483 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 'n Minimum Loon vir Huishulpe: Antwoorde vir Beleidmakers * L J Bothma en C J JordaaD Departement Elwnomie, Universiteit van die Oranje-Vrystaat Departement Bemarldng, Technilwn Vrystaat ABSTRACT This study, which was conducted in a Bloemfontein residential area, revealed that a considerable number of domestic workers may lose their jobs if a minimum wage is implemented. In order to keep job losses to the minimum, a minimum wage should not be too far above the current market wage level. This article sets out how labour market theory and empirical research can assist policymakers to detennine market and minimum wage levels for domestic workers. The main conclusion of the research is that a minimum wage for domestic workers should be regressive - higher for part-time than full-time workers. JELl 490 INLEIDING Met die nuwe Wet op Arbeidsverhoudinge wat in 1996 in werking getree het, en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes wat onlangs deur die parlement gevoer is, het minimum lone vir huishulpe2 in Suid-Afrika nou 'n moontlikheid geword. Beskou teen die agtergrond van Suid-Afrika se besonder hoe werkloosheidskoers, is dit noodsaaldik dat besin moet word oor die impak wat so 'n stap op die in diensnamevlakke van hierdie groep werkers kan he. Moet daar 'n minimum loon vir huishulpe wees, en indien wei, op watter vlak moet dit vasgestel word? Die doel van hierdie artikel is om moontlike riglyne vir beleidmakers daar te stel. Omdat huiswerk 'n beroep met 'n lae status is, is 'n mens geneig om te dink dat die huishulpmark ongekompliseerd is. Dit is 'n gevaarlike vergissing, want die mark is ingewikkelder as wat dit op die oog af wil voorkom. Daar is byvoor- beeld voltydse sowel as deeltydse huishulpe. Wat die situasie verder • A Minimum Wage for Domestic Workers: Answers for PoJicymakers R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 484 kompliseer, is dat baie deeltydses by meer as een huishouding werk. AlmaI verrig ook nie dieselfde take nie en die werkplek kan of 'n huis, of 'n meent- huis of 'n woonstel wees. Verder bestaan die unieke situasie dat die meeste werkgewers in hierdie mark weer in diens van ander werkgewers is. Anders as in ander arbeidsmarkte is daar in hierdie gevaI nie 'n direkte verbruiker aan wie loonverhogings deurgegee kan word nie. Vergoeding bestaan ook nie net uit kontantlone nie, maar ook uit vergoeding in natura, en hoer lone kan benewens afdankings ook korter werkstyd enlof die inkorting van take tot gevolg he. Teen hierdie agtergrond beskou kan 'n minimum loon vir huishulpe 'n ingewikkelder kwessie wees as wat sekere rolspelers wil glo. 'n Empiriese ondersoek wat in 1997 in die Bloemfonteinse woonbuurt Langenhovenpark gedoen is, het insiggewende resultate opgelewer waarvan beleidmakers kennis behoort te neem. METODE VAN ONDERSOEK Steekproef Langenhovenpark is 'n relatief nuwe, maar tradisioneel blanke woonbuurt aan die westekant van Bloemfontein. Oor die algemeen beskou is dit 'n middelldas woonbuurt met besonder baie meenthuise 'n kenmerk van hedendaagse stedelike woonbuurte. Volgens die Bloemfonteinse Stadsraad was daar aan die einde van 1996 onderskeidelik I 129 (41,3%) huise, I 580 (57,9%) meenthuise en 22 (0,8%) woonsteleenhede in Langenhovenpark. In totaaJ kom dit neer op 2 731 huishoudings. Nie aIle huishoudings het egrer 'n huishulp in diens nie. Volgens die 1991- Populasie Sensus van die SentraJe Statistiekdiens (SSO), maak gemiddeld twee- derdes van aIle blanke huishoudings van die dienste van 'n huishulp gebruik. DerhaIwe is die aantal wooneenhede in die woonbuurt waar daar huishulpe in diens is op 1 802 geskat, waarop 'n proporsioneel ewekansige steekproef van 10,4% (187) volgens 'n formule wat deur Stoker (1981: 13) aan die hand gedoen word, getrek is. Omdat wooneenhede waar daar nie huishulpe in diens is nie noodwendig ook in die steekproef sou vaI, en voorsien is dat daar ook werkgewers sou wees wat nie aan die ondersoek sou wou deelneem nie, is die aantal besoekpunte uitgebrei tot 290. Die aantal woonsteleenhede wat binne die steekproef gevaI het was te min om enige betroubare resultate op te lewer en is weggelaat. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 485 SATEBNR Vol I (1998)Nr3 Vraelys 'n Gerekenariseerde vraelys is in Afrikaans en Engels opgestel, en verskillende vrae is san onderskeidelik werkgewers en huishulpe gevra om sodoende die vraag- sowel as die sanbodkant van die mark te ondersoek. Opgeleide veldwerkers het gedurende die periode 17 Februarie tot 10 Maart 1997 onderhoude met huishulpe en hulle werkgewers in laasgenoemde se wonings gevoer. In totaal is 177 bruikbare vraelyste - wat 94,6% van die steekproeftotaal verteenwoordig - voltooi. By die ander 113 wooneenhede wat besoek is wou werkgewers 6f nie deelneem san die ondersoek nie, 6f was daar nie huishulpe in diens nie. Om 'n profiel van die huishulpe te kry is hulle ouderdomme gevra, hulle huwelikstatus, boeveel skoolopleiding bulle gehad het, en hoeveel afhanklikes hulle het. Ten einde 'n idee van arbeidsomset in die mark te kry moes huisbulpe se hoeveel keer en om watter rede(s) hulle die afgelope vyfjaar van werkgewer verwissel het. Hulle moes ook sandui by hoeveel verskillende werkgewers hulle gedurende die week werk. Om vas te stel in watter mate die arbeidsmag georganiseer is, is san huishulpe gevra of hulle san 'n vakbond behoort of nie. Omdat 'n minimum loon nie net afdankings nie, maar ook die inkorting van take tot gevolg kan he, moes huishulpe se watter take hulle alles moet verrig. Huishulpe se take en die omvang daarvan kan egter verband hou met faktore soos die grootte van die werkoppervlakte en die aanta! mense wat in 'n wooneenheid bly. Derhalwe is onderskei tussen huise en meenthuise, en moes werkgewers se hoeveel mense saam met hulle woon. Vir sover dit minimum lone vir huishulpe aanbetref moet daar noodwendig tussen voltydse en deeltydse werkers onderskei word, en moes werkgewers aandui hoeveel dae per week hulle 'n huishulp in diens het, wat hulle haar betaal, en ofhulle 'n dienskontrak met haar gesluit het. Aangesien huishulpe se vergoeding nie slegs uit kontantlone bestaan nie, maar ook vergoeding in natura insluit, wat moeilik is om te bereken, is aan werkgewers gevra om sodanige vergoeding te spesifiseer en self die geldwaarde daarvan te skat. Hierdie metode word ook deur die SSD in sy jaarlikse Survey of dwellings and domestic workers gebruik. Dataversameling en -Verwerking Anders as die SSD wat huiswerkers op grond van ure gewerk per week in drie groepe, naamlik voltydses (meer as 35 ure per week), deeltydses (meer as 20 maar Minder as 30 ure per week) en loswerkers (minder as 20 ure per week) Re pr od uc ed b y Sa bi ne t G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol I (1998) No 3 486 indeel (SSD; May 1994: 4), is huishulpe in hierdie studie volgens dae gewerk per week gekategoriseer. Huishulpe word in die praktyk nie vir 'n sekere aantal ure per week gehuur nie, maar vir 'n sekere aantal dae per week. Hulle het elke dag sekere take om te verrig, en wanneer dit klaar is, is hUlle gewoonlik vry. Op grond hiervan is deeltydse huishulpe in drie groepe ingedeel, naamlik die wat een; of twee; of drie dae per week by 'n spesifieke werkgewer in diens is. Die wat vier en meer dae per week deur 'n bepaalde werkgewer gehuur word, is as voltydse huishulpe beskou. Daar is voorts gepoog om vas te stel wat huishulpe in elke kategorie se kontantvergoeding per dag is. Dit het probleme opgelewer, want sommige werkgewers betaal hulle huishulpe weekliks en ander maandeliks. Waar huishulpe weekliks betaal word, is die weeklikse loon gedeel deur die aantal dae wat die huishulp per week werk. In die geval van maandelikse vergoeding is die aantal dae gewerk per week met vier vermenigvuldig en deur die maandelikse loon gedeel. 'n Verdere probleem is dat sommige werkgewers hulle huishulpe bo en behalwe 'n kontantloon ook 'n kontantbedrag gee vir reiskoste. In hierdie gevalle is die SSD nagevolg en is geld vir reiskoste as deel van kontantvergoeding geag (Survey of dwellings and domestic workers,May 1994: 4). Om 'n idee te kry wat die impak van 'n rrummum loon op die in diensnamevlakke van huishulpe kan wees, moet die vlak waarop die ampteiike minimum loon vasgestel gaan word bekend wees. Hieroor is nog geen besluit geneem nie. 'n Woordvoerder van 'n vakbond vir huishulpe het in 1996 aan die Arbeidsmarkkommissie gese (voltydse) huishulpe eis 'n minimum loon van R600 per maand (Report of the commission to investigate the development of a comprehensive labour market policy, par. 197). Oit kom neer op R30 per dag vir 'n maand met 20 werksdae. Die navorsers het hierdie bedrag as riglyn geneem en die kontantlone van voltydse huishulpe in Langenbovenpark hiermee vergelyk. Oaarna is vergoeding in natura by kontantlone getel om sodoende ook voltydse huishulpe se totale vergoeding aan die minimum loon van R600 per maand I R30 per dag te toets. ONDERSOEKRESULTATE Die resultate van die ondersoek word uiteengesit en bespreek onder die volgende hoofde: huishulpe, huishoudings, indiensname, arbeidsomset en dienskontrakte, aard van take en vergoeding. Daarna word voltydse huishulpe se vergoeding aan die minimum loon getoets. Huisbulpe R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 487 SATEB NR Vol I (1998) Nr 3 Die gemiddelde ouderdom van huishuJpe wat in die woonbuurt werk is 39,2 jaar. Waama twee-derdes tussen 30 en 45 jaar oud is. Byna die helfte (47,2%) het aangedui dat hulle getroud is, terwyl 16,5% gese het hulle is ongetroud. Oit is opmerklik dat 21 % van die huishulpe geskei of van hulle eggenoot vervreemd is, terwyl 8,5% weduwees en 6,8% saamblyers is. Die feit clat die huishulpe wat by die ondersoek betrek is gemiddeld 2,9 afhanklikes het, beteken clat afdankings in hierdie mark 'n groot getal mense kan raak. Sowat 'n kwart (47) van die 177 huishulpe het boonop geen formele skoolopleiding gehad nie, en van die 130 wat wei op skool was, het 'n derde (44) nie laerskool voltooi nie. Oit beteken dat diegene wat hulle werk verloor min vooruitsigte op 'n hoi!r besoldigde pos het. Slegs 19 huishulpe het aangedui dat hulle inslaap, wat verband hou met 'n munisipale regu1asie wat nog tot onlangs bediendekamers in die woonbuurt verbied het. Derbalwe is die oorgrote meerderheid (158) pendelaars waarvan meer as die helfte (88) in Botshabelo woon. Hulle moet in totaal ongeveer 130 km per dag aile om by die werkplek en terug te kom. Die res van die huishulpe woon op hoewes en in die ttadisioneel nie-blanke woonbuurte rondom Bloemfontein, wat beteken dat afstande na die werkplek en derhalwe ook reiskostes baie verskil. Slegs drie van die respondente het aangedui clat hulle aan een of ander vakbond behoort, wat daarop mag dui dat die huishulparbeidsmag in Bloemfontein nog ongeorganiseerd is. Buisboudings Hoewel daar minder huise as meenthuise by die ondersoek betrek is, is ongeveer twee-derdes (64,4%) van die vraelyste by huise en 'n derde (35,6%) by meenthuise voltooi. Oit volg omclat 'n groter persentasie meenthuisbewoners as huisbewoners wat in die steekproef ingesluit is, of nie wou deelneem aan die ondersoek nie, of aangedui het dat hulle nie 'n huishulp in diens het nie. Oaar is nie aan hierdie huishoudiags gevra hoekom hulle nie 'n huisbulp huur nie, maar dit is opvallend dat die buise wat by die ondersoek betrek is gemiddeld 3,5 bewoners per eenheid het, teenoor 2, I bewoners in die geval van meenthuise. Huisbewoners het ook 'n hoer gemiddelde bruto inkomste per maand as meenthuisbewoners - R6 811 teenoor RS 085. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 488 Indiensname, Arbeidsomset en Dienskontrakte Uit die ondersoek blyk dit dat net 45 (25,4%) van die huishoudings 'n huishulp op 'n voltydse basis in diens het, terwyl 52 (29,4%) een dag per week, (50) 28,2% twee dae per week, en 30 (17%) drie dae per week 'n huishulp huur. Soos verwag kan word is meenthuisbewoners meer geneig as huisbewoners om deeltydse huishulpe te huur. So is gevind dat 61,3% van die meenthuis- bewoners in die steekproef net een dag van die week 'n huishulp in diens het, teenoor 10,6% in die geval van die huisbewoners. Wat voltydse huishulpe aanbetref is die prentjie net mooi omgekeerd, want 34,5% van aile huis- bewoners het voltydse huishulpe, teenoor slegs 9,7% van meenthuis-bewoners. Hoewel 'n huishulp miskien net een dag per week by 'n spesifieke huishouding werk, kan sy egter die ander dae van die week ook by ander huishoudings werk. So is gevind dat twee-derdes (67,7%) van aile huishulpe net by een huis of meenthuis per week in diens is, 17% by twee, 8,5% by drie en 6,8% by vier en meer. Hieruit blyk dit dat daar meer werkgewers as werkers in die huishulpmark is. Ironies genoeg beteken dit nie dat die vraag na huishuipe die aanbod oorskry nie, maar dat 'n aantal huishulpe as gevolg van die relatief klein aantal voltydse poste, hulle inkome probeer vergroot deur meer as een deeltydse pos op te neem. Slegs 29,8% van die huishulpe het aangedui dat hulle nie gedurende die afgelope vyf jaar van werkgewer verwissel het nie, terwyl onderskeidelik 27,4%, 24,2% en 13,7% gese het dat hulle gedurende dieselfde periode een, twee of drie keer van werkgewer verwissel het. Die res (4,90/0) het meer as drie keer van werkgewer verander. Voltydse huishulpe verander egter nie so baie van werkgewer soos deeltydses nie. AItesaam 38,5% van die voltydses het aangedui dat hulle nie die afgelope vyf jaar van werkgewer verwissel het nie, teenoor 26,1% van die deeltydses. Die algemeenste rede waarom van werkplek verwissel is, en deur 43,2% van die huishulpe genoem is, was omdat die werkgewer verhuis het. Dit is insiggewend dat slegs 13,5% swak betaling as rede aangevoer het. Wat ontstellend is, is dat net 17,5% van die werkgewers aangedui het dat hulle 'n skriftelike dienskontrak met hulle werknemer gesluit het. Aard van take Huishulpe verrig 'n verskeidenheid take soos huisskoonmaak, wasgoed was en stryk, koskook, en die versorging van kinders en bejaardes (tabel 1). Die vernaamste taak is egter huisskoonmaak. AIle huishulpe het aangedui dat hulle R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 489 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 hierdie taak moet verrig, hoewel was en stryk ook baie prominente take is. Koskook en kinder- en bejaardesorg is minder prominente take, en waar dit gedoen moet word. is dit meestaJ dee1 van voltydse huishulpe se pligte. So byvoorbeeld moet 42% van die voltydse huishulpe koskook, terwyl net 'n paar van die deeltydses daarmee belas is. Tabell: Huishulpe se Take TAKE IDAG 2DAE 3DAE VOLTYDS N=52 N=50 N=30 N=45 Huisskoon- 1000/0 100% 100% 100% maak Wasgoedwas 88% 96% 97% 96% enlof st:rvk Koskook 2% 4% 11% 42% Kinder-en 00/0 6% 8% 38% beiaardesonl Hierdie resultate stem baie ooreen met die van 'n studie van Davidson en Grossett (1995:95) wat in die Gauteng-provinsie gedoen is. Hulle het bevind dat 97,8% van aile huishulpe moet huisskoonmaak, 96,4% moet wasgoed was enlof stryk, 36,1 % moet koskook en 12,1 % moet kinders versorg. Vergoedinl Huishulpe in elke kategorie se kontantlone per dag word aan die hand van histogramme voorgestel (figure 1 tot 4). Kontantlone in elke kategorie is in interval Ie van RS opgedeel en die persentasie huishU1pe word per interval voorgestel. So byvoorbeeld verdien 32,5% van aile huishulpe wat een dag per week by 'n spesifieke werkgewer in diens is tussen R30 en R34 per dag. Huishulpe in elke kategorie se gemiddelde kontantvergoeding per dag is soos volg: een dag per week - R34,50; twee dae per week - R29,27; drie dae per week - R27,15; en voltydses R21,27. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 490 Figuur 1: Kontantloon per dag - een dag per week Figuur 2: Kontantloon per dag - twee dae per week R10-14 R15-19 R20-24 R25-29 R30-34 1<35-39 R40-44 R45-49 R50-54 R55-59 ~ R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 491 SATER NR Vol 1 (1998) Nr 3 Fipur 3: Kontantloon per dag - drie dae per week R1o.1 .. R15-19 R20·2.. R25·29 R30-3 .. R35·39 R .. O ...... Fipur 4: Kontantloon per dag - voltyds % R10-14 R15-19 R20-24 R25-29 R30-34 R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 492 So en behalwe 'n kontantloon kry huishulpe ook sekere vergoeding natura soos blyplek, maaltye, uniforms, mediese hulp, 'n pensioen- enlof 'n spaarplanvoordeel. Syna aile huishulpe kry gratis maaltye, maar wat elke vorm van vergoeding in natura aanbetref is daar is 'n groter persentasie voltydse as deeltydse huishulpe wat sodanige vergoeding ontvang (tabel 2). Tabel2: Huisbulpe se Vergoeding in Natura VERGOEDING IN VOLTYDS DEELTYDS NATURA N=45 N=132 Blyplek 42% ()O/O Maaltye 98% 94% Uniform 70% 56% Pensioenlspaarplan 12% 2% Medies 38% 10% Vergoeding gemeet aan die minimum loon Vit Figuur 4 blyk dit dat met die uitsondering van 'n klein persentasie (2,2%), aIle voltydse huishulpe se kontantlone laer as die voorgestelde minimum loon van R600 per maand / R30 per dag is. Word vergoeding in natura egter by kontantlone getel en voltydse huishulpe se totale vergoeding aan die minumum loon gemeet, verbeter die prentjie aansienlik. Net 20,3% van aile voltydse huishulpe se totale vergoeding is laer as die minimum loon van R600 per maand / R30 per dag (Figuur 5). R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 493 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 Figuur 5: Totale vergoediDg per dag - voltyds MOONTLIKE ANTWOORDE VIR BELEIDMAKERS? In Zimbabwe word werkgewers vir doeleindes van minimum lone nie toegelaat om huishulpe se vergoeding in natura by kontantlone te tel nie (Van der Walt, 1993:813). Uit die bostaande resultate blyk dit dat onder sulke omstandighede, 'n aansienlike persentasie van die huishulpe wat by hierdie ondersoek betrek is, gevaar loop om hulle werk te verloor. 'n Mens moet egter versigtig wees om nie te wil aflei dat in gevalle soos hierdie, waar feitlik alle voltydse huishulpe se kontantlone minder as die minimum loon is, almal afgedank gaan word nie. Sekere werkgewers plaas so 'n hoe premie op 'n huishulp sodat hulle beslis die minimum loon sal betaal (net soos wat hulle nie afgeskrik sal word om motor te ry as die brandstofprys styg nie). Ander weer sal miskien nie hulle huishulp afdank nie, maar haar minder dae per week laat werk en/of haar take inkort. Dit sal tot 'n toename in die aantal deeltydse huishulpe aanleiding gee. Dat 'n aansienlike persentasie voltydse huishulpe hulle werk kan verloor, is egter nie uitgeshut nie. Op die vraag wat hulle sal doen as hulle 'n minimum loon van R600 per maand moet betaal, het 23,2% van die werkgewers wat voltydse huishulpe in diens het gese R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol I (1998) No 3 494 hulle gaan hulle huishulp afdank. Byna die helfte (45,2%) het gese hulle sal haar nog steeds huur, terwyl 31,6% aangedui het dat hulle onseker is. Hoeveel werkgeleenthede in gedrang kan kom hang uiteindelik af van die vlak waarop die minimum loon vasgestel gaan word. Hoe hoer die minimum loon bokant die vryemackvlak is, hoe meer afdankings kan volg. In hierdie verband kan acbeidsmackteorie 'n nuttige riglyn vir beleidmakers wees. Omdat die huishulpmack 'n mack met baie kopers (huishoudings) en verkopers (huishulpe) is, is daac rede om te glo dat dit 'n volmaak mededingende arbeidsmack is. In so 'n mark is alle werkgewers loonnemers, wat beteken dat almal dieselfde, met ander woorde die markloon betaal. In teorie impliseer dit 'n volmaak elastiese acbeidsaanbodkurwe (McConnell en Brue, 1995: 155-6). In die huishulpmack is daac egter faktore wat daactoe lei dat arbeiders en huishoudings nie heeltemal homogeen is, soos wat die teorie van volmaakte mededinging dit wil he nie. Werkplekke en take verskil, en reiskoste (wat in hierdie geval by geldlone ingesluit is) wissel na gelang van afstand vanaf die werkplek. Die gevolg is dat in stede daacvan dat alle werkgewers dieselfde loon betaal, lone in 'n band rondom die gemiddeld versprei is met 'n boonste (W u) en 'n onderste (Wd limiet (Figuur 6). Binne hierdie band is daac vir die individuele werkgewer ruimte om loonvlakke te bepaal (Kaufinan, 1994:241- 53). Figour 6: Loon band Wu We Loonband WL Vraagkurwe Lu Le LL Indiensnamevlak R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 495 SATEBNR Vol I (l998)Nr3 Die loonbande vir huishulpe in elke kategorie lean baie duidelik op figure I tot 4 gesien word. In die geval van werkgewers wat net een dag Per week 'n huishulp huur (Figuur I ), is die boonste en onderste limiete van die loonband onderskeidelik RS9 en R15. As daar na die loonverspreiding van voltydse huishulpe gekyk word (Figuur 4), dan is dit opvallend dat die minimum loon van R600 per maand I RJO per dag in die interval naaste aan die boonste limiet van die loonband (R34) val. Die frekwensie van die vorige interval (R25-29) is trouens ook relatief laag, en vanaf hierdie vlak tot by die boonste limiet van die loonband, is die area waar die vraag na arbeid baie elasties raak. Oit verklaar waarom so 'n groat persentasie van die werkgewers aangedui het dat hulle hulle huishulpe gaan afdank as hulle 'n minimum loon van RJO per dag moet betaal. As dit as rigtingwyser gebruik word, dan behoort die minimum loon vir voltydse huishulpe Die hoor as RSOO per maand I R25 per dag te wees nie. Oit sal nie net die gevaar van afdankings verminder Die, maar ook die kanse dat werkgewers vergoeding in natura sal inkort. Word bogenoemde maatstaf ook gebruik om te bepaal wat die minimum loon vir deeltydse huishulpe moet wees, Iyk die prentjie min of meer s6: R40 (of miskien R35) per dag in die geval van 1 dag per week, R35 vir 2 dae per week en RJO ofmiskien RJ5 per dag vir drie dae per week. Hieruit wit dit voorkom asof 'n minimum loon vir huishulpe regressief behoort te wees - hoer vir deeltydses as vir voltydses (Figuur 7). Figuur 7: 'n Regressiewe Minimum Loon vir Huishulpe Mininum loon per