SAJEMS NS Vol I (1998) No 3 498 Komparatiewe Voordeel in die Landbou· E KJeynbans Skool vir Ekonomie, Geld- en Bankwese. Potchefstroomse Universiteit vir CHO ABSJRACT The object of this paper is to demonstrate the use of an alternative method to measure and quantify international competitiveness. The South African agricultural sector is taken as a case study. The paper builds on Bela Balassa's method (1989) of measuring comparative advantage by means of historically revealed advantage. In practice this method is easy to use, readily applicable and the necessary data are usually available. The results of this measuring excercise are interesting and support the hypotheses that a low level of labour productivity contributes significantly to the low international competitiveness of South African agriculture. JELO 170 INLEIDING Met die aanvaarding van die Algemene Ooreenkoms op Tariewe en Handel en die toenemende liberalisering van wereldmarkte, raak dit al hoe belangriker vir lande om te bepaal waar hul komparatiewe voordeel gelee is. Die uitfasering van beskermende tariewe lei noodwendig tot spesialisasie in die bedrywe waarin lande die mededingendste is. Die patroon van 'n land se internasionale handel en die aIIokasie van hulpbronne behoort gevolgIik vol gens komparatiewe voordeel gerig te word. Ten einde mededingend te bly is lande nou genoodsaak om koste effektiewe uitvoer moontlikhede te soek en beter produkte teen laer pryse te Iewer. Dit impliseer groter doeltreffendheid van die markmeganisme wat uiteindelik tot die ekonomiese ontwikkeling en welvaart van almal behoort by te dra Die oogmerk van die artikel is om 'n alternatiewe metode van meting en kwantifisering van intemasionale mededingendheid voor te stel. Die praktiese toepassing van die tradisionele teoriee word aansienlik bemoeilik deur werklike data en ander probleme. Om dit te oorkom word daar in hierdie artikel voortgebou op Balassa (1989) se voorstel dat komparatiewe voordeel aan die • Comparative Advantage in Agriculture R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 499 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 hand van histories geopenbaarde voordeel gemeet lean word. Balassa metode wordas superieur bo tradisionele metodes, soos die van Heckscher-Ohlin beskou, omdat dit prakties maklik uitvoerbaar, meer gepas en die data is meer geredelik beskikbaar is. Die resultate van die meting is interessant en bevestig die hipotese dat die kontinue lae vlak van arbeidsproduktiwiteit in Suid-Afiika 'n sterk bydraende faktor tot die lae intemasionale mededingendheid van die land is. Die Suid-Afrikaanse landbousektor is as 'n gevalle studie gebruik. As ontwikkelende land dra die primere sektor steeds baie tot die bruto binnelandse produksie by (14% in 1996), waarvan landbouprodukte 'n groot deel uitmaak (39.6% in 1996). Aangesien 'n aansienlike hoeveelheid landbouprodukte uitgevoer word, is die bepaling van komparatiewe voordeel belangrik. Dit is vera! noodsaaklik aangesien tarief- en invoerbeskerming tans uitgefaseer word en nywerbeidsontwikkeling en dienste se aandeel tot die bruto binnelandse produk:. relatief tot primere produkte, toeneem wanneer ekonomiese ontwikkeling in 'n landstreek plaasvind. Volgens die wet van komparatiewe voordeel sal lande baat by internasionale spesialisasie en vryhandel. Intemasionale spesialisasie in landbou hou talle probleme en gevare vir 'n land in. Sikliese prysskommelinge, tegnologiese vervanging van produksie en biologiese vemietiging maak dit dikwels moeilik om buiteIandse betaalmiddele te verlcry en te behou. Sikliese opswaai in primere kommoditeitspryse bring groot opbrengste vir 'n land, maar die ekonomie moet genoegsame diversiteit besit sodat dit die sikliese afswaaifases van sekere produkte lean oorIeef(Mellor, 1966a: 109-110). Die bydra wat die landbousektor tot Suid-Afiika se produksie en uitvoer maak, asook die skakeleffekte wat claar bestaan (sien Van Rooyen, 1990; 6) maak die korrekte keuse en ontwikkeling van bedrywe, waarin komparatiewe voordeel bestaan noodsaaklik. Dit besit die potensiaal om aansienlik tot ekonomiese groei in Suid-Afiika by te dra. TEORETIESE BEGINSELS Volgens die beginsel van komparatiewe voordeel behoort lande in produkte te spesialiseer waarin hul internasionaal relatief meer doebnatig is. Produkte waarvan die produksie minder doelmatig is, behoort eerder ingevoer te word. Die beginsels van komparatiewe voordeel word ten beste begryp indien dit as reaksie teen die Merleantilisme gesien word. Volgens die Merleantilisme sal 'n R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol I (1998) No 3 500 land ryk en welvarend word, wanneer dit meer uitvoer as invoer. Die surplus word dan vereffen deur die invloei van goud en waardevolle metale vanaf ander lande. 'n Land kan dan slegs ten koste van 'n ander bevoordeel word, aangesien aile lande nie gelyktydig 'n uitvoersurplus kon handhaaf nie. Die Merkantilisme het gevolglik sterk owerheidsbeheer oor ekonomiese aktiwiteite voorgestaan (Lindert, 1996: 29). Adam Smith wys daarop dat lande wedersydse voordeel kan behaal uit intemasionale handel omdat dit lei tot spesialisasie. Waar een land 'n produk meer doelmatig as 'n ander kan produseer, beskik dit oor absolute voordeel. Produseer die land 'n ander produk minder doelmatig, sal dit vir albei lande voordelig wees om te spesialiseer in die produksie van die kommoditeit waarin dit 'n absolute voordeel het. Deur wedersydse handel sal hulpbronne dan mees doelmatige benut word en sal die produksie van beide kommoditeite styg (Lindert, 1996: 28). Deelname in intemasionale handel is tot voordeel van aile lande, selfs as 'n land absolute nadeel in alle kommoditeite besit. David Ricardo het daarop gewys dat indien so land sou spesialiseer in die kommoditeite waarin die absolute nadeel die kleinste is, relatief tot ander lande, en produkte invoer waarin sy absolute nadeel relatief die grootste is, sal aile lande se hulpbronne mees doelmatig aangewend word en die produksie van aile produkte toeneem. Deur die grootte van 'n land se absolute nadeel met die van ander lande te vergelyk, kan 'n land vasstel watter produkte dit die mees doelmatigste produseer. In die produksie van sodanige kommoditeite besit 'n land dan komparatiewe voordeel. Ricardo se idee is verder ontwikkel deur ander ekonome, maar die beginsel bly dieselfde (Krugman, 1991: 11-15). Die Heckscher-Ohlinteorie gaan verder en poog om die oorsake vir die verskille in komparatiewe voordele tussen lande en kommoditeite te verklaar. Dit toon aan dat die produksiefaktore waaroor lande beskik verskil en dat die produksie van verskillende kommoditeite, verskillende kombinasies van hulpbron insette vereis. Intemasionale verskille in produksiefaktore wat lande besit en die produksie tegnologie wat dit benodigde, lei tot verskille in relatiewe pryse en komparatiewe voordele in intemasionale handel. Die teorie stel dat 'n land kommoditeite wat met die relatief volopste produksiefaktore vervaardig word, sal uitvoer. Kommoditeite waarvan die produksie relatiewe skaars insette benodig, sal eerder ingevoer word. Indien land A byvoorbeeld oor relatief baie arbeid (L) beskik en land B baie kapitaalgoedere (K), is die prys van 'n eenheid arbeid relatieftot die prys van 'n eenheid kapitaal, laer in land A as in land B; sodat R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 501 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 waar P die pryse van die insette is (Du Plessis, 1994: 47 -48). Die volopste produksiefaktore van 'n land kan ook bepaal word deur dit met die wereldtotale te vergelyk. Indien land A se voJopste produksiefaktor arbeid is, sal: waar t alle produk:te en W die res van die wereld voorstel. Kommoditeit j is dan land A se arbeidsintensiewe produk: as: LAj/KAi > Lw'/K..,t. . Aangesien kommoditeit j die intensiewe gebruik: van land A se relatiewe volop produksiefaktore benodig, Ie land A se komparatiewe voordeel in produk: j. PROBLEME VAN VORIGE STUDIES Die Heckscher-Ohlinteorie vereis internasionaal vergelykbare data en wanneer die werldike aantal produksiefaktore in ag geneem word, raak die berekeninge te gekompliseerd om van praktiese waarde te wees. Intemasionale produksiedata wat tegelykertyd in elke land met identiese navorsingsmetodes bepaaI is enlof vergelykbare intemasionale produktiwiteitstydreekse vir elke produk:, is ook nie beskikbaar nie (Lindert, 1996: 64-67). Faktore soos die verskil in smaak, gehalte en dienslewering bemvloed intemasionaIe handels- patrone nog verder. In 'n volmaakte wereld met volmaakte mededinging, wat uit slegs twee lande en twee produksiefaktore bestaan, kan die Heckscher-Ohlinteorie kompara-tiewe voordeel maklik en akkuraat bereken word. In werklikheid is claar baie meer lande, bedrywe en produksiefaktore wat nie homogeen is nie en talle onvolmaakte markte. Berekeninge van intemasionale komparatiewe voordeel, op grond van die Heckscher-Ohlinteorie, kan gevolglik nie 'n betroubare gids weesnie. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 502 Mededingendheid word omskryf as die vermoe van 'n land om 'n markaandeel te bekom (Ortmann, 1988: 17). Verwante studies oor die landbou het meestal slegs na items soos kostes en wisselkoerse gekyk, soos die van Nieuwoudt (1986), terwyl ander net enkele bedrywe bestudeer het, soos byvoorbeeld die van }ooste & Van Schalkwyk (1996). Daar was gevolglik nie bepaal watter landbouprodukte as intemasionale wenners 'n mark aandeel kan bekom rue. Die doel met hulle navorsing het egter met die van die huidige artikel verskil. Daar bestaan ook probleme indien daar gepoog word om die tradisionele teoretiese beginsels, wat hierbo bespreek is, in die praktyk toe te pas. BALASSA SE METODE Om die meting van mededingendheid te verbeter en te vergemaklik stel Balassa (1989: 44-61) 'n berekeningsmetode voor wat hy Geopenbaarde Komporatiewe Voordeel noem. Individuele lande se komparatiewe voordeel word aangetoon deur hul handelsprestasies. Die patroon van handel in kommoditeite, openbaar al die faktore wat komparatiewe voordeel beinvloed. Die bestaande handelspatrone openbaar gevolglik reeds die komparatiewe voordele van 'n land. Ontleding van 'n land se intemasionale handel verskaf sodoende aklrurate inligting en rigiyne vir die berekening van mededingende voordeel en vir die bepaling van beleid (Du Plessis, 1993: 158-160). Ten einde komparatiewe voordele te bepaal, moet 'n land se handelsprestasies bestudeer word, om vas te stel wat 'n land se relatiewe aandeel in die werelduitvoer van individuele kommoditeite is; en hoe dit oor tyd verander. Die data word eerstens genormaliseer sodat dit vergelyk kan word. Die verhouding tussen 'n land se relatiewe aandeel in die werelduitvoer, van 'n bepaalde produk, en die land se aandeel in die totale werelduitvoer word dan as 'n indeks uitgedruk. Ariovich (1979: 198) beskou Balassa se metode as meer toepaslik in die berekening van komparatiewe voordeel, aangesien daar aangeneem kan word dat die relatiewe uitvoeraandeel minder deur tariewe en ander beperkings versteur word, as in die geval van kostestrukture. Die uitvoeraandeel word net soos 'n markaandeel bereken, wat 'n algemeen aanvaarde kriterium vir bemarkingsprestasie is. Prakties is die metode maklik berekenbaar, die nodige data is beskikbaar en dit besit verklarings- en vooruitskattingswaarde. Waar die tradisionele teoriee en vorige studies komparatiewe voordeel probeer bereken deur eers te bepaal watter faktore alma! 'n invloed op die mededingendheid het, veronderstel Balassa dat die bestaande patrone en rigting van handel reeds die komparatiewe voordeel van 'n land openbaar. Die R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 503 SA TEB NR Volt (1998) Nr 3 ontleding van 'n land se intemasionale handel kan gevolglik akkurate inligting vir beleidsdoeleindes verskaf en oor tyd aantoon indien stlukturele verandering in mededingendheid begin ontwikkel. Die bepaIing van die komparatiewe voordeel van begin met 'n ontleding van 'n land se bestaande handelsprestasies. Eerstens word die relatiewe aandeel (x) van, byvoorbeeld land A se uitvoer, in verhouding tot die werelduitvoer (X), van byvoorbeeld produk j in die eerste periode bereken as: .... (1 ) waar (i) die gemiddeld vir die eerste periode is, t aile kommoditeite en W die wereldtotaal is. Tweedens word die relatiewe aandeel van land A se uitvoer in die Werelduitvoer van produk j in die twee periode (ii) bereken as: .... (2) en derdens word die verhouding tussen die relatiewe aandeel in die tweede periode tot die relatiewe aandeel in die eerste periode bepaaI as: .... (3) In die eerste twee stappe is aanwysers vir komparatiewe voordeel in twee periodes bereken en in die derde stap is om die verandering in relatiewe voordeel bepaaI. Dit word dan gekombineer om 'n enkele indeks vir kom- paratiewe voordeel te bepaaI. Die voortsetting van tendense kan geprojekteer word as die produk van vergelyking (2) en (3) en voorgestel word as: .... (4) Die aanname is bier gemaak dat veranderinge in lande se relatiewe aandeel geometries groei en dan bloot geekstrapoleer kan word. Balassa (1989: 46) stel voor dat die aanname met 'n kompromie gedeeltelik vermy kan word, indien die gemiddeld van vergelykings (2) en (4) geneem word as: Kortweg: (Balassa, 1989: 53). ~ [(~ii I XAii ) + (Xajii I XAii i I (XAji I XAi)] • • ••• (5) R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . SAJEMS NS Vol 1 (1998) No 3 504 Die aanname van die kompromie-oplossing is dat daar steeds verwag word dat vorige tendense sal voortduur, maar teen 'n dalende koers. Vergelyking (5) word nou gebruik om indekse vir elke kommoditeit te bereken wat as maatstaf kan dien in die bepaling van komparatiewe voordeel. Deur middel van 'n eenvoudige toetsmodel is aangetoon dat 'n produk met indekssyfer groter as een komparatiewe voordeel geniet, terwyl indekssyfers kleiner as een 'n komparatiewe nadeel verteenwoordig. 'n Kommoditeit wat geen komparatiewe voordeel of nadeel besit nie is as toetsmodel gekies. 'n Indekssyfer gelyk aan een vonn die afsnypunt. Indien dit gelyk aan een is, Ie die absolute waarde, van die produk se aandeel in internasionale uitvoere, op die kritieke grens omdat die produk se aandeel in die land se uitvoer, gelyk is aan sy aandeel in werelduitvoer. Daar vind dan geen markindringing of -verlies plaas nie, aangesien die kommoditeit se relatiewe aandeel nie tussen die twee opeenvolgende peri odes verander nie. Komparatiewe Voordeel in die Suid-Mrikaan5e Landbou Balassa se metode is van besondere praktiese waarde. A Wentzel, ekonoom by die Departement van Landbou, het Balassa se metode toegepas in 'n studie van die komparatiewe voordeel van die Suid-Afrikaanse landbou en verwante bedrywe (1994). Met die metode is onder andere aangetoon dat die landbou se grootste komparatiewe voordeel in onverwerkte wol gesetel is. Daarna volg, in volgorde, chemiese houtpulp, druk- en skryfpapier, vrugte, huide en velie en heel mielies met 'n geringe voordeel. Enkele van die produkte word in Tabel 1 getoon. Die indeks toon internasionale komparatiewe voordeel indien dit groter as een is, en komparatiewe nadeel as die indeks kleiner as een is. Balassa se konsep van geopenbaarde komparatiewe voordeel is op die Suid- Afrikaanse landbou, vir die periode van 1981 tot 1987, toegepas deur van gestandariseerde intemasionale handelsdata van die United Nations Intemasional trade Statistics Yearbook gebruik te maak (Wentzel, 1994: 10). In die jaarboek word afsonderlike lande se invoer- en uitvoersyfers van. elke kommoditeit gegee. Die kommoditeite word in syfergroepe geklassifiseer, wat 'n bree klassifikasie is en wat weer onderverdeel is in twee tot vyf groepe. Die data was gekies aangesien dit die enigste beskikbare gestandardiseerde handelsdata is wat beskikbaar was. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 00 9) . 505 SATEB NR Vol 1 (1998) Nr 3 Komparatiewe V oordeel van Suid-Afrikaanse Landbouprodukte: 1981 -1987 Ranaorde Kommoditeit IDdeks 1 Wol (ontghries en rue-gekam) 38,17 2 Chemiese houtpulp 18,58 3 Druk.- en sk:rytpapier 16,69 4 Lemoene (vars en gedroog) 8,70 5 Vars appels 8,06 6 Natrium Kalsium fosfate 7,24 7 Wol (met ghries, skeersel gewas) 6,82 8 Huide, velIe (roll, pels uitgesluit) 5,46 9 Druiwe (vars en gedroog) 4,23 10 Suiker en heuning 3,99 11 Ingemaakte vrugte 3,35 12 Mielies (ongemaalde pitte) 3,01 13 Rou beet en rietsuiker 2,04 14 Sintetiese vesel 1,32 15 Koerantpapier 1,31 16 Wol (verwerk) 1,13 17 Veevoer 0,57 18 Vleis (vars, verkoel en gevries) 0,35 Sleutel: Indeks > 1 toon komparatiewe voordeel. Indeks