelnemers in staat tot spesifiekheid of feitlikheid ten opsigte van uitdrukking met betrekking tot persoonlike of doe1matige tersaak:like inligting, in teenstelling met vae of oorveralgemeende uitdrukkings. BESPREKING Die opleidingsprogram is suksesvol in die verandering van interpersoonlike doeltreffendheid (PSigologies optimale fimksionering en interpersoonlike vaardighede) direk na afloop daarvan. Wat psigologiese optimaliteit betref, blyk dit dat die opleidingsprogram daartoe gelei het dat eksperimentele groep se aanvaarding van selfverantwoordelik:heid (interne lokus van evaluering) en selfaanvaarding beduidend veritoog het. Hierdie bevinding stem ooreen met die van Cilliers en Wissing (1993) en Cilliers (1995:96-103). Die feit dat die ander skale van die POI nie beduidend verhoog het nie, ondersteun die bevindings van Rothmann (1996:296). Die outokratiese kultuur waarbinne die deelnemers werk asook weerstand teen gevoelsuitdrukking kan moontlik beperkend inwerk op hut psigologiese optimaliteit en derhalwe die oorsaak wees dat minder skale in vergelyking met Cilliers (1994) 'n beduidende toename na afloop van die opleidingsprogram getoon bet. Tweedens is daar gevind dat die opleidingsprogram interpersoonlike vaardighede (soos gemeet deur die Carkhuffskale) verbeter bet. Die eksperimentele groep se empatie, egtheid, respek en konkreetheid het beduidend verbeter. Hierdie resuitate stem ooreen met die van Cilliers (1994:96-103) en Rothmann (1996:296). R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 386 TENSLO'ITE Interpersoonlike doeltreffendheid behoort neerslag te vind in die kurrikulum van opleidingsbeamptes by die SAPD-OpleidingskolIege aangesien daar bevind is dat die opleidingsprogram daartoe bydra dat die interpersoonlike doeltreffendheid verbeter. Opleiding in interpersooniike doeltreffendheid van polisiebeamptes moet aangebied word om hulle toe te rus vir hul rol in die verandering na gemeenskapspolisiering. Navorsing rakende die langtermynstimulering van psigologiese optimaliteit as voorvereiste vir interpersooniike doeltreffendheid binne die Suid-Afrikaanse Polisiediens-Opleidingskollege moet ondemeem word. Die navorsers se subjektiewe indrukke tydens die groeigroep, individuele onderhoude en aanbieding van die program was dat outoriteit, onderdrukking van gevoelens, wantroue in senior range en onsekerheid gereeld na vore gekom het. In aansluiting by Rothmann en Sieberhagen (1997) kan gestel word dat die organisasie se gedrag en die interpersoonlike doeltreffendheid van sy opleiers in die toekorns moontlik vanuit 'n psigodinamiese benadering (byvoorbeeld die Tavistock-benadering) (Cilliers & Koortzen, 1996) nagevors en gestimuleer word VERWYSINGS l. ALLPORT, G.W. (1961). Pattern and Growth in Personality. London: Holt, Rinehart & Winston. 2. ANDERSON, W. (1982). A training module for preparing group facilita- tors. Journalfor Specialists in Group Work, 7 (2), 119-124. 3. ARBES, B.H. & HUBBELL, RN. (1973). Packaged Impact: a Structured Communication Skills Workshop. Journal of Counselling Psychology, 20(4),332-337. 4. BERRY, M. (1993). Changing Perspectives on Facilitation Skills Development. Journal of European Industrial Training, 17 (3), 23-32. 5. CARKHUFF, RR (1967). Toward a Comprehensive Model of Facilitative Interpersonal Processes. Journal of Counselling Psychology, 14 (1), 67-72. 6. CARKHUFF, RR (1969). Critical Variables in Effective Counseling Training. Journal of Counseling Psychology, 16 (3), 238-245. 7. CARKHUFF, RR (1987). The Art of Helping. (5th ed.). Amherst, MA : Human Resource Development Press. 8. CHRISTENSEN, L.B. & STOUP, C.M. (1991). Introduction to Statistics for the Social and Behavioral Sciences. Pacific Grove, CA : Brooks/Cole. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 387 SATEB NR Vol I (1998) Nr 3 9. CILLIERS, F.v.N. (1984). 'n Ontwikkelingsprogram in Sensitiewe Relasievonning as Bestuursdimensie. Ongepubliseerde Doktorale Proefskrit PU vir CHO, Potchefstroom. 10. CallERS, F.v.N. (1988, September). Fasiliteringsopleiding in die Bedryfsielkunde. Referaat gelewer by die Sesde Nasionale Kongres van die Sielkunde-Vereniging van Suid-Afi:i.k.a, Bloemfontein. 11. CallERS, F.v.N. (1995). Fasiliteerderopleiding. Tydslcrif vir Bedryfsielkunde, 21(3), 7-11. 12. CallERS, F.v.N. & Koortzen, P. (1996, September). The Psychodynamics of Organisations. Paper presented at the 2nd Annual PsySSA Congress at the University of the Witwatersrand, Johannesburg. 13. CallERS, F.v.N. & WISSING, M.P. (1993). Sensitiewe relasievonning as bestuursdimensie: Die Evaluering van 'n Ontwilckelingsprogram. Tydslcrif vir Bedryftielkunde, 19 (1), 5-10. 14. COHEN, J. (1977). Statistical Power Analysis/or the Behavioral Sciences. (Rev. ed.). Orlando, FA: Academic Press. 15. COREY, M.S. & COREY. G. (1992). Groups: Process and Practice. Pacific Grove, CA: Brooks/Cole. 16. DAINOW. S. & BAll..EY, C. (1990). Developing Skills with People: Training/or Person to Person Client Contact. Chichester: Wiley. 17. DE KOCK, C. & SCHUlTE. C. (1994). Reintegrating an Alienated Police Force: Implications for South Africa. Information Update. 4 (2), 55-58. 18. DE KOCK, C., SCHUTIE, C. & EHLERS, D. (1995). South African Police Service: Post-election legitimacy and societal integration. Information Update. 5 (1), 25-37. 19. DICKSON, D. & MULLAN, T. (1990). An Empirical Investigation of the Effects of a Micro-counselling Programme with Social Work: Students. C01DlSelling Psychology Quarterly, 3 (3),267-283. 20. DU PREEZ, G.T. (1990). Polisiestereotipes in Teoretiese-Empiriese Perspektief. Acta Crlminologica, 3 (2), 11-17. 21. FRANKL. V.E. (1978). Waarom Lewe Ek.? Kaapstad: HAUM. 22. FROMM, E. (1963). The Sane Society. (2nd ed.). london: Routledge & KeganPaul. 23. GALLAGHER, M.S. (1993), Evaluation of an Integrative Approach to Training Paraprofessionals in Counselling Using the Problem-solving Inventory. Counselling Psychology Quarterly, 6 (1). 27-38. 24. GmB, P. (1982). The facilitative trainer. Training and Development Journal, 36 (7). 14-19. 25. HARROLD, G, MAXON, J. & BERRY, M. (1988). Developing facilitator Skills in Stafi'Functions. Journal of European Industrial Training, 12 (1), 5-7. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 388 26. IVEY, A.E. (1988). Intentional Interviewing and Counseling: Facilitating Client Development. Pacific Grove, CA : Brooks/Cole. 27. IVEY, A.E. & AunnER, J. (1978). Microcounseling. Springfield: Charles C. Thomas. 28. JACOBS, E., BROWN, D. & RANDOLPH, A. (1974). Educating group counselors: A tentative model. Counselor Education and Supervision, 4, 307-309, Jun. 29. JONES, J.E. & WOODCOCK, M.P. (1985). Manual of Management Development: Strategy, Design and Instruments for Programme Improvement. Aldershot : Gower. 30. KERLINGER, F.N. (1986). Foundations of Behavioral Research. (3rd 00.). New York: Holt, Rinehart & WInSton. 31. KNAPP, RR (1976). Handbookfor the Personal Orientation Inventory. San Diego, CA :Edits. 32. KRIEK, R (1995). Die Bevordering van Gemeenskapsverhoudinge deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (OVS-Streek): Enkele Aspekte van Beeldbestuur. Communicare, 14 (2), 18-36. 33. LEFTON, RE. (1988). Communication: the Eight Barriers to Teamwork. Personnel Journal,18-21 , Jan. 34. LEITSCHUH, G.A. & RAWLINS, M.E. (1991). Personal Orientation Inventory Correlated with Physical Health. Psychological Reports, 69, 687-690. 35. LEVENIHAL, RB. (1984). Working Hard to Make QWL Look Easy. Training and Development Journal, 38 (6), 59-60, Jun. 36. LIDSTONE, J. (1988). How to Conduct Successful Sales Training meetings. Journal of European Industrial Training, 12 (2), 17-26. 37. LOWENSTEIN, L.F. (1993). Humanism-existentialism as a Basis of Psychotherapy. International Journal of Mental Health, 22 (3):93-102. 38. MARSHALL, E.K. & KURTZ, P.O. (1982). Interpersonal Helping Skills. San Francisco, CA. Jassey-Bass. 39. MASLOW, A.H. (1954). Motivation and Personality. New York: Harper & Brothers. 40. MASLOW, AR. (1971). The Farther Reaches of Human Nature. New York: Viking. 41. MCWIDRTER, J.F. (1974). Counsellor Preparation Through Small Group Interaction. Small Group Behaviour, 5(1). 23-29. 42. MIDGLEY, R & WOOD, G. (1995). Familiar Strangers: Developing Community Policing Policy in Grahamstown. Acta Academica, 27 (1),59- 81. 43. MILLER, RG. (1981). Simultaneous Statistical Inforence. (2nd 00.). New York: Springer Verlag. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 389 SATEBNR. Vol 1 (1998)Nr3 44. PLUG, C., MEYER, W.F., LOUW. & D.A., GOUWS, L.A. (1988). Psigologie Woordeboek. (2de uitgawe). Johannesburg: Lexicon. 45. RASKIN, NJ. & ROGERS, C.R (1989). Person-centered Therapy. In RJ. Corsini & D. Wedding (Eds.), Current Psychotherapies. Ithaca, NY: Peacock.. 46. REDDY, W.B. (1985). The Role of the Change Agent in the Future of Group Work.. Special issue: Critical Issues in Group Work. Journal for Specialists in Group Work, 10 (2),103-107, May. 47. ROGERS, C.R (1970). Carl Rogers on Encounter Groups. New York: Harper and Row. 48. ROGERS, C.R (1975). On Becoming a Person: A Therapist's View of psychotherapy. London: Constable. 49. ROGERS, C.R (1983). Freedom to Learnfor the 80's. Colwnbus, OH : Menill. 50. ROlHMANN, S. (1996). Die Samestelling en Evaluering van 'n Groepfasiliteringskursus. Ongepubliseerde doktorale proefskrif. PU vir CHO, Potchefstroom. 51. RUSSELL, J.M. & EASTON, J. (1979). Teaching the Design, Leadership and Evaluation of Structured Groups. Personnel and Guidance Journal, 57,426-429. 52. SAS INSTITUTE INC. (1985). SASR Users Guide: Statistics. (5th cd). Cary, NC : SAS Institute Inc. 53. SCHULZ, GM. (1994). Reliability and Validity of the Personal Orientation Questionnaire in South Africa. Unpublished MA dissertation, Pretoria. Unisa. 54. SCHULTZ, D. (1977). Growth Psychology: Models of the Healthy Personality. New York: Van Nostrand. 55. SHOSTROM, E.L. (1976). Actualizing Therapy: Foundation for a Scientific Ethic. San Diego, CA : Edits. 56. SHOSTROM, E.L. & KNAPP, RR (1966). The Relationship of a Measure of Selfactua1ization (POI) to a Measure of Pathology (MMPI) and to Therapeutic Growth. American Journal of Psychotherapy, 20,193-202. 57. Statistiese Konsultasiedienste. (1990). Praktiese Statistiek vir die Geesteswetenskappe. Potchefstroom: PU vir CHO. 58. STOKES, J.P. & TAIT, RC. (1980). Design of a Short Term Training Program in Group Facilitation Skills. Professional Psychology, 11 (2),298- 394. 59. STUART, R (1988). Increasing Adult Learning. Journal of European Industrial Training. 12 (2), 29-32. 60. WHEELAN, S.A. (1990). Facilitating Training Groups: A Guide to Leadership and Verbal Intervention Skills. New York: Praeger. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) .