Page 6 P H Y S I O T H E R A P Y SEPTEMBER, 1972 ONDERSQEK van die KLINIESE UITWERKINGS van VERSKILLENDE DIADINAMIESE STROME op SAGTEWEEFSELLETSELS INLEIDING Die gebruik van laefrekw't.isiestrome, veral direkte stroom, vir die verligting van pyn en ’n toename in die oppervlakkige bloedvoorsiening is al jare lank bekend en in die Fisioterapie gebruik. In die laaste jare, egter, is daar min kliniese gebruik gemaak van hierdie strome vir hierdie doeleindes. Die verskillende tipes diadinamiese strome is gedurende die dertiger jare deur D r. P. D. Bernard ontwikkel en in 1950 is sy bepalende werk “La therapie diadynamique” uitgegee. As gevolg van sy werk het talryke ander wetenskaplikes sy bewerings op proef gestel. Alhoewel hulle nie altyd met hom saamgestem het nie, veral in sy bewering van ’n totale velanestesie, moes hulle nietemin erken dat die diadinamiese strome ’n pynstillende uitwerking het. In 1970 het ons vir die derdejaar studente hier in Bloem­ fontein ’n projek aangaande hierdie strome gegee. Hulle het sulke ongefooflike kliniese resultate verkry dat ons besluit het om ’n meer diepgaande ondersoek na die kliniese uitwerkings in te stel. Gedurende 1971 het ons ’n kliniek van sagteweefsel letsels gehou ( ± 2 uur per dag), bestaande uit jong sportmanne en vroue. Hierdie verhandeling is die gevolg daar van. DIE DIADINAMIESE STROME In hierdie ondersoek is vier van die vyf beskikbare diadinamiese strome gebruik. Hierdie strome bestaan uit gewysigde laefrekwensiestrome van die sinusoidale tipe. Stroom I wat deur Bernard die „diphase fixe” genoem word: Bestaan uit ’n volgolf-gelykrigte stroom van 100 Hz met ’n pulsduur van 10 ms. Fig. 1 Die stroom gee ’n vibrasiesensasie wat baie irriterend onder die anode is. ’n Eriteem word onmiddellik verkry wat meer merkbaar onder die katode as onder die anode is. Hulle word later gelyk en verdwyn in ± H uur. D aar is min of geen verandering in velsensasie nie. Stroom I I wat deur Bernard die „monophase fixe” genoem word: Bestaan uit ’n halfgolf-gelykrigte stroom van 50 Hz met ’n pulsduur van 10 ms en ’n rusperiode van 10 ms. Fig. 2 L. M. DAVIDS, B.Sc. Physic {Rand), B.A. ( U. V), Dip. Ed. Physiother, (Pret.) Die stroom gee ’n sterker sensasie van vibrasie as stroom I. Dit voel ook meer irriterend onder die anode as onder die katode. D aar word ’n omiddellike eriteem verkry, meer onder die katode as onder die anode. Die eriteem is minder opmerkbaar as die van stroom I en dit verdwyn in ± 1 1 uur. D aar is min of geen verandering in velsensasie nie. Stroom III wat deur Bernard die „courant module erv courtes periodes” genoem word: Bestaan uit strome I en I P wat elke 1 sekonde wissel sonder rusperiode. Fig. 3 e 1 sek. 1 sek. t Hierdie stroom gee ’n baie sterk prifckelende sensasie wat gepulseerd voel. D it sak nooit tot zero nie. Die sensasie is meer opmerkbaar onder die katode en is nie so irriterend as dte op strome I en II nie. Die eriteem is gering maar neem toe na omtrent 10 minute. D it is meer merkbaar onder die katode. D it verdwyn na ’n uur. D aar word ’n definitiewe hipoestesie onder die katode ondervind. Daar is min of geen sensasieverandering onder die anode nie. Stroom IV wat deur Bernard die „courant module en longues periodes” genoem word: Bestaan uit 10 sekondes van halfgolf-gelykrigte stroom wat met 5 sekondes van ’n opbouende opgelegde halfgolf-gelykrigte stroom wissel sonder rusperiode. , Fig. 4 IUW MM I) A f l . 5 seks." W - 10 seks." Daar word ’n sensasie van ’n fyn vibrasie, wat amper ’n brandende gevoel word onder die anode, ondervind. Dit voel ook gepulseerd. Die eriteem is gering - meer opmerk­ baar onder die katode as onder die anode. D it neem toe na 10 minute en verdwyn in omtrent ’n uur. Onder die katode word ’n toename in gevoeligheid ondervind. D aar is min of geen verandering in sensasie onder die anode nie. Die veranderinge in velsensasie wat met strome III en IV gevind is, duur van omtrent 10 minute tot 1 uur. Hierdie reaksies van die verskillende strome is ’n op- somming van die wat op ’n reeks normale indiwidue uitgevoer is. R ep ro du ce d by S ab in et G at ew ay u nd er li ce nc e gr an te d by th e P ub lis he r (d at ed 2 01 3. ) XEGNIEK VAN AANWENDING ’n Direkte stroom word as basisstroom gebruik en aan- gesien die diadinamiese strome gelykgerig is, moet die gewone voorsorgmaatreels vir direkte stroom getref word. D a a r is ’n gevaar van elektrolitiese brandwonde, dus moet die elektrodes nie oor skaafplekke gesit word nie of die skaafplek moet met vaselien gelsoleer word. Ons het dit nie nodig gevind om sensasie te toets nie want die be- handelingsduur is nie langer as vier minute in een spesifieke area nie. (a) Voorbereiding van die pasiSnt Die vel word met seep en water gewas vir beter deur- dringing van die stroom. D aarna word die area met ’n warm handdoek bedek om ’n beter bloedvoorsiening sowel as ’n laer velweerstand te verkry. In geval van sigbare kneusing word die warm handdoek nie gebruik nie om ’n toename in bloeding te vermy. In geval van migraine word die warm handdoek ook nie gebruik nie. (b) Tegnieke gebruik f Die tegniek gebruik hang van die toestand af. In die geval van ’n sinovitus van die knie, word die groot elektrodes in ’n kollaterale aanwending gebruik, met die katode op die beseerde kant. As die hele gewrig geswel is, word ook ’n antero-posterior aanwending gebruik. In die geval van ’n verstuite enkel word ’n kollaterale aanwending met groot elektrodes gebruik. Ons het beter resultate met ’n diagonale aanwending van die ju k (d.w.s. twee aanwendinge) met geskeurde spierweefsel en spierhematoom verkry, as met ’n supero-inferior tegniek (d.w.s. een aanwending) met groot elektrodes. In die geval van ’n intervertebrale diskus sindroom in die servikale of lumbale gebied, word ’n paravertebrale tegniek met die ju k gebruik, met die katode op die pynvoile kant. Dit word voorgestel om die anode bo te plaas met ’n supero-inferior of diagonale tegniek, maar ons het gevind dat dit geen verskil maak nie. (c) Strome gebruik Die stroom wat gebruik word hang van die langdurigheid van die toestand af. In die behandeling van sagteweefsel letsels het ons bereken dat ’n besering wat langer as 48 uur geduur het, chronies is. In die geval van ’n akute besering het ons twee behandelings die eerste dag en daarna een behandeling per dag gegee. Die eerste dag word stroom I vir een minuut en stroom III vir drie minute gegee. As ’n diagonale tegniek gebruik word, word daar natuurlik dan vir ’n totaal van 8 minute behande- Jing gegee. In die paravertebrale tegniek word twee of drie panwendinge gegee, d.w.s. vir ’n totaal van 8 of 12 minute. Op die tweede dag word strome I en IV gebruik (I vir een minuut en IV vir drie minute). In die geval van ’n hematoom of erge kneusing word net strome I en III gebruik. In ’n chroniese letsel word strome I en IV gebruik asook in intervertebrale diskusletsels. (